The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.
If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at netball@superschoolsnews.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.
The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.
If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at hockey@superschoolsnews.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.
Die Griffons A-liga halfeindstryd wedstryde vind Saterdag by die Downtouch Investments Stadion in Welkom plaas met twee herontmoetings om die eindstryd te bepaal.
Volg die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou
Voortrekker en Hoërskool Trio spook dit eerste uit vir ‘n kans om vir die titel mee te ding.
Toe die twee spanne mekaar vroeër in die seisoen ontmoet het was dit Voortrekker wat met 24-18 kon wen, maar Hoërskool Trio het na die skoolvakansie klaarblyklik hul vorm gevind.
Die span van Kroonstad wat alle verwagtings verlede jaar in hul debuut-seisoen kon oorskrei toe hulle die Griffon-liga wen deur om die Trekkers in die eindstryd met 21-14 te verslaan het in hul twee wedstryde na die breuk in die seisoen baie sterk vertoon deur om met Sentraal met 37-14 weg te sien voordat hulle verlede naweek die beste vertoning hierdie jaar gelewer het in ‘n 65-21 pakslae vir ‘n baie sterk Jim Fouché span te gee.
Die Trekkers is sonder hul uitblinker Cravenweek heelagter, Tumi Khoza en hul Akademieweek haker, Arnold Ras, vir die wedstryd.
Hul reserwe-haker, HJ Spalding het op dieselfde naweek as Ras seergekry, so Hendrik Matthee kry hierdie naweek weer die geleentheid om sy staal te wys.
Hul agsteman, Fano Linde, is ook nie beskikbaar Saterdag nie. Linde is as deel van die SA o.18 Sewes-groep na Trinidad and Tobago waar hy aan die Statebond Jeugspele gaan deelneem van Sondag af.
Daar is egter steeds vele gevaarpunte in die Voortrekker span, soos hulle verlede naweek gewys het deur om 57 punte teen Sentraal aan te teken.
Hoërskool Trio maak staat op hul dinamiese Akademieweek losskakel, Byron Biennas, wie week na week vir hulle uitblink.
Charlten Basson (senter), Thuto Kekane (vleuel), JD Kirstein (slot), Tapiwa Mundeta (agsteman) en CJ Taljaard (skrumskakel) is die Griffons Cravenweek spelers wat Saterdag vir Trio in aksie sal wees.
Hul Cravenweek haker, Heinrich Loubsher, is nie beskikbaar vir die wedstyd nie en Dandre Bloem, die Griffons stut, begin op die plaasvervangerbank.
In die hoofswedstryd van die dag speel vanjaar se gunsteling vir die titel, Welkom Gimnasium, teen Witteberg.
Toe hulle gedurende die seisoen ontmoet het was die Gimmies gemaklik met 41-19 baas, en hulle het sedert daardie wedstryd minstens 40 punte teen vyf van hul volgende ses teenstanders aangeteken.
Die hele Welkom Gimnasium span is nog heel jaar baie opwindend om te volg, maar Renaldo Kiewiet (losskakel) staan die afgelope paar weke uit as die in-vorm speler in ‘n witwarm span.
Kiewiet is aangewys as die voorste puntemaker by die jaar se Cravenweek in George, en kon sedert die begin van die derde kwartaal 53 punte in twee wedstryde aanteken deur om sewe drieë te druk, ses doelskoppe oor te sit, ‘n strafskop te verdoel en ‘n skepskoppie by te sit om dit alles af te rond.
Die tweeling-broers Naylen en Naven Goeda, lyk net so opwindend elke naweek op heelagter en vleuel, en hul agsteman, Ethan Jones, het self al ‘n hele paar pragdrieë aangeteken
Die span is propvol talent en energie en sorg elke week vir aanskoulike rugby.
Witteberg het verlede naweek egter ook baie sterk vertoon deur om in hul laaste Wesgrow bepaling van die jaar die onoorwonne Fichardtpark te laat sweet tot in die laaste oomblikke, voordat die manne van Bethlehem uiteindelik met 29-27 die knie moes buig.
Hul staatmaker skrumskakel, Dries Stemmet, val hierdie naweek weer in op losskakel sodat Sydwell Sethi vir die beseerde Curtley Smith op heelagter kan instaan.
Kirsten Fourie kry dan weereens speelkans op skrumskakel. Hy het hom verlede naweek goed van sy taak gekwyt teen die Fichie-leeus maar hy sal hierdie naweek op die uitkyk moet wees vir Jones en sy twee flanke, Raylin Kirsten en Lawrence Lamiene, wie lewe vir hom gaan probeer moeilik maak rondom die losgemaal.
Die spanne is:
Voortrekker t. Hoërskool Trio om 12:30
Voortrekker: 15 Tiaan van Rooyen, 14 Kamohelo Moses, 13 Hein Smith, 12 Craig Mann, 11 Kaneng Komane, 10 Johan Whitehead, 9 Alexander Maree, 8 Dawid Fourie, 7 Alberto Argentino, 6 Jayden de Jesus, 5 Harry Kymdell, 4 Luttig Roux, 3 Cecil Parsons, 2 Hendrik Matthee, 1 Francois Maree.
The Western Cape is buzzing with top-quality schoolboy rugby action this weekend. In Ceres, two of the Boland’s most exciting teams clash when Charlie Hofmeyr hosts Worcester Gimnasium and there is a score to settle in Bredasdorp when they host Montagu, who they have not been able to get the better of since 2009.
Catch the action on SuperSport Schools live – Register now
Charlies are without their SA U18 Sevens player, Luan Giliomee (flyhalf) who is in Trinidad and Tobago where they will be representing the country at the 2023 Commonwealth Youth Games from Sunday.
Their fullback, Lawrence Jantjies, stood out for them last weekend when they beat Hermanus 36-13 and will be one to look out for in this match again, as the kicking battle is sure to play a big part in the quest for dominance.
Worcester Gimnasium can call on either of their centres, Carick Kustoor and Lohenzel Jansen, to take up the kicking duties when needed.
Their fullback, Jovawn Visagie, has also been a livewire all season, and he will be looking to make an impression on Saturday.
Also keep an eye on the hosts’ speedster winger, Matthew Syster, who has crossed the line in three of their last four matches and looks a danger when given a glimpse of space.
Montagu looks to defend their proud unbeaten record since 2009 when they visit Bredasdorp.
The hosts have looked strong this season and it may be their year to break the curse, but this would not be the first time that Montagu has come into this fixture looking like the underdogs.
The scheduled match between Hugenote and Robertson had to be called off due to the taxi protests in the area.
The teams are:
Charlie Hofmeyr vs Worcester Gimnasium at 12:50:
Charlie Hofmeyr: 15 Lawrence Jantjies, 14 Matthew Syster, 13 Kyle Swartland, 12 Phillip du Plessis, 11 Deolyn Isaac, 10 Ronwil Frans, 9 Izha-Vin van Wyk, 8 Johan Coetzee, 7 Wilmar Winterbach, 6 Tyron Davids, 5 Le Roux Groenewald, 4 Benja Muller, 3 Duran Shiba, 2 Connor Baron, 1 Niquin Pietersen.
This weekend gear up for two must-watch encounters that promises to provide an unforgettable spectacle of skill, power, and sheer determination amongst some of the big names in South African School Rugby.
2023, has provided some epic matches with teams travelling away on exchanges, think back to when Grey College and Maritzburg College came up to Affies, or when Michaelhouse travelled to Pretoria Boys’ High School.
While up on the highveld, the excitement is palpable as two rugby powerhouses, Jeppe High School for Boys and Durban High School, are set to go head-to-head in what promises to be an electrifying encounter at Collard Field.
The first XV gets underway at 13:00.
After what has been a 13-year hiatus of this fixture, both teams will be eager to face each other again, which now compromises a full set of fixtures between the schools, who first played each other back in 1938.
King Edward VII marches into Pietermaritzburg to face the challenge posed by the in-form Maritzburg College, for the showdown at Goldstones starting at 13:30 pm.
Jeppe, known for their fearless and relentless style of play, has been a growing force in the 2023 season. Since losing narrowly to Affies by one point, the side has clipped the wings of Pretoria Boys’ High School, Parktown Boys’ High School and King Edward VII.
The backline’s speed and agility will test Durban High School’s defense, Bokamoso Maphisa, was the star of the day last weekend, showcasing his attacking prowess by scoring an incredible hattrick of tries to put his side in a winning position.
DHS, hailing from the rugby-rich coastal city of Durban, brings a unique blend of natural athleticism and flair to the game and will be looking to build on what has been a successful season thus far. Fresh off a win against Northwood, DHS will be feeling confident leading up to this fixture.
Simphiwe Ngobese, the SA Schools prop will play a pivotal role in the scrums, providing power and ball-winning abilities. His fellow Sharks Craven Week teammate and winger Maurice Willemse will bring the blitz to an attacking backline.
On the other side of the country, King Edward VII, renowned for its proud rugby legacy, is leaving no stone unturned as they look for victory down in the midlands. They will be determined to make a resounding statement on the pitch after losing last weekend to Jeppe High School for Boys 43-31.
King Edward VII’s hooker, Siphosethu Mnebelele, also put on an impressive display last weekend scoring an outstanding hattrick of tries. His role in securing possession and creating attacking opportunities makes him a crucial component for this fixture.
However, they will face a formidable challenge in the shape of Maritzburg College, who have been on an impressive winning streak. With three consecutive victories under their belt against Northwood (36-12), Affies (50-31) and Pretoria Boys’ High School (43-12) this College team is brimming with confidence and eager to maintain their winning momentum.
College’s dynamic fly-half, Luc Du Toit whose impeccable decision-making and accurate kicking could be the key to unlocking KES defense.
These encounters are expected to be tightly contested, with all four of the schools being highly accomplished teams, predicting the outcome is a tough task. In the Maritzburg clash one would favour the hosts based on their current form. DHS has shown that they are able to compete with any side, but Jeppe have shown that they are not to be underestimated.
The players will wear their school colors with pride, with every tackle, pass, and try reflecting the passion and commitment they have for their school.
Die Wilgers van Pretoria kom Saterdag in die kwarteindronde van Groep 3 in die SDC Noordvaal Cup teen waarskynlik sy grootste toets vanjaar te staan.
Die span van Pretoria moet na Mbombela reis om teen die Puma-kampioen, Curro Nelspruit, sake om ‘n plek in die halfeindronde uit te spook. Die Wilgers is saam met Hoërskool Vryburg die verdedigende kampioene in die reeks na hulle verlede jaar die louere in die eindstryd gedeel het.
Curro Nelspruit was vanjaar nog net een keer aan die verloorkant. Dit was teen ‘n toerspan van die Hoër Jongenskool Paarl wat uit grootliks spelers vanuit die spogskool in die Wes-Kaap se derdespan bestaan het.
Die Wilgers word aangevoer deur sy kantman, Ajay Lottering, wat saam met die haker, Tiaan Joubert, voorlangs vir die tuisspan probleme kan besorg.
Die ander verdedigende kampioen, Vryburg, sal op sy tuisveld, die Gert Lubbe-sportgronde, teen Vereeniging Gimnasium te staan kom. Vryburg is nog altyd ‘n gedugte teenstander op sy tuisveld en dit sal ‘n reuse poging van die span van Vereeniging kos om vir homself ‘n plek in die volgende ronde te bespreek.
Die Hoërskool Erasmus van Bronkhorstspruit hoop ook om vir ‘n opskudding weg van die huis te sorg wanneer hy Saterdag teen die Hoërskool Brits te staan kom. Erasmus het die Valke se kampioen-span, Delmas, met 24-15 uitgeskakel.
Brits het in sy uitspeelwedstryd teen die Zayo Academy oortuigend met 35-6 koning gekraai.
Bastion van Roodepoort is ook ‘n sterk aanspraakmaker op vanjaar se titel. Hy kom op sy tuisveld in die kwarteindronde teen Overvaal te staan. Die span van Vereeniging sal egter nie ‘n maklike teenstander wees nie.
Overvaal het vir Louis Trichardt met 21-19 in die uitspeelrondes uitgeskakel. Bastion was op sy beurt met 30-15 oor Volksrust baas.
Die spanne is:
Hoërskool Vryburg vs Vereeniging Gimnasium in Vryburg om 11:15:
Vryburg: 15 Sally Mokoka, 14 Kutlwano Mamoga, 13 Linda Boya, 12 Karabelo Mbolekwa, 11 Johannes Haasbroek, 10 Zander Ackerman, 9 Rikus Nieuwoudt, 8 Kenan Joseph, 7 Marno van den Berg, 6 Ben van Niekerk, 5 Niel van der Vyver, 4 Jan Espag, 3 Daniel Nortjé, 2 Johan Steyn, 1 Kobus van den Berg.
Vereeniging Gimnasium: 15 Duncan Scheun, 14 Henno van Heerden, 13 Shaun van der Merwe, 12 Neil Helberg, 11 Duandré Kloppers, 10 Tony Prince, 9 André Labuschagne, 8 Thato Lehohla, 7 Dominique Britz, 6 Zander Jonck, 5 Hennie Coetsee, 4 Werner Lottering, 3 Janco Nel, 2 Marco Steyn, 1 Leon Ferreira.
Curro Nelspruit vs Die Wilgers in Mbombela om 11:00:
Curro Nelspruit: 15 Josch Gouws, 14 Mbuyelo Rikatso, 13 Devon Bezuidenhout, 12 Enrique van der Merwe, 11 Taku Taderera, 10 Jodi Berlington, 9 Hopewell Khoza, 8 Hermanus Robbertze, 7 Bonolo Mphahlele, 6 Tihan Rademeyer, 5 ED Ndhlala, 4 Eben van Wyk, 3 Waltd Stander, 2 Musa Ngwenya, 1 Lwazi Ngwenyama.
Die Wilgers: 14 David Valentine, 14 Armand Pretorius, 13 Armand Griessel, 12 Jonathan Hefer, 11 Jason Beets, 10 Willem Ferreira, 9 Vicky Beukes, 8 Vincent Marucchi, 7 Ruben Botha, 6 Ajay Lottering (kaptein), 5 Caleb Klein, 4 Herman Rogers, 3 Willem Minny, 2 Tian Joubert, 1 Ruaan Minny.
Hoërskool Erasmus vs Hoërskool Brits in Brits om 10:00:
Erasmus: 15 Hein Burgers, 14 Thoriso Legodi, 13 Petrus van der Merwe, 12 Reinhardt Uys, 11 Boka Sebothoma, 10 Pieter Uys, 9 Marnus Erasmus, 8 André Bezuidenhout, 7 Dudu Mashinini, 6 Frikkie de Klerk, 5 Gustav van der Walt, 4 Tiaan Coetzee, 3 Raynardt Jacobs, 2 GJ Smuts, 1 Jayden Hilliar.
Brits: Nie ontvang.
Bastion vs Overvaal in Roodepoort om 11:00:
Bastion: 15 Liam Jacobs, 14 Bennie Paich, 13 Aiden Gerberg, 12 Duwandré Greyling, 11 Heinrich Albrecht, 10 Devlin du Preez, 9 Juan Venter (kaptein), 8 Christiaan Harmse, 7 Christo Troskie, 6 Deanin Marais, 5 Michael Bester, 4 Estuan Reynolds, 3 Joordre de Beer, 2 Christopher Strydom, 1 Rynhardt Koekemoer.
Overvaal: 15 Jamie van der Lith, 14 Dwayne Oosthuizen, 13 Tristen Ward, 12 Miquel Carolus, 11 Zandré Ferreira, 10 Jason Pretorius, 9 Wynand Vermeulen, 8 Ruan Krauze, 7 Zander de Leeuw, 6 CJ du Toit, 5 Sean Dubery, 4 Vian Kruger, 3 Ewaldt de Klerk, 2 Branden Mocke, 1 Declan Booth.
Daar is agt rolspelers oor in Groep 2 van die SDC Noordvaal Cup met vyf van die rolspelers wat hul onderskeie unies se kampioene is.
Limpopo se kampioen, die Hoërskool Ellisras, kom in die kwarteindronde teen Dinamika van Alberton te staan. Die span van Lephalale sal na LA oftewel Lower Alberton moet reis vir die kragmeting.
Dinamika is die Goue Leeus se kampioen. Die span van Alberton het vir die Hoërskool Randburg met 23-15 in die Leeu-eindstryd uitoorlê. Ellisras is as Limpopo-kampioen gekroon toe hy Frikkie Meyer van Thabazimbi met 33-22 in dié eindstryd getroef het.
Die span van Ellisras het vroeër vanjaar ook die kroon as kampioen van die Mauritz Hansen-week of Hansie-week soos dit in die volksmond bekend staan. Hier het hy ook vir Frikkie Meyer met 17-8 in die eindstryd verslaan.
‘n Wedstryd se uitslag tydens die week wat Dinamika met belangstelling sou dophou is die sege van 5-0 oor die Hoërskool Linden op die tweede dag in Mookgophong.
Dinamika het vanjaar al twee spanne wat in die Bowl-afdeling van die SDC Noordvaal Cup meeding slae gegee. Hy het vir Dr. Malan (23-14) en die Hoërskool Alberton (32-10) vroeër in die seisoen geklop.
Die kragmeting tussen Dinamika en Ellisras behoort dus een van die hoogtepunte van die kwarteindronde te wees.
Die verdedigende kampioen van die SDC Noordvaal Cup, Midstream College, het self ‘n moeilike besoek aan Ermelo wat op hul wag. Die span van Centurion is ook die Blou Bulle-kampioen, terwyl sy gasheer die Hoërskool Ermelo die Puma-kampioen is.
Ermelo het sy titel as Puma-kampioen beklink met ‘n sege van 20-17 oor Rob Ferreira van Witrivier. Midstream College het nie veel probleme in die Bulle-eindstryd teen Overkruin (49-3) ervaar nie.
Ermelo het ‘n trotse rugbygeskiedenis en was die eerste houer van die kompetisie se trofee in 1920 toe hy vir Heidelberg Volkskool met 3-0 in die eindstryd verslaan het. Die skool moes wel 80 jaar wag voordat hy sy tweede titel in 2000 (toe Beeldtrofee) sou verower.
Midstream College se Cravenweek-vleuel, Hilton Thomas, sal ook fyn deur die tuisspan dopgehou word. Thomas is ook ‘n bekwame naelloper wat met skitterende tye van 21 .88 sekondes (200m) en 48.09 sekondes (400m) vanjaar op die tartanbaan spog.
Die Valke se kampioen, Hans Moore van Benoni, sal na Rustenburg reis om teen die Luiperds se naaswenners, Bergsig Akademie, te staan te kom. Hans Moore het vir Brandwag naelskraaps in die Valke-eindstryd met 18-17 getroef.
Bergsig kan egter nie gering geskat word nie. Die span het vanjaar reeds onder andere met Frikkie Meyer (47-28), Randburg (46-29) en Rob Ferreira (12-10) afgereken.
Al die spanne sal wel die uitslag van die kragmeting langs die oewer van die Mooirivier in Potchefstroom met groot belangstelling dophou. Die Luiperds se kampioen, Potchefstroom Gimnasium, speel gasheer vir Brandwag van Benoni.
Die Gimmies beskik vanjaar oor ‘n span wat ‘n sterk aanspraakmaker op die titel is. Hulle het vanjaar in hul jaarlikse FNB Classic Clash vir Potchefstroom Volkskool met 26-13 verslaan. Die Volkies neem in die kompetisie in Groep 1 in die Bowl-afdeling deel.
Potch Gimmies het die Luiperds se naaswenners, Bergsig Akademie, oortuigend met 45-5 in hul kragmeting ore aangesit.
Die span van Potchefstroom het wel vanjaar teen Dinamika met 6-31 die knie behoorlik gebuig.
Die spanne is:
Potchefstroom Gimnasium vs Brandwag (Benoni) in Potchefstroom om 11:20:
Potchefstroom Gimnasium: 15 Jaap van der Westhuizen, 14 Lourens Jacobs, 13 Jean Groenewald, 12 Delarey Joubert, 11 Toks Becker, 10 Jhanco de Beer, 9 Dian Smith, 8 Morné van Aswegen, 7 Dewald Lubbe, 6 Bart du Plooy, 5 Tobias van Dyk, 4 Kyle Williams, 3 Deandré Lombard, 2 Franco van Dyk, 1 Daneil Potgieter.
Brandwag (Benoni): 15 Stefan Horn, 14 Tyrese Baatjies, 13 Logan Turvey, 12 Ruan Joubert, 11 Sheldon Lucas, 10 Kevin van der Merwe, 9 Jayden Smith, 8 Ruben Riekert, 7 Ruan Nelson, 6 Fred Terblanche, 5 Eben Pretorius, 4 Charl van Zyl, 3 Edward Kotze, 2 Theuns Goosen, 1 Nardes Bloemhoff.
Hoërskool Ermelo vs Midstream College in Ermelo om 10:15:
Midstream College: 15 Jaedon Louw, 14 Hilton Thomas, 13 Justin Hattingh, 12 Anru Cronjé, 11 Nicolaas Vlok, 10 Christiaan Mare, 9 Xander Senekal, 8 Tian Pretorius, 7 Joshua Smit, 6 Jahred Smit, 5 Kago Montene, 4 Jacques Vos, 3 Deon le Roux, 2 Mika Lubbe, 1 Kobus van der Merwe.
Bergsig Akademie vs Hans Moore in Rustenburg om 11:20:
Bergsig: 15 Waldo Pretorius, 14 Siya Buthelezi, 13 JL Janse van Rensburg, 12 Jaysen de Abreu, 11 Alzandro dos Santos, 10 Simeon Botha, 9 Paulo dos Santos, 8 Jacques du Plooy, 7 CJ van Rooyen, 6 Cobus Ferns, 5 Dewald Potgieter, 4 Taffa Luyanda, 3 Hercu du Plessis, 2 Clayton Reed, 1 Bongi Sakie.
Hans Moore: 15 Warren Minnaar, 14 Carl Muller, 13 Shanden Mays, 12 Stephan Kellerman, 11 Lex Laurens, 10 Tristan Fletcher, 9 Jean Maré, 8 Keagan van Zyl, 7 Liam Diedericks, 6 Luan Zeelie, 5 Nico Boshoff, 4 Marnus van der Walt, 3 Jayden van Heerden, 2 Johan du Plessis, 1 Lian Jansen.
Dinamika vs Hoërskool Ellisras in Alberton om 10:00:
Dale College will go into Friday’s clash against an unbeaten Selborne College side knowing that nothing short of a miracle will be needed to win the clash that has been one-sided for the longest time.
Dale has had one of their most unconvincing seasons, losing several matches on the way come up against a side in form, and looking to close off the season unbeaten in the Province.
In their latest fixture against Selborne, the Dale boys lost (6-0) in East London and with their latest match resulting in the same score against Makhanda’s St Andrews College, the mountain will be steeper for the side.
A fixture that turned out to be one-sided, with St Andrews whipping the home side, and scoring six goals while Dale only managed a solitary goal by Gavin Walton.
That result epitomized the type of season Dale College has endured on the turf.
When SuperSport Schools spoke to the assistant coach of the team, Andrew Senekal in May ahead of their clash against Queens, the coach mentioned that the side was suffering mentally from the long run without a win.
“There are various challenges that we’ve had, and coming from the festival where we didn’t get any wins, it’s tough,” he said at the time
“A lot of the mental aspect is low at the moment; we are trying to get the boys in the correct mental head space and get them to work together again.”
One may argue that the side needed the mid-year break to work on some tactical issues and potentially come back stronger to end the year on a positive note.
Since then, the side came back and drew with Stirling High (1-1) before the St Andrews thumping.
If a draw against the East London side is anything to draw confidence from, the side will aim to shift that confidence and energy into the Selborne clash.
The side from East London has remained consistent throughout the whole year. They have managed to maintain their attractive style of play which has seen them counterattack teams and force errors.
In their last match, they thumped Queens College (9-2) in the FNB Classic Clash.
That performance certainly delivered a statement that, the season might be coming to an end, but KJ Friend’s side is still eager to play.
In saying so, the side will travel to King knowing exactly where to punish Dale’s defence which has been shaky all season. As for Dale, a miracle of some sort will be needed to keep a side fired up to finish in the top 20 in the school rankings away.
Selborne College: Charlie Caswell, Gray van Heerden, Daniel Gaylard, Shane Stagg, Ben van der Merwe ( C ), Masibulela Siswana, Tre’ Gilbert, Daniel Conroy, Jaques van der Merwe, James Carr, Daniel Sirgel, Lunga Malusi, Waeden Plaatjes, Cade Kock.
Other matches:
Woodridge College host Westering High School, while Stirling High School play Cambridge.
St Andrews College, and Kingswood College have wrapped up their respective seasons while Queens College and Grey High will have a break before their final matches of the season in the following week.
Fixtures:
16:00 – Dale College vs Selborne College
17:20 – Cambridge High School vs Stirling High School
19:25 – Woodridge College vs Westering High School
Die Oos-Vrystaatse kampioen, Vrede, pak vir Hennenman in die halfeindronde van die Vrystaatse Platteland-liga.
In die ander halfeindstryd kom die Sandveld-liga se kampioen, Hoopstad, teen Paul Erasmus van Senekal te staan.
Die wenners sal mekaar nie net om die titel as Vrystaat Platteland-kampioen vir kleinskole die stryd aansê nie, maar ook om ‘n plek in die Kovsiestreek-kompetisie se Colt-liga.
Vrede kon hul Oos-Vrystaat titel verlede naweek verdedig teen Ficksburg met ‘n 28-12 sege op hul tuisveld en by die Griffons-stadion in Welkom het Hoopstad met 24-17 teen Wilgerivier gewen in die Sandveld-liga eindstryd.
Hoopstad se losskakel, Arrie Ferreira, se geleerde skopskoen het die verskil gemaak in hul sege oor Wilgerivier.
Fereirra kon al sy span se drieë verdoel en met ‘n strafdoel slaag om nege punte by te dra in die eindstryd.
Vrede se losskakel, Ewan Luus, het ook al hul drieë verdoel en self agter die wit lyn gaan kuier in die Oos-Vrystaat eindstryd teen Ficksburg.
Hulle het verlede jaar ook die Vrystaat Plattelandse-liga gewen en lyk op die oomblik weer soos die voorste aanspraakmakers op daardie titel.
PJ Botha, Vrede se staatmaker haker het nog ‘n drie agter sy naam gekry. Botha speel ‘n sentrale rol in sy span se aanval en kon in die halfeindstryd ook twee drieë aanteken.
Ficksburg en Bothaville pak mekaar aan vir ‘n plek in die Plattelandse-eindstryd vir mediumskole waar hulle teen die wenner van die stryd tussen Wilgerivier en Ladybrand te staan sal kom.
Ficksburg se staatmaker haker en kaptein, Juandré Steenkamp, vuur sy span aan en is definitief ‘n speler om dop te hou die naweek.
Hul teenstanders, Bothaville, se losskakel, Alex du Pisani, se ingeoefende skopskoen mag ‘n bepalende faktor vir sy span wees, hy is ook ‘n opwindende speler om voor uit te kyk in Saterdag se wedstryd.
Die spanne is:
Vrede t. Hennenman om 11:00:
Vrede: 15 Awie Viljoen, 14 Henco Crouse, 13 Skosana Lesolang, 12 Wynand Engelbrecht, 11 Nichaelin Patrick, 10 Ewan Luus, 9 Charl Cilliers, 8 Wikus Fourie, 7 Nathan Venter, 6 Thabang Motaung, 5 Theo van Zyl, 4 Du Toit Neethling, 3 Paul du Plessis, 2 PJ Botha, 1 Adriaan Mostert.
Hennenman: Nie beskikbaar.
Hoopstad t. Paul Erasmus om 10:10:
Hoopstad: 15 Busi Mfebe, 14 Corne Wilsnach, 13 Hennie Barnard, 12 Abrie van Zyl, 11 Michael Steyn, 10 Arrie Ferreira, 9 Edward Graham, 8 Adam Barnad, 7 AB Muller, 6 Jurgens Human, 5 Christiaan Liebenberg, 4 AP Meyer, 3 Hano Botha, 2 Ruben Enslin, 1 Pieter Vosloo.
Een keer ‘n jaar kom die Paarl tot stilstand waneer die grootste interskole in die wêreld afsluit met die hoogtepunt van die week se aktiwiteite met die twee trotse skole se eerste rugbyspanne wat mekaar aanpak in die Faurestraat-stadion.
Dit is ‘n tradisie wat sedert 1915 gekweek word, toe die spanne mekaar vir die eerste keer ontmoet het.
Verlede jaar kon die Hoër Jongenskool Paarl met die terugkoms van hul afrigter, Sean Erasmus, na ‘n periode by die Goue Leeus, die dorp weer blou verf na ‘n 26-24 oorwinning in ‘n klassieke Paarl-derby.
Divan Fuller, Paarl Boys’ High se SA skole flank, het in sy graad 11 jaar in daardie wedstryd uitgeblink, en sal, nes menigde ander spelers op die veld Saterdag, die laaste wedstryd van sy skolerugby loopbaan wil afsluit op ‘n hoë noot. Daar kan natuurlik net een wenner wees, en albei spanne sal slaggereed wees vir hierdie, die grootste bepaling op hul kalendar.
Tussen 2015 en 2018 het Boishaai, onder die leiding van Erasmus, ook die oorhand oor hul buurskool gehad, maar in 2019 was dit ‘n Gimmie span met Stravino Jacobs wie nou vir die Blou Bulle speel en Curwin Gertse, wie by die Sharks aangesluit het, wat in ‘n riller met 18-17 kon wen.
Dit was nie die eerste keer dat ‘n enkele punt die twee na 70 minute skei nie. Hierdie is jaar na jaar een van die hardste bepalings van die seisoen, met ‘n gemiddelde punteverskil van slegs vyf punte oor meer as 100 wedstryde.
Paarl Gimnasium het ‘n beter rekord hierdie seisoen, en lyk soos die in-vorm span in die Suide van die land.
Hulle het nog slegs teen Grey-kollege van Bloemfontein verloor (33-12) vroeër in die seisoen. Die enigste ander wedstryd wat hulle nie gewen het nie was teen Outeniqua, toe hulle in moeilike omstandighede, in George, teen die span wat hul honderste bestaansjaar vier, met 10-elk moes sussies soen.
Boishaai het egter die meeste verteenwoordigers in die onoorwonne Westelike Provinsie span by die Craven Week gehad hierdie jaar, en spog met drie SA Skole spelers in hul midde.
JC Mars (heelagter), Jameel de Jongh (vleuel) en Fuller is die Boishaai spelers in die SA Skole groep, terwyl Paarl Gim se losskakel, Kyle Smith, ook gekies is vir die span.
Paarl Boys’ High het egter ‘n moeilike seisoen beleef, en het al vyf keer vasgeval hierdie jaar teen Durbanville (26-25), Oakdale (20-17), Grey-kollege (39-30), Paul Roos (35-17) en onlangs teen Boland Landbou (26-22).
Laas wat Boishaai teen Boland Landbou verloor het was in 2009, toe Springbok-stut, Frans Malherbe, kaptein was van die Hoër Jongenskool eerstespan. Daardie einste 2009 groep het egter toe vir Paarl Gim met 24-12 geklop om ‘n vyf jaar onoorwonne streek tot ‘n einde te bring.
Saterdag word alle wenpersentasies, geskiedenis en nasionale ere egter vergeet waneer die twee spanne uitdraf. Dan is dit net die dertig seuns op die veld en die hop van die bal wat kan bepaal wat die volgende hoofstuk van hierdie eeu oue instelling sal bevat.
Die Gimmies se heelagter, Tazreeq Moerat, is nog heel seisoen ‘n uitblinker vir sy skool, en sy vleuel, Freek de Kock, senter, Hennie Otto, en slot, Danio Botha, is van die ander spelers wat ‘n groot rol mag speel in die wedstryd.
Vir Boishaai was hul graad 11 flank, Rubin Dames, en sy groot buitesenter, Bryan Burger, verlede naweek die helde.
Die spanne is:
Hoër Jongenskool Paarl t. Paarl Gimnasium om 16:00:
Hoër Jongenskool Paarl: 15 JC Mars, 14 Scott Nel, 13 Bryan Burger, 12 Daniel van der Merwe, 11 Jameel de Jongh, 10 Ruan van Willing, 9 Juan Loots, 8 Divan Fuller, 7 Chris Nel, 6 Rubin Dames, 5 Van Heerden Pretorius, 4 Michael Versfeld, 3 Alfie Holm, 2 HB Odendaal, 1 Michael Pretorius.
Paarl Gimnasium: (Moontlik) 15 Tazreeq Moerat, 14 Freek de Kock, 13 Hennie Otto, 12 Kobus Blankenberg, 11 Pieter-Nel du Plessis, 10 Kyle Smith, 9 Dawid Kotze, 8 Nicus van Coller, 7 Louw du Toit, 6 Adrúan Kotze, 5 Marco Steyn, 4 Danio Botha, 3 Nicholas Crous, 2 Jannie Grobbelaar, 1 Xander Mynhardt.