Indien daar enige twyfel voor vandag was of Transvalia se rugbyspan ‘n krag gaan wees, het die manne van Vanderbijlpark dit ter ruste gele. Die span het Waterkloof met 30-25 tydens die jaarlikse Ticketpro Blou Bulle Rugbydag op Loftus Versfeld verslaan.
Dit het nooit gelyk asof Transvalia die wedstryd sou verloor nie. Nie eers ‘n driekuns deur Klofies se skrumskakel, Divan Roelofse, kon Transvalia van ‘n sege weerhou nie. Transvalia se haker, Reinhardt Nel, het ‘n stewige vertoning gelewer. Die skrumskakel, Dewald Strydom, se diens aan sy losskakel, Zian de Jager was ook van hoogstaande gehalte.
In die stryd tussen die twee Dames-broers, Jaco en Rudi, het eersgenoemde se Diamantveld vir Pretoria Boys’ High met 20-15 die loef afgesteek. Diamonds se skrumskakel, Charlie Louw, is na afloop van die wedstryd as speler van die westryd aangewys. Dit kon net so maklik aan die verloorspan se vleuel Jamie Nortje gegaan het. Hy het al drie sy span se drieë afgerond.
Die eerste ronde bier sal gewis vanaand op Rudi wees.
Goudveld-Hoërskool het oor te veel skietgoed vir Noordheuwel in die openings-wedstryd van die rugbydag. Gouties het die kragmeting met 30-20 gewen.
Puntemakers:
Boland Landbou 45 (30) – Drieë: Sebastian de Klerk (2), Gavin Mills, Bertus Baard, Tehan du Plessis, Darren Hendricks, Eugene Snyders, Erik Lamprecht, Handro-Daniel van der Merwe. Menlopark 10 (0) – Drieë: Nsuku Baloyi (2).
Affies 30 (20) – Drieë: Jason Scheepers (2), Jacques-Louis du Toit (2), Pierre Fourie, Eric Sherman. HTS Middelburg 5 (0) – Drie: Vincent Roos.
Garsfontein 45 (25) – Drieë: Diego Appollis (3), Jurich Claassens (2), Keagan Johannes, Juandre Buitendag, Allen Kelbrick, Campwill Willemse. Voortrekker (Bethlehem) 0 (0).
Monument 10 (5) – Drie: Ruben Barnard, Douw Scheepers. Welkom Gimnasium 5 (0) – Drie: JP de Kock.
Transvalia 30 (15) – Drieë: Uli Wiese (2), Nicky Nicholenas, Zian de Jager, Damian Jordan, Bernard du Plessis. Waterkloof 25 (10) – Drieë: Divan Roelofse (3), Renaldo Kuppen, Julian Bogner.
Diamantveld 20 (5) – Drieë: Keenan Beckett, Cole Arnoldus, Charlie Louw, Ruan Vink. Pretoria Boys’ High 15 (5) – Drieë: Jamie Nortje (3).
EG Jansen 30 (10) – Drieë: Tylon Kotze, Dwayne Lubbe, Dylan Schwartz, Dian Coetzee, Xander Schwartzer, Craig Hutchinson. Frikkie Meyer 15 (10) – Drieë: Tsimi Nemavola, William Thulare, Diaan Coetsee.
Zwartkop 20 (10) – Drieë: Jean Aucamp, Kyle van Deventer, Romario Dias, Nog Een. Duineveld 20 (5) – Drieë: Hans Visser (2), Cameron van Rhyn, Linton Maritz.
Oos-Moot 25 (10) – Drieë: Heinrich van Tonder (2), Ruan Bezuidenhout, Renier Vos, Tian Bezuidenhout. Witteberg 5 (0) – Drieë: Motseki Mosikidi.
Jeppe High School for Boys’ 35 (25) – Drieë: Muzi Manyike (2), H Monteiro (2), S Shongwe, C Harvey, J Coetzee. Kempton Park 15 (0) – Drieë: Ruben Fullard (2), John Anderson.
St Alban’s College 35 (20) – Drieë: Wilfred Munda (2), Rhys Fulford (2), Keelan Watkins, Thabang Mogadima, Siseko Mvenya. Potchefstroom Gimnasium 5 (5) – Drie: Dirkie Louw.
Goudveld-Hoërskool 30 (15) – Drieë: Craig Colby (2), Doohan van Pletzen, Ruben Liebenberg, Rian Olivier, Leonard Jacobs. Noordheuwel 20 (10) – Drieë: Wian van Heerden (2), Camron Janse van Vuuren, Ruan Kotze.
Curro Heuwelkruin 15 (10) – Drieë: Reece Wynne (2), Godwin Maloleke. Pretoria THS 5 (0) – Drie: Trevor Shitlhane.

Die Hoërskool Waterkloof se eerste rugbyspan het sy litte Saterdag teen Montana in ‘n vriendskaplike wedstryd losgemaak. Klofies moes egter heelwat meer sweet as verwag om Montana met 29-17 die loef af te steek.
Dit gaan keer kos om die nuweling in die NWU-Pukke se Sportreeks, die Hoërskool Florida, se hande van die trofee af te hou. Florida het in sy eerste wedstryd in die reeks ‘n weghol-oorwinning van 81-5 oor Hartbeespoort behaal.
Die Hoërskool Upington se eersterugbyspan het nou wel voor sy kragmeting teen Jim Fouché op Fichardtpark se jaarlikse McDonalds Sportdag besluit om nie in sy tradisionele Oranje-truie te speel nie. 
Dit was ‘n titaniese stryd na maar 70 minute se spel kon die Hoërskool Fichardtpark se eersterugbyspan kop omhoog van die veld na sy sege van 25-23 oor die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad in die hoofwedstryd van die jaarlikse McDonalds Sportdag stap. 
Leeuwenhof Akademie het Saterdag met ‘n weghol-oorwinning van 72-14 oor Overvaal van Vereeniging in die NWU-Pukke 16-reeks ‘n vroeë waarskuwing aan die ander spanne in die kompetisie gestuur. 
Die suksesvolste skolerugbyspan in Suid-Afrika die afgelope drie jaar, die Hoër Jongenskool Paarl, se hoofafrigter, Sean Erasmus, gaan nie sy kontrak met die skool na afloop van die 2018-seisoen verleng nie. Erasmus sal hom op 1 November by die Goue Leeus aansluit. 
Indien die eerste Saterdag van die 2018 skolerugby-seisoen aan ‘n enkele speler behoort het, sou dit die Hoërskool Florida se heelagter, Tino Swanepoel, se dag gewees het. 
Die Hoër Landbouskool Oakdale se eerste rugbyspan sal vanjaar op die eerste dag van die skool se jaarlikse rugbyweek net buite Riversdal in die hoofwedstryd teen die Cherries van Grey-kollege te staan kom. 
Die kampioen van die TuksSkole-reeks, die Hoërskool Monument van Krugersdorp, sal sy aanslag op vanjaar se titel in Vanderbijlpark teen Transvalia loots. Die wedstryd sou in die afgelope paar jaar nie Monumentare te veel slapelose nagte verskaf het nie, maar die span van Transvalia sal vanjaar nie ‘n maklike neut wees om te kraak nie.