SSPN Test Site

Blog

  • Baie om voor te speel in die Noordvaaltrofee se Plaat-eindstryde

    Baie om voor te speel in die Noordvaaltrofee se Plaat-eindstryde

    Die eindstryd van die Noordvaaltrofee se Plaat-kompetisie kon net sowel die Puma-eindstryd gewees het.

    Die Hoërskool Nelspruit se op sy tuisveld vir die Hoërskool Middelburg die stryd aan om te bepaal wie die kroon van die Noordvaaltrofee sal dra en dan natuurlik ook wie daarmee kan spog dat hulle vanjaar die voorste skolespan in Mpumalanga is.

    Al die eindstryde word regstreeks deur SuperSportSchools gebeeldsend.

    As daar nie reeds genoeg op die spel is nie moet Nelspruit boonop albei die eindstryd waarin hy vandag in aksie is wen om seker te maak dat hy volgende jaar tot die Beker-kompetisie van die gesogte reeks gepromoveer word.

    Indien Hoërskool Rustenburg opskuif sal dit beteken dat nie een skool vanuit Mpumalanga volgende jaar onder die groot honde noord van die Vaalrivier tel nie. HTS Middelburg weet reeds dat hy volgende jaar in die Plaat-afdeling sal speel na hy laaste in die Beker-kompetisie geëindig het.

    Die Hoërskool Middelburg het die afgelope paar weke gewys dat hy ‘n omgesukkelde span is. Hy het vir die Hoërskool Rustenburg in die halfeindronde met 52-0 ‘n drag slae toegedien. Die Rhinos van Nelspruit moes so ietwat harder vir hul plek in die eindstryd werk deur Kempton Park met 38-17 in die ander halfeindstryd te troef.

    Die Middies se gevaarman is sy buitesenter, Grant de Jager, wat ook tydens die Cravenweek een van die Pumas se staatmakers was.

    De Jager kan met reg ontevrede voel dat hy nie na afloop van die toernooi vir een van die SA Skole-spanne gekies is nie. So ook die Middies se heelagter, Philasane Ntshapela. Voorlangs sal die Rhinos die besoekers se agtsteman, Ben Jansen van Vuuren, ook fyn moet dophou.

    Die Rhinos het in Drikus Greeff en Ricard Correira ook ‘n gedugte kombinasie om hul middelveld te beman. Correira het vroeër vanjaar ook aan die kant van die skrum gesak so hy is nie bang om die voordeellyn met oorwage aan te val nie.

    Die losskakel, Danny van Staden, sal met sy skopskoen ook ‘n belangrike rol in die eindstryd speel. Voorlangs sal die slot Leonard Bornman asook die flank Francois Odendaal groot rolle vir die tuisspan moet vertolk.

    Die twee spanne het mekaar op 9 Junie laas ontmoet met die Rhinos wat op daardie dag op sy tuisveld gemaklik met 28-5 baas was.

    Die spanne is: 

    Hoërskool Nelspruit: 15 Ethan van der Westhuizen, 14 Brent de Villiers, 13 Drikus Greeff, 12 Ricardo Correira, 11 Thando Nkosi, 10 Danny van Staden, 9 Andeon Pringle, 8 Braam Basson, 7 Francois Odendaal, 6 Christiaan Botha, 5 Leonard Bornman, 4 Bernard van Esch, 3 Ryan Venter, 2 Andreas Fouche, 1 Duard Diechmann. Plaasvervangers: 16 Andeon Swart, 17 Stefan Veldsman, 18 Ruben Lorist, 19 Juan Bezant, 20 Heino Meiring, 21 Aldo Muller, 22 Peter Abrams, 23 Le Riche Aitchison.

    Hoërskool Middelburg: 15 Philasanse Ntshapela, 14 Simtha Maseko, 13 Grant de Jager, 12 Kwazi Khumalo, 11 Luke Geldenhuys, 10 AJ Oberholzer, 9 Gift Kheshwa, 8 Ben Jansen van Vuuren, 7 Fumani Chauke, 6 Zulu van Niekerk, 5 Paul van der Merwe, 4 Jason Smit, 3 Tebogo Nkosi, 2 Bongi Nkosi, 1 Shaun Marx. Plaasvervangers: 16 Chad Hartley, 17 Wentzel Tukker, 18 Sphesiswe Mdhlulu, 19 Tyrell Isaacs, 20 Kaylin Maphuat, 21 Divan van der Westhuizen, 22 Mnqobi Nkonde, 23 Blessing Hamanishe.

    Afskop: 13:00
    SuperSportSchools – https://bit.ly/NoordvaalPlaatEind2022

    Ander Eindstryde: 

    o.16 – 11:30: Hoërskool Nelspruit vs Montana

    o.15 – 10:20: Hoërskool Rustenburg vs Hoërskool Middelburg

    o.14 – 09:00: Hoërskool Rustenburg vs Transvalia

  • Geskiedenis sal vandag in die Shimla-liga eindstryd in Bloemfontein gemaak word

    Daar sal vandag geskiedenis op Shimlapark in Bloemfontein in die eindstryd van die Kovsiestreekkompetisie op Shimlapark in Bloemfontein gemaak word.

    Die Hoërskool Jim Fouché sê vir die Hoërskool Trio van Kroonstad die stryd om die titel aan.

    Indien JF die kroon dra sal hy die eerste Vrystaatse skool buiten Grey-kollege wees wat dit vermag. Dit is die eerste keer sedert 2008 wat JF tot die eindstryd van die liga deurgedring het.

    In 2008 was die Springbok-vleuel Jamba Ulenga een van die Groen Masjien se staatmakers. Harmony Sportsakademie het in die eindstryd met 41-38 na ekstra speeltyd koning gekraai met ‘n ene Branco du Preez op losskakel aan die spits. Christiano Swarts het nog met ‘n skepdoel op die einde sake in die span van Virginia se guns geswaai.

    Trio het die afgelope paar weke die geskiedenisboeke behoorlik herskryf. Die skool wat vanjaar sy eerste rugbyseisoen beleef is teen alle waarskynlikheid as kampioen van die Griffon-liga gekroon, waarna hy ook vir die Hoërskool Diamantveld van Kimberley in die halfeindstryd van die Shimla-liga met 21-17 getroef het.

    Dit nadat Trio ‘n agterstand van 0-17 in die tweede helfte moes uitwis. Die span van Kroonstad het ook in die Griffon-liga sterk geëindig so vandag se eindstryd beloof ook om die senuwees te laat knaag.

    JF het sy plek in die eindstryd met ‘n sege van 38-17 oor die Hoërskool Upington bespreek. JF se gevaarmanne vir vandag se eindstryd is sy heelagter, GJ Vos, en skrumskakel, Jadon Roodt.

    Eersgenoemde beskik oor ‘n geleerde skopstewel, terwyl Roodt sy pak sal moet aanvuur teen ‘n gedugte agttal en waarskynlik vanaf die agtervoet moet sorg dat JF se agterhoede steeds gehalte balbesit ontvang.

    Trio se agttal het al menigte spanne vanjaar in die grond in geskrum. Sy Cravenweek-vaskopstut, Kaleb Kriek, speel ‘n groot rol hier. Hy is boonop ‘n man wat ook die bal sterk kan dra.

    Die spanne is: 

    Jim Fouché: 15 GJ Vos, 14 Tristan van der Walt, 13 Marcus Gordon, 12 JP van Heerden, 11 Thorn Beveridge, 10 Justin Pieterse, 9 Jadon Roodt (kaptein), 8 Phillip Noëth, 7 Stefan Venter, 6 CJ Raath, 5 Ruan Nieuwoudt, 4 Calvin Bolt, 3 Bernard Labuschagne, 2 Ethan Nelson, 1 MJ Meyer.

    Hoërskool Trio: 15 Jaco Steyn, 14 Louis Boshoff, 13 Charlton Basson, 12 Michael Heyns, 11 Ignus de Wet, 10 BJ Pelser, 9 CJ Taljaard, 8 Ewald Tolmay, 7 Conrad Hattingh, 6 JD Kirstein, 5 Piet van Rensburg, 4 Henco Kriek, 3 Kaleb Kriek, 2 Austin Jardim, 1 Anru Mulder.

  • Monnas en Garsies in stryd om 100ste Noordvaal-titel

    Monnas en Garsies in stryd om 100ste Noordvaal-titel

    Die tafel is gedek vir die 100ste eindstryd van die Noordvaaltrofee, die oudste skolerugbykompetisie in Suid-Afrika.

    Dit is die Wit Bulle van Monument teen die Hoërskool Garsfontein se Bere in die hoofmaal wat sal bepaal wie vir die volgende jaar met die titel as kampioen van die gesogte reeks kan spog.

    Die kragmeting word op die Ras van Rooyen in Krugersdorp  beslis.

    Boonop sal dit ‘n ekstra spesiale oorwinning wees vir die wenspan weens die feit dat dit die 100ste eindstryd van topliga van dié kompetisie is.

    Die kompetisie het sy ontstaan in 1920 as die AG Robertson gehad met die Hoërskool Ermelo wat as die eerste kampioen gekroon is. Die toernooi het daarna ook as die Administrateursbeker (1922-1981), Direkteurstrofee (1982-1994), Beeldtrofee (1995-2015) en Virsekerbeker (2016-2021) bekend gestaan.

    Monnas het al nege keer sedert die skool se ontstaan in 1920 die titel verower. Hy het sy nege titels in 1953, 1979, 1980, 1984, 2005, 2009, 2010, 2017 en 2018 gewen. Dié titels van 1980 en 1984 was onderskeidelik met Affies en Hugenote van Springs gedeel.

    Saterdag sal dit Garsfontein se vierde verskyning in die eindstryd van die kompetisie wees. Die span van Pretoria was al twee keer in 2015 en 2016 as kampioen gekroon.

    Die Wit Bulle sal die veld as guntelinge betree om as oorwinnaars van die veld te stap. Die span van Krugersdorp sal egter nie naief wees en dink dat sake so maklik sal gaan as vroeër vanjaar in die ligawedstryd tussen die twee spanne nie.

    Monnas het die kragmeting met 43-19 in ‘n kliniese vertoning op die Ras van Rooyen gewen. Dit is boonop Garsfontein se enigste nederlaag tot dusver vanjaar. Die Bere is die enigste span onder die voorste vyf spanne in die land wat nog net een keer vanjaar die knie gebuig het.

    Die span van Pretoria kan dus met ‘n sege in die eindstryd die een vlek op sy rekord vanjaar regstel. Maklik gaan dit egter nie wees nie, daar is waarskynlik nie ‘n afrigter wat die Bere beter ken as Monnas se Tjaart van der Walt nie.

    Hy was immers deel van Garsies se afrigtingspan toe hulle in 2015 en 2016 die kroon gedra het. Van der Walt het daarna ook in 2017 en 2018 aan stuur van sake gestaan toe Monnas as kampioen gekroon was. Monnas spog ook met ‘n onoorwonne rekord in vanjaar se Noordvaaltrofee.

    Die Bere se afrigtingspan van Johan du Plessis en Hendré Marnitz sal gewis ook ‘n paar planne hê om Monnas vir die eerste keer sedert 2018 op die einste Ras van Rooyen te verslaan. Die Garsies moet sonder sy twee SA Skole-spelers, Steven Nel (skrumskakel) en Michail Damon (heelagter), klaarkom.

    Nel is betrokke by die nasionale o.18-span se wedstryde in die Paarl, terwyl Damon ‘n ernstige beenbesering opgedoen het voordat hy hom in Paarl by die span moes aansluit.

    Monnas het ook vanjaar twee SA Skole-spelers opgelewer. Die span se slot Ulrich van der Westhuizen sal egter more in die eindstryd in aksie wees na hy voor die eerste wedstryd weens ‘n besering vanaf die Paarl teruggestuur is.

    Die ander SA Skole-speler, Sifiso Magwaza, het positief vir ‘n verbode middel tydens die Cravenweek in Kaapstad getoets. Hy wag nog op die uitslag van sy B-monster se toets.

    Garsfontein se een ligpunt in die nederlaag van 19-43 vroeër vanjaar was in die skrums. Daar kan verwag word dat die Bere weer hul aanslag om hierdie faset van die spel sal bou. Veral met Magwaza nie beskikbaar nie en die man wat sy tokse moet volstaan, Evan Retief, wat vroeër vanjaar nog langs die kant van die skrum gesak het.

    Die Garsies se skrumwerk moet vanjaar onder die voorste van alle skolespanne in Suid-Afrika tel met die skrumafrigter, Kevin Buys, wat hier heelwat lof verdien. Die twee voorrymanne, Adriaan van Niekerk en Henco Hugo, sal geen span in die steek laat nie.

    Vir Monnas lê die sleutel tot sukses by sy slotpaar, Van der Westhuizen en HJ de Beer, asook die aanvallende vermoë van Tyler Sefoor (losskakel), Zain Henery (buitesenter) en Jody Schambreel (heelagter).

    Buiten die Bere se skrumwerk sal sy Cravenweek-senterpaar, Pieter Coetzer en Demitre Erasmus, probleme vir die tuisspan agterlangs besorg. Die slotpaar van Christopher Sjoblom en Luan Taylor, sal ook die pap voorlangs dik moet aanmaak.

    Die spanne is: 

    Hoërskool Monument: 15 Jody Schambreel, 14 Marcey de Waal, 13 Zain Henery, 12 Conrad Sevenster, 11 Kelvin van Wyk, 10 Tyler Sefoor, 9 Céano Everson, 8 Xander Schoeman (kaptein), 7 Morné Venter, 6 Tristan da Costa, 5 Ulrich van der Westhuizen, 4 HJ de Beer, 3 Dylan du Plessis, 2 Jan Botes, 1 Evan Retief. Plaasvervangers: 16 Stephan Uys, 17 Ricardo du Plessis, 18 Roelf Jacobs, 19 Michiel Burger, 20 Dylan Viljoen, 21 Deon Groenewald, 22 Daylon Myners, 23 Arrie van der Walt.

    Hoërskool Garsfontein: 15 Liam Dick, 14 Heinrich Cloete, 13 Demitre Erasmus, 12 Pieter Coetzer, 11 Boeloe Scott, 10 Nic-Allen Gabrielsen, 9 Zian Cilliers, 8 Maynard Kleynhans, 7 Divan Brits, 6 Anrich Engelbrecht (kaptein), 5 Luan Taylor, 4 Christopher Sjoblom, 3 Henco Hugo, 2 De Wet Lottering, 1 Adriaan van Niekerk. Plaasvervangers: 16 Franna Prinsloo, 17 Leighton-Jon Cloete, 18 Eben Stander, 19 Zander Lourens, 20 Ruben le Roux, 21 Zane Pretorius, 22 Tireque Apolles, 23 Franna Weyers.

    Afskop: 12:45
    SuperSport Schools: https://bit.ly/NoordvaalBekerEindstryd2022 
    Skeidsregter: Richard Schwulst (Goue Leeus Skeidsregters-verenining)

    Ander spanne: 

    o.16 – 11:00 – Monument vs EG Jansen – https://bit.ly/o16Noordvaal2022

    o.15 – 09:30 – Menlopark vs Helpmekaar – https://bit.ly/o15Noordvaal2022

    o.14 – 08:00 – Monument vs Helpmekaar – https://bit.ly/o14Eindstryd2022

  • Oakdale en Boland trek grofgeskut nader vir kragmeting tussen Oud-Skoliere

    Oakdale en Boland trek grofgeskut nader vir kragmeting tussen Oud-Skoliere

    NewsG CJStanderDie Hoër Landbouskool Oakdale het die grofgeskut nader getrek in ‘n poging om sy eerste sege in die jaarlikse wedstryd van die ou-Bulle (old boys) teen Boland Landbou te behaal.

    Die kragmeting skop vandag om 16:30 af. Die regstreekse skakel na die beeldsending van die wedstryd is onderaan die artikel.

    Die voormalige Ierse-losvoorspeler, CJ Stander (52 toetse), sal Oakdale Landbou se Pedrie Wannenburg XV-tal teen hul eweknie van Boland Landbou in die Agter-Paarl aanvoer.

    Stander is egter nie die enigste internasionale speler in aksie vandag in die Paarl nie, met Tobie Botes wat Italië in 22 toetse verteenwoordig het wat vir die tuisspan in aksie sal wees.

    Oakdale het besluit om sy span ter nagedagtenis van hul eerste Springbok, Pedrie Wannenburg, te vernoem. Hy is vroeër vanjaar in ‘n motorongeluk in Amerika oorlede.

    Oakdale kon sedert die eerste wedstryd tussen die twee skole se oud-skoliere in 2018 nog nie daarin slaag om seker te maak dat hul bier na die tyd soet proe nie.

    Stander spog met twee seges oor die All Blacks in sy internasionale loopbaan. Een daarvan was die Iere se eerste sege ooit oor Nieu-Seeland. Oakdale se manne sal dus hoop dat Stander ‘n bietjie van die magic na die tafel toe sal bring om ook Boland Landbou wat ook in swart truie speel die eerste keer ooit te verslaan.

    Dit sal ook die eerste keer wees dat CJ saam met sy broer, Janneman Stander, in aksie sal wees. Janneman het ook al vir Suidwestelike Distrikte se seniorspan langs die kant van die skrum gesak. Dit het waarskynlik ook ‘n rol gespeel dat CJ sy tokse vir die eerste keer sedert sy uittrede in 2021 afgestof het.

    Oakdale se span het vier pare broers in sy geldere vir die kragmeting. Buiten die Standers sal die broers Melt en HP van Schoor, Stephan en Paul Steicher asook William en Kurt Eybers ook vir die span van Riversdal uitdraf.

    Botes was is sy loopbaan vir Italië twee keer teen die Iere in aksie en was ‘n lid van die span wat Ierland in 2013 met 22-15 verslaan het, Die skrumskakel wat ook gemaklik op losskakel diens kan doen is tans die Hoof van Rugby by HTS Drostdy in Worcester.

    Die span van Boland Landbou word deur Christoff Janse van Rensburg aangevoer. Die Hoërskool Stellenberg se bemarker, Andras Molnar, sal ook vir Boland Landbou in aksie wees.

    Die Pedrie Wannenburg XV-tal se spanbestuurder is die bekende skrywer en rugbykommentator van SuperSport, Marco Botha.

    Die wedstryd word ook regstreeks via YouTube uitgesaai met Buks Scott wat vanjaar ‘n matrikulant aan Paarl Gimnasium is, maar vroeër in sy skoolloopbaan by Oakdale Landbou reeds naam as kommentator begin maak het.

    Regstreekse Uitsending – https://bit.ly/BolandOakdaleOudSkoliere2022

    Die spanne is: 

    Boland Landbou

    Voorspelers: Evert Grobbelaar (2012), Koos Farr (2005), JP Marais (2011), Dieter du Toit (2011), Albertus Buckle (2001), Jaycee Groenewald (2004), Tamatie Smith (2007), Anlo Schietekat (2007), Christoff Janse van Rensburg (2002), Nicolai Lubbe (2011), Will Hanekom (2004), Nico Nel (2011), Luther Stofberg (2011), Francois Wiese (2007), Willem Dreyer (2006).

    Agterspelers: Jos Malherbe (2011), Andras Molnar (2007), Johan Herbst (2005), Janno van Zyl (2003), Tobie Botes (2002), Slabbie Slabbert (2011), Jandré Kleinhans (2010), Bernie Hugo (2007), Stoffel Marais (2007).

    Pedrie Wannenburg XV-tal

    Voorspelers: Melt van Schoor (2012), SW Odendaal (2014), HP van Schoor (2015), Hanro Liebenberg (2012), Callie Jordaan (2001), Donavan van der Berg (2013), Antonie Gronum (2004), Johan Rademeyer (2008), Adriaan Jansen (2007), Ettienne Vogel (2009), Janneman Stander (2011), CJ Stander (2008), Stephan Streicher (2014).

    Agterspelers: Schoeman du Preez (2005), Eckard Leicher (2015), Boeta Hamman (2015), Dirk Sutherland (2004), William Eybers (2015), Kurt Eybers (2015), Paul Streicher (2012), Herman Rademeyer (2014), Gerhard Augustyn (2009), Jandri Meyer (2012), Henk Fourie (2008), Juan Venter (2008).

     

  • Geen genade vandag tussen Klerksdorp en Oos-Moot in Skild-eindstryd verwag

    Geen genade vandag tussen Klerksdorp en Oos-Moot in Skild-eindstryd verwag

    NewsGOos MootDaar sal vandag sonder twyfel niks teruggehou word in die eindstryd van die Noordvaaltrofee se Skild-kompetisie tussen die Hoërskool Klerksdorp en Oos-Moot nie.

    Daar was heelwat ongelukkigheid tussen die twee skole oor die gebeure na afloop van hul liga-wedstryd in Klerksdorp twee weke gelede. Vandag se eindstryd vind ook weer in Klerksdorp plaas.

    Hopelik sal rugby en sportmansgees vandag seëvier.

    Daar was ‘n tugverhoor gereël en klagstate deur die Luiperds Rugby-unie (LRU) uitgestuur voor die halfeindronde. Die verhoor wat verlede Donderdag sou plaasvind is toe afgestel omdat die LRU voel die klagte val nie onder hul jurisdiksie nie, maar eerder onder die van Wereld Rugby.

    Die LRU het wel aangedui day hy verteenwoordigers na die eindstryd sal stuur om te verseker dat alles seepglad sal verloop.

    Die unie se Hanru van Rooyen is ook as die skeidsregter aangestel. Hy het vroeër vanjaar die hoofwedstryd van die Cravenweek geblaas asook die kragmeting tussen Paarl Gimnasium en Grey-kollege tydens Wildeklawer.

    Daar was glo gevegte na die wedstryd waarby onder andere die voormalige Springbok-haker, Danie Coetzee, wie by Oos-Moot betrokke is se seun en slot van Oos-Moot, Rudolph Coetzee, neergevel is.

    Coetzee sr. het in sy verklaring oor die voorval onder andere gese dat die voorval die slegste advertensie vir rugby is wat hy nog beleef het. Danie is ook Oos-Moot se kondisionerings-afrigter.

    Albei die afrigters van Klerksdorp, Johan van Schoor en Piet von Wielligh, is daarvan aangekla dat hul die spel in oneer met hul aksies gebring het. Daar is gerugte dat die twee wat ook as Dagga en Kwagga bekend staan reeds vroeër vanjaar versoek is om nie na vanjaar weer by die afrigting van rugby betrokke te wees nie.

    Twee spelers van Klerksdorp was ook aangekla, maar geen spelers van Oos-Moot is na die voorval uitgewys nie.

    Maar terug by die rugby.

    Die Hoërskool Klerksdorp het reeds genoeg vanjaar gedoen om seker te maak dat die skool volgende jaar na die Plaat-afdeling van die Noordvaaltrofee gepromiveer word. Klerksdorp se eerstespan sal ook die eindstryd as die gunsteling betree.

    Die tuisspan se losskakel, MJ Mostert, was vanjaar reeds ‘n groot doring in die vlees van sy span se teenstanders. Mostert het verlede week 20 punte met die skopskoen tot sy span se oorwinning van 30-5 oor Ligbron Akademie van Ermelo bygedra.

    Die span se flank Divan Pieters asook die voorryman Keagan Wallace is ook spelers wat deur Oos-Moot fyn dopgehou moet word.

    Oos-Moot se skakelpaar, Jacques Benadie en Charl van der Sluys, sal op hul stukke moet wees indien die besoekers met die trofee na Pretoria wil terugkeer. Voorlangs kan die flank Regardt Jordaan en haker, Ryan Scott, dorings in Klerksdorp se vlees wees.

    Die spanne is: 

    Hoërskool Klerksdorp: 15 Stefan Mare, 14 Lebogang Wageng, 13 Senekane Mmuse, 12 Jaden Fredericks, 11 Lennie Bevan, 10 MJ Mostert, 9 Zane van Staden, 8 Ewald Fourie, 7 Divan Pieters, 6 Luan von Wielligh, 5 Helgard Coetzee, 4 Eduard Mayoss, 3 Willie van Rensburg, 2 Wiaan Strydom, 1 Keagan Wallace.

    Oos-Moot: 15 Tiaan Bornman, 14 Jeandre de Bruyn, 13 Carlo Janse van Rensburg, 12 Gideon van Rooyen, 11 Vincent Rautenbach, 10 Charl van der Sluys, 9 Jacques Benadie, 8 Ricardo Visser, 7 Regardt Jordaan, 6 Duvan du Plessis, 5 Gert-Hendrik Grobler, 4 Rudolph Coetzee, 3 Rubenn Fourie, 2 Ryan Scott, 1 Braam Bezuidenhout.

    Afskop: 12:50
    Skeidsregter: Hanru van Rooyen

  • Klerksdorp en Oos-Moot sal sake om Skild-titel uitbaklei

    Klerksdorp en Oos-Moot sal sake om Skild-titel uitbaklei

    Die Hoërskool Klerksdorp se puik losskakel, MJ Mostert, het sy span met ‘n persoonlike bydra van 20 punte tot in die eindstryd van die Noordvaaltrofee se Skild-afdeling geskop.

    Mostert het ses strafdoele asook ‘n doelskop tussen deur die pale in sy span se klinkende sege van 30-5 oor Ligbron Akademie van Ermelo gejaag.

    Die wenspan sse vaskopstut, Keagan Wallace, asook die binnesenter, Jayden Fredericks, het blink vertonings afgerond toe hul elk ‘n draai agter die doellyn gaan maak het.

    Dit sou ‘n bittersoet terugkeer vir Ligbron se hoof, Gerhard Brand, gewees het. Brand was voor sy aanstelling in Ermelo die skoolhoof van die Hoërskool Klerksdorp.

    Klerksdorp se flank Divan Pieters het ook die veld vol gespeel en verdien vermelding.

    Die Hoërskool Klerksdorp sal volgende jaar opskuif na die Plaat-kompetisie van Afdeling 1 met al vier sy spanne wat in die halfeindronde van vanjaar se reeks in aksie was.

    Oos-Moot sal in die eindstryd teen Klerksdorp te staan kom op laasgenoemde se tuisveld. Die span van Pretoria het nie te veel probleme ondervind om Hugenote van Springs met 41-12 in die ander halfeindstryd uit te skakel nie.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Klerksdorp 30 (22) – Drieë: Keagan Wallace, Jayden Fredericks. Doelskop: MJ Mostert. Strafdoele: Mostert (6). Ligbron 5 (0) – Drie: Peet Marx.

    Oos-Moot 41 – Drieë: Regardt Jordaan (2), Jacques Benadie, Duvan du Plessis, Braam Bezuidenhout, Ricardo Visser, Ryan Scott. Doelskoppe: Charl van der Sluys (4). Hugenote (Springs) 12.

    Ander spanne: 

    o.16: Jeugland 12, Klerksdorp 8; Oos-Moot 11, Eldoraigne 6.

    o.15: Lichtenburg 26, Klerksdorp 19; Heidelberg Volkskool 8, Eldoraigne 5.

    o.14: Heidelberg Volkskool 54, Klerksdorp 5; Jeugland 15, Hugenote 12.

  • Midstream College dra die kroon as kampioen van Afdeling 2 van die Noordvaaltrofee

    Midstream College dra die kroon as kampioen van Afdeling 2 van die Noordvaaltrofee

    Nathan Manonga van Midstream College duik tussen die pale oor vir sy welverdiende drie. FOTO: Marius Nortje.

    Midstream College het met ‘n sege van 22-12 oor die Hoërskool Merensky in die eindstryd van Afdeling 2 van die Noordvaaltrofee finaal die spanne vanuit Limpopo se partytjie in die kompetisie bederf.

    Midstream was die enigste span van buigte Limpopo wat tot die halfeindronde van die reeks deurgedring het.

    Merensky was sonder twyfel die sterkte span in dié liga vanuit Limpopo, maar die feit dat hulle na Centurion moes reis vir die eindstryd het gewis sake vir hom ietwat moeiliker gemaak.

    Frikkie Meyer van Thabazimbi en Ellisras was die ander twee spanne vanuit Limpopo wat in die halfeindronde in aksie was.

    Midstream College het die eindstryd goed begin en sake in die eerste 15 minute beheer. Die span kon egter slegs drie punte vir al hul balbesit en gebiedsvoordeel wys danksy ‘n strafdoel deur die losskakel, Jaedon de Leeuw.

    Dit was slegs klipharde duikslae van Merensky wat die tuisspan verhoed het om meer punte aan te teken. Die sterk wind het sake ook vir albei spanne bemoeilik met die heelagters, Cale White (Midstream) en Dirk de Nyschenn (Merensky) wat kort-kort met hoë hangskoppe besproef is.

    White is onkant betrap met een rolskop wat daartoe gelei het dat sy direkte teenstander, De Nyschenn, die geleentheid benut het om die eerste drie van die kragmeting in die hoekie te gaan afrond. Dit het ook dan aan Merensky ‘n skrale voorsprong van 5-3 teen rustyd besorg.

    In die tweede helfte was dit weer Merensky wat sterk begin het en Midstream wat vir ‘n vale moes walgooi. Die besoekers se losskakel, Phillip Ludick, het na ‘n skerp breekslag gaan druk sonder dat enige verdediger ‘n vinger op hom gelê het.

    Midstream College se regtervleuel, Hilton Thomas, het daarna ‘n skitterende beweging afgerond om die momentum weer in sy span se guns te swaai. Thomas is die Suid-Afrikaanse 400m-kampioen en sy vaart het met slegs ‘n minuut oor in die eindstryd sy span handig te pas gekom.

    Die kampioen se skrumskakel en kaptein, Rhynardt Henning, het omgekeerde besit in ‘n duikslag bewerkstellig en teen die kantlyn afgenael waarna hy vir Thomas in besit geplaas het om die koël deur die kerk onder die pale te gaan plaas.

    Voor Thomas se drie was Merensky weer sterk op die aanval, maar Midstream kon daarin slaag om sy voorsprong van 15-12 te behou. Midstream het die voorsprong geneem danksy sy binnesenter, Rowan Lindeque, wat die bal in sy eie kwartgebied onderskep het en die linkervleuel, Nathaniel Manonga, weggesit het.

    Dit was ‘n titaniese eindstryd wat albei dié spanne nog lank sal onthou.

    Midstream College se beste speler op die dag was sy skrumskakel, Henning, wat spel goed met sy skopvoet dikteer het.

    Puntemakers: 

    Midstream College 22 (3) – Driee: Hilton Thomas (2), Nathaniel Manon. Doelskoppe: Jaedon de Leeuw (2). Strafdoel: De Leeuw. Merensky 12 (5) – Driee: Dirk de Nyschhen, Phillip Ludick. Doelskop: Neil van Vuuren.

    Ander spanne: 

    o.16: Potchefstroom Gimnasium 15, Bergsig 10.

    o.15: Brandwag (Benoni) 18, Hans Moore 13.

    o.14: Randburg 36, Dinamika 29.

  • Paul Roos bag first victory over Grey College since 2015

    Paul Roos bag first victory over Grey College since 2015

    STELLENBOSCH, SOUTH AFRICA – AUGUST 20: Herman Lourens of Paul Roos on his way to score a try during the Premier Interschools match between Paul Roos and Grey College at Paul Roos Gymnasium on August 20, 2022 in Stellenbosch, South Africa. (Photo by Ashley Vlotman/Gallo Images)

    A “Grey” and gloomy day for Grey College as the Maroon Machine of Paul Roos put together a complete performance to win 34 – 19 in a Supa Quick Premier Interschools clash at the Markotter field in Stellenbosch on Saturday 20th of August 2022.

    The “Jolla Bolla” rang out at the Markotter in Stellenbosch on Saturday as the Maroon Machine put together a strong, balanced, and complete performance whilst capitalizing on Grey’s mistakes throughout the game.

    The opening phases of the match started as you would expect hard hits and high intensity as both teams tried to assert early dominance.

    Paul Roos drew first blood in the 9th minute when they turned defense into attack after both teams played end to end running rugby on a damp Markotter pitch.

    Paul Roos broke blind after a break down field, a great display of slick handling found their inside centre Phillip Groenewald who scored the first try for Paul Roos. Christoff De Bruyn couldn’t convert from the touchline.

    Paul Roos 5 – 0 Grey College.

    Possession continued to trade hands between the two sides. Grey College built a period of pressure within the Paul Roos half.

    A penalty came their way and touch was found by Grey flyhalf Van der Merwe. A solid maul from the Grey pack meant Nick Greyling could get his name on the scoresheet.

    Ian Van Der Merwe converted, and Grey took the lead with 22 minutes played. Paul Roos 5 – 7 Grey College.

    Grey College continued their pressure until a great defensive read by lock Wyatt Strydom. Two quick phases on attack and Paul Roos finished with a try in the corner by captain Herman Lourens. De Bruyn missed once more. Paul Roos 10 – Grey College 7 with 26 minutes played.

    The momentum of the first half turned after that try as Paul Roos finished the half deep inside Grey’s half. De Bruyn found touch after Paul Roos won a penalty for offside.

    Paul Roos’ forward pack stormed over the line but couldn’t get the ball down, however Referee Rasta Rashavenga deemed the collapse illegal and awarded a peanlty try to the Maroon Machine. Paul Roos held a 10-point lead 17-7 at half time.

    Poor discipline by Grey College ultimately lost them the game. 2 minutes into the second half a yellow card was given to Grey number 7 flanker Jean-Henri Smit for consistent penalties by the Grey College side.

    Paul Roos kept pressure on Grey, and it paid off once more winning themselves a convertible penalty which De Bruyn slotted with relative ease. 41 minutes played and Paul Roos extended their lead 20 points to 7.

    Grey College continued to fight to keep themselves in the game. After winning back possession Grey strung phases together.

    Their forward pack carried the ball strongly until Grey’s backline found space out wide resulting in a try for centre Alec McIntyre. Van Der Merwe converted, and Grey were right back in contention.

    Paul Roos 20 – Grey College 12, 44 minutes played.

    All the momentum was with Grey College as they began to look dangerous. Paul Roos’ flyhalf Reuben Noble however picked off a phenomenal interception which he finished off under the poles for his side and it seemed that would be the moment that won the game. De Bruyn converted the kick and Paul Roos led 27 – 12.

    With Grey College left to do, it all they began running the ball from all parts of the field, looking to hold onto possession and open Paul Roos up.

    The tactic worked when quick ball gave fullback Gunter Van Rensburg the chance to run with time and space ahead of him. He finished off his run with a great try for Grey College.

    The fight back was on with 10 minutes to go. Van Der Merwe converted. Paul Roos 27 – Grey College 19.

    Paul Roos absorbed relentless pressure for the final 10 minutes as Grey College threw everything at them. Paul Roos did well to keep Grey College in their half asking them to run the ball back from deep.

    Grey College tried to do that as flyhalf Van der Merwe through a long ball over the top only to find the hands of Paul Roos right winger Luke Graham who made another great defensive read and gave his side their third interception of the match and another try which came from an interception.

    He scored next to the uprights and nailed the final nail in the Grey College coffin as Paul Roos completed a historic win at home on the Markotter against Grey College for second time since 2015.

    De Bruyn added the extra two points after time was up to end the match 34 – 19 in Paul Roos’ favour.

    It was a day Paul Roos will remember for years to come as not only did the 1st XV win but so did the U14A, U15A, U16A & 2nd XV teams.

    Supa Quick Man of the Match:

    Herman Lourens

    Scorers:

    Paul Roos Gimnasium 34 () – Tries: Phillip Groenewald, Herman Lourens, Reuben Noble, Luke Graham. Conversions: Christoff de Bruyn (2). Penalty: De Bruyn. Grey College 19 () – Tries: Nick Greyling, Alec McIntyre, Gunter Van Rensburg. Conversions: Ian van der Merwe (2).

    Yellow Card: Jean-Henri Smit

    Teams:

    Paul Roos: 15 Christoff De Bruyn, 14 Luke Graham, 13 Luca Reuter, 12 Phillip Groenewald, 11 Justin Levine, 10 Reuben Noble, 9 Liam Stander, 8 Herman Lourens (captain), 7 Hugo Radley, 6 Andreas Oosthuizen, 5 Wyatt Strydom, 4 Sampie Joubert, 3 Ryan Jack, 2 Seth Haddad, 1 Cameron Miell.

    Grey College: 15 Gunter Van Rensburg, 14 Janco Scheepers, 13 Ulric Wahl, 12 Alec McIntyre, 11 Martin Botha, 10 Ian Van Der Merwe, 9 Roux Heyns, 8 JJ Theron, 7 Jean-Henri Smit, 6 Morne Diederichs, 5 Marno Stopforth, 4 Ranon Fouche, 3 Jean Erasmus, 2 Nick Greyling, 1 Tat Botha (captain).

    Match Officials:

    Referee: Rasta Rashavenge

  • Monnas ontsnap met sege oor EG Jansen en maak daarmee afspraak met Garsies

    Monnas ontsnap met sege oor EG Jansen en maak daarmee afspraak met Garsies

    Luan Taylor, slot van Garsfontein. FOTO: Andries Kruger

    Monument se Wit Bulle het behoorlik gesweet teen Dr. EG Jansen in die twee spanne se halfeindstryd van die Noordvaaltrofee se Beker-kompetisie in Krugersdorp vir ‘n sege van 29-20.

    Die Wit Bulle het met ongeveer drie minute se speeltyd oor in die kragmeting danksy ‘n drie deur sy heelagter, Jody Schambreel, die eerste keer die voortou in die kragmeting geneem.

    Met speeltyd reeds verstreke het die linkervleuel, Marcey de Waal, onder die pale ‘n draai gegooi om die sege op die telbord groter te laat vertoon.

    Dr. EG Jansen sal met reg voel dat hulle verdien het om die kragmeting te wen, maar op die ou einde was hy slegs drie minute weg van ‘n opskudding. Monnas het nog nie vanjaar in die reeks die knie gebuig nie.

    EG se losskakel, Jaydon Bantom, was op sy stukke en het sy span gehelp om eers teen rustyd met 8-5 voor te loop en daarna die voorsprong tot 20-5 te rek. Die span van Boksburg het met vier minute oor in die kragmeting nog ‘n voorsprong van 20-17 geniet, maaar ook sy skrumskakel, Gordon Smith, aan ‘n geelkaart verloor.

    Elke speler van EG Jansen verdien ‘n klop op die skouer vir hul vertoning in die halfeindstryd. Bantom sluit hom in die week by die nasionale o.18-spanne in die Paarl aan.

    Vir Monnas het sy buitesenter, Zain Henery, nie net die aanvoorwerk vir Schambreel se drie met ‘n skitterende breekslag gedoen nie, maar ook deurgans vrae aan die besoekers se verdediging gevra.

    Voorlangs het Monnas se loskopstut, Evan Retief, slot HJ de Beer en agtsteman en kaptein, Xander Schoeman, ook vertonings gelewer waarop hul trots kan voel.

    Die Hoërskool Garsfontein se Bere het sy plek in die eindstryd met ‘n klinkende sege van 43-10 oor Noordheuwel in die ander halfeindstryd bespreek. Die Bere het teen rustyd ‘n skrale voorsprong van 7-3 geniet.

    Nories het egter met ‘n sterk wind van agter hulle in die eerste helfte gespeel. Garsies se agtsteman, Maynard Kleynhans, asook die slot Luan Taylor het deurgans hard gewerk in die vastelos om hul span oor die voordeellyn te kry.

    Garsies kon in die tweede helfte met die wind van agter daarin slaag om na ‘n hoër rat oor te skakel en het ses drieë in die helfte ingeryg. Die regtervleuel, Heinrich Cloete, het twee van die drieë afgerond.

    Agterlangs het die binnesenter, Pieter Coetzer, ‘n hele paar verdedigers besig gehou en ook die bal op die regte tye aan die spelers aan sy buitekant gevoer.

    Vir Nories was sy vaskopstut, Arne Roux, asook die agtsteman, Marco Maree, vir goeie spel in die vastelos verantwoordelik. Die Nories het ook weer sake vir die tuisspan in die lynstane bemoeilik – hier verdien die slot Keagan Grobbelaar meeste van die lof.

    Dit is die eerste keer sedert 2016 dat Garsies daarin kon slaag om tot die eindstryd van die reeks deur te dring. Die Bere kry dus Saterdag op die Ras van Rooyen die geleentheid om hul enigste blaps van die seisoen teen Monument op die einste veld reg te stel.

    Die nederlaag van 19-43 in die liga is die Garsies se enigste nederlaag tot dusver vanjaar.

    Puntemakers: 

    Monument 29 (5) – Drieë: Ceano Everson, Morne Venter, Jody Schambreel, Marcey de Waal, Dylan du Plessis. Doelskoppe: Tyler Sefoor (2). EG Jansen 20 (8) – Drieë: David Twala (2), Jaydon Bantom. Doelskoppe: Bantom. Strafdoel: Bantom.

    Garsfontein 43 (7) – Drieë: Heinrich Cloete (2), Pieter Coetzer, Divan Brits, Luan Taylor, Demitre Erasmus, Franna Weyers. Doelskoppe: Nic-Allen Gabrielsen (3), Tireque Apolles. Noordheuwel 10 (3) – Drieë: Arne Roux. Doelskop: JT Kapank. Strafdoel: Kapank.

    Ander spanne: 

    o.16: Monument 25, Helpmekaar 23; EG Jansen 34, Noordheuwel 10.

    o.15: Helpmekaar 20, Waterkloof 6; Menlopark 14, Noordheuwel 10.

    o.14: Helpmekaar 15, Waterkloof 13; Monument 7, Noordheuwel 5.

  • Secunda en Die Anker sal sake in eindstryd van die Bowl-kompetisie uitspook

    Secunda en Die Anker sal sake in eindstryd van die Bowl-kompetisie uitspook

    Die eindstryd van die Noordvaaltrofee se Bowl-kompetisie beloof om ‘n strawwe tweestryd te wees.

    Die Hoërskool Secunda en Die Anker van Brakpan het Saterdag met sege in die halfeindronde ‘n afspraak met mekaar vir die eindstryd opgesit.

    Secunda moes so bietjie harder werk as verwag om die Hoërskool Pietersburg met 19-7 die loef af te steek.

    Daar was teen rustyd met die telling op 7-elk niks tussen die twee spanne te kies nie. Die wenspan se losskopstut, DJ Loock, het weer gewys dat hy ‘n gevaarlike spelers is met die bal in die hand. Hy het twee keer Pietersburg se doellyn oorgesteek.

    Secunda se flank Hanré Hattingh het ook ‘n goeie dag op kantoor op die aanval as wel op verdediging beleef. Hattingh het ook ‘n hele paar keer daarin geslaag om omgekeerde balbesit by die afbreekpunte te verseker.

    Agterlangs het die senterpaar, Tian Steyn en Tyron Moolman, goed saam met die losskakel, Jean du Toit, gekombineer.

    Die Anker het op sy tuisveld in Brakpan vir Potchefstroom Volkskool met 34-18 uitoorlê. Die span van Brakpan het in die eerste teen ‘n sterk wind gespeel, maar kon ondanks die feit steeds daarin slaag om ‘n voorsprong van 20-13 teen rustyd op te bou.

    Volkies het in die tweede helfte gesukkel om uit hulle gebied te kom en daarom kon hul nie die druk van Die Anker verlig nie. Die Anker se voorspelers verdien lof vir die fondasie wat hul vir hul gevaarlike agterlyn gelê het.

    Die kaptein en agtsteman, Christiaan van Schalkwyk, het veral ‘n barshou gespeel en telkemale gesorg dat sy span oor die voordeellyn kom. Agterlangs het die losskakel, Gunter Jacobs, spel goed met sy skopvoet dikteer en vir homself die Speler van die Wedstryd toekenning losgespeel.

    Daar was nie veel tussen Secunda en Die Anker te kies in hul ligawedstryd nie. Secunda was op sy tuisveld met 28-24 baas danksy ‘n drie in die doodsnikke deur die loskopstut, DJ Loock.

    Die eindstryd beloof dus een om vir die boeke te wees.

    Puntemakers: 

    Secunda 19 (7) – Drieë: DJ Loock (2), Tyron Moolman. Doelskoppe: Luan Lottering (2). Hoërskool Pietersburg 7 (7) – Drie: Wian Terblanche. Doelskop: Terblanche.

    Die Anker 34 (20) – Drieë: Buks Britz, Henrico Venter, Duhan du Plessis, Sarel Vermaak. Doelskoppe: Gunter Jacobs (4). Strafdoele: Jacobs (2). Potchefstroom Volkskool 18 (13) – Drieë: Johan van Tonder, Niël Esterhuizen, Tiaan Kotze. Strafdoel: Renaldo da Lima.

    Ander spanne: 

    o.16: Secunda 5, Die Anker 0; Wesvalia 22, Pietersburg 13.

    o.15: Secunda 30, Wesvalia 0; Pietersburg 19, Die Anker 10.

    o.14: Pietersburg 20, Potch Volkies 7; Wesvalia 16, Secunda 12.