SSPN Test Site

Blog

  • Hier is die skole wat in 2020 aan die Oakdale Rugbyweek sal deelneem

    OakdaleRugbyWeekVan Vredendal in die weste tot HTS Port Rex in die ooste asook Ellisras in die noorde tot Bredasdorp in die suide is hoe ver die area strek van die 34 spanne wat in 2020 aan die 41ste jaarlikse Oakdale Rugbyweek net buite Riversdal sal deelneem. Dan tel Windhoek Gimnasium ook nog boonop onder die spanne wat die gesogte week bywoon. 

    Die 34 spanne wat op die gesogte week in aksie sal wees is twee meer as wat vroeër vanjaar aan die week deelgeneem het. Die Hoërskool Strand en Windhoek Gimnasium maak na hulle vanjaar afwesig was hul terugkeer, terwyl Jim Fouché (Bloemfontein), die Hoërskool Klerksdorp, Hoërskool Oudtshoorn, Hoërskool Langenhoven (Riversdal), HTS Port Rex (Oos-Londen), Swartland (Malmesbury) en Heidelberg Volkskool almal ook nuwe gesigte op volgende jaar se week sal wees.   

    Duineveld, Lichtenburg, HTS Middelburg, Rockingham, Dinamika, Hoërskool Grens en Pionier is die sewe skole wat vanjaar in aksie was, wat nie volgende jaar die langpad na Riversdal sal aanpak nie.   

    Die deelnemende spanne is: 

    Oakdale Landbou, Die Brandwag (Uitenhage), Brackenfell, Diamantveld, Hermanus, Hoërskool Alberton, Augsburg Gimnasium, Jeugland, Hoërskool Bellville, Hugenote (Wellington), Despatch, Ellisras, Kempton Park, Hoërskool Klerksdorp, Langenhoven Gimnasium, Landboudal (Jacobsdal), Hoërskool Langenhoven, Hoërskool Oudtshoorn, Montagu, Potchefstroom Gimnasium, Oosterlig, Swartland, Robertson, HTS Port Rex, Hoërskool Strand, Hoërskool Upington, Voortrekker (Bethlehem), Overberg, Heidelberg Volkskool, Vredendal, Windhoek Gimnasium, Zwartkop. 

    [powr-comments id=”6bede068_1572253942836″]

  • Nuwe kampioen in Noordvaal-reeks vir 2019 gekroon

    NoordvaalKrieketDaar sal ‘n nuwe kampioen in vanjaar se Gunn & Moore Noordvaal-krieketreeks gekroon word.

    In ‘n herontmoeting van verlede jaar se eindstryd het die Hoërskool Waterkloof die verdedigende kampioen, die Hoërskool Garsfontein, met 17 lopies in ‘n kwarteindstryd uitgeskakel wat deur reën beinvloed is.

    Klofies het eerste gekolf en 229/7 in 38 boulbeurte aangeteken danksy vyftigtalle deur Zander Maree (80*) en Johan Harms (55). Die twee het ‘n vennootskap van 129 lopies om die sewende paaltjie gedeel. Hardus Coetzer (38) het ook ‘n waardevolle bydrae met wilgerlat in die hand gemaak.

    Garsfontein moes ‘n aangepaste teiken van 133 lopies in 24 boulbeurte aanteken vir ‘n sege. Christiaan Oberholzer (54*) het met ‘n onoorwonne vyftigtal sy span ‘n kans gegee vir ‘n sege, maar die wenteiken was op die ou einde net te steil gewees.

    Hans Moore se Adrian de Vries het met ‘n veelsydige vertoning sy skoolspan tot ‘n sege van 89 lopies oor Monument van Krugersdorp gehelp. De Vries (62) se vyftigtal het Hans Moore tot 217 lopies in hul kolfbeurt gehelp.

    Hy het daarna ook van vyf kolwers vir slegs 22 lopies ontslae geraak. Hy was die groot doring in die vlees met die bal in die hand wat gesorg het dat Monnas vir 128 lopies uitgeknikker is. ‘n Sekere kolwer met die naam Ekstras het met 35 lopies die meeste lopies vir die span van Krugersdorp aangeteken.

    Hans Moore sal Saterdag na Pretoria reis om Waterkloof in die halfeindstryd die stryd aan te sê. Die wedstryd sal regstreeks op DigiTV.co.za uitgesaai word.

    Potchefstroom Volkskool het die Hoërskool Nelspruit met sewe paaltjies in hulle kwarteindstryd verslaan. Volkies se aanvangskolwers, Van Zyl Smit (52) en Niel van Vuuren (46), het met ‘n vennootskap het 120 lopies die grondslag vir die sege gelê .

    Nelspruit het eerste gekolf en Rohan de Meyer (51) was die enigste kolwer wat werklik weerstand gebied het. Jannie Claassens (4/29) het met sy boulwerk die meeste hoofbrekens vir Nelspruit besorg. Hy is die seun van die voormalige Springbok-senter Jannie Claassens.

    Volkies sal in die ander halfeindstryd op sy tuisveld teen Marais Viljoen van Alberton te staan kom. Die wedstryd sal ook regstreeks deur DigiTV.co.za gebeeldsend word.

    Marais Viljoen het vir Merensky van Tzaneen met ‘n klinkende sege van 101 lopies uitgeskakel. Die span van Alberton het 176/7 behaal danksy bydraes deur Nathan Steyn (47), Neil Bothma (27) en Jason van Dyk (25).

    Merensky kon egter net ‘n skamele 75 lopies hierop antwoord met Leander Lubbe wat ‘n vyftal paaltjies vir net tien lopies ingeoes het. Lubbe het behoorlik skade aan Merensky se kolforde aangerig, maar Tienie Rossouw was onspeelbaar vir die kolwers van Tzaneen.

    Rossouw het slegs drie aflewerings in die wedstryd afgestuur en van twee kolwers ontslae geraak en nie ‘n enkele lopie in die proses afgestaan nie.

    Beknopte telkaarte: 

    Waterkloof 229/7 (Zander Maree 80*, Johan Harms 55; Hardus Coetzer 38; Zander Nel 3/29); Garsfontein 115/5 (Christiaan Oberholzer 56*, Edwin de Waal 38; Hardus Coetzer 1/19, Marcel Myburgh 1/21). Waterkloof wen met 17 lopies volgens die Duckworth/Lewis-metode.

    Hans Moore 217 (Adrian de Vries 62, Amaan Khan 40, Ekstras 33, Juandré Johnson 32; Owen Klassen 2/39); Monument 128 (Ekstras 35, Zayne Human 22; Adrian de Vries 5/22, Juan Harmse 2/30). Hans Moore wen met 89 lopies.

    Hoërskool Nelspruit 154 (Rohan de Meyer 51, Ekstras 28; Jannie Claassens 4/29, Christopher de Freitas 2/16); Potchefstroom Volkskool 157/3 (Van Zyl Smit 52, Niel van Vuuren 46, Ekstras 28; Paul Harley 3/35). Potch Volkies wen met sewe paaltjies.

    Marais Viljoen 176/7 (Nathan Steyn 47, Neil Bothma 27, Jason van Dyk 25; Gerhardus Fourie 3/36, Louis Botha 2/25); Merensky 75 (Kian Loughor-Clarke 16, Nicholas Adendorf 16; Leander Lubbe 5/10, Tienie Rossouw 2/0). Marais Viljoen wen met 101 lopies.

  • Engelbrecht star during opening day of St David’s Prep Festival

    std coverThe first day of the Sportsmans Warehouse St David’s Marist Prep Cricket Festival on Thursday saw T20 matches played and it was the batsmen who caught the eye, with four half centuries scored despite the limited number of overs faced.

    The top performance came for Alex Engelbrecht of St Peter’s Prep who smashed 83 runs of 46 balls, including 13 fours, against Heronbridge. He helped his side to 206/6 – the biggest total of the day.

    Heronbridge’s Jacques Olivier got 50 in the run chase but they didn’t score quickly enough and St Peter’s won by 59 runs.

    The other half centuries were notched up by Samrat Basu of Montrose, who made 58 against Laërskool Jan Cilliers and Malan du Plessis of Jan Cilliers who got 65 in the same game.

    The best bowling figures were 4/18 by James Austen of Somerset College Prep against Clifton. James made 37 in the Clifton knock.

    The festival continues on Friday and Saturday. On Friday the teams play a 50-over game and on Saturday a carnival style 10 over tournament.

    Scores:

    St Stithians 127/8 (Roarke O’Sullivan 24; Sive Makuleni 2/13). Temba Bavuma XI 131/6 (Mpho Hlongwane 45, Rashil Bulla /23). Temba Bavuma XI won by 4 wickets.

    Montrose 151/6 (Samrat Basu 58, Lwazi Xolo 36; Alexander Terblanche 2/18). Jan Cilliers 135/6 (Malan du Plessis 65; Leshaun Habana 2/7). Montrose won by 16 runs.

    St David’s 117/5 (Roberto Marian 37, Grant Spencer 25; Alex Cannata 2/20). Cornwall Hill 110/7 (Tinashe Mbingo 19; Ben Archer 2/13). St David’s won by 7 runs.

    Somerset College 108/3 (Ryan Hallendorf 33, James Austen 37). Clifton Prep 112/7 (Oliver Davis 26; James Austen 4/18). Clifton won by 3 wickets.

    St Peter’s 206/8 (Keon Oearse 40, Alex Engelbrecht 83), Heronbridge 147/ 2 (Callum Hughes 41, Jacques Olivier 50). St Peter’s won by 59 runs.

    Friday’s games

    Cornwall Hill vs St Stithians
    St David’s vs Jan Cilliers

    Montrose vs Somerset College

    Temba Bavuma XV vs St Peter’s
    Heronbridge vs Clifton.

  • UPDATED: Wildeklawer se bepalings vir 2020 se 12de toernooi bekend

    Wildeklawer12Skolerugby-ondersteuners kan solank hulle lippe aflek vir die 2020-seisoen. Wildeklawer het sy bepalings vir sy 12de toernooi bekend gemaak en daar kan geen twyfel bestaan dat die toernooi in Kimberley steeds die voorste skolerugby-toernooi in Suid-Afrika is nie.  

    Die toernooi vind volgende jaar van 24 tot 27 April op die velde van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley plaas.

    Die toernooi sal in 2020 met seker die grootste wedstryd afskop, wat nog die aanvang van die rugbyfees ingelui het. Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria sal teen die Hoër Jongenskool Paarl in die openingswedstryd op die Vrydagaand te staan kom. Affies vier boonop se 100ste bestaansjaar volgende jaar en van die botsings tydens Wildeklawer tussen die twee skole tel onder van die voorste skolewedstryde die afgelope dekade.

    Die Saterdag het ‘n hele paar belowende kragmetings waarna kykers kan uitsien. Die land se voorste span van 2019, Grey-kollege, kom teen Garsfontein van Pretoria te staan. Wedstryde tussen die twee spanne lewer altyd opwindende hardlooprugby op vanweë die twee skole se spelpatrone. 

    Paarl Gimnasium wat vanjaar SA se naasbeste span was, kom teen die Virsekerbeker-kampioen van 2019, Menlopark van Pretoria te staan. Monument van Krugersdorp se ontmoeting teen Outeniqua van George behoort ook die vonke te laat spat.

    In ‘n wedstryd wat Waterkloof se nuwe Direkteur van Rugby, Lukas Holtzhausen, sal na uitsien en ook ‘n paar slapelose nagte sal gee kom die Klofies teen sy voormalige skool Oakdale Landbou te staan. 

    Die groot trekpleister in die tweede ronde wedstryde van die toernooi sal soos vanjaar die wedstryd tussen Grey-kollege en Paarl Gimnasium wees. Kragmetings tussen die twee skole is altyd kliphard en volgende jaar sin sal geen uitsondering wees nie. 

    Paarl Boishaai sal ook vir die eerste keer ooit teen Garsfontein te staan kom. Die twee skole sal wel welbekend vir mekaar wees. Abner van Reenen het vanuit Garsies die SA Skole A-span gehaal in 2015, voordat hy in 2016 Boishaai tot ‘n onoorwonne seisoen gehelp het. Dit terwyl AJ Johnson verlede jaar vanaf Boishaai na Garsfontein geskuif het om sy rugbyloopbaan ‘n hupstoot te gee. 

    Die gasheer, Diamantveld, sal weet watter moeilike taak in sy twee wedstryde gedurende die toernooi op hom sal wag. Diamonds kom in sy eerste kragmeting teen Boland Landbou te staan, terwyl hy ook teen Oakdale Landbou sake sal uitspook. Die span van Kimberley het die afgelope paar jaar klokslag teen Oakdale Landbou tydens dié se jaarlikse rugbyweek net buite Riversdal kragte gemeet. 

    Affies se tweede kragmeting van die toernooi is teen Outeniqua. Na die twee spanne se hewige tweestryd tydens vanjaar se Noord/Suid-toernooi in Pretoria waarin Affies koning gekraai het, kan daar verwag word dat die Kwaggas ‘n appeltjie met die Wit Bulle te skil het. 

    Die bepalings is: 

    Vrydag, 24 April 2020

    19:00 – Affies vs Hoër Jongenskool Paarl

    Saterdag, 25 April 2020 

    18:40 – Monument vs Outeniqua
    17:20 – Paarl Gimnasium vs Menlopark
    16:00 – Grey-kollege vs Garsfontein
    14:40 – Diamantveld vs Boland Landbou
    13:20 – Paul Roos Gimnasium vs Helpmekaar
    12:00 – Framesby vs Welkom Gimnasium
    10:40 – Oakdale Landbou vs Waterkloof

    09:20 – Glenwood vs HTS Drostdy
    08:00 – Stellenberg  vs Noord-Kaap

    Maandag, 27 April 2020

    18:30 – Grey-kollege vs Paarl Gimnasium
    17:20 – Hoër Jongenskool Paarl vs Garsfontein
    16:10 – Paul Roos Gimnasium vs Glenwood
    15:00 – Outeniqua vs Affies
    13:50 – Framesby vs Monument
    12:40 – Menlopark vs HTS Drostdy
    11:30 – Oakdale Landbou vs Diamantveld
    10:20 – Waterkloof vs Stellenberg
    09:10 – Welkom Gimnasium vs Helpmekaar
    08:00 – Boland Landbou vs Menlopark

    [powr-comments id=”ff017b55_1571714855743″]

    Gepraat van ‘n appeltjie te skil – Menlopark sal ook sake wil regstel na hy twee jaar gelede ‘n drag slae deur Boland Landbou tydens die Loftus Prestige Rugbydag in Pretoria in die hoofwedstryd toegedien is. Maklik gaan dit egter nie wees nie, want die span van die Agter-Paarl word nie sommer net omgedop om op die maag gekielie te word nie. 

  • Craven Week Fixtures for 2020 in Port Elizabeth announced

    Saru Craven WeekOnly 16 teams will participate next year’s 57th edition of the Craven Week that will be hosted at the Nelson Mandela Metropolitan University in Port Elizabeth. It will be the fifth time since the inaugural tournament back in 1964 that the Friendly City will play host to the prestigious event.

    Due the budget constraints it was decided to decrease the number of teams that will take part in the annual festival. Coca-Cola decided to part ways with SA Rugby’s Youth Weeks at the end of last year after sponsoring the Craven Week for the previous 35 years. 

    This decision means that the Blue Bulls and Golden Lions won’t be sending a second team to next year’s Craven Week. Western Province will however still be sending a second team which is well deserved. It also shows that SA Rugby knows the worth of the talent pool which resides in the union. 

    Next year’s hosts, Eastern Province, will face Griqualand West in the main match of the opening day in Port Elizabeth. This year’s unofficial champions, Western Province, will face Border in their opening match. WP defeated the Blue Bulls by 56-31 in the main match of this year’s tournament in Bloemfontein. 

    Western Province it seems will have an easier route to the main match as they will probably face Eastern Province or the Sharks in their second match. That is if both these teams manages to defeat Griqualand West and the Valke respectively. 

    The Blue Bulls and Golden Lions will face each other in what would probably be the match of the second day of the tournament. The Free State will take on South Western Districts in their opening match of the 2020-edition. 

    The Craven Week will take place from 29 June until 4 July. 

    The fixtures are: 

    Monday, 29 June 2020

    Eastern Province vs Griqualand West
    Sharks vs Valke
    Boland vs Western Province XV 
    Western Province vs Border 

    Tuesday, 30 June 2020 

    Pumas vs Limpopo Blue Bulls
    Griffons vs Leopards
    South Western Districts vs Free State
    Blue Bulls vs Golden Lions

    [powr-comments id=”a746cf67_1571634481284″]

  • Grey-kollege vir tweede jaar in ‘n ry SA se beste skolesewes-span

    NewsGFrancoKnoetzeGrey-kollege het sy titel as kampioen van die nasionale Kampioen van Kampioene-toernooi op sy tuisveld in Bloemfontein suksesvol verdedig. Grey het ‘n waardige teenstander in Westville Boys’ High eers in die laaste ronde van die eindstryd met 26-17 laat harpuis ruik.  

    Grey se Regan Izaks het met slegs vyftien sekondes oor in die eindstryd die finale spyker in Westville Boys’ High se doodskis getimmer. Izaks het onder die pale gaan druk om ‘n oorwinning buite die besoekers van Durban se bereik te plaas. 

    Westville Boys’ High se Pumi Xego het met ongeveer twee minute oor in die kragmeting ‘n langafstand-drie afgerond om Grey se voorsprong na 19-17 te krimp.  

    Grey het met ‘n voorsprong van 14-10 gaan rus danksy die akkurate doelskopwerk van Franco Knoetze. Albei spanne het twee keer die doellyn in die eerste helfte oorgesteek met slegs Knoetze se verdoelwerk wat die verskil op die telbord was. 

    Albei Westville Boys’ High se drieë in die helfte is deur sy sterspeler, Larry Nkonki, gedruk. Hy het deurgans met sy krag en vaart probleme vir die tuisspan besorg. Grey se Sisonke Vumazonke het ook ‘n kragtige vertoning in die eindstryd gelewer.

    Grey het sy plek in die eindstryd met ‘n oorwinning van 38-12 oor Marlow Landbou in die halfeindronde bespreek. Die Wolblitse van Cradock het met hul spel beïndruk voordat hulle teen die uiteindelike kampioene vasgeval het. Westville Boys’ High moes ietwat harder werk om HTS Middelburg met 33-28 in die ander halfeindstryd te troef. 

    Hoërskool Rustenburg het in die Plaat-afdeling koning gekraai deur ‘n begeesterde Hoërskool Alberton met 26-17 in die eindstryd te klop. In die eindstryd van die Bowl-afdeling het Noord-Kaap met ‘n sege van 36-7 oor Helpmekaar-kollege oor te veel skietgoed beskik. 

    In die o.15-afdeling het Boland Landbou met die louere weggestap toe hy Helpmekaar-kollege met 24-5 in die Beker-eindstryd kaf gedraf het.  

    FOTO: Morgan Piek

    Al die uitslae: 

    Groep A: Hoërskool Alberton 19, Hoërskool Grens 19; Grey-kollege 34, Hoërskool Alberton 7; Grey-kollege 55, Hoërskool Grens 0.

    Groep B: Marlow Landbou 45, Lichtenburg 19; Lichtenburg 21, Helpmekaar-kollege 19; Marlow Landbou 17, Helpmekaar-kollege 14.

    Groep C: HTS Middelburg 21, Heidelberg Volkskool 17; Westville Boys’ High 24, Heidelberg Volkskool 19; Westville Boys’ High 28, HTS Middelburg 14.

    Groep D: Hoërskool Rustenburg 31, Framesby 10; Noord-Kaap 19, Hoërskool Rustenburg 19; Framesby 21, Noord-Kaap 7.

    KWARTEINDRONDE – BEKER: Grey-kollege 50, Lichtenburg 0; Marlow Landbou 26, Hoërskool Alberton 7; Westville Boys’ High 24, Framesby 21; HTS Middelburg 26, Hoërskool Rustenburg 19.

    HALFEINDRONDE – BEKER: Grey-kollege 38, Marlow Landbou 12; Westville Boys’ High 33, HTS Middelburg 28. PLAAT:  Hoërskool Alberton 19, Lichtenburg 12; Hoërskool Rustenburg 33, Framesby 14. BOWL: Helpmekaar 21, Hoërskool Grens 19; Noord-Kaap 19, Heidelberg Volkskool 14.

    UITSPEELWEDSTRYDE – 3/4: HTS Middelburg 28, Marlow Landbou 12. 7/8: Framesby 29, Lichtenburg 10.

    EINDSTRYDE – BEKER: Grey-kollege 26, Westville Boys’ High 17. PLAAT: Hoërskool Rustenburg 26, Hoërskool Alberton 17. BOWL: Noord-Kaap 36, Helpmekaar 7. SKILD: Hoërskool Grens 10, Heidelberg Volkskool 0.

    [powr-comments id=”06957fb5_1571551925880″]

  • Kan iemand Grey stop om tweede jaar in ‘n ry sewestitel te dra?

    NewsGKampioenKampioeneDit gaan keer kos om Grey-kollege te weerhou om sy titel as kampioen van die Kampioen van Kampioene-toernooi te behou. 

    Die span van die Rosestad het geen probleme ondervind om die Hoërskool Alberton (34-7) en die Hoërskool Grens van Oos-Londen (55-0) in sy twee groepwedstryde op die eerste dag af te ransel nie. Grey kom vandag om 09:00 in die kwarteindronde teen Lichtenburg te staan. 

    Die derde Kampioen van Kampioene-toernooi in die nasionale Hoërskole Sewesreeks word vanjaar ook deur Grey-kollege aangebied. Die eerste twee jaar se toernooi was deur Camp Discovery aangebied. 

    Marlow Landbou van Cradock se Wolblitse het ook met hul spel tydens die eerste dag beïndruk deur sy twee groepwedstryde teen Lichtenburg (45-19) en Helpmekaar-kollege (17-14) te wen. Die Wolblitse kom in die kwarteindronde teen die Hoërskool Alberton te staan. 

    Die Allies het danksy ‘n beter punteverskil weens hul durf teen Grey tot die kwarteindronde van die Beker-afdeling deurgedring. Die span van Alberton en Grens het met 19-elk gelykop in hul groepwedstryd gespeel. 

    Westville Boys’ High het na seges oor Heidelberg Volkskool (24-19) en HTS Middelburg (28-14) sterk tot die voorgrond getree. Die span van Durban kan egter vandag sterk teenstand teen Framesby van Port Elizabeth verwag. 

    Die span van die Baai sou sonder twyfel onkant deur die verskriklike hitte gevang gewees het, wat hom ingewag het toe hulle in die Rosestad aangeland het. Framesby het in sy eerste wedstryd teen die Hoërskool Rustenburg met 10-31 ‘n drag slae ontvang. Hy het egter daarna herstel en Noord-Kaap van Kimberley met 21-17 getroef om sy plek in die Beker-afdeling se uitspeelrondes te bespreek.

    HTS Middelburg kom in die ander kwarteindstryd teen die Hoërskool Rustenburg te staan. 

    Al die uitslae: 

    Groep A: Hoërskool Alberton 19, Hoërskool Grens 19; Grey-kollege 34, Hoërskool Alberton 7; Grey-kollege 55, Hoërskool Grens 0.

    Groep B: Marlow Landbou 45, Lichtenburg 19; Lichtenburg 21, Helpmekaar-kollege 19; Marlow Landbou 17, Helpmekaar-kollege 14.

    Groep C: HTS Middelburg 21, Heidelberg Volkskool 17; Westville Boys’ High 24, Heidelberg Volkskool 19; Westville Boys’ High 28, HTS Middelburg 14.

    Groep D: Hoërskool Rustenburg 31, Framesby 10; Noord-Kaap 19, Hoërskool Rustenburg 19; Framesby 21, Noord-Kaap 7.

    Vandag se uitspeelwedstryde: 

    KWARTEINDRONDE – BEKER: 09:00 – Grey-kollege vs Lichtenburg; 09:20 – Marlow Landbou vs Hoërskool Alberton; 09:40 – Westville Boys’ High vs Framesby; 10:00 – HTS Middelburg vs Hoërskool Rustenburg.

    HALFEINDRONDE – BOWL: 10:20 – Helpmekaar-kollege vs Hoërskool Grens; 10:40 – Heidelberg Volkskool vs Noord-Kaap.

    [powr-comments id=”182f2002_1571458009525″]

  • Grey-kollege sal nasionale sewestitel op sy tuisveld probeer verdedig

    NewsGKampioenKampioeneGrey-kollege van Bloemfontein sal van vandag af sy titel as nasionale seweskampioen op sy tuisveld in die Rosestad verdedig. Die land se voorste 12 sewes-skolespanne spook van Vrydag om 16:00 sake in die Kampioen van Kampioene-toernooi (o.17) uit. 

    Grey het verlede jaar die titel verower toe hy die Hoër Jongenskool Paarl met 21-18 in ‘n aksie belaaide eindstryd op Camp Discovery net noord van Pretoria die loef afgesteek het. Die gasheer is saam met die Hoërskool Grens en Hoërskool Alberton in Groep A geloot.

    Die Allies is die laaste span wat vir die toernooi gekwalifiseer het. Die span van Alberton het verlede Saterdag in die halfeindstryd van die Benoni-been van die reeks wat by Brandwag aangebied is teen Waterkloof met 19-24 vasgeval. 

    Helpmekaar-kollege van Johannesburg is as kampioen van die voorlaaste toernooi van die reeks gekroon na hy Klofies met 31-10 afgeransel het. 

    Helpies sal ook in die Rosestad in aksie wees. Die span van die Goudstad kom teen Marlow Landbou en Lichtenburg in sy twee Groep B-wedstryde te staan. Die Liggies het onder die afrigting van Michael Bondesio goed tydens die Noordvaal Sewes-toernooi vertoon. 

    Dit is jammer dat die Noordvaal-toernooi nie vanjaar deel van die gewilde sewesreeks was nie. Dan sou spanne soos EG Jansen (kampioen), Monument (naaswenners) en Ben Vorster van Tzaneen die Kampioen van Kampioene-toernooi se reeds indrukwekkende lys van deelnemers aangevul het. 

    In Groep C is Westville Boys’ High, HTS Middelburg en Heidelberg Volkskool saam geloot. Westville spog met ‘n gedugte span, maar HTS Middelburg behoort ook sterk aanspraakmakers op die titel te wees. Die span van Middelburg het al Blitzbokke soos Kwagga Smith en JC Pretorius opgelewer. 

    Die Hoërskool Noord-Kaap van Kimberley sal ook ‘n sterk aanslag op die titel loots. Northerns het vanjaar tydens die Kimberley-been van die toernooi by Diamantveld alle teenstand voor hom weggevee. Hy het Grey-kollege se tweedespan met 24-0 in die eindstryd van dié toernooi verslaan. Die span van die Diamantstad is saam met Framesby en Hoërskool Rustenburg in Groep D geloot. 

    Framesby kan ook sy stem dik maak op die toernooi. Die Hoër Jongenskool Paarl was sy titel as kampioen van die Marius Schoeman-toernooi behou het, het weer gekwalifiseer, maar sal ongelukkig nie in Bloemfontein in aksie wees nie. 

    Paul Roos Gimnasium was in 2017 as die eerste kampioen van die toernooi gekroon na hy vir Waterkloof in die eindstryd op Camp Discovery met 21-17 verslaan het. 

    Die bepalings (Vrydag, 18 Oktober 2019): 

    A-veld

    16:00 – Framesby vs Hoërskool Rustenburg; 16:20 – Marlow Landbou vs Lichtenburg; 16:40 – Westville Boys’ High vs Heidelberg Volkskool; 17:00 – Grey-kollege vs Hoërskool Alberton; 17:20 – Noord-Kaap vs Framesby; 17:40 – Helpmekaar-kollege vs Marlow Landbou. 

    B-veld

    16:00 – HTS Middelburg vs Heidelberg Volkskool; 16:20 – Hoërskool Grens vs Hoërskool Alberton; 16:40 – Noord-Kaap vs Hoërskool Rustenburg; 17:00 – Helpmekaar vs Lichtenburg; 17:20 – Westville Boys’ High vs HTS Middelburg; 17:40 – Grey-kollege vs Hoërskool Grens. 

    [powr-comments id=”dbc28afa_1571389104736″]

  • Roux names SA U19 squad for Georgia tour

    NewsGDawidKellermanJunior Springbok coach Chean Roux on Friday named a 30-member squad featuring six capped World Rugby U20 Championship players to tour Tbilisi, Georgia, from Wednesday, 27 November, to Thursday, 5 December, as part of the team’s preparations for the 2020 season.

    The tour, which will feature matches against the Georgia Under-19 team on Monday, 2 December, and Thursday, 5 December, will replace the Under-18 and Under-19 assessment camps usually hosted by the Junior Springbok coaching staff with an eye on the selection of the Junior Springbok squad for the World Rugby U20 Championship.

    Jaden Hendrikse (scrumhalf), Emile van Heerden (lock), Celimpilo Gumede (looseforward), Zwelendaba Mnombo (centre), Sibusiso Sangweni (flanker) and Thabiso Mdletshe (prop) are the six players who represented the Junior Springboks in the World Rugby U20 Championship in Rosario, Argentina, earlier this year.

    The squad includes another 11 players who were members of the SA Schools team that participated in the 2018 Under-18 International Series in the Western Cape against Wales, France and England. They are Adrian Alberts (lock) and Muzi Manyike (centre) – who were captain and vice-captain respectively – Stravino Jacobs (winger), Dewald Donald (prop), Hanro Jacobs (prop), Lunga Ncube (lock), Evan Roos (looseforward), Rynhardt Jonker (centre), JJ Kotze (hooker), Juan Mostert (flyhalf) and Thomas Bursey (scrumhalf).

    “We decided to replace the U18 and U19 assessment camps with a combined SA U19 squad that will travel to Georgia and play two matches against their national side,” said Roux. “So this will serve as a fantastic opportunity for these players to prove themselves at this level.

    “This tour is essentially the springboard for our Junior Springbok programme for 2020.

    “That said, there will be opportunities for players who are not in this group to stake a claim a claim for places in the Junior Springbok squad next year, and over and above this, we will once again host the SA Rugby Academy programme, so while this is a good opportunity for these players, they are by no means the only ones we are looking at.”

    Roux emphasised the importance of good planning to give the SAU20’s the best possible chance to lift the World Rugby U20 Championship trophy next year, and said: “This tour is part of our planning for the SAU20’s, and the fact that this is the first time we select a national U19 team since 2007 makes it particularly exciting.

    “What is really nice about this tour is that it will expose the players to a higher level of rugby, so we can see if they are able to make their presence felt at this level, and we are pleased to see players from the Valke and Leopards, which are regarded as smaller unions, in the fold.”

    The squad will gather at the Stellenbosch Academy of Sport on Sunday, 24 November, to begin their preparations for the tour.

    South Africa U19 squad (in alphabetical order):

    Adrian Alberts (lock, Xerox Golden Lions)
    Jason Alexander (hooker, DHL Western Province)
    Diego Appollis (centre, Vodacom Blue Bulls)
    Morne Brandon (hooker, Xerox Golden Lions)
    Thomas Bursey (scrumhalf, DHL Western Province)
    Werner Coetzee (lock, Cell C Sharks)
    Dewald Donald (prop, Vodacom Blue Bulls)
    Siphekahle Dube (prop, Cell C Sharks)
    Werner Gouws (lock, Vodacom Blue Bulls)
    Celimpilo Gumede (looseforward, Cell C Sharks)
    Jaden Hendrikse (scrumhalf, Cell C Sharks)
    Hanro Jacobs (prop, Cell C Sharks)
    Stravino Jacobs (winger, Vodacom Blue Bulls)
    Cohen Jasper (fullback, Toyota Free State)
    Rynhardt Jonker (centre, Cell C Sharks)
    Dawid Kellerman (centre, Vodacom Blue Bulls)
    JJ Kotze (hooker, DHL Western Province)
    Muzi Manyike (centre, Xerox Golden Lions)
    Thabiso Mdletshe (prop, Cell C Sharks)
    Zwelendaba Mnombo (centre, DHL Western Province)
    Juan Mostert (flyhalf, DHL Western Province)
    Benele Mthenjane (prop, Xerox Golden Lions)
    Lunga Ncube (lock, Cell C Sharks)
    Thabo Ndimande (flanker, Valke)
    Evan Roos (looseforward, Sharks)
    Sibusiso Sangweni (flanker, Xerox Golden Lions)
    Keenan Twigg (winger, Leopards)
    Bernard van der Linde (scrumhalf, Vodacom Blue Bulls)
    Emile van Heerden (lock, Sharks)
    Ethan Wentzel (flyhalf, Valke)

    Issued by SA Rugby Communications

  • Hier is Wildeklawer se spanne vir 2020

    Wildeklawer logoDaar is slegs een verandering aan die spanne wat in 2020 aan die 12de jaarlikse Wildeklawer-toernooi in Kimberley sal deelneem. Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch wat vanjaar weens sy deelname aan die Sanix-toernooi in Japan nie op Wildeklawer in aksie was nie, maak sy terugkeer tot die toernooi. 

    Paul Roos sal die Hoërskool Transvalia vervang wat nie weer ‘n uitnodiging ontvang het nie. Die span van die Eikestad is vanjaar as kampioen van die Sanix-toernooi gekroon na hy vir St Peter’s College van Nieu-Seeland met 52-5 in die eindstryd gekarnuffel het. 

    Transvalia se eerstespan het ‘n moeilike seisoen agter die rug en het vanjaar tydens hul eerste verskyning op die Wildeklawer-toernooi teen Paarl Gimnasium (7-73) en Boland Landbou (15-59) behoorlike drag slae ontvang.  

    Al die ander spanne wat in vroeër vanjaar in aksie was, sal weer ‘n bydra tot die skouspel lewer. Die bepalings vir die toernooi sal op ‘n latere stadium bekend gemaak word. 

    Die spanne vir Wildeklawer 2020 is: 

    Affies, Boland Landbou, Diamantveld, HTS Drostdy, Framesby, Garsfontein, Glenwood, Grey-kollege, Helpmekaar-kollege, Hoër Jongenskool Paarl, Menlopark, Monument, Noord-Kaap, Oakdale Landou, Outeniqua, Paarl Gimnasium, Paul Roos Gimnasium, Stellenberg, Waterkloof, Welkom Gimnasium. 

    Verwante Stories: 

    DigiTV to bring all the matches of Wildeklawer live to you

    [powr-comments id=”88a56396_1570444166833″]