SSPN Test Site

Blog

  • Monnas en Garsies sal gasheer vir die Noordvaaltrofee se halfeindstryde wees

    Monnas en Garsies sal gasheer vir die Noordvaaltrofee se halfeindstryde wees

    Céano Everson kookwater skrumskakel van Monnas op die aanval word deur Xander Loubser van Menlo van agter beetgekry. FOTO: Marius Nortje.

    Monument en Garsfontein het reeds seker gemaak dat hulle gasheer sal speel vir die twee halfeindstryde van die Beker-kompetisie van die Noordvaaltrofee.

    Monnas se Wit Bulle het Saterdag vir die eerste keer die seisoen in die boonste posisie op die puntelys danksy ‘n sege van 38-10 oor die verdedigende kampioen, die Hoërskool Menlopark, geskuif.

    Monnas kom het nog een ligawedstryd eerskomende Saterdag teen Noordheuwel oor voor die halfeindronde van die reeks op 20 Augustus.

    Garsies en Monnas sal in die uitspeelwedstryde sonder hul SA Skole-spelers betree. Garsies se Michail Damon (heelagter) en Steven Nel (skrumskakel) asook Monnas se Sifiso Magwaza (stut) en Ulrich van der Westhuizen (slot) is in die SA o.18-span gekies wat later vandeesmaand teen Engeland en Frankryk sal kragte meet.

    Damon sal egter ook nie vir die nasionale o.18-span in aksie wees nie. Hy het Saterdag in sy span se sege van 43-15 oor Dr. EG Jansen van Boksburg sy been beseer.

    Die Turkoois Bere se binnesenter, Pieter Coetzer, was sy span se beste speler op die dag. Hy het twee keer ‘n draai agter die doellyn gemaak en deurgans EG se verdedigers besig gehou. Garsies het teen rustyd reeds ‘n stewige voorsprong van 43-15 geniet.

    Voorlangs het die Bere se kaptein, Anrich Engelbrecht, sy terugkeer gemaak. Hy het dit met ‘n drie gevier en sal in die uitspeelrondes die fisieke teenwoordigheid van Abri van der Westhuysen moet help vervang. Van der Westhuysen se seisoen het teen Noordheuwel tot ‘n einde weens ‘n besering gekom.

    EG Jansen se slot en kaptein, Ryno van Aswegen, het sake in die lynstane vir die tuisspan bemoeilik. Van Aswegen was ook vir die Valke tydens die Cravenweek ‘n yster in die aspek van die spel. Die loskopstut, Tsepo Ledwaba, asook die heelagter, Dawid Twala, kan ook meer as tevrede met hul vertonings voel.

    Waterkloof het sy seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit deur HTS Middelburg met 65-0 in Pretoria kaf te draf. Die Klofies se agtsteman, Zander Thirion, was weer uitstaande en veral sy briljante individuele poging van feitlik sy eie doellyn was een van die hoogtepunte in die wedstryd.

    Thirion asook die vleuel Etteen Jooste het elk twee keer ‘n draai agter die Rooi Bulle se doellyn gemaak. Die vertoning tel waarskynlik onder die Klofies se beste gedurende die seisoen.

    Helpmekaar-kollege het sy seisoen ook met ‘n sege afgesluit deur Marais Viljoen van Alberton met 38-25 te klop. Helpies het teen rustyd ‘n voorsprong van 24-15 opgebou.

    Helpies se loskopstut, Boela de Wet, was op die dag sy span se beste speler. Hy het die veld vol gespeel en ook elke keer wat hy die bal onder die arm vasgeknyp het oor die voordeellyn gestorm.

    Vir die verloorspan het sy agtsteman, Enrico Germishuyse, ook met sy lopies beindruk.

    Puntemakers: 

    Monument 38 (14) – Drieë: Xander Schoeman (2), Morné Venter, Ulrich van der Westhuizen, Arrie van der Walt, Conrad Sevenster. Doelskoppe: Tyler Sefoor (4). Menlopark 10 (3) – Drie: Hanru Potgieter. Doelskop: Marco Strydom. Strafdoel: Strydom.

    Waterkloof 65 (24) – Drieë: Zander Thirion (2), Etteen Jooste (2), Herman Viljoen, Francois Viljoen, Dale Arlow, Guillaume Marais, Christof Luus, Hernus Marais, Jayde Austin. Doelskoppe: Thorn Bester (5). HTS Middelburg 0.

    Garsfontein 43 (31) – Drieë: Pieter Coetzer (2), Demitri Erasmus, Michail Damon, Christopher Sjöblom, Steven Nel, Anrich Engelbrecht. Doelskoppe: Nic-Allen Gabrielsen (4). EG Jansen 15 (5) – Drië: David Twala, Gordon Smith, Juandré Jacobs.

    Helpmekaar-kollege 38 (24) – Drieë: Michael van Rooyen (2), JP Beyer, Ruan Nel, Ruan Welman, Boela de Wet. Doelskoppe: Ivan Mouton (4). Marais Viljoen 25 (15) – Drieë: Mark Harrison, Ryan Langford, Franco Herbst, Dominque Demenez. Doelskop: Charl de Kock. Strafdoel: De Kock.

    Ander spanne:

    o.16: Monument 26, Menlopark 21; EG Jansen 43, Garsfontein 17; Helpmekaar 54, Marais Viljoen 25; Waterkloof 61, HTS Middelburg 7.

    o.15: Menlopark 7, Monument 5; Garsfontein 19, EG Jansen 14; Helpmekaar 22, Marais Viljoen 15; Waterkloof 65, HTS Middelburg 0.

    o.14: Monument 26, Menlopark 15; EG Jansen 17, Garsfontein 10; Helpmekaar 97, Marais Viljoen 0; Waterkloof 37, HTS Middelburg 7.

     

  • Trio maak geskiedenis in Griffon-liga, terwyl die Trekkers na een soen sy keis met Witteberg verbreek

    Trio maak geskiedenis in Griffon-liga, terwyl die Trekkers na een soen sy keis met Witteberg verbreek

    KALEB KRIEK (met bal), vaskopstut van Trio word hier gestuit in sy span se halfeindstryd teen Welkom Gimnasium. FOTO: Marnus Prinsloo

    Die Hoërskool Trio van Kroonstad het vir ‘n opskudding in die halfeindronde van die Griffon-liga in die HT Pelatona-stadion in Welkom gesorg.

    Trio het daarin geslaag om die verdedigende kampioen, Welkom Gimnasium, met 26-22 die loef af te steek. Dit was slegs Gimmies se tweede nederlaag sedert 2017 (sewe seisoene) in die Griffon-liga.

    Gimmies het met nog 15 minute se speeltyd oor ‘n gerieflike voorsprong van 22-7 geniet voordat Trio se agttal besluit het basta met dit, dit is tyd vir ‘n opskudding.

    Dit was veral Trio se Cravenweek-vaskopstut, Kaleb Kriek, wat met sy stormramlopies probleme vir Gimmies besorg het. Die slot Piet van Rensburg, flank Conraad Hattingh en haker, Austen Jardim, het ook met hul fisieke spel ‘n reuse rol in die terugvegpoging gespeel.

    Wat Trio se opgang tot in die Griffon-eindstryd merkwaardig maak is die feit dat dit die skool se eerste seisoen op die rugbyveld is. Die skool het sy ontstaan danksy die samesmelting van die Hoërskool Kroonstad (Blouskool) en die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool).

    Die span word deur die voormalige Italiaanse kaptein Quintin Geldenhuys, gebrei.

    Welkom Gimnasium se vorige nederlaag in die liga was teen AHS Kroonstad in die halfeindronde van die 2017-liga. Gimmies het wel ook in 2019 in die eindstryd van die liga gelykop teen Goudveld-Hoërskool gespeel het, Gimmies is egter as kanpioen gekroon omdat hy destyds meer drieë in die eindstryd gedruk het.

    Voortrekker van Bethlehem het in Welkom in sy halfeindstryd sy aartsvyand, Witteberg, met 32-20 verslaan. Die Trekkers het met die sege die twee spanne se keis na hul kus in die eindstryd van die Wesgrow-reeks (17-elk) verlede week beëindig.

    Die Trekkers se agtsteman, Fano Lindo, was aan die spits van sy span se oorwinning. Hy het Witteberg heelwat probleme besorg. Hy is voorlangs goed deur die vaskopstut, Ruan Warden, asook die haker, DH Stevenson, bygestaan.

    Agterlangs het die heelagter, Ruben Kruger, weer ‘n indrukwekkende vertoning opgedis.

    Die feit dat al drie die Trekkers se junior-spanne ook tot die eindstryd deurgedring het, sal die skool van Bethlehem nog meer rede gee om fees te vier.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Trio 26 (7) – Drieë: BJ Pelser, Kaleb Kriek, Marnus Cronjé, Austen Jardim. Doelskoppe: Piet van Rensburg (3). Welkom Gimnasium 22 (22) – Drieë: Jayleigh Arendse, Naylan Goeda, Onnalena Oliphant. Doelskoppe: Renaldo Kiewiet (2). Strafdoel: Kiewiet.

    Voortrekker 32 (13) – Drieë: Fano Linde (2), Ruben Kruger, Ruan Warden, DH Stevenson. Doelskoppe: Kruger (2). Strafdoel: Kruger. Witteberg 20 (7) – Drieë: Ashton Diedericks, Kobus Hefer, Bradley Saptou. Doelskop: Saptou. Strafdoel: Saptou.

    Ander spanne: 

    o.16: Voortrekker 18, Witteberg 7.

    o.15: Voortrekker 28, Trio 7.

    o.14: Voortrekker 30, Trio 0; Witteberg 18, Welkom Gimnasium 14.

  • Paarl Boys’ High – 2022

    Results

    [ninja_tables id=”11226″]

    Coaches: 

    Players: Damian Markus, 

    20 or more points in a match:

    • List Title #1

    3 or more tries in a match:

    • List Title #1

    Interesting Facts:

    • List Title #1
    • List Title #2
    • List Title #3
  • Stellenberg – 2022

    Results

    [ninja_tables id=”11240″]

    Coaches: 

    Players: Damian Markus, 

    20 or more points in a match:

    • List Title #1

    3 or more tries in a match:

    • List Title #1

    Interesting Facts:

    • List Title #1
    • List Title #2
    • List Title #3
  • Paul Roos Gimnasium – 2022

    Results

    [ninja_tables id=”11191″]

    Coaches: Corne Uys.

    Players: Jurenzo Julius, Hermans Lourens, 

    20 or more points in a match:

    • List Title #1

    3 or more tries in a match:

    • List Title #1

    Interesting Facts:

    • List Title #1
    • List Title #2
    • List Title #3
  • Boishaai gebêre deur Kwaggas in George

    Boishaai gebêre deur Kwaggas in George

    FOTO: Francois Boshoff

    Die Hoërskool Outeniqua se Kwaggas het gister weereens gewys dat hulle nie sommer op hul tuisveld onderskat kan word nie.

    Die Kwaggas het die Hoër Jongenskool Paarl met 21-20 in George getroef om Boishaai se seisoen op ‘n negatiewe noot te laat eindig. Boishaai sal waarskynlik in die toekoms herbesin om na die interskole teen Paarl Gimnasium nog ‘n wedstryd te speel.

    Dit neem egter niks weg van die Kwaggas se vertoning nie. Gewoonlik is dit die span van George se agterhoede wat ‘n groot rol in hul wedstrydplan speel.

    Dié keer was dit egter die agttal met die agtsteman, Camden-Jay Schoeman, aan die spits wat die grondslag vir die sege gelê het. Die Kwaggas het met hul rolmaalbewegings vanaf die lynstane vir Boishaai probleme besorg.

    Die agttal se kruiptrekker is hier aangevuur deur hul jokkie – die skrumskakel, Jamil Pretorius, wat nie skaam was om die manne met die plathand aan te hits doellyn toe nie.

    Die wendrie is deur die voorryman Ruan Swart met nog vyf minute se speeltyd oor gedruk. Toe Cliffe Jacobs met die doelskop slaag was dit die eerste keer wat sy span die voortou geneem het.

    Boishaai se afrigters sou altyd sukkel om na ‘n interskole-sege hul span te motiveer vir die wedstryd. Die span van die Paarl se flank, Divan Fuller, asook die heelagter, JC Mars, het egter meer as hul kant gebring.

    In die Beker-kompetisie van die Noordvaal-trofee weet ons dat Monument en Garsfontein die twee halfeindstryde sal aanbied. Die laaste ronde wedstryd sal nog bepaal waarnatoe Noordheuwel en EG Jansen onderskeidelik vir die halfeindronde sal reis.

    Monnas se Wit Bulle het op sy tuisveld vir Menlopark met 38-10 verslaan. Die span van Krugersdorp het vroeër in die week ook vir HTS Middelburg met 78-19 afgeslag.

    Monnas se kaptein en flank, Xander Schoeman, was op sy stukke in die sege teen Menlopark.

    Garsfontein het weer met ‘n uitstekende vertoning in die eerste helfte gesorg dat hy die keer vir EG Jansen van Boksburg met 43-15 verslaan het.

    Die Bere het teen rustyd reeds ‘n voorsprong van 31-5 geniet. Die wenspan se binnesenter, Pieter Coetzer, asook die slot Christopher Sjöblom het blink vertonings opgedis. Vir EG verdien sy heelagter, David Twala, vermelding.

    Garsies se SA Skole-heelagter, Michail Damon, het ‘n ernstige beenbesring tydens die kragmeting opgedoen. Hy sal homself daarom nie volgende week saam met die Suid-Afrikaanse o.18-span kan aansluit nie.

    Waterkloof het ook Vrydag vir die Rooi Bulle van HTS Middelburg met 65-0 kaf gedraf. Die Klofies se agtsteman, Zander Thirion, het gesorg dat hy sy goeie seisoen op ‘n hoogtepunt afsluit deur ‘n lopie van amper 100m af te rond.

    Die nuutgestigte Hoërskool Trio van Kroonstad sal in sy eerste sportseisoen ook die voorreg hê om in die Griffon-eindstryd te speel.

    Trio het die verdedigende kampioen, Welkom Gimnasium, met 26-22 in die halfeindronde getroef. Dit was slegs Gimmies se tweede nederlaag in die Griffon-liga in sewe jaar.

    Gimmies se laaste nederlaag was in die halfeindstryd van die liga teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) in 2017. Trio het sy onstaan te danke aan die samesmelting van die Rooiskool en Blouskool (Hoërskool Kroonstad) en word deur die voormalige Italiaanse kaptein, Quintin Geldenhuys, afgerig.

    Trio se teenstander in die eindstryd sal Voortrekker van Bethlehem wees. Die Trekkers het sy aartsvyand, Witteberg, met 32-20 in die ander halfeindstryd verslaan.

    Die twee spanne het verlede week in die eindstryd van die Wesgrow-liga met 17-elk gelykop gespeel. Die Trekkers sal dus heelwat beter na die sege voel.

    In die Vrystaatse-liga sal Jim Fouché en Sentraal mekaar in die eindstryd pak. JF het vir Fichardtpark met 26-17 in die halfeinronde uitoorlé, terwyl die Tralies vir Landboudal met 30-19 in die ander halfeindstryd met die kous oor die kop huis toe gestuur het.

    Affies het ‘n oortuigende sege van 55-19 oor Pretoria Boys’ High in die twee skole se tradisionele kragmeting behaal. Dit was die 117de ontmoeting tussen die twee skole se eerstespanne.

    FOTO: Francois Boshoff

    Hierdie artikel het oorspronklik in Rapport (07/08/2022) verskyn.

    Al die uitslae: 

    NOORDVAAL

    Afdeling 1

    Beker: Monument 38, Menlopark 10; Garsfontein 43, EG Jansen 15; Waterkloof 65, HTS Middelburg 0; Helpmekaar 38, Marais Viljoen 25.

    Plaat: Ben Vorster 31, Zwartkop 21; Hoërskool Middelburg 37, Transvalia 29.

    Skild: Hoërskool Klerksdorp 17, Oos-Moot 13; Hugenote (Springs) 31, Eldoraigne 19; Ligbron Akademie 24, Jeugland 17; Heidelberg Volkskool 18, Lichtenburg 17.

    Bowl: Hoërskool Pietersburg 30, Hoërskool Alberton 22; Potchefstroom Volkskool 53, Centurion 22; Die Anker 40, Wesvalia 24; Secunda 64, Dr. Malan 12.

    Noordvaal-halfeindstryde

    Afdeling 2: Midstream College 32, Piet Retief 17; Frikkie Meyer 28, Brandwag (Benoni) 10; Ellisras 36, Oosterlig 24; Merensky 45, Ermelo 5.

    Afdeling 3: Die Wilgers 25, Bastion 20; Vryburg 51, Fochville 24; CR Swart 30 Frans du Toit 5.

    Afdeling 4: Eric Louw 17, Carel de Wet 13; Warmbad 22, Bekker 17; Allen Glen 36, Steelcrest 14; Parys 36, Northern Academy 7.

    Afdeling 5A: Magalies 25, Die Wilge 20; Roodepoort 13, Akasia 10.

    Afdeling 5B: Ferdinand Postma 22, Maragon Olympus 7.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Vrystaat-halfeindstryde

    A1: Jim Fouché 26, Fichardtpark 17; Sentraal 30, Landboudal 19.

    B1: Sand du Plessis 28, Brandfort 26.

    Griekwa-halfeindstryde

    Mediumskole: Hartswater 36, Hoërskool Kathu 26; Douglas 24, Martin Oosthuizen 18.

    Kleinskole: Curro Kathu 55, De Aar 15; Wildeklawer 36, Postmasburg 0.

    Griffon-halfeindstryde: Hoërskool Trio 26, Welkom Gimnasium 22; Voortrekker 32, Witteberg 20.

    VRIENDSKAPLIK

    Affies 55, Pretoria Boys’ High 19; Maritzburg College 34, King Edward VII 30.

    WES-KAAP/OOS-KAAP

    Outeniqua 21, Hoër Jongenskool Paarl 20; Bishops 31, St. Andrew’s College 22; Brandwag (Uitenhage) 18, Nico Malan 12; Marlow Landbou 73, HTS Daniël Pienaar 6; Pearson 15, Despatch 0; Tygerberg 33, Swartland 24; Grey High School 29, Muir College 23; Selborne College 33, Dale College 13; Graeme College 22, Queen’s College 19.

  • School Rugby Results – 6 August 2022

    School Rugby Results – 6 August 2022


    NOORDVAAL – BEKER-KOMPETISIE

    Monument 38 Menlopark 10
    Garsfontein 43 EG Jansen 15
    Waterkloof 65 HTS Middelburg 0
    Helpmekaar 38 Marais Viljoen 25

    Ander spanne: 

    o.16: Monument 26, Menlopark 21; EG Jansen 43, Garsfontein 17; Helpmekaar 54, Marais Viljoen 25; Waterkloof 61, HTS Middelburg 7.

    o.15: Menlopark 7, Monument 5; Garsfontein 19, EG Jansen 14; Helpmekaar 22, Marais Viljoen 15; Waterkloof 65, HTS Middelburg 0.

    o.14: Monument 26, Menlopark 15; EG Jansen 17, Garsfontein 10; Helpmekaar 97, Marais Viljoen 0; Waterkloof 37, HTS Middelburg 7. 

    NOORDVAAL- PLAAT-KOMPETISIE

    Ben Vorster 31, Zwartkop 21
    Hoërskool Middelburg 37, Transvalia 29

    Ander spanne: 

    o.16: Ben Vorster 32, Zwartkop 17; Middelburg 23, Transvalia 20.

    o.15: Zwartkop 34, Ben Vorster 10; Middelburg 23, Transvalia 15.

    o.14: Zwartkop 7, Ben Vorster 3; Transvalia 17, Middelburg 5.

    NOORDVAAL SKILD-KOMPETISIE

    Hoërskool Klerksdorp 17, Oos-Moot 13
    Hugenote (Springs) 31, Eldoraigne 19
    Ligbron Akademie 24, Jeugland 17
    Heidelberg Volkskool 18, Lichtenburg 17

    Ander spanne: 

    o.16: o.15: o.14:

    NOORDVAAL BOWL-KOMPETISIE

    Hoërskool Pietersburg 30, Hoërskool Alberton 22
    Potchefstroom Volkskool 53, Centurion 22
    Die Anker 40, Wesvalia 24
    Secunda 64, Dr. Malan 12

    Ander spanne: 

    o.16: Pietersburg 31, Alberton 7; Secunda 50, Dr. Malan 0.

    o.15: Pietersburg 22, Alberton 20; Secunda 14, Dr. Malan 0.

    o.14: Pietersburg 31, Alberton 6; Secunda 48, Dr. Malan 8. 

    AFDELING 2 – KWARTEINDSTRYDE

    Midstream College 32 Piet Retief 17
    Frikkie Meyer 28 Brandwag (Benoni) 10
    Ellisras 36, Oosterlig 24
    Merensky 45 Ermelo 5

    Ander spanne: 

    o.16: Merensky 22, Pretoria-Noord 6.

    o.15: Merensky 22, Ermelo 15; Hans Moore 11, Frikkie Meyer 8.

    o.14: Piet Retief 21, Ben Viljoen 10; Potchefstroom Gimnasium 12, Frikkie Meyer 10.

    AFDELING 3 – KWARTEINDSTRYDE

    Die Wilgers 25, Bastion 20
    Overvaal vs Wolmaransstad
    Vryburg 51, Fochville 24
    CR Swart 30 Frans du Toit 5

    Ander spanne: 

    o.16:

    o.15: Frans du Toit 25, Overvaal 12.

    o.14: Oosterland 22, Louis Trichardt 12. 

    AFDELING 4 – KWARTEINDSTRYDE

    Eric Louw 17 Carel de Wet 13
    Warmbad 22, Bekker 17
    Allen Glen 36, Steelcrest 14
    Northern Academy vs Parys

    Ander spanne: 

    o.16: Elspark 17, Eric Louw 7; Springs Boys’ High stuur punte vir Northern Academy.

    o.15: Parys 40, Northern Academy 12.

    o.14: Eric Louw 15, Carel de Wet 14; Parys 36, Northern Academy 7.  

    AFDELING 5 – KWARTEINDSTRYDE

    5A

    Magalies 25, Die Wilge 20
    Roodepoort 13, Akasia 10

    Rhodesfield vs Morgenzon Landbou
    Akasia vs Generaal Smuts

    Ander spanne: 

    o.17: o.15 .

    5B 

    Maragon Olympus vs Ferdinand Postma
    Marist Brothers Linmeyer – loslooitjie
    Etwata vs Schweizer-Reneke
    Heilbron vs Koster

    Ander spanne: 

    o.15: 



    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    A1-liga Halfeindstryde

    Jim Fouche 26, Fichardtpark 17
    Sentraal 30, Landboudal 19

    Griffon-halfeindstryde

    Trio 26, Welkom Gimnasium 22
    Voortrekker 32, Witteberg 20



    WESTERN CAPE

    Outeniqua 21, Paarl Boys’ High 20
    Diocesan College 31, St. Andrew’s College 22


  • SA Under-18 squads named for International Series

    SA Under-18 squads named for International Series

    Two South African Under-18 sides, consisting of 26 players each, have been named to take on their age-group counterparts from France and England in a four-team International Series in Paarl later this month.

    All six matches have been scheduled to take place at Paarl Gymnasium, with the action to kick off on Friday 19 August. The second round will be on Tuesday 23 August and the action will conclude on Saturday 27 August.

    Junior Springbok head and assistant coaches Bafana Nhleko and Chean Roux will be supporting the coaching staff of the two teams, while the two SA Schools coaches, Kathleho Lynch and Cobus van Dyk, will be in charge of the two teams.

    “These matches form a crucial part of our Elite Player Development (EPD) pathway for our age-group players, run by Herman Masimla and Nico Serfontein, which is why the selectors not only considered players from this year’s U18 Craven Week, but also some who were in the SA U18 team due to tour Georgia last year, a trip which was unfortunately cancelled due to COVID-19,” said Rassie Erasmus, Director of Rugby.

    “We spread the net very wide and considered at all the players who are still U18, even some who have finished their schooling, or who were injured earlier in the season. The EPD programmes were designed exactly for this reason – to ensure players who may have missed a big occasion such as the Craven Week do not fall through the cracks.

    “The pandemic caused some disruptions to our EPD programmes and to have these boys back on the rugby field, playing in green and gold, is great. We’ve gotten Bafana and Chean involved as the next step would be for these players to move into the next EPD phase under Barry McDonald, as well as the SA Under-20s, before they hit the senior ranks.”

    Lynch will again be assisted by James Winstanley, while Van Dyk’s right hand man will be Lwazi Zangqa.

    “Kathleho, Cobus and their management teams did a great job with the two SA Schools sides last month and their game in Cape Town produced a very high standard of rugby, so it made sense to keep continuity in the coaching ranks, as they already know some of the players very well, and both myself and Chean are excited to be working with them,” said Nhleko.

    “England and France have very good age-group rugby programmes and we’re expecting them to provide very strong opposition in this series, which will be beneficial to the players are they are on the cusp of progressing to the Under-20 ranks.

    “The World Rugby Under-20 Championship will be back on the calendar next year and I’m expecting most of these guys to feature for the Junior Boks in the next two years.”

    The players will start their preparations in Stellenbosch from Sunday, 14 August, and will be based at the Stellenbosch Academy of Sport.

    The squads are:

    SA Under-18:

    Backs: Michail Damons (fullback, Bulls), Stehan Heymans (flyhalf, Bulls), Steven Nel (scrumhalf, Bulls), Caleb Abrahams (scrumhalf, Cheetahs), Alfondso Isaacs (wing, Cheetahs), Joshua Boulle (centre, Lions), Joel Leotlela (wing, Lions), Litelihle Bester (centre, Sharks), Sha-Jehaan de Jongh (wing, WP), Bruce Sherwood (centre, WP), Thurlon Williams (flyhalf, WP).

    Forwards: Sibabalwe Mahashe (loose forward, Border), Lilitha Matsiliza (utility forward, Bulls), Casper Badenhorst (prop, Cheetahs), Lukas Meyer (loose forward, Cheetahs), JF van Heerden (lock, Cheetahs), Sifiso Magwaza (prop, Lions), Thabang Mphafi (lock, Lions), Ethan Bester (hooker, Sharks), Thomas Dyer (loose forward, Sharks), Jack Waterhouse (lock, Sharks), Ruan Swart (prop, SWD), Luca Bakkes (hooker, WP), Matthew Fick (loose forward, WP), Reno Hirst (prop, WP), Zachary Porthen (prop, WP).

    SA Under-18 A:

    Backs: Onelisiwe Fani (scrumhalf, Border), Sesethu Mpaka (centre, Border), Bradley Giddy (flyhalf, Cheetahs), Antonio Bruiners (centre, SWD), Camden Schoeman (loose forward, SWD), JT Strydom (fullback, SWD), Jameel de Jongh (wing, WP), Gino Cupido (wing, WP), Jurenzo Julies (centre, WP), Liam Koen (flyhalf, WP), Emrique Liedeman (scrumhalf, WP), JC Mars (fullback, WP), Philip-Albert van Niekerk (centre, WP).

    Forwards: Max du Pisani (loose forward, EP), Ulrich van der Westhuizen (lock, Lions), Christian Everitt (hooker, Sharks), Liyema Ntshanga (prop, Sharks), Sandile Nzuza (utility forward, Sharks), Nic Snyman (prop, Sharks), Zuki Tom (loose forward, Sharks), Bernard Bladergroen (prop, WP), Daniel Botha (lock, WP), Keanu Coetzee (lock, WP), Divan Fuller (loose forward, WP), Willem Loubser (prop, WP), Juan Smal (hooker, WP).

    U18 International Series fixtures:

    Friday 19 August 2022
    13h00: South Africa U18 A vs France
    15h30: South Africa U18 vs England

    Tuesday 23 August 2022
    13h00: South Africa U18 A vs England
    15h30: South Africa U18 vs France

    Saturday 27 August 2022
    13h00: South Africa U18 A vs France
    15h30: South Africa U18 vs England

    SA Under-18 Team Management:
    Head Coach: Kathleho Lynch (Golden Lions)
    Assistant Coach: James Winstanley (Eastern Province)
    Physiotherapist: Ken Kabongo (Boland)
    Strength and Conditioning: Sisonke Makapela (Free State)
    Team Doctor: Gershin Kortje (Boland)
    Team Manager: Dean Moodley (Sharks)

    SA Under-18 A Team Management:
    Head Coach: Cobus van Dyk (Blue Bulls)
    Assistant Coach: Lwazi Zangqa (Border)
    Physiotherapist: Tanya Green (Western Province)
    Strength and Conditioning: Yao Faso Amo (Leopards)
    Team Doctor: Gershin Kortje (Boland)
    Team Manager: Jimmy Jimlongwe (Free State)

  • Oos-Moot behou onoorwonne status in Skild, terwyl Ligbron baas is van die Liggies

    Oos-Moot behou onoorwonne status in Skild, terwyl Ligbron baas is van die Liggies

    Oos-Moot is na sy sege van 24-17 oor Eldoraigne in die Skild-kompetisie van die Noordvaaltrofee die enigste onoorwonne span in die liga oor.

    Die span vanuit die Moot het wel in twee van sy wedstryd gelykop gespeel en dit is ook ‘n teken dat daar nie veel tussen die voorste spanne in die Skild-kompetisie is nie.

    Die laaste twee rondes groepwedstryde sal bepaal wie mekaar in die halfeinronde sal pak.

    Oos-Moot reis hierdie week na Klerksdorp om die Hoërskool Klerksdorp die stryd aan te se, terwyl die span ook nog teen Jeugland moet kragte meet.

    Die span van die Moot se skrumskakel, Jacques Benadie, het die spel goed van agter die oond beheer. Sy skakelmaat, Charl van der Sluys, was met sy skopskoen waarskynlik die verskil tussen die twee spanne op die dag.

    Voorlangs het die loskopstut, Braam Bezuidenhout, elke keer oor die voordeellyn gekom wanneer hy die bal onder die arm vasgeknyp het. Die flank Duvan du Plessis het deurgans hard gewerk, terwyl die haker, Ryan Scott, ook goeie werk by die afbreekpunte verrig het.

    Scott het ook op verdediging sy hand opgesteek en was vir sy span in hierdie aspek goud werd.

    In die Stryd van die Liggies, het die Ligbron Akademie op sy tuisveld in Ermelo vir die Hoërskool Lichtenburg met 20-12 met die kous oor die kop huis toe gestuur.

    Ligbron se agttal het hom uitstekend van sy taak gekwyt om die besoekers se groot pak voorspelers in toom te hou. Agterlangs het sy binnesenter, Kyle Alves, uitstekende werk op verdediging uitgerig, terwyl hy ook op die aanval ‘n doring in Lichtenburg se vlees was.

    Puntemakers: 

    Oos-Moot 24 (10) – Drieë: Carlu Janse van Rensburg, Duvan du Plessis, Gert-Hendrik Grobler. Doelskoppe: Charl van der Sluys (3). Strafdoel: Van der Sluys. Eldoraigne 17 (3) – Drieë: Willie Diffenthal, Jarred Prinsloo. Doelskoppe: Shane Olivier (2). Strafdoel: Olivier.

    Ligbron Akademie 20 (10) – Drieë: Jean-Dre Goslin, Sithelo Zikhali, Khaya Mahlangu. Doelskop: Ruan Matthee. Strafdoel: Matthee. Lichtenburg 12 (7) – Drieë: Johandre van der Walt, Erich Snyman. Doelskop: Snyman.

    Ander spanne: 

    o.16: Eldoraigne 9, Oos-Moot 0; Ligbron 22, Lichtenburg 22.

    o.15: Eldoraigne 33, Oos-Moot 7; Lichtenburg 13, Ligbron 10.

    o.14: Eldoraigne 21, Oos-Moot 7; Ligbron 71, Lichtenburg 0.

  • Noordvaaltrofee vir Afdeling 2 kry heel moontlik staanplek in Limpopo

    Dit is heeltemal te vroeg om enige voorspellings te waag, maar daar is ‘n sterk moontlikheid dat die Noordvaaltrofee in Afdeling 2 ‘n staanplek iewers in Limpopo gaan kry.

    Merensky van Tzaneen en Frikkie Meyer van Thabazimbi het albei klinkende seges op hul tuisvelde in die uitspeelrondes van die reeks behaal.

    Die twee spanne het mekaar ook in die Limpopo-eindstryd gepak. Nog ‘n span vanuit Limpopo, die Hoërskool Ellisras, het ook tot die kwarteindronde van die reeks deurgedring.

    Boonop sal albei spanne tuis in die reeks speel tensy hulle teen ‘n span van die Blou Bulle te staan kom. Die enigste span uit Blou Bul-kontrei wat nog in die reeks na die uitspeelrondes is, is Midstream College.

    Merensky het vir Leeuwenhof Akademie met 50-12 in Tzaneen afgestof. Die span se slot Henro Delport het twee keer die besoekers se doellyn oorgesteek.

    Die span van Tzaneen se volgende wedstryd in die kwarteindronde sal op sy tuisveld teen die Hoërskool Ermelo wees. Die span van Ermelo het Potchefstroom Gimnasium met 30-17 in hul uitspeelwedstryd verslaan.

    Frikkie Meyer het vir die Hoërskool Randburg met 66-12 afgeslag. Die wenspan se Ulrich Gilbert en agtsteman, HJ Janse van Rensburg, het albei dubelle driedruk-plesier ervaar.

    Janse van Rensburg is die jonger broer van Benhard Janse van Rensburg wat op losskakel en senter vir onder meer die Cheetahs en London Irish uitgedraf het. Laasgenoemde speel tans nog vir London Irish.

    Frikkie Meyer se vaskopstut, Vian Horn, het boonop agt van sy span se nege drieë verdoel. Horn is die susterskind van die gewese Springbok-slot, Victor Matfield.

    Die span van Thabazimbi sal die komende naweek teen die Valke se kampioen, Brandwag van Benoni, te staan kom. Brandwag het in sy uitspeelwedstryd vir Wonderboom met 40-26 die loef afgesteek.

    Die span van Benoni se losskakel, Tristan Pelser, het met sy taktiese skopwerk daarin geslaag om Wonnies se agterste driehoek on druk te plaas. Hy het ook ‘n hele paar keer met skerp breekslae die span van Pretoria se verdediging behoorlik beproef.

    Twee spanne wat Limpopo se partytjie kan bederf, Midstream College en Piet Retief, pak mekaar in die kwarteindronde. Midstream College het sy plek in die ronde met ‘n sege van 24-15 oor Hans Strijdom van Naboomspruit bespreek.

    Die span van Centurion se haker, Franco du Toit, was meer as ‘n handvol vir Hans Strijdom om te hanteer. Vir die Hansies het sy agtsteman, Frikkie Geyser, ‘n blink vertoning opgedis.

    Midstream College se losskakel, Christaan Mare, het twee keer verby die verdediging van die Hansies geglip om ‘n draai agter die doellyn te maak.

    Piet Retief moes hard sweet op sy tuisveld om vir Wagpos van Rustenburg met 18-14 met die kous oor die kop huis toe te stuur. Die wenspan se Londa Mkhize, Mpho Sekhoto en Timothy Ntshangase kan meer as tevrede met hul vertonings in die sege voel.

    Ellisras het daarin geslaag om vir Hoërskool Florida met 22-5 te troef. Florida het vroeër vanjaar die titel as kampioen van die Pukke se Sport-reeks verower, so dit is duidelik dat Ellisras self oor ‘n gedugte span beskik.

    Florries se slot Denver Kaundule het sy seisoen met ‘n skitterende vertoning ondanks die nederlaag afgesluit. Kaundule is ewe gemaklik aan die kant van die skrum.

    Die span van Lephalale sal in die kwarteindronde op sy tuisveld teen Oosterlig van Boksburg te staan kom. Oosterlig

    Oosterlig het danksy die feit dat hy in die tweede helfte tot ‘n hoër rat in sy kragmeting teen Pretoria-Noord kon oorskakel met die telling op 38-26 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span van Pretoria het met die omdraaislag ‘n voorsprong van 21-19 geniet.

    Die span van Boksburg se regtervleuel, Heinrich Bestbier, het twee keer gaan druk danksy sy opvolgwerk na goeie taktiese skoppe. Die span se fiksheid het gesorg dat hy in die laaste 20 minute genoeg in sy petroltenk oorgehad het om die kragmeting deur te trek.

    Puntemakers: 

    Midstream College 24 () – Drieë: Christiaan Mare (2), Jacques Vos, Rowan Lindeque. Doelskoppe: Jaedon de Leeuw (2). Hans Strijdom 15 () – Drieë: Frikkie Geyser, Hannes Fourie. Strafskop: Fourie, Doelskop: Fourie.

    Merensky 50 (17) – Drieë: Henro Delport (2), Clifford Ledwaba, Tirelo Mashapa, Klokke Mohlala, Zander Heydenrych, Mahlatse Semosa, Dirk de Nyschenn. Doelskoppe: Philip Ludick (3), Mohlala (2). Leeuwenhof Akademie 12 (0) – Drieë: 8 (2). Doelskop: .

    Ellisras 22 (12) – Drieë: Gerdro Grobler, Hope Seaga, Johan van Deventer. Doelskoppe: Grobler (2). Strafdoel: Mabotha Gwangwa. Florida 5 (5) – Drie: Tristan de Hart.

    Brandwag (Benoni) 40 (14) – Drieë: Werner Moorcroft (2), Sheldon Lucas, Tristan Pelser, Eben Pretorius, Nelis van Rooyen. Doelskoppe: Lucas (5). Wonderboom 26 (14) – Drieë: Justin Helena (2), Wian Louw, Thapelo Simangwe. Doelskoppe: Helena (2), Louw.

    Ermelo 30 () – Drieë: Geen inligting ontvang. Potchefstroom Gimnasium 17 () – Drieë: Enrique Claassen (2). Doelskoppe: Jason Greyvenstein (2). Strafdoel: Greyvenstein.

    Piet Retief 18 () – Drieë: Timothy Ntshangase, Wandile Mathe. Doelskop: Zander Coetzee. Strafdoele: Coetzee. Wagpos 14 ().

    Oosterlig 38 (19) – Drieë: Heinrich Bestbier (2), Boeta Nieuwenhuisen, Damian Damoney, Mariques Pretorius, Hanco du Plooy. Doelskoppe: Caiden Serfontein (4). Pretoria-Noord 26 (21) – Drieë: Geen inligting ontvang.

    Frikkie Meyer 66 () – Drieë: Ulrich Gilbert (2), HJ Janse van Rensburg (2), Edward Terblanche, De Wet van der Walt, Tommie Swanepoel, Tristan Baart, Janco van Deventer. Doelskoppe: Vian Horn (8). Randburg 12 () – Geen inligting ontvang.

    Ander spanne: 

    o.16: Overkruin 18, Hans Strijdom 15; Ellisras 21, Oosterlig 13; Dinamika 30, HTS Tom Naude 26; Pretoria-Noord 11, Hans Moore 10; Bergsig 14, Ermelo 10; Potchefstroom Gimnasium 22, Rob Ferreira 21; Leeuwenhof 26, HTS John Vorster 14; Merensky 40, Randburg 14;

    o.15: HTS John Vorster 33, HTS Tom Naude 0; Merensky 73, Leeuwenhof 15; Frikkie Meyer 10, Randburg 7; Brandwag 54, Pretoria-Noord 7; Ermelo 55, Potchefstroom Gimnasium 12; HTS Witbank 17, Wagpos 13; Hans Moore 26, Midstream College 10; Hans Strijdom 19, Dinamika 15.

    o.14: Frikkie Meyer 17, Pretoria-Noord 10; Ben Viljoen 28, Brandwag 7; Randburg 17, Merensky 12; Hans Moore 6, Midstream College 0; Piet Retief 17, Bergsig Akademie 7; Potchefstroom Gimnasium 20, HTS Witbank 18; Driehoek 24, HTS John Vorster 22; Dinamika 19, Ellisras 10.