SSPN Test Site

Blog

  • Olivier vuur Garsie Bere tot Noordvaal-titel aan

    RUAN ENSLIN, buitesenter van die Hoërskool Garsfontein, duik hier oor die doellyn vir een van sy span se ses drieë in sy sege van 36-30 in die eindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling. Klofies se vleuel Dylan Botha is laat om te keer. FOTO: Frans Lombard

    PRETORIA. – Die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling word duidelik ook nie in Mei-maand gewen nie.

    Die Hoërskool Garsfontein het Saterdag ‘n sprokie-seisoen met ‘n sege van 36-30 in die eindstryd van die reeks teen die Hoërskool Waterkloof op laasgenoemde se veld hier afgesluit.

    Min sou die Turkoois Bere aan aanspraakmakers op die titel beskou het na die span vroeër vanjaar ses nederlae op ‘n streep op die lyf geloop het. Die laaste van daardie nederlae was teen die einste Klofies (36-47) in hul ligawedstryd.

    Die Blou Tornado se eerste sege oor Garsies sedert 2013. Die Bere se afrigtingspan onder Johan du Plessis (hoofafrigter) en Sylvester Booysen (hulpafrigter) het egter bly glo en hul span het hul met ‘n trofee beloon.

    Die Bere se kaptein en binnesenter, Luann Olivier, het welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys. Hy was uitstekend by die afbreekpunte en het verskeie kere hier vir sy span omgekeerde besit bewerkstellig.

    Die eindstryd was voorwaar ‘n vertoonventer vir skolerugby in die Noordvaal-streek. Albei spanne het opwindende hardlooprugby opgedis.

    Garsfontein moes die laaste minuut met slegs 12 spelers op die veld klaarkom na Brooklyn Newman, Thinus Oosthuizen en Morné Coetzer koelkas toe gestuur is. Die Klofies was enkele meters weg van ‘n sege voor die eindfluitjie.

    Garsies se agttal het weer die grondslag voorlangs gelê met die voorryman, Luan van den Berg, en flank Oosthuizen aan die spits. Olivier se sentermaar, Ruan Enslin, was ook vuurwarm.

    Vir Klofies het sy heelagter, Ronan Bastiaanse, ‘n goeie wedstryd beleef. Die binnesenter, Happy Makate, wat in sy 50ste wedstryd vir Waterkloof in aksie was, was ook soos altyd uitstaande.

    Transvalia van Vanderbijlpark kon dalk nie vanjaar daarin slaag om vir HTS Middelburg se Rooi Bulle om te dop nie, maar hy kon darem Saterdag daarin slaag om sy hande op die Plaat-afdeling se trofee te kry.

    Valia het danksy ‘n drie deur sy haker, Jayden McPearson, na die sirene daarin geslaag om die trofee met die Rooi Bulle te deel. Die span se losskakel, Dylan Steynman, het dié drie vanuit die hoekie verdoel om sake op 24-elk gelyk te trek.

    Die span van Vanderbijlpark se heelagter, Siya Khambula, was ook uitstaande op dié dag.

    In die Skild-eindstryd het Wesvalia van Klerksdorp op sy tuisveld vir Lichtenburg met 23-21 die loef afgesteek.

    Wesvalia het met hierdie sege die Skild-afdeling onoorwonne afgesluit en ook sy eerste titel ooit in die Noordvaal-reeks ingepalm. Sy kaptein en agtsteman, Hanré Venter, was soos regdeur die seisoen weer uitstaande.

    Die span se heelagter, Rickardt van Heerden, het ook met sy skopwerk in winderige omstandighede beïndruk.

    Potchefstroom Gimnasium se binnesenter, Elrich Bosch, het na speeltyd reeds vertreke was gaan druk om sy span tot ‘n naelskraapse sege van 18-17 oor Eldoraigne in die Bowl-eindstryd.

    Die wenspan se heelagter, David Ndala, het met die doelskop geslaag om Eldos se 50ste bestaansjaar se partytjie so bietjie te demp.

    Al drie die verdedigende kampioene in die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-, Irawa- en Colt-liga het hul titels suksesvol op Shimlapark in Bloemfontein verdedig.

    Welkom Gimnasium het weer die bordjies teen Voortrekker van Bethlehem in die Shimla-liga se eindstryd met 27-19 verhang om weer met die trofee terug na Welkom te reis.

    Die Trekkers is die Griffon-kampioen na hulle vir Gimmies vir 36-28 in daardie eindstryd geklop het. Gimmies se losskakel, Ronaldo Kiewiet, het vir oulaas vir sy skoolspan ten toon gestel waartoe hy instaat is.

    Wilgerivier van Frankfort het sy titel met ‘n klinkende sege van 62-28 oor Curro Kathu suksesvol verdedig. Die Wilgies het in die tweede helfte na ‘n hoër rat oorgeskakel na hulle teen rustyd met 29-14 voorgeloop het.

    Die kampioenspan se heelagter, Marnus Swart, en slot Drihan Engelbrecht het elk twee keer agter die span van Kathu se doellyn gaan kuier.

    Hoopstad het sy titel as kampioen van die Colt-liga behou deur vir Vrede met 45-12 oortuigend in die eindstryd te verslaan.

    Die span se agtsteman, Adam Barnard, het twee keer agter die doellyn gaan kuier. Die span se linkervleuel, Busi Mfebe, het 15 punte tot die sege met ‘n drie en vyf doelskoppe bygedra.

  • Maritzburg College off to flying start in Eston Night League

    A good bowling performance from Maritzburg College against St Charles left the Red, Black and White a comfortable run chase. (Photo: Justin Waldman Sports Photography)
    A good bowling performance from Maritzburg College against St Charles left the Red, Black and White a comfortable run chase. (Photo: Justin Waldman Sports Photography)

    The KZN schools’ cricket season clicked into gear with the Eston One Insurance High Schools’ T20 Night League charging into the spotlight this week with the first of its pool matches, including a showdown between Pietermaritzburg rivals, Maritzburg College and St Charles College.

    On Thursday, Saint Charles’ captain Marcell Wellmann opted to bat first after winning the toss.

    It didn’t really work out for Saints. College did a good job of restricting their Pietermaritzburg neighbours, keeping them to 113/8 in their 20 overs.

    Two early wickets, which sent the dangerous Cian Fortmann and his skipper back to the change rooms with only 12 runs on the board, had St Charles on the back foot in the early going.

    Samuel Hughes did the damage, bowling Fortmann for eight from six balls, which included two boundaries, and then having Wellman caught by Tian van Niekerk, behind the stumps, for four.

    Connor Riley and Brendon Sunguro did a good job of repairing the early damage, putting on 37 for the third wicket before Zimbabwean international Sunguro was caught by Hughes off the bowling of Oliver Da Costa for a run-a-ball 24, which included three fours and a six, and which proved to be the highest score of the Saints’ innings.

    Riley went on to make 13, which, unfortunately for St Charles, was their next highest score, and it took him all of 33 balls. More impetus was needed in the T20 clash.

    Connor Simpson, in at nine, was only the only other batsman to make it into double figures, and he only just got there, contributing 10.

    Julian Konigkramer, after a prolific season leading the Maritzburg College 1st hockey team’s attack, led the bowling attack well. He was the sixth bowler used, but the most successful, snapping up 3 for 27 in his four overs.

    Julian Konigkramer picked up three wickets for Maritzburg College in their win over St Charles. (Photo: Justin Waldman Sports Photography)
    Julian Konigkramer picked up three wickets for Maritzburg College in their win over St Charles. (Photo: Justin Waldman Sports Photography)

    Hughes finished with 2 for 21 from four, and Chad Mason, the skipper, snared 2/19 in his four as St Charles posted 113 for 8.

    Chasing 114 for victory, Maritzburg College made a poor start. Daniel Nadasan was the victim of a first baller, bowled by Marcel Wellman, and Llewellyn Sutherland was removed for only two, caught by Kwanele Nqayi off the bowling of Stefan Veldsman.

    Maritzburg College were 12/2 after 1.5 overs.

    A captain’s innings was needed, and Chad Mason delivered. Batting maturely, he struck an unbeaten 49 from 55 deliveries, with five fours.

    Michael Gibson weighed in with a quick 10 off 11 before he was bowled by Sunguro. His departure, however, brought Ollie Da Costa to the crease and he and Mason proceeded to take the game away from Saints. Together, they put on 69 for the fourth wicket in 10.2 overs. That proved decisive.

    When Da Costa was run out for a run-a-ball 31, having sent five balls to the boundary, Tian van Niekerk joined Mason in the middle and they saw the Red, Black, and White across the line, with six balls to spare.

    Wellmann, Veldsman, and Sunguro finished with a wicket apiece.

    The star of the show, though, was College captain Chad Mason, with his unbeaten 49 and 2 for 19 setting him apart and playing a big role in seeing his side to a six-wicket victory.

    It was a second victory in succession for College, who kicked off the competition with a 135-run romp over the KZN Inland Hub on Wednesday.

    Mason was again to the fore, cracking 55 not out, but Llewellyn Sutherland led the way with a quickfire 86, which came off of only 52 balls and included three sixes and 11 fours.

    Ollie da Costa added a useful 24 not out from 16 balls, with four fours, as College tallied a very challenging 196/2 in their 20 overs.

    The KZN Inland Hub’s run chase failed to fire and they were brushed aside, dismissed for 61 in just 14 overs.

    Wickets fell regularly and were shared around. Up front, Sam Hughes captured 2/10 in two, while his new ball partner Reece Willson did even better, knocking over 2/9 in three.

    The best return, though, belonged to Nathan Pembridge, who snapped up 3/7 in three, while Ollie da Costa bagged 2/9 in two with his spin.

    Scores

    St Charles College 113/8 (B. Sunguro 24, J. Konigkramer 3/27, C. Mason 2/19, S. Hughes 2/21); Maritzburg College 115/4 (C. Mason 49*, O. da Costa 31, M. Wellmann 1/15). Maritzburg College won by 6 wickets.

    Maritzburg College 196/2 (L. Sutherland 86, C. Mason 55*, O. Da Costa 24, O. Madlala 1/21); KZN Inland Hub 61/10 (N. Pembridge 3/7, R. Willson 2/9, O. Da Costa 2/9, S. Hughes 2/10). Maritzburg College won by 135 runs.

  • Ervare Gimmies teen omgekrapte groentjies van Voortrekker in Shimla-eindstryd

    FOTO: Marnus Prinsloo

    Die een span is een van die suksesvolste spanne in die Shimla-liga van die Kovsiestreekkompetisie, terwyl die ander Saterdag vir die eerste keer in die eindstryd van dié liga in aksie sal wees.

    Welkom Gimnasium sal vir die sesde keer aantree op Shimlapark in Bloemfontein vir die eindstryd van die liga. Die span van Welkom is boonop die verdedigende kampioen van die Shima-liga.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Die Gimmies was in 2015, 2018, 2019 en 2023 as kampioen gekroon.

    Sy teenstander, Voortrekker van Bethlehem, sal vir die eerste keer in dié eindstryd in aksie wees.

    Die Trekkers het egter reeds vanjaar vir Welkom Gimnasium as Griffon-kampioen onttroon toe hy vir Gimmies met 36-28 in die eindstryd afgestof het. Die span vanuit die Riemland het boonop die Vrystaatse kampioen, Landboudal van Jacobsdal, met 24-22 uitoorlê om vir homself ‘n plek in die streekkompetisie se eindstryd te bespreek.

    Gimmies het die Griekwa-kampioen, Duineveld van Upington, met 44-21 in Kimberley in die ander halfeindstryd afgestof. Die span van Welkom het dié ligawedstryd teen Voortrekker met 26-24 gewen.

    Die Trekkers het in sy geledere die SA Skole-vaskopstut, Cecil Parsons, wat met sy stormramlopies ‘n spelbreker vir sy skoolspan is.

    Die Trekker-agtsteman, Dawie Fourie, se tweestryd met Ethan “Slang” Jones beloof ook om een van die hoogtepunte van die kragmeting te wees. Fourie het dié tweestryd tussen die twee spelers tydens die Griffon-eindstryd gewen.

    Vir Gimmies sal sy skakelpaar, Rewaldo Farmer (skrumskakel) en Ronaldo Kiewiet (losskakel), belangrike rolle vertolk. Kiewiet was in 2023 die voorste puntemaker op die Cravenweek met 48 punte. Indien hy op sy stukke is, sal die trofee weer saam sy span na Welkom reis.

    Gimmies se afrigtingspan, Roean Bezuidenhout en Jacques Juries, is van die mees ervare in die sentrale streek. Juries is boonop ook die hoofafrigter van die Griffons se seniorspan. Die Trekkers word deur Justin Taylor gebrei.

    Die spanne is: 

    Welkom Gimnasium vs Voortrekker (Bethlehem) op Shimlapark in Bloemfontein om 14:50: 

    Welkom Gimnasium: 15 Leano Williams, 14 Ruan Theron, 13 Nathan Muller, 12 Joshua Coertsen, 11 Bokang Lesenyeho, 10 Ronaldo Kiewiet, 9 Rewaldo Farmer, 8 Ethan Jones, 7 Ayden Bezuidenhout, 6 Rovaun van Niekerk, 5 Jayden Auld, 4 Ethan Africa, 3 Ryan Lemmer, 2 Kganya Molapo, 1 Buchle Ngxabayi-Mpaka. Plaasvervangers: 16 Kananelo Tutubala, 17 Alexander Olivier, 18 Moeketsi Lang, 19 Jayden Kruger, 20 Diederik Beuken, 21 Emile Mahlelebe, 22 Vusi Ndayi, 23 Dyllan Kemp.

    Voortrekker: 15 Kaneng Komane, 14 Karabelo Chaka, 13 Frederik Fourie, 12 Karabo Ralentloane, 11 Kamohelo Moses, 10 Adriaan Bonthuys, 9 Craig Mann, 8 Dawie Fourie, 7 Jayden de Jesus, 6 Berto van Niekerk, 5 Tristan Meyer, 4 Luttig Roux, 3 Cecil Parsons, 2 Arnold Ras, 1 Francois Maree. Plaasvervangers: 16 Wian Muller, 17 AJ Ferreira, 18 AJ Myburgh, 19 Theo van Wyk, 20 Attila Ozturk, 21 Nolan du Plooy, 22 Thato Nthbere.

    10:50 – o.15 – Hoërskool Trio vs Jim Fouché

  • Wilgies nie maklik gestuit in Irawa-liga, maar Curro Kathu kan makietie bederf

    FOTO: Marnus Prinsloo

    Die Hoërskool Wilgerivier van Frankfort sal nie sommer sommer as kampioen van die Kovsiestreekkompetisie se Irawa-liga onttroon word.

    Die Wilgies kom Saterdag teen Curro Kathu te staan. Die span van Frankfort het verlede jaar vir St Andrews van Bloemfontein met 71-17 in die eindstryd afgeslag.

    Die streekeindstryd skop om 13:25 op Shimlapark in Bloemfontein af.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Curro Kathu is die kampioen van die Griekwaland-Wes se mediumskole-liga. Hy het vir Hoërskool Douglas in die eindstryd met 31-30 geklop.

    Wilgerivier het sy plek in die uitspeelrondes as die Griffons se Platteland-kampioen betree. Hy het vir Hoërskool Ficksburg met 32-15 in dié eindstryd verslaan.

    Curro Kathu het vir die einste Ficksburg in die halfeindronde van die Irawa-liga met 36-24 met die kous oor die kop huis toe gestuur. Die Irawa-liga eindstryd behoort dus weer een van die hoogtepunte van die dag se rugby op Shimlapark te wees.

    Wilgerivier het in die ander halfeindstryd vir die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg met 29-19 uitoorlê om sy plek in die streekeindstryd te bespreek.

    Die spanne is:

    Hoërskool Wilgerivier vs Curro Kathu op Shimlapark in Bloemfontein om 13:25:

    Wilgerivier: 15 Marnus Swart, 14 Gerhardu Lourens, 13 Thlompo Motsapi, 12 Onkarabile Mokoena, 11 Pedri Graaff, 10 Wian Muller, 9 HG Muller, 8 Rohan de Beer, 7 Tshepo Nyause, 6 JD van den Berg, 5 Ewert Kleynhans, 4 Drihan Engelbrecht, 3 Hanno Wessels, 2 Louis de Villiers, 1 Juan de Klerk. Plaasvervangers: 16 Estiaan Roodt, 17 Jannie Havenga, 18 Tshwanelo Rametse, 19 PJ Nortje, 20 Bertus Venter, 21 Thato Tsotetsi, 22 Lihan Roets, 23 Bokang Motaung.

    Curro Kathu: 15 Damian Matthys, 14 Xavior Leibrandt, 13 Julius Muzaza, 12 Luis Cassumba, 11 Carlo Cupido, 10 Leighton Hopshire, 9 Yibonge Mapi, 8 Unathi Raborife, 7 De-anzo Eilers, 6 Lindzay Peacock, 5 Boitshoko Tlhopile, 4 Motheo Motsitsi, 3 Itumeleng Lekgetho, 2 Liam Pretorius, 1 Ruan Burger. Plaasvervangers: 16 Ethan van Wyk, 17 Caramel Zweni, 18 Phontsho Modise, 19 Louis Jako, 20 Colin Swart, 21 Hlompo Rooibaadjie, 22 Mohau Shuping, 23 Stephan Ludik.

    09:40 – o.15 – Hoërskool Kathu vs Wilgerivier

  • Victoria Mxenge Indoor Sports Centre to host Jr. NBA/WNBA Tournament

    The Montana Vikings girls’ team in celebratory mood after defeating Hot Shots Basketball Club 29-20 in the third Junior NBA cup final match, at UCT, on Sunday, 18 August.

    The Victoria Mxenge Indoor Sports Centre, in Umlazi, just outside of Durban, is set to play host to a Jr. NBA/WNBA African Tournament on the weekend of 24-25 August.

    The two-day event follows in the footsteps of a successful Cape Town edition of the Jr. NBA/WNBA Africa Tournament, which took place last weekend, with Montana Vikings claiming both the boys’ and girls’ titles.

    This weekend’s event is expected to deliver more excitement, with notable teams including Kearsney College, Shakahead Basketball Development, and Durban High School, in the lineup.

    The competition will feature more than 15 teams, consisting of boys and girls aged 16 and under, who will be representing a variety of clubs and schools from Pietermaritzburg and Durban.

    Montana Vikings crowned the Cape Town Champs

    Last weekend, the Montana Vikings showcased their prowess at the Junior NBA and Junior WNBA Tournament, organised by NBA Africa, in Cape Town, walking away as the champions of both divisions.

    In the boys’ final, they triumphed over the Eagles Basketball Club, while the girls’ team secured the title by defeating the Hot Shots Basketball Club.

    In addition to the championship titles, the Vikings’ Ayabonga Jessica Noncunga (girls) and Josh Mvumbi (boys) were named the Most Valuable Players (MVPs) for their outstanding performances throughout the tournament.

    The two-day event, which included Junior NBA Clinics for 500 participants, also included 17 boys’ and 14 girls’ teams competing in the u16 age group.

    The purpose of the clinics was to impart essential basketball and life skills, thereby enhancing the youth basketball experience for players, coaches, and parents, in addition to providing training sessions for local coaches.

    Jr. NBA/WNBA African Tournament
    Victoria Mxenge Indoor Sports Centre, 24-25 August

    Pool A: Boys

    Imisebe Primary School, Wentworth Raptors, Kearsney College, Emthethweni Primary School, The Clan, and Shakahead Basketball Development

    Pool B: Boys

    Cwebezela Primary School, Home Turf Hoops, Sukuma Primary School, Sekelani Primary School, Durban High School, and Liv Village

    Pool A: Girls

    Durban Girls’ u14A, Imisebe Primary School,  Emthethweni Primary School, Sekelani Primary School

    Pool B: Girls

    Durban Girls’ u14B, Cwebezela Primary School, Sukuma Primary School, Liv Village

    Saturday Fixtures

    08:30 – Court 1: Imisebe vs The Clan
    08:30 – Court 2: Cwebezela vs Durban High
    09:10 – Court 1: Durban Girls vs Sekelani
    09:10 – Court 2: Durban Girls vs Liv Village
    09:50 – Court 1: Wentworth Raptors vs Shakahead
    09:50 – Court 2: Home Turf vs Liv Village
    10:30 – Court 1: Imisebe vs Emthethweni
    10:30 – Court 2: Cwebezela vs Sukuma
    11:10 – Court 1: Kearsney College vs Emthethweni
    11:10 – Court 2: Sukuma vs Sekelani
    11:50 – Court 1: Sekelani vs Imisebe
    11:50 – Court 2: Sukuma Durban Girls
    12:30 – Court 1: Wentworth Raptors vs Imisebe Primary
    12:30 – Court 2: Home Turf vs Cwebezela
    13:10 – Court 1: Emthethweni vs Durban Girls
    13:10 – Court 2: Liv Village vs Cwebezela
    13:50 – Court 1: The Clan vs Kearsney College
    13:50 – Court 2: Durban High vs Sukuma
    14:30 – Court 1: Durban Girls vs Imisebe
    14:30 – Court 2: Sukuma vs Liv Village
    15:10 – Court 1: Emthethweni vs Shakahead
    15:10 – Court 2: Sekelani vs Liv Village
    15:50 – Court 1: Sekelani vs Emthethweni
    15:50 – Court 2: Durban Girls vs Cwebezela
    16:30 – Court 1: Wentworth Raptors vs Kearsney
    16:30 – Court 2: Home Turf vs Sukuma
    17:10 – Court 1: Liv Village vs Durban High
    17:10 – Court 2: Shakahead vs The Clan

    Sunday Fixtures

    08:30 – Court 1: Imisebe vs Emthethweni
    08:30 – Court 2: Cwebezela vs Sekelani
    09:10 – Court 1: Durban High vs Home Turf
    09:10 – Court 2: Durban High vs Home Turf
    09:50 – Court 1: Shakahead vs Kearsney
    09:50 – Court 2: The Clan vs Wentworth Raptors
    10:30 – Court 1: Sekelani vs Durban High
    10:30 – Court 2: Emthethweni vs The Clan
    11:10 – Court 1: Imisebe vs Shakahead
    11:10 – Court 2: Cwebezela vs Liv Village
    11:50 – Court 1: Sekelani vs Home Turf
    11:50 – Court 2: Emthethweni vs Wentworth
    12:30 – Court 1: Kearsney College vs Imisebe
    12:30 – Court 2: Sukuma vs Cwebezela
    13:10 – Court 1: Girls SF 1: A1 vs B2
    13:10 – Court 2: Girls SF 2: B1 vs A2
    13:50 – Court 1: Boys SF 1: A1 vs B2
    13:50 – Court 2: Boys SF 2: B1 vs A2
    14:30 – Court 1: Girls’ Final
    15:10 – Court 2: Boys’ Final

  • Hoopstad kan nie vrede vanaf Vrede verwag in Colt-liga eindstryd nie

    FOTO: Jana Conradie

    Die verdedigende kampioen van die Kovsiestreekkompetisie se Colt-liga, Hoërskool Hoopstad, sal moet waak teen oorgerustheid in vanjaar se eindstryd teen die Hoërskool Vrede.

    Dié twee spanne sê mekaar om 12:00 op Shimlapark in Bloemfontein in die eindstryd van vanjaar se liga die stryd aan.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Die Hoopies is die mees suksesvolste skool sedert die ontstaan van die Colt-liga in 2013. Hulle was al drie keer vantevore in die eindstryd betrokke en het al twee keer in 2017 en 2023 met die kroon weggestap.

    Die enigste ander skool wat al twee keer vantevore die titel kon opraap, is die Hoërskool Bultonftein wat in 2013 en 2015 die kroon gedra het. Vrede was ook al kampioen toe hy in 2022 met ‘n klinkende sege van 68-12 vir Curro Kathu in die eindstryd kaf gedraf het.

    Hoopstad het vanjaar sy plek in die eindstryd met ‘n oortuigende sege van 55-10 oor Zastron bespreek. Vrede het in die ander halfeindstryd vir Hoërskool Douglas met 27-20 getroef.

    Hoopstad en Vrede het mekaar boonop vroeër vanjaar in die Griffon Plattland-liga se eindstryd ontmoet. Die Hoopies was hier gemaklik met 35-12 baas.

    Die Hoopies wat deur Schalk Botha en Ernst Conradie gebrei word sou graag die eindstryd met so bietjie minder kollig op hul span wou betree. Daar was landswyd gegons oor die veiligheid van skolerugby na ‘n boorvat op Hoopstad se agtsteman, Adam Barnard, in die sege oor Zastron.

    Barnard sal wel Saterdag weer op sy pos aan die agterkant van die skrum vir sy skoolspan wees. Hoopstad moet wel sonder sy losskakel, AJ Brink, klaarkom wat sy sleuetelbeen in die halfeindstryd gebreek het.

    Boonop is die kragmeting op SuperSport Schools uitgesaai wat aan Vrede se afrigter, Johan Malan, sonder twyfel ‘n geleentheid gegee het om sy teenstanders nog beter te leer keen. “Ons hoop om die keer beter van onsself rekenskap te gee,” het Malan gesê.

    Die stryd in die middelveld tussen die twee spanne se binnesenters, Christo van Rooyen (Hoopstad) en Wynand Engelbrecht (Vrede), behoort een van die hoogtepunte van die eindstryd te wees.

    Van Rooyen het twee keer in die sege oor Zastron agter die doellyn gaan kuier.

    Die spanne is:

    Hoërskool Hoopstad vs Hoërskool Vrede op Shimlapark in Bloemfontein om :

    Hoopstad: 15 FP Graham, 14 Barend Greyling, 13 Abrie van Zyl, 12 Christo van Rooyen, 11 Busi Mfebe, 10 Hennie Barnard, 9 Marco Wolfaardt, 8 Adam Barnard, 7 Jakes Human, 6 Michael Steyn, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Theuns van Rhyn, 3 Cobus Liebenberg, 2 AP Meyer, 1 Schalk van der Merwe. Plaasvervangers: 17 MJ Hatem, 18 Zandré Louw, 19 AB Muller, 20 Gerhard Burger, 21 Sunny Singh.

    Vrede: 15 Leytin Kimmins, 14 Sebonelo Mnguni, 13 Frikkie Kruger, 12 Wynand Engelbrecht, 11 David Gleeson, 10 Ewan Luus, 9 Charl Cilliers, 8 Wikus Fourie, 7 BH Botha, 6 Thabang Motaung, 5 Sheldan van Tonder, 4 Akhona Mcira, 3 Hannes van Rooyen, 2 Adriaan Mostert, 1 CJ Bresler. Plaasvervangers: 16 Vincent Tsotetsi, 19 Nathan Venter, 20 Brandon Ackerman, 21 Lesedi Watls, 22 Ross Booysen.

  • Kwena Maphaka becomes the youngest South African Men’s International Cricketer

    POTCHEFSTROOM, SOUTH AFRICA – FEBRUARY 02: Kwena Maphaka of the Proteas celebrates the wicket of Dinura Kalupahana of Sri Lanka during the ICC U19 Men’s World Cup 2024, Super Six match between South Africa and Sri Lanka at JB Marks Oval on February 02, 2024 in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

    Kwena Maphaka made his T20i debut for South Africa against the West Indies on 23 August 2024, at the Brian Lara Cricket Academy in Trinidad & Tobago.

    The St Stithians College fast bowler was included in the squad to tour the West Indies but was suddenly called up to play in the first game after an injury ruled Lungi Ngidi out of the series.

    At only 18 years and 137 days old, Maphaka has become the youngest South African to make his international men’s debut.

    Despite the Proteas being thoroughly outplayed by the West Indies in what turned out to be a slightly one-sided affair, Maphaka performed admirably with figures of 1/25 in 3.5 overs. His economy rate of 6.52 was the best of the Protea bowlers.

    Maphaka’s first international wicket was that of the West Indies captain Rovman Powell, who sliced a drive straight to Patrick Kruger in the covers.

    https://x.com/SuperSportTV/status/1827128036892041459?ref_src=twsrc%5Etfw%7Ctwcamp%5Etweetembed%7Ctwterm%5E1827128036892041459%7Ctwgr%5Ed8140dac91dbcc172b2b367ff9f3acfc0bd27db9%7Ctwcon%5Es1_&ref_url=https%3A%2F%2Fwww.sacricketmag.com%2Fwatch-maphakas-first-proteas-wicket%2F

    Fellow St Stithian Kagiso Rabada was 19 years and 163 days old when he set the previous T20i record in 2014, while Victor Mpitsang (Grey College) had the overall record of 18 years and 314 days when he made his debut in an ODI in 1999. The record in test cricket is 18 years and 340 days by Paul Adams (Plumstead High School) in 1995.

    FORMAT PLAYER AGE YEAR
    T20i Kwena Maphaka 18y 137d 2024
    ODI Victor Mpitsang 18y 314d 1999
    Tests Paul Adams 18y 340d 1995

     

    Maphaka was a sensation at the 2024 u/19 Cricket World Cup in South Africa, where his 21 wickets at an average of just 9.71 came within 1 of equalling the record of 22 wickets in a single tournament by Bangladesh’s Enamul Haque Jnr. That feat earned him the Player of the Tournament award.

    He did however break the record for most five-wicket hauls at the event by picking up 5/38 against the West Indies, 5/34 against Zimbabwe and then 6/21 during South Africa’s against Sri Lanka.

    This was Maphaka’s second u/19 World Cup, having played in the 2022 edition in the West Indies when he was only 15 years old. His 7 wickets in that tournament gives him an overall tally of 28, which ties him with Zimbabwe’s Wesly Madhevere for the most wickets in the history of the Under 19 World Cup.

    PLAYER COUNTRY YEAR WICKETS
    Kwena Maphaka South Africa 2022 – 2024 28
    Wesly Madhevere Zimbabwe 2016 – 2020 28
    Moises Henriques Australia 2004 – 2006 27
    Greg Thompson Ireland 2004 – 2008 27
    Abhishek Sharma India 2002 – 2004 26

     

    Maphaka was a surprise inclusion in the Mumbai Indians’ squad for the 2024 Indian Premier League, at the time still only 17 years old. He played two games and became the youngest South African and third youngest overseas player to play in the IPL. He spent his off-time studying for the mid-year exams.

    Also Read: Player Profile – Kwena Maphaka (St Stithians College)
    POTCHEFSTROOM, SOUTH AFRICA – JANUARY 23: Kwena Maphaka of the Proteas during the ICC U19 Men’s World Cup 2024 between South Africa and England at JB Marks Oval in Potchefstroom on January 23, 2024 in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

    The Johannesburg-born young man is currently in his final year of high school at St Stithians College, also the alma mater of Ryan Rickleton, Wiaan Mulder, Ireland’s Curtis Campher, the aforementioned Rabada and many other cricketers. Earlier this year, when the hockey season ended, he played his last game as captain of the school’s hockey 1st team. An all-round sportsman, he also has provincial colours in tennis.

    His brother Tetelo – his elder by six years – is a cricketing all-rounder who plies his trade for the Lions, who recently also signed Kwena onto their roster. Kwena has been drafted into the Paarl Royals squad for the SA20 but missed the 2024 edition to play in the u/19 World Cup. He is expected to make his SA20 debut in January.

    The next T20i’s in the series against the West Indies will be on 25 and 27 August, also in Tarouba in the island nation of Trinidad & Tobago.

  • Bowl-trofee op soek na nuwe staanplek

    FOTO: Verskaf deur Potchefstroom Gimnasium se Facebook-blad.

    Die SDC Noordvaal Cup se Bowl-trofee sal na hierdie naweek ‘n nuwe staanplek hê.

    Beleef al die Noordvaal Bowl-aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Met albei verlede jaar se finaliste, Hoërskool Die Anker en Hoërskool Wesvalia, wat na die kompetisie se Skild-afdeling opgeskuif het, sal ‘n nuwe Bowl-kampioen Saterdag gekroon word.

    Die vraag is, wie gaan dit wees? Potchefstroom Gimnasium of Hoërskool Eldoraigne?

    Dit is vir albei hierdie spanne ietwat onbekende terrein. Die Gimmies kon nog slegs drie keer na die eindstryd, waarvan hy twee gewen het, deurdring.

    Die laaste keer wat die skool van Potchefstroom met ‘n Noordvaal-trofee kon spog was nadat hy vir Hoërskool Brandwag, van Benoni, in 2004 in die destydse mediumskole-afdeling van die Beeldtrofee met 22-15 geklop het.

    Die Eldo’s het in 2018 laas oorwinning gesmaak in ‘n finaal toe hulle vir Hoërskool Noordheuwel met 40-29 in die Virsekerbeker se Plaat-afdeling omgedop het. Hulle het wel die daaropvolgende jaar weer die eindstryd gehaal, maar moes die knie met 36-37 teen Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen buig. Dit was die enigste twee kere wat die Drake in ‘n eindstryd te siene was.

    Hierdie week het die Gimmies hul beste kans om weer ‘n titel te verower. Die span van Potchefstroom was tot skuins voor die einde van die reeks se rondomtalie-wedstryde steeds onoorwonne.

    Hulle het wel hul rieme met 17-18 styfgeloop teen Hoërskool Alberton in die laaste ronde, maar het weer die waarskuwingskote laat klap met ‘n ‘n sege van 50-32 oor Merensky Landbou Akademie in die halfeindronde.

    Heelagter, David Ndala, is een van die voorste puntemakers in die reeks, met sy aanvalsvernuf wat menige teenstander na grashalms laat gryp, terwyl hy ook gereeld die verantwoordelikheid as stelskopper waarneem. Regtervleuel, Toks Becker, komplementeer Ndala uitstekend en is ‘n doring in die vlees wanneer hy spasie aan die buitekant gegun word.

    Haker, Jaco Nel, is een van die Gimmies se groot uitblinkers voorlangs, met sy woelige spelpeil wat ‘n mens soms laat wonder of die nommer op sy rug nie verkeerd is nie.

    Die Drake beskik self oor ‘n gevaarlike wapen in JP Meyer, wat die seisoen op losskakel begin het maar noodgedwonge moes terugskuif na heelagter, waar hy in 2023 ook uitgedraf het. Sy skopstewel het reeds vir meer as 100 punte in die reeks gesorg en is iets waarvoor die Gimmies op hul hoede moet wees.

    Boonop kan Meyer en skrumskakel, Darren Bruwer, se taktiese skopwerk die Gimmies laat omdraai, terwyl Bruwer ook ‘n bedreiging inhou met sy breekslae om die afbreekpunte.

    Voorlangs is vaskopstut, Jaco Fourie, dalk die ideale teenvoeter vir Nel. Fourie se kragtige dryfspel en skrumwerk gaan gepaard met klipharde verdediging, wat die momentum in die Drake se guns kan help swaai.

    Die spanne: 

    Potchefstroom Gimnasium t. Hoërskool Eldoraigne om 13:00 in Potchefstroom

    Potchefstroom Gimnasium: 15 David Ndala, 14 Toks Becker, 13 Lourens Jacobs, 12 Elrich Bosh, 11 Jaap van der Westhuizen, 10 Justin Oosthuizen, 9 Dian Smith, 8 Morné van Aswegen, 7 Wian Botha, 6 Tiardt Vorster, 5 Tobias van Dyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stoffberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen.

    Eldoraigne: 15 JP Meyer, 14 Manie Buitendag, 13 Ivan Vermeulen, 12 Kevin Earle, 11 Hendru van Zyl, 10 Elmar Olivier, 9 Darren Bruwer, 8 Jayden Niehaus, 7 Justin Meintjies, 6 Cameron Killian, 5 Rikus Rheeder, 4 MC Scheepers, 3 Jaco Fourie, 2 Victor Koopmans, 1 Marnus Prinsloo

    Skeidsregter:

    Ander spanne: 

    o.16

    11:30 – Randburg t. Wagpos

    o.15

    10:15 – Piet Retief t. Merensky

    o.14

    09:00 – Eldoraigne t. Piet Retief

  • Garsie-agttal: Hoe later, hoe kwater

    JAMES SCHNETLER, slot van Garsfontein, op pad om te gaan druk teen Monument. FOTO: Marius Nortje

    Daar is ‘n rede hoekom die verdedigende kampioen van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling weer in die eindstryd is.

    Beleef al die Noordvaal Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Hoërskool Garsfontein se dieselenjin voorlangs is oorgehaal om vir die soveelste keer vanjaar die grondslag vir ‘n sege te lê. Hierdie slag is dit in sy grootste stryd van die jaar, teen Hoërskool Waterkloof in die eindstryd van die Beker-afdeling.

    Dit is verál in die skrums, waar die Bere, onder leiding van vaskopstut, Luan van den Berg, hul stempel sal wil afdruk.

    Van den Berg, wat nog in Graad 11 is, het die Blou Bulle by vanjaar se Cravenweek in Krugersdorp verteenwoordig. ‘n Kragtige vertoning in vanjaar se eindstryd kan beslis vir die SA o.18-skrumafrigter en Klofies se hoofbreier, Cobus van Dyk, oorreed om sy naam ook in die hoed te gooi vir volgende jaar.

    Die Bere is in hul laaste vier wedstryde onoorwonne, met dié segetog wat verseker het dat hulle in ‘n derde agtereenvolgende eindstryd verskyn en die kans staan om hul 2023-titel te verdedig.

    Daarenteen is dit die Klofies se eerste eindstryd in 13 jaar. Hulle het in die eindstryd van 2011 met ‘n telling van 41-21 teen Hoërskool Florida as oorwinnaars uit die stryd getree. Dit word allerweë beskou as die Klofies se droomspan en het verskeie groot name, onder andere Springbok-senter, Rohan Janse van Rensburg, opgelewer.

    In die eerste ontmoeting tussen die twee spanne vroeër vanjaar was dit die Blou Tornado wat, na ‘n puik vertoning in die eerste helfte, daarin geslaag het om met 47-36 koning te kraai.

    “Ons weet wat om te verwag en ons weet hoe Garsfontein die spel benader. Ons sien uit om hulle vir ‘n tweede keer vanjaar op ons tuisveld te verwelkom,” het Van Dyk gesê.

    Waterkloof kom hierdie keer egter teen ‘n Berespan te staan wat taamlik anders daar uitsien. Junade Passensie, wat in die vorige kragmeting op heelagter uitgedraf het, het sedertdien na losskakel geskuif, waar hy ‘n reuse verskil gemaak het.

    Die Bere se kaptein, Luann Olivier, het van oopkantflank na senter geskuif, waar hy ook dikwels hoofbrekens besorg vir teenstanders met sy bedrieglike lopies, terwyl die gevaarlike duo bestaande uit Junaide Stuart en Brooklyn Newman ook hul terugkeer tot die beginspan maak.

    Voorlangs behoort die SA o.18-slot, James Schnetler, vir die Bere se pak verder te versterk, nadat hy die laaste paar kragmetings weens harsingskudding moes misloop.

    Dit maak inderdaad die stryd voorlangs meer interessant. Die Klofie-pak het verlede week ietwat lusteloos voorgekom in die sege oor Hoërskool Monument (35-34) en sal hierdie week teen die Bere op alle silinders moet vuur.

    Haker, Ruan Jacobs, en oopkantflank, Divan Botha, het uitgeblink teen die Wit Bulle en sal die dosis wil herhaal, met Stephan de Beer, wat verlede naweek teruggekeer het op slot, kort op hul hakke.

    Skrumskakel, Migael Prinsloo, was uitstaande  as speler van die wedstryd in die halfeindstryd en sal met ‘n valkoog dopgehou moet word, terwyl die senterpaar van Happy Makate en Riwan van Aswegen (kaptein) vir vuurwerke kan sorg in hul laaste uitstappie vir die Klofies.

    Heelagter, Ronan Bastiaanse, is die top-puntemaker in vanjaar se kompetisie en sal oudergewoonte met elke geleentheid wat hy kry die telbord laat aanrol. Bastiaanse het reeds 124 punte vanjaar aangeteken.

    Die spanne: 

    Hoërskool Waterkloof t. Hoërskool Garsfontein om 12:30 in Pretoria

    Waterkloof: 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Dylan Botha, 10 Dennis Obi, 9 Migael Prinsloo, 8 Dawid Prinsloo, 7 Lendrey Janse van Vuuren, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.

    Garsfontein : 15 Handre Maree, 14 Brooklyn Newman, 13 Ruan Enslin, 12 Luann Olivier, 11 Junaide Stuart, 10 Junade Pasensie, 9 Luan Ferreira, 8 Stephan Pretorius, 7 Thinus Oosthuizen, 6 JP Pieterse, 5 Jacques Swarts, 4 James Schnetler, 3 Luan van der Berg, 2 Justin Blom, 1 Ethan van Wyk.

    Skeidsregter: Hanru van Rooyen (Blou Bulle)

    Ander spanne: 

    o.16

    11:00 – Noordheuwel t. Helpmekaar

    o.15

    09:30 – Noordheuwel t. Monument

    o.14

    08:00 – Monument t. Rustenburg

  • Wesvalia op drumpel van Noordvaal-geskiedenis

    FOTO: Verskaf deur Wesvalia se Facebook blad.

    Klerksdorp gons op die vooraand van Hoërskool Wesvalia se eerste verskyning in die eindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling.

    Volg al die Noordvaal Skild-aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Wessies kom as nuweling in dié afdeling op hul tuisveld teen Hoërskool Lichtenburg te staan.

    Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat die span van Klerksdorp in ‘n eindstryd te siene is. Hulle het verlede jaar in die Bowl-afdeling se eindstryd teen Hoërskool Die Anker met 28-37 vasgeval.

    Indien hulle Saterdag as oorwinnaar uit die stryd tree sal dit die eerste Noordvaal-titel in Wesvalia se geskiedenis wees, wat taamlike vet op die vuur gooi.

    Die Lichtenburgers beleef self ‘n lang droogte, met hul laaste titel in 1988 toe hulle vir Hoërskool Merensky met 14-7 verslaan het in die eindstryd van die destydse Direkteurstrofee.

    In dié opsig is Saterdag ‘n uiters spesiale dag vir die Dempers-gesin, aangesien Dundre Dempers, die Liggies se buitesenter, se pa, Christo Dempers, in 1988 vir Lichtenburg op haker diens gedoen het en ook onderkaptein van die span was.

    Die Lichtenburgers het sedertdien in ‘n verdere drie eindstryde teen onderskeidelik Hoërskool Randburg (1990), Potchefstroom Volkskool (2011) en Helpmekaar Kollege (2016) te staan gekom, maar elke slag die knie gebuig.

    Soos enige rugbywedstryd behoort hierdie een ook voor te begin en te eindig, met albei pakke wat uitgehonger is vir die stryd. Die Lichtenburgers se vaskopstut, JJ Jonker, een van sy span se voorste driedrukkers, sal moeilik in toom gehou word naby die doellyn terwyl sy skrumwerk ook van hoë gehalte is.

    Slot en kaptein, John Kleynhans, het verlede naweek in die halfeindronde, met speeltyd verstreke, oorgebars om sy span in die eindstryd te kry en sal weer van voor lei.

    “Ons fokus net op ons prosesse, wat ons tot hier gebring het,” het Willem van der Sandt, Wesvalia se afrigter gesê. “Ons glo die resultate sal kom as ons die basiese aspekte baie goed uitvoer.”

    Hy skryf ook die span se onoorwonne status in vanjaar se reeks aan die senior spelers in sy span toe. “Ons twee kapteins, agsteman, Hanre Venter, en skrumskakel, Chad Hofmeyer, het ‘n groot rol in ons sukses gespeel.”

    Haker, Junior Kuhn, en oopkantflank, Francois Dumond, het ook ‘n reuse bydrae gelewer. Kuhn se driekuns in die halfeindstryd teen Hoërskool Secunda het sy seisoen uitstekend opgesom, terwyl Dumond se blote teenwoordigheid koue rillings langs heelparty opponente se ruggrate afstuur.

    Die spanne: 

    Hoërskool Wesvalia t. Hoërskool Lichtenburg om 12:45 in Klerksdorp

    Wesvalia: 15 Rickardt van Heerden, 14 Justin Adams, 13 Jeandre Snyman, 12 Philip Janse van Rensburg, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Franco Dumond, 5 Aiden Jacobz, 4 Wessel Sewenster, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez

    Lichtenburg: 15 Rea Motsusi, 14 Lukie Benson, 13 Dundre Dempers, 12 Oratile Sekoto, 11 Tyrell Schalkwyk, 10 Luan Snyman, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonker, 2 Juan van Rhyn, 1 Donovan Rosato.

    Skeidsregter: Johann Steyn (Luiperds)

    Ander spanne:

    o.16

    11:20 – Heidelberg Volkskool vs Hoërskool Pietersburg

    o.15

    10:10 – Wesvalia vs Ben Vorster

    o.14

    09:00 – Wesvalia vs Ben Vorster