SSPN Test Site

Blog

  • Kwaggas beklink sege oor Boland Landbou op die Plaas

    Kwaggas beklink sege oor Boland Landbou op die Plaas

    NewsG Monument SkolerugbyDie Kwaggas van die Hoërskool Outeniqua het Boland Landbou se partytjie so ietwat bederf tydens laasgenoemde se jaarlikse rugbydag in die Agter-Paarl.

    Dit was die eerste keer sedert 2012 dat die twee spanne mekaar ontmoet het. Die Kwaggas was met 18-15 in ‘n klipharde tweestryd baas. Die besoekers het teen rustyd ‘n voorsprong van 11-3 danksy ‘n drie deur die agtsteman, Camden Schoeman, net voor lemoentyd.

    ‘n Drie deur Boland Landbou se binnesenter, Freddie Dreyer, het sy span weer binne reikafstand gebring, maar ‘n drie deur sy direkte teenstander, Estiaan Cronjé, vyf minute voor die einde was die finale spyker in die doodskis.

    Stellenberg het in die voorwedstryd van die rugbydag sy seisoen met ‘n sege van 33-27 oor HTS Drostdy van Worcester afgeskop.

    Monument het op sy tuisveld in Krugersdorp sy seisoen op ‘n drafstap met ‘n sege van 45-20 oor Welkom Gimnasium afgeskop. Monnas se Wit Bulle het teen rustyd reeds ‘n gerieflike voorsprong van 24-6 geniet.

    Die wenspan se vleuel Kevin van Wyk asook die buitesenter, Zain Henery, het elk twee keer gaan druk. Henery was een van sy span se sterre ondanks die feit dat hy tien minute in die koelkas in die tweede helfte moes deurbring.

    Die voorspelers wat seker gemaak het dat Van Wyk en Henery kon baljaar was die haker, Jan Botes, en agtsteman, Dylan Viljoen. 

    Voortrekker van Bethlehem het sy spiere vroeg gebult deur Durban High School met 36-22 af te stof. Die Trekkers het rustyd ‘n agterstand van 19-22 gehad, maar in die tweede helfte na ‘n hoër rat oorgeskakel.

    Die tuisveldvoordeel het sonder twyfel in die Trekkers se guns in die tweede helfte getel. Die span van Durban se agtsteman, Siseko Mani, asook die flank Dale Hendrikse is spelers om dop te hou.

    Goudveld-Hoërskool het met ‘n sege van 17-12 in die hoofwedstryd van sy jaarlikse sportdag in Welkom oor Fichardtpark gewys dat hy vanjaar ‘n aanspraakmaker op die titel Wesgrow-reeks is.

    Die kragmeting was ook albei spanne se eerste kragmeting in vanjaar se reeks.

    In die NWU 16-reeks is Piet Retief een van die vroeë gunsteling nah y met ‘n sege van 52-25 vir Ferrum van Newcastle geklop het om die groepwedstryde onoorwonne af te sluit.

    Pretoria-Noord het self met ‘n klinkende sege van 33-0 oor Stoffberg van Brakpan sy onoorwonne status behou.

    Die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort het in die hoofwedstryd van sy jaarlikse Pieter Swanepoel-sportdag op Page-park vir Bultfontein met 14-10 getroef.

    Die wenspan se agtsteman en kaptein, Dehan Muller, was uitstaande.

    In Kimberley het die Afrikaanse Hoër Seunskool sy onoorwonne status teen Diamantveld behou deur met 40-3 as oorwinnaars van die veld te stap.

    FOTO: Marius Nortjé

    AL DIE UITSLAE: 

    NOORDVAAL

    Monument 45, Welkom Gimnasium 20; Affies 40, Diamantveld 3; Waterkloof 12, Transvalia 3; Helpmekaar 24, Michaelhouse 20; Kempton Park 26, Hoërskool Klerksdorp 25; Eldoraigne 41, HTS Middelburg 33; Ermelo 35, Curro Nelspruit 19; Ben Viljoen 22, HTS Witbank 10; Frikkie Meyer 19, Brits 0; Louis Trichardt 20, Piet Potgieter 17; Merensky 23, Hoërskool Pietersburg 12; Eric Louw 36, Stanford Lake College 17; HTS Tom Naudé 24, Nylstroom 10; Secunda 43, HTS John Vorster 6; Hans Strijdom 23, Die Wilgers 17; Belvedere 19, Steelcrest 15; Orkney 31, HTS Potchefstroom 23; Curro Heuwelkruin 17, Curro Hazeldean 14.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Voortrekker (Bethlehem) 36, Durban High School 22; Goudveld-Hoërskool 17, Fichardtpark 12; Witteberg 19, Sentraal 19; Noord-Kaap 20, Jim Fouché 16; Louis Botha 21, Hentie Cilliers 11; Brandfort  Hoërskool Trio 29, Landboudal 24; President Steyn 22, Wessel Maree 10; Ladybrand 22, Sand du Plessis 20; St. Andrews (Bloemfontein) 26, Union High 23; Grey-kollege VII 17, Marquard 12; Affies II 29, Duineveld 10; Hennenman 14, Ficksburg 12.

    NWU PRESTIGE-REEKS

    Hoërskool Rustenburg 26, Noordheuwel 20; Die Anker 20, Hoërskool Middelburg 5; Lichtenburg 31, Marais Viljoen 24; Zwartkop 38, Oosterlig 8; Wesvalia 14, Hugenote (Springs) 12; Heidelberg Volkskool 28, Potchefstroom Gimnasium 10; Potchefstroom Volkskool 21, Oos-Moot 14; Montana 47, Jeugland 3.

    NWU SPORT-REEKS

    Hoërskool Alberton 36, Driehoek 10; Dr. Malan 13, Florida 11; Randburg 36, Standerton 22; Dinamika 31, Hoogenhout 7.

    NWU 16-REEKS

    Piet Retief 52, Ferrum 25; Pionier 33, Volksrust 7; Pretoria-Noord 33, Stoffberg 0; Wolmaransstad 64, Fochville 24; Bekker 28, Riebeeckrand 19; Vryburg 58, Schoonspruit 0; Oosterland 40, Delmas 22.

    OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL

    Glenwood 42, Northwood 19; Selborne College 41, Hoërskool Grens 7; St. Andrew’s College 18, Nico Malan 3; Brandwag (Uitenhage) 40, Westering 0; Marlow Landbou 18, Stirling 17; Aliwal-Noord 28, Matatiele 3.

    SUPERREEKS

    Hoërskool Tuine 38, Bergsig 12; Brandwag (Benoni) 17, Wagpos 15.

    WES-KAAP

    Outeniqua 18, Boland Landbou 15; Stellenberg 33, HTS Drostdy 27; Charlie Hofmeyr 29, Vredendal 10; Overberg 33, Charlie Hofmeyr 17; Langenhoven Gimnasium 22, Tygerberg 10.

    BOLAND LANDBOU OESFEES (geen stelskoppe nie)

    Durbanville 20, Hermanus 0; Augsburg Gimnasium 10, Milnerton 5; Brackenfell 5, Hugenote (Wellington) 0.

    [powr-comments id=”05391625_1647158482617″]

  • Affies skop seisoen Saterdag in Kimberley teen Diamonds af

    Affies skop seisoen Saterdag in Kimberley teen Diamonds af

    NewsG Affies‘n Nuwe era skop Saterdag vir Affies se eerstespan in Kimberley af.

    Die span van Pretoria kom Saterdag in die Diamantstad teen die Hoërskool Diamantveld op laasgenoemde se jaarlikse sportdag te staan. Die twee skole kom jaarliks sedert 2016 teen mekaar te staan. Dit sal vir Ruan Jacobs sy eerste wedstryd aan stuur van sake as hoofafrigter van die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria se trots wees. 

    Jacobs het self in 2005 en 2006 vir die Wit Bulle uitgedraf. Sy tweelingbroer, Niël Jacobs, was in 2006 Affies se eerstespan se onderkaptein. Albei was vroeër by Glenwood High School as afrigters betrokke en het in 2019 na hul alma mater teruggekeer. 

    Die Wit Bulle se vleuel Risima Sambo is verlede jaar in die Suid-Afrikaanse o.18-span ingesluit wat na Georgië sou toer. Die toer was agter afgelas. Affies se losskakel, Stehan Heymans, is ook ‘n speler wat vanjaar vir hom op eerstespanvlak ‘n naam kan maak. 

    Diamantveld word afgerig deur die voormalige Griekwa-flank, Leon Karremaker. Hy was in 2003 as die Cravenweek se Speler van die Toernooi aangewys. Diamonds is gehard soos diamante op hul tuisveld en daar kan ‘n reuse stryd voorlangs veral in die skrums verwag word. 

    Diamantveld het verlede week teen Sentraal van Bloemfontein te staan gekom en met 22-14 as oorwinnaars uit die stryd getree. Karremaker sal hoop dat sy span Saterdag teen Affies ‘n veel beter vertoning sal opdis. 

    Tydens die sportdag sal Duineveld en Hoërskool Upington se eerstespanne onderskeidelik teen Affies se tweedes en derdes kragte meet. 

    Die spanne is: 

    Hoërskool Diamantveld: 15 Marcus Maree, 14 Liam Ferris, 13 Henro Nel, 12 Ruan Watts, 11 Michael Prinsloo, 10 Dolf Holf, 9 Wynand Botha, 8 JP Vorster, 7 Junior van Niekerk, 6 Ruben Pienaar, 5 JJ Fourie, 4 JP Senekal, 3 Flip du Randt, 2 De Villiers Strauss, 1 Vice Hofmeyr.

    Affies: 15 JL van Rensburg, 14 Gustav Maritz, 13 Tiaan de Wet, 12 Heinrich Horn, 11 Risima Sambo, 10 Stehan Heymans, 9 Armand Shahia, 8 Beyers Roos, 7 CF Delport, 6 Ewan van Heerden, 5 Andreas Burger, 4 Anton Grotius, 3 Zack Maritz, 2 Hanro Venter, 1 Luchan Mouton.

    Afskop: 

    [powr-comments id=”01a15520_1646991170903″]

  • Secunda skok Nelspruit, terwyl Ferrum 15 jaar droogte teen Pionier verbreek

    Secunda skok Nelspruit, terwyl Ferrum 15 jaar droogte teen Pionier verbreek

    NewsG Zander Thirion Waterkloof SkolerugbyDit is duidelik dat die feit dat daar nie veel skolerugby die afgelope twee jaar weens die Coronavirus-pandemie gespeel kon word nie, ‘n impak op die spel gehad het.

    Verskeie skole se krag is meer gelyk na dié twee jaar en daarom beloof die seisoen om een vol verrassings en hoogtepunte te wees.

    Die Hoërskool Secunda het vir waarskynlik die eerste groot verrassing van dié seisoen gesorg toe hy vir Hoërskool Nelspruit in Mbombela met 18-14 getroef het.

    Die twee spanne van Mpumalanga het nog nie baie teen mekaar die afgelope 20 jaar gespeel nie, so niemand is seker of en wanneer laas Secunda vir Nelspruit geklop het nie.

    Secunda se Hanré Hattingh (flank), DJ Loock (loskopstut) en André de Lange (agtsteman) was voorlangs dorings in Nelspruit se vlees. Agterlangs was die senterpaar, Tyran Moolman en Tian Steyn, uitstaande.

    Fichardpark was tydens sy jaarlikse sportdag vir die eerste keer in jare aan die verloorkant. Die span van Bloemfontein het wel vir homself ‘n wedstryd teen Marlow Landbou opgestel wat hom behoorlik sou toets.

    En hoewel die telling van 27-5 in die Wolramme se guns was, sal Fichies nie te ontevrede oor hul vertoning voel nie. Die span se agttal met die flank Herman van Wyk en slot Jaco Grobbelaar aan die spits het nie vir die fisieke aanslag van die besoekers teruggestaan nie.

    Marlow se linkervleuel, Josiah Weideman, het die mooiste drie van die dag in die kragmeting gedruk toe hy ‘n lopie van bykans 70 meter afgerond het.

    Upington is welbekend as een van die warmste plekke in Suid-Afrika. Gister was daar egter iets warmer as die tempratuur in die Noord-Kaapse dorp, met Grey-kollege se eerstespan, wat witwarm in sy kragmeting teen Duineveld was.

    Grey het die Velties met 86-0 verniel in ‘n kragmeting wat slegs 56 minute lank was. Die span van die Rosestad het teen rustyd reeds ‘n voorsprong van 64-0 geniet. Daar moet ook in ag geneem word dat die wedstryd slegs 60 minute lank sou wees.

    Albei Grey se senters, Alfondso Isaacs en Ulrich Wahl, het ‘n driekuns aan drieë behaal. Die wenspan het met ‘n ongelooflike tempo gespeel met die skrumskakel, Caleb Abrahams, wat in sy 20 minute op die veld die pas aangegee het.

    In die NWU Prestige-reeks het die Hoërskool Rustenburg daarin geslaag om ‘n strawwe kragmeting in Klerksdorp teen Wesvalia met 22-16 te wen. In die enigste ander kragmeting in die reeks het Heidelberg Volkskool gesukkel om Oosterlig met 15-9 te troef.

    Die vreugdevure het hoog in Newcastle gebrand. Ferrum het vir die eerste keer in 15 jaar daarin geslaag om vir Pionier van Vryheid die loef af te steek. Die span van Newcastle was met 18-8 baas.

    Dit beteken dat Ferrum en Piet Retief volgende week sake sal uitspook wie ‘n kans sal staan om tot die uitkloprondes van die NWU 16-reeks deur te dring. Piet Retief het sy onoorwonne status in die reeks met ‘n klinkende sege van 59-0 oor Volksrust behou.

    Waterkloof het sy seisoen begin deur Montana met 29-11 te verslaan. Die Klofies se het voorlangs die pap dik aangemaak met die agtsteman, Zander Thirion, en flank Tyler Veltman aan die spits.

    Die twee Middelburg-skole het ook ‘n goeie dag op kantoor beleef. Hoërskool Middelburg het Ermelo met 31-0 afgestof, terwyl HTS Middelburg vir Witteberg van Bethlehem met 31-15 verslaan het.

    Boland Landbou vertrek op 24 Maart na Ierland waar hulle sal toer tot en met 3 April. Hulle sal in vier wedstryde teen onderskeidelik Greystones-klub, Presentation Brothers, Castelroy Collegen en Corinthians-klub te staan kom.

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    AL DIE UITSLAE:  

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Marlow Landbou 25, Fichardtpark 5; Grey-kollege 86, Duineveld 0; Jim Fouché 33, Lichtenburg 17; Welkom Gimnasium 26, Landboudal 14; Diamantveld 22, Sentraal 14; Klerksdorp 10, Louis Botha 7; St. Andrews 29, Wilgerivier 12; Sand du Plessis 31, Hopetown 24; Aliwal-Noord 19, Hentie Cilliers 0; HTS Saslolburg 41, HTS Welkom 11; Hartswater 19, Curro Kathu 19; President Steyn 17, Landboudal III 0; Grey-kollege II 43, Hoërskool Upington 32; Grey-kollege III 67, Kalahari 7; Grey-kollege VII 38, Namakwaland 26.

    OOS-KAAP

    Brandwag (Uitenhage) 26, Graaff-Reinet Volkskool 14.

    NOORDVAAL

    Blou Bulle: Waterkloof 29, Montana 11; Centurion 26, HTS John Vorster 7; Wonderboom 16, Hans Strijdom 14; Zwartkop 31, Ellisras 11; Curro Hazeldean 14, Herronbridge College 7; Eldoraigne 38, Die Wilgers 7.

    Limpopo: Erasmus (Bronkhorstspruit) 34, Nylstroom 16; Frans du Toit 15, Rob Ferreira 14; Merensky 21, Brits 12;

    Pumas: Secunda 18, Hoërskool Nelspruit 14; Hoërskool Middelburg 31, Ermelo 0; HTS Middelburg 31, Witteberg 15; Standerton 27, Hoogenhout 25; Morgenzon Landbou 19, HTS Middelburg III 10.

    Valke: EG Jansen 26, Transvalia 12; Hugenote (Springs) 32, Hoërskool Alberton 13; Die Anker 25, Marais Viljoen 17.

    NWU PRESTIGE-REEKS

    Hoërskool Rustenburg 22, Wesvalia 16; Heidelberg Volkskool 15, Oosterlig 9.

    NWU 16-REEKS

    Fochville 38, Schoonspruit 0; Piet Retief 59, Volksrust 0; Leeuwenhof 54, Riebeeckrand 3; Ferrum 18, Pionier 8; Vryburg 35, Wolmaransstad 25; Pretoria-Noord 37, Oosterland 7; Delmas 8, Stoffberg 7.

    SUPERREEKS

    Bergsig Akademie 20, Vereeniging Gimnasium 3; Brandwag (Benoni) 17, Wagpos 15; Birchleigh 17, Generaal Hertzog 5; Hoërskool Tuine 35, Linden 19.

    [powr-comments id=”b14bd613_1646543601732″]

  • Virseker nie meer borg van Noordvaal-trofee

    Na 5 jaar se borgskap is Virseker nie meer die borg van die Noordvaal rugbykompetisie nie.
    Die kontrak met Virseker het aan die einde van 2019 ten einde geloop.Na samesprekings en
    vergaderings met Virseker,is die verlenging van die borgskap teen spertyd nie hernu nie.
    As gevolg van Covid-19 kon daar vir ongeveer 2 jaar geen rugby gespeel word nie. Die
    Noordvaalkompetisie, die oudste van sy soort in die wereld, het in 1920 ontstaan as’n inter-
    skole kompetisie wat toe deur Ermelo gewen is.
    Vanaf 1922 tot en met 1981 was dit bekend as die Administrateursbeker.Vanaf 1982 tot
    1994 het die kompetisie bekend gestaan as die Direkteurstrofee. In 1995 verander die naam
    na die Beeldtrofee en vanaf 2016 staan hierdie kompetisie bekend as die Virsekerbeker.
    Voortaan (vanaf 2022) sal die kompetisie bekendstaan as die Noorvaalkompetisie totdat’n
    nuwe borg aan boord kom.
    Noordvaal bestaan uit 6 Rugbyprovinsies: Blou Bulle,Leeus,Luiperds,Valke,Pumas en
    Limpopo.Oor die afgelope 102 jaar was daar net 3 jare wat die kompetisie nie kon plaasvind
    nie. In 1948 a.g.v. polio en 2020 en 2021 a.g.v. Covid.Ons wil graag ons borge van die
    afgelope 102 jaar bedank vir hul betrokkenheid by skolerugby.Ons nooi dus ook enige
    belangstellendes uit wat bereid sal wees om as borge op te tree by hierdie grootste
    rugbyplatvorm in Suid-Afrika.
  • Fichies pak die Wolramme van Cradock tydens sy jaarlikse sportdag

    Fichies pak die Wolramme van Cradock tydens sy jaarlikse sportdag

    NewsG Fichardtpark skolerugbyDie Hoërskool Fichardtpark skud weer sy vere reg om Saterdag die grootste skolesportdag in Suid-Afrika en waarskynlik ter wêreld aan te bied.

    In die hoofwedstryd van rugby het die gasheer besluit om vanjaar die Wolramme van Marlow Landbou die stryd aan te sê. Fichies blyk egter vanjaar self ‘n lekker span in die veld te stoot. Hulle het verlede week op die Steyners se sportdag vir Wesvalia van Klerskdorp met 29-3 die loef afgesteek. 

    Die Wolramme behoort egter nog strawwer teenstand vir die Fichies te wees. Die sportdag is laas in 2020 aangebied met Fichardtpark wat die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad met 31-24 met die kous oor die kop huis toe gestuur het. Die Fichies het in die vorige drie hoofwedstryd van die dag vir Rooiskool verslaan.  

    Die Wesgrow-reeks skop ook tydens die sportdag af met Diamantveld en Sentraal wat mekaar die stryd sal aansê. Diamantveld is die vroeë gunsteling om koning in die kragmeting te kraai. Diamonds het verlede naweek Grey-kollege se derdespan met 32-19 verslaan.

    Sentraal het sy seisoen met ‘n sege van 19-5 oor Grey-kollege se vierde span verlede week afgekop. 

    Landboudal van Jacobsdal sal teen ‘n omgekrapte Welkom Gimnasium op die veld draf. Die Gimmies het verlede week teen Grey se eerstes met 15-64 in die stof gebyt. Die span sal omgekrap wees oor hulle vertoning verlede week. Die Lanties het Aliwal-Noord verlede week met 33-17 die loef afgesteek. 

    Goudveld van Welkom skop sy seisoen teen Noord-Kaap van Kimberley af. Die wedstryd beloof om ook vir heelwat opwinding te sorg. Albei spanne is ook deel van die Wesgrow-reeks, maar is nie in dieselfde groep nie. Die Gouties sal na die wedstryd presies weet hoeveel werk nog voorlê voor hulle volgende week op hul eie sportdag teen Fichies hul aanslag in die Wesgrow-reeks afskop. 

    Al die wedstryde op die A-veld word regstreeks op DigiTV uitgesaai – volg die volgende skakel na die wedstryde –  https://bit.ly/Fichies2022

    Die bepalings is: 

    A-VELD

    08:00 – Hentie Cilliers vs Aliwal-Noord
    09:10 – Sand du Plessis vs Hopetown
    10:20 – Louis Botha vs Hoërskool Klerksdorp
    11:30 – Sentraal vs Diamantveld
    12:40 – Landboudal vs Welkom Gimnasium
    13:50 – Noord-Kaap vs Goudveld-Hoërskool
    15:00 – Jim Fouché vs Lichtenburg
    16:20 – Fichardtpark vs Marlow Landbou

    [powr-comments id=”d2b11670_1646289091597″]

  • Klofies weer kampioene van die Finsbury-reeks

    Klofies weer kampioene van die Finsbury-reeks

    Die Hoërskool Waterkloof se eerstespan is steeds die kampioen van die Finsbury-liga

    Die Klofies het Saterdag op sy tuisveld vir die Hoërskool Menlopark in die eindstryd van die reeks met 113 lopies verslaan. Die tuisspan het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. 

    Waterkloof het toe 295/7 in sy toegelate 50 boulbeurte aangeteken. Twee vyftigtalle deur Marcus Bakker (74) en Stefan Driemeyer (73) het die fondasie vir die reuse-telling gelê.

    Waardevolle bydraes met die kolf deur Christiaan Janse van Vuuren (49) en Christiaan du Toit (48) het ook belangrike rolle in die sege vertolk. Die Parkies se Corné Burger (2/57) en Steve Stolk (2/72) was hul beste boulers. 

    Menlopark is daarna tot 182 lopies in 37.4 boulbeurte beperk. Sy aanvangskolwer Duan St Arnaud (83) het met sy vyftigtal moedig geveg. Stolk het ook ‘n waardevolle 30 lopies tot sy span se beurt bygedra.  

    Bakker (2/0), Tristan Luus (2/20) en Wian Ruthven (2/32) het elk van twee Menlopark kolwers ontslae geraak. Buiten die twee spanne in die eindstryd het Centurion, Nelspruit, Rustenburg en Potchefstroom Volkskool ook aan die boonste afdeling van die Finsbury-reeks deelgeneem. 

    Beknopte telkaart: 

    Waterkloof 295/7 (Marcus Bakker 74, Stefan Driemeyer 73, Christiaan Janse van Vuuren 49, Christiaan du Toit 48; Corné Burger 2/57, Steve Stolk 2/72); Menlopark 182 (Duan St Arnaud 83, Steve Stolk 30; Marcus Bakker 2/0, Tristan Luus 2/20, Wian Ruthven 2/32). Waterkloof wen met 113 lopies

  • Steyners bobaas teen Bultfontein op hul jaarlikse sportdag

    Steyners bobaas teen Bultfontein op hul jaarlikse sportdag

    NewsG President Steyn Reinardt WiidDie Hoërskool President Steyn se eerstespan het Saterdag tydens die skool se jaarlikse Hester van der Walt Sportdag sy seisoen op ‘n wennoot op Gonval Store-park afgeskop. Die Steyners het in ‘n strawwe wedstryd met 15-5 oor die Hoërskool Bultfontein geseëvier. 

    Die gasheer se kaptein en binnesenter, Christopher Fourie, asook die onderkaptein en vaskopstut, Luca Perpoli, het deurgans die vuur aangesteek wat hul span tot die oorwinning danksy ‘n spanpoging gehelp het.

    Dit was ‘n tipiese eerste wedstryd van die seisoen tussen die Hoërskool Jim Fouché en die Hoërskool Trio. Dit was boonop ‘n geskiedkundige oomblik weens die feit dat dit Trio se eerste wedstryd was. 

    JF was na 70 minute se fisieke spel met 20-3 baas. Die wenspan het teen rustyd ‘n naelskraapse voorsprong van 6-3 geniet.

    Jim Fouché se loskopstut, MJ Meyer, het met sy skrumwerk beindruk en ook in die vastelos gewoel. Hy is voorlangs goed bygestaan deur Phillip Noeth en die haker Stefan Venter. In die agterhoede het die binnesenter, Justin Pieterse, ‘n hele paar keer bresse in die verdediging geslaan, terwyl die heelagter, JP van Heerden, met sy taktiese skoppe en posisionele spel beindruk het.

    Die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort het sy seisoen met ‘n klinkende sege van 31-7 oor Wessel Maree van Odendaalsrus afgeskop. Die wenspan het teen rustyd ‘n voorsprong van 12-0 opgebou. 

    Brandfort se Anthonie Marx (slot), Jannes Dempsey (haker) en Ewan le Roux (binnesenter) het almal blink vertonings in die sege opgedis. Die span word vanjaar deur Flippie Slabbert en Shaun Prins afgerig. Prins, ‘n oud-leerling van Brandfort, het vroeër in sy loopbaan ook Roemenië se nasionale sewesspan verteenwoordig. 

    St. Andrews sal nie te ontsteld wees oor hul nederlaag van 13-7 teen die Hoërskool Marquard nie. Saints se span is nog nie naastenby op volsterkte nie, so hierdie kragmeting was vir die skool se eerstespan ‘n geleentheid om sy litte los te maak. 

    Die span van Bloemfontein het nog sewe krieketspelers buite aksie, wat die span deur die seisoen sal versterk. Dit moet egter geen van die glans van die Hoërskool Marquard se sege wegneem nie. 

    Vir Marquard het die linkervleuel, Tsepiso Mokone, asook die buitesenter, Prince Selikane, agterlangs uitstaande vertonings gelewer. Voorlangs was Thapelo Mekoa (agtsteman) en Tumelo Litabe (haker) op hul stukke.

    FOTO: Carla Wydeman

    Puntemakers: 

    President Steyn 15 – Drieë: Bartho Ackerman, Strafdrie. Strafdoel: Ruan Visser. Hoërskool Bultfontein 5 – Drie: Edward Pitse.

    Jim Fouché 20 (6) – Drieë: Calvin Bolt, Dalen Watkins. Doelskoppe: GJ Vos (2). Strafdoele: Vos, JP van Heerden. Hoërskool Trio 3 (3) – Strafdoel: Piet van Rensburg. 

    Brandfort 31 (12) – Drieë: Wehan Strydom (2), Dehan Muller, Stefan du Plessis, Gustav Maree. Doelskoppe: Henré Smith (3). Wessel Maree 7 (0)

    Marquard 13 – Drieë: Tsepiso Mokone, Prince Selikane. Strafdoel: Thapelo Mekoa. St. Andrews 7 – Drie: Leseli Sekhibane. Doelskop: Elia Mokouane. 

    Ander uitslae: 

    o.19B: Cherries 39, Welkom Gimnasium II 25; Louis Botha 12, Hoërskool Trio II 0.

    o.16: Bultfontein 53, President Steyn 5; Grey-kollege 12, Welkom Gimnasium 7; Wesvalia 31, Fichardtpark 5; Hoërskool Trio 19, Jim Fouché 14; Ladybrand 17, Reddersburg 13; Brandfort 10, Wessel Maree 0; Riebeeckstad 17, Marquard 5.

    o.15: Jim Fouché 19, Hoërskool Trio 5; Grey-kollege 58, Louis Botha 0; Fichardtpark 33, Wesvalia 17; Ladybrand 20, Reddersburg 17.

    o.14: Grey-kollege 55, Welkom Gimnasium 0; Wesvalia 26, Fichardtpark 17.

    [powr-comments id=”2850b2af_1645949608089″]

  • Grey-kollege waarsku vroeg en Trio maak sy debuut

    Grey-kollege waarsku vroeg en Trio maak sy debuut

    NewsG Grey College rugbyDie eerste skote van die skolerugbyseisoen het vanjaar vroeër as gewoonlik geklap.

    Grey-kollege van Bloemfontein het sommer ook vanuit die wegspringblokke ‘n waarskuwing aan hul teenstanders gerig. Die span van die Rosestad het ‘n oortuigende sege van 64-15 oor Welkom Gimnasium tydens die Hoërskool President Steyn se sportdag op Bainsvlei behaal.

    Grey se haker, Juanré Breitenbach, was uitstaande en sy span se beste speler in die sege. Hy was verlede jaar saam met Caleb Abrahams (skrumskakel) en Alfondso Isaacs (buitesenter) in die Suid-Afrikaanse o.18-span wat na Georgië sou toer.

    Buiten Breitenbach het die loskopstut en kaptein van Grey, Tat Botha, ook ‘n uitmuntende vertoning voorlangs gelewer. Hy was rotsvas in die skrums sowel as op die verdediging.

    Isaacs het agterlangs ook vir Gimmies hoofbrekens besorg. Abrahams het self ‘n goeie dag op kantoor beleef en twee keer agter die besoekers van Welkom se doellyn gaan kuier.

    Gimmies was vroeg in die moeilikheid toe Grey teen rustyd reeds ‘n voorsprong van 38-0 opgebou het. Die span van Welkom het wel daarin geslaag om met drie mooi drieë deur Ronaldo Kiewiet (losskakel), Tristan Appollis (stut) en Naven Goeda (buitesenter) meer aansien aan hul vertoning te gee.

    Daar was ook ‘n geskiedkundige oomblik tydens die Steyners se sportdag. Die Hoërskool Trio van Kroonstad het sy eerste wedstryd van die skool se bestaan gespeel. Hy moes egter die knie met 20-3 teen Jim Fouchê buig.

    Trio het einde verlede jaar ontstaan toe die twee aartsvyande van Kroonstad, Hoërskool Kroonstad (Blouskool) en die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) saamgesmelt het.

    Hoërskool Kroonstad het aan die einde van 1993 ook saam met HTS De Wet Nel en Kroonstad Landbou gesmelt, wat albei ook met trotse rugbygeskiedenisse spog.

    Trio se direkteur van rugby, Quintin Geldenhuys, het op sy dag Italië aangevoer en sy aangenome land in 67 toetse verteenwoordig.

    Dit was ‘n fisieke wedstryd voorlangs. JF se losskopstut, MJ Meyer, het die bal goed gedra en ook in die skrums die oorhand gehad. Saam met hom het die agtsteman, Henco Coetzee, en die haker, Stefan Venter, ook goeie vertonings gelewer.

    Fichardtpark sal ook meer as tevrede met hul sege van 29-3 oor Wesvalia van Klerksdorp wees. Dit sal aan die span ‘n goeie fondasie gee vir volgende week se hoofwedstryd tydens sy sportdag teen Marlow Landbou se Wolramme.

    In die eerste ronde van die NWU 16-reeks was daar ook ‘n paar verrassings. Die Hoërskool Piet Retief het op sy tuisveld in die Jack Botes-stadion die verdedigende kampioen van die reeks, Pionier van Vryheid, met 17-10 uitoorlê.

    Pionier was vanjaar opsoek na hul derde titel op ‘n streep. Die span van Vryheid het boonop nog elke jaar sedert hy by die reeks in 2015 aangesluit het die eindstryd gehaal.

    FOTO: Marnus van Wyk

    Al die uitslae:

    President Steyn Sportdag: Grey-kollege 64, Welkom Gimnasium 15; President Steyn 15, Bultfontein 5; Jim Fouché 20, Trio 3; Fichardtpark 29, Wesvalia 3; Brandfort 31, Wessel Maree 7; Sand du Plessis 17, Riebeeckstad 12; Ladybrand 34, Reddersburg 12; Marquard 13, St. Andrews (Bloemfontein) 7.

    NWU 16-reeks: Leeuwenhof Akademie 20, Bekker 7; Piet Retief 17, Pionier 10; Ferrum 16, Volksrust 12; Pretoria-Noord 15, Delmas 10.

    Vriendskaplik: HTS Middelburg 20, Secunda 11; Ermelo 34, Oosterlig 19; Potchefstroom Volkskool 15, Heidelberg Volkskool 0; Landboudal 33, Aliwal-Noord 17.

    [powr-comments id=”a32b8c98_1645946000254″]

  • Grey en Welkom Gim pak mekaar vandag op Steyners se Sportdag

    Grey en Welkom Gim pak mekaar vandag op Steyners se Sportdag

    Steyners SportdagSkolerugbyondersteuners van Bloemfontein kan hulle lippe aflek vir die program van die Hoërskool President Steyn se jaarlikse Hester van der Walt Sportdag net buite die Rosestad. 

    Die hoofvoorwedstryd op Gonval Store-park sal ongetwyfeld die meeste aandag trek. Grey-kollege sê hier vir Welkom Gimnasium die stryd om 16:10 aan. Die Gimmies het vanjaar al teen Glenwood se skadu-eerstespan met 17-12 op Sarel Cilliers se rugbydag op Glencoe sy seisoen afgeskop. Hierdie sal Grey se eerste wedstryd van dié seisoen wees. 

    Grey het drie spelers in sy geledere wat verlede jaar saam met die Suid-Afrikaanse o.18-span na Georgië sou toer. Hulle is die buitesenter, Alfondso Isaacs, skrumskakel Caleb Abrahams en die haker Juanré Breitenbach. Die toer is kort voor die span se vertrek weens die Covid-19 pandemie afgelas. 

    Grey se een kantman, Jean-Henri Smit, kan ook vir homself vanjaar naam maak. Hy is die seun van die voormalige Springbok- en Griekwa-flank, Philip Smit.

    Welkom Gimnasium het vier spelers in sy geledere van die Griffons se o.18-span verlede jaar op die Cravenweek sou verteenwoordig. Die Perses het wel na die kanselasie van die Cravenweek steeds wedstryde teen onderskeidelik die Luiperds, Oostelike Provinsie en KwaZulu-Natal gespeel. 

    Die viertal is Tristan Appollis (stut), Conlin Treurnicht (skrumskakel), Divan Danhauser (slot) en Jayleigh Arendse (vleuel). Hulle sal fyn deur Grey dopgehou moet word. 

    In die hoofwedstryd van die dag sal President Steyn teen die Hoërskool Bultfontein kragte meet. Die twee spanne behoort ook goed teen mekaar op te weeg. 

    Die Steyners word aangevoer deur sy binnesenter, Christopher Fourie

    Toeskouers sal ook ‘n geskiedkundige oomblik beleef wanneer die Hoërskool Trio van Kroonstad se eerstespan vir die eerste keer in hul geskiedenis in aksie sal wees. Hulle kom om 15:00 teen Jim Fouché te staan. Trio het einde verlede jaar ontstaan toe die Hoërskool Kroonstad (Blouskool) en die Afrikaane Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) saamgesmelt het. 

    Die span word deur die voormalige Italiaanse kaptein, Quintin Geldenhuys, afgerig. Geldenhuys is ‘n oud-Monumentaar wat Italië in 67 toetse verteenwoordig het. 

    Die bepalings is: 

    08:00 – St Andrews vs Marquard 
    09:10 – Reddersburg vs Ladybrand
    10:20 – Sand du Plessis vs Riebeeckstad
    11:30 – Brandfort vs Wessel Maree
    12:40 – Cherries vs Welkom Gimnasium II
    13:50 – Fichardtpark vs Wesvalia
    15:00 – Jim Fouché vs Trio
    16:10 – Grey-kollege vs Welkom Gimnasium
    17:20 – President Steyn vs Bultfontein

    [powr-comments id=”23cf266d_1645865017745″]

  • Eastern Cape powerhouses primed for Graeme Rugby Day

    Eastern Cape powerhouses primed for Graeme Rugby Day

    Graeme Andrew McCallumA programme of riveting matches featuring the powerhouses of Eastern Cape schools is guaranteed to provide a rugby extravaganza when the Graeme Rugby Day, sponsored by Buco, takes place in Makhanda on March 19.

    Tournament director Nico van der Meulen is excited about the array of talent which will be on display as Eastern Province and Border teams gear for a much-anticipated season after the two years of languishing in the Covid-19 wilderness. The Graeme Rugby Day was last held in March 2020.

    Adding spice to the occasion is that the fixtures present a series of match-ups between schools from EP and their Border counterparts, with bragging rights very much at stake.

    Hosts Graeme College, as has been their approach during their hosting of this day, have not shied away from taking on the bigger schools, and this year they will be seriously challenged by Border rivals Selborne.

    The East London outfit has a long and proud tradition of rugby and it is said that there is never a weak Selborne team.

    But Graeme, themselves, also own a rugby legacy of serious proportions and the class of 2022 will be fired up to make a point on their home ground.

    This is the feature match of the day, but it will be preceded by several mouth-watering clashes in which schools who don’t normally meet each other in the regular league schedules get a chance to play different opponents.

    In this way, Dale College will be gearing up for a titanic clash with the tough outfit of Marlow Agricultural from Cradock.

    Marlow is never subdued easily, but they will also need to be on guard against a Dale side well known for their exciting brand of rugby.

    Makhanda side Kingswood will be well tested when they take on Queen’s College, while Hudson Park and Cambridge will have their hands full against Nico Malan and Muir respectively.

    In a departure from the cross-border action in two earlier games, there are sure to be outstanding encounters when Grey High face Brandwag and St Andrew’s take on one of the top Gqeberha schools in Framesby.

    These are repeat fixtures from the 2020 Graeme Rugby Day which threw up two epic games, won by Brandwag (17-10) and St Andrew’s (15-12).

    All four teams will be aware of the significance of laying down a marker early in the season and that will only add an extra dimension to the exciting programme set up for Somerset Field.

    PHOTO: Bern Mackenzie

    The fixtures are:

    08:00 – Pearson vs Mary Waters
    09:10 – Hudson Park vs Nico Malan 
    10:20 – Cambridge vs Muir College
    11:30 – Dale College vs Marlow Landbou
    12:40 – Grey High School vs Brandwag (Uitenhage)
    13:50 – St. Andrew’s College vs Framesby
    15:00 – Kingswood College vs Queen’s College
    16:10 – Graeme College vs Selborne College

    [powr-comments id=”4a690b6c_1645678527598″]