SSPN Test Site

Blog

  • Van Wyk lei Monnas tot klinkende sege oor Menlopark

    NewsGLuanvdWaltOnthou maar gerus die naam Henco van Wyk

    Die buitesenter en hoofseun van Monument in Krugersdorp was Saterdag op sy stukke toe sy span vir Menlopark met 30-8 tydens die jaarlikse Malcallum Marx-gedenkwedstryd op die Ras van Rooyen afgestof het. Van Wyk het drie keer agter Parkies se doellyn gaan kuier waarvan die een individuele lopie vanuit sy eie kwartgebied geloots was. 

    Van Wyk het self ‘n vierde keer die doellyn oorgesteek, maar die skeidsregter het beslis dat hy so in twee bewegings gedoen het. Buiten Van Wyk het die slot Tiaan de Klerk, vaskopstut Heiko Pohlman en linkervleuel, Luan van der Walt, almal blink vertonings gelewer. 

    Monnas het teen rustyd ‘n voorsprong van 10-3 opgebou. Die sege kon nog verder gewees het, maar Monnas se losskakel, Byron Wentink, het sy gewoontlik betroubare skopstewel by die huis gelos. Hy kon slegs een van die tuisspan se ses drieë verdoel. 

    Vir Menlopark kan sy linkervleuel, Keanan Wessels, wat later op skrumskakel gaan diens doen het kan sy kop na sy vertoning omhoog hou. 

    Waterkloof moes sweet in die tweede helfte in sy terugkeer tot die Virsekerbeker in Vanderbjilpark om uiteindelik met 29-24 as oorwinaars van die veld teen Transvalia te stap. Klofies het teen rustyd reeds ‘n gerieflike voorsprong van 21-7 opgebou. 

    Garsfontein moes ook veel harder as verwag werk om die Hoërskool Rustenburg met 43-33 op laasgenoemde se tuisveld te klop. Garsies se binnesenter, AJ Johnson, het ‘n driekuns aan drieë in die kragmeting behaal. 

    Garsies se aanslag is weens vier geelkaarte ontsier, met drie van die spelers wat in die laaste tien minute koelkas toe gestuur was. Die Turkoois Bere moes dus die wedstryd met slegs 12 manne op die veld klaarmaak. 

    EG Jansen het op sy tuisveld met ‘n sege van 68-8 oor te veel skietgoed vir Kempton Park beskik. Die wedstryd is ook nege minute vroeg gestop. 

    Die wenspan se buitesenter, Keagan Balfour, het drie keer die doellyn oorgesteek. Die span van Boksburg se agtsteman Franco Enslin, vleuel Tylon Kotze en heelagter, Jason Edwards, het almal ook twee keer ‘n draai agter die doellyn gegooi. 

    Die Hoërskool Pionier van Vryheid sal sy titel as kampioen van die NWU-Pukke 16-reeks teen die Leeuwenhof Akademie verdedig. Die twee spanne het mekaar ook verlede jaar in die eindstryd van die reeks gepak met Pionier wat toe met 38-13 as kampioen van die veld gestap het. 

    Pionier het vir Pretoria-Noord in hulle halfeindstryd met 33-26 getroef. Leeuwenhof het sy plek in die eindstryd met ‘n oorwinning van 25-22 oor Fochville bespreek. 

    In die NWU-Pukke Prestige-reeks het Lichtenburg sy aanslag om sy titel as kampioen te behou met ‘n oorwinning van 20-15 oor Heidelberg Volkskool lewend gehou. Die Liggies moes ‘n sege in die wedstryd weg van die huis in Heidelberg gaan haal indien hy die uitkloprondes onder die voorste agt spanne van die reeks wou haal. 

    Montana sou danksy sy sege van 53-26 oor Potchefstroom Gimnasium bo-aan die puntelys van sy groep geëindig het. Die span se kanse om die uitspele te haal hang nou egter aan ‘n draadjie. Soos sake nou staan weens ‘n speler wie se dokumentasie nie deur die Blou Bulle gestempel was ten tyde van die wedstryd nie, het Gimmies die punte vir ‘n sege gekry. 

    Die Hoërskool Pietersburg het lanklaas met soveel glimlagte die lang pad vanuit Pretoria terug na Polokwane aangepak. Die Pieties het vir Eldoraigne met 31-5 plat geslaan. Nog ‘n besoeker vanuit Limpopo, Frikkie Meyer van Thabazimbi, het in sy kragmeting in die NWU-Pukke Provinsiale-reeks vir Oos-Moot met 38-18 verras. 

    Oos-Moot is tydens die onlangse skoolvakansie as die kampioen van die Mauritz Hansen-week in Naboomspruit gekroon. Frikkie Meyer se agttal het sy eweknie van Oos-Moot op die agtervoet gedwing. Dit was veral die kantman Pieter Viljoen wat vir die wenspan uitstaande spel gelewer het. Agterlangs het Tsimishwa Nemavola ook uitmuntend vertoon. 

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Al die uitslae: 

    VRIENDSKAPLIK 

    Monument 30, Menlopark 8; Garsfontein 43, Hoërskool Rustenburg 33; Grey-kollege 81, HTS Middelburg 8; Affies 52, Helpmekaar 17; EG Jansen 68, Kempton Park 8; King Edward VII 41, Pretoria Boys’ High 27; Jeppe High School for Boys’ 19, St John’s College 18; Hoërskool Pietersburg 31, Eldoraigne 5; Ben Viljoen 29, Ermelo 27; Lydenburg 55, Curro Nelspruit 14; Zeerust 36, Warmbad 17; Merensky 17, Frans du Toit 17; Ellisras 36, Affies IV 33; Curro Heuwelkruin 40, HTS Tom Naudé 0; St David’s Marist 32, St Andrews (Bloemfontein) 10; Curro Roodeplaat 14, Voortrekkerhoogte 12. 

    NWU-PUKKE PRESTIGE-REEKS 

    Lichtenburg 20, Heidelberg Volkskool 15; Marais Viljoen 28, Hugenote (Springs) 14; Montana 53, Potchefstroom Gimnasium 26; Die Anker 34, Jeugland 20; Noordheuwel 38, HTS Witbank 14; Potchefstroom Volkskool 29, Oosterlig 5; Hoërskool Middelburg 47, Zwartkop 5; Wesvalia 28, Randburg 14. 

    NWU-PUKKE SPORT-REEKS 

    Secunda 24, Hoërskool Alberton 12; Linden 41, Dr. Malan 19; Bastion 26, Standerton 23; Florida 28, Brits 3. 

    NWU-PUKKE 16-REEKS 

    Leeuwenhof 25, Fochville 22; Pionier 33, Pretoria-Noord 26; Piet Retief 26, Stoffberg 12; Vryburg 29, Riebeeckrand 26; Wolmaransstad 36, Bekker 7; Overvaal 24, Schoonspruit 22.

    [powr-comments id=”0ad6c7c2_1554613573578″]

  • Affies maak die sluise oop op die Braam

    Affies maak die sluise oop op die Braam

    NewsGAffiesHelpDie Witbulle het vandag hard gebulk op die Braam toe hulle die gerekende Helpies erg met 52-17 gegaffel het.

    Die son het besluit om sy kop uit te steek na ‘n reënige week in Johannesburg en die skare was gepak met ondersteuners van Helpmekaar Kollege en Afrikaans Hoër Seunskool.

    Die wedstryd het begin met ‘n wisseling van balbesit waar die losskakels, Tiaan Botes en Terblanche van Lill, die teenstander-agterlyne se vaardigheid getoets het terwyl Tyler Skudder en Willie Potgieter die vuil werk in die losgemale vir hul spanne gedoen het.

    Die Helpie-senters het geweldige druk geplaas op die Affies agterlyn wat tot ‘n onderskepdrie deur Sebastine Watney gelei het.

    Botes het sy diens gedoen met die twee punte na Watney se drie, en het ‘n strafskop tussen deur die pale kort daarna geplaas om die Helpies ‘n voordeel van 10 punte te gee. Affies het geantwoord met hulle sterk voorspelers en ‘n drie vir hul loskopstut, Ruben Windell.

    Affies het daarna weer twee vinnige drieë gedruk deur die spoed van Kyle Liebenberg en die insig van hul afgeronde agtsteman, George Oosthuizen. Helpies het ‘n 10-0 voordeel deur hul vingers laat glip om halftyd 21-10 in die guns van die Witbulle in te gaan.

    Helpies het weer eerste bloed getrek in die tweede helfte met hul gevaarlike senters, Melbirt van der Spuy en Divan Esterhuizen, wat amok in die middelveld gemaak het. Esterhuizen het onder die pale afgerond. Affies se voorry het begin domineer in die skrums, terwyl die tuisspan se voorspelers ook die stryd in die lynstane verloor het.

    Twee welverdiende drieë deur Potgieter en Kyle Liebenberg, wat vir die tweede keer oor die verf duik, het gekom van die Witbulle se toewyding op verdediging, en Affies wat nou 33-17 voor loop.

    Dinge het begin uit mekaar val vir Helpmekaar en dit het gelei tot ‘n mislukking van ‘n skop wat in die hande van die giftige heelagter, Dieter Crafford, geval het.

    Die verdediging het vir Crafford oopgemaak soos dié Rooi See en hy het met gemak die laaste verdediger vertrap om die lyn te kruis. Die skrumskakel, Michael van Aswegen, het kort daarna ook ‘n drie gedruk.

    Helpmekaar se bankie was leeg nadat die afrigters besluit het om elke speler die geleentheid te gee om te speel. Dit was die duidelike wit vlaggie wat gewys het dat Helpies geen kans meer in die stryd staan nie.

    Die Witbulle kon nog ‘n laaste drie deur hul plaasvervanger skrumskakel druk. Crafford het ‘n bydra van 17 van sy span se 52 punte gemaak terwyl die Helpies net 17 punte kon aanteken.

    Die Witbulle het die Braam platgetrap en die Helpies met meer vrae as antwoorde gelos.

    FOTO: William Brown

    Puntemakers: 

    Affies 52 (21) – Drieë: Kyle Liebenberg (2), Dieter Crafford, Michael van Aswegen, George Oosthuizen, Willie Potgieter, Ruben Windell, Johan Muller. Doelskoppe: Crafford (6). Helpmekaar 17 (10) – Drieë: Sebastian Watney, Divan Esterhuizen. Doelskop: Tiaan Botes (2). Strafdoel: Botes.

    Ander spanne: 

    o.16: Affies 28, Helpmekaar 7.
    o.15: Helpmekaar 34, Affies 14.
    o.14: Helpmekaar 41, Affies 17.

    [powr-comments id=”dcdff487_1554572171127″]

  • School Rugby Results – 6 April 2019

    School Rugby Results – 6 April 2019

    SOR NuusWaterkloof celebrated their comeback to the Virsekerbeker (formerly Beeld Trophy) after a hiatus of two years with a hard-fought victory of 29-24 over Transvalia in Vanderbijlpark. This was also the opening match of this year’s Cup-competition of the Virsekerber. 

    Paarl Boys’ High also had to work hard to defeat the Kwaggas from Outeniqua by 34-26 in their annual interschools clash in Paarl.  

    Voortrekker didn’t just manage to kick-off their campaign in the Griffon-league with a victory over Goudveld, but also manage to keep their hopes to reach the knock-out stages of the Wesgrow League alive with a narrow 39-38 victory in Bethlehem. 

    The clash between Voortrekker and the defending champions of the Wesgrow League, Diamantveld, will now be a deciding match of who will go on to play in the semi-finals. The Griffons’ champions, Welkom Gimnasium, also opened their campaign in Bethlehem with a convincing 50-0 victory over Witteberg. 

    The Results:

    EASTERN CAPE

    Queen’s College 44 Stirling
    Glenwood 15 Maritzburg College 7
    Durban High School 27 Westville Boys’ High 26
    Grey High School 17 St Andrew’s College 17
    Graaff-Reinet Volkskool 32  Burgersdorp 26
    Nico Malan 17 Humansdorp Secondary 7

     

    FREE STATE/GRIQUALAND WEST

    Grey College  81 HTS Middelburg  8
    Jim Fouché  29 Louis Botha 29 
    St Andrews 10 St David’s Marist 32
    Voortrekker 39 Goudveld-Hoërskool 38
    Welkom Gimnasium 50 Witteberg 0
    AHS Kroonstad 21 Hentie Cilliers 18
    Brandfort 14 Sand du Plessis 13
    Grey College IV 44 Landboudal 16
    Hoërskool Kroonstad   Bothaville  
    Riebeeckstad 60 HTS Welkom
    Wessel Maree   Wilgerivier  
    Harmony   Sandveld   
    Bultfontein 38  Theunissen
    Hoopstad  45 Winburg  0
    Welkom High   Hennenman  
    Marquard    Paul Erasmus   
    Ficksburg   New Horizon (BHM)  
    Vrede    Harrismith  
    Reitz  43 New Horizon (HAR)

    NOORDVAAL 

    Affies 52 Helpmekaar 17
    King Edward VII 41 Pretoria Boys’ High 27
    Jeppe 19 St John’s College 18
    Garsfontein 43 Rustenburg 33
    EG Jansen 68 Kempton Park 10
    Monument 30 Menlopark  8
    Pietersburg 31 Eldoraigne 5
    Waterkloof 29 Transvalia  24
    Frikkie Meyer 38 Oos-Moot 18
    Centurion 36 Klerksdorp 19
    Ben Viljoen 29 Ermelo 27
    Lydenburg 55 Curro Nelspruit  14
    Zeerust 36 Warmbad 17
    Merensky 17 Frans du Toit 17
    Ellisras 36 Affies IV 33
    Curro Heuwelkruin 40 HTS Tom Naudé 0
    St David’s Marist 32 St Andrews (Bloem) 10
    Curro Roodeplaat 14 Voortrekkerhoogte 12

    NWU-PUKKE PRESTIGE  

    Lichtenburg 20 Heidelberg Volkskool 15
    Marais Viljoen 28 Hugenote (Springs) 14
    Montana 53 Potchefstroom Gimnasium  26
    Die Anker  34 Jeugland  20
    Noordheuwel 38 HTS Witbank 14
    Potchefstroom Volkskool 29 Oosterlig 5
    Hoërskool Middelburg  47 Zwartkop 5
    Wesvalia 28 Randburg  14

    NWU-PUKKE SPORT SERIES

    Secunda 24 Hoërskool Alberton 12
    Linden 41 Dr. Malan 19
    Bastion 26 Standerton 23
    Florida 28 Brits 3
           
           
           
           

     

    NWU-PUKKE 16 SERIES 

    Leeuwenhof 25 Fochville 22
    Pionier 33 Pretoria-Noord 26
    Piet Retief 26 Stoffberg 12
    Vryburg 29 Riebeeckrand 26
    Wolmaransstad 36 Bekker 7
    Schoonspruit   Volksrust   
    Overvaal 24 Schoonspruit 22
    Delmas   Oosterland   

    WESTERN CAPE 

    Paarl Boys’ High 34 Outeniqua 26
    Paarl Gimnasium 31 Diocesan College 10
    Boland Landbou 62 Wynberg Boys’ High 31
    Paul Roos Gimnasium 31 Rondebosch Boys’ High 7
    Oakdale Landbou 42 HTS Drostdy 40
    Durbanville 33 SACS 24
    Bellville 21 Strand 15
    Stellenberg  31 Brackenfell  10
    Parel Vallei 40 DF Malan 24
    Tygerberg 43 Milnerton  31
    HTS Bellville 19 Kasselsvlei 13
    Charlie Hofmeyr 34 Vredenburg 3
    Swartland 28 Worcester Gimnasium 13
    Hugenote 30 Klein Nederburg 15
    New Orleans 35 Paulus Joubert 0
    Robertson 18 Montagu 17

    [powr-comments id=”83a8687d_1554102884125″] 

  • Warm rugby vir koue Bethlehem in eerste ronde van Griffon-liga voorspel

    NewsGKekeMorabeDit is nou wel die eerste ronde van die Griffon-liga, maar wil Voortrekker van Bethlehem sal sy wedstryd op sy tuisveld teen Goudveld-Hoërskool soos ‘n eindstryd wees. 

    Die wedstryd word regstreeks op DigiTV.co.za uitgesaai. 

    Die Trekkers sal indien hy die knie in die wedstryd buig die moeilike taak hê om Diamantveld in Kimberley te gaan klop indien hy nog ‘n kans wil staan om later vanjaar in die uitspeelwedstryde van die Wesgrow-reeks in aksie te wees.  

    Goudveld het verlede jaar se kampioen op eerstespanvlak Diamantveld met 21-12 tydens die Fichardtpark Sportdag afgestof. Voortrekker was verlede jaar die algehele rugbykampioen van die Wesgrow-reeks. 

    “Ons benader hierdie as ‘n eindstryd. Indien ons nie wen nie sal ons Diamantveld in Kimberley moet klop om onder die boonste twee spanne in ons groep te eindig,” het Christiaan Gouws, afrigter van die Trekkers gesê. 

    Goudveld se afrigter, Frans Crous, is tevrede met hoe sy span bymekaar gekom het tydens die jaarlikse Twizza Glenwood Rugbyfees in Durban. Gouties se span moes in Maart afskeid van hul flank Handri Eloff neem wat in ‘n motorongeluk gesterf het.

    Die verdedigende kampioen van die Griffon-liga, Welkom Gimnasium, sal aanslag om sy titel in die moeilikste plek moontlik in Bethlehem teen Witteberg afskop.

    Daar is reën vir Saterdag in Bethlehem voorspel wat Gimmies se oop styl van rugby kan belemmer. Boonop lê daar reeds kapok op die Maluti-berge wat ‘n koue dag in die Riemland voorspel. 

    Gimmies se SA Skole-agtsteman, Keke Morabe, sal deur Witteberg hok geslaan moet word indien hulle ‘n kans wil staan om vir ‘n opskudding te sorg. Morabe was onlangs vir die Wêreld Skole XV-tal tydens die Wêreld-skolefees in Stellenbosch in aksie.

    Gimmies het tydens die skoolvakansie slegs ‘n vriendskaplike wedstryd teen Transvalia van Vanderbijlpark gespeel. Gimmies was met 44-22 baas. Witteberg was op die Mauritz Hansen-week in Naboomspruit in aksie. Die Wittes se enigste nederlaag tydens die week was op die tweede dag teen die uiteindelike kampioen, Oos-Moot (7-17).

    Witteberg het in sy ander twee wedstryde die Rooikatte (28-14) en Lydenburg (40-24) verslaan. Gimmies sal verskoon word indien hulle dink hulle sien dubbeld met Witteberg se middelveld wat deur die Van Rensburg-tweeling, Lourens en Niel, beman sal word. 

    Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad reis na Virginia waar hulle teen Hentie Cilliers te staan sal kom. Rooiskool sal die liga op ‘n goeie voet wil afskop na hy sy tydens sy toer na George teen Die Anker van Brakpan (0-12) en Brandwag van Benoni (7-26) die knie moes buig. 

    Die spanne is: 

    Voortrekker vs Goudveld-Hoërskool om 13:30 in Bethlehem: 

    Voortrekker: 15 Jan du Toit, 14 Xavier Adams, 13 Frans Postma, 12 Duncan Amsterdam, 11 Peter Mofekeng, 10 Cammy Roux, 9 Eddie Jackson, 8 Justin Kritzinger, 7 Estian Louw, 6 JP Bertram, 5 Warren Louw, 4 Steyl Barnard, 3 Kamshen Moss, 2 Bjorn Steinhobel, 1 Janco Volschenk. 

    Goudveld-Hoërskool: 15 Jacquin Bailey, 14 Christopher Gerber, 13 Jaco Weideman, 12 Dylan Smith, 11 Charl Pietersen, 10 JC Allan, 9 Marco Weideman, 8 Jubaren Adriaan, 7 Jean Wilken, 6 Neil Harmse, 5 Rian Olivier, 4 Heinricht Cloete, 3 Eckhard Malan, 2 JP Knoesen, 1 Alistair O’Brien. 

    Skeidsregter: Marius Bonthuys. 

    Witteberg vs Welkom Gimnasium om 13:30 in Bethlehem: 

    Witteberg: 15 Fernando Galandt, 14 Rosco Ruiters, 13 Lourens van Rensburg, 12 Niel van Rensburg, 11 Mpho Ntsutle, 10 Du Toit van Huysteen, 9 Tshepiso Mzizi, 8 Ruan Strydom, 7 Ryno Oosthuizen, 6 Marnus Nel, 5 Givestro Argentino, 4 Christo van Deventer, 3 Hardus Myburgh, 2 Philleo Lodewyk, 1 Christiaan van Deventer. 

    Welkom Gimnasium: 15 Marchall Andrews, 14 Morné Mastriet, 13 Jaime Heynes, 12 Keith van Aswegen, 11 Marno April, 10 Bennie Human, 9 Jaco Theron, 8 Keke Morabe, 7 Christo Steyn, 6 Mackniel Matthews, 5 Husayn Banzi, 4 Tandikaya James, 3 Franco-Lee Ceaser, 2 Martley Bayman, 1 Johan Pretorius. 

    Skeidsregter: Jacques Nel. 

    Hentie Cilliers vs AHS Kroonstad om 12:30 in Virginia: 

    Hentie Cilliers: 

    AHS Kroonstad: 15 Zehan Westraadt, 14 Diaan Jordaan, 13 Morné du Plessis, 12 Zane Booyens, 11 Thatu Matsebu, 10 Joos Theron, 9 Zander Pelser, 8 Hanu Visagie, 7 Henru Hattingh, 6 Franna van Niekerk, 5 Jamie van Wyk, 4 Jaco Peters, 3 Christiaan Welgemoed, 2 Tian Brits, 1 Reon Vosloo. 

    Die volgende wedstryde word regstreeks op Trekker TV en Goutie TV op DigiTV.co.za uitgesaai: 

    13:30 o.19A Voortrekker vs Goudveld DigiTVStacked1
    12:15 o.16A Voortrekker vs Goudveld DigiTVStacked1
    11:00 o.19B Voortrekker vs Goudveld DigiTVStacked1
    10:00 o.15A Voortrekker vs Goudveld DigiTVStacked1
    09:00 o.14A Voortrekker vs Goudveld DigiTVStacked1

    [powr-comments id=”c6c69ab8_1554461654387″]

  • Stellenberg kan inspirasie uit Angelo Davids put vir stryd teen Brakkies

    Stellenberg kan inspirasie uit Angelo Davids put vir stryd teen Brakkies

    NewsGStellenbergDie Hoërskool Stellenberg sal inspirasie uit sy nuutste Blitsbok, Angelo Davids, se insluiting in die Blitsbokke se span vir die naweek se toernooi in Hong Kong. Die Jade Brigade pak om 11:55 vir Brackenfell en die interskole se wedstryde word ook regstreeks op DigiTV.co.za uitgesaai.  

    Die twee kommentators vir die hoofwedstryd sal Stellies se beseerde kaptein en flank, Karo van der Westhuizen en die beseerde losskakel, Nivan Petersen, wees. Van der Westhuizen se leierskap en Petersen se kalmte en skeppende spel as generaal beteken sat albei spelers se teenwoordigheid op die veld gemis sal word. 

    Die laaste keer wat Brakkies daarin kon slaag om Stellenberg om te dop was in 2016 toe hulle met 16-15 baas was. Stellenberg se voorspeler-afrigter, Corné Kannenmeyer, was toe nog Brackenfell se breier. Interresant is dat Angelo Davids albei sy span se drieë in die nederlaag gedruk het. 

    Stellenberg het ‘n moeilike maand wat voorlê. Die span sal in die volgende vier weke in agt wedstryde in aksie wees. Buiten die kragmeting teen Brackenfell lê Wynberg Boys’ High volgende week op die Jade Brigade en wag. Daarna sal die span in drie wedstryde tydens die St John’s College Paastoernooi in aksie wees. 

    Voor Wildeklawer sal die span nog teen Outeniqua te staan kom voordat hy vir Diamantveld en Welkom Gimnasium in Kimberley die stryd sal aansê.  

    In Riversdal sal Oakdale Landbou en HTS Drostdy in ‘n tweestryd van epidermiese proporsies slaags wees. Dié Bulle van Oakdale kon laas die steekse Donkies van HTS Drostdy in 2015 op sy tuisveld, De Eike-veld, net buite Riversdal met 34-13 met die kous oor die kop huis toe stuur. 

    Oakdale het wel met sy laaste twee besoeke die spook van Charles Trappes op Trappespark in Worcester in 2016 (26-13) en 2018 (37-34) verjaag. Saterdag se wedstryde op De Eike word regstreeks op DigiTV.co.za op OakNet gebeeldsend. 

    Veral die tweestryd tussen Oakdale se kaptein en flank, Sybrand van Dyk, en sy direkte teenstander, Wynand du Plessis, gaan een vir die fynproewer wees. Du Plessis het verlede jaar die Boland tydens die Akademie-week verteenwoordig. 

    Die span van Worcester was vanjaar al twee keer teen Stellenberg (7-13) en die Hoër Jongenskool Paarl (3-64) aan die verloorkant. Oakdale Landbou het ook nog net twee keer ‘n opstopper gekry en dit was teen die omgekrapte Argentyne van San Isidro (0-10) asook teen Stellenberg (10-21)

    Die spanne is: 

    Oakdale Landbou: 15 Ruhan Els, 14 Tino Singe, 13 Alwich van der Linde, 12 Ashwin Botha, 11 Monré de Ridder, 10 Hendrik Victor, 9 Nico Pietersen, 8 Kaylim Cordier, 7 Corné Rahl, 6 Sybrand van Dyk (kaptein), 5 Gustav Smit, 4 Zach Stander, 3 Neil Francis, 2 Vernon Paulo, 1 Malcolm Joseph. Plaasvervangers: 16 Herman Otto, 17 Petri Steyn, 18 Niel Engelbrecht, 19 Marnitz Mellet, 20 Gerbrandt Conradie, 21 Matthew Stephens, 22 Michel Stemmet, 23 Creflo Witbooi, 24 Janus Ferreira. 

    HTS Drostdy: 15 Keane Galant, 14 Hugo Mostert, 13 Roann Jansen, 12 Zach le Roux, 11 Reinhardt van der Watt, 10 Carlton Pietersen, 9 Justin Henning, 8 Joshua Smit, 7 Gysbert du Preez, 6 Wynand du Plessis, 5 Robert Adshade, 4 Reinier Viljoen, 3 Lincoln Johnson, 2 Stefan Schwartz (kaptein), 1 Benicio Kamfer. 

    Die bepalings is: 

    Hoërskool Stellenberg De Eike-veld, Riversdal
    11:55 o.19A Stellenberg vs Brackenfell DigiTVStacked1 12:30 o.19A Oakdale Landbou vs HTS Drostdy DigiTVStacked1
    10:40 o.19B  Stellenberg vs Brackenfell  DigiTVStacked1 11:15 o.19B Oakdale Landbou vs HTS Drostdy DigiTVStacked1
    09:30 o.16A  Stellenberg vs Brackenfell  DigiTVStacked1 10:05 o.16A Oakdale Landbou vs HTS Drostdy DigiTVStacked1
    08:30 o.15A Stellenberg vs Brackenfell  DigiTVStacked1 09:00 o.15A Oakdale Landbou vs HTS Drostdy DigiTVStacked1

    [powr-comments id=”61b48f3b_1554455004490″]

  • HJS Paarl stel hul 2019 hokkie- en rugby borge bekend

    Paarl BoishaaiDie HJS Paarl het Dinsdagaand, tydens ‘n spesiale Borgeaand, hulle hokkie- en Rugby borge by Brugstraat in die Paarl onthaal. Tydens die geleentheid is hulle eerste hokkiespan en eerste- en tweede rugbyspan se truie ook bekendgestel.

    “Ons is bevoorreg om vanjaar Henties vrugtesap as ons eerste hokkiespan se borg te hê. Na die inwyding van ons nuwe Astro-baan sien HJS-hokkie baie uit na 2019,” sê die hoof van hokkie by HJS, Cindy McFarlane.

    By die tweede rugbyspan het HJS vanjaar vir die 15de agtereenvolgende jaar vir Demtex (Demetri Slabbert) as hoofborg. Vanjaar kom SBS (Southern Business School) van Chris Vorster by as borg vir die “sekkies”, soos hulle algemeen bekend staan.

    By die eerste span is die HJS vanjaar bevoorreg om Digicall (Altmann Allers) en Fidelity-Adt (Wahl Bartmann) as hoofborge te hê. “Saam met Southern Business School (Chris Vorster), Vodashops (Robert du Preez), Vida e Café (Mark le Roux), Val de Vie (Renier Swart), USN (Jaco Barnard), Ramble (Henro Smit) en ons klereborg, Rhino (Angus Thompson,) is die eerste span reg vir die 2019 seisoen,” sê hoofafrigter, Peter Engledow.

    Die eerste hokkiespan sal vanjaar nie minder nie as 21 wedstryde speel waarvan 16 op HJS se eie nuwe Astro-baan beslis sal word. Die eerste rugbyspan sal vanjaar in 16 wedstryde kragte meet met die beste in Suid-Afrika.

    Die skoolhoof, mnr. Derek Swart, het die verrigtinge afgesluit en verwys na HJS se hoofdoel, nl. om seuns uit te stuur om ‘n positiewe verskil te maak in ‘n dikwels negatiewe wêreld. Hy het ook die borge bedank wat weer aan die skool die nodige “tools” verskaf het om dit moontlik te maak om hierdie doelwit te bereik.

    [powr-comments id=”b6c15f07_1554451750794″]

  • Boishaai sal op sy hoede vir uitgeslape Kwaggas wees

    NewsGPaarlBoishaaiDie Hoër Jongenskool Paarl sal Saterdag sy keer in die Brugstraat-stadion in die Paarl teen die Hoërskool Outeniqua moet ken. Die wedstryd word regstreeks op DigiTV.co.za uitgesaai. 

    Die Kwaggas het nou wel nog net een sege sover op sy belt vir 2019, maar die span van George het genoeg gedoen in sy nederlae teen Garsfontein (24-28) en Affies (20-27) om nie net die twee spanne van die Jakarandastad behoorlik die skrik op die lyf te jaag nie.

    Die Kwaggas is sonder twyfel ‘n omgesukkelde span wat nog ‘n hele paar skole se afrigters slaap sal kos. Die span het in Abré Minnie ‘n uitgeslape afrigter wat gewis ‘n paar taktiese planne vir Saterdag in plek sal hê. 

    Boishaai sal weens sy tuisveldvoordeel steeds as die gunstelinge op die veld draf. Die span van die Paarl was nog nie vanjaar aan die verloorkant nie. Hy het wel tydens die Noord/Suid-toernooi in Pretoria met 20-elk gelykop teen Helpmekaar-kollege gespeel. 

    Minnie wat op sy dag Griekwas se agterhoede gebrei het en self ook die middelveld in sy speeldae vir die Poubloues beman het, se seun met dieselfde naam is die Kwaggas se skrumskakel en onderkaptein. 

    Wat vanjaar se Outeniqua-span ‘n ekstra X-faktor gee is die feit dat hy ‘n paar hardebaarde in sy agttal het. Die span se voorry Zander Bezuidenhout, Leon Volschenk en Henry Tromp sal menigte spanne se skrums op die agtervoet dwing. Bezuidenhout ook ‘n derduiwel in die los, terwyl Volschenk en Tromp nooit te ver van die aksie af is nie. 

    Tromp is die seun van die voormalige Springbok-haker met dieselde naam. Tromp sr. het die Springbokke in 1996 in vier toetse verteenwoordig. Tromp jr. se oupa Jan Tromp is ‘n legende in die destydse Wes-Transvaal en het ook slot vir die Junior Springbokke gespeel. Henry Tromp sr. se broer, Kleinjan Tromp het ook vir die Leeus en Wes-Transvaal (deesdae Luiperds) op slot uitgedraf.  

    Paarl Boishaai het natuurlik ook ‘n bekende se seun in sy span. Die Prins van Vleuels, Carel du Plessis, se jongste seun, Riis du Plessis, beman die laaste vesting vir Boishaai. Du Plessis sr. het die Springbokke in 12 toetse verteenwoordig. 

    Boishaai se sleutelspeler is sy agtsteman, Gideon van Wyk. Boishaai sal hoop dat hy met die bal onder die arm hom op gereelde grondslag oor die voordeellyn sal kry. Die flank Cameron Hanekom en voorryman Rynhardt van Rijnsburger sal ook hier ‘n ondersteunende rol vertolk. 

    Boishaai se afrigtingspan het na die Noord/Suid-toernooi ‘n paar skommelinge ondergaan David Sadie sal saam met Peter Engledow die eerstespan se leisels vashou. André Tredoux wat Engledow se hulpafrigter verlede maand was rig nou die o.16-span af. 

    Tredoux het hom verlede jaar by Paarl Boishaai aangesluit vanaf die Docomo Red Hurricanes van Japan. Engledow is verlede jaar as Sean Erasmus se opvolgers as hoof van rugby by Boishaai vanaf Griekwas aangestel. 

    Die Kwaggas kon laas in 2013 daarin slaag om Boishaai te troef. Hulle was toe met 45-36 in ‘n drieëfees op Brugstraat in die Paarl baas. In sy geledere was spelers soos Duhan van der Merwe (Edinburgh), Warrick Gelant (Blou Bulle) en Dewald Human (Blitsbokke). 

    Van der Merwe het twee van sy span se drieë gedruk, terwyl Gelant met ses doelskoppe en ‘n strafdoel 15 punte tot sy span se totaal bygedrae het. In Boishaai se geledere op daardie dag was die Springbok-voorryman Thomas du Toit.  

    Die kragmeting tussen die o.14-spanne is ook nie een om mis te loop nie. Die Kwaggas se o.14-span word reeds as een van die bestes indien nie die beste o.14-spanne in die land gereken. Paarl Boishaai het op hul beurt weer in die flank Divan Fuller ‘n plettervatter wie se duikslag vroeër vanjaar tydens die Kwagga-week viral gegaan het. 

    Die spanne is: 

    Hoër Jongenskool Paarl: 15 Riis du Plessis, 14 Rickus Jonck, 13 Quan Horn, 12 Tyler Bocks (kaptein), 11 Javier Farmer, 10 Kian Meadon, 9 Wian van der Sandt, 8 Gideon van Wyk, 7 Niel Venter, 6 Cameron Hanekom, 5 Jade Hendricks, 4 Evan Roode, 3 Sebastian Lombard, 2 Allister Williams, 1 Rhynhardt Rijnsburger.

    Hoërskool Outeniqua: 15 Curtley Smith, 14 Casten Michaels, 13 Gerhard Ackerman, 12 Tinsley Stuurman, 11 Dillan Pieterse, 10 Matthew Thorne,  9 Abré Minnie, 8 Bennett Nortjé (kaptein), 7 Jandré le Roux, 6 Francois Breytenbach, 5 Dean Malherbe, 4 Corné Struwig, 3 Henry Tromp, 2 Leon Volschenk, 1 Zander Bezuidenhout. Plaasvervangers: 16 Johan Jordans, 17 Lawrence Victor, 18 Schalk Vermeulen, 19 Jay-Jay Snyman, 20 Philip Fouché, 21 Chadley Josias, 22 Ayden Booysen, 23 Keanu Lindoor. 

    Die bepalings: 

    13:00 o.19A Paarl Boys’ High vs Outeniqua  DigiTVStacked1
    11:30 o.19B Paarl Boys’ High vs Outeniqua DigiTVStacked1
    10:10 o.19C Paarl Boys’ High vs Outeniqua DigiTVStacked1
    09:00 o.16A Paarl Boys’ High vs Outeniqua  DigiTVStacked1

     

    Ander Wes-Kaapse bepalings: 

    13:00 Paarl Boys’ High vs Outeniqua DigiTVStacked1
    12:10 Dioecesan College vs Paarl Gimnasium  
    12:15 Rondebosch Boys’ High vs Paul Roos Gimnasium  
    11:55 Stellenberg vs Brackenfell DigiTVStacked1
    12:00 Durbanville vs SACS DigiTVStacked1
    12:30 Oakdale Landbou vs HTS Drostdy DigiTVStacked1
    12:00 Boland Landbou vs Wynberg Boys’ High  
    12:30 DF Malan vs Parel Vallei  

    [powr-comments id=”477c5120_1554452179618″]

  • Paarl Boys’ High – 2009

    Results

    Paarl Boys’ High 15, SACS 5
    Paarl Boys’ High 46, St. John’s College 13
    Paarl Boys’ High 23, Monument 15
    Paarl Boys’ High 15, Affies 30
    Paarl Boys’ High 41, Stellenberg 9
    Paarl Boys’ High 21,  Waterkloof 11
    Paarl Boys’ High 30, EG Jansen 0
    Paarl Boys’ High 50, Windhoek Gimnasium 0
    Paarl Boys’ High 77,  Elnatan 3
    Paarl Boys’ High   8,  Grey College 50
    Paarl Boys’ High 18,  Rondebosch Boys’ High 13
    Paarl Boys’ High 31,  Diocesan College 12
    Paarl Boys’ High 16,  Paul Roos Gimnasium 11
    Paarl Boys’ High 24,  Paarl Gimnasium 12

    Players: Gavin Hauptfleisch, Lucien Cupido, Jan de Wet, David Sadie, Wilhelm van der Sluys, Frans Malherbe (captain), Adrian Botha and Dillon Siegelaar.

  • Paarl Boys’ High – 2010

    Results

    Paarl Boys’ High 50,  Oudtshoorn HS 0
    Paarl Boys’ High 26,  Helpmekaar 18
    Paarl Boys’ High 32,  Nelspruit 17
    Paarl Boys’ High 22,  Outeniqua HS 17
    Paarl Boys’ High 19,  Paarl Gimnasium 19
    Paarl Boys’ High 34,  Wynberg Boys’ High 10
    Paarl Boys’ High 12,  Grey College 32
    Paarl Boys’ High 38,  Boland Landbou 17
    Paarl Boys’ High 65,  Rangers/Silvertree 0
    Paarl Boys’ High 17,  Paul Roos Gimnasium 31
    Paarl Boys’ High 41,  SACS 22
    Paarl Boys’ High 39,  Rondebosch Boys’ High 8
    Paarl Boys’ High 16,  Drostdy THS 11
    Paarl Boys’ High 11,  Glenwood 9
    Paarl Boys’ High 13,  Affies 8
    Paarl Boys’ High 29,  Oakdale Landbou 23

    Players: Gavin Hauptfleisch, Jean Nel, Leon Le Roux, Heinrich Bojé, Liam Jardine, Devon Williams, Louis Nel, André Pieters, Beyers de Villiers, Jaycee Jooste, PJ Clift, Reino van der Merwe, Nicolaas van Dyk, Stephan Coetzee (captain), Justin Ackerman.

    1

  • Nhleko excited as SA U20 warm-up games approach

    Nhleko excited as SA U20 warm-up games approach

    JuniorSpringboksJunior Springbok assistant coach Bafana Nhleko is excited about the SA Under-20s’ warm-up matches in the next month as their preparation continues to take shape for the World Rugby U20 Championship in June.

    The Junior Springbok training squad will get some vital match practice in a training match against the DHL Western Province SuperSport Rugby Challenge team in Stellenbosch on Thursday before the U20 International Series from 9 to 13 April. The team will line up against the Georgian and Argentinean U20 teams and a senior Namibia XV in the tournament.

    All of the players in the Junior Springbok training squad are members of the SA Rugby Academy squad, which started their programme at the Stellenbosch Academy of Sport, early in February. The SA Rugby Academy programme runs until Thursday, 18 April.

    “We are excited because we now have the opportunity to build on the work and foundation that has been put in place at the SA Rugby Academy,” said Nhleko.

    “We have done a lot of work on the players’ skill-set and conditioning, and we can now prepare them for what lies ahead. Obviously, we can’t replicate the pressure of a World Rugby U20 Championship, but we can measure where we are as a squad, and that will be our focus in the U20 International Series. This will also serve as a fantastic opportunity for these players to stake a claim for places in the final 28-man squad for the World Rugby U20 Championship.”

    Of the training game against DHL Western Province, Nhleko said: “This will be important from a physical perspective because we have mainly been training up until now, so it will assist to get the players’ bodies contact ready and to place them in a situation where they experience match pressure. It will also allow us to see how they implement our structures under pressure in the lead-up to the international friendlies.”

    Nhleko also looked forward to the U20 International Series, where the Junior Springboks will face Georgia in their opening game on Tuesday, 9 April, at Paarl Gymnasium.

    “Georgia is a passionate rugby nation and they will test us physically, while Argentina play a brand of rugby that will challenge our systems,” he said.
    “The Namibian XV, as a senior team, will ask different questions of us, so we are looking forward to the tournament.”

    Nhleko praised the role of the SA Rugby Academy in the team’s preparations and said: “The Academy was very good for the coaching staff because we were able to see first-hand what the players have to offer with an eye on the Junior Springbok squad, but at the same time assist in their development on the field.

    “And for the players who made it into the Junior Springbok mix, it offered us the opportunity to work with them on and off the field, which automatically assisted in building synergy within the group.”

    With two months to go before the Junior Springboks meet Scotland in their opening World Rugby U20 Championship match at the Racecourse Stadium in Rosario on Tuesday, 4 June, Nhleko said every warm-up match counts.

    “Every game will be important for us, as we are still in a building phase,” said Nhleko.

    “The key going forward is to ensure that we are in the right space physically and mentally by the time we go to Argentina, and that is something Chean Roux (Junior Springbok head coach) has handled very well within the group.”

    The team’s remaining pool matches at the international spectacle will be against Georgia on Saturday, 8 June, and New Zealand on Wednesday, 12 June, also in Rosario.

    Issued by SA Rugby Communications