Daar sal vanjaar vir die tweede agtereenvolgende keer nie ‘n Cravenweek gehou word nie.
‘n Brief aan die unies deur SA Rugby se uitvoerende bestuurder, Jurie Roux, het hulle ingelig dat die vereniging nie vanjaar die toernooi sal aanbied nie. Die onderskeie skoleverenigings word wel aangemoedig om onder mekaar steeds provinsiale wedstryde te reel.
Verskeie unies se skoleverenigings het reeds aangedui dat hulle nie vriendskaplike provinsiale wedstryde gaan skeduleer indien daar nie ‘n toernooi vanjaar aangebied gaan word nie.
Die besluit deur SA Rugby beteken dat daar vanjaar geen amptelike provinsiale toernooi aangebied sal word nie. Die Cravenweek is verlede jaar vir die eerste keer sedert sy ontstaan in 1964 weens die Covid-19 pandemie nie aangebied nie.
SA Rugby het waarskynlik geen keuse gehad om die besluit te neem nie. Die feit dat die derde vlaag van die virus in Suid-Afrika nou eers provinsies soos die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal tref sou ‘n impak op die besluit gehad het. Verskeie provinsies kon nog nie eers proewes hou weens die uitwerking van die pandemie nie.
Daarby is skole soos Grey-kollege en Paul Roos Gimnasium gedwing om vir ‘n tydperk weens positiewe gevalle te sluit. Boland moes verlede week sy Cravenweek-proewe ook kanseleer. Die feit dat die matrieks reeds besig met hul rekord-eksamens is sou waarskynlik ook ‘n rol in die besluit gespeel het.
Die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereneging (SASRA) het vandag ‘n vergadering om onder andere die pad vorentoe vir 2021 te bespreek. Die vereniging word gelei deur sy voorsitter, Noel Ingle, en sal waarskynlik teen more ‘n verklaring oor die aangeleentheid uitreik.
Die Cravenweek sou aanvanklik vanjaar deur die Hoërskool Monument in Krugersdorp aangebied gewees het. Dit sou een van die hoogtepunte van die skool se 100ste bestaansjaar vieringe gewees het. Daar was nog nie sekerheid na die Cravenweek tot Oktober uitgeskuif was, of Monnas steeds die toernooi sou aanbied nie.
[powr-comments id=”eab076a1_1629817581522″]


Die Hoër Landbouskool Oakdale het waarskynlik vir oulaas sy spiere Saterdag teen HTS Drostdy op Trappespark in Worcester gebult. Die Bulle van Oakdale het op die ou einde met 43-14 gemaklik as oorwinnaars van die veld gestap. 
Die Hoërskool Noord-Kaap het Saterdag met ‘n sege van 29-17 oor Diamantveld gesorg dat Kimberley vir die volgende jaar so effense groen kleur sal hê. Maar op die ou einde van die dag was rugby die grootste wenner in die FNB Classic Clash tussen Northerns en Diamonds.

Die jaarlikse FNB Classic Clash tussen die Hoërskool Noord-Kaap en Diamantveld is altyd ‘n klipharde tweestryd. 
Only one team can boast with a spotless record after the first two rounds of the SA Rugby u20 Championship.
Daar is goeie en slegte nuus uit die Paarl vandag. 



SA Rugby and the Georgia Rugby Union (GRU) announced on Friday that the planned SA Under-18 tour to Georgia had been called off due to the prevalence of positive COVID cases in both countries.
School Sports is back!