SSPN Test Site

Blog

  • Wilgerivier nie sommer in vanjaar se Irawa-liga gestuit nie

    Wilgerivier nie sommer in vanjaar se Irawa-liga gestuit nie

    FOTO: Marnus Photography

    Die Hoërskool Wilgerivier is vanjaar die gunsteling om sy titel as kampioen van die Kovsiestreekkompetisie se Irawa-liga te behou. Die Wilgies kom wel Saterdag in waarskynlik sy moeilikste toets vanjaar teen die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg te staan.

    Die verdedigende kampioen het verlede jaar vir St Andrews van Bloemfontein met 71-17 in die eindstryd op Shimlapark in Bloemfontein afgeslag.

    Die enigste skool wat in die geskiedenis van die reeks nog daarin kon slaag om sy titel as kampioen van die Irawa-liga suksesvol te verdedig was Landboudal van Jacobsdal wat in 2013 en 2014 die kroon gedra het. Die Lanties meet Saterdag in die Shimla-liga teen Voortrekker van Bethlehem kragte.

    Die Wilgies se skakelpaar, HG Muller (skrumskakel) en Wian Muller (losskakel), kan met hul spel vir Hendrik Potgieter probleme besorg. En kom ons wees nou maar eerlik wat is ‘n span van die Hoërskool Wilgerivier sonder ‘n Muller of twee. Albei was verlede jaar ook reeds sleutelspelers vir die verdedigende kampioene.

    Wilgerivier het sy plek in vanjaar se uitspeelwedstryde danksy ‘n sege van 32-15 oor Ficksburg in die Griffons se Platteland-eindstryd bespreek. Hendrik Potgieter is die Vrystaatse B-liga kampioen na hy vir Zastron met 36-29 in die eindstryd geklop het.

    Die span van Reddersburg het vanjaar teen Bothaville (26-34) die knie gebuig wat ook teen Wilgerivier in aksie was. Die Wilgies het dié wedstryd op ‘n drafstap met 62-7 gewen.

    Curro Kathu sal in die ander halfeindstryd teen Ficksburg op Suzuki-park in Kimberley te staan kom. Die span van Kathu is die Griekwas se mediumskole-kampioen na hy vir Hoërskool Douglas in die eindstryd naelskraaps met 30-29 geklop het.

    Die spanne is: 

    Curro Kathu vs Ficksburg op Suzuki-park in Kimberley om 14:10: 

    Curro Kathu: 15 Damian Mathys, 14 Xavior Leibrandt, 13 Luis Cassumba, 12 Stephan Ludik, 11 Carlo Cupido, 10 Leighton Hopshire, 9 Yibonge Mapi, 8 Euthan van Wyk, 7 Lyndzae Peacock, 6 Unathi Raborife, 5 De-Anzo Eilers, 4 Motheo Motsitsi, 3 Itumeleng Lekgetho, 2 Liam Pretorius, 1 Ruan Burger.

    Ficksburg: 15 Oratilwe Shata, 14 Sameer Kraukam, 13 Boitumelo Hlalele, 12 Khotso Potloane, 11 Motlatsi Mohapi, 10 Evert Strydom, 9 Morné Swanepoel, 8 Karabo Morobe, 7 Thato Tsilo, 6 Lerato Makibi, 5 Mothandazo Khaoletsa, 4 Gert Bezuidenhout, 3 Lebo Lehohla (kaptein), 2 Mzilikazi Mokamatsili, 1 JJ Nell.

    Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter vs Hoërskool Wilgerivier op Jim Fouché se A-veld in Bloemfontein om 12:30:

    Hendrik Potgieter: 15 Sterling Batties, 14 Denver Jacobs, 13 Waylon Strydom, 12 JW Mortlock (kaptein), 11 Boitshepe Nthibe, 10 Theang Monoyane, 9 Ensley van Wyk, 8 Unathi Ngeyakhe, 7 Hannes Jacobs, 6 Bin Laden Macholo, 5 Kallie Erasmus, 4 SW Erasmus, 3 Attie Melato, 2 Janco Roberts, 1 Pieter Jacobs.

    Wilgerivier: 15 Marnus Swart, 14 Gerhardu Lourens, 13 Thlompo Motsapi, 12 Onkarabile Mokoena, 11 Pedri Graaff, 10 Wian Muller, 9 HG Muller, 8 Rohan de Beer, 7 Tshepo Nyause, 6 JD van den Berg, 5 Ewert Kleynhans, 4 Drihan Engelbrecht, 3 Tshwanelo Rametse, 2 Louis de Villiers, 1 Juan de Klerk.

  • All out action at the Hoërskool Pionier Sevens

    The Hoërskool Pionier Sevens, proudly sponsored by Toyota, takes place over two days in Vryheid – on Friday, 16 August and Saturday, 17 August – bringing together 14 u17 teams and 12 u15 sides in the second round of the High School Sevens Series.

    Catch the action LIVE on SuperSport Schools

    Last weekend, at the opening round in Durban, Westville Boys’ High won the u17 title at the Glenwood Sevens, while Northwood took the u15 honours.

    The hosts, Pionier, will be among the favourites to take the u17 honours in Vryheid, but they’ll likely be challenged by Marais Viljoen, Sarel Cilliers, Ferrum and Hoërskool Vryheid.

    A dark horse to keep an eye on is Vryheid Landbou. They were in action at the Glenwood Sevens last week and, after a tough start against DHS, gave some highly regarded teams a tough time. In the end, they lifted the Shield.

    FIXTURES

    Pool A

    Pionier
    Ladysmith
    Estcourt

    Pool B

    Marais Viljoen
    Richards Bay
    Vryheid Landbou
    Pionier Barbarians

    Pool C

    Sarel Cilliers
    Ferrum
    HS Vryheid 2

    Pool D

    HS Vryheid
    Zayo Rhinos
    Empangeni
    Amajuba

    Friday, 16 August

    Pitch One

    Game 1 – 15:00 – Vryheid vs Amajuba
    Game 2 – 15:20 – Zayo Rhinos vs Empangeni
    Game 3 – 15:40 – Sarel Cilliers vs Vryheid 2

    Game 4 – 16:00 – Marais Viljoen vs Pionier Barbarians
    Game 5 – 16:20 – Richards Bay vs Vryheid Landbou

    Game 6 – 16:40 – Pionier vs Estcourt
    Game 7 – 17:00 – Vryheid vs Empangeni
    Game 8 – 17:20 – Zayo Rhinos vs Amajuba

    Game 9 – 17:40 – Ferrum vs Vryheid 2
    Game 10 – 18:00 – Marais Viljoen vs Vryheid Landbou
    Game 11 – 18:20 – Richards Bay vs Pionier Barbarians
    Game 12 – 18:40 – Ladysmith vs Estcourt

    Saturday, 17 September

    Pitch One

    Game 13 – 08:00 – Vryheid vs Zayo Rhinos
    Game 14 – 08:20 – Sarel Cilliers vs Ferrum
    Game 17 – 08:40 – Vryheid Landbou vs Pionier Barbarians
    Game 18 – 09:00 – Pionier vs Ladysmith

    Pitch Two

    Game 14 – 08:00 – Empangeni vs Amajuba
    Game 16 – 08:20 – Marais Viljoen vs Richards Bay

    Pitch One

    Game 19 – 10:00 – Pool B 4th vs Pool D 4th (Solitaire playoff)
    Game 20 – 10:20 – Pool A winner vs Pool D 2nd place (Cup quarter 1)
    Game 21 – 10:40 – Pool B winner vs Pool C 2nd place (Cup quarter 2)
    Game 22 – 11:00 – Pool C winner vs Pool B 2nd place (Cup quarter 3)
    Game 23 – 11:20 – Pool D winner vs Pool A 2nd place (Cup quarter 4)
    Game 24 – 11:40 – Pool B 3rd place vs Pool C 3rd place (Bowl semi-final)
    Game 25 – 12:00 – Pool A 3rd place vs Pool D 3rd place (Bowl semi-final)
    Game 26 – 12:20 – Loser Match 20 vs Loser Match 21 (Plate semi-final)
    Game 27 – 12:40 – Loser Match 22 vs Loser Match 23 (Plate semi-final)
    Game 28 – 13:00 – Winner Match 20 vs Winner Match 21 (Cup semi-final)
    Game 29 – 13:20 – Winner Match 22 vs Winner Match 23 (Cup semi-final)
    Game 30 – 13:40 – Loser Match 24 vs Loser Match 25 (Shield final)
    Game 31 – 14:00 – Winner Match 24 vs Winner Match 25 (Bowl final)
    Game 32 – 14:20 – Winner Match 26 vs Winner Match 27 (Plate final)
    u15 – 14:40 – Winner Cup semi 1 vs Winner Cup semi 2
    Game 33 – 15:00 – Winner Match 28 vs Match 29 (Cup final)

    U15

    Pool A

    Marais Viljoen
    Ferrum
    Gelofte

    Pool B

    HS Vryheid
    Richards Bay
    John Ross College

    Pool C

    Sarel Cilliers
    Pionier
    Amajuba

    Pool D

    Vryheid Landbou
    Empangeni
    Estcourt

    Pitch Two

    15:00 – Empangeni (D2) vs Estcourt (D3)
    15:20 – Pionier (C2) vs Amajuba (C3)
    15:40 – Richards Bay vs John Ross College (B3)
    16:00 – Vryheid Landbou (D1) vs Estcourt (D3)
    16:20 – Sarel Cilliers (C1) vs Amajuba (C3)
    16:40 – Vryheid Landbou (D1) vs Estcourt (D3)
    17:00 – Marais Viljoen (A1) vs Gelofte (A3)
    17:20 – Vryheid (B1)vs John Ross College (B3)

    08:40 – Vryheid (B1) vs Richards Bay (B2)
    09:00 – Marais Viljoen (A1) vs Ferrum (A2)
    09:20 – Vryheid Landbou (D1) vs Empangeni (D2)
    09:40 – Sarel Cilliers (C1) vs Pionier (C2)

    10:20 – 1st Pool A vs 2nd Pool B (Cup quarterfinal 1)
    10:40 – 1st Pool B vs 2nd Pool A (Cup quarterfinal 2)
    11:00 – 1st Pool C vs 2nd Pool D (Cup quarterfinal 3)
    11:20 – 1st Pool D vs 2nd Pool C (Cup quarterfinal 4)
    11:40 – 3rd Pool A vs 3rd Pool B (Bowl semi-final 1)
    12:00 – 3rd Pool C vs 3rd Pool D (Bowl semi-final 2)
    12:20 – Loser Cup quarter 1 vs Loser Cup quarter 2 (Plate semi-final 1)
    12:40 – Loser Cup quarter 3 vs Loser Cup quarter 4 (Plate semi-final 2)
    13:00 – Winner Cup quarter 1 vs Winner Cup quarter 2 (Cup semi-final 1)
    13:20 – Winner Cup quarter 3 vs Winner Cup quarter 4 (Cup semi-final 2)
    13:40 – Loser Bowl Semi 1 vs Loser Bowl Semi 2 (Shield final)
    14:00 – Winner Bowl Semi 1 vs Winner Bowl Semi 2 (Bowl final)
    14:20 – Winner Plate Semi 1 vs Winner Plate Semi 2 (Plate final)

    Pitch One

    14:40 – Winner Cup Semi 1 vs Winner Cup Semi 2 (Cup final)

  • Derde agtereenvolgende eindstryd wink vir Bere

    HENRE PRINSLOO, Garsfontein se steelkantflank, op die aanval teen dr. EG Jansen in die twee spanne se laaste groepswedstryd. FOTO: Monya Lombard

    Die Garsie-Bere en verdedigende kampioen kan vir ‘n derde agtereenvolgende keer in die SDC Noordvaal Cup se Beker-eindstryd verskyn.

    Volg al die Noordvaal Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) of Kanaal 216.

    In ‘n herhaling van die laaste rondomtalie-wedstryd in vanjaar se reeks, speel Hoërskool Garsfontein weer gasheer vir Hoërskool Dr. EG Jansen se Arende.

    Die Bere het hul oorheersing oor die Jansies  verlede naweek op Berepark benadruk met ‘n oortuigende sege van 39-14. Dit was ook die Boksburgers se eerste nederlaag in vanjaar se kompetisie, maar verander geensins die feit dat die Bere steeds lugtig vir die Arende is nie.

    “Verlede naweek tel nou niks nie; dit is uitspeelrugby dié en bring nuwe uitdagings,” het Johan du Plessis, die Garsies se afrigter gesê.

    “Ons doelwit was om ‘n tuishalfeind te kry, ongeag teen wie. EG Jansen het ‘n baie goeie span en word hoër as ons in die land geag. Ons verwag niks minder as ‘n klipharde stryd nie.”

    Indien die verdedigende kampioen die Jansies weer kan klop sal hy vir ‘n derde eindstryd in soveel jaar kwalifiseer. Die stryd tussen die twee spanne is nie slegs ‘n herhaling van verlede naweek nie, maar ook van verlede jaar se eindstryd toe die Bere met 41-22 baas was.

    Alhoewel hy twee van sy SA o.18 “A”-spelers, Junaide Stuart en Brooklyn Newman, terugverwelkom, het Du Plessis en sy keurders besluit om geen veranderinge aan die beginspan aan te bring nie. Die twee sal albei wel ‘n groot impak van die bank af wil maak.

    Die Jansies se afrigtingspan het slegs een verandering aan die span, wat verlede naweek vasgeval het, gemaak. Gerhard van Aswegen skuif weer van slot na steelkantflank, met Divan Francis wat uitmis en die klipharde Ettienne Smit wat vir Van Aswegen op slot vervang.

    Buitesenter, Jeandre Jacobs, sal oorgehaal wees vir sy tweestryd met Ruan Enslin, wat verlede naweek die beste daarvan afgekom het deur twee keer agter die Boksburgers se doellyn te gaan kuier. Hierdie naweek bied inderdaad egter ‘n nuwe uitdaging, en Jacobs het deur die loop van die seisoen homself onderskei as een van die beste buitesenters in die reeks.

    Die spanne: 

    Garsfontein t. EG Jansen om 12:00 in Pretoria

    Garsfontein: 15 Handre Maree, 14 Xian Erasmus, 13 Ruan Enslin, 12 Luann Olivier, 11 Derrick Kuhn, 10 Junade Pasensie, 9 Luan Ferreira, 8 Stephan Pretorius, 7 Henre Prinsloo, 6 JP Pieterse, 5 Jacques Swarts, 4 Thinus Oosthuizen, 3 Luan van der Berg, 2 Justin Blom, 1 Ethan van Wyk.

    EG Jansen: 15 Ntokozo Ngobese, 14 Jean-Dre Claasen, 13 Juandre Jacobs 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Gerhard van Aswegen, 6 Zade-Leigh Rippenaar, 5 Zandre Naudé, 4 Ettienne Smit, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.

    Skeidsregter: Ruan Benade (Goue Leeus)

    Junior Halfeindstryde (tuisspanne eerste vermeld): 

    o.16 

    10:00 – Helpmekaar vs Monument; 11:45 – Noordheuwel vs Garsfontein.

    o.15 

    09:00 – Monument vs Garsfontein; 10:30 – Noordheuwel vs Menlopark.

    o.14 

    08:00 – Monument vs Noordheuwel; 10:30 – Garsfontein vs Hoërskool Rustenburg.

  • Van Aswegen-terugkeer kan Klofies se eindstryd-droogte breek

    DENNIS OBI, losskakel van Hoërskool Waterkloof, duik oor vir ‘n belangrike drie teen Monument verlede naweek. FOTO: Marius Nortje

    Die terugkeer van Klofies se kaptein, Riwan van Aswegen, kan ‘n reuse rol speel in die span se strewe na ‘n eerste Noordvaal-eindstryd in 13 jaar.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) of Kanaal 216.

    Die Blou Tornado van Hoërskool Waterkloof kom Saterdag vir die tweede agtereenvolgende keer vanjaar teen Hoërskool Monument, hierdie keer in die halfeindronde van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling, te staan.

    Die span van Pretoria het reeds die Wit Bulle verlede naweek met 53-45 op sy tuisveld, die Ras van Rooyen, in Krugersdorp verslaan.

    Die laaste keer wat die Klofies in ‘n eindstryd uitgedraf het was in 2011 teen Hoërskool Florida in die destydse Beeld-trofee vir makro-skole, waar hulle met ‘n telling van 42-21 koning gekraai het.

    Die Monumentare, daarenteen, het vier keer die eindstryd gehaal en was in 2017, 2018 en 2022 as kampioen gekroon is, terwyl hulle in 2012 as naaswenner uit die stryd getree het.

    Die span van Krugersdorp het egter ‘n groot terugslag in sy kleedrepetisie teen die Klofies beleef. Staatmakerslot, Jacques Botha, sal ‘n impak van die bank wil maak terwyl Dean Hartman Botha se skoene in die nr. 4-trui moet volstaan.

    Agterlangs beloof die stryd tussen Monnas se Hugo van der Merwe en Klofies se Happy Makate om vir vuurwerke te sorg. Makate, wat verlede naweek ‘n driekuns op die Ras behaal het, skuif weens Van Aswegen se terugkeer van buite- na binnesenter. Verdediging behoort die deurslag te gee in hierdie tweestryd, aangesien albei senters oor uitmuntende aanvalsvernuf beskik.

    Klofies se steelkantflank, Lendrey Janse van Vuuren, en slot, Stephan de Beer, maak ook hul terugkeer om die Klofie-pak aansienlik te versterk, en Janse van Vuuren se stryd met Monnas se RJ Barnard beloof om soos dié tussen twee wafferse boksers in die kryt te wees.

    Die spanne: 

    Waterkloof t. Monument om 11:00 in Pretoria 

    Waterkloof: 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Dylan Botha, 10 Dennis Obi, 9 Migael Prinsloo, 8 Dawid Prinsloo, 7 Lendrey Janse van Vuuren, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.

    Monument: 15 Theuns du Plooy, 14 Ewan van der Walt, 13 Viandré van Loggerenberg, 12 Hugo van der Merwe, 11 Ernesto Oersen, 10 Hanno du Toit, 9 Evan Bernhardi, 8 Vincent Roberts, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Nathan Erasmus, 4 Dean Hartman, 3 Juandre Marais, 2 Keenan Myners, 1 Bernard Delport.

    Skeidsregter: Francois Naude (Valke)

    Junior Halfeindstryde (tuisspanne eerste vermeld): 

    o.16 

    10:00 – Helpmekaar vs Monument; 11:45 – Noordheuwel vs Garsfontein.

    o.15 

    09:00 – Monument vs Garsfontein; 10:30 – Noordheuwel vs Menlopark.

    o.14 

    08:00 – Monument vs Noordheuwel; 10:30 – Garsfontein vs Hoërskool Rustenburg.

  • Gewonde Gimmies ‘n Gevaarlike Gimmies, Drake versigtig vir Volkies

    FOTO: Verskaf deur Potchefstroom Gimnasium se Facebook blad.

    Hul nederlaag teen Hoërskool Alberton maak die Gimmies beslis ‘n raps gevaarliker vir Saterdag se semi-finaal.

    Volg al die Noordvaal Bowl-aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Dit het as ‘n taamlike skok gekom toe die voorlopers van die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling, Potchefstroom Gimnasium, sy rieme met 17-18 teen die Allies styfgeloop het op die vooraand van hierdie naweek  se halfeindronde.

    Dit sou nietemin sorg vir ‘n mate van onrustigheid by Merensky Landbou Akademie se ondersteuners.

    Die Plasies reis na Potchefstroom om die Gimmies op hul tuisveld die stryd aan te sê in die semi-finaal. Alhoewel die Potchefstromers hul eerste nederlaag gely het, was hulle steeds ver genoeg voor op die puntelys om eerste te eindig en sodoende te verseker dat die voorlaaste ronde tuis afspeel.

    Die vorige ontmoeting tussen dié twee spanne in die rondomtalie-wedstryd het vir heelwat aksie gesorg. Die Plasies, wat kwaai onder die beseringspook deurgeloop het, moes naelskraaps met 24-29 die knie buig, maar behoort hierdie naweek bykans op volsterkte te wees in Potch.

    Die indrukwekkende Jens Bezuidenhout, wat vir die grootste gedeelte van die seisoen op senter diens gedoen het, keer terug na linkervleuel, met losskakel, Byron Hendricks, wat weer die leisels agterlangs neem. Hendricks moes op die nippertjie verlede naweek teen Hoërskool Eldoraigne onttrek weens ‘n enkelbesering.

    Die veelsydige Ruan Marcos, wat die Limpopo Blou Bulle se Akademiespan op haker verteenwoordig het, is ook weer terug in die beginspan, maar op slot.

    Die waarskynlikheid dat die Gimmies ‘n onveranderde span sal kies is groot en ook die rede hoekom twee staatmakers, soos ster-heelagter en puntemasjien, David Ndala, en die woelige haker, Jaco Nel, met rustyd teen die Allies afgehaal is. Skrumskakel, Dian Smith, moet ook fyn dophou word, vernaam rondom die afbreekpunte.

    Hoërskool Eldoraigne het ná ‘n uitstekende vertoning verlede naweek ook ‘n tuishalfeind verseker. Die Drake verwelkom die gevaarlike Potchefstroom Volkskool in Centurion.

    Die span van Centurion wat, ná ‘n uitdagende begin tot die seisoen, deur heelwat mense afgeskryf is, het deur die loop van die kompetisie mooi ritme begin vind en skrumskakel, Darren Bruwer, verdien heelwat lof hiervoor. Bruwer se taktiese skopwerk bring die Drake gereeld op die voorvoet en help voorts dat dié afdeling se voorste skerpskutter, JP Meyer, goed op dreef is.

    Jaco Fourie, die tuisspan se vaskopstut, kan ook weer ‘n deurslaggewende rol speel met sowel sy kragtige dryfspel as skrumwerk.

    Die besoekers het self ‘n koker vol giftige pyle. Sedert sy skuif van flank na senter het Christoff Nel die Volkies se agterhoede een van die gevaarlikste in die reeks gemaak en het hy en Hennie Pretorius in ‘n gedugte kombinasie ontwikkel. Voorlangs sal die flankpaar bestaande uit Henre Nel, met sy slag om balbesit om te keer, en Marlu du Preez die nodige ondersteuning bied.

    Die spanne: 

    Potchefstroom Gimnasium t. Merensky Landbou Akademie om 13:10 in Potchefstroom

    Potchefstroom Gimmies: 15 David Ndala, 14 Toks Becker, 13 Lourens Jacobs, 12 Elrich Bosh, 11 Jaap van der Westhuizen, 10 Justin Oosthuizen, 9 Dian Smith, 8 Morné van Aswegen, 7 Wian Botha, 6 Tiardt Vorster, 5 Tobias van Dyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stoffberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen.

    Merensky: 15 Ashten Demos, 14 Heinrich Lubbe, 13 Ulrich Mare, 12 Maritz Meintjies, 11 Jens Bezuidenhout, 10 Byron Hendricks, 9 JD Boshoff, 8 Hardus Terblanche, 7 PG Botes, 6 Craig Walker, 5 Lukas Pieterse, 4 Ruan Marcos, 3 Tirelo Mashapa, 2 JJ Goosen, 1 Ethan Maritz.

    Skeidsregter: Maritz Olivier (Goue Leeus)

    Eldoraigne t. Potchefstroom Volkskool om 11:00 in Centurion

    Eldoraigne: 15 JP Meyer, 14 Manie Buitendag, 13 Ivan Vermeulen, 12 Kevin Earle, 11 Hendru van Zyl, 10 Elmar Olivier, 9 Darren Bruwer, 8 Jayden Niehaus, 7 Justin Meintjies, 6 Cameron Killian, 5 Rikus Rheeder, 4 MC Scheepers, 3 Jaco Fourie, 2 Victor Koopmans, 1 Marnus Prinsloo

    Potchefstroom Volkies: 15 Diaan van der Merwe, 14 Wikus van Aswegen, 13 Hennie Pretorius, 12 Christoff Nel, 11 Lorenzo Louw, 10 Johandre Maree, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Groenewald, 7 Marlu du Preez, 6 Henre Nel, 5 Konrad Pretorius, 4 Altus de Jager, 3 Daniel Strydom, 2 Louis Fourie, 1 Jaco van der Merwe.

    Skeidsregter: Tiaan Buys (Pumas)

    Junior Halfeindstryde (tuisspanne eerste vermeld): 

    o.16 

    09:00 – Wagpos vs Potchefstroom Volkskool; 10:00 – Randburg vs Potchefstroom Gimnasium.

    o.15 

    10:00 – Piet Retief vs Eldoraigne; 10:00 – Merensky vs Potchefstroom Volkskool.

    o.14 

    09:00 – Piet Retief vs Potchefstroom Gimnasium; 09:00 – Eldoraigne vs Dr. Malan.

  • Highlands Park, Kaizer Chiefs in huge face-off at Naturena Village

    Highlands Park, Kaizer Chiefs in huge face-off at Naturena Village

    A golden opportunity to push for higher honours in the u19 division of the Gauteng Development League awaits the “Lions of the North”, Highlands Park, who visit Kaizer Chiefs at Naturena Village this week.

    It’s been quite the turnaround from Highlands Park, whose title defence began woefully with postponed games due to a waterlogged pitch and a few losses, but now they’re on the charge.

    They’re in third place on the log, six points behind the table-topping Chiefs, and with two games in hand. It is safe to say that the defending champions have turned the tide.

    It is important to note that their success hasn’t been without a helping hand from the football Gods, though.

    Mamelodi Sundowns, the log leaders for the majority of the campaign before they slipped to second place a few weeks ago, have had to stomach several postponed fixtures and that has led to them losing momentum after making an impressive start to the competition.

    Lacking rhythm due to the postponements, ‘Downs slipped to second place and then copped their first defeat of the season last week as they were humbled 4-1 by Sevens Academy in their own backyard.

    That loss has not only allowed Highlands Park to catch up with the Brazilians, but they now have a chance to overtake them, and with their game this Saturday being against Chiefs, a win would also cut the gap to the Amakhosi to only three points.

    The Lions of the North will travel to Soweto to take on coach David Mathebula‘s Kaizer Chiefs side fully aware that the game will hold big implications for the defence of the title they won so impressively in 2023.

    Sundowns, meanwhile, will welcome Tuks to Clapham High for a mouthwatering Tshwane derby.

    In other fixtures, Sevens Academy travels to the Randburg Sports Complex to take on the 11th-placed Randburg AFC, while Rosina Sedibane Modiba Sports School hosts East Rand Athletic Club in Tshwane on Saturday.

    Remember Elite Sport Academy (RESA) tackles School of Excellence at President Park, NWU Vaal welcomes TS Galaxy at the NWU Sports Fields, while Wits Junior is on the road at Huntersfield Stadium to take on Kathorus Hyper Academy.

    Panorama goes up against SuperSport United at home, while Jomo Cosmos faces Joburg City at the 1st Training Ground.

    FIXTURES

    Saturday, 17 August

    Rosina Sedibane Modiba Sports School vs East Rand Athletic Club (RSMSS)
    Remember Elite Sports Academy vs School of Excellence (President Park)
    Kaizer Chiefs vs Highlands Park (KC Village)
    Randburg AFC vs Sevens Academy (Randburg Sports Complex)
    NWU Vaal vs TS Galaxy (NWU Sports Field)
    Mamelodi Sundowns vs TUKS (Clapham High)
    Kathorus Hyper Academy vs Wits Junior (Huntersfield Stadium)
    Panorama vs SuperSport United (Panorama Sports Ground)
    Jomo Cosmos vs Joburg City (1st Training Ground – Jomo Cosmos)

  • Interskole: Kan Durbies oorheersing teen Stellies voortsit?

    Die interskole-kompetisie tussen Hoërskool Stellenberg en Hoërskool Durbanville lewer jaarliks hope opwinding vir leerders, ouers en die breër gemeenskap.

    Die eerstespan-netbalwedstryd vind Saterdag, 17 Augustus, om 11:30 op Stellenberg se bane plaas.

    Durbanville het die afgelope twee jaar met sterk vertonings geseëvier. Verlede jaar het hulle oortuigend met 41-25 gewen en in 2022 het hulle ‘n oorwinning van 24-18 behaal.

    Stellenberg se span beskik oor uitblinkers soos Maricia Venter, wat die Suid-Afrikaanse o.17-span gehaal het, en Siba Tutu, wat onder die Top-35 o.17-spelers in die land tel.

    Durbanville spog ook met gedugte spelers soos Ansja van Niekerk, wat in Suid-Afrika se Top-35-groep ingesluit is en na die nasionale proewe genooi is. Sy het Wes-Kaapse kleure verwerf en aan die TNL nasionale toernooi deelgeneem. Ilse Mienie en Chris-Marie Marx, albei in graad 11, het vanjaar ook Wes-Kaapse kleure ontvang.

    Stellenberg: Salina Esterhuizen, Siba Tutu, Owami Mafata, Maricia Venter, Lusché Koen, Danica Lotter,  Mila Havinga, Megan Ross, Caitlin Morris,  Zané du Plessis (beseer).

    Durbanville: Corneli Koen, Chloe Serrotti, Chris-Marie Marx, Olivia Wilson, Lana van Dyk, Minieke Serfontein, Ansja van Niekerk, Ilse Mienie, Leandra Grobler.

  • Eindstryd wink weer vir Wesvalia, tuisveld Liggies se groot wapen

    FOTO: Verskaf deur Hoërskool Wesvalia se Facebook blad.

    Die moontlikheid bestaan dat vanjaar se eindstryd in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling ‘n herhaling kan wees van verlede jaar se Bowl-finaal.

    Volg al die Noordvaal Skild-aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

    Indien Hoërskool Wesvalia en Hoërskool Die Anker elkeen hul halfeindstryde wen, sal dié twee spanne vanjaar, as nuwelinge, weer in die Skild-eindstryd ontmoet, nadat hulle verlede jaar sake in die Bowl-eindstryd uitgespook het.

    Altwee het egter eers ‘n berg om te klim.

    Wesvalia kom teen die verdedigende kampioen, Hoërskool Secunda, in Klerksdorp te staan. Die span van Secunda het skaars twee weke gelede in Klerksdorp besoek afgelê en as enigiemand die Wessies kan stuit, dan is dit hulle.

    Die skote het by daardie geleentheid geklap in ‘n fisieke stryd en Saterdag beloof om meer van dieselfde op te lewer.

    “Ons seuns was darem al in ‘n eindstryd vanjaar, toe ons net-net teen Noordheuwel verloor het; ons glo hulle sal die druk van ‘n halfeind kan hanteer,” het Willem van der Sandt, die Wessies se hoofafrigter gesê.

    Albei spanne het slegs een verandering aangebring vir die naweek se stryd. Vir die tuisspan vervang Jeandre Snyman vir Xander Smit in die nr. 13-trui, terwyl Stefan Bezuidenhout in die plek van Rico Schoeman op haker diens doen.

    Die stryd tussen Wesvalia se lostrio, onder leiding van steelkantflank, Francois Dumond, en dié van die besoekers, met agsteman en kaptein, Bakkies Bezuidenhout, aan die stuur, is waar na verwagting ‘n sleutelstryd hom gaan afspeel.

    Die besoekers sou voorts ‘n gesprek of twee oor dissipline in hul eie halfgebied gehad het, nadat die Wessies se heelagter, Rickardt van Heerden, ‘n sege met een punt gegaps het met sy akkurate skopskoen in die vorige kragmeting tussen die twee spanne.

    Die Anker sal op sy beurt eers verby Hoërskool Lichtenburg moet kom in hul halfeindstryd. Wat die span van Brakpan se taak bemoeilik is die feit dat die Liggies steeds onoorwonne op hul tuisveld is vanjaar – iets wat Die Anker alte goed besef aangesien hy die Lichtenburgers se laaste slagoffer daar was met 26-37.

    Dit was die tweede keer vanjaar dat die twee spanne slaags was, met Die Anker wat die eerste wedstryd vroeër in die NWU Prestige-reeks in Brakpan met 21-16 gewen het.

    “Ons weet dat Lichtenburg ‘n gedugte pak voorspelers het en dat hulle vaste fasette baie goed is,” het Corneel van Dyk, Die Anker se breier, tereg uitgewys.

    “Hulle dryfmaalbeweging vanaf lynstane is ‘n groot wapen, so een van ons fokuspunte sal wees om dit doeltreffend te stuit.”

    Die Lichtenburgers se dryfmaal het inderdaad heelwat tot hul sukses deur die loop van die seisoen bygedra, met vaskopstut, JJ Jonker, en oopkantflank, KG Legodi, wat in dié opsig sleutelrolle vervul het. Jonker, een van die Liggies se effektiefste baldraers, behoort te brand om nog paar keer agter die doellyn te gaan kuier, terwyl Legodi se hoë werkverrigting en knaende teenwoordigheid by die afbreekpunte ‘n doring in die vlees van die besoekers kan wees.

    Dit sal nietemin die hardwerkende steelkanflank, Xander Fraser, aanspoor om weer op sy stukke te wees. Fraser, een van Die Anker se onbesonge helde deur die loop van die seisoen, sal woeker in die vastelos om die Liggies se momentum te probeer stuit, terwyl heelwat verantwoordelikheid rus op die skouers van die ervare Danie Smit, wat op losskakel uitdraf.

    Die spanne: 

    Wesvalia t. Hoërskool Secunda om 11:00 in Klerksdorp 

    Wesvalia: 15 Rickardt van Heerden, 14 Justin Adams, 13 Jeandre Snyman, 12 Philip Janse van Rensburg, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Franco Dumond, 5 Aiden Jacobz, 4 Wessel Sewenster, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez

    Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Nathan Burham, 13 Ryan Erasmus, 12 Bismarck Jansen, 11 Brink la Grange, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Divan Mulder, 5 Renier Combrink, 4 Zac Loock, 3 MC Vosloo, 2 Stefan Bezuidenhout, 1 Nathan Erasmus.

    Skeidsregter: Christo Erasmus (Goue Leeus)

    Hoërskool Lichtenburg t. Die Anker om 12:30 in Lichtenburg

    Lichtenburg: 15 Rea Motsusi, 14 Lukie Benson, 13 Dundre Dempers, 12 Oratile Sekoto, 11 Tyrell Schalkwyk, 10 Luan Snyman, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonker, 2 Juan van Rhyn, 1 Donovan Rosato.

    Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Ruan Smith, 13 Sean Schoeman, 12 Branden Crous, 11 Jonathan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Duvan Booyens, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Damian Boshoff, 2 Siya Shongwe, 1 Zander Nell.

    Skeidsregter: Rodney Böck (Blou Bulle)

    Junior Halfeindstryde (tuisspanne eerste vermeld): 

    o.16 

    10:00 – Heidelberg Volkskool vs Ben Vorster; 10:00 – Hoërskool Pietersburg vs Wesvalia.

    o.15 

    09:00 – Hoërskool Pietersburg vs Wesvalia; 09:00 – Ben Vorster vs Heidelberg Volkskool.

    o.14 

    08:00 – Ben Vorster vs Hoërskool Pietersburg; 08:30 – Wesvalia vs Lichtenburg.

  • Middelburg weer Rooi en Groen, Valia betree bekende terrein

    FOTO: Frans Lombard

    Middelburg word vir die tweede keer vanjaar weer tussen die Rooi en Groen verdeel.

    Volg al die Noordvaal Plaat-aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Hoërskool Middelburg mik vir ‘n tweede hap van die kersiekoek wanneer hy Saterdag teen sy buurman, HTS Middelburg, in die een halfeindronde van SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling te staan kom.

    Die vorige keer toe die twee swaarde gekruis het was dit die Rooi Bulle wat baas van die Middelburg-kraal was.

    Die Rooies het dié jaarlikse derby, na ‘n bitter taai stryd, met 31-24 gewen, en dit boonop, op die Middies se tuisveld.

    Hierdie naweek behoort die tuisveldvoordeel aan die Rooi Bulle, wat verlede week met 49-24 korte mette gemaak het met die voorlopers in die kompetisie, Hoërskool Transvalia, terwyl die Middies ‘n  loslootjie geniet het.

    Die blaaskans het steeds nie genoeg tyd gebied vir die Middies groot staatmaker, Matthew Abbey, om volkome van ‘n besering te herstel nie. Weens Abbey se onbeskikbaarheid sal die bekwame, Crawford Joubert, soos teen Oos-Moot, van heelagter na losskakel skuif, met Andile Mahlangu wat stelling op heelagter inneem.

    Die Rooi Bulle se breier, Jano Venter, verwag ‘n fisieke wedstryd onder die agttalle.

    “Ons weet dat hulle voorspelers fisies hard werk om vir spelers soos Matthew [Abbey] die grondslag te lê,” het Venter gesê. “Ons verwag ook goeie taktiese skopwerk, wat beteken dat ons agterste driehoek skerp moet wees.”

    Die stryd tussen die twee pakke behoort inderdaad een wees om te aanskou en, nes die vorige kragmeting, die gang van die stryd te bepaal. Die Rooi Bulle sal verál goeie momentum wil bewerkstellig om hul senterpaar aan die gang te kry, met Anthoni Smuts en Johnny dos Santos wat vir die Middies se middeveld heelwat kopsere kan besorg.

    In Vanderbijlpark betree Hoërskool Transvalia bekende grondgebied. Die span van die Vaaldriehoek sal verlede jaar se teleurstelling in die ooreenstemmende halfeindronde teen Hoërskool Kempton Park goed onthou, toe hulle na ‘n gelykopuitslag van 19-19 uitgeval het.

    Vanjaar verwelkom Valia vir die onvoorspelbare Ligbron Akademie in die semi-finaal.

    Volg hier ook die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    “Heelparty van die seuns was al hier, en ons weet wat om te verwag,” het AJ le Roux, Transvalia se afrigter gesê.

    Valia beskik oor hope ervaring met ‘n groot gros van vanjaar se span wat deel uitgemaak het van die eerste span wat verlede jaar ook tot die halfeindronde gevorder het.

    Soos byvoorbeeld Dylan Steynman, Valia se losskakel, wat die afgelope twee jaar ‘n staatmaker is vir die span in ligblou met sy vermoë om sake agterlangs te dikteer en sy senters, soos Brandonlee Smit, op die voorvoet te plaas.

    Voorlangs kan daar oudergewoonte ‘n fisieke vertoning van die slotpaar, Breyton Kruger en Daniel Kazambu, verwag word. Kazambu, wat die grootste deel van die seisoen op steelkantflank diens gedoen het, moet met ‘n valkoog dopgehou word wanneer hy met die bal op loop sit.

    Vir die Liggies is dit ‘n nuwe uitdaging. Dit is hul eerste jaar in die Plaat-afdeling en die span van Ermelo het ietwat teen verwagtinge in die halfeindrondes gehaal.

    Hul neiging om in die tweede helfte na hoogste versnelling oor te skakel is een van die groot redes vir vanjaar se sukses. Dit is vernaam wanneer die gevaarlike agterste driehoek, onder leiding van heelagter, Anele Ngwenya, aan die gang kom.

    Skrumskakel, Renier van Staden, het stil-stil ook sy kant gebring met slim taktiese skopwerk en flink diens aan die agterlyn.

    Die spanne: 

    Hoër Tegniese Skool Middelburg t. Hoërskool Middelburg om 13:00 in Middelburg

    HTS Middelburg: 15 WJ Enslin, 14 Alex Pretorius, 13 Johnny dos Santos, 12 Anthoni Smuts, 11 CJ Muller, 10 Gerry Gendall, 9 Theunis Anthony, 8 Tertius Bezuidenhout, 7 Eathan Kock, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanru Terblanche, 1 Dirk du Plooy.

    Hoërskool Middelburg: 15 Crawford Joubert, 14 Swelihle Sibiya, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Sihle Mkhatshwa, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadema, 8 Jabu Mathebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Enrico Thompson, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

    Skeidsregter: MC Baartman (Blou Bulle)

    Transvalia t. Ligbron Akademie om 10:45 in Vanderbijlpark 

    Transvalia: 15 Siyabonga Khambule, 14 Dihan Crause, 13 Tshepo Molakeng, 12 Brandonlee Smit, 11 Tumi Moloi, 10 Dylan Steynman, 9 Anro Nagel, 8 Wihandre Kruger, 7 JP Fourie, 6 Juan Bishoff, 5 Breyton Kruger, 4 Daniel Kazambu, 3 Ferreire Bekker, 2 Jayden McPearson, 1 Timothy Matthews.

    Ligbron: 15 Anele Ngwenya, 14 Neo Zwane, 13 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Divan van Jaarsveld, 9 Renier van Staden, 8 Janco Claasen, 7 Jurgens Bezuidenhout, 6 Lusanda Nkosi, 5 Jaco van Wyk, 4 Tiaan Botha, 3 Devan Scheepers, 2 Marnus Marx, 1 Sabelo Nhlapo.

    Skeidsregter: Corne Rossouw (Blou Bulle)

    Junior Halfeindstryde (tuisspanne eerste vermeld): 

    o.16 

    09:00 – Kempton Park vs HTS Middelburg; 09:10 – Transvalia vs Zwartkop.

    o.15 

    09:00 – Hoërskool Klerksdorp vs Transvalia; 10:00 – Hoërskool Middelburg vs Oos-Moot.

    o.14 

    08:00 – Transvalia vs Kempton Park; 09:00 – Oos-Moot vs Hoërskool Middelburg.

  • Clash of the giants as Paul Roos hosts Grey College in season finale

    Paul Roos Gimnasium will look to end their 2024 season on a high when they face Grey College in Stellenbosch. Photo: Dian Lategan
    Paul Roos Gimnasium will aimto end their 2024 season on a high when they face Grey College in Stellenbosch. Photo: Dian Lategan

    (With additional reporting by Short Corner)

    The 2024 schoolboy hockey season will officially conclude for many schools around the country this weekend.

    One mouthwatering encounter that stands out is the clash between Paul Roos Gimnasium (PRG) and Bloemfontein’s Grey College.

    PRG welcomes Grey to the Maties AstroTurf on Friday evening in Stellenbosch.

    The action will kick off at 18:30 and it will be LIVE on SuperSport Schools.

    The hockey rivalry between the schools began in 1999, when Grey College took the spoils 2-1. It has been a keenly contested fixture ever since then.

    From 2007 to 2009, it was the side from Bloemfontein that reigned supreme, with Grey claiming victory in each of those three years. Paul Roos, meanwhile, enjoyed a run of seven straight victories between 2011 and 2017.

    The hosts go into Friday’s evening’s clash with 12 previous wins over Grey, while the Bloemfontein boys have won eight times, and three matches have ended in draws. Covid-19 put paid to the fixtures in 2020 and 2021.

    Since 1999, the Stellenbosch side has scored 40 goals, while Grey has netted 29 times.

    SuperSport Schools Plus caught up with PRG coach, Michael Baker and Grey College coach, Wayne Coetzee, ahead of the big clash.

    Baker, who will be involved in his first Paul Roos vs Grey derby, said: “From what I have heard, it should match the PRG vs SACS games in intensity, with the added atmosphere and build-up, and two schools that aren’t scared to go forward.

    “It could be an end-to-end battle. As a coach, I am not sure how many more games like that one person can take but, for the neutrals, you would like them to be entertained and sell the game of hockey.”

    PRG has enjoyed an impressive run this season, highlighted by their spectacular winning of the Hibbert Shield in Gqeberha, where they edged out their rivals SACS in a penalty shootout.

    Baker said they Paul Roos is eager to wrap up the season on a positive note. “Winning Hibbert is the most prestigious schoolboy tournament and an incredible achievement, even more so being 3-0 down in the final,” he said.

    “It’s been a season to remember. What would be great is to wrap up this great year [with a win], and for the game to demonstrate to everyone watching us for the first time how good we have been this year.

    “The boys have sacrificed so much this year, and I hope the game will demonstrate that,” he ended.

    Grey College will travel to the Western Cape aiming to win their first encounter against PRG since 2019. Photo: The Weekend Photography
    Grey College will travel to the Western Cape intent on claiming a first win over PRG since 2019. Photo: The Weekend Photography

    Similar to PRG, Grey College, under the tutelage of Wayne Coetzee has also put together a season to savour.

    They started their season well at the Tony Godding, Nomads and KES festivals, which included an unbeaten record at the latter. After that, Grey put together a series of strong results in interschools clashes.

    Last weekend, they went down 0-1 to Northwood in the final of the Guschkie Tournament, so they will feel they have a point to prove against the Maroon Machine.

    “I believe we are up for the task at hand. We have had a good year, and we would like to keep it like that,” Coetzee said.

    “We will create more space in the game for us to work through, but Michael Baker is an experienced coach with a lot of tricks up his sleeve, so I don’t expect anything less than a great game of hockey on Friday night.

    “This will be one of the games of the season for SA hockey, I believe, with the intensity that will match any games watched this year. The 2023 game won’t be a match for what is to come,” he predicted.

    Previous meetings between the two teams: The results were compiled by Jacques le Roux, former PRG and SA Goalkeeper and current goalkeeper coach of the Protea Ladies Team.

            YEAR   PAUL ROOS GIM        GREY COLLEGE
    1999 1 2
    2000 0 3
    2001 1 1
    2002 2 2
    2003 2 3
    2004 0 5
    2005 1 0
    2006 2 1
    2007 0 1
    2008 0 3
    2009 1 3
    2010 0 0
    2011 1 0
    2012 5 0
    2013 3 0
    2014 1 0
    2015 3 0
    2016 3 0
    2017 3 1
    2018 2 3
    2019 4 0
    2022 3 0
    2023 2 1
    Total Goals 40 29