SSPN Test Site

Blog

  • Noord/Suid se bepalings sê top skolerugby gaan in Pretoria plaasvind

    Noord/Suid se bepalings sê top skolerugby gaan in Pretoria plaasvind

    NoordSuid2019Die voorste skolerugbyspanne in Suid-Afrika sal mekaar reeds volgende jaar tydens die jaarlikse Barloworld Toyota Menlyn Noord-Suid-toernooi in Pretoria begin uitsorteer.

    Die bepalings vir volgende jaar se fees van skolerugby is bekend gemaak en ondersteuners sal reeds hul lippe aflek. Die Noord/Suid-toernooi sal van 20 tot 24 Maart in die Jakarandastad plaasvind. 

    Die eerste ronde wedstryde sal op 20 en 21 Maart plaasvind. Watter een van die twee dae die onderskeie wedstryde sal plaasvind moet nog bepaal word.

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria, wat volgende jaar sy eeufees vier, sal in sy enigste wedstryd van die toernooi teen Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch te staan kom. Affies bied kort daarna die Wêreld-skolefees as deel van sy feesvieringe aan. 

    Vanjaar se voorste skolespan, Grey-kollege, sal teen Monument van Krugersdorp kragte meet. Wedstryde tussen die twee skolespanne is gewoontlik kliphard. Garsfontein en Paarl Gimnasium pak mekaar ook en in die twee vorige kragmetings tussen die twee skole tydens die Noord/Suid-toernooi het die vonke behoorlik gespat. 

    Grey sal in sy tweede kragmeting teen EG Jansen van Boksburg te staan kom. Die span van die Rosestad kan hom dus gereed maak vir twee fisieke stryde tydens Noord/Suid. 

    Outeniqua kry in die tweede ronde die geleentheid om die bordjies teen Garsfontein te verhang. Die Garsies het vroeër vanjaar tydens dié toernooi die Kwaggas met 28-24 getroef. 

    Die Virsekerbeker-kampioen van 2019, die Hoërskool Menlopark, kom in sy eerste wedstryd teen Boland Landbou te staan. Die Parkies sal voel hulle het ‘n appeltjie met die manne van die Agter-Paarl te skil nadat dié hom verlede jaar in die hoofwedstryd van die Loftus Prestige-aand verneder het. 

    Menlopark kom in sy tweede kragmeting teen Stellenberg te staan. 

    Daar is nog vele ongelooflike tweestryde wat wag tydens die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi van 2020 as daar na al die bepalings gekyk word.  

    Die bepalings is: 

    20/21 Maart 2020

    Affies vs Paul Roos Gimnasium
    Monument vs Grey-kollege
    Paarl Gimnasium vs Garsfontein
    EG Jansen vs Stellenberg
    Helpmekaar vs Outeniqua
    Waterkloof vs Durbanville
    HTS Middelburg vs Welkom Gimnasium
    Boland Landbou vs Menlopark
    Noordheuwel vs Duineveld

    23/24 Maart 2020

    Grey-kollege vs EG Jansen
    Garsfontein vs Outeniqua
    Monument vs Boland Landbou
    Paarl Gimnasium vs Helpmekaar 
    Menlopark vs Stellenberg
    Waterkloof vs Welkom Gimnasium
    Duineveld vs HTS Middelburg
    Durbanville vs Noordheuwel

    LEES MEER: 

    Vyf nuwe gesigte te sien in volgende jaar se Noord/Suid-toernooi

    [powr-comments id=”a487119f_1566890669113″]

  • Gimmies kan ‘n reuse aanslag van Gouties in Shimla-eindstryd te wagte wees

    NewsGKekeMorabeGoudveld-Hoërskool se eerste rugbyspan sal sy beste vertoning van die seisoen, jammer waarskynlik ten minste die afgelope dekade moet opdis indien hy Saterdag as kampioen van die Kovsie-streekkompetisie se Shimla-liga gekroon wil word. 

    Die Gouties kom teen die verdedigende kampioen, Welkom Gimnasium, in die eindstryd op Shimlapark om 14:40

    Die twee aartsvyande het mekaar al twee keer vanjaar op die rugbyveld die stryd aangesê. Die twee spanne het met 22-elk gelykop in die Griffon-eindstryd gespeel, maar Gimmies het laaste gelag omdat hulle eerste in die kragmeting gaan druk het. 

    In die ligawedstryd wat ook die jaarlikse FNB Classic Clash is, het Gimmies gemaklik met 43-16 as oorwinnaars van die veld gestap. Gouties kon laas in 2014 (36-18) daarin slaag om Welkom Gimnasium te troef. 

    Gimmies word versterk deur sy kaptein en agtsteman, Keke Morabe, wat weer sy plek aan die agterkant van die skrum sal inneem. Morabe het die halfeindstryd van die Shimla-liga teen Duineveld weens sy betrokkenheid by die SA Skole-span misgeloop. 

    Gimmies het vir Duineveld van Upington met 44-15 in die halfeindronde verslaan om sy plek in die eindstryd te bespreek. Gouties het vir die eerste keer tot die eindstryd deurgedring na die Vrystaatse kampioen, die Hoërskool Sentraal, met 59-28 omgedop het. 

    Goudveld het met dié sege ook behoorlik die bordjies teen die Tralies verhang na hy vroeër die knie met 24-34 teen Sentraal tydens die Wesgrow-liga gebuig het. Gouties het vroeër vanjaar in die halfeindronde van die Griffon-liga teen Voortrekker van Bethlehem ook die bordjies met 38-17 verhang. Die Trekkers het die ligawedstryd tussen die twee spanne naelskraaps met 39-38 gewen.

    Gouties se sleutelspelers sal sy kaptein en skrumskakel, JC Allan, wees. Hy sal sy span moet aanvuur om met ‘n uitsonderlike vertoning vorendag te kom. Die agtsteman, Jubaren Adriaan, sal moet probeer om Morabe soveel as moontlik uit te skakel. Allan se skakelmaat, Dylan Smith, kan ook met sy dartellopies vir Gimmies probleme besorg. 

    Morabe kan goeie ondersteuning van sy twee flanke, Calla Pienaar en Christo Steyn, verwag. 

    Een ding is seker die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga se trofee sal vir die volgende jaar steeds in Welkom staan. 

    Die spanne is: 

    Welkom Gimnasium: 15 Marchall Andrews, 14 Morné Maastriet, 13 Jaime Heynes, 12 Keith van Aswegen, 11 Marno April, 10 Bennie Human, 9 Shaquille van Heerden, 8 Keke Morabe (kaptein), 7 Calla Pienaar, 6 Christo Steyn, 5 Husain Banzi, 4 Tandikaya James, 3 Franco-Lee Ceaser, 2 Martley Bayman, 1 Johan Pretorius.

    Goudveld-Hoërskool: 15 Jacquin Bailey, 14 Marius Hechter, 13 Jaco Weideman, 12 Vian Benson, 11 Elcurtis Lewack, 10 Dylan Smith, 9 JC Allan (kaptein), 8 Jubaren Adriaan, 7 Dylan Pretorius, 6 Neil Harmse, 5 Rian Olivier, 4 Henricht Cloete, 3 Eckhard Malan, 2 JP Knoessen, 1 Alistair O’Brien.

    Skeidsregter: Tiaan Steyn (Vrystaatse Skeidsregters-vereniging).

    [powr-comments id=”6523954e_1566574047797″]

  • Durban High School appoints their new Director of Rugby

    NicoleRouxDurban High School managed to lure a big fish to take charge of their rugby program. The school announced that they appointed Nico le Roux as their new Director of Rugby.

    Le Roux coached Impala Rugby Club in Rustenburg as their Director of Rugby from the end of 2014 until this year’s final of the Gold Cup. During his four years at the club they were crowned champions twice, lost the 2015-final against Durbell (30-31) by a single point 

    Le Roux last game in charge was during this year’s Gold Cup final which Impala won by 37-31 against Durbell. 

    Nico was also a technical advisor for the All Blacks under coach John Mitchell. During his time in New Zealand he also worked with the Blues, Chiefs and the Junior All Blacks.  

    He has enjoyed a long and successful career coaching rugby, which began back in 1994 when he was appointed as the Lions High Performance Manager. His career took a huge leap in 2001, when he was appointed as the Technical Advisor to the Chiefs Super Rugby Franchise.

    Le Roux was then appointed by the Waikato Rugby Union as their Technical Advisor. His period in New Zealand also included working as Performance Analyst for the Blues Super Rugby Franchise and the North Harbour Rugby Union. The highlight of his stay in New Zealand was when he was appointed as Technical Advisor to the All Blacks.

    In 2009 Le Roux returned to South Africa and was appointed as the attack coach for Boland. From the Boland, He was appointed by SARU in their Coaches Education Department. He also consulted for the Bulls.

    In 2014 Le Roux joined the Investec Rugby Academy as a course presenter and Head Coach of their Elite players group. 

    Le Roux holds a B.Com (Honours) in Sports Management.

    Durban High School’s previous Director of Rugby, Scott Mathie, joined Griqualand West and helped them to reach the Currie Cup semi-finals for the first time since 1998.

    [powr-comments id=”f93836a0_1566998899319″]

  • Nail biting win as Waterkloof trump Affies

    Nail biting win as Waterkloof trump Affies

    NewsGDewaldBrevisThe Northern’s Platinum Cricket League has started up again with the first round of fixtures having taken place on the 17th August 2019 across the region. The season sees the schools play each other once in a round robin set of fixtures.

    In the A Section Affies 1st XI lost narrowly to a strong Waterkloof 1st XI by 3 wickets, with two balls to spare. Affies set a score of 255/9 after their allotted 50 overs. Dewald Brevis top scored with 108 from 91 balls which included an astonishing eleven maximums. Kyle Welman chipped in with bowling figures of 10 overs 4/42.

    Waterkloof’s chase was built around a 127-run partnership between Simeon De Bruyn (77 from 93 balls) and all-rounder Hardus Coetzer. Waterkloof were cruising to a comfortable win up until Schalk Engelbrecht picked up three crucial wickets slowing down the rate and dragging the game in to a dramatic final over win. Waterkloof’s batsmen managed to hold their nerve allowing them to cross the line.

    In the other two games of the day Pretoria Boys’ High managed to win comfortably by 36 runs against a strong Menlopark side at Hofmeyer Oval. Tim Ferguson set the tone with 52 not out from 45 balls and Kieran Croome falling short of a hard-grafted half century making 48 from 94 balls.

    Jaryd van Straaten from Boys High was the pick of the bowlers for the day bagging 4/25 in 7 overs. Tristan Janse van Rensburg from Menlo scored 64 from 103 balls giving Menlopark a chance after losing three wickets early wickets leaving the middle order with a tough ask.

    Prestige College hosted Centurion to a low scoring match where the visitors bowled the hosts out for 112 runs. Nathan Fox managed to pick up 4/17 in 6.2 overs and middle order batsmen Michael Salomon top scored with 57 not out to guide Centurion to an easy victory.

    The first round match between Garsfontein and Cornwall Hill College is postponed to a future date.

    Tomorrow sees another action-packed weekend.

    Results:

    Northerns First Platinum League A Section

    Pretoria Boys’ High 203/4 (Tim Ferguson 52* Kieran Croome 48; R Greyvenstein 2/36); Menlopark 167/10 from 44.4 overs (Tristan Janse van Rensburg 64, Jaryd van Straaten 4/25). Pretoria Boys’ High won by 36 runs.

    Affies 255/9 from 50 overs (Dewald Brevis 108; K.Welman 4/42); Waterkloof 256/7 from 49.4 overs (Hardus Coetzer 80, Simeon De Bruyn 77; Schalk Engelbrecht 3/27). Waterkloof won by three wickets.

    Prestige College 112 from 35.2 overs (T.Baloyi 19; Nathan Fox 4/17); Centurion 113/2 (Michael Salomon 57*). Centurion won by eight wickets.

    Fixtures 24 August 2019

    Cornwall Hill u19 A vs Affies u19 A
    Garsfontein u19 A vs Pretoria Boys High u19 A
    Menlo Park u19 A vs Centurion u19 A
    Waterkloof u19 A vs Prestige College u19 A

  • Grey College – 2006

    Grey College – 2006

    Results

    Grey College 41,  Northern Cape High 5
    Grey College 34,  Harmony Sportacademy 17
    Grey College 36,  Dale College 3
    Grey College 25,  Diocesan College 14
    Grey College 46,  Queens College 8
    Grey College   5,  Jim Fouche 5
    Grey College 50,  Maritzburg College 3
    Grey College 51,  Selborne College 0
    Grey College 20,  Paarl Boys’ High 5
    Grey College 13,  Affies 18
    Grey College 53,  Sentraal 3
    Grey College 54,  Fichardtpark 0
    Grey College 55,  Sand du Plessis 0
    Grey College 34,  Grey Boys’ High School 21
    Grey College 34,  Pretoria Boys’ High 8
    Grey College 43,  Sentraal 10
    Grey College 10,  Glenwod 14
    Grey College 11,  Paul Roos Gymnasium 16
    Grey College 22,  Cherries 8

    Players: Robert Ebersohn, Roche van der Westhuizen, Sybrand Mostert, Gerhard Swart, Walt Vermeulen, Sias Ebersohn, PW van Vuuren, George Whitehead, Hadley Smith, Christopher Dry, Coenie Oosthuizen, Gerhard Landman, Johan van Schalkwyk, George Whitehead, Danie Calitz and Wayne Stevens (captain).

  • Grey College – 2005

    Grey College – 2005

    Players: Kevin Stevens, Sewes Oosthuizen, Sybrand Mostert, Wayne Stevens, Roux du Toit, JW Jonker, Donald Stevens, Coenraad Pieterse en Fritz Kamffer.

  • Vyf nuwe gesigte te sien in volgende jaar se Noord/Suid-toernooi

    Vyf nuwe gesigte te sien in volgende jaar se Noord/Suid-toernooi

    NoordSuid2019Vyf nuwelinge sal volgende jaar vir die eerste keer aan die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi in Pretoria in aksie wees. Volgende jaar sal die sewende keer wees dat die toernooi aangebied word. 

    Paul Roos Gimnasium, HTS Middelburg, Noordheuwel, Duineveld en Welkom Gimasium is die nuwelinge wat volgende jaar aan die gesogte toernooi sal deelneem. Die Hoër Jongenskool Paarl is die enigste span wat vanjaar in aksie was wat nie volgende jaar sal deelneem nie. Boishaai onderneem volgende jaar ‘n toer na Ierland en is daarom nie beskikbaar nie. 

    Sedert die ontstaan van die toernooi in 2014 het dit van krag tot krag gegroei en volgende jaar sal daar ‘n rekord van 18 van die land se voorste skolespanne in die Jakarandastad in aksie wees. 

    Die toernooi word deur die gewese Bok-vleuel Pieter Rossouw en voormalige Blou Bul-spanbestuurder, Wynie Strydom, gereël. Strydom het self op sy dag die oond vir die Ligbloues skoongemaak. 

    Die toernooi het ‘n beskeie onstaan in 2014 gehad, met Paarl Gimnasium, Waterkloof, Menlopark en Harrismith wat die deelnemende skole was. Die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi is egter nou saam met die Wildeklawer-toernooi die twee voorste skoletoernooie in Suid-Afrika. 

    Die spanne is: 

    Noord: Affies, EG Jansen, Garsfontein, Helpmekaar-kollege, HTS Middelburg, Menlopark, Monument, Noordheuwel, Waterkloof. 

    Suid: Paarl Gimnasium, Boland Landbou, Durbanville, Stellenberg, Grey-kollege, Outeniqua, Paul Roos Gimnasium, Duineveld, Welkom Gimnasium.

    [powr-comments id=”c5ae62ad_1566463652924″]

  • APCAN-reeks ‘n gulde geleentheid vir skole ter voorbereiding van die 2020-seisoen

    ApcanSkoleReeksDie tweede APCAN Skole-reeks skop Saterdag op die velde van die Hoërskool Florida in Roodepoort. Die reeks bied die ideale geleentheid aan skoolspanne om hul voorbereidings vir die 2020 seisoen af te skop. 

    Weens die aard van die reeks wat as voorbereiding vir volgende jaar dien mag slegs graad 11 leerlinge aan die toernooi deelneem. 

    Saterdag se wedstryde op Florries se A-veld sal regstreeks via DigiTV.co.za gebeeldsend word. 

    Die hoogtepunt van die eerste ronde wedstryde sal die kragmeting tussen die gasheer en die Hoërskool Linden wees. Die dag skop reeds om 08:00 af wanneer Die Adelaar en CBC Boksburg mekaar die stryd aansê.

    CBC Boksburg het al ‘n Springbok opgelewer in die gewese Bok-heelagter Conrad Jantjies. Florida spog met die huidige Springbok-losskakel, Elton Jantjies, as een van sy oud-leerlinge. En natuurlik het die Hoërskool Bekker van Magaliesburg onlangs die bydra van Marco van Staden tot die Suid-Afrikaanse span gelewer.

    Die Hoërskool Bastion het ook al ‘n Springbok opgelewer in die skrumskakel, Rudy Paige, wat ook op sy dag die SA Skole-span verteenwoordig het.

    Daar sal ‘n span tydens die reeks gekies word, wat later vanjaar ‘n toer deur Argentinië sal onderneem. Vision Sports sal die toer organiseer, terwyl Monty Beyneveldt, Doom Gouws en die voormalige Cheetah- en Leeu-senter Alwyn Hollenbach sal as keurders dien. Hollenbach sal ook van sy energie tot die mikrofoon as kommentator tot van die wedstryde se beeldsending verleen.

    Gouws het onlangs na 27 jaar as lid van die Noordvaal Skolevereniging se bestuur afgetree. Beyneveldt is ‘n legende op skolevlak in die Wes-Rand en het jare lank HTS Nic Diedericks se eerstespan gebrei. 

    Ander skole wat vanjaar aan die reeks deelneem sluit in HTS Nic Diedericks, Randpark, Bryanston High, Allen Glen, Roodepoort, Highlands North, Glen Harvey, Soweto Rugby Development, Carleton Jones, Trinityhouse (Randpark), Bergsig Akademie, Jan Viljoen van Randfontein, Bastion en Wonderfontein.

    Saterdag, 24 Augustus 2019 se bepalings is: 

    A-veld

    08:00 – Adelaar vs CBC Boksburg
    09:00 – HTS Nic Diedericks vs Bryanston
    10:00 – Randpark vs Bekker
    11:00 – Allen Glen II vs Roodepoort
    12:00 – Florida vs Linden
    13:00 – Highlands North vs Glen Harvey

    B-veld

    08:00 – Queen’s High II vs Soweto Rugby Development
    09:00 – Wonderfontein vs Carleton Jones
    10:00 – Allen Glen vs Trinityhouse (Randpark)
    11:00 – Bergsig Akademie vs Queen’s High
    12:00 – Bekker II vs Adelaar II

    [powr-comments id=”7e9dc533_1566397445866″]

  • Exciting sevens rugby, netball on offer at Framesby this weekend

    TwizzaFollowing a highly successful inaugural u17 sevens rugby tournament last year, Framesby have increased their offering in 2019 to include an u15 sevens category, as well as a Fast5 netball tournament.

    The event, sponsored by Langerry Holiday Apartments and Twizza, will take place at the Framesby school campus on Friday and Saturday (August 23-24), culminating in the u17 sevens rugby final at 5pm on the second day.

    Not only have the tournament organisers, under Christo Scriven, added further sports and categories to the overall package, they have also increased the numbers in the u17 sevens rugby competition to 20 teams.

    It should make for an exciting festival of sport as the curtain begins to wind down on the official schools rugby programme for the season.

    Scriven paid tribute to the sponsors for their support of the tournament and said the feedback they had received had encouraged them to look at increasing the number of participants.

    “We received exceptionally positive reactions from last year’s inaugural tournament and that is one of the main reasons why we have increased the numbers,” he said.

    “In addition, the support we have received from Derick and Charmaine Wilkie of Langerry Holiday Apartments, plus the role played by Twizza, has enabled us to include the U15 sevens division and the Fast5 netball tournament.

    “We are looking forward to a wonderful celebration on schools sport, with the emphasis on making sure the children and supporters enjoy the occasion.”

    The u17 sevens programme will take place on the Framesby A field and will see 20 teams in action, while 12 sides will contest the U15 tournament on the B field.

    The teams are which are competing are:

    u15 Sevens

    Pool A: Grey High, Daniel Pienaar, Cillie.

    Pool B: Pearson, Nico Malan, John Walton.

    Pool C: Brandwag, Marlow Landbou, Humansdorp Secondary.

    Pool D: Framesby, Otto du Plessis, Andrew Rabie

    u17 Sevens

    Pool A: Framesby, Pearson, Union High, Otto du Plessis, John Walton.

    Pool B: Brandwag, Marlow Landbou, Nico Malan, Andrew Rabie, DF Malherbe.

    Pool C: Grey High School, Daniel Pienaar, Ithembelihle, Kirkwood, Booysens Park.

    Pool D: Outeniqua, Despatch, Volkskool, Humansdorp Secondary, Cillie

    At the conclusion of the pool games, the teams will be ranked according to points and the competition will then enter a knockout phase, starting with the quarterfinals.

    In the Fast5 netball tournament, which will take place on Saturday, a total of 14 teams will compete in the U15 and U17 age-groups. Teams will consist of eight players, with five players on the court at one time.

    The teams are:

    U15: Framesby, Humansdorp Secondary, Despatch, Cillié, Otto du Plessis, Nico Malan

    U17: Humansdorp Secondary, Despatch, Cillie, Nico Malan, Otto du Plessis, Kirkwood, Framesby DF Malherbe

    [powr-comments id=”34d8e19d_1566380982966″]

  • Hilton College – 2019

    Results 

    1 09/03/2019 Hilton College 20 Durban High School 3  
    2 16/03/2019 Hilton College 14 Kearsney College 14  
    3 23/03/2019 Hilton College 20 Michaelhouse 10  
    4 06/04/2019 Hilton College 21 St George’s (ZIM) 12 Kingswood 125
    5 08/04/2019 Hilton College 27 St Andrew’s College 43 Kingswood 125
    6 10/04/2019 Hilton College 20 Kingswood College 14 Kingswood 125
    7 27/04/2019 Hilton College 31 Northwood 15  
    8 11/05/2019 Hilton College 42 Pretoria Boys’ High 27  
    9 18/05/2019 Hilton College 25 Westville Boys’ High 22  
    10 01/06/2019 Hilton College 21 Maritzburg College 17  
    11 08/06/2019 Hilton College 50 Sarel Cilliers 0  
    12 15/06/2019 Hilton College 28 Michaelhouse 8  

    Players: