SSPN Test Site

Blog

  • Results  – #NoordSuid 2022

    Results – #NoordSuid 2022

    Day 1 

    Grey-kollege 43 (12) – Tries: Caleb Abrahams (3), Lukas Meyer, Juanré Breitenbach, Alfondso Isaacs, Strafdrie. Conversions: Bradley Giddy (3). Stellenberg 27 (10) – Tries: Kobus Verster, Ughen Africa, Damian Markus. Conversions: Tommie Smook (3). Penalties: Smook (2).

    Hoër Jongenskool Paarl 31 (17) – Drieë: Divan Fuller, Handré Nel, Matthew Fick, Strafdrie. Doelskoppe: Thurlon Williams (3). Strafdoel: Williams. Menlopark 6 (3) – Strafdoel: Marco Strydom (2).

    Waterkloof 29 (7) – Drieë: Ruben Odendaal (2), Zander Thirion, Reuven Ferreira. Doelskoppe: Thorn Bester (3). Strafdoel: Bester. Welkom Gimnasium 11 (11) – Drie: Naylen Goeda. Strafdoele: Connlin Theunissen (2).

    Garsfontein 67 (31) – Drieë: Jason Hugo (2), Michail Damons (2), Anrich Engelbrecht, Maynard Kleynhans, Luan Taylor, Abrie van der Westhuizen, Zander Lourens, Pieter Coetzer, Liam Dick. Doelskoppe: Nicallen Gabrielsen (5), Tireque Appollis. HTS Drostdy 0.

    Hoërskool Nelspruit 20 (13) – Drieë: Francois Odendaal, Ethan van der Westhuizen, Duard Diechmann. Doelskop: Danny van Staden. Strafdoel: Van Staden. Pretoria Boys’ High 13 (13) – Drieë: Litha Mkunqwana, Lilitha Matsiliza. Strafdoel: Justin Tattersall.

    Day 2 

    Affies 24 (14) – Tries: Gustav Maritz, Stiaan Heymans. Conversion: Heymans. Penalties: Heymans (4). Paul Roos Gimnasium 18 (8) – Tries: Leigh Braaf, Ruben Noble. Conversion: Christoff de Bruyn. Penalties: De Bruyn (2). 

    Paarl Gimnasium 42 (25) – Tries: PA van Niekerk (2), Luca Bakkes (2), Kyle Smith, Emrique Liedeman, Niel Beukes. Doelskoppe: Liam Koen (2). Strafdoel: Koen. Monument 19 (7) – Tries: Jan Botes, Evan Retief, Xander Schoeman. Doelskop: Tylor Sefoor.

    Oakdale Landbou 26 (19) – Tries: Keagan Coerecius, AJ van Vuuren, Pieter Pretorius, Kobus Janse van Rensburg. Doelskoppe: Janse van Rensburg (4). EG Jansen 5 (5) – Try: Duncan Pieterse. 

    Glenwood 47 (18) – Tries: Johandré van Rooyen, Lithemba Mfupi, Yabo Ndzamela, Dallyn Beukes, Jeandré van der Walt. Conversions: Frederick Marx (4). Penalties: Marx (3). Noordheuwel 33 (19) – Tries: Coun-Lee Koekman, Marshall de Vos, DP van Zyl, Marco Maree. Conversions: JT Kapank (2). Penalties: Kapank (3).

    Durbanville 36 (20) – Tries: Helpmekaar 34 (19) – Tries: Jayden Neil, Khirwan Erasmus, Strafdrie. Conversions: Monray Daars (2). Penalties: Daars (5). Helpmekaar 34 (19) – Tries: Hanno Venter (2), Trityne Parsons, Rynhardt van der Linden, Luc van Rhyn. Doelskoppe: Jordan Jordaan (2), Parsons. Strafdoel: Parsons. 

    Day 3 

    Paarl Boys’ High 19 (12) – Tries: Juan Smal (2), Thurlon Williams. Conversions: Williams (2). Garsfontein 19 (16) – Try: Michail Damon. Conversion: Nicallen Gabrielsen. Penalties: Gabrielsen (4).

    Grey College 57 (26) – Tries: Caleb Abrahams (3), Lukas Meyer, Ulrich Wahl, Morné Diederichs, Martin Botha, JF van Heerden, Alfondso Isaacs. Conversions: Bradley Giddy (4), Ian van der Merwe (2). Waterkloof 37 (11) – Tries: Guillaume Marais, Thorn Bester, Dale Arlow, Happy Makate, Zander Thirion. Conversions: Johan Stroh (2), Bester. Penalties: Bester (2).

    HTS Drostdy 31 (14) – Tries: Clayton Longman (2), Graham Thompson, Nolan Adams. Conversions: Jayden Fortuin (4). Penalty: Fortuin. Menlopark 15 (10) – Tries: Tiaan Engelbrecht, Marco Strydom. Conversion: Penalty. Strafdoel: Strydom.

    Day 4 

    Affies 73 (40) – Tries: Gustav Maritz (3), JL van Rensburg (2), Hanro Venter, Zack Maritz, Ewan van Heerden, Beyers Roos, Andreas Burger, Luchan Mouton. Conversions: Stiaan Heymans (9). Hoërskool Durbanville 6 (6) – Strafdoele: Monray Daars (2).

    Noordheuwel 35 (21) – Tries: Arné Roux (2), Jeandré Schoeman, Marco Maree, Marshall de Vos. Conversions: JT Kapank (5). Welkom Gimnasium 22 (14) – Tries: Julian Samuels, Nkululeko Shabalala, Oliphant. Conversions: Connlin Treurnicht (2). Penalty: Treurnicht.

    Helpmekaar 30 (3) – Tries: Rynhardt van Linden, Junayden Seffier, Ruan Welman. Conversions: Jordan Jordaan (3). Penalties: Jordaan (3). Paul Roos Gimnasium 23 (10) – Tries: Christiaan Brandt, Junior Stoltz, Ruben Noble. Conversion: Christoff de Bruyn. Penalties: De Bruyn (2).

    Paarl Gimnasium 62 (26) – Tries: Luca Bakkes (2), Enrique Liederman (2), Gary Otto (2), PA van Niekerk, Janeil Losper, Niel Beukes, Enzo Labuschagne. Conversions: Liam Koen (6). Glenwood 17 (5) – Tries: Johandré van Rooyen (2), Mnelisi Gamede. Conversion: Frederick Marx.

    Monument 41 (10) – Tries: Jody Schambreel (3), HJ de Beer (2), Evan Retief. Doelskoppe: Tyler Sefoor (4). Strafdoel: Sefoor. Oakdale Landbou 18 (18) – Tries: Therlow Prins, Armand Combrinck. Conversion: Kobus Janse van Rensburg. Penalties: Janse van Rensburg.

    Stellenberg 42 (25) – Tries: Chad van Wyk (2), Franco Roux, Herman Lubbe, Aiden Muller, Jayson January. Conversions: Tommie Smook (3). Penalties: Smook (2). EG Jansen 24 (10) – Tries: Marnus Swart (2), Tshepo Ledwaba, Jaydon Bantom. Conversions: David Twala (2).

    [powr-comments id=”b2f13511_1648288347480″]

  • Abrahams blink terwyl Grey se eerste toets van die seisoen slaag

    Abrahams blink terwyl Grey se eerste toets van die seisoen slaag

    NewsG Grey College schools rugbyGrey-kollege het sy eerste groot toets van die seisoen geslaag deur die Hoërskool Stellenberg met 43-27 op die eerste dag van die NMI Toyota Menlyn Noord/Suid in Pretoria te verslaan. 

    Sy skrumskakel, Caleb Abrahams, was met ‘n driekuns aan drieë aan die spits aan die oorwinning. Abrahams wat verlede jaar vir die SA o.18-span gekies was, is welverdiend ook as Speler van die Wedstryd aangewys.

    Dit was egter nie so maklik as wat die telling aandui nie. Grey sou vooraf verwag het dat die Jade Brigade met ‘n aanslag sou kom, veral na Paarl Gimnasium hom slegs 12-6 die vorige week kon klop. 

    En dit was ‘n hewige aanslag deur die troepe van Stellenberg. ‘n Strafdrie asook Abrahams wat sy driekuns in die laaste beweging van die kragmeting voltooi het, het die telling van 31-27 na 43-27 gerek. 

    Toe Stellenberg se linkervleuel, Ughen Africa, na ongeoorloofde spel met 15 minute se speeltyd oor deur die skeidsregter, Christopher Allison, koelkas toe gestuur was, het meeste gedink die skrif is aan die muur. Boonop het Stellenberg kort voor die geelkaart ‘n geleentheid verbrou op ‘n strafdoel vanaf die halflyn pale toe te korrel wat die telling op 23-17 in hul guns sou swaai.

    Die Jade Brigade se losskakel, Tommie Smook, het sy skopstewels aangehad, maar daar is op die ingewing van die oomblik besluit om ‘n vinnige tikskoppie te neem. Dit was die een groot draaipunt in die kragmeting.

    Grey sou verskoon word indien hul na Alfondso Isaacs se drie asook Abrahams se tweede gedink het, dat die besoekers uit die Kaap die handdoek sou ingooi. Stellenberg se onderskep-koning, Damian Markus, het egter sy span terug in die wedstryd gebring deur onder die pale te gaan afrond. Smook het dit vervyf om die telling op 31-27 in Grey se guns met agt minute se speeltyd oor te bring. 

    Markus was uitstaande en het op ‘n slag selfs ‘n voorspeler van Grey etlike meters ver terug op verdediging gedryf. Die flank Wessel Joubert, agtsteman Franco Roux en haker, Josh Lilistone, was dorings in die span van Bloemfontein se vlees.  

    Buiten Abrahams het Grey se slot JF van Heerden ‘n uitmuntende vertoning gelewer. Hy het in die los gewoel en ‘n hele paar keer ver veld met sy kraglopies gewen. Die flank Lukas Meyer het die veld vol gespeel en hou op sy eie twee spelers op ‘n slag besig. Die kaptein en stut, Tat Botha, het ook sy span van voor gelei. 

    Stellenberg het met swart op hul moue gespeel in solidariteit met hul afrigter Corné Kannemeyer wie se ma, Terena Kannemeyer, Maandag in ‘n motorongeluk oorlede is. Kannenmeyer kon nie saam met die span na Noord/Suid toer nie. Sterkte in hierdie moeilike tyd aan die Kannemeyer-familie.

    Puntemakers: 

    Grey-kollege 43 (12) – Drieë: Caleb Abrahams (3), Lukas Meyer, Juanré Breitenbach, Alfondso Isaacs, Strafdrie. Doelskoppe: Bradley Giddy (3). Stellenberg 27 (10) – Drieë: Kobus Verster, Ughen Africa, Damian Markus. Doelskop: Tommie Smook (3). Strafdoele: Smook (2).

    [powr-comments id=”a4ce4c9f_1648231645886″]

  • Boishaai en Klofies behaal seges op eerste dag van Noord/Suid-toernooi

    Boishaai en Klofies behaal seges op eerste dag van Noord/Suid-toernooi

    NewsG Waterkloof SkolerugbyDie Hoër Jongenskool Paarl het sy seisoen met ‘n gerieflike sege van 31-6 teen die Hoërskool Menlopark op die eerste dag van die NMI Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi in Pretoria afgeskop. 

    Boishaai het teen rustyd ‘n voorsprong van 17-3 opgebou dankst ‘n strafdrie asook ‘n drie wat deur sy flank Divan Fuller afgerond is. Fuller was saam met sy span flankmaat, Matthew Fick, ysters voorlangs. 

    Die loskopstut, Tian Vorster, het ook behoorlik in die los gewoel en ook op die verdediging ‘n paar manne hard in hul spore gestuit. 

    Menlopark se flank Tiaan Engelbrecht was sy span se beste speler op die dag en het nooit moed opgegee nie.

    Boishaai se losskakel, Thurlon Williams, asook die heelagter, Jean-Claude Mars, kan ook tevrede met stewige vertonings voel.

    Waterkloof in die moeilikheid na die eerste helfte van sy wedstryd teen Welkom Gimnasium.

    Die Klofies het egter in die tweede helfte met nuwe ywer en dalk ‘n paar harde woorde van die afrigters, Cobus van Dyk en Renier de Villiers, daarin geslaag om uiteindelik met 29-11 as oorwinnaars van die veld te stap. 

    Die span van Welkom het teen rustyd ‘n voorsprong van 11-7 geniet. Dit kon wel ietwat slegter vir Klofies op die telbord gelyk het indien dit nie was dat sy loskopstut, Ruben Odendaal, in die laaste beweging van die helfte vir sy eerste drie oorgebars het nie. 

    Dié drie het sy span se gemoedere net voor rustyd gelig en waarskynlik ‘n bietjie van Welkom Gimnasium se fut geblus. Klofies se agtsteman, Zander Thirion, het saam met Odendaal voorlangs die vuur aangesteek. 

    Klofies het na Thirion se drie na 46 minute se speeltyd in die kragmeting vir die eerste keer met 14-11 die voortou geneem. 

    Dit was egter die aanvallende spel van die heelagter, Reuven Ferreira, wat in die tweede helfte gesorg het dat sy span agterlangs al hoe meer gapings in die verloorspan se verdediging gevind het. 

    Vir Gimmies het sy heelagter, Ronaldo Kiewiet, losskakel Naylen Goeda asook die skrumskakel, Connlin Theunissen, vertonings gelewer waaroor hul gelukkig kan voel. 

    Puntemakers: 

    Hoër Jongenskool Paarl 31 (17) – Drieë: Divan Fuller, Handré Nel, Matthew Fick, Strafdrie. Doelskoppe: Thurlon Williams (3). Strafdoel: Williams. Menlopark 6 (3) – Strafdoel: Marco Strydom (2).

    Waterkloof 29 (7) – Drieë: Ruben Odendaal (2), Zander Thirion, Reuven Ferreira. Doelskoppe: Thorn Bester (3). Strafdoel: Bester. Welkom Gimnasium 11 (11) – Drie: Naylen Goeda. Strafdoele: Connlin Theunissen (2).

    [powr-comments id=”56a27714_1648228154303″]

  • Dansende Damons vuur Garsies tot klinkende sege oor die Donkies

    Dansende Damons vuur Garsies tot klinkende sege oor die Donkies

    NewsG Garsfontein SkolerugbyDie Hoërskool Garsfontein se Michail Damons was die vonk in die kruitvat wat sy span tot ‘n oortuigende sege van 67-0 oor HTS Drostdy aangevuur het.

    Die twee spanne het mekaar op die eerste dag van die NMI Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi op Affies se veld in Pretoria die stryd aangesê. 

    Damons was op sy stukke en het met sy flinke voetwerk deur gapings geseil om etlike meters vir sy span op die aanval te wen. Hy het amper ‘n hand in elk van Garsies se drieë gehad met ‘n lopie vooraf om die aanvoorwerk te doen. 

    Damons het twee van sy lopies self afgerond. Garsies se senterpaar, Dimitre Erasmus en Calven Scott, het ook daarin geslaag om heelwat spasie in die middelveld te skep. 

    Die Garsies het met dié sege die spook van verlede jaar se nederlaag op die einste veld teen Paarl Gimnasium (0-84). 

    Die Bere was met ‘n voorsprong van 31-0 teen rustyd reeds stewig in die saal. Die agtsteman, Maynard Kleynhans, was ook uitstaande. Hy het met sy vaart en krag heelwat probleme vir die Donkies se verdediging besorg.  

    Sy kaptein, Anrich Engelbrecht, en sy flankmaat, Abri van der Westhuizen, het ook die veld vol gespeel. Garsfontein kom Maandag in sy tweede wedstryd van die toernooi teen die Hoër Jongenskool Paarl te staan. 

    Vir die Donkies kan sy agtsteman, Luke Bock, sy kop omhoog hou na hy meer as kant in die vastelos asook by die afbreekpunte gebring het.

    Die Hoërskool Nelspruit se heelagter, Ethan van der Westhuizen, was met ‘n skitterende drie die verskil tussen sy span en Pretoria Boys’ High.

    Die Rhinos het die kragmeting met 20-13 gewen, maar Van der Westhuizen se drie vanuit sy eie kwartgebied na ‘n swak skop dwars oor die veld deur Pretoria Boys’ High het die telling kort voor rustyd op 13-elk gelyk getrek. 

    Daar was in die tweede helfte heelwat minder wind in Pretoria Boys’ High se seile. 

    Die span van Pretoria se kaptein en slot, Lilitha Matsiliza, het voorlangs inklimspel gelewer. Hy het voorlangs die fisieke stryd gelei, terwyl die agtsteman, Jason van der Merwe, ook ‘n klop op die skouer verdien. 

    Nelspruit se plaasvervanger-haker, Duard Diechmann, het in die tweede helfte oor die doellyn gebeur om die sege met sy drie te beklink. Die voorrymanne, Stefan Kleynhans en Ryan Venter, kan ook tevrede met hul vertonings voel. 

    Kleynhans het ‘n heel paar keer die bal goed gedra asook op die verdediging ‘n paar harde duikslae uitgevoer. 

    Puntemakers: 

    Garsfontein 67 (31) – Drieë: Jason Hugo (2), Michail Damons (2), Anrich Engelbrecht, Maynard Kleynhans, Luan Taylor, Abrie van der Westhuizen, Zander Lourens, Pieter Coetzer, Liam Dick. Doelskoppe: Nicallen Gabrielsen (5), Tireque Appollis. HTS Drostdy 0.

    Hoërskool Nelspruit 20 (13) – Drieë: Francois Odendaal, Ethan van der Westhuizen, Duard Diechmann. Doelskop: Danny van Staden. Strafdoel: Van Staden. Pretoria Boys’ High 13 (13) – Drieë: Litha Mkunqwana, Lilitha Matsiliza. Strafdoel: Justin Tattersall.

    [powr-comments id=”2636d42d_1648218561470″]

  • Paarl Boishaai se Erasmus nader sy honderdtal

    Paarl Boishaai se Erasmus nader sy honderdtal

    NewsG SeanErasmusDit is nou wel Sean Erasmus se eerste wedstryd terug aan stuur van sake vir die Hoër Jongenskool Paarl se eerstespan maar dit sal reeds sy 99ste wedstryd aan stuur van die skool se trots wees.

    Boishaai kom om 18:15 teen die Hoërskool Menlopark op die eerste dag van die 9de NMI Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi in Pretoria te staan. Dit sal albei spanne se eerste kragmetings van die seisoen wees. 

    Erasmus het verlede jaar na die Paarl teruggekeer na hy ‘n draai by die Leeus in Johannesburg gemaak het. 

    Menlopark het op sy plaasvervangersbank vir Arnold Coleske wat die seun van die bekende in musiekkringe met dieselfde naam. Hy behoort op haker in die tweede helfte sy verskyning te maak. 

    Erasmus se 100ste wedstryd aan stuur van Boishaai sal dus Maandag teen Garsfontein wees. 

    Welkom Gimnasium en Waterkloof behoort om 16:45 goed teen mekaar op te weeg. 

    Gimmies het al vier wedstryde agter die blad. Hy het seges oor Glenwood se Skadu A-span, die Dark Greens (17-12) en Landboudal van Jacobsdal (26-14) behaal. Die span van Welkom het ‘n drag slae teen Grey-kollege (14-64) ontvang, maar teen Monument (20-45) weer goed van homself rekening gegee.  

    Die Klofies was vanjaar twee keer aan die wenkant teen onderskeidelik Montana (29-11) en Transvalia (12-3). Die wedstryd teen Welkom Gimnasium sal dus sy grootste toets tot dusver wees.

    Die spanne is: 

    Waterkloof vs Welkom Gimnasium om 16:45:

    Waterkloof: 15 Reuven Ferreira, 14 Herman Viljoen, 13 Happy Makate, 12 Guillaume Marais, 11 Kennith Strydom, 10 Thorn Bester, 9 Johan Ströh, 8 Zander Thirion, 7 Edrich Doman, 6 Tyler Veldsman, 5 Christof Luüs, 4 Dale Arlow, 3 Jayd Austin, 2 Kevin van Staden, 1 Ruben Odendaal. Plaasvervangers: 16 Zane Maartens, 17 Luan Brown, 18 Jean Jooste, 19 Udét Momberg, 20 Juanco Maritz, 21 Hernus Marais, 22 Caleb McKlein.

    Welkom Gimnasium: 15 Ronaldo Kiewiet, 14 Rayvian Cupido, 13 Navan Goeda, 12 Julian Samuels, 11 Jayleigh Arendse, 10 Naylen Goeda, 9 Connlin Treurnicht, 8 Wian Fourie, 7 Ethan Jonee, 6 Dante Smith, 5 Devro Klein, 4 Divan Danhauser, 3 Nkululeko Shabalala, 2 Hlalefang Mbobo, 1 Tristan Appollis. Plaasvervangers: 16 Ayanda Sylwanayna, 17 Tshiamo Mamatela, 18 Mekyle Erasmus, 19 Khunu Radebe, 20 Jayden Venter, 21 Wian v/d Merwe, 22 Onalena Oliphant, 23 Melvin Mogwera.

    HJS Paarl vs Menlopark om 18:15: 

    Hoër Jongenskool Paarl: 15 Jean-Claude Mars, 14 Scott Nel, 13 Luke Carew, 12 Handré Nel, 11 Simon Basson, 10 Thurlon Williams, 9 Juan Loots, 8 Hugo-Ben Horn, 7 Divan Fuller, 6 Matthew Fick, 5 Ben Heydenrich, 4 Van Heerden Pretorius, 3 Bradley Stanfliet, 2 Juan Smal, 1 Tian Vorster. Plaasvervangers: 16 HB Odendal, 17 Alfie Holm, 18 Jo Hummelstitzer, 19 Robert-John du Preez, 20 Chris Nel, 21 Roan van Willing, 22 Marno Pretorius, 23 Jameel de Jongh.

    Hoërskool Menlopark: 15 Divan Viljoen, 14 Xander Loubser, 13 Nathan Mong, 12 Jayden Horn, 11 Gelarmo Links, 10 Marco Strydom, 9 Brendan Coetzee, 8 Hendré du Toit, 7 Altus Coertze, 6 Tiaan Engelbrecht, 5 Frikkie Dreyer, 4 Steyn Landman, 3 Ruben Barnard, 2 Ruan Wolmarans, 1 Llewellyn Deysel. Plaasvervangers: 16 Arnold Coleske, 17 Pieter Smit, 18 Deacon du Preez, 19 Themba Nyangintsimbi, 20 Markus Keet, 21 Christiaan Herbst, 22 Ruan Janse van Rensburg, 23 Stefan Nel.

    [powr-comments id=”a91648dd_1648199405921″]

  • Jade Brigade kom op Noord/Suid voor sy grootste toets tot nog te staan

    Jade Brigade kom op Noord/Suid voor sy grootste toets tot nog te staan

    NewsG Grey College skolerugbyDie Hoërskool Stellenberg het sedert sy rugbyprogram ‘n herlewing beleef het al groot tree gegee om saam met die groot honde op gereelde basis te blaf en sommer ook te byt.

    Die Jade Brigade kom egter Vrydag tydens die eerste dag van die NMI Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi teen ‘n perd van ‘n ander kleur, Grey-kollege, te staan. Dié hoofwedstryd van die eerste dag sal die eerste keer in die geskiedenis wees dat die twee skole se eerstespanne mekaar op die rugbyveld ontmoet.

    Grey was tot dusver vanjaar vernietigend en dit was veral die tempo waarmee die span van Bloemfontein gespeel het, wat kenners regop laat sit het. Die span van die Rosestad het tot dusver vir Welkom Gimnasium (64-15) en Duineveld (86-0) kaf gedraf.

    Grey is sonder twyfel vanjaar omgesukkel en sal vanjaar weer onder die voorste drie spanne in Suid-Afrika tel. In sy geledere is Caleb Abrahams (skrumskakel), Alfondso Isaacs (senter) en Juanré Breitenbach (haker) wie se name nog baie vanjaar gehoor sal word. Veral Abrahams speel met sy flinke diens ‘n belangrike rol in sy span se hoë tempo spelpatroon. 

    Stellenberg was ook vanjaar al twee keer in aksie met ‘n sege oor HTS Drostdy (33-27) tydens Boland Landbou se jaarlikse rugbydag, terwyl hy ook die knie met 12-6 teen Paarl Gimnasium verlede week moes buig. 

    Dié nederlaag teen Paarl Gimnasium is egter die wedstryd waaruit die span so bietjie selfvertroue vir die uitdaging teen Grey sal put. Op papier voor die seisoen sou meeste skolerugby-kenners en -entoesiaste hul geld op Paarl Gimnasium of Grey-kollege gesit het om die seisoen as die voorste skolespan af te sluit. So die Jade Brigade se afrigters, Divan Batt en Corné Kannenmeyer, sou waarskynlik vooraf baie tevrede gewees het indien hul dié telling van 12-6 aangebied was. 

    Dit beteken dat Stellenberg gewis nie onderskat kan word deur Grey vir die kragmeting nie. Stellenberg se flank Wessel Joubert sal wel soos teen Gimmies weer die veld vol moet speel indien hy wil sorg dat sy span ‘n teenvoeter vir Grey se tempo-rugby het.

    Die wedstryd word regstreeks deur SuperSport Schools gebeeldsend op YouTube, DStv Now asook via hul toepassing – die direkte skakel na die wedstryd is – https://bit.ly/SoRNoordSuid1.

    Die spanne is: 

    Grey-kollege: 15 Gunter van Rensburg, 14 Martin Botha, 13 Alfondso Isaacs, 12 Ulrich Wahl, 11 Janco Scheepers, 10 Bradley Giddy, 9 Caleb Abrahams, 8 Jean-Henri Smit, 7 Lukas Meyer, 6 Marno Stopforth, 5 JF van Heerden, 4 Ranon Fouché, 3 Casper Badenhorst, 2 Juanré Breitenbach, 1 Tat Botha. Plaasvervangers: 16 Nick Greyling, 17 AJ Burger, 18 Jean Erasmus, 19 Keegan Scholtz, 20 Morné Diederichs, 21 Christiaan van der Westhuizen, 22 Ian van der Merwe, 23 Benito Goeda, 24 Hayden Tolmay.

    Stellenberg: 15 Jayson January, 14 Chad van Wyk, 13 Gideon Anderson, 12 Damian Markus, 11 Ughan Africa, 10 Tommie Smook, 9 Aiden Muller, 8 Franco Roux, 7 Wessel Joubert, 6 Kobus Verster, 5 Corné Bruwer, 4 Daniel Kennon, 3 Herman Lubbe, 2 Josh Lilistone, 1 Skye Watkins. Plaasvervangers: 16 Damian Labuschagne, 17 Niel de Beer, 18 Stiaan Grobbelaar, 19 Joshua Hugo, 20 Damon Pereira, 21 Bambo Mngomeni, 22 Ruben Thompson, 23 Tyrone Labuschagne.

    [powr-comments id=”6e002448_1648141485618″]

  • Spoke word more tussen Garsies en Drostdy op Noord/Suid begrawe

    Spoke word more tussen Garsies en Drostdy op Noord/Suid begrawe

    NewsGNelspruitIn die kragmeting tussen die Hoërskool Garsfontein en HTS Drostdy tydens die eerste dag van die NMI Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi sal albei spanne probeer om spoke van die verlede te begrawe.

    Garsies het verlede jaar sy rieme lelik styfgeloop op die eerste dag van die toernooi teen Paarl Gimnasium (0-84). Die span van Pretoria sal egter nie weer in so lokval onvoorbereid inloop nie.

    Agt spelers wat verlede jaar in die wedstryd in aksie was, sal vanjaar weer vir die Turkoois Bere in aksie wees. Hulle is Michail Damons (heelagter), Pieter Coetser (senter), De Wet Lottering (haker), Henco Hugo (stut), Egan Botha (stut), Ruben le Roux (slot), Steven Nel (skrumskakel) en Boeloe Scott (senter). Slegs Damons en Coetzer was verlede jaar in die beginspan. 

    HTS Drostdy se afrigter, Hans Coetzee, sal sy spook teen die Hoërskool Garsfontein wil begrawe. Die laaste keer wat hy as hoofafrigter van ‘n eerstespan teen die Garsies kragte gemeet het was in die halfeindstryd van die Beeldtrofee van 2015 toe sy span Monument ‘n voorsprong van 36-10 in die laaste tien minute prys gegee het, om uiteindelik met 36-37 die knie te buig.

    Dit was ook Coetzee se laaste wedstryd aan stuur van sy geliefde Wit Bulle. Dit was nou wel sewe jaar gelede, maar ‘n sege oor Garsies sal gewis aan Coetzee ‘n soet smaak in sy mond laat. 

    Dit is die Donkies se eerste wedstryd ooit op die Noord/Suid-toernooi. Die span van Worcester het wel al drie wedstryde vanjaar agter die rug. ‘n Sege van 26-0 oor die Hoërskool Durbanville asook twee nederlae teen Stellenberg (27-33) en Bishops (19-27).

    Dit is veral die nederlaag teen Stellenberg wat die Garsies nie te gerus sal laat slaap nie. 

    Stellenberg het daarna met slegs 6-12 teen Paarl Gimnasium die knie gebuig. Garsfontein was nog nie vanjaar in ‘n amptelike wedstryd in aksie nie, maar het goeie kontaksessies teen Helpmekaar-kollege en Pretoria Boys’ High gehad om te slyp vir die eerste kragmeting. 

    Die enigste kragmeting tussen die Bere en die Donkies was in 2011 tydens die Oakdale Rugbyweek net buite Riversdal. HTS Drostdy was toe met 28-12 baas.

    Die Hoërskool Nelspruit en Pretoria Boys’ High sal elk slegs een wedstryd op die toernooi speel en skop die stryde tussen die eerstespanne op die eerste dag af. Die span van Pretoria was vanjaar nog net een keer in aksie teen Jeppe High School for Boys’ waar hy met 10-16 die knie gebuig het. 

    Die Rhinos van Nelspruit het vanjaar al teen Secunda (14-18) die knie gebuig en dan ook ‘n blink sege teen EG Jansen van Boksburg (35-33) behaal. 

    Nelspruit se plaasvervanger-vleuel, Aldo Muller, volg in die voetspore van sy twee ouer broers, Wessel (2014-15) en SP (2016-17), wat onderskeidelik as losskakel en haker vir die Rhinos uitgedraf het. SP was in 2017 die Rhinos se kaptein. Die slot Wian Stoltz se broer, Waldo, het self ook die Rhinos in 2020 aangevoer.

    Die Rhinos word deur Hennie Skorbinski en Dylan Herbst gebrei. Skorbinski het op sy dag vir die Luiperds en die Pumas se seniorspan uitgedraf.

    Die wedstryde word regstreeks deur SuperSport Schools gebeeldsend op YouTube, DStv Now asook via hul toepassing – die direkte skakel na die wedstryd is – https://bit.ly/SoRNoordSuid1.

    Die spanne is: 

    Pretoria Boys’ High vs Hoërskool Nelspruit om 13:45:

    Pretoria Boys’ High: TBC.

    Hoërskool Nelspruit: 15 Ethan van der Westhuizen, 14 Thando Nkosi, 13 Brent de Villiers, 12 Drikus Greeff, 11 Ulrich Cilliers, 10 Danny van Staden, 9 Andeon Pringle, 8 Leonard Bornman, 7 Francois Odendaal, 6 Bernard van Esch, 5 Wian Stoltz, 4 Juan Bezand, 3 Ryan Venter, 2 Andreas Fouché, 1 Stefan Veldsman. Plaasvervangers: 16 Duard Diechmann, 17 Juandré Ras, 18 Channon Wienneke, 19 Braam Basson, 20 Luke Poison, 21  Heino Meiring, 22 Aldo Muller, 23 Brendan Boucher.

    Hoërskool Garsfontein vs HTS Drostdy om 15:15: 

    Garsfontein: 15 Michail Damons, 14 Jason Hugo, 13 Calven Scott, 12 Dimitre Erasmus, 11 Liam Dick, 10 , 9 Steven Nel, 8 Maynard Kleynhans, 7 Abri van der Westhuizen, 6 Anrich Engelbrecht (kaptein), 5 Luan Taylor, 4 Divan Brits, 3 Henco Hugo, 2 De Wet Lottering, 1 Adriaan van Niekerk. Plaasvervangers: 16 Zander Lourens, 17 Leighton Cloete, 18 Egan Botha, 19 Ruben le Roux, 20 Christopher Sjoblom, 21 Zian Cilliers, 22 Tireque Apollis, 23 Pieter Coetzer. 

    HTS Drostdy: 15 Clayton Longman, 14 Nolan Adams, 13 De Wet Mostert, 12 Abraham Claassen, 11 Graham Thompson, 10 Anthony Bosch, 9 Jurie du Toit, 8 Luke Bock, 7 Matt Romao, 6 George Groenewald, 5 Daniel Verdoes, 4 Lood Prins, 3 Dujean Smit, 2 Corné Albertyn, 1 Charl Eksteen. Plaasvervangers: 16 Xander de Bruin, 17 Josh Petersen, 18 Quhain Claassen, 19 Etienne Claassen, 20 Romeo Farmer, 21 Jayden Fortuin, 22 Shaun Klein, 23 Arthur Mdliwa.

    [powr-comments id=”77d18850_1648137047777″]

  • School Profile – HTS Drostdy

    School Profile – HTS Drostdy

     

    Teams: 2004, 2005, 2006, 2007, 2008, 2009, 2010.

    Provincial Players: Rohan Kitshoff and WP Nel.

    1

  • Oakdale skud sy vere reg vir jaarlikse rugbyweek in Riversdal

    Oakdale skud sy vere reg vir jaarlikse rugbyweek in Riversdal

    Rugbyweek 2022 PosterDie 41ste Oakdale Rugbyweek net buite Riversdal skop Vrydag af met die Hoërskool Rustenburg wat in sy 100ste bestaansjaar in die hoofwedstryd teen die Hoërskool Diamanteld van Kimberley te staan kom.

    Die gasheer sal vanjaar self nie op sy week in aksie wees nie, weens sy verpligtinge tydens die NMI Toyota Noord/Suid-toernooi in Pretoria. 

    Die volgende twee wedstryddae se bepalings word eers na die vooropgaande dae se spel deur ‘n bepalingskomitee uitgewerk.

    Nie minder as 34 skole van regoor Suid-Afrika se eerstespann is op die week, wat deur Klein Karoo Saadproduksie geborg word, in aksie.

    Jaarliks word daar ook ‘n span op die toernooi gekies uit die beste spelers in elke posisie. Die span speel nie enige wedstryde nie, maar spelers soos Meyer Bosman, Cobus Wiese, Marius Delport en Jasper Wiese het al die eer gehad om die die span gekies te word.

    Al die wedstryde op die De Eike-veld word regstreeks op DigiTV uitgesaai. 

    Die bepalings is:

    25 Maart 2022 

    DE EIKE

    19:10 – Rustenburg vs Diamantveld
    18:00 – Kempton Park vs Die Brandwag (Uitenhage)
    16:20 – Zwartkop vs Pearson
    15:10 – Hermanus vs Alberton
    14:00 – Lichtenburg vs Hoërskool Upington
    12:15 – Oosterlig vs Robertson
    11:05 – Potchefstroom Gimnasium vs Hugenote (Wellington)
    09:55 – Brackenfell vs Jeugland
    08:45 – Ellisras vs Swartland

    POPULIERBOS

    16:20 – Sentraal vs Langenhoven Gimnasium
    15:10 – Parel Vallei vs Bredasdorp
    14:00 – Overberg vs Graaff-Reinet Volkskool
    12:15 – Vryburg vs Oudtshoorn
    11:05 – Merensky vs Augsburg Landbou
    09:55 – Strand vs Oos-Moot
    08:45 – Landboudal vs Montagu

    DE TUINE 

    09:55 – Vredendal vs Westering

    [powr-comments id=”04bda40d_1648193598885″]

  • Skolerugby van die hoogste gehalte kan verwag word tydens die Jean de Villiers o.16-rugbyfees

    Skolerugby van die hoogste gehalte kan verwag word tydens die Jean de Villiers o.16-rugbyfees

    Jean de Villiers RugbyfeesDie kaliber van die Jean de Villiers o.16-rugbyfees word deur die eerste dag van die toernooi onderstreep.

    Enige toernooi wat op die eerste dag reeds in die hoofwedstryd met ‘n bepaling tussen Paarl Gimnasium en Grey-kollege kan spog en dan nog ‘n kragmeting tussen Paul Roos Gimnasium en Affies as die vernaamste voorwedstryd is in ‘n klas van sy eie op o.16-vlak. 

    Die rugbyfees sal vir die eerste keer onder die naam van die Jean de Villiers rugbyfees deur Paarl Gimnasium aangebied word. Dié toernooi sou in 2020 reeds onder die naam geskied het, maar was weens die Covid-pandemie gekanseleer. Vanjaar se toernooi sal die 28ste o.16-rugbyfees wees wat deur Gimmies aangebied word.

    Die rugbyfees vind van Saterdag, 26 Maart tot en met Woensdag, 30 Maart in die Paarl plaas. Van die land se voorste o.16-spanne sal op die toernooi in aksie wees. 

    Gimmies sal in sy ander twee wedstryd tydens die fees teen Framesby van Port Elizabeth en Monument van Krugersdorp te staan kom.

    Grey sal in sy ander twee wedstryde teen onderskeidelik Potchefstroom Gimnasium en Menlopark die stryd aan. Die Parkies spog ook gewoonlik met junior-spanne wat saam met die bestes kan gesels. 

    Menlopark kom op die eerste dag teen Outeniqua van George te staan en pak ook vir Die Brandwag van Uitenhage. 

    Die bepalings is: 

    Saterdag, 26 Maart 2022 

    A-VELD 

    17:15 – Paarl Gimnasium vs Grey-kollege
    16:00 – Paul Roos Gimnasium vs Affies
    14:45 – Hoër Jongenskool Paarl vs Noordheuwel
    13:30 – Outeniqua vs Menlopark
    12:15 – Oakdale Landbou vs Waterkloof
    11:00 – Stellenberg vs Monument

    B-VELD 

    14:45 – Hoërskool Nelspruit vs Brandwag (Uitenhage)
    13:30 – Framesby vs Potchefstroom Gimnasium
    12:15 – Durbanville vs Rustenburg
    11:00 – Diamantveld vs Marlow Landbou

    Maandag, 28 Maart 2022

    A-VELD 

    17:15 – Paul Roos Gimnasium vs Outeniqua
    16:00 – Noordheuwel vs Durbanville
    14:45 – Hoërskool Nelspruit vs Oakdale Landbou
    13:30 – Monument vs Diamantveld
    12:15 – Grey-kollege vs Potchefstroom Gimnasium
    11:00 – Affies vs Marlow Landbou

    B-VELD 

    14:45 – Menlopark vs Brandwag (Uitenhage)
    13:30 – Paarl Boys’ High vs Rustenburg
    12:15 – Paarl Gimnasium vs Framesby
    11:00 – Stellenberg vs Waterkloof

    A-VELD

    08:45 – Paarl Gimnasium vs Monument
    07:30 – Stellenberg vs Potchefstroom Gimnasium

    B-VELD 

    08:45 – Grey-kollege vs Menlopark
    07:30 – Noordheuwel vs Oakdale Landbou

    C-VELD 

    08:45 – Paarl Boys’ High vs Diamantveld
    07:30 – Paul Roos Gimnasium vs Nelspruit

    D-VELD 

    08:45 – Rustenburg vs Framesby
    07:30 – Waterkloof vs Outeniqua

    E-VELD

    08:45 – Affies vs Brandwag (Uitenhage)
    07:30 – Durbanville vs Marlow Landbou

    [powr-comments id=”3580ce96_1648027920320″]