Na ‘n gedwonge breuk van twee jaar weens die Corona-virus pandemie kan skolerugby liefhebbers en spelers in die sentrale streek weer in 2022 uitsien na strawwe kompetisie in die Wesgrow-reeks.
Die verdedigende kampioen, Voortrekker van Bethlehem, is saam met sy aartsvyand vanuit die Riemland, Witteberg, Goudveld-Hoërskool en Fichardtpark van Bloemfontein vir sy groepwedstryde geloot.
Die Trekkers het die Hoërskool Noord-Kaap in die laaste eindstryd asook Wesgrow wedstryd in 2019 met 40-29 verslaan. Diamantveld van Kimberley was in 2018 die eerste kampioen toe hy vir Goudveld met 29-26 in die eindstryd verslaan het.
Voortrekker was in 2018 en 2019 as die algehele rugbykampioen van die reeks aangewys.
Diamantveld, Noord-Kaap, Sentraal en Jim Fouché sal sake teen mekaar in die ander poel uitspook vir ‘n plek in die eindstryd.
Weens die noodgedwonge breuk van twee jaar behoort daar heelwat verrassings te wees. Heelwat van die skole se afrigtingskorps het in die tydperk verander, terwyl niemand weet hoeveel werk agter die skerms by elke skool se rugbyprogram gebeur het nie.
Die uitvoerende direkteur van die kompetisie is Paul Sauer (Goudveld-Hoërskool). Sy adjunk is Gys Coetzee van Voortrekker, terwyl Herman van der Merwe (Fichardtpark) die Direkteur: Bemarking is. Al drie is ook hulle onderskeie skole se hoofde.
Ander direkteure op die bestuur is – Nadia Olivier (Goudveld – Administrasie), Charles Liversage (Sentraal – Finansies), Nati Labuschagne (Voortrekker – Media), Roxy Siebert (Goudveld – Fondswerwer) en Dries Pretorius (Voortrekker – Toernooidirekteur). Wesgrow as borg het in Riaan van Rooyen en Dirk Pretorius ook twee verteenvoordigers op die bestuur.
Die rugbyvoorsitter van dié reeks is Jorrie Grobbelaar (Sentraal) met Frans Crous van Goudveld wat die ondervoorsitter is. André Burger (Fichardtpark) is die sekretaris, terwyl DP Coetzee (Witteberg) en Justin Taylor (Voortrekker) ook tot op dié bestuur gekoopteer is.
Die Poele is:
Poel A: Fichardtpark, Goudveld-Hoërskool, Voortrekker, Witteberg.
Poel B: Diamantveld, Jim Fouché, Noord-Kaap, Sentraal.
[powr-comments id=”cf8cad3a_1638599550905″]


Die Hoërskool Oos-Moot het nog ‘n reuse stap geneem om sy sportprogram, maar veral sy rugbyprogram ‘n reuse hupstoot te gee. Die skool het die voormalige Springbok-haker, Danie “Tokkelos” Coetzee, aangestel om die kondisionering van die skool se sportspanne asook die gimnasium te hanteer. 

Is 2021 the year for the south to bag their first title in the annual North/South T20 tournament?
Sean Erasmus, skuif na drie jaar terug na die land van die blou baadjie wanneer hy hom weer aansluit by die Hoër Jongenskool Paarl as Hoof van Rugbyafrigting. 
Gysbert Wege, kaptein en bobaas kolwer van die Hoër Jongenskool Paarl, het die wilgerlat tydens die Cape Schools Week geswaai soos geen ander Boishaaier nog voor hom kon nie. 

The 61st Oppenheimer Michaelmas Week will take place in the KwaZulu-Natal Midlands from Saturday, 2 October 2021 with some of the country’s top cricket nurseries taking part in this prestigious festival.
Paarl Boys’ High’s Head of Rugby, Peter Engledow, has decided to explore new opportunities in his coaching career after a three-year stint at the prestigious Paarl school. The school announced the departure of Engledow in a press release earlier today.
Potchefstroom Gimnasium will be more than happy with their recent tour through the Eastern Cape.