‘n Gelykop-uitslag in ‘n eindstryd los meestal meer vrae as antwoorde in spelers en hul afrigters se gedagtes. Wat kon ons anders doen, wat kon ek anders tydens die wedstryd gedoen het – dalk moes ek liewers lyn toe geskop het, pale toe geskop het of die bal laat loop het.
Dit is alles vra wat mens nog jare na so ‘n gelykop-uitslag mee worstel. Die Wilgers en die HoĆ«rskool Vryburg moes die louere deel na die twee spanne met 15-elk gelykop in die eindstryd van die Noordvaaltrofee se Afdeling 3 op eersgenoemde se tuisveld in Pretoria gespeel het.
Die pad terug vir Vryburg sou ook langer terug gewees het, as wat dit sou wees indien hulle slegs een punt meer op die telbord kon aanteken.
Die Wilgers se woelige haker, Tian Joubert, was weer ‘n handvol en het twee keer die doellyn oorgesteek. Hy het amper ‘n driekuns aan drieĆ« voltooi maar het met een poging die bal net kort geplant waarna hy dit aangeslaan het.
Joubert se tweede drie met minder as ‘n minuut oor op die telbord het seker gemaak dat die White Sharks ook een fin op die trofee kon kry. Voorlangs was die flank Ajay Lottering ook weer woelig en is na afloop van die wedstryd as die Speler van die Wedstryd aangewys.
Lottering se tweelingbroer, De Wet Lottering, sal volgende week in die eindstryd van die Noordvaal se Beker-kompetisie ook ‘n geleentheid kry om dalk te voel hoe om die trofee omhoog te hou.
De Wet sal op haker vir Garsfontein uitdraf wat in die eindstryd teen Monument in Krugersdorp te staan sal kom.
Die Wilgers se binnesenter, Kako Mokoena, was ook weer uitstaande en het veral met sy balverspreiding uitgeblink. Die heelagter, Joshua Louw, was ook danksy sy veilige hande en rustigheid onder druk vir sy span goud werd.
Vryburg se binnesenter, Hanco Halgryn, was uitstaande. Hy was sonder twyfel sy span se beste speler op die dag.
In die laaste beweging van die wedstryd het Vryburg se linkervleuel, Leon Kgathlane, amper die wendrie gaan druk, maar uitstekende verdediging deur Die Wilgers het hom by die kantlyn by die hoekvlag uitgeduik.
Dit sal beteken dat die Rhinos weer volgende jaar tussen die kroonwild in die Beker-kompetisie sy spiere kan bult.
Die Rhinos het sy plek in die eindstryd met ‘n sege van 38-17 oor Kempton Park bespreek, terwyl Middies met 52-0 oor heeltemal te veel skietgoed vir die HoĆ«rskool Rustenburg beskik het.
Middies se buitesenter, Grant de Jager, het met nog ‘n puik vertoning gewys dat hy vanjaar onder die voorste skolespelers in sy posisie in Suid-Afrika tel. Hy was met ‘n driekuns drieĆ« aan die voorpunt van sy span se klinkende sege oor Rusties.
Indien ‘n unie hom nog nie opgeraap het nie, moet ‘n paar van die tjekboekjagters dringend in Middelburg ‘n draai gaan maak.
Die wenspan se agtsteman, Ben Jansen van Vuuren, het ook ‘n goeie dag op kantoor beleef en twee keer gaan druk. Hy is ‘n handvol wanneer hy die bal onder die arm vasknyp.
Nelspruit se slot Leonard Bornman was vir sy span goud werd in hul sege oor Kempies. Hy het uitstekend gerank in die lynstane waarvandaan sy span die rolmaalbeweging tot groot sukses kon inspan. Bornman het ook ‘n hele paar keer sy span met stormramlopies oor die voordeellyn gekry.
Agterlangs het die losskakel, Danny van Staden, goeie spel gelewer en die twee senters, Drikus Greeff en Ricardo Correira, met gehalte balbesit gevoer. Die senterpaar was ook uitstaande.
Die flanke Francois Odendaal en Bernard van Esch verdien elk ook ‘n klop op die skouer vir hul vertoning in die sege.
Kempies se flank Sarel Erasmus en slot Milano Hattingh kan vandag breƫbors rondloop na hul goeie vertonings in die halfeindstryd.
Puntemakers:Ā
HoĆ«rskool Nelspruit 38 (19) – DrieĆ«: Leonard Bornman (2), Ryan Venter, Danny van Staden, Ricardo Correira, Francois Odendaal. Doelskoppe: Van Staden (5). Kempton Park 17 (5) – DrieĆ«: Sarel Erasmus (2), Keagan Trollip. Doelskop: Henco Potgieter.
HoĆ«rskool Middelburg 52 (18) – DrieĆ«: Grant de Jager (3), Ben Jansen van Vuuren (2), Mnqobi Nkonde, Philasane Ntshapela, AJ Oberholzer, Simtha Maseko. Doelskoppe: Oberholzer (2). Strafdoel: Oberholzer. HoĆ«rskool Rustenburg 0.
Ander spanne:Ā
o.16: Nelspruit 13, Rustenburg 12; Montana 21, Kempton Park 14.
Die meisie in die bekende lied, “Mamma ek wil ān man hĆŖ”, sal dalk so ietwat verward wees, indien sy die rugbywedstryd tussen die Suid-Afrikaanse o.18 A-span en die Franse o.18-span gekyk het.
In die lied erken sy dat sy nie ān Fransman soek nie, maar liewer ān BoerjongkĆŖrel verkies. Die Franse vleuel, JG Wasserman (17), wat in Pretoria gebore is sou haar van parlez-vous verstaan ek nie, verander het na I love it when you talk foreign.
Wasserman het na afloop van die wedstryd sommer ook as tolk opgetree toe die voormalige Springbok-senter Gcobani Bobo met die Franse-kaptein, Baptiste Britz, ān onderhoud vir SuperSport gevoer het.
Dit het vir ān unieke situasie gesorg met Bobo wat die vrae in Engels gestel het, Wasserman wat vir sy spanmaat dit na Frans vertolk het. Britz het dit dan in Frans geantwoord, met Wasserman wat dit weer vir Bobo na Afrikaans of is dit nou Afrifrans vertaal het.
Wasserman is die seun van die voormalige Springbok-losvoorspeler, Johan Wasserman. Wasserman jr. word ook Johan in sy span genoem want hulle sukkel bietjie met die uitspraak van JG.
Wasserman sr. het op sy dag die Blou Bulle aangevoer en ook saam met die Springbokke van 2000 deur Argentinië en Europa getoer. Johan het in 2007 kort voor die Bokke se Wêreldbeker-triomf in Frankryk sy loopbaan in Montpellier voortgesit.
āEk het daarna besluit om my loopbaan in Nevers in die Franse platteland te gaan afsluit. Hier het ek ook vir vier jaar gespeel voordat ek my tokse opgehang het,ā het Wasserman sr. gesĆŖ.
Nevers is ān stad van so ongeveer 33 500 inwoners wat 280km Suidoos van die hoofstad, Parys, geleĆ« is.
Albei is vlot in Afrikaans met hul ouers, Johan en Sanet, wat seker gemaak het dat hul steeds die taal in hul huis praat. Sanet is ān fisioterapeut en die suster van die gewese skeidsregter, Willie Roos, wat deesdae die hoof van sport by Paarl Gimnasium is.
Die Franse het Vrydag se kragmeting teen die SA o.18A-span met 26-23 op Gimmies se veld in die Paarl gewen. Wasserman wat eintlik ān heelagter is, het sy internasionale buiging in die kragmeting met ān blink vertoning gevier.
āJy sal nie glo nie, maar dit is ons eerste keer terug in Suid-Afrika in ses jaar. Dit is baie spesiaal vir ons dat JG sy geleentheid gekry het en teen die land van sy geboorte te kan speel. Hy het ān skoueroperasie in Maart ondergaan en hy het gelukkig betyds herstel om hierdie droom van hom te verwesenlik,ā het Johan Wasserman gesĆŖ.
Wasserman sr. rig self by Nevers af en het sy seun die afgelope tien jaar by die klub gebrei. JG se gunstelingspelers is die Franse skakelpaar, Antoine Dupont en Romain Ntamack.
Paul Roos Gimnasium het met die Markotter-stadion in Stellenbosch as bondgenoot vir die eerste keer sedert 2015 daarin geslaag om vir Grey-kollege om te dop.
Die tuisspan was met 34-19 baas in ān kragmeting waarin hul deurgans op ān nat veld in beheer was. Dit was veral hul kaptein en flank, Herman Lourens, die slot Sampie Joubert en die loskopstut, Cameron Miell, wat vir Grey probleme besorg het.
Miell wat die skoene van Paul Roos se twee SA o.18-voorrymanne, Wilbur Loubser en Reno Hirst, moes volstaan het reeds na slegs 15 minute se spel soos ān wafferse flank drie keer omgekeerde besit by die afbreekpunte bewerkstellig.
Grey moes sonder ses SA o.18-spelers klaarkom, terwyl Paul Roos self drie spelers buite aksie weens hul betrokkenheid by die nasionale spanne gehad het.
HTS Drostdy het op sy tuisveld, Trappes-park, vir Outeniqua met 13-9 verras. Die Donkies se flank Matt Romao, skrumskakel Jurie du Toit asook die slot Lood Prins was uitstaande.
Framesby het ook vir ān verrassing in die Baai gesorg deur Oakdale Landbou met 11-7 te troef. Stellenberg moes op die ou einde hard werk om sy interskole-kragmeting teen die HoĆ«rskool Durbanville met 29-20 te wen.
In Humansdorp het Nico Malan in gure weer wat winde van 50 kilometer per uur ingesluit het vir Graeme-kollege met 26-21 verslaan.
In die Noordvaaltrofee se eindstryd sal die HoĆ«rskool Garsfontein se Bere ān kans kry om ān sakie teen die HoĆ«rskool Monument van Krugersdorp reg te stel.
Die Bere was nog net een keer vanjaar aan die verloorkant en dit was teen die Wit Bulle in Krugersdorp. Monnas sal egter steeds as die gunsteling op die veld draf.
Monnas moes hard op sy tuisveld werk om vir EG Jansen van Boksburg met 29-20 in die halfeindronde te troef. Die span van Boksburg het teen rustyd ān voorsprong van 8-5 geniet wat hy na 20-5 vroeg in die tweede helfte gerek het.
Die Wit Bulle het daarna teruggeveg om uiteindelik as oorwinnaars van die veld te stap. Monnas se kaptein en agtsteman, Xander Schoeman, loskopstut, Evan Retief, asook die slot HJ de Beer het blink vertonings opgedis.
Garsies het op sy tuisveld, Bere-park, vir Noordheuwel met 43-10 kaf gedraf. Die Nories het in die eerste helfte met die wind van agter sake vir die Bere bemoeilik en die tuisspan kon slegs ān skrale voorsprong van 7-3 teen die omdraaislag geniet.
Dit was egter ān begeesterde span van Garsies wat in die tweede helfte die veld betree het. Dit was veral sy agtsteman, Maynard Kleynhans, asook die slot Luan Taylor wat voorlangs die span oor die voordeellyn gekry het.
Agterlangs het die regtervleuel, Heinrich Cloete, rede om te glimlag na hy twee keer die doellyn oorgesteek het.
Die Hoƫrskool Trio van Kroonstad se feƫverhaal deur voort. Hy het Saterdag in die halfeindstryd van die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga met 21-17 teenoor Diamantveld koning gekraai.
Diamonds het teen rustyd ān stewige voorsprong van 17-0 opgebou. Trio het in die tweede helfte egter gesorg da thy net genoeg doen dat sy agtsteman, Ewald Tolmay, die wendrie met speeltyd reeds verstreke gaan druk het.
Die span van die Rosestad se vleuel Tristan van der Walt was op sy stukke en het ān driekuns aan drieĆ« voltooi.
Midstream College het die spanne van Limpopo se partytjie finaal bederf deur Merensky van Tzaneen met 22-12 in die eindstryd van Afdeling 2 van die Noordvaaltrofee te klop.
Midstream was die enigste span van buite Limpopo in die halfeindronde van die afdeling.
In Afdeling 3 se eindstryd sou die Hoƫrskool Vryburg waarskynlik swaerder aan die gelykop-uitlag en die deel van die trofee met Die Wilgers gesluk het. Die pad terug na Vryburg is immers langer na so uitslag.
Die HoĆ«rskool Middelburg se buitesenter, Grant de Jager, sal geen span in die steek laat nie. De Jager was met ān driekuns aan drieĆ« aan die voorpunt van sy span se oorwinning van 52-0 oor die HoĆ«rskool Rustenburg in die halfeindronde vn die Noordvaaltrofee se Plaat-kompetisie.
Die Middies kom in die eindstryd teen die Hoƫrskool Nelspruit te staan. Die Rhinos van Nelspruit het vir Kempton Park in die ander halfeindstryd met 38-17 afgestof.
PAARL, SOUTH AFRICA – AUGUST 19: JF van Heerden of South Africa U18 tackled by Henry Pollock (Capt) of England U18 during the U18 International Series match between South Africa and England at Paarl Gimnasium on August 19, 2022 in Paarl, South Africa. (Photo by Ashley Vlotman/Gallo Images)
The SA Under-18 side got off to a winning start in the U18 International Series with an impressive 40-24 triumph over England at Paarl Gymnasium in Paarl on Friday afternoon.
In the first game of the day, France held on to beat the SA U18 ‘A’ team by 26-23.
The SA U18ās made the most of their strong forward performance by scoring two tries to one in the first half, while they also landed three penalty goals to build up a 23-10 advantage at the halftime break.
They maintained their dominance in the second half and managed two further tries and a penalty goal, while restricting England to two converted tries for a well-deserved win.
While the SA win was built on their forward dominance, flyhalf Stehan Heymans was equally outstanding with a personal contribution of 18 points via four penalty goals and three conversions.
The impressive No 10 landed three penalty goals while his opposite number Rory Taylor replied with one to make the score 9-3 in favour of the home side halfway through the opening spell.
Visiting flanker Jack Bennet then took advantage of some poor SA defence to run in under the posts as England edged ahead 10-9.
However, that lapse of concentration was enough to kick the home side into a more determined mood as they hit back with some powerful forward carries and strong running in midfield.
Hooker Ethan Bester dotted down for the home side from a lineout maul, while scrumhalf Caleb Abrahams followed him over the whitewash on the stroke of halftime. Heymans added the extras to stretch the halftime lead to 23-10.
South Africa kicked on after the restart and soon raced into a 33-10 lead when replacement hooker Luca Bakkes scored off the back of a brilliant maul, with Heymans again on target with another penalty soon afterwards.
They then also showed the grit needed in defence to keep the English at bay. However, replacement hooker Loic Keasey managed to breach the line for England’s second try to reduce the gap to 33-17 halfway through the second stanza.
Replacement lock Jack Waterhouse then showed his speed and power to take a final pass and force his way over for another converted try, South Africa’s fourth of the afternoon, to take the score to 40-17.
But England refused to give up and Keasey got his second when he went over to take the final score to 40-24 in favour of the SA U18’s.
Scorers:
SA U18 40 (23) – Tries: Ethan Bester, Caleb Abrahams, Luca Bakkes, Jack Waterhouse. Conversions: Stehan Heymans (3), Thurlon Williams. Penalty goals: Heymans (4). England 24 (10) – Tries: Jack Bennet, Loic Keasey (2). Conversions: Rory Taylor (3). Penalty goals: Taylor.
Die moeilikste vraestel in Stellenbosch sedert 2009 wag Saterdag op Grey-kollege wanneer hy op ‘n sopnat Markotter-veld teen Paul Roos Gimnasium op die veld draf.
Soos in 2009 is Grey se span weer sonder meer as ‘n handvol van sy staatmakers weens hul betrokkendheid by die Suid-Afrikaanse o.18-span se reeks wedstryde teen Engeland en Frankryk.
Grey sal sonder ses van sy eerstekeuse spelers moet klaarkom wat vir die twee nasionale o.18-spanne tydens die reeks diens doen. Boonop sal die weer in die Eikestad nie Grey se spelpatroon pas nie.
Dan sal dit ook die groep spelers se eerste wedstryd op Markotter vir die eerstespan wees nadat die vorige twee jaar se interskole nie kon plaasvind weens die Coronavirus-pandemie nie. Vanjaar se span het wel afgevlieg, terwyl die span van 2009 nog met die trein moes reis na Stellenbosch.
Grey se Caleb Abrahams (skrumskakel), Alfondso Isaacs (senter/vleuel), Lukas Meyer (flank), JF van Heerden (slot) en Casper Badenhorst (stut) was almal in die SA o.18-beginspan vir die sege van 40-24 oor sy eweknie van Engeland in die Paarl.
Die span van die Rosestad se losskakel, Bradley Giddy, was op die plaasvervangersbank vir die SA o.18A-span in hul nederlaag van 23-26 teen Frankryk se o.18-span.
Paul Roos sal wel ook sonder sy twee voorrymanne, Reno Hirst en Wilbur Loubser, moet klaarkom. Asook die buitesenter, Jurenzo Julius, wat vanjaar wĆŖreldwyd met sy spel opslae gemaak het. Die drie is ook deel van die Suid-Afrikaanse o.18-groepe.
In 2009 het Pieter Rademan (skrumskakel), Riaan Britz (heelagter), Johan Goosen (losskakel), Piet Lindeque (senter), Jean Cook, Carl Wegner (albei slotte), Baksteen van Heerden (haker) en Stephan Kotze (stut) die wedstryd teen Paul Roos weens hul betrokkenheid by die SA o.18 hoƫ-prestasiespan misgeloop.
Destyds moet die senter Francois Venter, wat ook later vir die Springbokke gespeel het, noodgedwonge na losskakel skuif. Paul Roos was met 9-3 in die kragmeting baas en het Grey se segetog van 45 wedstryde op ‘n streep daardie dag in die Eikestad beĆ«indig.
Paul Roos kon laas in 2015 daarin slaag om die span van die Rosestad te verslaan. Voor dit was dit die sege van 2009. Die span in Maroen staan vandag weer ‘n goeie kans om ‘n sege oor Grey te behaal.
Die span se regervleuel, Luke Graham, is moeilik om plat te trek en hy het vanjaar al gewys hy ken die pad doellyn toe goed. Voorlangs sal die tuisspan se kaptein en agtsteman, Herman Lourens, asook die slot Sampie Joubert en loskopstut, Cameron Miell, ‘n belangrike rol speel.
Grey se losskakel, Ian van der Merwe, kan indien hy gehalte besit ontvang die sneller trek om die senterpaar, Alec McIntyre en Ulrich Wahl, los te laat.
Dit is veral die teenwoordigheid van die skrumskakel, Caleb Abrahams, wat ‘n leemte gaan laat. Roux Heyns sal Abrahams se tokse moet volstaan. Voorlangs sal die agtsteman, JJ Theron, flank Jean-Henri SmitĀ en die kaptein en loskopstut, Tat Botha, hard moet werk om Heyns genoegsame beskerming te verskaf.
Die spanne is:Ā
Paul Roos Gimnasium: 15 Christoff de Bruyn, 14 Luke Graham, 13 Luca Reuter, 12 Philip Groenewald, 11 Justin Levine, 10 Reuben Noble, 9 Liam Stander, 8 Herman Lourens (kaptein), 7 Hugo Radley, 6 Andreas Oosthuizen, 5 Wyatt Strydom, 4 Sampie Joubert, 3 Ryan Jack, 2 Seth Haddad, 1 Cameron Miell.
Grey-kollege: 15 Gunter van Rensburg, 14 Janco Scheepers, 13 Ulrich Wahl, 12 Alec McIntyre, 11 Martin Botha, 10 Ian van der Merwe, 9 Roux Heyns, 8 JJ Theron, 7 Jean-Henri Smit, 6 Morne Diederichs, 5 Marno Stopforth, 4 Ranon Fouche, 3 Jean Erasmus, 2 Nick Greyling, 1 Tat Botha (kaptein).
Zachary Porthen and Camden Schoeman, who led the SA Schools teams last month, will again wear the captainās armbands when the two SA Under-18 sides open the U18 International Series against England and France in Paarl on Friday.
Porthen will lead the SA U18 team against England at Paarl Gimnasium (15h30), while Camdenās SA U18 āAā side take on France at 13h30 at the same venue. Both matches will be broadcast live on SuperSport.
The two squads gathered in Stellenbosch on Sunday to start their preparations for the series, which includes three rounds of matches ā all of them at Paarl Gimnasium ā and for the coaches, Katleho Lynch (SA U18) and Cobus van Dyk (SA U18 āAā), Fridayās matches will provide a great foundation from which they can build for the rest of the series.
The second round will be on Tuesday 23 August and the action will conclude on Saturday 27 August, with the Junior Springbok coaching team of Bafana Nhleko and Chean Roux supporting the two teams.
āWe already saw the massive potential these players have when we were together for a week in July after the U18 Craven Week, and to be able to work with them at international level is a great privilege,ā said Lynch.
āThe boys are eager to learn, they work incredibly hard and apart from days full of rugby activities, they still make time to keep up to date with their school work, which takes a lot of dedication.
āWe realise weāre up against two countries who invest a lot of time and energy into their junior programmes and it will be a proper test for our players, but one we canāt wait to get stuck into.ā
Van Dyk shared these sentiments: āWe are blessed with some wonderful talent at U18 level and the excitement under the players, to now play with guys who they often face as opponents for their schools and provinces, is palpable.
āNone of these guys have represented their country at international level, after the planned tour to Georgia last year was cancelled, but the players realise the enormous responsibility that comes with it and will give everything they have for the jersey in the coming weeks.ā
With a few players unavailable to play on Friday, the selectors have indicated that they may call up replacements after the weekendās matches to ensure full squads are available for the remaining encounters.
Die HoĆ«rskool Nelspruit moes hard werk in Vanderbijlpark om vir Transvalia met 29-17 die loef af te steek. Die Rhinos het in die moeilike omstandighede weens ‘n sterk wind sy lynstane en dryfmale tot groot sukses ingespan.
Die Rhinos sal in die ander halfeindstryd van die reeks op sy tuisveld in Mbombela teen Kempton Park te staan kom.
Transvalia se plaasvervanger-voorryman Heinrich Marnitz moes in die plek van Zuan van Niekerk op die bank sy plek inneem. Hy het sy geleentheid aangegryp en ‘n goeie vertoning opgedis.
Die verloorspan se agtsteman, Ruben Olivier, het ‘n reuse wedstryd beleef. Hy het op die aanval sowel as die verdediging sy span in die wedstryd gehou. Hy is goed voorlangs deur die flank Heinrich Bisschoff bygestaan.
Montana het sy seisoen met ‘n sege van 44-34 oor Ben Vorster van Tzaneen afgesluit. Die besoekers van Tzaneen het teen rustyd nog hoop gehad om vir hul hoof van rugby, Reinhard Gerber, ‘n afskeidsgeskenk te gee met die telling op 17-15 in hul guns.
Gerber het intussen na Duitsland vertrek waar hy sy afrigtingsloopbaan sal voortsit. Montana se buitesenter, Jahnno Lehmann, het twee keer die doellyn oorgesteek.
Die 2022-seisoen is nog nie eers verby nie en dit is duidelik dat volgende jaar sommer vroeg uit die blokke gaan wees.
Paarl Gimnasium en Grey-kollege sal mekaar reeds vroeg in volgende jaar tydens die NMIToyota Menlyn Noord/Suid-Rugbytoernooi in Pretoria die stryd aansĆŖ. Die twee spanne het mekaar nog nooit op die rugbyfees gepak nie.
Paarl Gimnasium het Grey in hul twee vorige kragmetings verslaan. Gim was met 22-17 vroeƫr vanjaar tydens Wildeklawer in Kimberley baas, terwyl hy ook verlede jaar tydens die Monnas Eeufeestoernooi in Krugersdorp die span van die Rosestad met 18-16 getroef het.
Die organiseerder van Noord/Suid, Pieter Rossouw, is ook die hoofafrigter van Paarl Gimnasium se eerstespan. Die feit dat die voormalige Bok-vleuel so vroeg in die jaar vir Grey wil ontmoet kan daarop dui dat Gimmies weer volgende jaar ‘n gedugte span in die veld sal stoot.
Volgende jaar se Noord/Suid-toernooi sal ook ‘n sterker Piesang-geur hĆŖ met twee spanne vanuit KwaZulu-Natal, Maritzburg College en Durban High School, wat in aksie sal wees.
Die span vanuit Pietermaritzburg se eerste wedstryd sal teen Noordheuwel van Krugersdorp wees.Ā Grey-kollege sal in sy ander kragmeting vir die eerste keer sedert 2017 vir Maritzburg College ontmoet.
Durban High School het self ‘n tawwe twee wedstryde met die Afrikaanse HoĆ«r Seunskool van Pretoria en die HoĆ«rskool Nelspruit wat op hom wag. Affies sal in die ander wedstryd wat beloof om een van die hoogtepunte van die toernooi te wees teen die HoĆ«r Jongenskool Paarl sake uitspook.
Boishaai en Affies se wedstryde oor die laaste dekade het almal vir heelwat opwinding gesorg.
Die ontmoeting tussen Garsfontein en Stellenberg sal ook interresant wees. Die twee skole is die nuwelinge onder die groot honde in Suid-Afrikaanse skolerugby. Albei het nou al oor meer as ‘n dekade bewys dat hul rugbyprogramme volhoubaar is.
Die organiseerders het dit ook nie maklik vir King Edward VII gemaak wat slegs een wedstryd op die toernooi sal speel nie. KES sal teen Boishaai in sy enigste wedstryd te staan kom. Die Red Army sal die keer hopelik nie weer die skrik op die lyf gejaag word soos destyds tydens sy eerste wedstryd van Wildeklawer waar hy teen Paul Roos (67-0) te staan moes kom nie.
Paarl Gimnasium kom in sy tweede wedstryd teen Jeppe High School for Boys’ te staan wat soos KES ook net in een wedstryd in aksie sal wees.
Die bepalings is:Ā
Eerste Wedstryde
Affies vs Durban High School
EG Jansen vs Welkom Gimnasium
Garsfontein vs Stellenberg
Grey-kollege vs Paarl Gimnasium
Oakdale Landbou vs Helpmekaar
Hoƫr Jongenskool Paarl vs King Edward VII
Outeniqua vs Menlopark
Paul Roos Gimnasium vs Monument
Glenwood vs Hoƫrskool Nelspruit
Maritzburg College vs Noordheuwel
HoĆ«rskool Durbanville vs Pretoria Boys’ High
Waterkloof vs HTS Drostdy
Tweede Wedstryde
Affies vs Hoƫr Jongenskool Paarl
EG Jansen vs HTS Drostdy
Garsfontein vs Oakdale Landbou
Grey College vs Maritzburg College
Helpmekaar vs Stellenberg
Paarl Gimnasium vs Jeppe
Menlopark vs Welkom Gimnasium
Monument vs Outeniqua
Hoƫrskool Nelspruit vs Durban High School
Noordheuwel vs Durbanville
Paul Roos Gimnasium vs Pretoria Boys’ High
Glenwood vs Waterkloof
Spha Ngcobo of Maritzburg College and Renaldo Le Fleur of Glenwood High School during the Premier Interschools match between Maritzburg College and Glenwood High School at Maritzburg College on August 13, 2022 in Pietermaritzburg, South Africa. (Photo by Darren Stewart/Gallo Images)
The Green Machine of Glenwood end their season on a high against KZN rivals Maritzburg College 28 points to 22 in a Supa Quick Premier Interschools clash at Goldstones in Pietermaritzburg on Saturday the 13th of August 2022
The Glenwood forward pack announced themselves in fine fashion in the first half as it was brute force backed up by backline flair that ultimately won the game in the opening 30 minutes for the men from Durban.
From the kick-off, Glenwood found themselves on the front foot as a penalty was awarded to them at scrum time after an early knock-on error from Maritzburg College. Glenwoodās flyhalf and sharpshooter Drico Marx added the first points to the scoreboard with 4 minutes played. Maritzburg College 0 – Glenwood 3.
The trend of Glenwood’s dominance in the first half continued as it took only another two minutes for Glenwood to score their first try of the game.
Glenwood won a tight head as they smashed Collegeās forward pack backward, Zukisane Tom the eighth man from Glenwood picked up from the base and charged down the far touchline finding a superb inside pass to his number 6 flanker Lwazi Ngcobo who carried a few meters further till he offloaded in the tackle to his captain Sandile Nzuza, it took one more offload to scrumhalf Dallyn Beukes who dived over in the corner to finish off the try that started 60 meters further downfield.
Marx converted from the touchline to give Glenwood a 10-nil lead.
College finally found themselves in a period of possession but a knock-on in contact meant the ball fell kindly to Glenwood fullback Jaco Williams who decided to play with the advantage.
He chipped a short kick through for right winger Renaldo le Fleur to chase with College having to turn their back, the ball sat up perfectly for Le Fleur to regather and beat two College defenders to score a perfect counterattacking try for Glenwood.
Marx converted once more, and Glenwood led 17 nil with only 12 minutes played.
In what would seem to be a long afternoon for the College side on their own turf, they began to claw themselves back into the game and manage their possession better.
Maritzburg Collegeās first long period of possession paid off as they won themselves a penalty in front of the uprights, Knoetze the goal kicker and captain for College turned down an easy three points and went for touch. It worked out to be the right decision as Knoetzeās boot put College 5 meters from the Glenwood line.
Their forwards set a solid rolling maul for their flanker Kyle Wilken to dive over, College was back in the game with 21 minutes played. Knoetze missed the conversion. Maritzburg College 5 – 17 Glenwood.
The gameās intensity seemed to settle down for a brief period as both sides tried to build momentum. Glenwood was the first to do so, after working their way well into the College 22m area, they won a penalty in front of the poles, Glenwoodās captain felt they had the upper hand at scrum time and called for a scrum that would be in the center of the field roughly 8 meters from the College line.
Glenwood played a set move from the base of the scrum with eighth man Tom breaking blind side, he passed a short ball to his inside center Andile Myeni who ran a flat line and broke through the College defense to score Glenwood’s third and final try of the afternoon. Marx missed the conversion. Maritzburg College 5 Glenwood 22.
The final play came in the 34th minute when Glenwood won a penalty roughly 40 meters out from a College error for holding onto the ball at the ruck. Marx attempted to add another three points but missed the kick just wide of the right-hand upright.
The half ended as Glenwood looked to be dominating all facets of play. Maritzburg College 5 Glenwood 22.
It would turn out to be a tale of two halves for both sides as Maritzburg College fought back valiantly to reduce the points deficit at full time.
Glenwood started in a similar fashion to what they did in the first half, they won themselves a penalty from first phase ball for offside against College. Nzuza pointed to the poles and Marx stepped up and added another 3 points to the Glenwood tally. Maritzburg College 5 Glenwood 25 with 38 minutes played.
Maritzburg College finally found the spark they needed when from kick-off they turned over the ball at ruck time. College strung a few phases together before winning a penalty this time for Glenwood being offside, Knoetze found an excellent touch setting up a lineout 5 meters from the Glenwood line.
College produced a smart variation at the lineout and hooker Albie Mouton bashed his way over for their first try. Knoetze missed the conversion from the touchline, but College felt they were back in the game. Maritzburg College 10 Glenwood 25 with 41 minutes played.
Glenwood would not let College fully back into the game as they won a penalty for holding on shortly after the restart. Marx slotted another penalty with ease and Glenwood extended their lead to 18 points with 43 minutes played. Maritzburg College 10 Glenwood 28.
Maritzburg College showed again their fighting character they have shown more than once already this season as they realized it was now or never. College returned to basics and began to control the tempo of the game as it began to frustrate the boys from Glenwood, and you ask the question if this mentality was there from the first minute it couldāve been a different game.
15 minutes went by, but College had nothing to show for their efforts just yet. College was camping in Glenwoodās half bashing away slowly at the Glenwood defense until a moment of strength from their SA schools outside centre Lili Bester who had been relatively quiet throughout the game so far bust through the defensive line after getting a crisp short ball from Knoetze and dived over under the poles for College.
Knoetze knowing they were against the clock converted quickly. Maritzburg College was back in it with 13 minutes left in the match.
The try from Bester lifted the spirits of his teammates as they built pressure once more, suffocating Glenwood of possession and gaining territory. Glenwood held on for more than 10 minutes as College kept coming at them.
College had the final say in the match when their eighth man Sasha Kadira barged his way over after a quick tap penalty, but it was too little too late for the Red, Black, and White.
Knoetze missed the conversion with the final kick of the game as Glenwood celebrated securing the double win over their KZN rivals as they won earlier in the season 23-22.
It was another epic encounter of SupaQuick Premier Interschools schoolboy rugby. Both teams can be proud of their performance.
Glenwood did enough in the first half, defended like trojans in the second half, and held on for another famous victory on Goldstones in Pietermaritzburg away from home 28 points to Maritzburg Collegeās 22.