SSPN Test Site

Blog

  • Marais Viljoen – 2017

    Results 

    Marais Viljoen 26,  Hugenote (Springs) 7
    Marais Viljoen 52,  Jeugland 0
    Marais Viljoen 45,  Noordheuwel 7

    Players: Kwagga Marais, Enrico Els, AJ Meyer, Brendon Marchbank, Franco du Plessis, Heinrich Jacobs, Austan Nepgen.

  • Marais Viljoen maak impak in NWU-Pukke Prestige-reeks

    Marais Viljoen maak impak in NWU-Pukke Prestige-reeks

    PukkePrestigeReeksMarais Viljoen van Alberton het sake in Groep A van die NWU-Pukke se Prestige-reeks oorheers. Die span is daarom ‘n sterk aanspraakmaker om die trofee as kampioen omhoog te hou. Hy het Jeugland (52-0), Hugenote van Springs (26-7) en Noordheuwel van Krugersdorp (45-7) in sy drie groepwedstryde verslaan.

    Dit is Marais Viljoen se eerste jaar in die kompetisie na hy nog verlede jaar aan die Tuks-reeks deelgeneem het. Die eerstespanne van Driehoek, Zwartkop en Lichtenburg is die ander drie spanne wat as vroee gunstelinge na vore getree het.  

    Zwartkop kan in die week met ‘n sege in sy laaste groepwedstryd teen HTS Witbank vir hom ‘n plek bo-aan die puntelys van Groep C verseker. Zwartkop is nog onoorwonne in die moeilike groep na hy Potchefstroom Volkskool (12-8) en Randburg (24-17) geklop het.  

    In Groep is daar slegs die wedstryd tussen Montana en Die Anker van Brakpan oor wat nog beslis moet word. Driehoek van Vanderbijlpark het met bonuspunt-seges in al drie hul wedstryd seker gemaak dat hulle die kwarteindronde as die voorste span in die groep sal betree. Potchefstroom Gimnasium sal die wedstryd tussen Montana en Die Anker met groot belangstelling dophou. 

    Gimmies het met ‘n enkele punt teen Die Anker vasgeval en ‘n sege vir die span van Brakpan teen Montana sal beteken dat Gimmies nie onder die voorste agt eerstespanne in die reeks sal tel nie. Die Hoerskool Driehoek se eerstespan het Die Anker met 36-21 in hulle kragmeting verslaan. 

    Driehoek sal waarskynlik in die kwarteindronde teen die Hoerskool Middelburg te staan kom. Dit is behalwe as Wesvalia van Klerksdorp vir ‘n verrassing in die week sorg deur verlede jaar se kampioen, Lichtenburg, af te stof. 

    Lichtenburg het bonuspunt-sege in albei sy wedstryde tot dusver in vanjaar se reeks behaal en sal teen Die Anker of Potchefstroom Gimnasium in die kwarteindronde te staan kom. Die Liggies se Henco Nel en Pan Coetzee kan baie tevrede met hulle vertonings in hul span se oorwinning van 22-18 Saterdag oor Oosterlig voel.

    Puntemakers: 

    Marais Viljoen 45 – Driee: Brendon Marchbank (2), Austen Nepgen (2), Kwagga Marais, Franco du Plessis, Heinrich Jacobs. Doelskoppe: Marchbank (5). Noordheuwel 7 – Drie: Wian van Heerden. Doelskop: Renier Stander.

    Hugenote (Springs) 50 – Driee: Trsitan Dry (2), Rozand Bergh (2), Ethan Rossouw (2), Romano Naude, Donovan Grobler. Doelskoppe: Edrich Aucamp (5). Jeugland 0

    Potchefstroom Gimnasium 38 – Driee: Johan Minnaar (2), Mitchelle van der Merwe (2), Edrich Cronje, Dirkie Louw. Doelskoppe: Vernon Charslund (4). Montana 25 – Driee: Niel Steenberg, Ruan Deetlefs, Andre Badenhorst, Dreyer van der Berg. Doelskop: Jared Crafford. Strafdoel: Crafford.  

    HTS Witbank 28 – Driee: Dylan Pretorius (2), Simon Cloete. Doelskoppe: Vorster (2). Strafdoele: Vorster (3). Potchefstroom Volkskool 24 – Driee: Hanru van Rooyen, Jacques Gouws, Johan Schoeman. Doelskoppe: Van Rooyen (3). Strafdoel: Van Rooyen. 

    Lichtenburg 22 – Driee: Max Williamson, Henco Nel, FC Visser, Pan Coetzee. Doelskop: Lohan Jahns. Oosterlig 18 – Driee: Marinus van Vuuren (2). Doelskop: Van Vuuren. Strafdoele: Van Vuuren (2).

    Zwartkop 24 – Driee: Gerhard van Rooyen, Kyle van Deventer, Handro Horn. Doelskoppe: Miche Groenewald (3). Strafdoel: Groenewald. Randburg 17.      

    Hoerskool Middelburg 21 – Driee: Unathi Poyo, Coenraad Visser. Doelskop: Visser. Strafdoele: Visser (3). Wesvalia 17 – Driee: Dewee Thomas, Herman van Staden, Justin Basson. Doelskop: Basson.

    Driehoek 36 (14) – Driee: C Viljoen (2), Shaun Schoen, Raymond Thompson, Z van der Merwe. Doelskoppe: Dyllan Smit (4). Strafdoel: Smit. Die Anker 21 (6) – Driee: D Korff, P de Beer. Doelskop: A Barnard. Strafdoele: L Ueckermann (3).

    Ander spanne: 

    o.16: Hugenote 26, Jeugland 17; Montana 28, Potch Gimmies 7; Potch Volkies 61, HTS Witbank 8; Lichtenburg 22, Oosterlig 14; Zwartkop 23, Randburg 23; Wesvalia 31, Middelburg 3; Die Anker 54, Driehoek 0; Noordheuwel 45, Marais Viljoen 14. 

    o.15: Hugenote 17, Jeugland 12; Potch Gimmies 20, Montana 12; HTS Witbank 32, Potch Volkies 5; Lichtenburg 38, Oosterlig 0; Zwartkop 24, Randburg 0; Wesvalia 33, Middelburg 31; Driehoek 12, Die Anker 10; Noordheuwel 17, Marais Viljoen 13.

    o.14: Hugenote 54, Jeugland 7; Potch Gimmies 26, Montana 26; Potch Volkies 27, HTS Witbank 5; Lichtenburg 14, Oosterlig 5; Zwartkop 40, Randburg 0; Middelburg 31, Wesvalia 10; Driehoek 26, Die Anker 22; Marais Viljoen 18, Noordheuwel 12.

  • Rooiskool slaan dubbelle slag op Volkswagen Sportdag

    Rooiskool slaan dubbelle slag op Volkswagen Sportdag

    NewsG AHSKroonstadDie Afrikaanse Hoërskool Kroonstad het ‘n belangrike sielkundige slag op sy jaarlikse Volkswagen Sportdag vir sy aanslag in vanjaar se Griffon-liga geslaan.

    Die Rooiskool het in die hoofwedstryd vir Hentie Cilliers van Virginia met 27-17 afgestof. Die gasheer het teen rustyd ‘n skrale voorsprong van 10-7 danksy ‘n drie, doelskop en strafdoel deur sy heelagter, Chappies van der Walt, geniet. 

    Van der Walt was nie net in die eerste helfte een van sy skool se sterre nie. Hy het 17 van Rooiskool se punte in die wedstryd aangeteken. 

    Die skrumskakel, Chillie Grant, verdien ook ‘n klop op die skouer vir sy vertoning in die wedstryd. Sy diens aan die losskakel, Heinrich Boshoff, was goed en hy het ook vir Henties om die skrums en losgemale besig gehou. 

    Die senter Martin Heyns het ‘n hele paar keer bresse in die span van Virginia se verdediging geslaan. Hy het ook gesorg dat die spelers buite hom gehalte balbesit kry. 

    Die naam van die woelige haker, Valie Wiggins, kan ook nie uitgelaat word nie. Hy het voorlangs die verloorspan besig gehou. 

    In die vernaamste voorwedstryd het Helpmekaar-kollege van Johannesburg se voorspelers die grondslag vir sy oorwinning van 31-7 oor Welkom-Gimnasium gele. Helpies het na verlede week se nederlaag teen Affies (19-31) hul wonde gelek en die manne van Welkom het vooraf geweet dat dit ‘n moeilike wedstryd sou wees. 

    Helpies se voorspelers het voorlangs die oorhand gehad. Dit het veroorsaak dat Gimmies se gevaarlike agterhoede nie genoeg balbesit kon kry om ‘n impak in die wedstryd te he nie. Die span van Welkom moes boonop sonder sy gevaarlike vleuel Wian van Staden speel. 

    Helpies se flank Liam van den Berg was uitstekend, terwyl sy flankmaat en kaptein, Mark Snyman, gewis ook ‘n verskil in die span se vertoning teweeggebring het. Gimmies se agtsteman, Ulrich Stander, asook die haker, Dillon Minnaar, kan meer as tevrede met hul vertonings voel. 

    Witteberg van Bethlehem sal vanjaar die Griffon-liga as die vroeë gunsteling betree. Die span het Saterdag in Kroonstd vir Goudveld-Hoërskool met 15-7 in ‘n taai kragmeting verslaan.

    Albei spanne se afrigters, Dolf van Rensburg (Witteberg) en Frans Crous (Goudveld) sou hul kaarte styf teen die bors gehou het, sodat die ander nie dalk ‘n voordeel vir hul ligawedstryd later vanjaar kan kry nie. 

    Gouties se punte is deur sy skrumskakel, Zane Vorster, aangeteken. Vir Witteberg het sy binnesenter, Quinten Mostert, agterlangs uitmuntende spel gelewer. Voorlangs het die slot Johannes van Graan gewoel. 

    Die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort se losskakel, Waldi Eksteen, was met 22 punte aan die voorpunt van sy span se oorwinning van 47-21 oor Harrismith. Eksteen het twee keer die doellyn oorgesteek en ook met sewe doelskoppe vir sy bydrae geslaag. 

    Die vlugvoetige skrumskakel, DS de Wet, het self dubbelle driedruk-plesier ervaar. Christiaan Botha het elke keer wat hy die bal onder die arm vasgeknyp het ver ente veld gewen.

    Die Hoërskool Kroonstad het as ‘n span mooi saamgetrek en ‘n sege van 5-0 oor Ficksburg behaal. Blouskool het heelwat geleenthede om punte aan te teken deur sy vingers laat glip. Indien die span se afronding verbeter kan hy ‘n hele paar spanne in die Sandveld-liga skrikmaak.

    Blouskool se slot, Christiaan Bronkhorst, verdien vermelding vir sy inklimspel in die vastelos teen Ficksburg.  

    Wessel Maree van Odendaalsrus het teen Schweizer-Reneke met 12-17 vasgeval. Die span van Odendaalsrus se agtsteman, Bradley Benade, was op verdediging goud werd vir sy span. Sy direkte teenstander en die besoekers se kaptein, Marco Botha, het met sy stormramlopies etlike meters veld op ‘n slag gewen. 

    Puntemakers: 

    AHS Kroonstad 27 (10) – Driee: Chappies van der Walt, Lihan Potgieter, Wayne Engelbrecht. Doelskoppe: Van der Walt (3). Strafdoele: Van der Walt (2). Hentie Cilliers 17 (7).

    Helpmekaar 31 – Drieë: Ben Clarke, Liam van den Berg, Ignis Meyer, Tristan Oosthuizen, Jean Engelbrecht. Doelskoppe: Oosthuizen (3). Welkom Gimnasium 7 – Drie: Francois Maree. Doelskop: Andrew Kota. 

    Witteberg 15 – Driee: Tumelo Mofokeng, Tresor Wiljonda, Louis Oosthuizen. Goudveld-Hoërskool 7 – Drie: Zane Vorster. Doelskop: Vorster. 

    Brandfort 47 – Driee: Waldi Eksteen (2), DS de Wet (2), Neo Mbangi, Christiaan Botha, Heinrich Maree. Doelskoppe: Eksteen (6). Harrismith 21

    Hoërskool Kroonstad 5 – Drie: Branden du Ru. Ficksburg 0.

    Schweizer-Reneke 17 – Driee: Marco Botha, Hernus Nel. Doelskoppe: JP Becker (2). Strafdoel: Botha. Wessel Maree 12 – Driee: Gordon du Plessis, Mpho Moretlo. Doelskop: Thabo van Wyk.

  • Van der Bank skop Nelspruit Rhinos Tuks-halfeindstryd

    Van der Bank skop Nelspruit Rhinos Tuks-halfeindstryd

    NewsG StephanvdBankDaar was heelwat drama en senutergende oomblikke in die kwarteindrondes van die Tuks-reeks.

    Die Nelspruit Rhinos se losskakel, Stephan van der Bank, se senuwees onder druk was weer goud werd vir sy span in sy wedstryd teen Eldoraigne. Van der Bank het met speeltyd reeds verstreke ‘n strafdoel van tien meter binne Eldoraigne se halfgebied ongeveer 15 meter vanaf die kantlyn oorgeklits om aan sy span die naelskraapste van seges (26-25) te besorg.

    Van der Bank het verlede jaar in die halfeindstryd van die reeks teen EG Jansen van Boksburg ook onder hoe druk met ‘n strafdoel vir sy span ‘n plek in die eindstryd bespreek. Van der Bank het 16 van sy span se punte teen Eldoraigne met sy skopskoen aangeteken.

    Die Rhinos se Speler van die Westryd was egter hul loskopstut, Banele Mthenjane. Hy het in die los gewoel en was ook ‘n anker in die skrums. Buiten die twee het die slot Marius Slabbert, flank Renier Troskie, skrumskakel Joa Christovam en vleuel Reinhardt Roets ook goeie wedstryde beleef.  

    Marcel Venter het ‘n uitsonderlike prestasie in die wedstryd behaal. Die vleuel van het vanaf die plaasvervangersbank sy verskyning op die veld gemaak en steeds daarin geslaag om ‘n driekuns aan driee te behaal. Eldoraigne het met die omdraaislag ‘n voorsprong van 16-9 geniet. 

    Monument het sy kwarteindstryd teen HTS Middelburg in Nelspruit met 14-12 gewen. Die Rooi Bulle het teen rustyd met 9-0 voorgeloop danksy drie strafdoele deur sy losskakel, Morne Sonnekus. 

    Monnas is in die tweede helfte ‘n strafdrie toegeken na die skeidsregter bevind het dat HTS Middelburg se haker, Duard Willemse, ‘n aangee afgeklap het. Monnas se haker, Morne Brandon, het daarna ook die doellyn oorgesteek om aan sy span die oorwinning te besorg. 

    HTS Middelburg het vir lank kamp in Monnas se gebied opgeslaan, maar kon net nie al die druk in driee omskep nie. Monnas het self ‘n hele paar geleenthede om punte aan te teken deur hul vingers laat glip. Die span van Krugersdorp se agtsteman, PJ Jacobs, was uitstekend. Hy is voorlangs goed deur die slot Humprey du Randt bygestaan. 

    Agterlangs het die heelagter, Dandre Prinsloo, met sy teenaanvalle vir HTS Middelburg ‘n hele paar keer laat bontstaan. Die Rooi Bulle se hele span verdien ‘n klop op die skouer vir hul vertoning. Monnas is die enigste skool met vier spanne wat in die halfeindronde van die reeks in aksie sal wees. 

    Garsfontein het in die Jakaranda-derby teen Menlopark in die LC de Villiers-stadion met 41-25 koning gekraai. Dit was veral die spel van sy buitesenter, Diego Appollis, wat die verloorspan probleme besorg het. Die Garsie Bere het met die vertoning gewys dat hulle sonder twyfel ‘n sterk aanspraakmaker op vanjaar se titel is.

    Garsies se slot Jordan van Dyk het self ‘n goeie wedstryd beleef, terwyl Menlopark se agtsteman, Divan Venter, meer as tevrede met sy vertoning kan voel. 

    Garsfontein sal in die halfeindronde teen Monnas te staan kom. Nelspruit se Rhinos sal in die ander halfeindstryd teen EG Jansen te staan kom. Die span van Boksburg het in die Oos-Rand derby teen Kemptonpark oortuigend met 44-15 as oorwinnaars van die veld gestap. 

    Die Jansies se agtsteman, Carson Koekemoer, het Kempies met sy fisieke spel hoofbrekens besorg. Agterlangs was die losskakel, Ruben Beytell, soos gewoontlik skitterend. 

    Transvalia het danksy ‘n drie naby aan die einde van sy wedstryd teen die Hoerskool Rustenburg deur Reinard Jordaan ‘n naelskraapse sege van 42-41 in ‘n opwindende wedstryd behaal. 

    Puntemakers: 

    Hoërskool Nelspruit 26 (9) – Drieë: Marius Slabbert, Banele Mthenjane. Doelskoppe: Stephan van der Bank (2). Strafdoele: Van der Bank (4). Eldoraigne 25 (16) – Drieë: Marcel Venter (3), Rian Vorster. Doelskop: Riaan Burger. Strafdoel: Burger.

    Monument 14 (0) – Drieë: Morne Brandon, Strafdrie. Doelskop: Luke Rossouw. HTS Middelburg 12 (9) – Strafdoele: Morne Sonnekus (4).

    Garsfontein 41 (10) – Drieë: Diego Appollis (2), Juandre Scheepers, Thian Thysse, Gustav Meyer, Johandre Buitendach. Doelskoppe: Barry Schoombee (3), Wesley Thompson. Strafdoel: Schoombee. Menlopark 25 (8) – Drieë: Werner Nel (2), Bernard van der Linde, Dirk Thuynsma. Doelskop: Nel. Strafdoel: Nel.  

    EG Jansen 44 (22) – Drieë: Ruben Beytell (2), Hugo Claassen, Jonathan O’Neill, Wesley Noeth, Franco van Eeden, Sheldon Rivabello, Craig Hutchinson. Doelskoppe: Beytell (2). Kemptonpark 15 (3) – Drieë: Mikhail Blake, Chris Booysen. Doelskoppe: Blake. Strafdoel: Blake. 

    Hoërskool Pietersburg 13 – Drieë: Christiaan Edwards, Jaco Mulder. Strafdoel: Marten Austen. Hoërskool Klerksdorp 7.

    Transvalia 42 – Drieë: Mpho Ntsane (2), Franco Pienaar, Elrich Louw, Reinard Jordaan, Raynardt Nel, Calvin van Zyl, Franco van Wyk. Doelskop: Zian de Jager. Hoërskool Rustenburg 41.

    Ander spanne:

    o.16: Transvalia 61, EG Jansen 21; Menlopark 58, Garsfontein 5; Eldoraigne 17, Nelspruit 12;  Klerksdorp 19, Pietersburg 15; Kemptonpark 31, Rustenburg 15.

    o.15: Transvalia 34, Rustenburg 17; Menlopark 22, EG Jansen 22;Garsfontein 5, Kemptonpark 5;  Monument 17, Nelspruit 3; HTS Middelburg 13, Pietersburg 0.

    o.14: Menlopark 82, EG Jansen 0; Rustenburg 15, Transvalia 13; Monument 24, Nelspruit 18; Kemptonpark 24, Garsfontein 12; Pietersburg 19, Florida 12; Eldoraigne Klerksdorp.

  • St. Stithian’s College off to a winning start in Stellenbosch

    St. Stithian’s College off to a winning start in Stellenbosch

    SchoolsT20CMYKDefending champions of the Coca-Cola Schools’ T20 Challenge, St. Stithian’s College from Johannesburg, started their title defence in Stellenbosch out with a six-run victory over Wynberg Boys’ High.

    Saints reached 161/0 in their 20 allotted overs with their opening batsmen, Matthew Erasmus (77*) and Joshua Richards (68*), recording unbeaten half-centuries. Wynberg Boys’ High’s captain, Karl Vermeulen (65), was on his way to get his side in a promising position before being removed from the middle by Craig Meier (3/19).

    Selborne College also got their tournament off to a winning start by beating Prestige College by 68 runs. Matt Dewar (62*) and Matthew Ferrant (57) weighed in with half-centuries.

    The man of the match award went to Aiden van Wyk who removed six batsmen for a mere 13 runs in his four overs from the crease. Van Wyk’s bowling was the main reason that Prestige College only managed to reach 86 runs before being bundled out.

    The other match of the first round between St. Andrews of Bloemfontein en Centurion from Pretoria was also a tense affair. Saints came out on top by eight runs mostly thanks to an allround performance by Gerald Coetzee. He added 42 runs with the bat and also got rid of three batsmen for a mere 11 runs.

    He found support in the batting department from his captain, Garnett Tarr (31). The pick of Saints’ bowlers was Calvin King (4/25).

    Fanstream.co.za will live stream the match between St. Stithian’s College and Selborne College tomorrow from Coetzenburg. The match between Glenwood and Centurion will also be streamed live tomorrow. To view these matches register now on www.fanstream.co.za

    Summarised Scorecards: 

    Selborne College 154/3 (Matt Dewar 62*, Matthew Ferrant 57; Thabo Motaung 1/27); Prestige College 86 (Tumelo Banda 35; Aiden van Wyk 6/13, Tristan Alexander 2/10). Selborne College won by 68 runs.

    St. Stithian’s College 161/0 (Matthew Erasmus 77*, Joshua Richards 68*); Wynberg Boys’ High 155/5 (Karl Vermeulen 65, Cedric Landers 33; Craig Meier 3/19). St. Stithian’s College won by six wickets.

    St. Andrews 123/5 (Gerald Coetzee 42, Garnett Tarr 31; Divan Greyling 2/18); Centurion 115 (Kevin Osborne 45; Calvin King 4/25, Gerald Coetzee 3/11). St. Andrews won by eight runs.

  • Menlopark – 2017

    Results 

    Menlopark 40,  Transvalia 36
    Menlopark 37,  Noord-Kaap 36
    Menlopark 17,  Kemptonpark 11
    Menlopark 25,  Garsfontein 41
    Menlopark 49,  Outeniqua 25
    Menlopark 12,  Stellenberg 33

    Players: Marcell Mombers, Bernard van der Linde, Werner Nel, Wikus Janse van Rensburg, Barry Viljoen, Pierre Joubert, Enrique Grobler, Lukas Klopper, Jaco Britz, Reinhardt Koekemoer, Alex van Rooyen, Hannes Bezuidenhout, Arrie du Plessis, JD Kruger, Anthony Brand, Justin Sadie, Dylan de Nysshen, Dewald Pienaar, Divan Venter, Jeandre Ferreira. 

  • Noordheuwel – 2017

    Results 

    Noordheuwel 10,  Pretoria Boys’ High 8

  • St. Alban’s College – 2017

    Results 

    St. Alban’s College 17,  St. David’s Marist 14

  • St. Benedict’s College – 2017

    Results 

    St. Benedict’s College 20,  Zwartkop 25
    St. Benedict’s College 63,  Springs Boys’ High 7

  • St. John’s College – 2017

    Results

    St. John’s College 27,  Parktown Boys’ High 19