Suid-Afrikaanse skolerugby keer vandeesweek na 393 dae in die Covid19-wildernis op Donderdag die 23ste April terug met ‘n eerste vir skolerugby in die land. Vir die eerste keer ooit sal daar ‘n skolerugby-wedstryd in die middernagtelike ure beslis word.
Die Hoërskool Bekker sal gasheer vir ‘n unieke eerste wedstryd na die breuk teen die Hoërskool Fochville wees.
Die kragmeting tussen die twee skole sal weens die afskoptyd van ‘n minuut na middernag (00:01) op die 23ste April die eerste amptelike skolewedstryd wees sedert president Cyril Ramaphosa langer as ‘n jaar gelede op 23 April 2020 die grendeltydperk aangekondig het.
Dié wedstryd sal regstreeks op DigiTV uitgesaai word. Toeskouers sal weens die inperking nie toegelaat word nie, maar ondersteuners kan via die stromingsdiens inskakel om dié eerste te beleef.
Die kragmeting tussen Bekker se Mambas en Fochville sal ook dan die eerste kragmeting van vanjaar se Virsekerbeker wees. Die twee spanne neem in Afdeling 3 van die oudste skolereeks in Suid-Afrika deel. “Ons is nou so honger om rugby te speel dat ons nie langer kan wag nie, so ons het besluit om op die vroegste oomblik wat ons toegelaat word te speel,” het Bobby McLeod van Fochville gesê.
Die Virsekerbeker sou in 2020 sy 100ste bestaansjaar gevier het. Die kompetisie het voorheen ook as die Administrateursbeker, Direkteurstrofee, Beeldtrofee en Virseker Beeldtrofee bekend gestaan.
Die ondersteuners wat die meeste uitgehonger is kan reeds vroeg ‘n fix skolerugby kry deur in te skakel vir die kragmeting tussen twee trotse plattelandse skole. Bekker het natuurlik in 2018 sy vierde Springbok in Marco van Staden opgelewer. Die ander drie Springbokke is Piet Botha (1965), Dave Frederickson (1974) en Johan Strauss (1976).
[powr-comments id=”96aacdf6_1618738023291″]


Die Hoërskool Monument is besig om te red wat te redde is, om steeds volgende week ‘n rugbyfees ter viering van die skool se 100ste bestaansjaar te vier. Die skool se rugby breintrust met Tjaart van der Walt en Wynand Moolman is hard besig om alles in plek te sit sodat die skool steeds volgende week ‘n rugbyfees aan te bied.
UNDER THE AUSPICES OF THE SA SCHOOLS CHALLENGE TRUST HOËRSKOOL MONUMENT EUFEES RUGBY FEES 2021
Schools and club rugby received a massive boost on Thursday as SA Rugby granted permission for the players to return to the field in April following a one-year hiatus due to the COVID-19 pandemic.
Die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging (SASRV) het ‘n besluit geneem om die “verlore generasie” van SA Skolerugby, die matriekgroep van 2020, nog ‘n geleentheid te gee om sy staal op die rugbyveld te wys. Die SASRV het toestemming by die Departement van Basiese Onderwys toestemming gekry dat seuns wat in 2020 matriek geskryf het, vanjaar ‘n sogenaamde post-matriek jaar kan doen.

SA Rugby announced that club rugby, from Under-19 level upwards, will be permitted to move to contact training (Phase 2 of the integrated return to train and play) from Monday 15 March, provided all players had undertaken non-contact training for at least four weeks.