SSPN Test Site

Blog

  • Boishaai wurg ‘n derde jaar in ry ‘n galpil in Gimmies se keel af

    Boishaai wurg ‘n derde jaar in ry ‘n galpil in Gimmies se keel af

    NewsGBoishaaiGimVir die derde keer op ‘n streep moes Paarl Gimnasium se eerste rugbyspan ‘n galpil in die grootste Premier Interskole-wedstryd ter wêreld sluk.

    Die Hoër Jongenskool Paarl het sy skrikbewind op Suid-Afrikaanse bodem voortgesit deur Paarl Gimnasium met 18-13 in die Faurestraat-stadion te klop. Boishaai sluit daarmee vir die derde agtereenvolgende jaar sy seisoen op Suid-Afrikaanse bodem onoorwonne af. Die span het laas in 2014 teen Marlow Landbou teen ‘n Suid-Afrikaanse span die knie gebuig.

    Boishaai het wel vanjaar in Nieu-Seeland teen Christchurch Boys’ High met (36-38) die knie gebuig.

    Gimmies oftewel die Bloedworse het dit egter nie maklik vir Boishaai gemaak nie. Die span se agttal met sy slot Adriaan Ludick, flank Corné Uys en haker, Chris Rossouw het die fisieke stryd na Boishaai geneem.

    Die wenspan het beslis sy kaptein en agtsteman, Francke Horn, asook die losvoorspeler Evan Roos se fisieke spel voorlangs gemis. Die baljagter, Vian Fourie, het egter gewys waarom hy in die SA Skole-span opgeneem is.

    Die eerste helfte het aan Gimmies behoort, maar kon slegs ‘n skrale voorsprong van 10-8 teen rustyd daarvoor wys.
    Sy kaptein en heelagter, Muller du Plessis, het na ‘n paar sukkel-vertonings tydens die Cravenweek gewys hoekom hy so hoog geag word. Hy het ‘n hele paar keer Boishaai se verdediging oopgeklief.

    Die proefneming om die vleuel Hanco Hanekom op skrumskakel in te span het nie vir die verloorspan uitgewerk nie. Dit was nie Hanekom se skuld nie, maar dit was duidelik dat hy nie die oond so seepglad skoon kon maak soos verlang nie.

    Vir Boishaai het die haker, Cullen van der Merwe, losskakel Abner van Reenen en agtsteman, Cornell Kotze, ook goed vertoon.

    In die Virsekerbeker vir Makroskole het Kempton Park ‘n naelskraapse sege van 20-19 oor Eldoraigne behaal om ‘n afspraak met die verdedigende kampioen, Garsfontein, in die kwarteindronde te maak.

    Kempies se binnesenter, Ruben Fullard, het waarskynlik met ‘n reuse strafdoel aan die einde van die eerste helfte die sege vir sy span beklink. Fullard het met ‘n strafdoel van meer as 60 meter geslaag om sy span se neus met 8-7 voor met die omdraaislag te kry.

    In die enigste ander Makroskole-uitspeelwedstryd het Centurion vir Marais Viljoen met 22-12 die loef afgesteek. Centurion sal in die kwarteindronde nou teen EG Jansen van Boksburg te staan kom.

    In die afdeling vir Grootskole het Helpmekaar-kollege en Transvalia ‘n duidelike waarskuwing aan die ander spanne gestuur dat hulle vanjaar die twee spanne is om te klop.

    Transvalia se vleuel Xander van der Walt het vyf keer die doellyn in sy span se sege van 82-0 oor die Hoërskool Tuine oorgesteek. Van der Walt het boonop drie doelskoppe oorgesklits vir ‘n persoonlike bydrae van 31 punte.

    Helpmekaar mik vanjaar na sy derde agtereenvolgende titel en het sy teenstander in verlede jaar se eindstryd, Hoërskool Lichtenburg, met 89-28 kaf gedraf.

    Helpies het 14 drieë ingeryg waarvan sy linkervleuel, Zack Boonzaaier, drie gedruk het. Boonzaaier het uitstekend vertoon en al drie sy drieë het na mooi lopies deur hom gekom.

    Die span se buitesenter, Brandon Keevy, het 23 punte aangeteken met twee drieë, vyf doelskoppe en ‘n strafdoel. Keevy het sy kans in die eerstespan met albei hande aangegryp na albei Helpies se eerstekeuse senters die wedstryd weens siekte misgeloop het. Die span van die Goustad se SA Skole-flank, Mark Snyman, moes op binnesenter diens doen.

    In Bloemfontein was dit van die begin af duidelik dat Grey-kollege ietwat omgekrap is. Grey het sy naamgenoot van Port Elizabeth, Grey High School, sy grootste loesing nog in ‘n wedstryd tussen die twee spanne met 73-10 toegedien.

    Die tuisspan se dubbeldoor SA Skole-speler, Christopher Schreuder, het 23 van sy span se punte aangeteken. Hy het ‘n drie gedruk, met ses doelskoppe geslaag en ook twee strafdoele tussen deur die pale gejaag.

    Die haastige vleuel, Janco van Heyningen, het drie van sy span se elf drieë gedruk.

    In die Vrystaatse A-liga sal Jim Fouché en Louis Botha mekaar in die eindstryd pak. JF het sy plek in die eindstryd met ‘n oortuigende sege van 56-22 oor Sentraal bespreek. Louis Botha moes in die ander halfeindstryd so bietjie harder werk vir sy oorwinning van 33-22 oor Fichardtpark.

    Die Kwaggas van Outeniqua het in die tweede helfte van sy sege van 36-15 oor Framesby in Port Elizabeth sy beste rugby van die seisoen opgedis. Dit was veral die heelagter, Darren Fortuin, en agtsteman, Andreas Breytenbach, wat op hul stukke was. Die skrumskakel, Sylvester Hassien, en vaskopstut, Conrad Ackermann, het ook blink vertonings gelewer.

    Oakdale Landbou het sy jaarlikse interskole in Cradock teen Marlow Landbou se Wolramme met 47-31 gewen. Die besoekers het puik in die eerste helfte vertoon en ‘n voorsprong van 32-10 teen die omdraaislag geniet.

    In Welkom is Welkom Gimnasium steeds die voorste span. Gimmies het sy jaarlikse Classic Clash teen Goudveld-Hoërskool met 49-10 gerieflik as oorwinnaars van die veld gestap.

    Al die uitslae:

    VRYSTAAT

    Grey-kollege 73, Grey High School 10; Welkom Gimnasium 49, Goudveld-Hoërskool 10; AHS Kroonstad 70, HTS Sasolburg 0; Witteberg 40, Wilgerivier 10. Vrystaat A-liga halfeindstryde – Louis Botha 33, Fichardtpark 22; Jim Fouché 56, Sentraal 22. Platteland Halfeindstryde – Ficksburg 51, Hennenman 10; Riebeeckstad 67, Vrede 22; Hoopstad 66, New Horizon 5.

    OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL

    St Andrew’s College 40, Dale College 17; Queen’s College 22, Selborne College 16; Hangklip 17, Burgersdorp 16.

    NOORDVAAL

    King Edward VII 45, Jeppe High School for Boys’ 10.

    VIRSEKERBEKER UITSPEELWEDSTRYDE

    Makroskole: Kempton Park 20, Eldoraigne 10; Centurion 22, Marais Viljoen 12.

    Grootskole: Helpmekaar 89, Lichtenburg 28; Potchefstroom Gimnasium 45, Ben Vorster 27; Frikkie Meyer 60, Ermelo 15; Transvalia 82, Hoërskool Tuine 0.

    Mediumskole: Trinityhouse 40, Vryburg 13; Hans Strijdom 29, Volksrust 5; Stoffberg 32, Pretoria THS 21; Bergsig 30, Ben Viljoen 21.

    Middelskole: Schweizer-Reneke 32, Eric Louw 21; Frans du Toit 48, Kriel 5.

    WES-KAAP

    Hoër Jongenskool Paarl 18, Paarl Gimnasium 13; Oakdale Landbou 47, Marlow Landbou 31; Outeniqua 36, Framesby 15; Stellenberg 24, HTS Drostdy 19; Boland Landbou 48, Bishops 14; Paul Roos Gimnasium 31, Wynberg Boys’ High 7; Rondebosch Boys’ High 58, Durbanville 10; Tygerberg 24, Swartland 8; SACS 55, Strand 8; Worcester Gimnasium 20, Parel Vallei 17; Hoërskool Bellville 47, De Kuilen 7; HTS Bellville 27, Monumentpark 0; Charlie Hofmeyr 26, Hermanus 21; Brackenfell 33, Hugenote 31.

  • Virsekerbeker vir Makroskole kan dalk hier staanplek kry

    Virsekerbeker vir Makroskole kan dalk hier staanplek kry

    Indien die Noordvaal Virsekerbeker vanjaar in ‘n ander skool se trofeekaas as Monument van Krugersdorp, Garsfontein van Pretoria of Dr EG Jansen van Boksburg staanplek kry sal dit ‘n groot verrassing wees.

    Monument sal in die kwarteindronde van die kompetisie teen HTS Middelburg se Rooi Bulle te staan kom. Dit sal die derde keer vanjaar wees dat die twee spanne mekaar op die rugbyveld ontmoet. Monnas se Wit Bulle het die eerste wedstryd tydens die twee spanne in die Tuks-reeks naelskraaps met 14-12 gewen. Die twee spanne se tweede ontmoeting was tydens Kearsney College se Paastoernooi net buite Durban wat Monnas op ‘n meer gerieflike wyse met 40-8 gewen het.

    Monnas het vanjaar nog net teen Eldoraigne (22-27) en Boland Landbou (22-24) die onderspit gedelf.

    Die Pumas se kampioen, die Hoërskool Nelspruit, sal in die kwarteindronde teen Menlopark kragte meet. Die Rhinos van Nelspruit was in 2014 die Makroskole-kampioen.

    Al die rolspelers in vanjaar se uitspeelwedstryde vir die Virsekerbeker vir Makroskole is bekend. Marais Viljoen sal eerskomende Saterdag teen Centurion sake uitspook. Die wenner van die wedstryd sal teen EG Jansen in die kwarteindronde speel.

    In nog ‘n uitspeelwedstryd Saterdag sal die Hoërskool Kempton Park teen Eldoraigne uitdraf.
    Indien Kempies die wedstryd wen sal hulle die verdedigende kampioen, Hoërskool Garsfontein se Bere, in die kwarteindronde te staan sal kom.

    Garsfontein het in 2015 en 2016 die titel verower en het EG Jansen in verlede jaar se eindstryd met 32-28 met die Jong Bokkie-skrumskakel, Embrose Papier, aan die spits verslaan.

    Die Pumas se kampioen, die Hoërskool Nelspruit, sal in die kwarteindronde teen Menlopark kragte meet. Die Rhinos van Nelspruit was in 2014 die Makroskole-kampioen.

    31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

  • Curro Heuwelkruin skraap net-net deur teen Stanford Lake College

    Curro Heuwelkruin skraap net-net deur teen Stanford Lake College

    31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

    Die verdedigende kampioen van die Noordvaal Virsekerbeker vir Kleinskole, Curro Heuwelkruin van Polokwane, moes Saterdag sweet om die uitspeelwedstryde van vanjaar se streekkompetisie as Limpopo-kampioen te betree.

    Curro Heuwelkruin het naelskraaps met 20-19 vir Stanford Lake College in die eindstryd verslaan om as Limpopo-kampioen gekroon te word. Die span van Polokwane dring regstreeks tot die kwarteindronde van die Virsekerbeker deur. Hy sal teen die wenner van die uitspeelwedstryd tussen Maragon Olympus en Sannieshof in sy kwarteindstryd te staan kom.

    Stanford Lake College sal in die enigste ander uitspeelwedstryd vir ‘n plek in die kwarteindronde teen die Puma-kampioen, Morgenzon Landbou, gewikkel wees.

    Morgenzon Landbou het nie veel genade in die Puma-eindstryd vir Hendrina gehad nie. Die Puma-kampioen het Hendrina met 69-14 van die veld gespeel.

    Koster het met ‘n sege van 23-8 oor Sannieshof vir hom ‘n afspraak in die kwarteindronde met die Valke-kampioen vasgemaak.
    Die Valke se kampioen, Heilbron, het besluit om sy deelname aan die uitspeelrondes van die kompetisie te onttrek. Heilbron het Balfour met 36-15 in die eindstryd geklop.

    Curro Roodeplaat is die nuwe Blou Bul-kampioen na hy Vrydag vir Maragon Olympus met 22-12 in die eindstryd verslaan het.
    Koster sal vanjaar ook weer sterk aanspraakmakers op die titel wees. Verlede jaar se naaswenner het Saterdag vir Sannieshof met 23-8 geklop om sy titel as Luiperd-kampioen te behou.

    Puntemakers:

    BLOU BULLE

    Curro Roodeplaat 22 – Drieë: Franco Willemse, Ruben Koekemoer, Alexander Jenkinson, Andries van Straten. Doelskop: Ruben Behrens. Maragon Olympus 12.

    Ander spanne:

    o.15: Curro Roodeplaat 8, Maragon Olympus 7.

    LUIPERDS

    Koster 23 – Drieë: Gavin Botha, Ricardo Janse van Vuuren, JW Kotze, Anton Roets. Strafdoel: Roets. Sannieshof 8.

    Ander spanne:

    o.17: Christiana 22, Orkney 12.

    o.15: Christiana 31, Koster 7.

    LIMPOPO

    Curro Heuwelkruin 20 – Drieë: Reece Wynne, Kapi Nchabaleng. Doelskoppe: Andre Kotze (2). Strafdoele: Kotze (2). Stanford Lake College 19 – Drieë: Mfumo Mongwe (2), Renato Viera. Doelskoppe: Mongwe (2).

    Ander spanne:

    o.15: Stanford Lake College 21, Curro Heuwelkruin 14.

    PUMAS

    Morgenzon Landbou 69 – Drieë: Kyle Coetzee (3), Ruan Nortje (2), Christo Ferreira (2), Xander Gunter, Kobie Roux, Shaun Clifton-Smith, Wimpie Oosthuizen. Doelskoppe: Gunter (7). Hendrina 14.

    Ander spanne:

    o.17: Morgenzon Landbou 67, Hendrina 5.

    o.15: Morgenzon Landbou 14, Curo Bakenveld 3.

    VALKE

    Heilbron 36 – Drieë: J Strydom (2), G Claassen (2), JJ Joubert, W Snyman. Doelskoppe: Joubert (3). Balfour 15 – Drieë: Dirk Lafaro, Chris Botha, Rick Taljaard.

    Ander spanne:

    o.17: Heilbron 29, Balfour 7.

    o.15: Balfour 26, Heilbron 14. 

  • Affies too strong for Maritzburg College

    Affies too strong for Maritzburg College

    PremierInterschools2017The first XV of the Afrikaans Hoër Seunskool of Pretoria welcomed a few stalwarts back in their midst and managed to kick-off their third term with a handsome 40-25 victory over Maritzburg College in their annual Premier Interschools derby in Pretoria.

    Captain and hooker, Johan van Zyl, was fit again after suffering a knee-injury in his side’s last match against Waterkloof (15-24). Van Zyl who would’ve captained the Blue Bulls u18 side also missed out at participating at the Coca-Cola Craven Week in Johannesburg.

    The home side’s outside centre, Marnus Potgieter, also missed out on most of the season due to an injury. He however recovered in time to play at the Craven Week and scoring a hat-trick in the Blue Bulls final match against Border. Potgieter also scored a hat-trick against Maritzburg College (59-7) during last year’s clash.

    Maritzburg College’s flyhalf, Keegan Collyer, opened the scoring in the match with a penalty. Collyer was outstanding for his side and his super tactical kicking played a major part in Maritzburg College leading at half-time.

    Affies’ only try came when winger Ruan Wasserman dived over in the corner after a good offload by Marnus Potgieter in the tackle. Maritzburg College’s scrumhalf, Philani Simamane, scored the first of his two tries in the match to hand them the lead once again. His try was converted by Collyer to give the visitors a 10-5 lead at the break.

    Affies made their intentions for the first half known early on when tighthead prop, James Combrinck, pounced on a loose ball and outsprinted the cover defence to score a brilliant individual try. This try which was converted by flyhalf, Regardt Roets, to give Affies a 12-10 lead.

    The lead was however short-lived with Collyer slotting his second penalty to give Maritzburg College the lead for the final time in the match at 13-12.

    Both Affies’ centres, Potgieter en Zach Briel, crossed the line thanks to powerful running. Potgieter scored underneath the uprights after running a superb line with the timing of the pass from Roets also being spot-on.

    Captain and hooker, Johan van Zyl, scored a brace of tries rounding off a sound performance. Maritzburg College’s Simamane completed his brace just before the final whistle to bring the final score down to 40-25 in the favour of the home side.

    Scorers:

    Affies 40 (5) – Tries: Johan van Zyl (2), Ruan Wasserman, Marnus Potgieter, Zach Briel, James Combrinck. Conversions: Regardt Roets (5). Maritzburg College 25 (10) – Try: Philani Simamane (2), Nthuthuko Mchunu. Conversion: Keegan Collyer (2). Penalty: Collyer (2).

  • Results Down the Years – Paarl Boys’ High vs Paarl Gimnasium

     

    Results Down the Years: 

    2016 Paarl Boys’ High   Paarl Gimnasium    
    2015 Paarl Boys’ High   Paarl Gimnasium    
    2014          
    2013          
    2012          
    2011          
    2010          
    2009          
    2008          
    2007          
    2006          
    2005          
    2004          
    2003          
    2002          
    2001          
    2000          
    1999          
    1998          
    1997          
    1996          
    1995          
    1994          
    1993          
    1992          
    1991          
    1990          
    1989          
    1988          
    1987          
    1986          
    1985          
    1984          
    1983          
    1982          
    1981          
    1980          
    1979          
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
               
  • Noordvaal Uitslae – 29 Julie 2017

    Noordvaal Uitslae – 29 Julie 2017

    31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

    BlouBulle

    GROOTSKOLE EINDSTRYDE

    Oos-Moot 29 – Drieë: Eduan Swart, Conrad van Deventer. Doelskoppe: Edmund Ludick (2). Strafdoele: Ludick (5). Hoërskool Tuine 12.

    Ander spanne:

    o.16: Oos-Moot 18, Overkruin 5.

    o.15: Oos-Moot 23, Midstream College 7.

    o.14: Midstream College 18, Overkruin 17. 

    MEDIUMSKOLE EINDSTRYDE

    Die Wilgers 49 – Drieë: Tyrique Ferris (2), Franco Cronje (2), Ettienne Pretorius (2), Gustav Smit, Braam de Villiers. Doelskoppe: Hennie de Vos (3). Strafdoel: De Vos. Pretoria THS 8 – Drie: Lehlogonelo Neyelele. Strafdoel: Neyelele.  

    Ander spanne:

    o.16: Pretoria THS 41, Gerrit Maritz 10.

    o.15: Erasmus 21, Curro Hazeldean 17.

    o.14: Erasmus (Bronkhorstspruit) 41, Die Wilgers 0.

    MIDDELSKOLE EINDSTRYDE

    Lyttelton Manor 13 – Drie: Thapelo Phakisi. Doelskop: Yves Nkolo. Strafdoele: Nkolo (2). Cullinan 40

    Ander spanne:

    o.16: Lyttelton Manor 19, Silverton 13.

    o.15: Cullinan 35, Lyttelton Manor 0.

    o.14: Cullinan 25, Silverton 5.

    KLEINSKOLE EINDSTRYDE

    Curro Roodeplaat 22 – Drieë: Franco Willemse, Ruben Koekemoer, Alexander Jenkinson, Andries van Straten. Doelskop: Ruben Behrens. Maragon Olympus 12

    Ander spanne: 

    o.15: Curro Roodeplaat 8, Maragon Olympus 7.

    VRIENDSKAPLIK

    Waterkloof 44 – Drieë: Sean du Plooy (2), Gideon Peters, PJ Krugell, Wihan de Beer, Richard van den Berg. Doelskoppe: Ulrich Maritz (4). Strafdoele: Maritz (2). Jeppe High School for Boys’ 10.

    Affies 40 – Drieë: Johan van Zyl (2), Ruan Wasserman, Marnus Potgieter, Zach Briel, James Combrinck. Doelskoppe: Regardt Roets (5). Maritzburg College 25

    GoueLeeus

    GROOTSKOLE EINDSTRYDE

    Dinamika 25 (10) – Drieë: Christo Kruger (2), Anton Adlem. Doelskoppe: Cha Deiker, Armand Steyn. Strafdoele: Steyn (2). Linden 23 (8).   

    Ander spanne: 

    o.16: Randburg 38, Dinamika 12.

    o.15: Hoërskool Alberton 6, Randburg 0.

    o.14: Randburg 19, Linden 12.

    MEDIUMSKOLE EINDSTRYDE

    Bekker 22 – Drieë: Brennie Grobler, Bernard Erasmus, Anthony Smith. Doelskoppe: Ernst Louw (2). Strafdoel: Louw. Trinityhouse 12 – Drieë: Troy Griffin, Kieran Mason. Doelskop: Austin Bruggen.

    Ander spanne: 

    o.16: Leeuwenhof 24, Fochville 5.

    o.15: Leeuwenhof 12, Fochville 0.

    o.14: Leeuwenhof 26, Fochville 3.
    MIDDELSKOLE EINDSTRYDE

    Eerstespanne: Queens High 48, Allen Glen 19.

    Ander spanne:

    o.16: Queens High 22, Goudrif 5.
    o.15: Allen Glen 11, President 5.
    o.14: Carletonville 27, Goudrif 7.

    Luiperds

    GROOTSKOLE EINDSTRYDE

    Lichtenburg 25 (12) – Drieë: Max Williamson (2), Janco Nel, Bertru Jones. Doelskop: Luhan Jahns. Strafdoel: Ruben Kotze. Potcheftroom Gimnasium 22 (15) – Drieë: Dirkie Louw (2), Edrich Cronje. Doelskoppe: Johan Minnaar, Cronje. Strafdoel: Minnaar.

    Ander spanne:

    o.16: Klerksdorp 19, Potchefstroom Volkskool 13. 

    o.15: Klerksdorp 24, Potch Gimmies 12.

    o.14: Lichtenburg 19, Potch Gimmies 17.

    MIDDELSKOLE EINDSTRYDE

    Zeerust 18 – Drieë: H Diedericks (2), O Mokgosi. Strafdoele: H Jaegers. Schweizer-Reneke 10 – Drieë: Stephan de Kock, Marco Botha.

    Ander spanne:

    o.16: Zeerust 34, Wolmaransstad 24.

    o.15: Zeerust 17, Wolmaransstad 15.

    o.14: Zeerust 15, Wolmaransstad 10. 

    KLEINSKOLE EINDSTRYDE

    Koster 23 – Drieë: Gavin Botha, Ricardo Janse van Vuuren, JW Kotze, Anton Roets. Strafdoel: Roets. Sannieshof 8.

    Ander spanne: 

    o.17: Christiana 22, Orkney 12.

    o.15: Christiana 31, Koster 7.

    Limpopo

    GROOTSKOLE EINDSTRYDE 

    Frikkie Meyer 19 – Drie: Anthony Buys. Doelskop: William Thulare. Strafdoele: Thulare (4). Ben Vorster 17 – Drieë: Tapelo Ramoshaba, Franco Oberholzer, Pieter Haasbroek. Doelskop: Haasbroek. 

    Ander spanne:

    o.16: Frikkie Meyer 14, Hoërskool Pietersburg 12.

    o.15: Ben Vorster 29, Merensky 24.

    o.14: Hoërskool Pietersburg 38, Ben Vorster 0.

    MEDIUMSKOLE EINDSTRYDE

    Hans Strijdom 20 – Drieë: Endante Venter (2). Doelskoppe: Brandon Horn (2). Strafdoele: Horn (2). Ben Viljoen 15.

    Ander spanne: 

    o.16: Piet Potgieter 17, Ben Viljoen 13.

    o.15: Piet Potgieter 31, Ben Viljoen 12.

    o.14: Piet Potgieter 17, Ben Viljoen 13.

    MIDDELSKOLE EINDSTRYDE 

    Frans du Toit 41 Eric Louw 8

    Ander spanne: 

    o.16: Warmbad 29, Frans du Toit 25. 

    o.15: Frans du Toit 33, Eric Louw 5.

    KLEINSKOLE EINDSTRYDE

    Curro Heuwelkruin 20 – Drieë: Reece Wynne, Kapi Nchabaleng. Doelskoppe: Andre Kotze (2). Strafdoele: Kotze (2). Stanford Lake College 19 – Drieë: Mfumo Mongwe (2), Renato Viera. Doelskoppe: Mongwe (2).

    Ander spanne:

    o.15: Stanford Lake College 21, Curro Heuwelkruin 14.

    Pumas 

    GROOTSKOLE EINDSTRYDE

    Secunda 41 (27) – Drieë: Cobus Prinsloo, Guyle le Roux, Evan Wessels, Danny Hanger, Jandre Stander, Justin Kalse. Doelskoppe: Larnus Steyn (2), Tyron Ferreira (2). Strafdoel: Steyn. Ermelo 13 (6) – Drie: MJ Pienaar. Doelskop: Ruan Grobler. Strafdoele: Grobler (2).

    Ander spanne: 

    o.16: Ligbron 10, Ermelo 6.

    o.15: Rob Ferreira 40, Piet Retief 17.

    o.14: Ligbron 45, Piet Retief 5.

    MEDIUMSKOLE EINDSTRYDE

    Hoogenhout 31 – Drieë: Omar Rodrigues, Peter de Wet, DC Saaiman, Jacques Roelofse, Prince Nkabinde. Doelskoppe: Saaiman (3). Volksrust 17 – Drieë: Njabulo Masibuko, Jean Roux, Braam Kramer. Doelskop: Tiaan Els.

    Ander spanne: 

    o.16: Hoogenhout 15, Oosterland 15 (Hoogenhout betree uitspele as wenner).

    o.15: Curro Nelspruit 36, Barberton 0.

    o.14: Curro Nelspruit 57, Uplands College 0. 

    MIDDELSKOLE EINDSTRYDE

    Steelcrest 31 (19) – Drieë: Sonwabile Tshaka (2), Owethu Gama, Thabang Malapane, Gideon Kodibone. Doelskoppe: Tshaka (3).Kriel 26 (18) – Drieë: Muziwami Ntiwane, Shawn Wilken, Richard Moffat. Doelskop: Ntiwane. Strafdoele: Ntiwane (2). Skepdoel: Ntiwane.

    Ander spanne:

    o.16: Steelcrest 32, Kriel 7.

    o.15: Steelcrest 29, Evander 5.

    o.14: Patriot 15, Steelcrest 0.

    KLEINSKOLE EINDSTRYDE

    Morgenzon Landbou 69 – Drieë: Kyle Coetzee (3), Ruan Nortje (2), Christo Ferreira (2), Xander Gunter, Kobie Roux, Shaun Clifton-Smith, Wimpie Oosthuizen. Doelskoppe: Gunter (7). Hendrina 14.

    Ander spanne: 

    o.17: Morgenzon Landbou 67, Hendrina 5.

    o.15: Morgenzon Landbou 14, Curo Bakenveld 3.

    Valke

    MAKROSKOLE 

    Kempton Park 48 (14) – Drieë: Werner Schoeman (2), Johnic Smith, Chris Booysen, Ruben Fullard, Xander van der Merwe, Xander Terblanche. Doelskoppe: Smith (3), Quinton Fincham (2). Strafdoel: Smith. Noordheuwel 8 (3) – Drie: Ruan van Aard. Strafdoel: Van Aard.

    Marais Viljoen 42 – Drieë: Theunis Muller, Heinrich Jacobs, Paul Parsons, AJ Meyer, Kwagga Marais, Franco du Plessis. Doelskoppe: Brendon Marchbank (6). Florida 19 – Drieë: Damian Calitz, Corden Nagel, Juandre van der Merwe. Doelskoppe: Tino Swanepoel (2).

    Ander spanne:

    o.16: Kempton Park 29, Jeugland 14.

    o.15: Noordheuwel 13, Hoërskool Rustenburg 12.

    o.14: Marais Viljoen 10, EG Jansen 5.

    GROOTSKOLE EINDSTRYDE

    Dr. Malan 22 – Drieë: Jarryd Posthumus, PC Pretorius, Raymond van der Walt. Doelskoppe: Marcel Janse van Vuuren (2). Strafdoel: Janse van Vuuren. Hoërskool Driehoek 18 – Drieë: 

    Ander spanne: 

    o.16: Heidelberg Volkskool 43, Hans Moore 12.

    o.15: Hans Moore 17, Heidelberg Volkskool 12.

    o.14: Heidelberg Volkskool 24, Oosterlig 10.

    MEDIUMSKOLE EINDSTRYDE

    Brandwag (Benoni) 19 (7) – Drieë: Hennie Cornelius, Louis Joubert, Luandro Marais. Doelskoppe: Eben van Niekerk. Stoffberg 13 (13) – Drie: Deon Vos. Doelskop: Francois Blaauw. Strafdoele: Blaauw (2).

    Ander spanne: 

    o.16: Overvaal 24, Hoërskool Sasolburg 0.

    o.15: Brandwag (Benoni) 17, Hoërskool Sasolburg 13.

    o.14: Stoffberg 19, Brandwag (Benoni) 14.

    MIDDELSKOLE EINDSTRYDE

    Belvedere 24 – Drieë: Christiaan Lauwrens (2), Giovanni Viviers, Chae Rouillon. Doelskoppe: Chezlin Oosthuizen (2). Parys 0.

    Ander spanne:

    o.16: Belvedere 36, Die Ankerskool 22.

    o.15: Belvedere 36, Suiderlig 17.

    o.14: AHS Sasolburg 15, Voortrekker (Boksburg) 5.

    KLEINSKOLE EINDSTRYDE

    Heilbron 36 – Drieë: J Strydom (2), G Claassen (2), JJ Joubert, W Snyman. Doelskoppe: Joubert (3). Balfour 15 – Drieë: Dirk Lafaro, Chris Botha, Rick Taljaard. 

    Ander spanne: 

    o.17: Heilbron 29, Balfour 7.

    o.15: Balfour 26, Heilbron 14.

  • Frikkie Meyer troef Vossies in doodsnikke

    Frikkie Meyer troef Vossies in doodsnikke

    NewsGZachBrielDie Buffels van Ben Vorster sal vandag steeds langtrane huil, maar kan dalk die laaste lag na sy nederlaag van 19-17 teen Frikkie Meyer van Thabazimbi in die eindstryd van Limpopo se Grootskole-liga.

    Frikkie Meyer se heelagter, William Thulare, het die Vossies se harte gebreek deur ‘n strafdoel van 55 meter met speeltyd reeds vertreke oor te klits om aan sy span ‘n roemryke sege te besorg.

    Frikkie Meyer sal nou teen die Pumas se naaswenner, Ermelo, in ‘n uitspeelwedstryd van die Virsekerbeker te staan kom. Op die wenner van dié stryd wag die volslae gunsteling en verdedigende kampioen, Helpmekaar-kollege.

    Frikkie Meyer was laas in 2012 Limpopo-kampioen toe hy ook op dramatiese wyse danksy ‘n strafdoel deur Danie Loots vir Ben Vorster geklop het.

    Ben Vorster sal in sy uitspeelwedstryd teen Potchefstroom Gimnasium te staan kom. Potch Gimmies het in die Luiperds se eindstryd met 25-22 teen Lichtenburg in die stof gebyt.

    Secunda het Ermelo in die Puma-eindstryd met 41-13 verslaan, terwyl Oos-Moot vir Hoërskool Tuine met 29-12 geklop het om as kampioen van die Blou Bulle gekroon te word.

    Wat Secunda se sege nog meer merkwaardig maak is die feit dat sy flank Brandon Potgieter na slegs ‘n paar minute se spel met ‘n rooikaart van die veld gejaag is.

    Dr. Malan van Meyerton se plaasvervanger-voorryman, Raymond van der Walt, na ‘n stormlopie vir sy eerste drie van sy hoërskool-loopbaan oorgebars om aan sy span ‘n oorwinning van 22-18 oor Driehoek in die Valke-eindstryd te besorg.

    In die uitspeelwedstryde van die Virsekerbeker vir Makroskole het Kempton Park en Marais Viljoen tot die kwarteindronde deurgedring. Kempies het Noordheuwel met 48-8 afgestof met sy skakelpaar, Chris Booysen en Johnic Smith, wat aan die spits van die sege was. Marais Viljoen het met 42-17 ook oor te veel skietgoed vir Florida beskik. Die span se agtsteman, Franco du Plessis, asook die senterpaar, Alewyn (stet) Vorster en Paul Parsons, het uitstaande vertonings opgedis.

    HTS Drostdy se Donkies het net te veel skop vir Tygerberg op Trappespark in Worcester gehad. Die Donkies het ondanks drie geelkaarte steeds daarin geslaag om redelik gemaklik met 47-24 as oorwinnaars van die veld gestap.

    Die span se skitterende skrumskakel, Romeo Eksteen, het kort na hy van sy geelkaart terug gekeer het sy tweede drie van die wedstryd gedruk. Sy eerste was ‘n breekslag vanuit sy eie kwartgebied in die eerste helfte.

    Die wenspan se vleuel Keanu Mong het self twee mooi bewegings afgerond.

    Riebeeckstad het vir die eerste keer ooit daarin geslaag om ‘n trofee omhoog te hou. Riebies was ‘n volle 26 jaar gelede laas in ‘n eindstryd betrokke, maar het Saterdag sy soetse oorwinning nog ooit op ‘n rugbyveld behaal deur Hennenman met 36-7 in die eindstryd te verslaan om as kampioen van die Sandveld-liga gekroon te word.

    Riebies was laas in 1992 teen Kroonstad Landbou in ‘n eindstryd in aksie. Kroonstad Landbou was destyds met 31-8 in die eindstryd van die Noord-Vrystaatse liga baas. Kroonstad Landbou wat Springbokke soos André Venter, Burger Geldenhuys en Faan Rautenbach het in 1993 saam met Hoërskool Kroonstad gesmelt.

    Hoërskool Reitz het sy titel as kampioen van die Oos-Vrystaatse liga behou deur Ficksburg met 24-10 in die eindtryd ore aan te sit.

    Die Hoër Jongenskool Paarl is soos verwag behoorlik deur SACS in hulle kragmeting getoets. Boishaai was egter op die ou einde met 37-17 te sterk.

    Paarl Gimnasium sal of ‘n nodige sielkundige hupstoot kry of dalk sal sy wegholsege van 103-12 oor Wynberg Boys’ High ‘n negatiewe effek op die span voorbereiding vir Saterdag se grootste interskole-wedstryd ter wêreld teen Boishaai hê.

    Gimmies se kaptein en heelagter, Muller du Plessis, het drie van sy span se 15 drieë gedruk. Die span se losskakel, Ruben Scholtz, het 14 daarvan verdoel vir ‘n persoonlike bydrae van 28 punte.

    Oakdale Landbou se heelagter, Clyde Lewis, het ook ‘n driekuns aan drieë in sy span se oorwinning van 78-0 oor Langenhoven Gimnasium behaal.

    St Andrew’s College van Grahamstad het gewys dat sy seges oor Selborne College en Grey High School nie vloekskote was nie deur Marlow Landbou van Cradock met 37-29 te klop.

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool het vir Maritzburg College met 40-25 die loef afgesteek. Affies het slegs een afspraak teen Pretoria Boys’ High vir die seisoen oor. Zwartkop het vir ‘n verrassing gesorg deur Menlopark met 23-12 in ‘n vriendskaplike wedstryd te troef.

    Al die uitslae: 

    OOS-KAAP

    St Andrew’s College 37, Marlow Landbou 29; Queen’s College 32, Kingswood College 23; Hudson Park 28, Selborne College 27.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Voortrekker 44, Goudveld-Hoërskool 10; Witteberg 73, HTS Sasolburg 7; AHS Kroonstad 63, HTS Welkom 3; Wilgerivier 35, Hentie Cilliers 19; Riebeeckstad 36, Hennenman 7 (Sandveld-eindstryd); Reitz 24, Ficksburg 10 (Oos-Vrystaat eindstryd); Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter 61, Sand du Plessis 8; Sentraal 24, Vryburg 19; Hoërskool Bloemfontein 35, Zastron 7.

    NOORDVAAL

    Vriendskaplik: Affies 40, Maritzburg College 25; Waterkloof 44, Jeppe 10; Helpmekaar 41, Parktown Boys’ High 12; King Edward VII 38, Pretoria Boys’ High 24; Transvalia 27, Welkom-Gimnasium 22; Zwartkop 23, Menlopark 12.

    Makroskole-uitspeelwedstryde: Kempton Park 48, Noordheuwel 8; Marais Viljoen 42, Florida 17.

    Blou Bulle Eindstryde – Groot: Oos-Moot 29, Tuine 12. Medium: Die Wilgers 49, Pretoria THS 8. Middel: Cullinan 40, Lyttelton Manor 13. Klein: Curro Roodeplaat 22, Maragon Olympus 12.

    Leeus Eindstryde – Groot: Dinamika 25, Linden 23. Medium: Bekker 22, Trinityhouse 12. Middel: Queens High 48, Allen Glen 19.

    Limpopo Eindstryde – Groot: Frikkie Meyer 19, Ben Vorster 17. Medium: Hans Strijdom 20, Ben Viljoen 18. Middel: Frans du Toit 41, Eric Louw 8. Klein: Curro Heuwelkruin 20, Stanford Lake College 19.

    Luiperds Eindstryde – Groot: Lichtenburg 25, Potchefstroom Gimnasium 22. Middel: Zeerust 18, Schweizer-Reneke 10. Klein: Koster 23, Sannieshof 8.

    Pumas Eindstryde – Groot: Secunda 41, Ermelo 13. Medium: Hoogenhout 33, Volksrust 17. Middel: Steelcrest 31, Kriel 26. Klein: Morgenzon Landbou 69, Hendrina 14.

    Valke Eindstryde – Groot: Dr. Malan 22, Driehoek 18. Medium: Brandwag (Benoni) 19, Stoffberg 13. Middel: Belvedere 24, Parys 0. Klein: Heilbron 29, Balfour 7.

    WES-KAAP

    Hoër Jongenskool Paarl 37, SACS 17; Paarl Gimnasium 103, Wynberg Boys’ High 12; Paul Roos Gimnasium 32, Bishops 30; HTS Drostdy 47, Tygerberg 24; Stellenberg 31, Hoërskool Bellville 13; Worcester Gimnasium 31, Durbanville 24; Oakdale Landbou 78, Langenhoven Gimnasium 0; Boland Landbou 29, Rondebosch Boys’ High 14; President 32, Bosmansdam 10; Hugenote 27, Charlie Hofmeyr 7.

  • School Rugby Results – 29 July 2017

    School Rugby Results – 29 July 2017

    31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

    EASTERN CAPE

    Selborne College   Hudson Park  
    St Andrew’s College 37 Marlow Landbou 29
    Queen’s College   Kingswood College  
           
           
           
           
           

    FREE STATE/GRIQUALAND WEST

    AHS Kroonstad 63 HTS Welkom  3
    Voortrekker 44 Goudveld  10
    Witteberg 73 HTS Sasolburg 7
    Wilgerivier 35 Hentie Cilliers 19
    Welkom Gimnasium 22 Transvalia 27
    Reitz 24 Ficksburg 10
    Riebeeckstad 36 Hennenman 7
           
           
           

    NOORDVAAL

    FRIENDLIES
    Affies 40 Maritzburg College 25
    Waterkloof 44 Jeppe High School for Boys’ 10
    Helpmekaar 41 Parktown Boys’ High 12
    King Edward VII 38 Pretoria Boys’ High  24 
    Transvalia 27 Welkom Gimnasium 22
    Zwartkop 23 Menlopark 12
    MAKROSKOLE
    Kempton Park 48 Noordheuwel 8
    Marais Viljoen 42 Florida 17
    GROOTSKOLE
    Frikkie Meyer 19 Ben Vorster 17
    Lichtenburg 25 Potchefstroom Gimnasium 22
    Dr. Malan 22 Driehoek 18
    Dinamika 25 Linden 23
    Secunda 41 Ermelo 13
    Oos-Moot 29 Tuine 12
    MEDIUMSKOLE
    Hoogenhout 33 Volksrust 17
    Hans Strijdom 20 Ben Viljoen 15
    Brandwag (Benoni) 19 Stoffberg 13
    Die Wilgers 49 Pretoria THS 8
    Bekker 22 Trinityhouse 12
    MIDDELSKOLE
    Queens High 48 Allen Glen 19
    Steelcrest 31 Kriel 26
    Frans du Toit 41 Eric Louw 8
    Cullinan 40 Lyttelton Manor 13
    Zeerust 18 Schweizer-Reneke 10 
    Belvedere 24 Parys 0
    KLEINSKOLE
    Curro Roodeplaat 22 Maragon Olympus 12
    Koster 23 Sannieshof  8
    Curro Heuwelkruin 20 Stanford Lake College 19
    Heilbron 29 Balfour 7
    Morgenzon Landbou 69 Hendrina 14

    WESTERN CAPE 

    Paarl Boys’ High 37 SACS 17
    Paarl Gimnasium 103 Wynberg Boys’ High 12
    Paul Roos Gimnasium 32 Bishops 30
    HTS Drostdy 47 Tygerberg 24
    Stellenberg 31 Bellville HS 13
    Worcester Gimnasium 31 Durbanville 24
    Oakdale Landbou 78 Langenhoven Gimnasium 0
    Boland Landbou 29 Rondebosch Boys’ High 14
           
           
           
    President 32 Bosmansdam 10
  • So staan sake in Virsekerbeker vir Kleinskole

    So staan sake in Virsekerbeker vir Kleinskole

    31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

    In die Noordvaal Virsekerbeker vir Kleinskole het Curro Roodeplaat reeds Vrydag sy plek in die kwarteindronde van die streekkompetisie bespreek. Roodeplaat het Maragon Olympus met 22-12 in die eindstryd van die Blou Bulle-liga verslaan om as kampioen gekroon te word.

    Roodeplaat sal in die kwarteindronde teen die wenner van die uitspeelwedstryd tussen die naaswenners van die Pumas en Limpopo te staan kom. Curro Roodeplaat se o.17-span is ook as kampioen gekroon na hy Maragon Olympus met 8-7 verslaan het.

    Maragon Olympus sal as die Bulle se naaswenner in ‘n uitspeelwedstryd met die naaswenner van die Luiperds gewikkel wees. Koster en Sannieshof pak mekaar vandag in die eindstryd van die Luiperds.

    Koster is die gunsteling om as Luiperd-kampioen gekroon te word. Christiana het twee spanne in die Luiperds se eindtryde met sy o.15’s asook o.17’s wat vandag hul oë op ‘n trofee sal hê.

    Die verdedigende kampioen en gewis vanjaar weer die span om dop te hou, Curro Heuwelkruin, spook vandag sake teen Stanford Lake College in die Limpopo-eindstryd sake uit.

    In die Puma-eindstryd kom Morgenzon Landbou teen Hendrina te staan. Die wenner van dié wedstryd sal teen die Luiperds se kampioen in die kwarteindronde te staan kom.

    In die Valke se eindstryd sal Heilbron en Balfour sake om die titel uitspook.

    Die spanne is (slegs van spanne wat ingestuur het): 

    Hendrina o.19: 15 Theo Manzini, 14 Lunathi Ramncwana, 13 Ngcebo Myeni, 12 Keletso Mampuru, 11 Glad Molotswa, 10 Brian Motsepe, 9 Tiaan Hoffman, 8 Thabo Mnisi, 7 Lucas Balene, 6 Welcome Lusenga, 5 Siyabonga Ndibande, 4 Thenda Simba, 3 Coenraad Fourie, 2 Thammy Masango, 1 Sylvester Mhangami.
    20 Sfiso Mthimunye.

  • Kempies en Marais Viljoen kan vandag plekke in Virsekerbeker beklink

    Kempies en Marais Viljoen kan vandag plekke in Virsekerbeker beklink

    31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

    Indien die Noordvaal Virsekerbeker vanjaar in ‘n ander skool se trofeekaas as Monument van Krugersdorp, Garsfontein van Pretoria of Dr EG Jansen van Boksburg staanplek kry sal dit ‘n groot verrassing wees.

    Monument sal in die kwarteindronde van die kompetisie teen HTS Middelburg se Rooi Bulle te staan kom. Dit sal die derde keer vanjaar wees dat die twee spanne mekaar op die rugbyveld ontmoet. Monnas se Wit Bulle het die eerste wedstryd tydens die twee spanne in die Tuks-reeks naelskraaps met 14-12 gewen. Die twee spanne se tweede ontmoeting was tydens Kearsney College se Paastoernooi net buite Durban wat Monnas op ‘n meer gerieflike wyse met 40-8 gewen het.

    Monnas het vanjaar nog net teen Eldoraigne (22-27) en Boland Landbou (22-24) die onderspit gedelf.

    Die Pumas se kampioen, die Hoërskool Nelspruit, sal in die kwarteindronde teen Menlopark kragte meet. Die Rhinos van Nelspruit was in 2014 die Makroskole-kampioen.

    Al die rolspelers in vanjaar se uitspeelwedstryde vir die Virsekerbeker vir Makroskole is bekend. Marais Viljoen sal eerskomende Saterdag op sy tuisveld in Alberton teen ‘n ou aartsvyand Florida in ‘n uitspeelwedstryd te staan kom.

    In nog ‘n uitspeelwedstryd Saterdag sal die Hoërskool Kempton Park op sy tuisveld teen Noordheuwel te staan kom.

    Indien Kempies die wedstryd wen sal hulle teen die Blou Bulle se vierde kwalifiseerde, Hoërskool Eldoraigne, in ‘n kwalifiserende wedstryd te staan kom om te besluit wie teen die verdedigende kampioen, Hoërskool Garsfontein se Bere, in die kwarteindronde te staan sal kom.

    Garsfontein het in 2015 en 2016 die titel verower en het EG Jansen in verlede jaar se eindstryd met 32-28 met die Jong Bokkie-skrumskakel, Embrose Papier, aan die spits verslaan.

    Die Pumas se kampioen, die Hoërskool Nelspruit, sal in die kwarteindronde teen Menlopark kragte meet. Die Rhinos van Nelspruit was in 2014 die Makroskole-kampioen.

    VirsekerBeker Uitspeelmodel Makro