SSPN Test Site

Blog

  • Vossies bo op puntelys na Montana die eerste keer gly

    Vossies bo op puntelys na Montana die eerste keer gly

    NewsGBenVorster1Ben Vorster beklee nou die boonste posisie op die puntelys na sy sege van 35-25 oor die Hoërskool Rustenburg, nadat Montana sy eerste nederlaag van die Virsekerbeker se Plaat-kompetisie teen Marais Viljoen (28-38) op die lyf geloop het. 

    Die Vossies het egter een wedsryd meer as Montana gespeel, maar die span van Tzaneen se sterte is ongetwyfeld in die lug na twee goeie seges die afgelope twee weke oor onderskeidelik Marais Viljoen (30-26) en Rustenburg. 

    Die Vossies se flank Renzo du Plessis sal volgende jaar ‘n skrikbewind op die rugbyveld voer indien hy sy voete plat op die aarde hou. Du Plessis was verwoestend teen Rustenburg op die aanval sowel as die verdediging.

    Die kantman is nog in graad 11 en het tot dusver ‘n rits indrukwekkende vertonings opgedis. Die agtsteman, Doran Kleynhans, was ook soos gebruiklik ‘n doring in die vlees van die teenstanders met sy kragtigre lopies. 

    Kleynhans se besluitneming gedurende die wedstryd was ook van hoogstaande gehalte. Die skakelpaar, Tiaan Meintjies en Lehann Marais, het spel goed takties dikteer. 

    Marais Viljoen se losskakel, Anru Pienaar, was aan die voorpunt van sy span se sege van 38-28 oor Montana. Pienaar het 20 van sy span se punte via ‘n drie, drie doelskoppe en drie strafdoele aangeteken. Dit was Montana se eerste nederlaag van die reeks. 

    Puntemakers: 

    Ben Vorster 35 (14) – Drieë: Doran Kleynhans (2), Renzo du Plessis, Nathan van den Heever, Leonard Joubert. Doelskoppe: WC Kriel (5). Hoërskool Rustenburg 25 (19) – Drieë: Estiaan van Tonder, Bryan du Plessis, JP Botha. Doelskoppe: Wiehan Kruger (2). Strafdoele: Kruger (2). 

    Marais Viljoen 38 – Drieë: FC Kotze, Derik van Zyl, Dhane Dippenaar, Anru Pienaar. Doelskoppe: Pienaar (3). Strafdoele: Pienaar (3). Skepdoel: Rehan le Maitre. Montana 28 – Drieë: Gerhard van Niekerk (2), Jooste Nel, Joe Adlem. Doelskoppe: Franco Stassen (2), Jos Farrel (2).

    Ander spanne:

    o.16: Rustenburg 38, Ben Vorster 17; Montana 22, Marais Viljoen 17.

    o.15: Ben Vorster 38, Rustenburg 26; Marais Viljoen 21, Montana 0.

    o.14: Rustenburg 29, Ben Vorster 12; Marais Viljoen 8, Montana 6.   

    [powr-comments id=”62d6c644_1559473751357″]

  • Rugby dié Wenner, maar die telbord lees: Monument 3, Hans Coetzee 1

    NewsGHeikoPohlmanRugby was Saterdag in Krugersdorp die wenner. 

    Ná 15 jaar wat Monument en Noordheuwel mekaar nie in ‘n amptelike wedstryd die stryd aangesê het nie, kan daar na gister geen twyfel bestaan dat rugbyondersteuners van die Wes-Rand uitgehonger vir só kragmeting was. 

    Meer as 5500 mense het opgeruk vir die kragmeting en selfs twee ekstra pawiljoene wat deur Noordheuwel gedurende die week aangeskaf is, was naastenby genoeg om aan almal ‘n sitplek te gee nie. 

    Monnas se Wit Bulle moes veel harder werk vir sy sege van 43-27 as wat die telbord aandui. Die verskil op die dag was sonder twyfel nader as die 16-punt sege aandui. 

    Monument se hoofafrigter, Tjaart van der Walt, sal egter meer as tevrede met sy span se vertoning asook die vyf ligapunte in die sakkie wees. 

    Monnas het teen rustyd ‘n voorsprong van 19-10 opgebou, maar het meeste van die balbesit in die eerste helfte geniet. Niemand was beter in die eerste helfte as die Wit Bulle se vaskopstut, Heiko Pohlmann, nie. 

    Hy is in die tweede helfte ook met ‘n tweede drie in die wedstryd beloon na hy die veld vol gespeel het. Buiten Pohlmann het Monnas se binnesenter, Richard Collins, ook blink vertoon en amper na willekeur bresse in Nories se verdediging geslaan. 

    Nories se buitesenter, Maurice Marks, het binne die eerste minuut na rustyd vir sy tweede drie van die kragmeting oorduik om Monnas se voorsprong na slegs 19-17 te laat krimp. Monnas het egter dadelik terug geslaan met Collins wat vir sy tweede drie oorgegaan het. 

    Buiten Marks het Nories se Juan Nieuwenhuizen (losskakel), Mpho Makata (heelagter) en Salmon Vermaak (vaskopstut) ook blink vertonings gelewer. Makata het met sy vinnige voetwerk beïndruk en was ook elke keer gevaarlik wanneer hy aansluiting by sy agterhoede gevind het. Nieuwenhuizen beskik oor ‘n geleerde skopskoen en het was met sy taktiese asook stelskopwerk meer as goud werd.

    Monnas het in sy oopkantflank, Rynard Mouton, ‘n baljagter van hoogstaande gehalte. Hy het Nories by die afbreekpunte hoofbrekens besorg en ook heelwat omgekeerde besit hier vir sy span beklink. 

    Hans Coetzee se brannewyn sou gistermiddag ietwat soeter as die afgelope drie jaar gesmaak het. Coetzee, wat ‘n legende van Monnas Rugby is, is die afgelope drie jaar by Noordheuwel betrokke. Coetzee se o.16A-span was die enigste A-span wat daarin kon slaag om sukses gister teen sy eweknie van Monnas (36-21) te behaal. 

    Monnas het sewe spelers in die Goue Leeus se o.16-rugbyspan wat later vanjaar aan die Grant Khomo-week gaan deelneem, terwyl slegs drie spelers van Noordheuwel goed genoeg vir die span geag is. Daar was waarskynlik ‘n tikkie hartseer ook in Coetzee se skalkse glimlag versteek, want dit was sy eerste sege ooit oor sy geliefde Monnas. 

    Dit was nie altyd mooi nie, maar na vier wedstryde beklee Helpmekaar-kollege nou die boonste posisie op die Virsekerbeker se Beker-kompetisie se puntelys. Helpies het vir die vierde agtereenvolgende wedstryd daarin geslaag om volpunte te verdien na hy Menlopark met 29-21 die loef afgesteek het.  

    Die klipharde haker, Tyler Skudder, het voorlangs die Parkies fisiek aangevat en hy het goeie ondersteuning van die kantman Michael Jonker ontvang. Skudder asook die buitesenter, Melbirt van der Spuy, het twee keer daarin geslaag om die doellyn oor te steek.  Dit was ‘n klipharde stryd waarin die Menlopark se Ruan Oosthuizen (binnesenter) en Jurgen van Zyl (agtsteman) ook goeie spel opgedis het. 

    Hoewel Dr. EG Jansen uiteindelik gemaklik met 50-22 oor Transvalia in Vanderbijlpark geseëvier het, was dit nie so maklik in die Vaaldriehoek nie. Transvalia het teen die omdraaislag ‘n voorsprong van 15-5 geniet en Jansies se afrigters moes eers rustyd hard praat om seker te maak hul span kry die oorhand in die tweede helfte. 

    Die Jansies het agt drieë in die sege ingeryg met Juandré Odendaal (flank) en Duane Bloem (buitesenter) wat elk dubbelle driedruk-plesier ervaar het. 

    Puntemakers:

    Monument 43 (19) – Drieë: Richard Collins (2), Heiko Pohlmann (2), Herschelle Goodman, Franco Prinsloo, Corné Pennels. Doelskoppe: Franco Hallett (4). Noordheuwel 27 (10) – Drieë: Maurice Marks (2), Salmon Vermaak. Doelskoppe: Juan Nieuwenhuizen (3). Strafdoele: Nieuwenhuizen (2). 

    Helpmekaar 29 (21) – Drieë: Tyler Skudder (2), Melbirt van der Spuy (2). Doelskoppe: Tiaan Botes (3). Strafdoel: Botes. Menlopark 21 (14) – Drieë: Ulrich Wiese, Lohan Potgieter, Ruan Oosthuizen. Doelskoppe: Niel Beukes (3).

    EG Jansen 50 (5) – Drieë: Juandré Odendaal (2), Duane Bloem (2), Kyle Potgieter, Xander Schwarzer, Jason Edwards, Giovanni van Eeden. Doelskoppe: Potgieter (5). Transvalia 22 (15) – Drieë: Colby Lundie (2), Anrich Botes. Doelskoppe: MC Dippenaar (2). Strafdoel: Dippenaar. 

    Ander spanne:

    o.16: EG Jansen 46, Transvalia 18; Menlopark 52, Helpmekaar 22; Noordheuwel 36, Monument 21.

    o.15: Transvalia 29, EG Jansen 21; Menlopark 19, Helpmekaar 17; Monument 14, Noordheuwel 9.

    o.14: Transvalia 12, EG Jansen 8; Menlopark 20, Helpmekaar 19; Monument 31, Noordheuwel 12.   

    [powr-comments id=”227c969f_1559467142910″]

  • School Rugby Results – 1 June 2019

    School Rugby Results – 1 June 2019

    Rugby FB iconThe Grasshoppers is back on their throne as the bagged their second consecutive convincing victory over the Horseflies. Glenwood High School eased past Durban High School by 59-19 in their annual clash. Glenwood also came out on top by 55-12 during last year’s fixture between the two schools. 

    Framesby showed why they are so highly rated this year giving Brandwag of Uitenhage only their second defeat by walking from the pitch 35-24 victors on Saturday. 

    For the results of the Virsekerbeker please click here.

    Results: 

    EASTERN PROVINCE/KWAZULU-NATAL

    Glenwood 59 Durban High School 19
    Framesby 35 Brandwag (Uitenhage) 24
    St Andrew’s College 87 Pearson 3
    Westville Boys’ High 34 Kearsney College 12
    Selborne College 65 Cambridge 13
    Queen’s College 34 Marlow Landbou 29
    Northwood 29 St Charles College 17
    Kingswood College 45 Muir College 12
    Clifton 17 St David’s Marist 20
    Hudson Park 59 Stirling 10
    Michaelhouse 16 St John’s College 33
    Hilton College 21 Maritzburg College 17

    NOORDVAAL 

    Pretoria Boys’ High 33 St Benedict’s College 15 
    St John’s College 33 Michaelhouse 16
    St David’s Marist 20 Clifton 17
    Frans du Toit 76 Eric Louw 5
    Herronbridge College 73 De la Salle Holy Cross 0

    WESTERN CAPE

    Paarl Gimnasium 59 Boland Landou 3
    Paarl Boys’ High 41 Diocesan College 23
    Stellenberg 26 Rondebosch Boys’ 19
    SACS 20 Wynberg Boys’ High 6
    Durbanville 94 Parel Vallei 5
    Bellville 55 Milnerton 26
    Brackenfell 59 Khayelitsha/Nyanga 0

    [powr-comments id=”53074fad_1559480477765″] 

  • Al die uitslae van die Virsekerbeker – 1 Junie 2019

    Al die uitslae van die Virsekerbeker – 1 Junie 2019

    VirsekerBekerlogoDie Hoërskool Monument moes vir die eerste keer in 15 jaar na Noordheuwel vir ‘n kragmeting reis en was met 43-27 in ‘n klipharde Virsekerbeker-stryd baas.

    Helpmekaar het weer daarin geslaag om volpunte te verdien deur Menlopark met 29-21 die loef af te steek, terwyl EG Jansen ook met 50-22 oor Transvalia met volpunte van Vanderbijlpark na Boksburg teruggekeer het. 

    In die Plaat-kompetisie het Ben Vorster op sy tuisveld in Tzaneen ‘n belangrike sege van 35-25 oor die Hoërskool Rustenburg behaal. Marais Viljoen het gesorg dat sake interresant in die kompetisie bly deur Montana met 38-28 te troef. Daar is nie veel tussen die spanne in die Plaat-kompetisie te kies nie. 

    Jeugland het vir ietwat van ‘n opskudding gesorg deur vir die Hoërskool Middelburg met 40-38 in die Skild-kompetisie te verslaan. Hugenote van Springs was ook op hul stukke en het Heidelberg Volkskool met 25-22 geklop. Oos-Moot het ‘n soete sege van 48-33 oor Florida behaal. 

    AL DIE UITSLAE:  

    AFDELING 1
    Beker-kompetisie
    Monument 43 Noordheuwel 27
    EG Jansen 50 Transvalia 22
    Helpmekaar 29 Menlopark 21
    Ander spanne – o.16: EG Jansen 46, Transvalia 18; Menlopark 52, Helpmekaar 22; Noordheuwel 36, Monument 21. o.15: Transvalia 29, EG Jansen 21; Menlopark 19, Helpmekaar 17; Monument 14, Noordheuwel 9. o.14: Transvalia 12, EG Jansen 8; Menlopark 20, Helpmekaar 19; Monument 31, Noordheuwel 12.   
    Plaat-kompetisie
    Marais Viljoen 38 Montana 28
    Ben Vorster 35 Rustenburg 25
    Ander spanne – o.16: Rustenburg 38, Ben Vorster 17; Montana 22, Marais Viljoen 17. o.15: Ben Vorster 38, Rustenburg 26; Marais Viljoen 21, Montana 0. o.14: Rustenburg 29, Ben Vorster 12; Marais Viljoen 8, Montana 6.   
    Skild-kompetisie
    Hugenote (Springs) 25 Heidelberg Volkskool 22
    Jeugland 40 Middelburg 38
    Oos-Moot 48 Florida 33
    Ander spanne – o.16: Florida 31, Oos-Moot 0; Middelburg 60, Jeugland 5; Heidelberg Volkies 24, Hugenote 15. o.15: Florida 22, Oos-Moot 19; Middelburg 48, Jeugland 0; Heidelberg Volkies 26, Hugenote 12. o.14: Florida 40, Oos-Moot 5; Middelburg 22, Jeugland 17; Heidelberg Volkies 75, Hugenote 7.   
    AFDELING 2
    BlouBulle
    Midstream College 31 Pretoria-Noord 20
    Ander spanne – o.16: Midstream College 69, Pretoria-Noord 14. o.15: Pretoria-Noord 22, Midstream College 15. o.14: Pretoria-Noord 19, Midstream College 17.   
    GoueLeeus
    Hoërskool Alberton 25 Randburg 25
    Bastion 39 Linden 38
    Ander spanne – o.16: Randburg 34, Alberton 22; Linden 72, Bastion 0. o.15: Alberton 35, Randburg 0; Bastion 12, Linden 5. o.14: Alberton 24, Randburg 0; Bastion 45, Linden 0.   
    Limpopo
    Frikkie Meyer 62 Merensky 27
    Pietersburg 50 Ben Viljoen 17
    Piet Potgieter 38 Hans Strijdom 17
    Ander spanne – o.16: Pietersburg 64, Ben Viljoen 7; Merensky 63, Frikkie Meyer 7; Piet Potgieter 49, Hans Strijdom 10. o.15: Ben Viljoen 19, Pietersburg 10; Merensky 15, Frikkie Meyer 12; Hans Strijdom 10, Piet Potgieter 5. o.14: Pietersburg 15, Ben Viljoen 14; Frikkie Meyer 24, Merensky 12; Hans Strijdom 19, Piet Potgieter 15.   
    Luiperds
    Potchefstroom Volkskool 43 Wagpos 7
    Klerksdorp 29 Wesvalia 19
    Ander spanne – o.16: Potch Volkies 62, Wagpos 8; Wesvalia 31, Klerksdorp 24. o.15: Potch Volkies 52, Wagpos 0; Klerksdorp 19, Wesvalia 17. o.14: Potch Volkies 55, Wagpos 5; Klerksdorp 17, Wesvalia 15.   
    Pumas
    Secunda 78 HTS Witbank 15
    Ligbron 36 Piet Retief 14
    Ermelo 43 Rob Ferreira 29
    Ander spanne – o.16: Secunda 31, HTS Witbank 5; Ligbron 47, Piet Retief 17; Rob Ferreira 40, Ermelo 10. o.15: Secunda 18, HTS Witbank 3; Piet Retief 24, Ligbron 21; Ermelo 31, Rob Ferreira 7. o.14: Secunda 14, HTS Witbank 13; Ligbron 38, Piet Retief 5; Rob Ferreira 38, Ermelo 7.   
    Valke
    Die Anker 24 Hans Moore 21
    Vereeniging Gimnasium 24 Dr. Malan 18
    Oosterlig 31 Driehoek 14
    Ander spanne – o.16: Dr. Malan 53, Vereeniging Gimnasium 0; Die Anker 45, Hans Moore 12; Oosterlig 29, Driehoek 28. o.15: Dr. Malan 22, Vereeniging Gimnasium 5; Die Anker 41, Hans Moore 0; Oosterlig 43, Driehoek 0. o.14: Dr. Malan 48, Vereeniging Gimnasium 0; Die Anker 40, Hans Moore 0; Oosterlig 32, Driehoek 0.   
    AFDELING 3
    BlouBulle
    Curro Hazeldean 31 Erasmus 22
    Ander spanne – o.14: Curro Hazeldean 59, HTS Tuine 0.   
    GoueLeeus
    Fochville 32 Jan Viljoen 15
    Queens 38 Leeuwenhof 31
    Ander spanne – o.16: Jan Viljoen 29, Fochville 12; Leeuwenhof 32, Queens 26. o.15: Fochville 17, Jan Viljoen 16; Leeuwenhof 13, Queens 5. o.14: Jan Viljoen 54, Fochville 3; Leeuwenhof 52, Queens 5.   
    Limpopo
    Curro Heuwelkruin 46 Louis Trichardt 19
    Ander spanne – o.16: Louis Trichardt 21, Curro Heuwelkruin 15. o.15: Curro Heuwelkruin 76, Louis Trichardt 5. o.14: Louis Trichardt 55, Curro Heuwelkruin 7.   
    Luiperds
    Bergsig Akademie 20 Vryburg 19
    Ander spanne – o.16: Bergsig 19, Vryburg 17. o.15: Vryburg 33, Bergsig 21. o.14: Vryburg 40, Bergsig 26.   
    AFDELING 4   
    Limpopo
    Warmbad 66 Stanford Lake College 3
    Ander spanne – o.15: Warmbad 14, Stanford Lake College 7.   

    [powr-comments id=”6628064a_1559464375627″]

  • Nories wil Wit Bulle trompop in Krugersdorp-derby loop

    NewsNoordheuwelBuiten ‘n moontlik omgekrapte trop Wit Bulle kan daar Saterdag een van twee scenario’s vir Noordheuwel se eerstespan op sy tuisveld wag.

    Die een is ‘n ontnugtering teen een van die land se voorste rugbyskole, terwyl die ander moontlikheid is dat Nories goed van hulself rekenskap gee en met eer uit die stryd tree. Hoewel daar wel altyd die kans vir ‘n sege is sal dit ‘n reuse opskudding wees.  

    Die twee spanne van Krugersdorp het mekaar jare laas die stryd aangesê en daar sal gewis heelwat emosie in die kragmeting wees. Die Nories kon nog net twee keer daarin slaag om Monnas om te dop en dit was tydens die twee spanne se eerste ontmoeting in 1986 (16-13) en daarna in 2001 (20-18). 

    Die laaste keer wat die twee skole mekaar in ‘n amptelike wedstryd gepak het, was in 2004 toe Monnas se Wit Bulle met 95-12 oor Noordheuwel gestormloop het. Die twee skole se paaie het wel in 2013 en 2015 tydens die Goue Leeus se proefwedstryde gekruis, maar die wedstryde word nie as amptelike stryde gesien nie. 

    Monument se hoofafrigter, Tjaart van der Walt, sê sy span het die kragmeting soos enige ander wedstryd benader. “Vir ons is dit wel belangrik om te probeer om ‘n volle vyf ligapunte te verdien.” het Van der Walt gesê. 

    Noordheuwel wat tans die houtlepel-posisie op die puntelys beklee het nog in elke wedstryd vyf ligapunte afgestaan. Nories sal egter al sedert verlede jaar die wedstryd in rooi op die kalender gemerk het en nie maklik handdoek ingooi nie. 

    Die tweestryd tussen die twee agtstemanne, Sergio Moreira (Noordheuwel) en Izan Esterhuizen (Monument), behoort een van die hoogtepunte van die kragmeting te wees. Nories het verlede week naby daaraan gekom om Helpmekaar te verras (25-33), terwyl Monnas vir Transvalia met 92-12 verniel het. 

    Transvalia kom Saterdag op sy tuisveld teen EG Jansen te staan. Die wedstryde op die A-veld word regstreeks op DigiTV.co.za uitgesaai. Die Jansies het verlede week teen HTS Middelburg in Middelburg gewys dat hulle ook ‘n aanspraakmaker kan wees op ‘n plek in die uitspeelrondes van die Virsekerbeker

    Helpies kom op sy tuisveld in Johannesburg teen Menlopark te staan. 

    Die spanne is: 

    Noordheuwel: 15 Mpho Makata, 14 Raidon de Bruin, 13 Maurice Marks, 12 Heinrich Mulder, 11 Bradley Heunis, 10 Juan Nieuwenhuizen, 9 Vian Louw, 8 Sergio Moreira (kaptein), 7 Hanno Labuschagne, 6 Jacobus Blaine, 5 Dylan Binder, 4 Bjorn Gerber, 3 Salmon Vermaak, 2 Zandré Thesner, 1 Bradley Engelbrecht. Plaasvervangers: 16 Julian Coetzee, 17 JC Viljoen, 18 Kean Frey, 19 Waldt Dreyer, 20 Levandré Horn, 21 Kyle Ortman, 22 Jan-Hendrik Snyman, 23 Wandré Coetzer. 

    Monument: 15 Luan van der Walt, 14 Kagiso Nyamande, 13 Henco van Wyk (kaptein), 12 Richard Collins, 11 Jonathan Ackerman, 10 Herschelle Goodman, 9 Franco Hallett, 8 Izan Esterhuizen, 7 Ethan Snyman, 6 Rynard Mouton, 5 Corné Pennels, 4 Kayle Schoultz, 3 Heiko Pohlmann, 2 Franco Prinsloo, 1 Dehan Niemand. Plaasvervangers: 16 Brandon Beukes, 17 Jan-Hendrik Bessinger, 18 Dian de Jongh, 19 Cameron van Niekerk, 20 Dewald Holtzhausen, 21 Marquin Uren, 22 Francois Weideman, 23 Jean-Jacques van der Walt.  

    Hoërskool Transvalia vs EG Jansen
    ValiaTV 08:00 Tweedespanne  
    09:10 o.14A  
    10:10 o.15A   
    11:10 o.16A  
    12:20 Cheerleaders
    13:30 Eerstespanne

    [powr-comments id=”78e7a7f7_1559312960037″]

  • Hier is WP se Cravenweek-span vir 2019

    Hier is WP se Cravenweek-span vir 2019

    Western ProvinceDie Westelike Provinsie behoort vanjaar weer ‘n sterk aanspraakmaker te wees om as nie-amptelike kampioen van die 56ste jaarlikse Cravenweek in Bloemfontein gekroon te word.  

    Die Streeptruie het vyf spelers in sy uitsoekgroep wat verlede jaar die Sharks in die hoofwedstryd van die gesogte toernooi in die Paarl met 47-8 karnuffel het. Die vyftal is Robbie Rodgers (loskopstut), Kade Wolhuter (losskakel), Dylan de Leeuw (slot), Ntumba Raunoald (flank) en Dylan Alexander (skrumskakel). 

    Wolhuter het verlede jaar die laaste vesting vir die Streeptruie beman. Paul Roos se Tiaan Pretorius is nie weer in die uitsoekspan ingesluit nie, maar dit is grootliks weens ‘n besering wat hom langs die kantlyn gehou het. 

    Rodgers is die seun van die gewese Springbok-stut, Heinrich Rodgers. Laasgenoemde het Suid-Afrika in vyf toetse tussen 1989 en 1992 op die rugbyveld verteenwoordig. Rodgers sr. het vanuit die Hoërskool Harrismith vir Oos-Vrystaat aan die Cravenweek in 1980 deelgeneem. 

    ‘n Verdere drie spelers – Tharquin Manuel (heelagter), Allister Williams (haker) en Jovan Bekker (vaskopstut) het verhogings ontvang na hulle verlede jaar die WP XV-tal op die toernooi verteenwoordig het. 

    Die Hoër Jongenskool Paarl het met sewe spelers die grootste verteenwoordiging in die span. Paarl Gimnasium en Diocesan College (Bishops) het elk vier spelers tot die span bygedra.  

    Die Cravenweek-span is: 

    15 Tharquin Manuel (Stellenberg), 14 Curwin Gertse (Paarl Gimnasium), 13 Quan Horn (HJS Paarl), 12 Tyler Bocks (HJS Paarl), 11 Angelo Osch (HJS Paarl), 10 Kade Wolhuter (Paul Roos Gimnasium), 9 Dylan Alexander (Paarl Gimnasium), 8 Isaih Warton (Bishops), 7 Pierich Siebert (Paarl Gimnasium), 6 Ntumba Raunoald (Milnerton), 5 Dylan de Leeuw (Paul Roos Gimnasium), 4 Connor Evans (Bishops), 3 Bryan le Roux (Rondebosch Boys’ High), 2 Allister Williams (HJS Paarl), 1 Robbie Rodgers (Paul Roos Gimnasium). Plaasvervangers: 16 Lukhanyo Vokozela (Rondebosch Boys’ High), 17 Rhynardt Rijnsburger (HJS Paarl), 18 Jovan Bekker (Paarl Gimnasium), 19 Marco de Witt (Boland Landbou), 20 Gideon van Wyk (HJS Paarl), 21 Liam Kloosman (Bishops), 22 Sacha Mngomezulu (Bishops), 23 Jacques Rousseau (HJS Paarl). 

    [powr-comments id=”5b36dff8_1559302108590″]

  • Junior Springboks of 2019 and their schools

    NewsGDameonVenterThe Junior Springbok side for this year’s annual u20 World Championship in Argentina won’t be able to make any of their line-out calls in Afrikaans during their opening match on 4 June in Rosario against Scotland. On the Scottish side is Cristen van Niekerk (Monument), a former teammate of many Junior Springboks’  at SA Schools level.

    Van Niekerk represented the Golden Lions at the Craven Week and also made the SA Schools’ back in 2017. But back to the Junior Springboks and their schools. 

    No less than eight players out of the squad of 28 were part of the KwaZulu-Natal side that reached the main match of the Craven Week for the first time since 1990 back in 2017 in Johannesburg. The eight players are Sanele Nohamba, Jaden Hendrikse (both scrum-halves), Pepsi Buthelezi, Celimpilo Gumede, Dylan Richardson (all loose forwards), JJ van der Mescht (lock), Fezo Mbatha (hooker) and Thabisho Mdletshe

    All eight were also part of the Sharks U19 side that was crowned national champions during last year’s Saru u19 Provincial Championship. Another two players from the Boland, Thaakir Abrahams (Paarl Boys’ High) and Caleb Dingaan (Weston), were part of the victorious Sharks’ side.

    The KwaZulu-Natal u18 side lost 18-45 in the main match back in 2017 against the Golden Lions. A couple of the Lions’ troops for that day, Dameon Venter (Helpmekaar), Asenathi Ntlabakanye (St Stithians College) and Keagan Glade (King Edward VII) were deemed good enough to make the trip to Argentina. 

    Only one player, Kudzwai Dube, prop of the Blue Bulls from Muir College in Uitenhage didn’t attend the annual Craven Week during his school’s career. 

    The squad and their schools: 

     

     

    BACKS     
    # Player Union Schools Craven Week SA Schools
    1 Vaughen Isaacs Blue Bulls Marlow Landbou 2016  
    2 David Kriel Western Province Grey College 2016-17  
    3 Thaakir Abrahams Sharks Paarl Boys’ High 2017  
    4 Angelo Davids Western Province Stellenberg 2017  
    5 Caleb Dingaan Sharks Weston 2016  
    6 Mnombo Zwelendaba Western Province Selborne College 2018 2018
    7 Marnus Potgieter Blue Bulls Affies 2016-17  
    8 Rikus Pretorius Western Province Grey College 2016-17 2017
    9 James Mollentze Free State Outeniqua 2017  
    10 David Coetzer Western Province Selborne College 2017  
    11 Jaden Hendrikse Sharks Glenwood 2017 2017
    12 Sanele Nohamba Sharks Durban High School 2016-17 2017
    FORWARDS     
    1 Franke Horn Western Province Paarl Boys’ High 2017  
    2 Pepsi Buthelezi Sharks Durban High School 2016-17 2017
    3 Celimpilo Gumede Sharks Durban High School 2017-18 2017-18
    4 Jaco Labuschagne Blue Bulls Affies 2017  
    5 Dylan Richardson Sharks Kearsney College 2016-17 2017
    6 Sibusiso Sangweni Golden Lions Kearsney College 2018 2018
    7 JJ van der Mescht Sharks Glenwood 2016-17 2017
    8 Elrigh Louw Free State Transvalia 2017  
    9 Emile van Heerden Sharks Paarl Boys’ High 2018 – WP XV 2018
    10 Thabiso Mdletshe Sharks Glenwood 2017-18  
    11 Keagan Glade Golden Lions King Edward VII 2016-17 2017
    12 Dian Bleuler Western Province Oakdale Landbou 2016-17  
    13 Asenathi Ntlabakanye Golden Lions St Stithians College 2016-17 2017
    14 Kudzwai Dube Blue Bulls Muir College    
    15 Fezo Mbatha Sharks Maritzburg College 2016-17 2017
    16 Dameon Venter Golden Lions Helpmekaar 2017

     

  • Die Blou Bulle se finale spanne vir die nasionale weke

    BlouBulDaisyDie Blou Bulle se o.18-rugbyspan vir die 56ste Cravenweek in Bloemfontein behoort beter te vaar tydens die toernooi as wat sy voorganger in 2018 in die Paarl kon.

    Die Bulle kon verlede jaar nie ‘n enkele sege tydens die toernooi behaal nie en moes op die laaste dag boonop teen die Westelike Provinsie se XV-tal met 16-20 die knie buig. 

    Die Ligbloues se skakering van blou is vanjaar ietwat meer Turkoois. Die Hoërskool Garsfontein spog vanjaar met agt verteenwoordigers met die grootste verteenwoordiging in die span. Garsies se SA Skole-skrumskakel, Jurich Claassens, sal ‘n sleutelspeler vir die Ligbloues wees. 

    Daar kan verwag word Claassens waarskynlik in een van sy span se wedstryde op losskakel diens sal doen wanneer Rowan Cloete sy kans in die beginspan gebied sal word. 

    Menlopark en Affies het elk vier verteenwoordigers in die uitsoekspan. Menlopark se vier verteenwoordigers is – Nsuku Baloyi (vleuel), Lincoln Adams (buitesenter), Enrique Courtriers (haker) en Nolan Pienaar (stut). Affies verskaf van die hardebaarde in die agttal met Adolf Visser (agtsteman), MJ Janse van Rensburg (flank), Jacques-Lois du Toit (haker) em Christiaan Kampfer (slot) wat die pap hier dik sal moet aanmaak. 

    Die Hoërskool CR Swart het vir die eerste keer in dekades ‘n bydrae tot die Blou Bulle se Cravenweek-span gemaak. Sy twee slotte, Kabelo Mushimane en Guy-Flori Kibongo, sal van 1 tot 6 Julie op Grey-kollege se velde in die Rosestad in aksie wees. 

    Die Ligbloues se eerste wedstryd op vanjaar se toernooi is op die tweede dag teen Grens wat nie ‘n maklike teenstander sal wees nie. Die span het twee SA Skole-spelers, Jacques Goosen (haker) en Jarrod Taylor (losvoorspeler), in sy geledere. 

    Die finale spanne is: 

    Cravenweek: 15 Zeilinga Strydom (Garsfontein), 14 Nsuku Baloyi (Menlopark), 13 Lincoln Adams (Menlopark), 12 AJ Johnson (Garsfontein), 11 Geraldo Flusk (Garsfontein), 10 Wikus Basson (Garsfontein), 9 Jurich Claassens (Garsfontein), 8 Adolf Visser (Affies), 7 Simon Miller (St Alban’s College), 6 MJ Janse van Rensburg (Affies), 5 Raynard Roets (Garsfontein), 4 Kabelo Mushimane (CR Swart), 3 Gerhard van der Merwe (Garsfontein), 2 Jacques-Lois du Toit (Affies), 1 Dimo Lebelo (Waterkloof). Plaasvervangers: 16 Enrique Courtriers (Menlopark), 17 Nolan Pienaar (Menlopark), 18 Sbewu Fipaza (St Alban’s College), 19 Christiaan Kampfer (Affies), 20 Guy-Flori Kibongo (CR Swart), 21 Rowan Cloete (Garsfontein), 22 Malcolm Langa (Waterkloof), 23 Roland Visagie (Oos-Moot). 

    Cravenweek XV: 15 Keanon Damons (Overkruin), 14 Bradley Manyahiso (Pretoria Boys’ High), 13 Ruan de Lange (Oos-Moot), 12 Theunis Pretorius (Waterkloof), 11 Hope Mashobane (Pretoria Boys’ High), 10 Justin Cross (Pretoria Boys’ High), 9 Jovander Zeeland (Overkruin), 8 Willie Potgieter (Affies), 7 Lohan Potgieter (Menlopark), 6 Jacobus Rashelo (CR Swart), 5 Reinhardt Ludwig (Affies), 4 Jaryd Scheepers (Garsfontein), 3 Reinhardt Nel (Pretoria Boys’ High), 2 Manie Potgieter (Garsfontein), 1 Isaac Khelo (St Alban’s College). Plaasvervangers: 16 Tiaan Lange (Menlopark), 17 Omphile Makhafola (Pretoria Boys’ High), 18 Werner Kruger (Affies), 19 Onka Segooa (Pretoria Boys’ High), 20 Tino Kuwana (St Alban’s College), 21 Chad-Lee Valentino (Garsfontein), 22 Carlton Bannies (Garsfontein), 23 Thabang Mogadima (St Alban’s College). 

    Akademie-week: 15 Uvion van der Colf (Pretoria-Noord), 14 JD Makena (CR Swart), 13 Niel Beukes (Menlopark), 12 Ruan Oosthuizen (Menlopark), 11 Nkhensani Flepu (St Alban’s College), 10 Jooste Nel (Montana), 9 Divan Roelofse (Waterkloof), 8 Armand Fleidl (Waterkloof), 7 Stefan Terblanche (Garsfontein), 6 Bradley Buys (Eldoraigne), 5 Gerhard van der Bijl (Menlopark), 4 Erik Knoetze (Menlopark), 3 Gerhard Viljoen (Menlopark), 2 Kwagga van der Nest (Garsfontein), 1 Jade Joseph (St Alban’s College). Plaasvervangers: 16 AC Arinzo (CR Swart), 17 Muqaul Zender (Garsfontein), 18 Wandile Madadonke (Pretoria Boys’ High), 19 Luanda Mpufa (Pretoria Boys’ High), 20 Knowledge Chaira (CR Swart), 21 J Masaba (HTS John Vorster), 22 Shandon Botha (Waterkloof), 23 Eddie Wesso (Menlopark). 

    Akademie-week XV: 15 Tendo Hendriks (Die Wilgers), 14 Lesego Thukwane (Pretoria THS), 13 Garreth Fitzgerald (Die Wilgers), 12 Ruben Behrens (Curro Roodeplaat), 11 Bongani Ndlovu (FH Odendaal), 10 George van der Merwe (Maragon Mooikloof), 9 Wihan Strauss (Die Wilgers), 8 Ruan Venter (Sutherland), 7 Xander Nel (Akasia), 6 Charles Luhanga (Curro Hazeldean), 5 Malique Benette (Lyttleton Manor), 4 Christopher Kachungunu (Hendrik Verwoerd), 3 Matseka Monakisi (Southdowns College),  2 Henrico Erasmus (Die Wilgers), 1 Kelvin van Deventer (Eduplex).  Plaasvervangers: 16 Buyiswa Mdluli (Lyttleton Manor), 17 Heindro Eloff (Hendrik Verwoerd), 18 Mike Chawasarira (Erasmus), 19 George Neuhoff (Erasmus), 20 Wilson Ganyane (Voortrekkerhoogte), 21 Ryan Altenroxel (Southdowns College), 22 James-Matthew Smith (Curro Hazeldean), 23 Samuel Musungale (Southdowns College). 

    Grant Khomo: 15 Tshilli Netshiombo (CHC), 14 Keanu Pieters (Affies), 13 Raynier Overweg (Menlopark), 12 Dillon Oppelt (Garsfontein), 11 Mfana Shabangu (Pretoria Boys’ High), 10 Riaan Gerber (Affies), 9 Leighton Horn (Affies), 8 Jorim Bangue (Pretoria Boys’ High), 7 Damian Oosthuizen (Affies), 6 Thabang Mphela (Pretoria Boys’ High), 5 Francois Oosthuizen (Menlopark), 4 Mthomboyolo Buzani (Sutherland), 3 Kevin Locke (Menlopark), 2 Marno Grobbelaar (Waterkloof), 1 Thansville Mayman (Garsfontein). Plaasvervangers: 16 Nick Moketsi (Affies), 17 Bernie Bezuidenhout (Menlopark), 18 Shilo Maposa (Pretoria Boys’ High), 19 Justin Fourie (Menlopark), 20 Tian Muller (Affies), 21 Adam Makhari (Sutherland), 22 Kerneels Coetzer (Garsfontein), 23 Xavier Human (Oos-Moot).

    [powr-comments id=”57669d30_1559285378546″]

  • Buthelezi: Time for the Junior Springboks to express themselves

    NewsGPepsiButheleziJunior Springbok captain Phendulani Buthelezi said on Wednesday they are ready to go out and express themselves at World Rugby U20 Championship in Argentina as the team began the journey to the international showpiece.

    Buthelezi and his charges departed for Rosario via Sao Paulo and Buenos Aires, and the skipper said they were excited for the trip.

    The SAU20’s – who won the bronze medal in the showpiece in the south of France last year – will face Scotland, Georgia and New Zealand in the pool stages of the tournament on 4, 8 and 12 June respectively. The semi-finals will be contested on Monday, 17 June, and the final on Saturday, 22 June.

    “Everyone is very excited for the World Rugby U20 Championship,” said Buthelezi.

    “We worked extremely hard in South Africa, and we are now ready to get on the plane and get going over there.

    “We are aware of the long journey ahead, but the players have been exposed to the challenges of travelling before on our tour to the UK. We have also been working with our team doctor regarding the time difference, so the guys are aware of the travel strategy, and we are very excited for what lies ahead.”

    Following months of preparations, five warm-up matches (in the U20 International Series and on their warm-up tour to the UK), and a holding camp in the last few weeks, Buthelezi said his charges were ready to take to the field.

    “We prepared really well in what has been a tough four months on the training field, and we have done everything we can as players as far as our preparation is concerned,” said the talented flanker.

    “So it is now a matter of going out there, expressing ourselves and trying to make the country proud.

    “Our game plan is in place for our opening game against Scotland, and when we get to Argentina we will fine-tune things, and hopefully we can hit the ground running in our first game and give it our best effort.”

    Issued by SA Rugby Communications

    [powr-comments id=”7b241830_1559117529434″]

  • Blou Bulle se voorlopige spanne vir SARU se nasionale weke

    BlouBulleDie Blou Bulle se keurders sal na Dinsdag se proefwedstryde teen die Goue Leeus ‘n goeie idee hê oor hoe hulle span vir die Cravenweek later vanjaar in Bloemfontein sal lyk. Die wedstryde teen die Leeus vind op Monument in Krugersdorp se velde plaas. 

    Slegs twee spelers, Jurich Claassens (skrumskakel) en Nsuku Baloyi (vleuel), wat verlede jaar vir die Ligbloues se uitsoekspan op die toernooi in aksie was het vanjaar weer die span gehaal. Claassens het verlede ook die Suid-Afrikaanse Skole-span verteenwoordig. 

    Daar is wel sewe spelers wat verlede jaar tydens die toernooi vir die Blou Bulle XV-tal uitgedraf het, wat vanjaar ‘n verhoging tot ‘n plek in die uitsoekspan gekry het. Hulle is Dieter Crafford (heelagter), Geraldo Flusk (vleuel), Divan Roelofse (skrumskakel), Enrique Courtriers (haker), Simon Miller (slot/flank), Adolph Visser (losvoorspeler) en Nolan Pienaar (stut). 

    Visser draf Dinsdag as agtsteman uit en Miller skuif na die kant van die skrum na die Garsfontein se Jarryd Scheepers hom weens ‘n skouerbesering aan die wedstryd moes onttrek. Die Ligbloues sal na dié wedstryd teen die Leeus slegs nog op die jaarlikse Noordvaal Bondedag by die Hoërskool Bekker buite Magaliesburg voor die Cravenweek in aksie wees. 

    Die Ligbloues spog met ‘n sterk senterpaar in AJ Johnson en Zeilinga Strydom van Garsfontein. Strydom het verlede jaar vir die Valke aan die Cravenweek in die Paarl deelgeneem. Strydom beman vir sy skoolspan die laaste vesting, maar is ewe gemaklik in die middelveld. 

    Die spanne is: 

    Cravenweek: 15 Dieter Crafford (Affies), 14 Nsuku Baloyi (Menlopark), 13 Zeilinga Strydom (Garsfontein), 12 AJ Johnson (Garsfontein), 11 Geraldo Flusk (Garsfontein), 10 Justin Cross (Pretoria Boys’ High), 9 Jurich Claassens/Divan Roelofse (Garsfontein/Waterkloof), 8 Jarryd Scheepers (Garsfontein), 7 Adolf Visser (Affies), 6 Trevor Shihlane (CR Swart), 5 Simon Muller (St Alban’s College), 4 Gyu-Flori Kibongo (CR Swart), 3 Gerhard van der Merwe (Garsfontein), 2 Jacques-Lois du Toit (Affies), 1 Dimo Lebelo (Waterkloof). Plaasvervangers: 16 Enrique Courtriers (Menlopark), 17 Nolan Pienaar (Menlopark), 18 Sbewu Fipaza (St Alban’s College), 19 Reinhard Roets (Garsfontein), 20 Kabelo Mushimane (CR Swart), 21 Lincoln Adams (Menlopark), 22 Manyehuiso (Pretoria Boys’ High), 23 Roland Visagie (Oos-Moot). 

    Cravenweek XV: 15 Keanon Damons (Overkruin), 14 Malcolm Langa (Waterkloof), 13 Carlton Bannies (Garsfontein), 12 Theunis Pretorius (Waterkloof), 11 N Flepu (St Alban’s College), 10 Wikus Basson (Garsfontein), 9 Rowan Cloete (Garsfontein), 8 Willie Potgieter (Affies), 7 Lohan Potgieter (Menlopark), 6 Jacobus Rashelo (CR Swart), 5 Reinhardt Ludwig (Affies), 4 Christiaan Campher (Affies), 3 Werner Kruger (Affies), 2 Manie Potgieter (Garsfontein), 1 Isaac Khelo (St Alban’s College). Plaasvervangers: 16 Tiaan Lange (Menlopark), 17 Omphile Makhafola (Pretoria Boys’ High), 18 Reinhardt Nel (Pretoria Boys’ High), 19 Renaldo Lawrence (CR Swart), 20 MJ Janse van Rensburg (Affies), 21 Chad-Lee Valentino (Garsfontein), 22 H Mashebane (Pretoria Boys’ High), 23 Uvion van der Colf (Pretoria-Noord). 

    Akademie-week: 15 Thabang May (St Alban’s College) 14 BT Bere (CR Swart), 13 Niel Beukes (Menlopark), 12 Ruan Oosthuizen (Menlopark), 11 B Manyehiso (Pretoria Boys’ High), 10 Jooste Nel (Montana), 9 J Zeeland (Overkruin), 8 Jurgen van Zyl/Armand Fleidl (Menlopark/Waterkloof), 7 Erik Knoetze (Menlopark), 6 Bradley Buys/Knowledge Chaira (Eldoraigne/CR Swart), 5 Theo Daly (Menlopark), 4 S Konka (Pretoria Boys’ High), 3 Gerhard Viljoen (Menlopark), 2 AC Arinzo (CR Swart), 1 Wandile Manadonka (Pretoria Boys’ High). Plaasvervangers: 16 Kwagga van der Nest (Garsfontein), 17 J Jones (Pretoria Boys’ High), 18 Franco Groenewald (Waterkloof), 19 Tino Kwana (St Alban’s College), 20 Luanda Mpufo (CR Swart), 21 J Masaba (HTS John Vorster), 22 JD Makena (CR Swart), 23 Ruan de Lange (Menlopark). 

    Akademie-week XV: 15 Tendo Hendriks (Die Wilgers), 14 Lesego Thukwane (Pretoria THS), 13 Garreth Fitzgerald (Die Wilgers), 12 Ryan Altenroxel (Southdowns College), 11 Bongani Ndlovu (FH Odendaal), 10 George van der Merwe (Maragon Mooikloof), 9 Wihan Strauss (Die Wilgers), 8 Malique Benette (Lyttleton Manor), 7 Charles Luhanga (Curro Hazeldean), 6 Xander Nel (Akasia), 5 Christopher Kachungunu (Hendrik Verwoerd), 4 Ruan Venter (Sutherland), 3 Mike Chawasarira (Erasmus), 2 Buyiswa Mdluli (Lyttleton Manor), 1 Heindro Eloff (Hendrik Verwoerd). Plaasvervangers: 16 Henrico Erasmus (Die Wilgers), 17 Matseka Monakisi (Southdowns College), 18 Kelvin van Deventer (Eduplex), 19 George Neuhoff (Erasmus), 20 Wilson Ganyane (Voortrekkerhoogte), 21 Ruben Behrens (Curro Roodeplaat), 22 James-Matthew Smith (Curro Hazeldean), 23 Samuel Musungale (Southdowns College). 

    Grant Khomo: 15 Tshilli Netshiombo (CHC), 14 Keanu Pieters (Affies), 13 Raynier Overweg (Menlopark), 12 Dillon Oppely (Garsfontein), 11 Junior Masilela (Affies), 10 Shaun Calitz (Menlopark), 9 Leighton Horn (Affies), 8 Jorim Bangue (Pretoria Boys’ High), 7 Damian Oosthuizen (Affies), 6 Thabang Mphela (Pretoria Boys’ High), 5 Francois Oosthuizen (Menlopark), 4 Mthomboyolo Buzani (Sutherland), 3 Kevin Locke (Menlopark), 2 Marno Grobbelaar (Waterkloof), 1 Thansville Mayman (Garsfontein). Plaasvervangers: 16 Nick Moketsi (Affies), 17 Bernie Bezuidenhout (Menlopark), 18 Shilo Maposa (Pretoria Boys’ High), 19 Justin Fourie (Menlopark), 20 Reinhardt Pretorius (Garsfontein), 21 Adam Makhari (Sutherland), 22 Kerneels Coetzer (Garsfontein), 23 Mfana Shabangu (Pretoria Boys’ High).

    [powr-comments id=”7d6fd8ed_1559033335733″]