SSPN Test Site

Blog

  • Oakdale Landbou wys Affies wie is baas op die plaas

    Oakdale Landbou wys Affies wie is baas op die plaas

    NewsGOakdaleLandbouOakdale Landbou se Bulle het die Wit Bulle van die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria op hul agterplaas in die Jakarandastad met 46-21 van die grond af laat eet. Die wedstryd was die hoofwedstryd van die eerste dag van die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi.

    Dit was boonop die span van Riversdal se eerste sege ooit oor Affies. Die twee skole se eerstespanne het mekaar wel nog net twee keer vantevore op die rugbyveld ontmoet.

    Die eerste keer was in 1991 (31-3) en daarna het die spanne eers weer in 2014 (21-10) ontmoet. Affies was albei kere baas.  

    Oakdale spog vanjaar met ‘n bulspan en gaan nog ‘n hele paar spanne behoorlik op hul neuse laat kyk. Die agtsteman, Philip Kleynhans, is ‘n natuurlike groot seun wat waarskynlik nie sy gelyke op skoolvlak vanjaar in sy posisie het nie. 

    Kleynhans het voorlangs ingedons en saam met die kantman, Paul de Villiers, die tuisspan tot oorgawe help dwing. De Villiers is Oakdale se hoofseun en is vir sy goeie spel met ‘n drie beloon. 

    Oakdale se skrumskakel, Neil le Roux, is ook ‘n speler wie se naam nog baie vanjaar sal opduik. Hy is nie net ‘n akkurate stelskopper nie, maar sy taktiese skopwerk van agter die loskrums verdien ook lof. Hy het boonop op die verdediging ook reuse werk vir die wenspan verrig. 

    Die drie van die heelagter, Matthew Golden, sal nog ‘n hele paar keer opduik op hoogtepunte van die wedstryde. Hy het a la Jonah Lomu oor Mike Catt in die Wêreldbeker-halfeindstryd van 1995 oor ‘n laaste verdediger van Affies gehardloop om sy drie in die hoek te druk.

    Op ‘n stadium het dit geblyk of Wit Bulle vir slegs die tweede keer in die geskiedenis ‘n vyftigtal sou afstaan. Die enigste ander keer was ‘n donker dag in 2016 toe hulle met 29-53 teen Grey-kollege van Bloemfontein die onderspit gedelf het. Danksy rotsvaste verdediging het dit boonop gelyk of Affies dalk nie ‘n drie in die wedstryd sou druk nie, maar die Wit Bulle het gelukkig nooit handdoek ingegooi nie. 

    Vir Affies het sy agtsteman, Dillon Smith, en skrumskakel, Layton Horn, deurgans moedig probeer. Smith het sy lyf op die spel geplaas asook ‘n paar goeie lopies ingekry. Horn het ondanks die rotsvaste verdediging van Oakdale gereeld goeie vrae aan die verdediging gevra. 

    Affies kom Saterdag in die hoofwedstryd van die laaste dag teen Welkom Gimnasium te staan, Oakdale Landbou sal Vrydag in die hoofwedstryd teen Garsfontein in aksie wees.

    Puntemakers: 

    Oakdale Landbou 46 (29) – Drieë: Paul de Villiers, Enrique Arendse, Matthew Golden, Morné Els, Keagan Coerecius, Johan Balt. Doelskoppe: Neil le Roux (5). Strafdoele: Le Roux (2). Affies 21 (9) – Drieë: Layton Horn, Junior Masilela. Doelskop: Riaan Gerber, Strafdoele: Gerber (3).

    [powr-comments id=”4e9f624d_1619555244878″]

  • Gimmies slag Garsfontein af tydens Noord/Suid-toernooi

    Gimmies slag Garsfontein af tydens Noord/Suid-toernooi

    NewsGPaarlGimPaarl Gimnasium se eerste rugbyspan sal nie maklik vanjaar op die rugbyveld gestuit word nie. Die Gimmies het vir Garsfontein met 84-0 tydens die eerste dag van die Barloworld Toyota Menlyn Noord-Suid-toernooi verneder.

    Dié nederlaag is Garsies se grootste sedert hy in 2010  met ‘n honderdtal teen die Hoërskool Waterkloof (102-0) in die stof gebyt het. Daardie nederlaag het destyds tot die oplewing van Garsies se rugby gelei, maar die nederlaag teen Gimmies sou sonder twyfel net so seer gemaak het.  

    Gimmies het oor heeltemal te veel skietgoed vir Garsfontein beskik. Die span van die Paarl het teen rustyd ‘n gemaklike voorsprong van 21-0 opgebou, maar het daarna in die tweede helfte na ‘n hoër rat oorgeskakel.

    Die span se hotklou losskakel, Liam Koen, het 27 punte in die oorwinning aangeteken. Koen het een van sy span se 12 drieë in die wegholsege gedruk en met al elf sy pogings pale toe geslaag.

    Die laaste doelskop is deur die binnesenter, PA van Niekerk, waargeneem. Hy en sy sentermaat, CP Kleynhans, het baljaar in die middelveld. Albei die spelers het dubelle driedruk-plesier ervaar. 

    Gimmies se flank Corné Beets het die veld vol gespeel en met ‘n paar kragtige lopies die verdedigers laat bontstaan. Sy flankmaat van Saterdag se sege oor Grey-kollege (18-16), Luca Bakkes, het die keer op haker gesak en weer ‘n beduidende impak gehad. 

    Hoewel Gimmies was ‘n eenheid ‘n uitstekende wedstryd beleef het verdien Koen se skakelmaat, Michael Koch, ook ‘n klop op die skouer. Hy het die spel goed gelees en sy losskakel van goeie diens verskaf.

    Gimmies kom Saterdag teen Helpmekaar-kollege in sy volgende wedstryd van die toernooi te staan. Hoewel Helpies se aandag eers op Woensdag se kragmeting teen Outeniqua sal wees, sal die span van Johannesburg se afrigters sonder twyfel ietwat bekommerd wees oor wat Saterdag op hul span wag.

    Puntemakers: 

    Paarl Gimnasium 84 (21) – Drieë: PA van Niekerk (2), CP Kleynhans (2), Janeil Losper, Corné Beets, Frankie dos Reis, Luca Bakkes, Liam Koen, Luan Botha, Logan Opperman, Dean Crouse. Doelskoppe: Koen (11), Van Niekerk. Garsfontein 0.

    [powr-comments id=”619a685a_1619547094593″]

  • Kwaggas en Rusties aan die wenkant op Monnas se Eeufees-toernooi

    Kwaggas en Rusties aan die wenkant op Monnas se Eeufees-toernooi

    NewsGNoordheuwelDie Hoërskool Outeniqua het net genoeg brandstof in sy tenk gelos om die Hoërskool Noordheuwel met 29-17 tydens die tweede dag van die Monnas Eeufees-toernooi in Krugersdorp te troef.

    Daar kan weer na die wedstryd gekyk word op DigiTV.co.za deur die volgende skakel te volg – http://bit.ly/noordout

    Dit was ‘n kragmeting van twee helftes na die Kwaggas reeds teen rustyd ‘n stewige voorsprong van 22-5 opgebou het.

    Die Kwaggas was in beheer van sake in die eerste helfte, maar het in die tweede helfte so bietjie fut verloor. Daar moet egter ook genoem word dat buiten die lugdruk en dat dit die eerste wedstryd van die seisoen was daar ook ‘n sterk wind tydens die kragmeting gewaai het. 

    So dit is nie ‘n geval dat die Kwaggas nie fiks is nie, maar liewer ‘n sameloop van omstandighede wat veroorsaak het dat die tweede helfte van die kragmeting aan Noordheuwel behoort het. 

    Die Kwaggas se binnesenter, Johan Leonard, het ‘n goeie dag op kantoor beleef. Hy is natuurlik die seun van die voormalige Springbok-agtsteman, Anton Leonard.

    Sy sentermaat, Simeon Oosthuizen, het sommer in die eerste minuut al sy span se rekening met ‘n skitterende drie ge-open. Die losvoorspelers Divan Coetzee en Francois Breytenbach het ook stewige vertonings gelewer.

    Die Nories het egter nie al sy geleenthede wat na sy kant toe gekom het benut nie. Die verloorspan se agtsteman en kaptein, Hardus Nortjé, het deurgans goeie spel gelewer. 

    Die Kwaggas kom Woensdag in sy volgende wedstryde van die seisoen teen Helpmekaar-kollege tydens die Barloworld Noord/Suid-toernooi te staan. Noordheuwel is ook op die toernooi in aksie en het ‘n moeilike vraestel wat op hulle wag Woensdag wanneer hulle teen die Hoër Jongenskool Paarl op die veld draf.

    Die Hoërskool Rustenburg se buitesenter, Storm van Plaster, het ‘n storm op Pretoria Boys’ High in die middelveld losgelaat en sy span in staat gestel om met ‘n oortuigende sege van 41-15 as oorwinnaars van die veld te stap. Van Plaster het ‘n driekuns aan drieë behaal. 

    Daar kan weer na die wedstryd gekyk word op DigiTV.co.za deur die volgende skakel te volg – http://bit.ly/ruspretoria

    Van Plaster het agterlangs vir Pretoria Boys’ High probleme besorg, terwyl die woelige haker, Michael Pieterse, ook ‘n doring in die span van die Jakarandastad se vlees was. 

    FOTO: Johan Orton

    Puntemakers: 

    Outeniqua 29 (22) – Drieë: Simeon Oosthuizen, Dylan Lamprecht, Riaan Swart, Francois Breytenbach, Casten Michaels. Doelskoppe: Johan Leonard, Dewanley van Rensburg. Noordheuwel 17 (5) – Drieë: Donovan Britz, Hardus Nortjé, Bertie Venter. Doelskop: Goitse Tsimakwane.

    Hoërskool Rustenburg 41 (19) – Drieë: Storm van Plaster (3), J de Fortier, H Bosse, E van Tonder, C de Lange. Doelskoppe R Moabi (3). Pretoria Boys’ High 15 (8) – Drieë: Kian Kurz, Jarryd Carelse. Doelskop: Wynand Roeloffze. Strafdoel: Roeloffze.

    [powr-comments id=”498308a8_1619367650012″]

  • Wit Bulle weer eerste aanslag van die seisoen teen die Donkies af

    Wit Bulle weer eerste aanslag van die seisoen teen die Donkies af

    NewsGMonnasDie Wit Bulle van die Hoërskool Monument het sy skool se 100ste bestaansjaar met ‘n naelskraapse sege van 28-26 oor HTS Drostdy van Worcester in die hoofwedstryd van sy Monnas Eeufees-toernooi in Krugersdorp afgeskop. Die gasheer het teen rustyd ‘n voorsprong van 21-11 geniet.

    Monnas beskik oor ‘n makro-agttal, maar daar lê nog werk voor vir die pak voorspelers om as ‘n eenheid saam te speel. Indien dit die dag gebeur, voorspel ons dat daar min spanne die Wit Bulle vanjaar sal kan stuit.

    Die Donkies was Worcester het egter nie ‘n tree vir die fisieke aanslag van Monnas se agttal terug gestaan nie. Die besoekers se losskakel, JP Britz, het na die spanne vir 20 minute behoorlik onder mekaar ingeklim het met ‘n strafdoel die eerste punte aangeteken.

    Vanaf die daaropvolgende afskop van Monnas trek nie tien tree nie en boonop wip die bal nog terug tot verby die halflyn waar Drostdy se spelers besluit om wel aan te speel.

    Minder as ‘n minuut na die afskop sny die Donkies se buitesenter, Percy Basson, soos ‘n warm mes deur botter regdeur Monnas se agterlyn om agter die doellyn te gaan kuier. Basson het in die tweede helfte weer hakskene vir Monnas se verdedigers gewys om sy span se kanse in die kragmeting lewendig te hou. 

    Monnas se kaptein en loskopstut, Jan-Hendrik Bessinger, het sy span se eerste drie gedruk na die binnesenter, Conrad Seventer, self ‘n bres in Drostdy se verdediging geslaan het. Bessinger was soos ‘n losvoorspeler byderhand om die laaste aangee te ontvang toe Sevenster voor die doellyn platgetrek is.

    Monnas se groot agtsteman, Tiaan Wessels, het met ‘n duikslag die aanvoorwerk vir Evan Retief se tweede drie gedoen. Wessels het in 2019 vir HTS Middelburg se Rooi Bulle uitgedraf, maar het intussen die rooi stof afgeskud om ‘n Wit Bul te raak. 

    Monument se volgende kragmeting is Dinsdag op die eerste dag van die Barloword Toyota Noord/Suid-toernooi teen die Hoërskool Stellenberg. HTS Drostdy kom Maandag teen die Hoërskool Ben Vorster in die hoofwedstryd van Monnas se Eeufees-toernooi te staan. 

    FOTO: Marius Nortjé

    Puntemakers: 

    Monument 28 (21) – Drieë: Evan Retief (2), Jan-Hendrik Bessinger, Deon Groenewald. Doelskoppe: Alec Vermaak (4). HTS Drostdy 26 (11) – Drieë: Percy Basson (2), Nayren Solomons. Doelskop: JP Britz. Strafdoele: Britz (3).

     

  • Von Ludwig en Venter aan spits van Boishaai-sege oor Welkom Gim

    Von Ludwig en Venter aan spits van Boishaai-sege oor Welkom Gim

    NewsGCompionvonLudwigDie Hoër Jongenskool Paarl moes aanvanklik harder werk vir sy oortuigende sege van 59-21 oor Welkom Gimnasium as wat die telling aandui. Boishaai het ‘n skamele voorsprong van ‘n enkele punt (22-21) geniet toe lemoentyd aangebreek het. 

    Die twee spanne het mekaar tydens die tweede dag van die Monnas Eeufees-toernooi in Krugersdorp die stryd aangesê. Daar kan weer na die wedstryd gekyk word op DigiTV.co.za deur die volgende skakel te volg – http://bit.ly/BoishaaiWelkom

    Boishaai se losskakel, Compion von Ludwig, het ‘n statige vertoning op losskakel gelewer. Hy het 27 van sy span se punte aangeteken. Dit het ‘n driekuns aan drieë ook ingesluit. Hy het die driekuns met die laaste beweging van die wedstryd voltooi. 

    Von Ludwig beskik oor ‘n geleerde skopskoen en hy sit sy agterlyn seepglad weg. Hy is gewis ‘n speler wat vanjaar nog baie oor gepraat sal word. Een van sy strafdoele het hy vanaf die halflyn oorgeklits.

    Sy direkte teenstander, Bennie Human, hoef egter self nie ‘n tree vir Von Ludwig terug te staan nie. Human is ‘n opwindende aanvallende losskakel wat die span van die Paarl se verdedigers behoorlik met sy dartellopies getoets het. Gimmies het op die sirene wat rustyd aangedui het gaan druk met die buitesenter, Keno Alexander, wat afgerond het. 

    Boishaai se beste speler op die dag was sy slot Ruan Venter. Hy het sy eerste van twee drieë vanaf die afskop van die kragmeting gedruk. Venter se vertoning was waarskynlik die beste van enige speler op die dag. Hy het ook ‘n hele paar spelers se ribbes blou met sy lakwerk gelaat. Sy slotmaat, Coetzee le Roux, het self ‘n goeie dag op kantoor beleef. 

    Gimmies se kanse om ‘n opskudding te veroorsaak is deur twee beserings in die wiele gery. Eers moes die flank Tsepiso Witzie die veld weens ‘n skouerbesering verlaat. Hy was ‘n doring in die vlees van Boishaai by die afbreekpunte. Later moes die stewige en ervare agtsteman, Calla Pienaar, die veld verlaat. 

    Pienaar is ‘n fisieke spelers en dit was duidelik dat hy na sy vertrek gemis was. Sonder hom en Witzie was die oemf uit Gimmies se aggtal.  

    FOTO: Johan Orton

    Puntemakers: 

    HJS Paarl 59 (22) – Drieë: Compion von Ludwig (3), Ruan Venter (2), Ethan Isaacs, Ruben Swanepoel, Luke van Schoor, AJ van Heerden. Doelskoppe: Von Ludwig (3), Nog Een. Strafdoele: Von Ludwig (2). Welkom Gimnasium 21 (21) – Drieë: Calla Pienaar, Bennie Human, Keno Alexander. Doelskoppe: Human (3). 

    [powr-comments id=”f0bbbb3e_1619341256529″]

  • Gimmies beëindig Grey-kollege se onoorwonne status sedert 2017

    Gimmies beëindig Grey-kollege se onoorwonne status sedert 2017

    NewsGLiamKoenPaarl Gimnasium het sy spiere behoorlik op die eerste dag van sy seisoen gebult deur vir die eerste keer sedert 2012 daarin te slaag om Grey-kollege van Bloemfontein met 18-16 in ‘n titaniese stryd te klop.

    Die wedstryd was die vernaamste voorwedstryd van Saterdag se program tydens die Monnas Eeufees-toernooi in Krugersdorp. Daar kan weer na die wedstryd gekyk word op DigiTV.co.za deur die volgende skakel te volg – http://bit.ly/GimGrey

    Met die laaste sege van 2012 tydens die Kearsney College Paastoernooi het Gimmies ‘n sekere losskakel, Handré Pollard gehad wat sake met 22 punte in die sege van 45-29 dikteer het. Pollard het natuurlik ook later daardie jaar die Jong Bokkies (SA o.20) tot die titel as Wêreldkampioen gehelp.

    Dié nederlaag Saterdag in Krugersdorp was Grey-kollege se eerste nederlaag sedert hy die knie in 2017 teen Selborne College (19-20) in Oos-London moes buig. Die span van die Rosestad was dus vir 40 wedstryde agtereenvolgens onoorwonne.  

    ‘n Stryd waarna ondersteuners vooraf hul lippe sou aflek was die een tussen die twee losskakels, Liam Koen (Paarl Gimnasium) en Jean Smith (Grey-kollege). Albei se pa’s het ook op hulle dag op losskakel vir die Springbokke uitgedraf.

    Liam se pa, Louis, het die Bokke in 15 toetse verteenwoordig en is deesdae ‘n hoë-prestasie bestuurder by SA Rugby. Franco, vader van Jean, het die Groen-en-Goud nege keer oor die kop getrek en is deesdae die hoofafrigter van Italië se rugbyspan. 

    Die Gimmies het Saterdag op die regte tye daarin geslaag om die telbord aan die rol te hou om Grey deurgans onder druk te hou. Die span se heelagter, Janeil Losper, het met slegs tien minute se speeltyd oor in die eerste helfte die eerste drie van die wedstryd afgerond. Dit het Gimmies in staat gestel om ‘n voorsprong van 10-3 teen rustyd te geniet. 

    Die twee swaargewigte het mekaar aan die begin eers behoorlik uitgekyk, met Koen wat die eerste punte van die wedstryd met ‘n strafdoel eers in die 20ste minuut aangeteken het. Smith het drie minute later sake met ‘n strafdoel gelyk getrek. 

    Die grootste swaaipunt in die kragmeting was met die afskop van die tweede helfte. Koen het die bal hoog laat hang met die afskop en Grey het toegelaat dat die bal die gras eerste proe waarna dit reg gewip het vir Gimmies se vleuel JW Ellis om ‘n pragdrie te druk. Gimmies het hiermee hul voorsprong na 15-3 gerek.

    Gimmies se kantman Luca Bakkes en die slot Joe du Toit was voorlangs ysters in die sege. Du Toit het Grey probleme in die lynstane besorg. Die span van Bloemfontein het net in die eerste helfte drie keer in die fase van die spel besit afgestaan. Bakkes se pa, Luther, het op sy dag Griekwas se seniorspan aangevoer.

    Grey se loskopstut, Jaun Else, het hope rugby in hom, terwyl die slot JF van Heerden en die kaptein en agtsteman, Nelius Volschenk, ook meer as hul kant gebring het. 

    Die kragmeting was sonder twyfel ‘n vertoonvenster vir skolerugby en ‘n mens wonder as skolespelers dié gehalte van spel kan opdis na bykans 400 dae sonder enige skolewedstryde. Dit terwyl rugbyondersteuners in Suid-Afrika langtand moes kou aan wat proffesionele spelers vroeër vanjaar in die Curriebeker opgedis het.

    Interresant is dat dit die eerste keer sedert 2005 is wat Grey se eerstespan hul eerste wedstryd van die seisoen verloor. Destyds in 2005 was Grey se fisioterapeut, Jaco Colyn, die kaptein en skrumskakel van die Hoërskool Outeniqua wat Grey tydens Louis Botha se jaarlikse rugbydag in Bloemfontein met 29-19 omgedop het. 

    Puntemakers: 

    Paarl Gimnasium 18 (10) – Drieë: Janeil Losper, JW Ellis. Doelskop: Liam Koen. Strafdoele: Koen (2). Grey-kollege 16 (3) – Drieë: Juanré Breitenbach, Caleb Abrahams. Strafdoele: Jean Smith (2).

    [powr-comments id=”7388299b_1619338661734″]

  • Affies keer vir die eerste in 12 jaar terug na die Ras van Rooyen

    Affies keer vir die eerste in 12 jaar terug na die Ras van Rooyen

    NewsGAffiesDie mensdom het die afgelope jaar gewoont geraak aan die ongewone, maar die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria se eerstespan sal nog ‘n verdere ongewone gevoel beleef wanneer hulle Vrydag op die Ras van Rooyen in Krugersdorp op die veld draf. 

    Dit sal die eerste keer sedert 2009 wees wat Affies op Monument se tuisveld, die Ras van Rooyen, in aksie sal wees. Die geleentheid die hoofwedstryd van die eerste dag van die Hoërskool Monument se Eeufees-toernooi. 

    Affies sal teen die Hoërskool Noord-Kaap van Kimberley om 17:30 te staan kom. Die wedstryd, asook al die ander wedstryde van die toernooi word regstreeks op DigiTV.co.za uitgesaai. 

    Die Wit Bulle van Affies het natuurlik ‘n appeltjie met die Noord-Kapenaars te skil. Die laaste keer wat die twee spanne mekaar op die rugbyveld ontmoet het was in 2011 toe Northerns met 25-22 in Kimberley baas was. 

    Affies se heelagter, Quewin Nortje, behoort vanuit die laaste vesting ‘n hele paar vrae aan Noord-Kaap se verdedigers te vra. 

    Die Virsekerbeker-kampioene, Menlopark, sê vroeër in die dag vir St John’s College van Johannesburg die stryd aan. Die Parkies beskik oor ‘n gevaarlike agterhoede en St John’s sal moet bontstaan indien die manne dit regkry om te kliek. 

    Die skakelpaar, Arno van der Walt en Shaun Calitz, kan die ritme van die spel bepaal, terwyl die senterpaar, Wian Faber en Reynier Overweg, in die middelveld ‘n handvol behoort te wees. 

    Die spanne is: 

    Affies vs Noord-Kaap om 17:30:

    Affies: 15 Quewin Nortjé, 14 Adriaan Joubert, 13 Ruvan Lock, 12 Pieter Rossouw, 11 Keanu Peters, 10 Riaan Gerber, 9 Layton Horn, 8 Dillon Smith, 7 Louwrens de Lange, 6 Damian Oosthuizen (kaptein), 5 Kyle van Niekerk, 4 Erick Jooste, 3 Stian de Bruyn, 2 Dian Marais, 1 Milan Ferreira. Plaasvervangers: 16 Francois Roets, 17 Michael Kohler, 18 Tiaan Loretz, 19 Van Wyk Grotius, 20 André Smith, 21 Armand Shahia, 22 Stehan Heymans, 23 Junior Masilela. 

    Noord-Kaap: 15 Leandro van Rooyen, 14 McNeil Cupido, 13 Elric Kok, 12 Moemagare Mothlodi, 11 Keanan van Wyk, 10 Breyton Daniels, 9 Ronsley Sauls, 8 Henco Lourens, 7 Lutjindo Mbuale, 6 Adrian-Jae Gordon, 5 Darren van Niekerk, 4 Ethan Karelse, 3 Riaan Vorster, 2 Shane Thompson, 1 Aviwe Mpepo. Plaasvervangers: 16 Jason Janse van Vuuren, 17 Nathan Booysen, 18 Gareth Kriel, 19 Evan Plaatjies, 20 Bokang Musti, 21 Bryan Kenny, 22 Keanon Davids, 23 Fuzludean Saim, 24 Viaan Harris. 

    Menlopark vs St John’s College om 14:30: 

    Menlopark: 15 Zander Wolmarans, 14 Nathan Mong, 13 Reynier Overweg, 12 Wian Faber, 11 Ruben van der Walt, 10 Shaun Calitz, 9 Arno van der Walt, 8 Hendré du Toit, 7 Francois Oosthuizen, 6 Charl Ehlers, 5 Frikkie Dreyer, 4 Pieter Smit, 3 Kevin Locke, 2 Ryan Bam, 1 Bernie Bezuidenhout. Plaasvervangers: 16 Zander Opperman, 17 Ruben Barnard, 18 Llewellyn Deysel, 19 Tiaan Engelbrecht, 20 Nielen Visser, 21 Brendan Coetzee, 22 Gilarmo Links, 23 Xander Loubser, 24 Aiden Smith.

    St John’s College: 15 Joel Leotlela, 14 Dustyn Holmes, 13 Ike Mabope, 12 Joshua Boulle, 11 James Glover, 10 Gregory Ford, 9 Tom Davis, 8 Alexander Sittmann, 7 Wian du Plessis, 6 Hawu Sibanda, 5 Joss Theophanous, 4 Jaypi Jordaan, 3 Kgositsile Mashungane (kaptein), 2 Luke Heurlin, 1 Joshua Botha. Plaasvervangers: 16 Matthew Fridjhon, 17 Nsika Dlamini, 18 Taffy Nyangoni, 19 James Groves, 20 Teo Cioffi, 21 Nicholas Kruger, 22 Kieren Louw, 23 Sazi Bongwe. 

    [powr-comments id=”5e9cdf94_1619091960362″]

  • Bekker en Fochville vat die voortou vir die 2021-seisoen

    Bekker en Fochville vat die voortou vir die 2021-seisoen

    FochvillevsBekkerDit is nou dalk nie soos beplan ‘n afskop tot die seisoen net ‘n raps na middernag nie, maar die Hoërskool Bekker en Hoërskool Fochville sal steeds koppe stamp in die eerste wedstryd sedert die uitbreek van die Coronavirus-pandemie. 

    Die twee spanne se kragmeting sal reeds om 05:00 net buite Magaliesburg afskop om die nuwe seisoen in te lui. Die kameramanne van DigiTV sal ook daar wees om die ondersteuners wat uitgehonger vir so bietjie skolerugby lafenis te verskaf.

    Die wedstryd kan regstreeks op www.digitv.co.za gekyk word.

    Die kragmeting sal as die Sunrise-beker bekend staan. Die twee skole be-oog om die ‘n jaarlikse instelling te maak. 

    Fedsas, die Fedarasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole, het ‘n stokkie voor die afskoptyd van 00:01 vroeër die oggend gesteek. Albei skole het vooraf goedkeuring van die Departement van Onderwys ontvang. 

    Dit sal die eerste skolerugby-wedstryd wees sedert president Cyril Ramaphosa die nasionale inperking weens die Covid19-pandemie in Maart 2020 aangekondig het. 

    Die afrigter en skoolhoof van Fochville, Bobby McLeod, het gesê dat hulle baie opgewonde is om weer ‘n wedstryd te speel. “Jy kon tydens ons proewe vroeër die week die opwinding voel,” het McLeod gesê.

    Hoewel albei spanne in Afdeling 3 van die Virsekerbeker speel, sal Vrydag se kragmeting slegs ‘n vriendskaplike ontmoeting wees. 

    Fochville sal deur sy flank, Dewan Delport, aangevoer word. Aan die ander kant van die skrum sak ‘n ene Jan Ellis, en ons sou sê enige span met ‘n speler met die naam wat aan die kant van die skrum sak, behoort vir goeie voetbal te sorg.

    Fochville het die laaste wedstryd tussen die twee spanne in 2019 met 23-19 gewen. Bekker behoort egter op sy tuisveld vroeg uit die vere te kom in hoop om die bordjies teen die besoekers te verhang.

    Die spanne is: 

    Bekker: 15 Thabang Ndlovu, 14 Khulile Ndondo, 13 Dikotsi Kgomotso, 12 Keletso Maubane, 11 Nhlanta Cholani, 10 Niel Buitendag, 9 Hentie Fourie, 8 Junior Dantjes, 7 WJ Grobler, 6 Jano du Plessis, 5 Johannes Wandrag, 4 Enrico Malan, 3 Christo Kotze, 2 Lwazi Boyce, 1 Siyabonga Mkhabela. Plaasvervangers: 16 Kevin Ndlovu, 17 Offentse Segabutla, 18 Temoso Matlala, 19 Themba Zulu, 20 Luan Potgieter, 21 JJ Labuschagne.  

    Fochville: 15 Marné Theron, 14 Lukisang Mofokeng, 13 Samuel de Villiers, 12 Riaan van Heerden, 11 Tristan Leggat, 10 Ryan Loots, 9 Jacques van Heerden, 8 James Watermeyer, 7 Dewan Delport (kaptein), 6 Jan Els, 5 Ryno Koekemoer, 4 Ruan Meyer, 3 JJ van Zyl, 2 Wian Gibbens, 1 Stanley Bennet. Plaasvervangers: 16 Marchelle Strydom, 17 Kobus Knoetze, 18 FC van den Berg, 19 Hugo van der Merwe, 20 Ryan Kemm, 21 Tiaan Louw, 22 Julian Rheeder, 23 Nathan van der Walt, 24 Wian Groenewald, 25 Hanro Nortjé, 26 Kian Kruger.

    [powr-comments id=”512cf1d2_1619078712070″]

  • Fichardtpark skop seisoen af met Groot toernooi in die Rosestad

    Fichardtpark skop seisoen af met Groot toernooi in die Rosestad

    FichiesToernooiWanneer die Hoërskool Fichardtpark iets doen, dan gaan hulle GROOT! 

    Die skool met die grootste sportdag in die land, het ‘n rugbytoernooi aanmekaar geslaan wat vanaf 23 tot 26 April in die Rosestad aangebied sal word. Nie minder as 79 wedstryde sal oor die drie wedstryddae op o.19-, o.16-. o.15- en o.14-vlak beslis word. 

    Al die wedstryde op die A-, B- en C-veld van Fichardtpark sal regstreeks op DigiTV.co.za gebeeldsend word. Geen toeskouers word toegelaat by skolesport nie. 

    Die grootste trekpleister van die eerste dag se wedstryde sal die kragmeting tusssen Maritzburg College van Pietermaritzburg en Voortrekker van Bethlehem wees.

    Die span van Pietermaritzburg moet waak om nie die Trekkers met die Voortrekker van Pietermaritzburg te verwar nie. Die bulle van Bethlehem is nooit ‘n maklike prooi om plat te trek nie. 

    Die hoofwedstryd van die dag sal tussen die Hoërskool Sentraal van Bloemfontein en Maritzburg College se naasbestes wees. 

    Fichies se trots sal op Saterdag hul verskyning maak deur die Goudveld-Hoërskool van Welkom in die hoofwedstryd van die dag te pak. Fichies het ‘n appeltjie met Gouties te skil na laasgenoemde verlede jaar se wedstryd tussen die twee skole met 28-5 gewen het. 

    Maritzburg College se eerstespan kom teen Diamantveld van Kimberley op dié dag te staan. Diamantveld sou aan die Monnas Fees-toernooi deelgeneem het, maar het besluit na die aanvanklike kanselasie van die toernooi om liewer in die Rosestad hul staal te kom toon. 

    Op die laaste dag van die toernooi kom Diamantveld teen Sentraal in die hoofwedstryd op die A-veld te staan. Diamonds het Sentraal verlede jaar met 60-3 in ‘n ligawedstryd van die Wesgrow-reeks verniel. 

    Die bepalings is (al die wedstryde op die A- tot C-velde word regstreeks op DigiTV gebeeldsend)

    Vrydag, 23 April 2021

    A-VELD

    15:00 – Sentraal vs Maritzburg College II
    13:50 –
    Hentie Cilliers vs Landboudal
    12:40 – Louis Botha vs Witteberg
    11:30 – Maritzburg College vs Voortrekker
    10:20 – President Steyn vs Vrede
    09:10 – Voortrekker (Bethlehem) II vs Grey College III
    08:00 – Hoërskool Retief vs Hoopstad

    B-VELD 

    16:10 – Grey College V vs Fichardtpark II 
    15:00 –
    St Andrews (Bloemfontein) vs Curro Kathu
    13:50 – Witteberg II vs Landboudal II
    12:40 – o.16 – Voortrekker (Bethlehem) vs Noord-Kaap
    11:30 – o.16 – Landboudal vs Hentie Cilliers
    10:20 – o.16 – Witteberg vs Grey College IV
    09:10 – o.16 – Sentraal vs Welkom Gimnasium
    08:00 – o.16 – Grey College III vs Maritzburg College

     C-VELD

    16:10 – o.15 – Curro Kathu vs Fichardtpark
    15:00 – o.15 – Welkom Gimnasium vs Maritzburg College
    13:50 – o.15 – Witteberg vs Grey College III
    12:40 – o.16 – Vrede vs Fichardtpark II
    11:30 – o.15 – Voortrekker vs Noord-Kaap
    10:20 – o.14 – Landboudal vs Hentie Cilliers
    09:10 – o.16 – Louis Botha vs Grey College V
    08:00 – o.15 – Sentraal vs Diamantveld

    D-VELD 

    16:10 – Fichardtpark III vs Curro Kathu o.17
    15:00 – o.15 – Landboudal vs Hentie Cilliers
    13:50 – o.16 – Fichardtpark vs Diamantveld
    12:40 – o.14 – Witteberg vs Grey College III
    11:30 – Sentraal vs Grey College IV
    10:20 – o.14 – Voortrekker vs Noord-Kaap
    09:10 – o.14 – Fichardtpark vs Diamantveld
    08:00 – o.14 – Welkom Gimnasium vs Maritzburg College

    Saterdag, 24 April 2021

    A-VELD 

    15:00 – Fichardtpark vs Goudveld-Hoërskool
    13:50 – Grey College III vs Landboudal
    12:40 – Louis Botha vs Maritzburg College II
    11:30 – Diamantveld vs Maritzburg College
    10:20 – Wesvalia vs Sentraal
    09:10 – Hoopstad vs Zastron
    08:00 – St Andrews (Bloemfontein) vs Vrede

    B-VELD

    16:10 – o.16 – Maritzburg College vs Noord-Kaap
    15:00 – Fichardtpark II vs Curro Kathu
    13:50 – o.16 – Fichardtpark vs Goudveld
    12:40 – o.16 – Landboudal vs Welkom Gimnasium
    11:30 – Goudveld II vs Landboudal
    10:20 – o.16 – Wesvalia vs Sentraal
    09:10 – o.16 – Diamantveld vs Grey College III
    08:00 – o.16 – Louis Botha vs Grey College IV

    C-VELD 

    15:00 – o.15 – Maritzburg College vs Noord-Kaap
    13:50 – o.15 – Welkom Gimnasium vs Landboudal
    12:40 – o.14 – Maritzburg College vs Noord-Kaap
    11:30 – o.15 – Diamantveld vs Grey College III
    10:20 – o.14 – Wesvalia vs Sentraal
    09:10 – o.16 – Fichardtpark II vs Curro Kathu o.17
    08:00 – o.14 – Fichardtpark vs Goudveld

    D-VELD 

    12:40 – o.14 – Landboudal vs Welkom Gimnasium
    11:30 – o.15 – Fichardtpark vs Goudveld
    10:20 – o.14 – Diamantveld vs Grey College III
    09:10 – o.15 – Wesvalia vs Sentraal

    Maandag, 26 April 2021

    A-VELD

    12:40 – Diamantveld vs Sentraal
    11:30 – Maritzburg College vs Duineveld
    10:20 – Hoopstad vs St Andrews (Bloemfontein)
    09:10 – Fichardtpark vs Maritzburg College II
    08:00 – Louis Botha vs Landboudal

    B-VELD 

    12:40 – o.16 – Noord-Kaap vs Landboudal 
    11:30 – o.16 – Diamantveld vs Sentraal
    10:20 – Hoërskool Retief vs Landboudal II
    09:10 – o.16 – Welkom Gimnasium vs Louis Botha
    08:00 – o.14 – Fichardtpark vs Maritzburg College

    C-VELD 

    13:50 – o.15 – Welkom Gimnasium vs Grey College III
    12:40 – o.15 – Diamantveld vs Sentraal
    11:30 – o.16 – Fichardtpark vs Maritzburg College
    10:20 – o.16 – Noord-Kaap vs Landboudal
    09:10 – o.15 – Maritzburg College vs Grey College III
    08:00 – o.14 – Landboudal vs Noord-Kaap

    D-VELD 

    11:30 – o.14 – Diamantveld vs Sentraal
    10:20 – o.14 – Welkom Gimnasium vs Grey College IV
    09:10 – o.15 – Landboudal vs Noord-Kaap
    08:00 – o.15 – Fichardtpark vs Grey College IV

    [powr-comments id=”e33675b2_1618921721692″]

  • Monnas Eeufees beloof om vir vele hoogtepunte te sorg

    Monnas Eeufees beloof om vir vele hoogtepunte te sorg

    NewsGMonnnas

    Skolerugby gaan vanjaar nie op ‘n drafstap wegspring nie, maar liewer soos ‘n ronde uit ‘n geweer. 

    Die Monnas Eeufees-rugbytoernooi gaan seker maak dat sake op ‘n hoë noot begin. Die Hoërskool Monument is nou self die organiseerder en het selfs ook daarin geslaag om ‘n beduidende borgskap van Blue Ribbon vir die fees te kry.

    Al die wedstryde van die fees sal regstreeks op DigiTV uitgesaai word. 

    Maritzburg College en die Hoërskool Diamantveld is die enigste twee skole, wat oorspronklik aan die gekanseleerde fees wat deur die SA Schools Challenge Trust gereël sou word, wat nie die naweek in Krugersdorp in aksie sal wees nie. 

    Ben Vorster van Tzaneen sal wel nou die geleentheid kry om aan die fees deel te neem. Die Vossies kom teen Menlopark en Glenwood in sy twee wedstryde in Krugersdorp te staan. 

    Monnas se Wit Bulle sal steeds in die hoofwedstryd van die fees teen Glenwood van Durban kragte meet. Die ander groot wedstryd waarvoor menigte ondersteuners hul lippe sal aflek is dié een tussen Grey-kollege en Paarl Gimnasium.

    Die bepalings is: 

    RAS VAN ROOYEN

    Vrydag, 23 April 2021 

    19:00 – EG Jansen vs HS Drostdy
    17:30 – Affies vs Noord-Kaap
    16:00 – Grey College vs Paarl Gimnasium
    14:30 – Menlopark vs Ben Vorster
    13:00 – Garsfontein vs Nelspruit
    11:30 – St John’s College vs Waterkloof
    10:00 – Grey College II (Cherries) vs Paarl Gimnasium II
    08:30 – Affies II vs EG Jansen II

    JAN LANGE

    11:30 – Menlopark II vs Rustenburg II
    10:00 – Garsfontein (Grizzlies) II vs Paarl Boys’ High II 
    08:30 – Waterkloof II vs Noordheuwel II

    Saterdag, 24 April 2021

    RAS VAN ROOYEN

    17:30 – Monument vs Glenwood
    16:00 – Paarl Boys’ High vs Welkom Gimnasium
    14:30 – Helpmekaar vs Stellenberg
    13:00 – Outeniqua vs Noordheuwel
    11:30 – Pretoria Boys’ High vs Hoërskool Rustenburg
    10:00 – Milnerton vs Northcliff
    08:30 – Monument II (Kwaggas) vs Outeniqua II

    JAN LANGE

    13:15 – o.16 – Monument vs Grey College
    12:00 – o.16 – Paarl Boys’ High vs Glenwood
    10:45 – o.15 – Monument vs Grey College
    09:30 – o.14 – Monument vs Grey College
    08:00 – o.19B – Helpmekaar vs Welkom Gimnasium

    Maandag, 26 April 2021

    RAS VAN ROOYEN 

    16:00 – Glenwood vs Ben Vorster
    14:30 – o.16 – Monument vs Glenwood
    13:00 – HTS Drostdy vs Hoërskool Rustenburg
    11:30 – Noord-Kaap vs Hoërskool Nelspruit
    10:00 – St John’s College vs Milnerton
    08:30 – Elandspark LSEN vs Goudwes LSEN

    JAN LANGE

    12:00 – o.16 – Helpmekaar vs Grey College
    10:40 – o.16 – Paarl Boys’ High vs Rustenburg
    09:20 – o.15 – Helpmekaar vs Grey College
    08:00 – o.14 – Helpmekaar vs Grey College

    [powr-comments id=”becf14d0_1618820732727″]