SSPN Test Site

Blog

  • WATCH LIVE: World Schools Festival 2023 – Day 1

    The matches are brought to you live via YouTube by RugbyPass.

  • WSF2022 could bring us the first showdown between Grey College and Hamilton Boys’ High

    WSF2022 could bring us the first showdown between Grey College and Hamilton Boys’ High

    The third edition of the World Schools Festival will kick off at the Pattana Sports Resort in Thailand tomorrow. The organisers decided to change the festival’s format into a knockout tournament for the 2022 edition.

    Eight teams of which the last Odyssey XV was only confirmed a few days before the festival was to start. The other seven teams that will participate are Grey College (South Africa), Hamilton Boys’ High (New Zealand), St. Michael’s College (Ireland), Cardiff and Vale (Wales), Sedburgh School (England), Millfield School (England) and Trinity School (England).

    South Africa’s Springbok factory has decided to take a u17-side to the tournament in preparation for the South African schoolboy season of 2023. The team from Bloemfontein, which produced 45 Springboks down the years, will lock horns with Trinity School in their opening match of the tournament.

    Grey has produced Springboks like Frans Steyn, Bismarck du Plessis, Ruan Pienaar, Cobus Reinach, CJ van der Linde, Ruben Kruger, Heinrich Brussow, Theuns Stofberg, and Morne du Plessis to name just a few.

    It would be a good bet to put money on the fact that Grey College and New Zealand’s powerhouse Hamilton Boys’ High might face each other in the final in Thailand. The boys from Hamilton bagged their fifth record-equaling national title earlier this year by defeating Napier Boys’ High by 17-15 in a dramatic final.

    Their head coach, Nigel Hotham, is a seasoned campaigner and also deputy headmaster at the school. The school has produced All Blacks like Warren Gatland, Tawera Kerr-Barlow, Sevu Reece, and Quinn Tupaea to name a couple.

    Grey College and Hamilton Boys’ High have never met each other on the rugby field. Both schools have however managed to be crowned champions of the prestigious Sanix Festival in Japan.

    The team from Bloemfontein bagged the second title back in 2001 when they defeated St. Peter’s College of New Zealand convincingly by 41-3 in the final. Hamilton Boys’ High wore the crown three times in 2010, 2011, and 2014.

    Their last title came thanks to a 15-11 victory over Paarl Boys’ High. Their fullback, Payton Spencer, son of former All-Black Carlos Spencer will be one of their dangermen in Thailand.

    Grey College has played in the first two editions of the World Schools Festival in Paarl and Stellenbosch respectively facing three New Zealand schools in their four matches. In their first match against Christchurch Boys’ High, they won handsomely by 66-28.

    They faced the boys’ from Christchurch again in the second edition this time running riot by 73 points to 26. In their last match against opposition from New Zealand, they defeated Southland Boys’ High by 54-0.

    Grey is coached by Jannie Geldenhuys with former Springbok and alumni Wian du Preez also forming part of the coaching team.

    Grey College’s former first XV coach, Wessel du Plessis, will coach the Odyssey XV during the festival.

    All the matches will be streamed live on RugbyPass’s YouTube Channel – https://bit.ly/WorldSchoolsFestivalDay1

    The fixtures (SA-times): 

    Tuesday, 13 December 2022 

    07:30 – Hamilton Boys’ High vs Odyssey XV
    08:45 – St. Michael’s College vs Cardiff and Vale
    10:00 – Sedburgh vs Millfield
    11:25 – Grey College vs Trinity

  • Mediaverklaring van die Hoërskool Garsfontein – Marnitz verlaat Bere aan die einde van 2022

    Mediaverklaring van die Hoërskool Garsfontein – Marnitz verlaat Bere aan die einde van 2022

    Hendré Marnitz
    FOTO: Frans Lombard

    Dit is met spyt dat die Hoërskool Garsfontein vandeesweek kennis geneem het dat sy Direkteur van Rugby, Hendré Marnitz, aan die einde van 2022 die skool se diens sal verlaat. Marnitz het sedert September 2019 aan stuur van die skool se rugbyprogram gestaan.

    Marnitz het die skool in kennis gestel dat hy vanaf 1 Januarie 2023 die pos as Direkteur van Rugby by Maritzburg College in Pietermaritzburg aanvaar het. “Ons wens mnr. Marnitz en sy gesin sterkte toe met hul toekomsplanne asook mnr. Marnitz se loopbaan as breier,” het mnr. Leon Bantjes, skoolhoof van die Hoërskool Garsfontein, gesê.

    Garsfontein is trots op die feit dat sy personeel so hoog in aanvraag is by ander skole. Dit toon die skool maak die regte keuses wanneer dit kom by die werwing en aanstelling van personeel, wat altyd tot voordeel van die leerders moet wees – soos ook blyk uit die skool se voortdurende top akademiese, sport en kulturele prestasies.

    Op sportgebied is verskeie van die skool se personeel reeds deur ander toonaangewende skole en unies gewerf nadat hulle die Garsie-leerders gehelp het om top louere te verwerf.

    Hoewel Garsfontein persone van die kaliber afstaan, is daar nie kommer oor die pad vorentoe nie – omdat die skool se bestuur die regte strategie, prosesse en strukture in plek het, wat dit moontlik maak vir ‘n nuwe persoon om soomloos in te skakel – en dan ook sy eie unieke stempel af te druk.

    So byvoorbeeld is die aanvanklike rugbystrukture gevestig deur mnr. Pote Human, voormalige Direkteur van Rugby en gewese afrigter van die Blou Bulle se superrugbyspan, waarop voortgebou is deur mnr. Francois de Kock, huidige skoolhoof van Kempton Park, en daarna Ryno van der Merwe, hoof van rugby by Affies.

    Hoërskool Garsfontein is reeds in die proses om mnr. Marnitz se pos te vul. Gustav Theunissen wat aan hoof van die skool se werwing staan sal intussen in dié pos waarneem.

    Die skool beoog om die nuwe Direkteur van Rugbyafrigting aan te stel om reeds in Januarie 2023 sy plek in die sisteem in te neem.

    Garsfontein glo aan voortdurende verbetering en vernuwing.

    Die Bere handelsmerk is uniek en gevestig – die nuwe aanstelling sal bydra tot die uitbou van hierdie trotse tradisie. Die skool sal dan ook, soos in die verlede, sorg dat die regte persoon aangestel word om die rugbyseuns se vaardigheidsvlakke en mensontwikkeling verder uit te bou – en so die skool se trotse rugbykultuur oor die afgelope agt jaar voort te sit.

    Vir enige verdere inligting kan Theunissen per e-pos gekontak word by gustav@garsies.co.za.

  • Wesgrow-reeks kondig nuwe opwindende era vir 2023 aan

    Wesgrow-reeks kondig nuwe opwindende era vir 2023 aan

    WesgrowLigaDie Wesgrow Sentrale Sportreeks betree in nuwe opwindende era in 2023.

    Die jong reeks wat in 2018 ontstaan het, het vanjaar slegs sy derde seisoen afgesluit nadat die Coronavirus-pandemie die 2020- en 2021-seisoene in die wiele gery het.

    Die reeks het nie net ‘n nuwe voorsitter aan stuur in Gys Coetzee van Voortrekker in Bethlehem nie, maar SuperSportSchools sal ook al die reeks se rugby-, netbal- en hokkie-wedstryde wat op die A-veld beslis word regstreeks uitsaai.

    Dit sal verseker dat die reeks in 2023 meer blootstelling as ooit van tevore sal ontvang. Paul Sauer, skoolhoof van die Goudveld-Hoërskool, was sedert die ontstaan van die reeks die voorsitter.

    Die bestuur van die reeks het in ‘n verklaring vir Sauer vir sy bydrae as stigterslid van die reeks asook uitvoerende direkteur bedank. “Sauer het ‘n ongelooflike waardevolle bydrae gelewer tot die sukses van hierdie reeks,” lui die verklaring.

    Die Hoërskool Trio van Kroonstad sal ook volgende jaar vir die eerste keer aan die reeks deelneem. Die skool van Kroonstad vervang vir Hoërskool Noord-Kaap in die reeks.

    Trio het vanjaar ‘n ongelooflike eerste rugbyseisoen as skool beleef. Hy is vanjaar as kampioen van die Griffon-liga asook die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga gekroon.

    Die adjunk uitvoerende direkteur van die reeks is Henry Wilken van die Hoërskool Jim Fouché. Die res van die bestuur bestaan uit Nadia Olivier (Goudveld, Direkteur: Administrasie), Charles Liversage (Hoërskool Sentraal, Direkteur: Finansies), Herman van der Merwe (Fichardtpark, Direkteur: Bemarking), Hannes Oosthuizen (Witteberg, Direkteur: Mediaskakeling), Roxy Siebert (Goudveld, Direkteur: Fondswerwing) en Dries Pretorius (Voortrekker, Toernooidirekteur).

    Die doel van die reeks is om massadeelname te bevorder en die reeks het in 2022 vir vele hoogtepune gesorg met vriendskappe wat op en van die sportveld tydens die reeks gesmee is. Die kern van die reeks se bestaan is die feit dat B- en C-spanne ook die geleentheid kry om gereeld hul skool te kan verteenwoordig.

    Die skole wat aan die reeks deelneem is: 

    Voortrekker (Bethlehem), Witteberg, Jim Fouché, Sentraal, Fichardtpark, Diamantveld, Goudveld-Hoërskool, Hoërskool Trio.

  • Klofies en Garsies pak mekaar om die Noordvaaltrofee

    Klofies en Garsies pak mekaar om die Noordvaaltrofee

    TL 1809908Die Noordvaal-kriekettrofee sal vanjaar weer staanplek in Pretoria kry.

    Die Hoërskool Waterkloof sal sy titel Saterdag in die Jakarandastad teen die Hoërskool Garsfontein verdedig. Die wedstryd sal op Hoërskool Menlopark se veld beslis word.

    Waterkloof het sy plek in die eindstryd met ‘n sege van vyf paaltjies oor Potchefstroom Gimnasium bespreek. Die Klofies se Wian Ruthvan (93) is as Speler van die Wedstryd vir sy skitterende kolfwerk aangewys. Hy het slegs 57 aflewerings in sy kolfbeurt trotseer.

    Ruthvan het 15 grenshoue gemoker waarvan vier vir die eerste keer anderkant die grenstou grond gevat het. Hy het saam met Marcus Bakker (55) ‘n vennootskap van 110 lopies om die derde paaltjie gedeel.

    Marnu Cronjé (2/24) en Johan Mahne (2/26) het met hul boulwerk die Klofies die meeste probleme besorg.

    Garsies se Ysbere het sy plek in die eindstryd van die Noordvaal-reeks met ‘n sege van 75 lopies oor Potchefstroom Volkskool op laasgenoemde se tuisveld behaal.

    Die Ysbere se aanvangskolwer Dumisani Motshwene (68) het saam met Heinrich Cloete (43) en Xander Venter (41) die grondslag vir die sege met die kolf gelê.

    Die Volkies se Ludwig Schuld (72) en Corné Prinsloo (54) het albei met vyftigtalle hul span se aanslag gelei.

    Die draaibalbouler Bevan Coetzer het die meeste skade met die bal aangerig deur drie kolwers vir slegs 38 lopies terug te stuur kleedkamer toe.

    Die o.15-eindstryd van die reeks sal op Waterkloof se veld beslis word. In dié eindstryd sal die Hoërskool Garsfontein en Hoërskool Menlopark mekaar die stryd aansê.

    Beknopte telkaarte: 

    Potchefstroom Gimnasium 197/7 (Wian Herbst 72*, Righardt Joubert 43, Ekstras 22; Tristan Luus 2/37); Waterkloof 201/5 (Wian Ruthvan 93, Marcus Bakker 55, Christiaan du Toit 39; Marnu Cronjé 2/24, Johan Mahne 2/26). Waterkloof wen met vyf paaltjies.

    Garsfontein 279 (Dumisani Motshwene 68, Heinrich Cloete 43, Xander Venter 41, Wiehan van der Walt 33, Luan Ferreira 30*; Corné Prinsloo 3/25, Kobus Pienaar 3/42); Potchefstroom Volkskool 204 (Ludwig Schuld 72, Corné Prinsloo 54, Janco Moolman 24; Bevan Coetzer 3/38, Wehan de Waal 2/21). Garsfontein wen met 75 lopies.

  • Cravenweek volgende jaar deur die Kwaggas in George aangebied

    Cravenweek volgende jaar deur die Kwaggas in George aangebied

    Saru Craven WeekDie Cravenweek sal volgende jaar vir die eerste keer sedert 1999 na George toe terugkeer.

    Die Hoërskool Outeniqua vier volgende jaar sy honderdste bestaanjaar en sal dan ook die gesogte toernooi aanbied. Die Kwaggas het al sedert 1923 ‘n totaal van vyf Springbokke in Faan Conradie (1965), Johan Heunis (1981), Marco Wentzel (2002), Warrick Gelant en Akker van der Merwe (2018) opgelewer.

    Die Skotste vleuel Duhan van der Merwe (2020) wat ook verlede jaar die Britse en Ierse Leeus verteenwoordig het was ook ‘n lid van die Kwaggas se indrukwekkende span van 2013.

    Manie Libbok kan moontlik later vanjaar die skool se sesde Springbok word. Die Kwaggas het ook vier Blitzbokke deur die jare opgelewer met Giscard Pieters, Wilton Pietersen, Dewald Human, en Gelant wat almal ‘n draai by die nasionale sewesspan in hul loopbane gemaak het.

    Die skool spog met ‘n trotse rugby-geskiedenis en volgende jaar se Cravenweek beloof om een vir die boeke te wees. Rugby het ‘n sterk begin danksy die aanstelling van Sas de Kock by die skool in 1924 gekry. De Kock het in dieselfde jaar sy buiging vir die Springbokke gemaak.

    Tydens die hoofwedstryd van 1999 se Cravenweek het die Westelike Provinsie die Oostelike Provinsie met 15-11 in die hoofwedstryd verslaan.

    Heelwat toekomstige Springbokke was tydens die weergawe van die toernooi in aksie. Gary Botha (Waterkloof), Ashwin Willemse (Swartberg Sekonder), Ricky Januarie (Weston), Wian du Preez (Grey-kollege), Michael Claassens (Hoërskool Kroonstad), Pedrie Wannenburg (Oakdale Landbou), Schalk Brits (Paul Roos Gimnasium), Gurthro Steenkamp (Hoër Jongenskool Paarl) en Jean de Villiers (Paarl Gimnasium).

    Buiten Claassens, Du Preez en Brits het was al die ander manne lede van Jake White se Springbokke wat in 2007 die Wereldbeker omhoog gehou het. De Villiers en Januarie het onderskeidelik vir WP en Boland se Akademie-spanne tydens die toernooi verteenwoordig.

    Die Grant Khomo-week vir o.16-spelers sal volgende jaar by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch aangebied word. Die o.16-toernooi het in 2003 ontstaan.

    Die nasionale Akademie-week (o.18) sal volgende jaar by Jeppe High School for Boys’ aangebied word.

     

  • Results – Craven Week 1984

    Results – Craven Week 1984

    BLOEMFONTEIN. – Transvaal was crowned unofficial champions of the Craven Week of 1984 after securing a narrow 3-0 victory over Eastern Province in the main match of the tournament.

    Transvaal secured their place in the main match thanks to another narrow victory of 10-9 over the hosts, Free State, during the fourth day in the City of Roses. The victory against Free State came thanks to a penalty late in the match.

    Transvaal and South Eastern Transvaal were the only two sides who managed to finish the tournament unbeaten in 1984.

    Day 1 – Monday, 16 July 1984

    Eastern Province 19, South West Africa 10
    Western Province 30, Griqualand West 3
    SA Federation 12, Eastern Transvaal 8
    Northern Free State 14, Transvaal XV 3
    Northern Transvaal 17, Northern Natal 12
    Vaal Triangle 18, Free State XV 16

    Day 2 – Tuesday, 17 July 1984

    Western Transvaal 27, Border 7
    Transvaal 26, North Eastern Cape 7
    Far North 33, Southern Free State 7
    Free State 34, Natal 17
    South Western Districts 13, North Western Cape 7
    South Eastern Transvaal 13, Boland 9
    Eastern Free State 13, Stellaland 9

    Day 3 – Wednesday, 18 July 1984 

    Northern Transvaal 10, Northern Free State 9
    Northern Natal 21, SA Federation 10
    Vaal Triangle 19, South West Africa 10
    Western Province 13, Eastern Province 12
    Free State XV 14, Eastern Transvaal 14
    Transvaal XV 27, Griqualad West 10

    Day 4 – Thursday, 19 July 1984 

    Transvaal 10, Free State 9
    Natal 19, Far North 7
    Eastern Free State 12, South Western Districts 3
    South Eastern Transvaal 10, Border 10
    Boland 12, Western Transvaal 4
    North Eastern Cape 19, Stellaland 12
    Southern Free State 21, North Western Cape 10

    Day 5 – Saturday, 21 July 1984 

    Transvaal 3, Eastern Province 0
    Natal 21, Western Province 18
    Border 14, Northern Transvaal 9
    Free State 16, Boland 13
    Free State XV 21, SA Federation 15
    Eastern Transvaal 9, North Eastern Cape 6
    Griqualand West 22, Eastern Free State 7
    South Western Districts 18, Southern Free State 6
    South Eastern Transvaal 16, Northern Free State 12
    Western Transvaal 22, Northern Natal 12
    South West Africa 21, Far North 3
    Transvaal XV 21, Vaal Triangle 14
    Stellaland 20, North Western Cape 6

  • Wie gaan die kroon in vanjaar se Noordvaal Sewes-toernooi dra?

    Wie gaan die kroon in vanjaar se Noordvaal Sewes-toernooi dra?

    NoordvaalSewesDie verdedigende kampioen van die Noordvaal Sewes-toernooi, Dr. EG Jansen van Boksburg, sal vandag om 15:40 sy aanslag op vanjaar se titel teen Wesvalia van Klerksdorp afskop.

    Die Jansies sal in sy ander twee groepwedstryde teen Noordheuwel en Oos-Moot te staan. Die span van Boksburg het in 2019 die kroon gedra toe hy danksy ‘n drie in die doodsnikke van die eindstryd deur Jaden du Preez daarin geslaag het om vir Monument van Krugersdorp met 24-19 na ekstra speeltyd as kampioen te onttroon.

    Soos gewoonlik is die Hoërskool Menlopark die gasheer vir die toernooi wat in 2014 ontstaan het. Die Parkies is saam met Piet Retief, Transvalia en Marais Viljoen in ‘n groep geloot.

    Sedert die ontstaan van die toernooi kon daar nog net drie skole daarin slaag om as kampioen gekroon te word. Hulle is HTS Middelburg (2014), Monument (2015, 2017, 2018) en EG Jansen (2016, 2019).

    Garsfontein se BlitzBere behoort vanjaar ook weer ‘n sterk aanslag op die titel te loots. Die Blitzbere was vroeër vanjaar kampioen van die Sutherland- asook die Montana Sewes-toernooie.

    Die span van die Jakarandastad sal wel sonder een van sy sleutelspelers Demitre Erasmus moet klaarkom.

    Die groepe is: 

    Groep A: Garsfontein, Ellisras, Secunda, Rustenburg.
    Groep B: Menlopark, Piet Retief, Transvalia, Marais Viljoen.
    Groep C: Monument, Waterkloof, Pietersburg, Jeugland.
    Groep D: EG Jansen, Noordheuwel, Oos-Moot, Wesvalia.

    Die bepalings:

    Vrydag, 23 September 2022

    A-veld

    13:00 – Garsfontein vs Ellisras; 13:20 – Secunda vs Rustenburg; 13:40 – Piet Retief vs Marais Viljoen; 14:00 – Transvalia vs Menlopark; 14:20 – Monument vs Pietersburg; 14:40 – Waterkloof vs Jeugland; 15:00 – Garsfontein vs Rustenburg; 15:20 – Secunda vs Ellisras; 15:40 – EG Jansen vs Wesvalia; 16:00 – Noordheuwel vs Oos-Moot; 17:40 – Monument vs Waterkloof; 18:00 – Jeugland vs Pietersburg; 18:20 – EG Jansen vs Noordheuwel; 18:40 – Oos-Moot vs Wesvalia.

    B-veld

    13:00 – Monument vs Jeugland; 13:20 – Waterkloof vs Pietersburg; 13:40 – EG Jansen vs Oos-Moot; 14:00 – Noordheuwel vs Wesvalia; 15:40 – Piet Retief vs Menlopark; 16:00 – Transvalia vs Marais Viljoen; 17:40 – Garsfontein vs Secunda; 18:00 – Ellisras vs Rustenburg.

    Saterdag se bepalings van die uitspeelwedstryde na eers na die eerste dag se groepwedstryd bepaal word. 

    Vorige Eindstryde (2014-2017): 

    2019 EG Jansen 24 Monument 19
    2018 Monument 24 EG Jansen 5
    2017 Monument 21 Transvalia 14
    2016 EG Jansen 40 Garsfontein 17
    2015  Monument 36 Garsfontein 5
    2014  HTS Middelburg 31 Garsfontein 24
  • Vonke gaan reeds vroeg volgende jaar in die Noordvaaltrofee se Beker-kompetisie spat

    Vonke gaan reeds vroeg volgende jaar in die Noordvaaltrofee se Beker-kompetisie spat

    Céano Everson kookwater skrumskakel van Monnas op die aanval word deur Xander Loubser van Menlo van agter beetgekry. FOTO: Marius Nortje

    Die vonke gaan volgende jaar sommer vroeg in Afdeling 1 van die Noordvaaltrofee se Beker-kompetisie spat.

    Dié kampioen, Hoërskool Monument van Krugersdorp, sal sy aanslag op 2023 se titel op sy tuisveld teen die nuweling, Hoërskool Nelspruit, afskop. Monnas het vanjaar nie ‘n enkele wedstryd in die kompetisie verloor nie.

    Nelspruit se Rhinos was as kampioen van die Plaat-kompetisie gekroon. Hulle het hier ook nie ‘n enkele wedstryd verloor nie. Die Rhinos het in die Plaat-eindstryd vir die Hoërskool Middelburg met 23-17 verslaan.

    Nelspruit is in die plek van HTS Middelburg se Rooi Bulle aan die einde van die seisoen na die boonste kompetisie van die reeks gepromoveer.

    Dan pak die twee aartsvyande van Pretoria se Ooste, die Hoërskool Garsfontein en Hoërskool Waterkloof, mekaar boonop ook nog tydens die eerste ronde wedstryde. Die Garsies was vanjaar die naaswenner van die Beker-kompetisie en het in die doodsnikke teen Monnas met 28-30 in die eindstryd vasgeval.

    Die ander wedstryd van die eerste ronde dal tussen Helpmekaar-kollege en Menlopark beslis word. Die twee spanne het mekaar vanjaar behoorlik in die kragmeting opgekeil.

    Die twee voorste spanne van 2022 sal mekaar reeds in die tweede ronde wedstryde die stryd aansê. Garsies sal dan die tuisveldvoordeel hê.

    Die ander drie spanne in die Beker-kompetisie – Noordheuwel van Krugersdorp, Marais Viljoen van Alberton en Dr. EG Jansen van Boksburg sal hul aanslae eers in die tweede ronde wedstryd afskop. Die Nories sal in Johannesburg vir Helpies die stryd gaan aansê.

    Terwyl EG Jansen na Alberton moet reis om vir Marais Viljoen teen te staan.

    Die eindstryd sal op 26 Augustus beslis word, met die halfeindronde wat op 19 Augutus sal plaasvind.

    Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld): 

    6 Mei 2023

    Garsfontein vs Waterkloof
    Monument vs Nelspruit
    Helpmekaar vs Menlopark

    13 Mei 2023

    Garsfontein vs Monument
    Waterkloof vs Menlopark
    Helpmekaar vs Noordheuwel
    Marais Viljoen vs EG Jansen

    20 Mei 2023

    Noordheuwel vs Monument
    Menlopark vs Garsfontein
    EG Jansen vs Helpmekaar
    Nelspruit vs Waterkloof

    27 Mei 2023

    Noordheuwel vs Menlopark
    Nelspruit vs Helpmekaar
    Garsfontein vs Marais Viljoen
    Waterkloof vs EG Jansen

    3 Junie 2023

    Monument vs EG Jansen
    Nelspruit vs Noordheuwel
    Marais Viljoen vs Helpmekaar

    10 Junie 2023

    Marais Viljoen vs Noordheuwel
    Garsfontein vs Nelspruit
    Helpmekaar vs Waterkloof
    EG Jansen vs Menlopark

    22 Julie 2023

    Monument vs Marais Viljoen
    Menlopark vs Nelspruit
    Noordheuwel vs Waterkloof
    Nelspruit vs EG Jansen

    29 Julie 2023

    Monument vs Helpmekaar
    Menlopark vs Marais Viljoen
    Noordheuwel vs Garsfontein
    Nelspruit vs EG Jansen

    5 Augustus 2023

    Menlopark vs Monument
    EG Jansen vs Garsfontein
    Waterkloof vs Marais Viljoen

    12 Augutus 2023

    Waterkloof vs Monument
    EG Jansen vs Noordheuwel
    Marais Viljoen vs Nelspruit

  • Wit Bulle buit tiende Noordvaal-titel in 100ste eindstryd

    Wit Bulle buit tiende Noordvaal-titel in 100ste eindstryd

    KRUGERSDORP. – Schampagne rugby!

    Dit is hoe die eindstryd van die Noordvaaltrofee se Beker-kompetisie in twee woorde beskryf kan word.

    Monument het hier op sy tuisveld, die Ras van Rooyen-veld, in die doodsnikke ‘n sege van 30-28 oor die Hoërskool Garsfontein behaal om vir die tiende keer as kampioen van die gesogte kompetisie gekroon te word.

    Die Wit Bulle se heelagter, Jody Schambreel, was die grootste doring in Garsies se vlees. Hy het met sy lopies vanuit die laaste vesting heelwat geleenthede vir sy span geskep.

    Twee daarvan kort na rustyd het op drieë vir die buitesenter, Zain Henery, en die skrumskakel, Ceano Everson, uitgeloop. Dit het die tuisspan se voorsprong van 10-8 met die omdraaislag na 22-8 vergroot.

    Garsies het nooit gaan lê nie en sy buitesenter, Demitre Erasmus, het twee uitmuntende lopies in die hoek gaan afrond om aan sy span van voorsprong van 28-25 laat in die wedstryd te gee.

    Die Wit Bulle het daarna met speeltyd reeds verstreke vanaf ‘n rolmaalbeweging gaan druk met die plaasvervanger-haker, Stephan Uys, in besit om die titel te buit.

    Hierdie is ‘n spesiale titel omdat dit die 100ste eindstryd sedert die ontstaan van die kompetisie in 1920 was. Daar was geen eindstryde in 1948 (polio-epidemie) asook die vorige twee jaar in 2020 en 2021 weens die Coronavirus-pandemie nie.

    Monnas se hoofafrigter, Tjaart van der Walt, spog nou reeds met vyf titels as afrigter in die reeks. Hy het in 2015 en 2016 Garsies tot kampioene gebrei en was ook aan stuur van sake vir die Wit Bulle se titels in 2017 en 2018.

    In die eindstryd van die Plaat-afdeling in Mbombela het die Hoërskool Nelspruit in ‘n klipharde eindstryd in 32 grade Celsius vir die Hoërskool Middelburg met 23-17 verslaan.

    Die span van Mbombela het die Plaat-kompetisie met die sege onoorwonne afgesluit en gesorg dat hy volgende jaar tussen die groot honde in die Beker-kompetisie sal blaf.

    Die Rhinos het vroeg ‘n voorsprong van 15-0 opgebou, maar ‘n drie deur Middies se uitstaande buitesenter, Grant de Jager, het gesorg dat sy span darem teen rustyd vyf punte op die telbord kon plaas.

    Middies se agtsteman, Ben Jansen van Rensburg, was ook uitstaande. Vir die kampioen was sy loskopstut, Duard Diechmann, flank Francois Odendaal en die slot Leonard Bornman uitblinkers.

    Oos-Moot het in die Skild-eindstryd die bordjies teen die Hoërskool Klerksdorp met 25-20 op laasgenoemde se tuisveld verhang.

    Klerksdorp se losskakel, MJ Mostert, was weer uitstaande. Hy het sy 20 punte met die skopskoen in die halfeindronde met nog 15 punte in die eindstryd opgevolg.

    Mostert het een van sy span se drie drieë gedruk, twee daarvan verdoel asook met ‘n strafdoel en ‘n skepdoel geslaag om op al vier manière punte aan te teken. Op die ou einde was dit egter nie genoeg nie.

    Secunda het op sy tuisveld in die Bowl-eindstryd ‘n naelskraapse sege van 19-18 oor Die Anker van Brakpan deurgetrek. Die besoekers het rustyd ‘n voorsprong van 10-8 geniet en dit self na 18-8 in die tweede helfte gerek.

    Secunda se vleuel Luan Lottering het met enkele minute oor in die kragmeting gaan druk en daarna ook sy eie drie verdoel om aan sy span die titel te besorg.

    Die kampioen se flank Hanré Hattingh asook die slot Jayden Veldman het ook ‘n reuse aandeel tot hul span se sege gehad.

    Oakdale Landbou het in die Agter-Paarl vir die eerste keer sedert 2010 daarin geslaag om Boland Landbou hier uit te oorlê. Die span van Riversdal was met 26-17 baas.

    Sy binnesenter, Kobus Janse van Rensburg, asook die flank en kaptein, Francois du Toit, was aan die voorpunt van die sege. Die slot André Goedhals, het ook ‘n reuse vertoning gelewer.

    In 2010 was Oakdale naelskraaps met 3-0 baas danksy ‘n strafdoel deur Christiaan Rust. Dit was ook Oakdale se eerste sege in die interskole sedert 2017.

    Die Hoërskool Trio se sprokiesverhaal in sy eerste seisoen duur net voort. Die span van Kroonstad het Saterdag op Shimlapark in Bloemfontein die titel as kampioen van die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga verower.

    Trio het vir Jim Fouché van Bloemfontein in ‘n klipharde eindstryd met 21-19 verslaan. Die span se binnesenter, Michiel Heyns, was ongelooflik op die dag, terwyl die slot Henco Kriek ook ‘n reuse vertoning opgedis het.

    In die Irawa-liga se eindstryd het Bothaville vir St. Andrews van die Rosestad met 31-8 afgestof, terwyl Vrede met 68-22 in die Colts-eindstryd oor heeltemal te veel skietgoed vir Curro Kathu beskik het.

    In die suidelike voorstede van Kaapstad het Rondebosch Boys’ High vir Bishops met 43-26 verslaan, terwyl Wynberg Boys’ High vir SACS met 16-5 slae gegee het.

    In die Oos-Kaap moes Framesby sweet om Nico Malan van Humansdorp met 16-13 te troef. Framesby was met 94-7 in die laaste kragmeting tussen die twee skole baas so die manne van Humansdorp het sonder twyfel die gaping heelwat sedertdien ingekort.