SSPN Test Site

Blog

  • School Rugby Results – 19 August 2023

    School Rugby Results – 19 August 2023

    The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.

    For results from the SDC Noordvaal Cup – please click on the following link – SDC Noordvaal Cup Results.

    If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at rugby@superschoolsnews.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.

    All the Results:

    CENTRAL REGION

    [ninja_tables id=”18834″]

    EASTERN CAPE

    [ninja_tables id=”18835″]

    WESTERN CAPE

    [ninja_tables id=”18837″]

    *C – indicates that the match was cancelled

  • Fierce 132 year old Eastern Cape rivalry between Queen’s College and Dale College reignites on Saturday

    Fierce 132 year old Eastern Cape rivalry between Queen’s College and Dale College reignites on Saturday

    The Border region’s oldest rugby rivalry is set for its 186th instalment on Saturday when Queen’s College hosts their old foes Dale College in Queenstown.

    Catch the action live on SuperSport Schools Register now

    Since they first played each other in 1891 there has been very little to separate the two Eastern Cape giants throughout the years.

    After beating their opponents in their own backyard in King William’s Town by 21-12 earlier in the season, Queen’s College has the lead with 85 victories to Dale College’s 83 in this age-old fixture.

    The Dalians will want to level up the score as soon as possible and get revenge for the loss on their home field earlier in the season.

    The home team’s lively little Craven Week scrumhalf, Turshaan Hare, was on top of his game in the earlier meeting this year.

    Apart from directing his team’s attack expertly, the opportunistic halfback also snuck in a drop goal at a crucial point in the game to give Queen’s College a buffer to protect.

    His fullback, Siya Konki, was also a livewire and will be one to keep an eye on as they are likely to remain true to their brand, letting the backline move freely in space.

    Dale College experienced more success through their forwards in the first encounter. Their eighth man, Lindokuhle Xozwa and the big hooker, Libayona Matyana, got over the line for their team in Queenstown earlier in the year, and Dale will be looking to dominate the battle up front again on Saturday.

    Both of these schools have a proud history, feeding the Border Youth Week teams every year and even producing a total of 17 Springboks over the years.

    Dale’s most recent contribution to the national side was the Springbok flyer, Aphelele Fassi, and though Queen’s College’s last Springbok made his debut in 1999 when Kaya Malotana earned his only cap against Spain in the World Cup of that year, Old Queenians like Lionel Cronje and Simphiwe Matanzima are still representing their Alma Mater in top-flight competition like the URC and Currie Cup.

    Malotana is now recognizable as one of SuperSports beloved Xhosa commentators.

    The Blitzbokke’s captain, Siviwe Soyizwapi, is another old boy from Dale College who refined his game at the proud institution in King William’s Town.

    The teams are:

    Queen’s College vs Dale College at 15:00:

    Queen’s College: 15 Siya Konki, 14 Jed Stone, 13 Litha Kulashe, 12 Litha Kulashe, 11 Thina Fenako, 10 Turshaan Hare, 9 Ryan Denston, 8 Axola Khatshwa, 7 Mbasa Nda, 6 Sisipho Mpaka, 5 Uyande Mlungwana, 4 Thina Jaxa, 3 Abubele Bolotini, 2 Sbongakonke Mfeya, 1 Kyle Aylwin.

    Dale College: 15 Oyama Kuse, 14 Cole van Staden, 13 Athenkosi Msileni, 12 Sokonwabo Ngcete, 11 Owethu Mpondo, 10 Phikolomzi Mtyalela, 9 Linembasa Mayoyo, 8 Lindokuhle Xozwa, 7 Uphendule Ntsomi, 6 Uminathi Ntsomi, 5 Sinovuyo Xuma, 4 Josh Hall, 3 Anda Bukula, 2 Liyabona Matyana, 1 Lwahluma Maki.

  • Bastion hoop op geskiedkundige sege oor Vryburg in SDC Noordvaal Cup

    Bastion hoop op geskiedkundige sege oor Vryburg in SDC Noordvaal Cup

    Die Hoërskool Vryburg se eersterugbyspan sal vandag vir sy negende eindstryd in die geskiedenis van SDC Noordvaal Cup (voorheen Beeldtrofee en Virsekerbeker) aantree.

    Vryburg kom hy op sy tuisveld, die Gert Lubbe-stadion in Vryburg, teen die Goue Leeus se kampioen, Bastion van Roodepoort om 12:30 in Groep 3 se eindstryd te staan.

    Vryburg was boonop ook nog nooit aan die verloorkant in ‘n eindstryd nie. Die span is boonop die verdedigende kampioen na hy verlede jaar die titel as kampioen van Groep 3 met Die Wilgers van Pretoria (15-elk) moes deel.

    Vryburg het verlede week in die halfeindronde vir Die Wilgers met 37-29 uitgeskakel.

    Die Luiperds-kampioen was in tussen 2002 en 2005 vier keer op ‘n streep as kampioen van die Beeldtrofee vir Kleinskole gekroon. Hy het ook in 2009, 2014 en 2016 die Beeldtrofee se kroon as Mediumskole-kampioen gedra.

    Bastion se span van 2023 maak geskiedenis deur vir die eerste keer ‘n verskyning in die eindstryd vir eerstespanne te maak. Die span van Roodepoort het egter vanjaar gewys dat hy glad nie gering geskat mag word nie. Hy was in sy 15 wedstryde tot op datum nog net een keer in die eindstryd van die Superreeks teen Brandwag van Benoni (26-27) aan die verloorkant.

    Brandwag het self vanjaar tot kwarteindronde van Groep 2 in die reeks gevorder.

    Vryburg was vanjaar nog net drie keer aan die verloorkant. In die NWU 16-reeks se eindstryd teen Piet Retief (14-20), teen die Hoërskool Upington (12-29) en Langenhoven Gimnasium (10-31). Dit is duidelik dat Vryburg vanjaar weer soos gewoonlik bo sy gewigsklas geboks het.

    Piet Retief se skool is een van twee skole wat na vandag se eindstryde in Groep 2 ‘n kans staan om tot Groep 1 se Bowl-afdeling bevorder te word. Die Hoërskool Upington is die Griekwa grootskole-kampioen van 2023 en kom vandag in Kimberley in die halfeindronde van die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga teen Fichardtpark te staan.

    Saterdag se eindstryd beloof om vir hope vuurwerk en intrige te sorg soos nog ‘n hoofstuk in die saga in die Noordvaalreeks geskryf word.

    Die spanne is: 

    Hoërskool Vryburg: 15 Solly Mokoka, 14 Linda Boyo, 13 Karabelo Mbolekwa, 12 Hanco Halgryn, 11 Johannes Haasbroek, 10 Zander Ackerman, 9 Rikus Nieuwoudt, 8 Kenan Joseph, 7 Marno van den Berg, 6 Diaan Janse van Rensburg, 5 Ben van Niekerk, 4 Jan Espag, 3 Daniel Nortjé, 2 Johan Steyn, 1 Kobus van den Berg.

    Bastion: 15 Liam Jacobs, 14 Benie Paich, 13 Aiden Gerber, 12 PJ Potgieter, 11 Heinrich Albrecht, 10 Devlin du Preez, 9 Juan Venter (kaptein), 8 Warren Scott, 7 Christiaan Harmse, 6 Deanin Marais, 5 Michael Bester, 4 Christo Troskie, 3 Joodre de Beer, 2 Heinrich Venter, 1 Rynhardt Koekemoer.

    Afskop: 12:30
    Skeidsregter: Jean Booyse.

    Junior Eindstryde: 

    o.16 – 11:00 – Vryburg vs Riebeeckrand
    o.15 – 10:00 – Lydenburg vs Hoogenhout
    o.14 – 09:00 – Hoogenhout vs Overvaal

  • Kan Jim Fouché vir Welkom Gimnasium pootjie in die Shimla halfeindstryd?

    Kan Jim Fouché vir Welkom Gimnasium pootjie in die Shimla halfeindstryd?

    Die Kovsiestreekkompetisie se halfeindronde vind hierdie naweek in Welkom en Kimberley plaas nadat die Griffons, Griekwas en Vrystaat streke hul kampioene gekroon het.

    Welkom Gimnasium is die Griffon-kampioene na ‘n 29-26 oorwinning oor Voortrekker in die eindstryd en sal teen Jim Fouché te staan kom, nadat JF vir die onoorwonne Fichartpark in die Vrystaat Stadsbeker eindstryd kon verras met ‘n 31-25 sege.

    Hoërskool Upington verteenwoordig vir Griekwaland, nadat hulle bo Noord-Kaap, Diamantveld, Duineveld en Kalahari op die punteleer kon eindig.

    Die Uppies ontmoet dan vir Fichardtpark vir die laaste plek in die eindstryd aangesien die Vrystaat twee verteenwordigers het wat deelneem aan die Kovsie-reeks in elke liga hierdie jaar.

    Volg die aksie regstreeks op SuperSport SchoolsRegistreer nou

    Welkom Gimnasium lyk soos een van die voorste aanspraakmakers op vanjaar se titel na ‘n baie indrukwekkende seisoen.

    Hul losskakel, Renaldo Kiewiet, is onstuitbaar hierdie seisoen en het die meeste punte by vanjaar se Cravenweek in George aangeteken waar hy vir die Griffons uitgedraf het.

    Sy agterlyn is nog heel seisoen witwarm, met spelers soos Teschan Meas (senter) en Kamohelo Mokoena (vleuel) wat baie opwindend lyk waneer Welkom Gim op die aanval is.

    Jim Fouché het egter al reeds laas naweek bewys dat hulle nie terugstaan vir ‘n uitdaging nie, en sal daardie momentum wil gebruik om ‘n plek in die eindstryd te bespreek.

    Sy Cravenweek haker en kaptein, Stefan Venter, speel ‘n sentrale rol tot hul sukses hierdie seisoen. Venter lei sy span van voor en is gereeld ook die een wat die drieë kon druk vir JF deur die jaar.

    Hierdie naweek begin Venter egter weer op flank, waar hy aan die begin van die seisoen ook gespeel het.

    Dit sal ‘n enorme vertoning deur die span van Bloemfontein vat om vir Welkom Gimnasium te pootjie, veral omdat verlede naweek se stryd ‘n tol geneem het.

    JF is sonder hul dinamiese klein skrumskakel, Tristan van der Walt, wat ook hul doelskoppe behartig het. Rechum de Bruyn begin Saterdag in die nommer nege trui.

    Hul flank, JW Stone en slot, Stefan van Rooyen, is ook beseer. Stean Marais begin op haker terwyl Venter aan die kant van die skrum sal sak, en Milan Marais neem van Rooyen se plek in die eindstryd.

    Die enigste verandering vir Welkom Gimnasium is Kganya Molapo wat in Lawrence Lamiene se plek op flank begin.

    Fichardtpark en Hoërskool Upington pak mekaar in Kimberley.

    Elke jaar kry een van die streke twee verteenwoordigers in die reeks, dus het Fichardtpark nog ‘n kans om ‘n streep onder hul droomseisoen te trek deur om ‘n trofee te wen.

    Tot verlede naweek het die Fichie-leeus soos een van die gunsteling spanne gelyk om die reeks te verower, maar ‘n begeesterde Jim Fouché het vir hulle hul eerste nederlaag van die seisoen gegee.

    Die Fichies het hul ster-slot, die eerste SA Skole speler ooit wat uit Fichardtpark opgelewer is, Jaco Grobbelaar gemis in daardie wedstryd.

    Grobbelaar is hierdie naweek nogsteeds afwesig aangesien hy deel is van die SA o.18 groep wat Saterdag teen Engeland meeding en Ruan Lindeque vervang hom in die Fichardtpark span

    Die Uppies beleef meer van ‘n gemengde seisoen, hulle het onlangs die Groot Interjol teen Duineveld in ‘n riller met 29-26 verloor, maar het vroeër in die jaar gewys waartoe hulle in staat is met goeie oorwinnings oor Kalahari (34-19) en Diamantveld (43-31). Hulle kon ook teen ‘n sterk Noord-Kaap span 26-elk gelykop speel.

    In die agterlyn is dit die gevaarmanne soos Ruwin Isaks, die heelagter, wat vir Uppies uitgestaan het deur die seisoen, maar dit is hul pak voorspelers wat die jaar uitblink. PA Karstens (stut) is onmisbaar vir die span van Upington, en hy en sy makkers in die voorry sal moet sterk staan om die Bloemfonteiners Saterdag in te perk.

    Vir die Fichies is dit hul losskakel, Dailen Geldenhuys, wat die pas stel, en hul twee spoedvraat vleuels, Edward Mpinga en Janco Mollentze, sal ook ‘n groot impak op hierdie wedstryd wil maak.

    Die spanne is:

    Welkom Gimnasium t. Jim Fouché om 12:40 in Welkom:

    Welkom Gimnasium: 15 Naylan Goeda, 14 Navan Goeda, 13 Teschan Meas, 12 Mojalefa Matoka, 11 Khamohelo Mokoena, 10 Renaldo Kiewiet, 9 Julian Samuels, 8 Ethan Jones, 7 Raylin Kirsten, 6 Kganya Molapo, 5 Jayden Auld, 4 Tristan Appollis, 3 Keanan August, 2 Dante Smith, 1 Buhle Mxabayi.

    Jim Fouché: 15 Christiaan Strydom, 14 Altus du Plessis, 13 Justin Groenewald, 12 Heinrich Hattingh, 11 Dillon Calitz, 10 Hanko Botha, 9 Rechum de Bruyn, 8 Calvin Bolt, 7 Stefan Venter, 6 Nathan van Breda, 5 SW van der Merwe, 4 Milan Marais, 3 Wianru van der Berg, 2 Stean Marais, 1 Bernard Labuschagne.

    Hoërskool Upington t. Fichardtpark 0m 15:35 in Kimberley:

    Hoërskool Upington: 15 Ruwin Isaks, 14 Khayalenkosi Maganga, 13 Sylvester Hoffman, 12 Siphe Msebenzi, 11 Louwan Harper, 10 Emlyhn Jacobs, 9 Neil Petro, 8 Jaco Fourie, 7 Sipho Livingi, 6 Roedolf Duraan, 5 Johan Louw, 4 Ruan Janse van Rensburg, 3 Niel Visser, 2 Roelof Slabbert, 1 PA Karsten.

    Fichardtpark: 15 Martin Kalp, 14 Edward Mpinga, 13 Duan Viviers, 12 Dandré van der Merwe, 11 Janco Mollentze, 10 Dailen Geldenhuys, 9 Devanté Claassen, 8 Erick Klopper, 7 Wouter Jonker, 6 Jan-Nel du Plessis, 5 Nathan Dodd, 4 Ruan Lindeque, 3 Nathan Swanepoel, 2 Jaco Janse van Rensburg. 1 Zaine van Zyl.

    Ander bepalings:

    o.15: 09:00 – Voortrekker t. Jim Fouché

    0.14: 11:05 – Hoërskool Trio t. Jim Fouché

     

  • Wie gaan hul plekke in die eindstryd van die Colt-liga bespreek?

    Wie gaan hul plekke in die eindstryd van die Colt-liga bespreek?

    KovsieRugbyLogoDie platteland kampioene uit die Griekwa en Griffon ligas, asook twee verteenwoordigers uit die Vrystaat neem Saterdag aan die Kovsiereeks Colt-liga halfeindronde deel in Kimberley en Welkom.

    Postmasburg is die Griekwaland-Wes Kleinskole kampioene nadat hulle verlede naweek vir Namakwaland met 22-19 kon verslaan.

    Hulle speel Saterdag teen die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg vir ‘n plek in die eindstryd terwyl die Griffon titelhouers, Hoopstad, vir Zastron aanpak vir die ander plek in die finale wedstryd.

    Volg die aksie regstreeks op SuperSport SchoolsRegistreer nou

    Hendrik Potgieter en Zastron het in die Vrystaat B-liga halfeindstryd teen mekaar gespeel. Zastron het die span van Reddersburg elimineer in ‘n grypende stryd waar hulle van 14-12 moes terugveg in die tweede helfte om uiteindelik 34-24 te wen.

    Zastron het toe in die eindstryd teen Brandfort in ‘n riller van ‘n wedstryd met 29-27 verloor. Brandfort baklei dan vir die Irawa titel teen die Griffons en Griekwas se mediumskole kampioene.

    Zastron se skakelpaar van, Lecha Leballo (losskakel) en Reinico Nel (skrumskakel), speel ‘n sentrale rol tot hul sukses hierdie seisoen en sal Saterdag weer twee spelers wees om dop te hou.

    Postmasburg is sonder hul regtervleuel, Carlo de Beer, wie hul vorige wedstryd twee van hul drieë kon aanteken. Bradley Clark neem sy plek aan die kant van die veld in.

    Sy losskakel, Emmanuel van der Merwe, is nog ‘n invloedryke speler wat Saterdag sy stempel op die spel sal wil afdruk.

    Hendrik Potgieter gebruik gereeld sy binnesenter, Sterling Batties, om af te rond, en sy flank, Bin Laden Macholo, is self ‘n kranige baldraer.

    Hoopstad is sonder hul gevaarman, AB Muller (flank), vir die wedstryd teen Zastron. Cobus Liebenberg begin in Muller se plek.

    Hoopstad se generaal in die middeveld, die losskakel, Arrie Ferreira, is nog ‘n staatmaker vir sy span en hulle sal weer van sy skopvermoëns gebruikmaak in hul kragmeting teen die Vrystaters.

    Die spanne is:

    Postmasburg t. Hendrik Potgieter om 12:35 in Kimberley:

    Postmasburg: 15 Lorenzo Hael, 14 Bradley Clark, 13 Boago Toli, 12 Mandre Maritz, 11 Eugene Makhubedu, 10 Emmanuel van der Merwe, 9 Maseru Koaho, 8 Gordon Diergaardt, 7 Phumezo Nel, 6 Schalk van der Westhuizen, 5 Jack Nhundu, 4 Paul Murray, 3 Koketso Pule, 2  Evando Markus, 1 Bradley Mophatlheng.

    Hendrik Potgieter: 15 Cedric Booysen, 14 Denver Jacobs, 13 JW Mortlock, 12 Sterling Batties, 11 Tumi Pholoane, 10 Jandre van Niekerk, 9 Quinton Fillis, 8 Unathi Ngeyakhe, 7 Bin Laden Macholo, 6 Divan van der Bank, 5 Kallie Erasmus, 4 Grysie Coetzee, 3 Attie Melato, 2 Janco Roberts, 1 Pieter Jacobs.

    Hoopstad t. Zastron om 10:00 in Welkom:

    Hoopstad: 15 Busi Mfebe, 14 Edward Graham, 13 Hennie Barnard, 12 Abrie van Zyl, 11 Corne Wilsnach, 10 Arrie Ferreira, 9 Marco Wolfaardt, 8 Michael Steyn, 7 Cobus Liebenberg, 6 AP Meyer, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Theuns van Rhyn, 3 Hano Botha, 2 Ruben Enslin, 1 Pieter Vosloo.

    Zastron: 15 Khule Mdladlamba, 14 Asive Diba, 13 Mawethu Magudela, 12 Kamo Masiloane, 11 JC Knoetze, 10 Lecha Leballo, 9 Reinico Nel, 8 JP van Rooyen, 7 Frans Botha, 6 Jean Pierre Steenkamp, 5 Kamo Elisha, 4 Marckus Allerston, 3 Derick Bouer, 2 CJ Bouer, 1 Jan Adrian Grobler.

  • Hartswater soek wraak teen Saints in die Irawa-liga se halfeindronde

    Hartswater soek wraak teen Saints in die Irawa-liga se halfeindronde

    NuusG BrandfortHartswater en St Andrews ontmoet mekaar hierdie jaar weer in die Kovsiereeks Irawa-liga halfeindstryd nadat St Andrews verlede jaar die manne van Hartswater se harte gebreek het deur om van 31-14 agter teen halftyd terug te veg in die tweede helfte om 38-31 te wen.

    Hartswater het die Griekwa mediumskole-liga titel verower verlede naweek met ‘n sterk vertoning om met Curro Kathu met 27-19 weg te sien in die eindstryd.

    Hulle kwalifiseer saam met die Griffons en Vrystaat kampioene, Wilgerivier en Brandfort, en ‘n tweede span van die Vrystaat, St Andrews, vir die jaar se Irawa halfeindronde.

    Wilgerivier en Brandfort spook in Welkom sake uit vir die ander plek in die eindstryd.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport SchoolsRegistreer nou

    Hartswater beleef ‘n baie sterk seisoen, en sal die gunsteling wees voor Saterdag se wedstryd teen die Bloemfonteiners.

    Hul groot agtsteman, Ji-Andre Visser, is bykans elke naweek minstens een keer agter die opponente se doellyn, en sy losskakel, Jerome Davids, is ook nog heel seisoen ‘n uitblinker.

    St Andrews het ‘n moeilike seisoen agter die rug, maar hulle het by die Independant Schools Rugby Festival wat hulle gedurende die skoolvakansie aangebied het gewys dat hulle groot planne met hul rugbyprogram het deur om vir Kearsney College tot in die laaste oomblikke te laat sweet in hul 10-5 nederlaag teen reuse uit Kwazulu-Natal.

    Connor Nel, St Andrews se kaptein en heelagter, is ‘n dryfkrag agter sy span, en sal hierdie naweek weer ‘n groot rol speel indien hulle vir Hartswater weer kan ontstel.

    Sy groot stut, Matthew Simon, kan ook ‘n hele paar verdedigers besig hou waneer hy die bal dra, en die Hartswater pak sal wil seker maak dat hulle hom plat trek voordat hy spoed optel.

    Die stryd tussen Wilgerivier en Brandfort gaan ook vonke lewer.

    Brandfort het verlede naweek in ‘n riller teen Zastron met 29-27 die Vrystaat B-liga titel verower, en Wilgerivier kon met Bothaville reken om die Griffons titel te verower met 29-14.

    Wilgerivier se skakelpaar neefs, HG Muller (losskakel) en Wian Muller (skrumskakel), speel hierdie jaar nog ‘n barshou vir die span van Frankfort en sy haastige regtervleuel, Thlompo Motsapi, kon al menigde verdedigers in sy stof laat.

    Brandfort se groot agtsteman, Wehan Strydom, is egter net so lief vir drieë druk. Hy het verlede naweek in die eindstryd ‘n driekuns agter sy naam gekry.

    Sy binnesenter, Fanie van Rooyen, is ook ‘n opwindende speler om dop te hou met meer as genoeg spoed om vir die Wilgerivier verdediging probleme te veroorsaak.

    Die spanne is:

    Hartswater t. St Andrews om 14:15 in Kimberley:

    Hartswater: 15 Lyle Thompson, 14 Takunda Chindenga, 13 Mi-Chaelle Moeng, 12 Tshiamo Tsiane, 11 MJ Blaauw, 10 Jerome Davids, 9 Kesley Kock, 8 Ji-Andre Visser, 7 Henre Kruger, 6 Kamogelo Tshaka, 5 Nico van der Westhuizen, 4 Layton van Niekerk, 3 Tiaan Pretorius, 2 Nico van den Heever, 1 Eduardt Erasmus.

    St Andrews: 15 Connor Nel, 14 Retshedisitswe Mokoena, 13 Mlungi Lepesa, 12 Elia Mokuoane, 11 Koena Ntsamai, 10 CM Geel, 9 Schalk Liebenberg, 8 Yavantle Peni, 7 Mandela Sipoyo, 6 Matthew Fletcher, 5 Marco de Sousa, 4 Lesedi Sipoyo, 3 Matthew Simon, 2 Ioanni Giannakopoulos, 1 Brett Barnes.

    Wilgerivier t. Brandfort om 11:20 in Welkom:

    Wilgerivier: 15 Jonty Graaff, 14 Thlompo Motsapi, 13 Marnus Swart, 12 Tiaan Hattingh, 11 Ernst Richter, 10 HG Muller, 9 Wian Muller, 8 HG Muller, 7 Ruan Mayer, 6 JD van den Berg, 5 Tom van der Watt, 4 Juan de Klerk, 3 NW de Beer, 2 Louis de Villiers, 1 Gerhart Venter.

    Brandfort: 15 Gustav Maree, 14 Janco Snyman, 13 Franco de Klerk, 12 Fanie van Heerden, 11 Amolang Maloisane, 10 Henré Smith, 9 Altus Coetzee, 8 Wehan Strydom, 7 Barend de Klerk, 6 Nathan Goch, 5 JC Venter, 4 Cecil Lee, 3 Lian Naude, 2 Heinrich de Kock, 1 Frikkie Smith.

  • Garsies dié span om te klop, maar die Bere sal lugtig vir Helpies wees

    Garsies dié span om te klop, maar die Bere sal lugtig vir Helpies wees

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Daar sal vanjaar ‘n nuwe kampioen in  die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling gekroon word.

    En drie van die spanne in aksie in Saterdag se twee halfeindstryde weet dat indien hulle die seisoen op ‘n hoogtepunt wil afsluit sal hul die Bere van Garsfontein moet klop.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Garsies was die hele seisoen nog net een keer teen die land se voorste span, Grey-kollege (9-23), tydens die Wildeklawer-toernooi aan die verloorkant.

    Garsfontein kom op sy tuisveld Bere-park in Pretoria in die een halfeindstryd teen Helpmekaar-kollege te staan. Die tuisspan sal egter glad nie oorgerus wees nie.

    Die span van die Jakarandastad het vroeër vanjaar in die twee spanne se kragmeting in die liga benoude oomblikke beleef voordat hy met 49-48 as oorwinnaars van die veld gestap het.

    Helpies het nog altyd ‘n manier gehad om die Bere te ontwrig, selfs toe hulle tussen 2015 en 2017 in die destydse Grootskole-afdeling van die reeks deelgeneem het. Helpies was vir drie agtereenvolgende seisoen die Grootskole-kampioen. Die span van die Goudstad het tussen 2016 en 2018 die Bere vier keer op ‘n streep geklop.

    Garsfontein was in 2015 en 2016 die Beeldtrofee-kampioen vir Makroskole soos die kompetisie destyds bekend gestaan het. Die Garsies sal alles in die stryd werp om vanjaar weer sy hande op die gesogte trofee te kry. Die span van Pretoria was in sy laaste drie kragmeting teen Helpmekaar aan die wenkant.

    Vroeër vanjaar (49-48), 2022 (34-10) en in 2019 (50-22). Die Helpies sal bly wees om hul stelskopper, Michael Benzien, terug op binnesenter in die span te hê. Hy moes die veld in die wedstryd vroeër vanjaar teen Garsies weens ‘n besering verlaat. Die voorste puntemaker in vanjaar se reeks was nie op die veld in die doodsnikke toe hy sy span tot ‘n sege kon skop nie.

    Die Bere is ook weer terug op só te sê volsterkte met sy kaptein en agtsteman, Abri van der Westhuysen, asook die flank Luan Olivier wat hul terugkeer tot die span maak. Van der Westhuyzen kom terug na ‘n besering, terwyl Olivier die SA o.18-sewespan op die Statebond Jeugspele in Trinidad en Tobago verteenwoordig het.

    Een saak waaroor al vier spanne gelukkig sal wees is die feit dat daar vanjaar vir die eerste keer in die geskiedenis van die reeks onpartydige skeidsregters vir die halfeindstryde ingespan word.

    Monument van Krugersdorp sal nie vanjaar sy titel as kampioen kan verdedig nie. Monnas is verlede week deur Waterkloof met 26-22 verslaan. Dié nederlaag het aan die Blou Tornado hul plek in die uitspele besorg, terwyl Monnas vir die eerste keer seder 2013 nie tot die reeks se halfeindronde kon deurdring nie.

    Dr. EG Jansen het die kragmeting vroeër vanjaar teen Klofies met 34-26 in Pretoria gewen. Die Jansies sal vandag op hul tuisveld as die gunstelinge op die veld draf, maar sal ook nie die Klofies onderskat nie.

    Klofies het in die kragmeting ‘n voorsprong van 19-0 opgebou voordat die Jansies in die tweede helfte sake oorheers het. EG Jansen se buitesenter, Jeandré Jacobs, is met 12 drieë die voorste driedrukker sover in vanjaar se kompetisie.

    Klofies se senterpaar, Reuven Ferreira en Riwan van Aswegen, was verlede week teen Monnas op hul stukke en sal vandag ook hul beste voet voor moet sit.

    EG Jansen was laas in 2013 kampioen, toevallig die laaste keer wat Monnas nie tot die halfeindronde kon deurdring nie. Die Jansies het daardie jaar vir Kempton Park met 38-17 in die eindstryd verslaan.

    Die tuisspan word deur die ervare duo, Rudi Dames en Reghardt Botha, gebrei. Dames het die SA Skole-span in 1999 vanuit HTS Vereeniging gehaal.

    Klofies se enigste Cravenweek-verteenwoordiger, Happy Makate, sal op heelagter in die wedstryd diens doen. Makate het meeste van sy rugby vanjaar vir sy skoolspan in die middelveld gespeel, terwyl hy verlede week teen Monnas aan die kant van die skrum diens gedoen het. Makate het ook die Blou Bulle op die Cravenweek as ‘n flank verteenwoordig.

    Daar wag ook ‘n hewige stryd voorlangs tussen die twee agtstemanne, Dale Arlow (Waterkloof) en Zaide-Leigh Rippenaar (EG Jansen). Klofies se Jean Jooste is ook ‘n klipharde speler wat nog nie vanjaar ‘n afdag op die rugbyveld beleef het nie.

    Die spanne is: 

    Garsfontein vs Helpmekaar op Berepark in Pretoria om 11:30:

    Garsfontein: 15 Jason Hugo, 14 Ruan Enslin, 13 Demitri Erasmus, 12 Heinrich Cloete, 11 Cassie Prinsloo, 10 Nicallen Gabrielsen, 9 Zian Cilliers, 8 Abri van der Westhuysen (kaptein), 7 Stephan Pretorius, 6 Luan Olivier, 5 Divan Brits, 4 Aiden King, 3 Leighton-Jon Cloete, 2 De Wet Lottering, 1 DA Swart.

    Helpmekaar: 15 Trityne Parsons, 14 Delano Maritz, 13 Rynhardt van de Linden, 12 Michael Benzien, 11 Pieter Möller, 10 Junayden Seffier, 9 Tristan van Niekerk, 8 Christiaan Steyn (kaptein), 7 Ulrich Swart, 6 Motlatsi Moloi, 5 Darius Haasbroek, 4 JP Lombaard, 3 Ulrich van der Merwe, 2 Ruan Welman, 1 Pedri de Wet.

    Skeidsregter: Johré Botha (Valke).

    EG Jansen vs Waterkloof in Boksburg om 12:00: 

    EG Jansen: 15 David Twala, 14 R-Jay Pietersen, 13 Jeandré Jacobs, 12 Keanu Engelbrecht, 11 Cameron van Wyk, 10 Ruan van Heerden, 9 Gordon Smith, 8 Zaide-Leigh Rippenaar, 7 Reon Pretoris, 6 Damian Kruger, 5 Michael Devy, 4 Duwan Potgieter, 3 Marnus Swarts, 2 Danré Pike, 1 Shawn Simpson.

    Waterkloof: 15 Happy Makate, 14 Waldimar Griesel, 13 Riwan van Aswegen, 12 Reuven Ferreira, 11 Sjaan Steyn, 10 Franco Cronjé, 9 Migael Prinsloo, 8 Dale Arlow, 7 Jean Jooste, 6 Dewald Muler, 5 Stephan de Beer, 4 Dylan Knoetze, 3 Luan Brown, 2 Stephan Jacobsz, 1 Marnus Maritz.

    Skeidsregter: Graciano Pienaar (Goue Leeus).

    Bepalings | Junior Halfeindstryde (tuisspanne eerste vermeld):

    o.16 – 09:00: Waterkloof vs Garsfontein; Helpmekaar vs Menlopark.

    o.15: Noordheuwel vs Monument; Helpmekaar vs Waterkloof.

    o.14: Monument vs Helpmekaar; Noordheuwel vs EG Jansen.

  • Rumble in Roodepoort as Mambas look to strike back

    Rumble in Roodepoort as Mambas look to strike back

    Hoërskool Bekker from Magaliesberg, also known as the Bekker Mambas will be looking to fight back against their rivals Allen Glen.

    The Noordvaal Cup Group 4 Final promises a spectacle of heart and courage, with two teams leaving everything on the field in pursuit of the title, kick-off taking place at 12:40 pm.

    Allen Glen High School, the host of this final, will undoubtedly have the home crowd advantage backing them, which might provide an edge, but Hoërskool Bekker’s consistency and determination cannot be underestimated.

    Their journey to the final has been marked by resilience, skill, and a determination to succeed.  The last two times that these teams have met Allen Glen have walked away victorious on both occasions with the scores reading 28 – 24 to Allen Glen in a league match and then again 42-12 in the past Group 4 Final.

    Both teams will seek to capitalize on turnovers and pounce on any lapses in defensive structures. The battle for territorial advantage and control of the breakdowns will be fierce.

    Allen Glen’s backline is characterized by speed, with nimble players capable of turning defense into attack in the blink of an eye, making them a threat. Their ability to transition quickly from defensive to offensive play could be crucial in ensuring they carry on with their run of wins.

    The likes of fullback Neo Maloisane and flyhalf Neo Vries are players to keep an eye on from the home team. They make up a formidable backline which features a some pace.

    The Mambas have played 21 matches this season, and have a win rate of 66.67%. The side has lost 5 matches, and have also drawn two of their matches in 2023. The forwards of Hoërskool Bekker will aim look to dominate the scrums and lineouts, providing a solid foundation for their counter-attacking plays.

    Players to watch out for include Sibu Nyamane, the outside center has a scored 23 tries in 21 appearances this year and will be eager to add to his tally of tries for the Mambas.  Along with captain Francois du Toit who has found the try line 20 times.

    With the stage set and anticipation building, the Noordvaal Group 4 Final is bound to be an exciting encounter with all to play for. According to Mamba’s coach Johan Wandrag, ”Allen Glen and Bekker’s Mambas are clearly the strongest teams in Group 4, if the Mambas can contain Allen Glen’s dangerous backline and get our forwards into the game we are in with a chance.”

    The home support will undoubtedly give Allen Glen an extra boost, adding to the intensity of their play but be weary of a travelling side in Hoërskool Bekker, who will be eager to rumble in Roodepoort.

    It’s hard to predict a clear favourite, but looking at the past results between these two teams during the course of the 2023 season, one would believe that Bekker go in as underdogs. With all to play for it will be interesting to see who walks away as winners.

    The Teams:

    Allen Glen High School:

    15 Neo Maloisane, 14 Tumiso Moeti, 13 Liltaray Funani, 12 Khatu Mokwena,  11 Booker T Gowere, 10 Neo Vries, 9 Jerry Nthuli, 8 Ndumiso Mabunga, 7 Clifford Sambo, 6 Silindile Ngobese, 5 Samkelo Kgoathisi, 4 Luyanda Kubheka, 3 Linhika Ndlovu, 2 Kea Mofisa, 1 Samukelo Themba. 

    Hoërskool Bekker:

    15 Sibu Nyamane, 14 Hlubandile Mzongwana, 13 Themba Zulu, 12 Neo Zulu, 11 Mpho Mogodi, 10 Thato Seziba, 9 Brandon Vosser, 8 Oratile Mokghobo, 7 Kamogelo Mmope, 6 Christiaan Ellis, 5 Junior Motsemai, 4 Tshiamo Malatse, 3 Francois du Toit, 2 Gift Ndebele, 1 Asanda Zwane.
    Kick-Off: 12:40

    Fixtures | Junior Finals: 

    u16 – 11:20: Allen Glen vs Hoërskool Parys

    u15 – 10:10: Allen Glen vs Hoërskool Patriot
    u14 – 09:00: Allen Glen vs Glenharvie

     

  • Intense kragmeting word verwag tydens Oranje en Bloemhof-interskole

    Intense kragmeting word verwag tydens Oranje en Bloemhof-interskole

    Die afwagting is groot vir die hoogs verwagte interskole-byeenkoms wanneer Oranje Meisieskool en Bloemhof Meisies mekaar hierdie naweek in Bloemfontein pak waar Oranje vir die eerste keer sedert 2018 gasheer speel.

    Oranje is vasbeslote om hul titel as die heersende kampioene te verdedig, nadat hulle laasjaar met die louere as kampioene weggestap het asook Bloemhof hierdie jaar reeds twee keer met meer as 10 doele gewen het.

    Bloemhof sal egter poog om hul oppergesag te herwin.

    In die laaste 11 jaar van interskole het Oranje vier keer as oorwinnaars uit die stryd getree en Bloemhof vyf keer. Daar was egter geen interskole in 2020 en 2021 weens Covid.

    Wanneer die twee spanne op Saterdag, 19 Augustus, om 12:30 mekaar die stryd aansê in die 25ste kragmeting teen mekaar, tel vorige prestasie min en enige iets kan gebeur tot die eindfluitjie blaas.

    Ontmoet die spanne:

    Oranje: Mari Nortje, Roline Louw, Cara Smith, Marianne Louw, Karla Victor (kaptein), Minke Delport, Amy Fröhlich, Marguerite Cronje, Jessica Barnard, Marilet Blom.

    Bloemhof: Carli Kruger, Mila Kotze, Nina van Eeden, Anandi de Waal, Jane Louw (kaptein), Lize Human, Mari Steyn, Leentjie Kiewiet

  • Daar staan ‘n Berg(sig) tussen Midstream College en ‘n tweede agtereenvolgende Noordvaal-titel

    Daar staan ‘n Berg(sig) tussen Midstream College en ‘n tweede agtereenvolgende Noordvaal-titel

    JAEDEN DE LEEUW, heelagter van Midstream College. FOTO: Frans Lombard

    Midstream College het nog een groot hekkie om te oorkom in die vorm van Bergsig Akademie indien hy sy titel as kampioen van Groep 2 in die SDC Noordvaal Cup suksesvol wil verdedig.

    Die span van Pretoria is tot hede nog onoorwonne vanjaar. Hy kon daarin slaag om vir Potchefstroom Gimnasium in die halfeindstryd, gemaklik met 42-26 af te ransel.

    Die binnesenter, Anru Cronjé, speel deurgans ‘n sleutelrol in sy span se aanslag. Cronjé beskik oor bedrieglike vaart en is ‘n speler wat op die aanval vir sy span vir sy span goud werd is. Terselfde tyd is hy ‘n staatmaker op verdediging en verbykom kanse is min.

    Sy kollega op heelagter, Jaedon de Leeuw, sal ook een wees om dop te hou. Die heelagter het deur die loop van die seisoen gewys hoekom hy hoog geag word en is veral op die teenaanval en in gebroke spel op sy gevaarlikste.

    Voorlangs sal Midstream op sy woelwater atgsteman, Tian Pretorius, staatmaak. Pretorius is ‘n sleutelspeler in Midstream se aanval en word selde agter die voordeellyn gestuit. Die losvoorspeler is ook kookwater op verdeding en sal nie skroom om sy teenwoordigeid aan te kondig met ‘n paar reuse duikslae nie.

    Vir Bergsig, sal dit sy slot Dewald Potgieter, wees wat beoog om sy span, met indrukwekkende barslopies op die voorvoet te sit. Sy kollega aan die kant van die skrum, CJ van Rooyen, sal ook woeker in die vastelos. Van Rooyen is vroeër in die seisoen vanaf die middelveld na flank toe geskuif en blyk dit of hy die fisiekheid voorlangs geniet. Hy is veral by die afbreekpunte ‘n doring in die vlees.

    Agterlangs neem losskakel, Simeon Botha, weer sy posisie as generaal op. Botha is uitmuntend met sy bal verspreiding. Die losskakel beskik ook oor die vermoe om spel volgens sy terme te dikteer en skroom nie om skouer in te le op verdediging nie.

    Aan Botha se buitekant wag die intemederende figuur van Jayden de Abreu wat op die Midstream-verdedigers wag. De Abreu is veral doodelik om die aanval en sal daar beslis ‘n paar lam skouers aan sy teenstanders se kant wees.

    Daar is 70 minute wat tussen die spanne en ‘n welverdiende oorwinning in die afdeling staan.

    Die vraag is egter, wie wil dit meer hê?

    Die spanne: 

    Bersig Akademie teen Midstream in Rustenburg om 12:30:

    Bergsig: 15 Waldo Pretorius, 14 MJ Pretorius, 13 JL Janse van Rensburg, 12 Jayden de Abreu, 11 Siya Buthelezi, 10 Simeon Botha, 9 Paulo dos Santos, 8 Juandre Steyl, 7 CJ van Rooyen, 6 Cobus Ferns, 5 Taffa Luyanda, 4 Dewald Potgieter, 3 Herco du Plessis, 2 Clayton Reed, 1 Bhongo Sakie.

    Midstream: 15 Jaedon de Leeuw, 14 Hilton Thomas, 13 Justin Hattingh, 12 Anru Cronje, 11 Kobus Alberts, 10 Christiaan Mare, 9 Xander Senekal, 8 Tian Pretorius, 7 Jacques Vos, 6 Jahred Smit, 5 Simon Butler, 4 Kago Montene, 3 Deon le Roux, 2 Mika Lubbe, 1 Kobus van der Merwe.

    Afskop: 13:00

    Ander eindstryde: 

    o.16 – 11:40: Brandwag (Benoni) vs Hans Strijdom
    o.15 – 10:20: Centurion vs Randburg
    o.14 – 09:00: Wagpos vs Piet Retief