SSPN Test Site

Blog

  • Grey die Bielies van Brugstraat, Helpies nou perd van ander kleur in Noordvaal

    Grey die Bielies van Brugstraat, Helpies nou perd van ander kleur in Noordvaal

    PAARL, SOUTH AFRICA – MAY 13: Ruan van Willing of Paarl Boys High tackled by Ian van der Merwe of Grey College during the Sportsmans Warehouse Premier Interschools rugby match between Paarl Boys High School and Grey College at Brug Street Stadium on May 13, 2023 in Paarl, South Africa. (Photo by Grant Pitcher/Gallo Images)

    PRETORIA. – Hulle speel dalk nie tradisionele Grey-rugby nie, maar die span van 2023 in Greyt in sy eie opsig.

    Grey-kollege het Saterdag vir die Hoër Jongenskool Paarl in die Brugstraat-stadion in die Paarl met 39-30 getroef.

    Die sege was gemakliker as wat die telling aandui, sonder om enige iets van Boishaai se poging weg te neem.

    Niemand gaan vanjaar vir Grey klop nie. Behalwe natuurlik as heelwat van hul spelers vanjaar die SA Skole-span haal en hul sonder die staatmakers moet klaarkom. Dit sal ook vyf of meer van hul troepe moet wees.

    Die span se kaptein en agtsteman, JJ Theron, speel elke week beter as die vorige en gaan ‘n sterk aanspraakmaker vir ‘n plek in die nasionale skolespan wees. Hy was teen Boishaai uitstaande met die bal in die hand asook op verdediging.

    Die vaskopstut, Jean Erasmus, het die toekenning as Speler van die Wedstryd ontvang. Dit was ook welverdiend. Hy het telke male soos ‘n senter deur gapings in die tuisspan se verdediging gebars.

    Dan natuurlik speel die losskakel, Ian van der Merwe, met sy geleërde skopskoen ‘n beduidende rol in die span van Bloemfontein se sukses vanjaar. Hy sool die bal myle ver en hou die span se agttal daarmee op die voorvoet.

    Vir Boishaai het sy flank Divan Fuller hard voorlangs gewerk, terwyl die vleuel Jameel de Jongh twee pragtige drieë afgerond het.

    Paarl Gimnasium het nie te veel probleme in die Agter-Paarl ondervind om Boland Landbou uiteindelik met 36-18 af te stof nie.

    Durbanville se skrumskakel, Monray Daars, het 23 punte in sy span se wegholsege van 77-0 oor Parel Vallei aangeteken. Hy het nege doelskoppe oorgeklits en self een keer ‘n draai agter die doellyn gemaak.

    In die SDC Noordvaal Cup het Helpmekaar-kollege gewys dat hy vanjaar veral op sy tuisveld nie ‘n katjie sal wees wat jy sonder handskoene aanpak nie.

    Helpies het met sy kaptein en agtsteman, Christian Steyn, aan die spits vir Noordheuwel met 42-32 getroef. Die span van die Goudstad beklee tans die boonste posisie op die puntelys.

    Nories het verlede week nog sy titel as kampioen van die NWU Prestige-reeks suksesvol verdedig. Die span van Krugersdorp se heelagter, Cheswill Jooste, het wel weer gewys dat daar dalk nie vanjaar ‘n beter aanvallende heelagter op skolevlak in Suid-Afrika is nie.

    Garsfontein het nou wel meer gesukkel as verwag om vir Menlopark met 48-6 te bêre, maar die span is waarskynlik erg ontwrig deur die feit dat sy losskakel, Nicallen Gabrielsen, nie kon uitdraf nie weens ‘n besering.

    Die Parkies het egter ook heelwat meer vuur gehad as in sy vorige kragmeting met veral die agtsteman en kaptein, Steyn Landman, wat sy lyf op die spel geplaas het.

    Waterkloof sou tevrede vanaf Mbombela na die Jakarandastad na sy sege van 28-24 oor die Hoërskool Nelspruit teruggekeer het.

    EG Jansen moes behoorlik in Alberton sweet om vir Marais Viljoen met 22-17 te klop. Die Jansies het laat in die kragmeting eers die voortou geneem danksy twee drieë deur sy buitesenter, Jeandré Jacobs.

    Marais Viljoen se twee losvoorspelers Henrico Germishuizen en Cephas van Biljon (kaptein) was die twee groot dorings in die besoekers se vlees.

    In die Bowl-afdeling kon Merensky nie vir ‘n beter buiging tussen die groot honde gevra het nie. Die span het op sy tuisveld in Tzaneen vir Eldoraigne met 32-22 verslaan.

    Daar was die naweek ook heelwat FNB Classis Clashes. Noord-Kaap het in Kimberley ‘n naelskraapse sege van 18-17 oor Diamantveld behaal, terwyl Jim Fouché met 38-17 oor Sentraal koning gekraai het.

    Tydens die Klein Interjol in Upington het die Hoërskool Upington vir Duineveld met 22-17 geklop, terwyl Voortrekker in Bethlehem vir Witteberg met 24-16 in ‘n strawwe kragmeting verslaan het.

    Al die uitslae: 

    Skolerugby-uitslae – 13 Mei 2023

    SDC NOORDVAAL CUP

    Afdeling 1

    Beker: Garsfontein 48, Menlopark 6; Helpmekaar 42, Noordheuwel 32; Waterkloof 28, Hoërskool Nelspruit 24; EG Jansen 22, Marais Viljoen 17.

    Plaat: Transvalia 28, Kempton Park 20; Zwartkop 37, HTS Middelburg 24; Hoërskool Rustenburg 37, Montana 31.

    Skild: Secunda 38, Jeugland 21.

    Bowl: Wesvalia 31, Hoërskool Alberton 5; Merensky 32, Eldoraigne 22; Potchefstroom Volkskool 45, Dr. Malan 0.

    Afdeling 2

    Blou Bulle: Midstream College 93, HTS John Vorster 0; Wonderboom 12, Pretoria-Noord 12; Centurion 13, Overkruin 12. Limpopo: Frikkie Meyer 22, HTS Tom Naudé 15. Pumas: Rob Ferreira 55, Pionier 26; Ermelo 20, Piet Retief 7; HTS Witbank 43, Ferrum 17. Valke: Hans Moore 28, Brandwag (Benoni) 27.

    Afdeling 3

    Goue Leeus: Linden 25, Fochville 12. Limpopo: Louis Trichardt 24, Nylstroom 22; Eric Louw 19, Northern Academy 0. Pumas: Lydenburg 29, Lowveld High 19.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Grey-kollege 39, Hoër Jongenskool Paarl 30; Noord-Kaap 18, Diamantveld 17; Voortrekker (Bethlehem) 24, Witteberg 16; Jim Fouché 38, Sentraal 17; Hoërskool Upington 22, Duineveld 17; Welkom Gimnasium 44, Hoërskool Trio 17; Goudveld-Hoërskool 26, Hentie Cilliers 3; Fichardtpark 21, Landboudal 19; Zastron 45, President Steyn 12; Brandfort 61, Hoërskool Bloemfontein 12; Harrismith 68, Ntsu 7; Ladybrand 69, New Horizon 0; St Andrews 35, Sand du Plessis 24; Brandfort 14, Grey-kollege VI 27; Vrede 50, Reitz 0; Wilgerivier 74, Wessel Maree 7; Curro Kathu 47, Daniëlskuil 6; Hopetown 42, Adamantia 5; Hendrik Potgieter 46, Sand du Plessis 10; Douglas 40, De Aar 19.

    NOORDVAAL

    Affies 43, King Edward VII 20; St Stithians College 31, St John’s College 19; Lichtenburg 31, Hoërskool Klerksdorp 27; Jeppe 73, St David’s Marist 8; Parktown Boys’ High 38, Northcliff 25; Wagpos 26, Hoërskool Tuine 20; Cornwall Hill College 44, St Andrews (Bloemfontein) 10; St Alban’s College 22, Clifton 10; Dinamika 34, Bergsig Akademie 19; Penryn College 50, Stanford Lake College 3; Wolmaransstad 27, Schoonspruit 14; Die Anker 27, Ligbron Akademie 10.

    KWAZULU-NATAL/OOS-KAAP

    Grey High School 19, St Andrew’s College 0; Queen’s College 21, Dale College 12; Selborne College 45, HTS Port Rex 0; Marlow Landbou 25, Nico Malan 15; Glenwood 18, Kearsney College 13; Michaelhouse 31, Durban High School 27; Northwood 61, St Charles College 29; Hilton College 39, Pretoria Boys’ High 15; Kingswood College 18, Pearson 0; Winterberg Landbou 19, Aliwal-Noord 12.

    WES-KAAP

    Paarl Gimnasium 36, Boland Landbou 18; Rondebosch Boys’ High 22, SACS 7; Bishops 14, Wynberg Boys’ High 10; Durbanville 77, Parel Vallei 0; Worcester Gimnasium 30, Hoërskool Bellville 19; Hoërskool Punt 31, Montagu 7; Robertson 16, Swartland 14; Augsburg Gimnasium 27, Vredendal Sekondêr 0; Hoërskool Oudtshoorn 19, Hermanus 14; Milnerton 22, Tygerberg 20; Strand 34, DF Malan 27; Brackenfell 19, HTS Bellville 17; Melkbosstrand 38, Elsiesrivier 12; Porterville 23, Vredendal 7; Hottentots-Holland 89, Somerset College 5; Monument Park 15, Vishoek 14; Charlie Hofmeyr 17, Oakdale Landbou II 18.

     

     

     

  • Matwele stars as DHS put Michaelhouse to the sword

    Matwele stars as DHS put Michaelhouse to the sword

    A hat-trick of goals by Durban High School forward Lumi Matwele secured an emphatic (5-0) victory for DHS against Michaelhouse on Saturday at the Punchbowl.

    DHS, which entered the game off a 4-3 defeat against Hilton College, was looking to raise the intensity against a strong Michaelhouse side that has shown improvement so far this season. 

    Raise the intensity, which they did as Michael Baker’s side started positively asserting dominance as early as the first chukker. 

    Michaelhouse, however, matched the visitor’s intensity, as both teams created chances but failed to capitalize on them. 

    The first chukka ended goalless. The talk at the break must’ve sparked some life into the DHS boys, as the KZN side came back firing, scoring two goals courtesy of Tyrique Cloete and Matwele after a brilliant build-up play.

    Entering the second half, Baker’s boys raised the intensity. Matwele smashed a backhand to make it 3-0 and then converted a slip flick from a penalty corner to make it 4-0.

    Michaelhouse also created a few chances of their own; however, with DHS keeper Keelan Henry fighting for his clean sheet, he pulled off a great save from a Michaelhouse penalty corner and a counterattack that left them one-on-one with Henry.

    The visitors then closed out the game with 30 seconds to go as they turned defense into attack.

    A quick roll to Aldridge Maasdorp, resulted in him playing in Cloete on the far post for a tap-in.

    With the win, DHS returned to winning ways, forcing Michaelhouse to revisit the drawing board. 

    In other matches in the KZN, Hilton College played out a one-all draw with Pretoria Boys High. 

    Kearsney College put six past Glenwood before Maritzburg College and Westville Boys’ High couldn’t be separated, with both sides scoring two goals. Northwood fought hard for a (4-3) win against St. Charles College. 

    Scorers:

    Durban High School 5  (Lumi Matwele (3), Tyrique Cloete (2). Michaelhouse 0

    Kearsney College 6 (James Gillespie (2), Sandiswa Yeni (2), Liam Johnson,  Dylan Wiggett. Glenwood High School 0.

    Maritzburg College 2 (Asanda Khumalo, Jayden Aylward). Westville Boys’ High 2 (Heath Stott, Caleb van Loenen). 

    Other results:

    Pretoria Boys’ High 1, Hilton College 1; Northwood 4, St Charles College 3.

  • Diamantveld-netbalspanne seëvier oor Noord-Kaap op tuisveld

    Diamantveld-netbalspanne seëvier oor Noord-Kaap op tuisveld

    In ‘n opwindende kragmeting tussen Hoërskool Diamantveld en Hoërskool Noord-Kaap het Diamonds weereens as die oorwinnaars uit die stryd getree by hierdie jaar se FNB Classic Clashes.

    Die geleentheid was ‘n hoogs verwagte een, met ondersteuners van albei spanne wat gretig gewag het vir die uitslae.

    Vir die vyfde agtereenvolgende jaar het Diamantveld se eerste netbalspan met ‘n telling van 33-28 onoorwonne gebly.

    Dit was egter nie net die eerstes wat hul staal gewys het nie, Diamantveld spog met ‘n vier uit vier vir die dag nadat hul o.14, o.15 en o.16-netbalspanne stof in Noord-Kaap se oë geskop het.

    Diamantveld het merkwaardige vaardigheid en spanwerk getoon en die wedstryd van begin tot einde oorheers.

    Die spelers het hul bekwaamheid in alle aspekte van die spel getoon, van hul aangee en doel tot hul verdediging en ratsheid.

    Noord-Kaapse wat hard terug baklei het, kon nie Diamantveld se vaardigheid en vasberadenheid ewenaar nie.

    Lara van Niekerk, hulpverdediger van Diamantveld en ook speler van die wedstryd, het baie goeie druk op haar opponente toegepas en sy en haar verdediger, Alexa Cox, was uitstekend in die doelsirkel.

    Mari du Raan, die wenspan se doel, was skitterend met die bal en dodelik in die doelsirkel. Sy het slegs drie doele gemis en gesorg dat die res van die doele sink.

    Die senterbaan het ook hul kant gebring met die kaptein, Anliné Brunette, wat goeie druk toegepas het en gesorg het dat die verdedigers die balle kon onderskep.

    Uitslae vir die dag: 

    o.19A – Diamantveld 33, 28 Noord-Kaap
    o.16A -Diamantveld 26, 10 Noord-Kaap
    o.15A – Diamantveld 44, 4 Noord-Kaap
    o.14A -Diamantvel 18, 9 Noord-Kaap

     

     

     

     

  • SDC Noordvaal Cup Results – 13 May 2023

    SDC Noordvaal Cup Results – 13 May 2023

    Die SDC Noordvaal Cup se onderskeie afdelings is aan die gang in volle swang.

    Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.

    Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@superschoolsnews.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.

    Al die uitslae:

    AFDELING 1 

    BEKER-KOMPETISIE 

    [ninja_tables id=”15440″]

    PLAAT-KOMPETISIE

    [ninja_tables id=”15441″]

    Ander spanne: 

    o.16: Montana 20, Rustenburg 17.

    o.15: Rustenburg 45, Montana 10.

    o.14: Rustenburg 15, Montana 0.

    SKILD-KOMPETISIE

    [ninja_tables id=”15444″]

    BOWL-KOMPETISIE

    [ninja_tables id=”15446″]

    Ander spanne: 

    o.16: Eldoraigne 17, Merensky 14.

    o.15: Eldoraigne 20, Merensky 16.

    o.14: Eldoraigne 20, Merensky 19.

    AFDELING 2

    BlouBulle

    [ninja_tables id=”15449″]

    Ander spanne: 

    o.16: Wonderboom 36, Pretoria-Noord 14; HTS John Vorster 12, Midstream College 5; Overkruin 48, Centurion 7.

    o.15: Wonderboom 22, Pretoria-Noord 21; Midstream College 25, HTS John Vorster 5; Centurion 33, Overkruin 7.

    o.14:
    Wonderboom 36, Pretoria-Noord 14; Midstream College 33, HTS John Vorster 0; Centurion 57, Overkruin 0.

    AFDELING 3

     

  • Klerksdorp pak Liggies in “Monster”-stryd

    Klerksdorp pak Liggies in “Monster”-stryd

    NewsG Lichtenburg skolerugbySaterdag sal die pawiljoen stamp-vol wees wanneer die Hoerskool Klerksdorp en Lichtenburg se eerstespanne kragte meet in hulle jaarlikse FNB Classic Clash.

    Lichtenburg is deur die jare bekend vir hulle groot pak voorspelers, fantastiese spelskeppers en spoedvrate in die agterse driehoek en die seisoen blyk dit of daar geen verandering in hierdie patroon is nie.

    Die Liggies speel kook-water rugby hierdie seisoen en beloof om aan te hou op hierdie noot wanneer die fluitjie die wedstryd aankondig om 13:00 uur Saterdag middag.

    Renier Rall is aan die voortou, nie net as kaptein nie maar ook as ‘n sleutel speler in die nr-5 trui.

    Die losskakel, Albert Joubert, sal ook weer op sy stukke wil wees wanneer hy as generaal sy plek inneem met sy goeie vissie en vermoe om situasies te deligeer in gebroke spel.

    By gese, sal Klerksdorp nie n oog knip teenoor die gevaar wat Lichtenburg tafel toe bring nie. KHS het deur die begin van die seisoen gewys dat hulle nie terug staan in strawwe wedstryde nie en Saterdag gaan nie n ander deuntjie wees nie.

    Die manne van KHS sal staatmaak op hulle oopkant-flank, Kobus de Waal, om op n gereelde basis die bal te ontwrig om te verhoed dat Liggies se agterlyn nie op die voor voet kom nie.

    Dit verander wel nie die feit dat KHS self n witwarm agterlyn en n baie goed afgerigte pak voorspelers het, wat wedstryd na wedstryd hulle pond vleis tafel toe bring nie.

    Met die geskiedenis tussen hierdie twee skole en die naelbyt wedstryde wat die afgelope paar jaar plaagevind het beloof  Saterdag om weer skouspelagtig te wees.

    Opwindende hardloop rugby en duikslae wat jy op die paviljoen sal hoor klap is op die spyskaart en die die twee reuse van Noord-Wes lek al heel week hulle lippe af.

    Die spanne is:

    Hoerskool Klerksdorp: 15 Brink von Wielligh, 14 Decon Loots, 13 Enricqu Classen, 12 Divan Labuschangne, 11 Papino Maluleke, 10 Leonard Bevan, 9 Izak Nienaber, 8 HJ Erasmus, 7 Pedri Snyman, 6 Kobus de Waal, 5 Heinrich Hovener, 4 Pieter Kriel, 3 Liam Pretorius, 2 Janu de Wet, 1 Juan-dre Botha.

    Lichtenburg: 15 Collen Peraira, 14 Johandre de Waal, 13 Dundre Dempers, 12 Antonio Vajsel, 11 Lukie Bensons, 10 Albert Joubert, 9 Nicholas van Staden, 8 Dries Scheepers, 7 Tiaan Booysen, 6 DG Jacobs, 5 Renier Rall, 4 GJ Malan, 3 Tommie Scot, 2 Eddie du Preez, 1 Donovan Rosato.

  • School Rugby Results – 13 May 2023

    School Rugby Results – 13 May 2023

    It is another action packed Saturday for schoolboy rugby.

    The big clash being the Premier Interschools between Paarl Boys’ High and Grey College in Paarl. Another clash in Paarl that will attract a lot of attention will be the clash between Boland Landbou and Paarl Gimnasium.

    In the Eastern Cape there is a huge storm moving in from the coast. So some of the matches might be played in some extreme conditions. While some teams already decided to cancel their fixtures.

    For results from the SDC Noordvaal Cup – please follow the link – SDC Noordvaal Cup Results.

    Catch all the action live from the festivals on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.

    If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at rugby@superschoolsnews.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.

    All the Results:

    CENTRAL REGION

    [ninja_tables id=”15368″]

    EASTERN CAPE

    [ninja_tables id=”15370″]

    KWAZULU-NATAL

    [ninja_tables id=”15371″]

    NOORDVAAL

    [ninja_tables id=”15375″]

    WESTERN CAPE

    [ninja_tables id=”15376″]

     

     

  • Some massive micro-clashes to look forward to between Boishaai and Grey

    Some massive micro-clashes to look forward to between Boishaai and Grey

    PHOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Forget for a moment that the Premier Interschools clash between Paarl Boys’ High and Grey College at the Brug Street Stadium in Paarl today is probably the biggest schoolboy match this Saturday.

    There is some big micro-clashes during this match that will be followed closely by the rugby connoisseur.

    Catch all the action live on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    The biggest of the micro-clashes will be between Boishaai’s Divan Fuller and the visitors’ Jean-Henri Smit.

    Fuller has made a name for himself as a hard-hitting tackler in the same mould of Samoa’s former centre Brian Lima nicknamed, The Chiropracter, for his ability to rearrange oppositions bones.

    Fuller hasn’t been at his best so far this year, but still has been one of the stalwarts in Boishaai’s pack of forwards. Smit is a hardman himself and has showed his class this year. He doesn’t just do a good job as a fetcher but also has the ability to take defensive lines apart with his running lines.

    The battle between these two players will without a doubt be a highlight of today’s clash.

    Smit do have the backing of his captain, JJ Theron (eighthman), as well as Keegan Scholtz to help him in this battle. These three has probably formed the most formidable loose trio this year in South African schoolboy rugby.

    In the backs the battle between the Van der Merwes. No its not the start of an Afrikaans joke. In die midfield, Pieter van der Merwe (Grey College) and Daniel van der Merwe (Boishaai), will be locked in a proper battle to help their side to get the upperhand.

    Pieter van der Merwe has impressed this year with the manner he changes gears when he is put in possesion. He is a hard-hitting runner with the ball in hand, while Daniel van der Merwe has a bit more finesse to his approach.

    Daniel will also be facing another Van der Merwe in a micro-clash as he is also responsible for the goal-kicking for his side. Grey College’s flyhalf, Ian van der Merwe, will be opposition from the kicking tea.

    Ian is playing a vital role in the new way that the team of Grey College plays in 2023. He has probably also with some solid performances thus far placed him among the top schoolboy flyhalfs in the country this year.

    Grey College will be without a doubt the favourites for victory at Brug Street. They have been on the winning side against Boishaai since 2018 in their annual encounters. Boishaai however still have a trump card in their coach, Sean Erasmus.

    Erasmus coached Boishaai to three successive victories between 2015 and 2017 over Grey College. He is therefore probably the most successful active schoolboy coach against the rugby factory of Bloemfontein.

    The teams:

    Paarl Boys’ High: 15 JC Mars, 14 Scott Nel, 13 Bryan Burger, 12 Daniel van der Merwe, 11 Jameel de Jongh, 10 Ruan van Willing, 9 Juan Loots, 8 Douw Wessels, 7 Divan Fuller, 6 Rubin Dames, 5 Van Heerden Pretorius, 4 Neil Hansen, 3 Evan Kotze, 2 HB Odendaal, 1 Christie Visser.

    Grey College: 15 Vincent Wolhuter, 14 Hayden Tolmay, 13 Benito Goeda, 12 Pieter van der Merwe, 11 Martin Botha, 10 Ian van der Merwe, 9 Christiaan van der Westhuizen, 8 JJ Theron, 7 Keegan Scholtz, 6 Jean-Henri Smit, 5 Schalk du Plessis, 4 Heinrich Theron, 3 Jean Erasmus, 2 Liam van Wyk, 1 Ranon Fouché.

    Kick-off: 14:00

  • Klofies sal die Blou Tornado se knormoer moet draai vir sege in Mbombela

    Klofies sal die Blou Tornado se knormoer moet draai vir sege in Mbombela

    HAPPY MOKATE, buitesenter van die Hoërskool Waterkloof. FOTO: Marius Nortjé

    Die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling in nou in volle swang.

    Al die spanne in die reeks sal die naweek in aksie wees, behalwe natuurlik die verdedigende kampioen, Monument van Krugersdorp, wat ‘n loslooitjie geniet.

    Hoërskool Waterkloof sal sy nederlaag van 21-50 van verlede week teen Garsfontein agter hom moet sit indien hy van Mbombela met ‘n sege na die Jakarandastad wil terugkeer.

    Klofies kom Saterdag teen die Hoërskool Nelspruit op laasgenoemde se tuisveld te staan. Die span van Pretoria het ook ‘n besoek van die beseringspook gehad, maar voorlangs behoort die kaptein en agtsteman, Dale Arlow, asook die flank Jean Jooste die pap behoorlik dik aan te maak.

    Agterlangs sal Nelspruit se Rhinos die senterpaar van die besoekers, Reuven Ferreira en Happy Mokate, fyn moet dophou.

    Hierdie kragmeting is die Rhinos se eerste wedstryd terug in die Beker-kompetisie na hy aan die einde van die 2018-seisoen na die Plaat-kompetisie gerelegeer is. Die Rhinos weet dus hoe moeilik dit is om weer tussen die groot honde te kan blaf, so daar kan verwag word dat hul vanjaar met hand en tand sal baklei om hul status te behou.

    Die tuissspan se skakelpaar, Theuns Meyer (losskakel) en Andeon Pringle (skrumskakel), kan die sleutel tot sukses teen Klofies hou.

    Noordheuwel van Krugersdorp skop sy aanslag in vanjaar se reeks teen Helpmekaar-kollege in Johannesburg af. Die Nories het verlede week sy titel as kampioen van die NWU Prestige-reeks suksesvol verdedig deur vir Oos-Moot met 27-17 in die eindstryd te troef.

    Helpies het verlede week al sy Noordvaal-aanslag afgeskop met ‘n klinkende sege van 73-15 oor Menlopark.

    Die Nories het vanjaar nog net drie keer die knie gebuig teen Outeniqua (14-18), Boland Landbou (19-24) en Hilton College (30-32).

    Helpies het vanjaar sover warm en koud geblaas, maar tydens die Absa Wildeklawer-toernooi teen onderskeidelik Paarl Gimnasium (14-25) en die Hoër Jongenskool Paarl (10-15) gewys dat hy dalk ‘n span sal wees om mee rekening te hou in die Noordvaal Cup.

    Helpies sal die besoekers se gevaarlike agterhoede met die losskakel, JT Kapank, aan die spits hok moet slaan. Buiten Kapank is die heelagter, Cheswill Jooste, asook die buitesenter, Marshall de Vos, van die mees opwindende aanvallende spelers in die reeks.

    Buiten dit het die Nories ‘n paar vuurvreters voorlangs in Juan Fourie en Ludie Schutte (flanke) asook die haker, Juandré Schoeman.

    Saterdag kan dalk ‘n donker dag vir die Hoërskool Menlopark se eerstespan wees. Sy teenstanders die Garsie Bere sal geen meer tekens van enige Wildeklawer-babelas hê nie en boonop is die span in Turkoois vanjaar gereken as die tweede beste skolespan in Suid-Afrika op die oomblik.

    Die Parkies se span gaan gebuk onder beserings buiten die feit dat hul seisoen nog nie vanjaar volgens plan verloop het nie. Die span het wel ‘n oortuigende sege van 64-0 oor Hoërskool Nelspruit vroeër vanjaar behaal.

    Indien die Garsies op alle silinders vuur sal die span behoorlik wraak neem vir sy nederlaag van 40-72 teen die Parkies in die halfeindstryd van die Virsekerbeker, soos die reeks destyds bekend gestaan het, in 2019. Die Parkies het daarna die titel as kampioen verower.

    Kragmetings tussen Marais Viljoen van Alberton en Dr. EG Jansen van Boksburg is altyd interresant en vol opwinding. EG het verlede jaar se wedtryd in Boksburg met 43-15 gewen, maar dit was ‘n taaier kragmeting as gewoonlik.

    Die spanne is: 

    Menlopark vs Garsfontein in Pretoria om 12:30: 

    Menlopark: 15 Naylan Albertus, 14 Ruben Fourie, 13 Xander Loubser, 12 Handré Joubert, 11 Xander Haasbroek, 10 Jadon Fortuin, 9 Christian Herbst, 8 Steyn Landman, 7 Rocco Myburgh, 6 Ian Coetzer, 5 Xander Roets, 4 Stefan van der Bijl, 3 Owen Herbst, 2 Mocke Balt, 1 Ruan Wolmarans.

    Garsfontein: 15 Jason Hugo, 14 Ruan Enslin, 13 Dimitre Erasmus, 12 Heinrich Cloete, 11 Cassie Prinsloo, 10 Nicallen Gabrielsen, 9 Zian Cilliers, 8 Abri van der Westhuizen (kaptein), 7 Thinus Oosthuizen, 6 Luan Olivier, 5 James Schnetler, 4 Jacques Swarts, 3 Leighton Cloete, 2 De Wet Lottering, 1 DA Swart.

    Marais Viljoen vs EG Jansen in Alberton om 12:20: 

    Marais Viljoen: 15 Giacchino Gerber, 14 Brandon Els, 13 Tyron Bouw, 12 Juandré Theron, 11 Tyler Woodruff, 10 Franco Horn, 9 Caydinn Fredericks, 8 Henrico Germishuizen, 7 Cephas van Biljon (kaptein), 6 Stephan van Deventer, 5 Phillip Jonker, 4 Bjorn Pieterse, 3 Dylan Alberts, 2 Lohan van Schalkwyk, 1 Calum Botha.

    EG Jansen: 15 David Twala, 14 R-Jay Pietersen, 13 Jeandre Jacobs, 12 Cameron van Wyk, 11 Juandré Claassens, 10 Ruan van Heerden, 9 Gordon Smith, 8 Nathan Matthee, 7 Reon Pretorius, 6 Zaide-Leigh Rippenaar, 5 Michael Devy, 4 Gerhard van Aswegen, 3 Marnus Swarts, 2 Danre Pike, 1 Shawn Simpson.

    Hoërskool Nelspruit vs Waterkloof in Mbombela om 13:30: 

    Hoërskool Nelspruit: 15 Le Riche Aithison, 14 Owen Steyn, 13 Ian Wood, 12 Heino Meiring, 11 Karl Erichsen, 10 Theuns Meyer, 9 Andeon Pringle, 8 Braam Basson, 7 Bradley Claassen, 6 Banele Ngwenya, 5 Juan Bezant, 4 Luke Poison, 3 Andeon Swart, 2 Regard Vermaak, 1 Hugwin Heyman.

    Waterkloof: 15 Khumo Tlhoaela, 14 Waldimar Griesel, 13 Happy Mokate, 12 Reuven Ferreira, 11 Sjaan Steyn, 10 Franco Cronjé, 9 Migael Prinsloo, 8 Dale Arlow (kaptein), 7 Jean Jooste, 6 Kevin van Staden, 5 Edan de Bruyn, 4 Daylen Knoetze, 3 Luan Brown, 2 Stephan Jacobsz, 1 Marnus Maritz.

    Helpmekaar vs Noordheuwel in Johannesburg om 12:30: 

    Helpmekaar: 15 Junayden Seffier, 14 Ruan Nel, 13 Reynard van der Linde, 12 Michael Benzien, 11 Pieter Moller, 10 Juan Storm, 9 Tristan van Niekerk, 8 Christiaan Steyn, 7 Ulrich Swart, 6 Darius Haasbroek, 5 Christian Tonkin, 4 Jandré Labuschagne, 3 Ulrich van der Merwe, 2 Ruan Welman, 1 Petri de Wet.

    Noordheuwel: 15 Cheswill Jooste, 14 Keaton van Deventer, 13 Marshall de Vos, 12 Jarred Coetzee, 11 Divan Cruywagen, 10 JT Kapank, 9 Coun-Lee Koekman, 8 Marco Maree, 7  Ludie Schutte, 6 Juan Fourie, 5 Donavan Breedt, 4 Rudolph Coetzee, 3 Martin Nel, 2 Juandré Schoeman, 1 Meyer Opperman.

  • Merensky blaf nou tussen die groot honde in die SDC Noordvaal Cup

    Merensky blaf nou tussen die groot honde in die SDC Noordvaal Cup

    Daar sal ongetwyfeld groot opgewondenheid Saterdag in Tzaneen wees, met Merensky was sy buiging tussen die groot honde van Afdeling 1 van die SDC Noordvaal Cup op Plasie-park sal maak.

    Merensky skop sommer sy aanslag in die Bowl-kompetisie teen Hoërskool Eldoraigne se Groen Drake af.

    Eldos sal ver moet gaan delf om dalk ‘n wedstryd op te spoor waar hulle teen Merensky in Tzaneen te staan moes kom.

    Die Groen Drake het wel al ‘n keer of wat die afgelope paar jaar teen Ben Vorster van Tzaneen te staan gekom.

    Merensky het verlede jaar nog in Afdeling 2 van die Noordvaal-trofee (deesdae die SDC Noordvaal Cup) gespeel. Kyk gerus uis na die binnesenter, Clifford Ledwaba, asook die skrumskakel, Dirk de Nysschen, wat die besoekers agterlangs probleme kan besorg.

    Merensky sal ook wonder of hulle dubbelle visie het, maar dis net die Diffenthal-tweeling, Willie en Wickus, wat in die voorry vir Eldos sak. Willie op vaskopstut, terwyl Wickus vanaf haker sal poog om ‘n paar vaskoppe te haak.

    Eldoraigne het vanjaar in die nuwe NWU-reeks deelgeneem tussen swaargewigte soos EG Jansen en Menlopark wat in die boonste kompetisie van Afdeling 1 speel. Eldos het in sy laaste wedstryd teen Menlopark met 33-elk gelykop gespeel.

    Wesvalia se afrigters sal hoop dat hul span op alle silinders vuur vir vandag se kragmeting teen die Hoërskool Alberton op laasgenoemde se tuisveld.

    Die Bruin Bere van Klerksdorp sou nie te gelukkig oor hulle vertoning tydens die NWU Prestige-reeks gewees het nie, maar sal hul lippe aflek om sake in die Noordvaal-reeks reg te stel.

    In Potchefstroom sal Potch Volkskool teen Dr. Malan van Meyerton in nog ‘n Bowl-kompetisie kragmeting te staan kom.

    Die spanne is: 

    Merensky vs Eldoraigne op Plasie-park in Tzaneen om 12:45: 

    Merensky: 15 Caleb Mokgalaotse, 14 Heinrich Lubbe, 13 Klokke Mohlala, 12 Clifford Ledwaba, 11 Mahlatse Semosa, 10 Byron Hendricks, 9 Dirk de Nysschen, 8 Waldie Haasbroek, 7 Tian Viljoen-Krugel, 6 Hardus Terblanche, 5 Zander Heydenrych, 4 Luan Verster, 3 Tirelo Mashapa, 2 Ruan Marcos Cha-Cha, 1 Divan Pietersen.

    Eldoraigne: 15 Rynhardt Gelderbloem, 14 Xander Marx, 13 Hendru van Zyl, 12 Marchand Nel, 11 Juan Bothma, 10 Reynier Kidson, 9 Donnevin Naude, 8 Johan Coetzee, 7 Divan de Jager, 6 Anroux du Plessis, 5 Myburgh van Wyk, 4 Shane Henery, 3 Willie Diffenthal, 2 Wickus Diffenthal, 1 Jaco Fourie.

    Hoërskool Alberton vs Wesvalia in Alberton om 12:15: 

    Hoërskool Alberton: Nie beskikbaar.

    Wesvalia: 15 Richardt van Heerden, 14 Teboho Sekonyela, 13 Xander Smit, 12 Deon Viljoen, 11 Werner Kruger, 10 Philip Janse van Rensburg, 9 Chad Hofmeyr, 8 Hanré Venter, 7 Hennoh Visser, 6 Francois Dumond, 5 Junior Kuhn, 4 Vian Botes, 3 Koos Kleynhans, 2 André Taute, 1 Heinrich Jansen van Vuuren.

    Potchefstroom Volkskool vs Dr. Malan in Potchefstroom om 12:20: 

    Potchefstroom Volkskool: Nie foon geantwoord nie.

    Dr. Malan: Nie beskikbaar.

     

  • Titanic battle awaits when Wit Bulle and the Red Army clash

    Titanic battle awaits when Wit Bulle and the Red Army clash

    On Saturday the schoolboy chants will once again roar through the streets of Pretoria, as the Wit Bulle take on King Edward VII in their annual clash in the Jacaranda City.

    With Affies running out as favourites in the long awaited clash of titans, KES will definitely have a point to prove.

    The Wit Bulle have been in good form, playing the Affie-brand of old. Relying on their solid defence and turning errors into attack they possess the skill and vision to attack from anywhere on the field.

    This will have the Reds on their toes for the full seventy minutes and with a pack of forwards consisting of brute strength as well as skillful loose forwards they would love to get their big, strong and fast back line clean go-forward ball.

    On the other hand the Reds tend to thrive under the label of “underdog.” They themselves have been in red-hot form, almost causing a major upset, but just falling short against Paarl Boys’ High (8-10) just a few weeks ago.

    They seem to have a team playing for each other, with a never-say-die attitude, which will make life very difficult for the Affies.

    Over the last few years it’s been a see-saw battle between the two giants up north, with Die Wit Bulle stepping out as victors in the most recent meeting in 2022.

    The year before though, the Reds overcame the Wit Bulle in a titanic battle with the final result being 18-10 in favour of the Reds, not long after they narrowly lost 11-15 in the same year.

    There are not many words to describe the upcoming clash other than “strap in ladies and gentleman”, this will be a full seventy minutes of entertainment, with both teams playing exceptional rugby this season, combined with the atmosphere on the day, this promises to be a monumental clash between two very proud and historic schools.

    The teams: 

    Affies: 15 Migael De Lange, 14 Stephan Brits, 13 Antonie Fourie, 12 Janko Purchase, 11 Ivandre van Wyk, 10 Ruben Pienaar, 9 Hendre Schoeman, 8 Dieter Schubert, 7 Ruan Lippoldt, 6 Braam Swanepoel, 5 JD Hattingh, 4 Johnathan Eloff, 3 Ruan Smuts, 2 Ethan van Dyk, 1 Steyn Truter.

    King Edward VII: 15 Tristan Maugeri, 14 Haniel Monkoti, 13 Olunje Mehlomakulu, 12 Caleb Lombard, 11 Timi Oluwole, 10 Vusi Moyo, 9 Ruan van Rensburg, 8 Kebotile Maake, 7 Thandolwethu Biyela, 6 James Kobrowhisky, 5  Andrew Engelbrecht, 4 Thomas Beling, 3 Joshua Aube, 2 Siphosethu Mnebelele, 1 Lesedi Moloi.