SSPN Test Site

Blog

  • Affies los paar velle op die draad teen Welkom Gimnasium

    Affies los paar velle op die draad teen Welkom Gimnasium

    NewsGWelkomGimDie Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria se eerste rugbyspan het velle op die draad in sy sege van 31-26 oor Welkom Gimnasium tydens die hoofwedstryd op sy tuisveld van die jaarlikse Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi agter gelaat. 

    Affies se Wit Bulle het ‘n hele paar benoude oomblikke in die doodsnikke van die wedstryd beleef voor die skeidsregter, Christopher Allison, die eindfluitjie geblaas het om verligting te bring. 

    Affies het rustyd ook met ‘n voorsprong van 19-12 betree, maar dit was die span van Welkom wat meeste van die speelwerk in die eerste helfte verantwoordelik was.

    Dit was veral Gimmies se groot agtsteman en kaptein, Calla Pienaar, wat by die afbreekpunte vir die Wit Bulle probleme besorg het. Hy het telke male hier daarin geslaag om omgekeerde besit te bewerkstellig. 

    Hy het ook ‘n hele paar kraglopies ingekry. Een daarvan het tot die drie van die heelagter, Donovan Don, uitgeloop. Buiten Pienaar het die slot Divan Danhauser en flank Tsepiso Witzie ook voorlangs meer as hul deel gedoen. 

    Affies se beste speler op die dag was sy skrumskakel, Layton Horn, het hy deurgans vra aan Gimmies se verdediging rondom die losskrums gevra. Horn het met ‘n steekskoppie die aanvoorwerk vir die senter Ruvan Loock se tweede drie gedoen. Loock was ook uitstaande vir die Wit Bulle. 

    Die naam van Affies se agtsteman, Dillon  Smith, verdien ook vermelding. Hy het met sy inklimspel gesorg dat Affies voorlangs in die wedstryd bly. Hy het ‘n hele paar meter veld gewen elke keer wat hy in besit geplaas is.

    Nog ‘n speler wat voorlangs krediet verdien is die haker, Dian Marais. Sy ingooiwerk in die lynstane was waarskynlik die groot verskil tussen die twee spanne. Affies het in die skrums ook die oorhand gehad. 

    Puntemakers: 

    Affies 31 (19) – Drieë: Ruvan Loock (2), Layton Horn, Adriaan Joubert, Kyle van Niekerk. Doelskoppe: Riaan Gerber (3). Welkom Gimnasium 26 (12) – Drieë: Tshepiso Witzie, Donovan Don, Jeandré Vosloo, Divan Danhauser. Doelskoppe: Bennie Human (3).

    [powr-comments id=”dee21c1a_1619942752172″]

  • Boishaai behou indrukwekkende rekord teen Monnas se Wit Bulle

    Boishaai behou indrukwekkende rekord teen Monnas se Wit Bulle

    NewsGBoishaaiDie Hoër Jongenskool Paarl sal tevrede na die Wes-Kaap terugkeer na sy drie vertonings tydens die skoolvakansie in Gauteng.

    Boishaai het Saterdag tydens die laaste dag van die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi sy taaiste teenstand van die toer. die Hoërskool Monument van Krugersdorp met 34-18 verslaan. 

    Die span van die Paarl was deurgans in beheer teen Monnas se Wit Bulle, maar moes nogtans sweet vir die sege. Die vertoning deur die Wit Bulle was egter ook hul beste sover die seisoen. 

    Boishaai se twee vleuels, Ethan Isaacs en Luke van Schoor, het in die onderskeie hoeke oorgeduik in die eerste helfte om aan hul span ‘n voorsprong van 17-8 teen rustyd te bewerkstellig.

    Die geelkaart aan Monnas se slot HJ de Beer kort voor rustyd het ook die wenspan gehelp om beheer van die wedstryd te neem. Boishaai se haker, Ruben Swanepoel, het daarna vir sy span se derde drie van die eerste helfte oorgebars.

    Vir Monnas het sy agtsteman, Tiaan Wessels, asook die flank Evan Retief deurgans goeie spel voorlangs gelewer. Die vaskopstut, S’fiso Magwaza, het in die los gewoel. 

    Vir die span van die Paarl het sy losskakel, Compion von Ludwig, weer ‘n bestendige vertoning gelewer. Von Ludwig het ook reeds aangedui dat hy sy loopbaan volgende jaar in Pretoria by die Blou Bulle sal voortsit. Hy het goeie ondersteuning agterlangs van die senter AJ van Heerden ontvang.

    Voorlangs was Ruan Venter (flank), Luca Ribbens (slot) en Swanepoel die uitblinkers vir die wenspan.

    Boishaai se afrigters, Peter Engledow en David Sadie, sal hoop dat hul span uit die drie seges in Gauteng die nodige selfvertroue sal put vir eerskomende Saterdag se tweestryd teen Grey-kollege van Bloemfontein. 

    Buiten die sege oor Monnas het Boishaai ook vir Welkom Gimnasium (59-21) en Noordheuwel (79-7) oinderskeidelik tydens die Monnas Eeufees- en Noord/Suid-toernooi afgestof. 

    FOTO: Marius Nortjé

    Puntemakers: 

    Hoër Jongenskool Paarl 34 (17) – Drieë: Ethan Isaacs, Luke van Schoor, Ruben Swanepoel, Compion von Ludwig, Abulele Ndabambi. Doelskoppe: Von Ludwig (2), Cobus Louw. Strafdoel: Von Ludwig. Monument 18 (8) – Drieë: Tiaan Wessels, Brian Bianchina. Doelskop: Alec Vermaak. Strafdoele: Vermaak (2).

    [powr-comments id=”b33126cf_1619938330847″]

  • Gimmies sluit besoek aan Gauteng met nog ‘n vyftigtal af

    Gimmies sluit besoek aan Gauteng met nog ‘n vyftigtal af

    NewsGPaarlGimnasiumPaarl Gimnasium se breiers, Pieter Rossouw en Helmut Lehmann, sal tevrede wees met hul span se vertonings tydens die vakansie in Gauteng. Die span van die Paarl het Saterdag sy derde wedstryd van die vakansie teen Helpmekaar-kollege van Johannesburg met 52-5 as oorwinnaars van die veld gestap.

    Die Gimmies het daarmee die jaarlikse Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi onoorwonne afgesluit na hy in sy eerste wedstryd ook vir Garsfontein (84-0) met ‘n vyftigtal gelooi het. 

    Die span van die Paarl het ook tydens die Monnas Eeufees-toernooi vir die eerste keer sedert 2012 daarin geslaag om Grey-kollege (18-16) die loef af te steek. Gimmies kom volgende Saterdag teen Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch in die Paarl te staan.  

    Saterdag teen Helpmekaar het Gimmies weer ‘n afgeronde vertoning gelewer. Die skakelpaar van Michael Koch en Liam Koen het weer rigting agterlangs verskaf. Koen, die seun van die gewese Bok-losskakel Louis Koen, het met sy balverspreiding asook skopwerk beÏndruk.

    Die vleuel Logan Opperman het ook al die kanse wat na sy kant toe gekom het ten volle benut. Hy het twee keer agter Helpies se doellyn gaan kuier. Die heelagter, Juniel Losper, het ook elke keer gevaarlik gelyk wanneer hy in besit geplaas is. Kort na hy vir sy drie deurgedraf het, moes hy die veld vir tien minute verlaat weens ‘n ongeoorloofde duikslag.

    Voorlangs het die Gimmies ‘n paar ysters in Luca Bakkes (haker), Corné Beets, Joe du Toit (albei flanke) en Corné Lavagna (loskopstut). Helpies se uitstaande speler in die nederlaag was sy slot Ruan Slabbert wat ook welverdiend sy span se enigste drie gedruk het. Toe jy nog al Helpies se spelers se nommers op hul trui kon uitmaak, was dit slegs Slabbert sin wat al weens die modder nie meer sigbaar was nie. 

    Puntemakers: 

    Paarl Gimnasium 52 (26) – Drieë: Logan Opperman (2), Eddie Visser, Michael Koch, CP Kleynhans, Kyle Valentine, Janiel Losper, Luca Bakkes. Doelskoppe: Liam Koen (6). Helpmekaar-kollege 5 (5) – Drie: Ruan Slabbert.

    [powr-comments id=”a8d0b297_1619867929611″]

  • Durbies hardloop draaie om Noordheuwel met Horn aan die voorpunt

    Durbies hardloop draaie om Noordheuwel met Horn aan die voorpunt

    NewsGDuncanSteenkampDie Hoërskool Durbanville beskik vanjaar oor hope talent in sy agterhoede, maar indien hulle nie hul windmakerigheid laat staan nie sal dit hul span nog duur te staan kom. 

    Die span het minstens twee drieë weggegooi deur die windmakerigheid tydens sy gemaklike sege van 36-5 oor die Hoërskool Noordheuwel van Krugersdorp tydens die laaste dag van die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi in Pretoria.

    Teen ‘n sterker span in strawwer wedstryd sou die gesindheid ‘n nederlaag beteken het. Die span se hoofafrigter, Hans Coetzee, sou gewis ook nie tevrede met die vebroude kanse gewees het nie.

    Die span se haastige vleuel Levandré Horn het ‘n driekuns aan drieë teen sy voormalige span behaal. Horn het met dié driekuns boonop die toernooi met nege drieë in sy span se twee wedstryde afgesluit. 

    Die wenspan se heelagter, Khirwan Erasmus, het ook gewys dat hy op die aanval ‘n doring in die vlees van menigte spanne sal wees. Hy het self twee keer die doellyn oorgesteek.

    Voorlangs het die flank Guhan du Bois harde werk verrig, hy is vir sy spel met die toekenning as Speler van die Wedstryd beloon. 

    Die eerste drie wat deur Durbanville verbrou is was toe die binnesenter, Corné Oliphant, agter die pale ingehardloop het en saam met Horn die drie wou druk. Hy het egter nie gesien dat Noordheuwel se heelagter, Sherwin Daniels, agter hom was nie. Fouché het die bal uit Oliphant en Horn se hande geduik. 

    Die plaasvervanger-losskakel, Herschelle Goodman, wat vir Oliphant vervang het maar op losskakel ingeskuif het, het op ‘n slag Noordheuwel se verdediging oopgekloof. Goodman sou gemaklik afgerond het, maar het besluit om die bal vir die man uit te gee wat op losskakel begin het, Duncan Steenkamp, wat toe nog drie verdedigers moes klop en toe die bal aangeslaan het toe hy dit agter die doellyn probeer plaas. 

    Vir Noordheuwel het Daniels en die agtsteman en kaptein, Hardus Nortjé, goed vertoon. 

    Puntemakers: 

    Hoërskool Durbanville 36 (17) – Drieë: Levandré Horn (3), Khirwan Erasmus (2), Iwaan Bloys. Doelskoppe: Duncan Steenkamp (2), Herschelle Goodman. Noordheuwel 5 (0) – Drie: Goitse Tsimakwane.

    [powr-comments id=”b3984901_1619860915004″]

  • Le Roux aan stuur vir Oakdale se sege oor Garsfontein op sopnat veld

    Le Roux aan stuur vir Oakdale se sege oor Garsfontein op sopnat veld

    NewsGOakGarsOnthou maar die naam van Neil le Roux

    Die skitterende skrumskakel van Oakdale Landbou gaan nog diep spore in Suid-Afrikaanse rugby trap as hy op sy spel voortbou. Sy spel herhinner baie aan die van die gewese Springbok Fourie du Preez.

    Le Roux het ook reeds besluit om sy loopbaan volgende jaar in die Jakarandastad by die Blou Bulle voort te sit. Hy skop van albei voete af van agter die losgemale met die akkuraatheid van ‘n skerpskutter. 

    Le Roux was Vrydagaand tydens die derde dag van die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi weer een van sy span se voorste spelers in sy sege van 41-12 oor die Hoërskool Garsfontein op ‘n papnat hoofveld van Affies was.

    Sy aangeewerk op die sopnatveld was boonop ook van hoogstaande gehalte. ‘n Geel bal wat amper so seepglad soos die leerballe van destyds was wanneer hulle nat geword het, het hy steeds meters ver met akkuraatheid aangegee.  

    Garsfontein het na sy vernederende nederlaag van 84-0 teen Paarl Gimnasium so ietwat van sy verlore aansien met sy durf in die eerste helfte herwin. Op die ou einde was die oormag van die kragtige Oakdale se Bulle net te veel.

    Die wenspan se agtsteman, Phillip Kleynhans, het in sy span se twee wedstryde op Affies se veld dalk die beste spel deur ‘n agtsteman gelewer sedert CJ Stander (ook ‘n voormalige leerder van Oakdale) tydens die hoofwedstryd van die Cravenweek van 2008 op dieselfde veld met ‘n uitmuntende vertoning die Vrystaat getroef het. Stander het destyds die Suidwestelike Distrikte tot ‘n sege van 31-25 oor die Vrystaat aangevoer.

    Kleynhans het met een van sy kenmerkende stormramlopies verby en bo-oor minstens vyf verdedigers van Garsies genael vir sy drie. Die kaptein en flank van Oakdale, Paul de Villiers, het met sy inklimspel in die vastelos asook by die afbreekpunte in die wedstryd beïndruk. 

    Die slot Erhard “Ertjies” Lambrecht verdien ook vermelding. Hy het deurgans hard gewerk en is vir sy goeie spel met twee drieë in minder as vyf minute beloon. 

    Vir Garsfontein het sy losskakel, Deacon Pretorius, vleuel Kyle Thompson, voorryman Thansville Mayman en agtsteman Josh van Houghten moedig probeer.

    Puntemakers: 

    Oakdale Landbou 41 (17) – Drieë: Erhard Lambrecht (2), Phillip Kleynhans (2), Johan Durr, Neil le Roux, Enrique Arendse. Doelskoppe: Le Roux (3). Garsfontein 12 (5) – Drieë: Steven Nel, Kyle Thompson. Doelskop: Deacon Pretorius.

    [powr-comments id=”0ff529ef_1619810484656″]

  • Stellenberg bo teen die Rooi Bulle na twee rondes in die kryt

    Stellenberg bo teen die Rooi Bulle na twee rondes in die kryt

    NewsGDamianMarkusAs mens die terme van ‘n boksgeveg kan gebruik was die eerste helfte tussen die Hoërskool Stellenberg en HTS Middelburg ‘n kaalvuisgeveg agter in ‘n stegie, terwyl die tweede helfte ‘n stoeigeveg in ‘n modderbad was.

    Die “skeidsregters” het die geveg met 19 punte teenoor 10 aan Stellenberg toegeken, maar daar sou ‘n hele paar bokskenners na die tyd gereken het dat die geveg ‘n strawwer tweestryd is, as wat die telling aandui. 

    Die Jade Brigade het teen die omdraaislag daarin geslaag om ‘n voorsprong van 12-5 op te bou. Toe die twee spanne na rustyd egter die kryt uh askuus veld wou betree het die weerligsirene by Affies geloei. 

    ‘n Hewige bui reën het ook daarna uitgesak en toe die twee spanne na amper 33 minute se onderbreking weer die veld kon betree was dit ‘n pappery. 

    Die tweede helfte van die wedstryd tydens die derde dag van die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi is tot slegs 30 minute ingekort weens die onderbreking.

    Stellenberg sal bly wees dat hy die toernooi onoorwonne met die sege kon afsluit, maar sal ook erken dat hy homself in ‘n veel strawwer kragmeting vasgeloop het as wat hy vooraf verwag het. Die Rooi Bulle van HTS Middelburg was duidelik goed opgewerk vir die kragmeting. 

    Een speler, Damian Markus, het sonder twyfel in die kragmeting bewys dat hy vanjaar nog ‘n hele paar spanne probleme gaan besorg. Die binnesenter van die Jade Brigade was ondanks die gierige weer steeds op sy stukke. Hy het ‘n hele paar keer deur gapings geglip en selfs op die dekverdediging HTS Middelburg se slot Wilco Geldenhuys ingehardloop en gelak.

    Dit nadat dit gelyk het of Geldenhuys ‘n lopie van diep uit sy span se eie helfte sou afrond. Markus se sentermaat, Jacquin Jacobus, het ook weer ‘n goeie vertoning gelewer, terwyl die haker, Joshua Eras, ook goud in die sege vir sy span werd was. Markus en Jacobus was verlede jaar nog albei leerlinge van HTS Middelburg.

    Vir HTS Middelburg verdien elkeen van die Rooi Bulle ‘n klop op die skouer. Na hulle nederlaag teen Duineveld (21-39) tydens die tweede dag van die toernooi sou min hulle kans gegee het om vir Stellenberg weerstand te bied. Veral na Stellenberg op die eerste dag geslaag het om die Hoërskool Monument (34-33) vir die eerste keer ooit af te stof.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Stellenberg 19 (12) – Drieë: Franco Roux, Jayson January, Gideon Anderson. Doelskoppe: Tommie Smook (2). HTS Middelburg 10 (5) – Drieë: Donovan Joubert, Roniel Putter.

    [powr-comments id=”a8891275_1619805916988″]

  • Fixtures for the Premier Interschools of 2021 announced

    Fixtures for the Premier Interschools of 2021 announced

    PremierInterschools2021Anticipation is at an all-time high as school rugby is set to return in May 2021. Following the cancellation of the 2020 season, Premier Interschools is excited to broadcast some of South Africa’s exhilarating high school derbies. As was the case in the past, 12 matches will be featured from 8 May until 4 September. This means the 2021 season will feature 15 different schools.

    Three new teams will feature in the 2021 edition, Premier Interschools is happy to welcome back Pretoria Boys High School after a seven-year absence. Outeniqua High will also be part of this year’s Premier Interschools after missing out back in 2019 while returning Wynberg Boys High will be showcasing their amazing talent when they face old foe Grey High School.

    The planned fixtures for the year are as follows:

    Paarl Boys High vs Grey College 08/05/2021: @Paarl Boys

    Grey College is on the road as they are set to face Boishaai at home, in the first edition of Premier Interschools 2021. The boys from Bloem have been the most consistent number one ranked team in the country and will be hoping to continue their fine form. The mighty Grey will be looking to continue their domination in this fixture with Grey winning five of the last ten encounters while Boishaai has been on the winning side on four occasions with one result ending in a draw. The bulk of the 2019 Boishaai squad is no longer there having graduated from high school and with only two matches in 2020, the current squad is pretty much novices in the first-team environment.

    Bishops vs Paul Roos – 15/05/2021: @Bishops

    This Cape Town derby did not feature on the Premier Interschools broadcast fixture list. Despite having won the Sanix Tournament in Japan in 2019 Paul Roos travel to Bishops on the back of three home defeats, this makes the Stellenbosch side a very dangerous team to face. Bishops’ star-studded side will be firing on all cylinders having showcased what an exciting brand of rugby can be expected from the Bishop boys following their solo game as a new squad at Newlands against Paarl Gim. Despite having lost the core of their 2020 team, the rumour mill has that they might be the surprise package in the Western Cape for the 2021 season.

    Grey PE vs Wynberg Boys High22/05/2021 @Grey PE

    Wynberg will travel to the Eastern Cape in late May to face Grey PE, dominant force in the area. The home side has had the better of their Cape Town rivals by winning six of the last 10 encounters, and one match ending in a stalemate. Wynberg’s last win against Grey PE was in 2018 having experienced a victory back in 2013, prior to the 2018 win. History is on the side of the home team, but Wynberg is known for their tenacity and will be a tough nut to crack.

    Grey College vs Oakdale29/05/2021 @Grey College

    This is a new fixture on the books and what an exciting encounter this could prove to be. The “bulls” from Oakdale is always a tough team and the 2021 version will be one of the toughest around. Having built the team around a very strong u/16 group from 2019, Grey College can expect a hard and uncompromising Oakdale opposition. The big question ahead of this encounter will Oakdale be able to keep up with the pace of one of South Africa’s most dominating high school sides, compounding matters for the visitors will be the fact they have not played Grey College on a regular basis and never in Bloemfontein. Will Oakdale be able to handle the pressure of Grey College’s home ground advantage of fortress Jock Meiring.

    Paul Roos vs Paarl Boys High05/06/2021 @Paul Roos

    Boishaai travel to their Cape Winelands neighbours, Paul Roos in our fifth broadcast feature. This match is always proving to be a highlight of the season with both teams wanting to play an expansive brand of rugby with no inch is given. The Paul Roos side are on the wrong side of history in this derby for the last 10 encounters, having only been on the winning side three times, but the Stellenbosch side will be hoping for a repeat of the 2018 drubbing at the very Markotter grounds. Expectation is high following a massive investment into their infrastructure, Paul Roos now boasts with one of the most modern and advanced training facilities in the country. This coupled with a traditionally strong and excellent coaching structure, they will be hoping to become a dominating force in high school rugby again.

    Paul Roos vs Grey High School 12/06/2021 @Paul Roos

    The sixth game for the season is again in Stellenbosch when the Maroon Machine welcome Grey PE in their annual interschools fixture. Having last won in 2017, Grey High will be looking for a win at Markotter to catch up on the lead Paul Roos has. The visiting side has been on the winning side four times in the last 10 years with Paul Roos dominating this fixture with six wins. The Maroon Machine at home is a different side to contend with and Grey PE will have to be at their very best to secure a victory. A close fought cracker of a game can be expected.

    Monument High School vs Grey College19/06/2021 @Monument

    For the first time on Premier Interschools we feature the mighty Grey College up against Monument High as the Bloemfontein side travel to Krugersdorp. Most if not all of their previous encounters, in the modern era, have been on neutral territory during rugby festivals and tournaments, but this will be the first time Grey College visit Monnas. Monument is known to be hard and direct and under Tjaart vd Walt and Wynand Moolman, the team will once again be highly competitive in this, their centenary celebration year. The Krugersdorp outfit had some previous success against the Bloem juggernauts and will hope to make their 100th year a special one.

    Paarl Gimnasium vs Outeniqua High School26/06/2021 @Paarl Gim

    In our 8th feature, the Kwaggas from Outeniqua in George travels down to the beautiful town of Paarl to face some tough opposition. Paarl Gim has been a perennial top 3 rugby school for many years. The visitors are up against a tough Gimmies side that not only loves running rugby but also grinding it out among their forward pack. Following the cancellation of last season, the class of 2020 was not able to showcase what they could have achieved. The 2020 Paarl Gim squad could have been a strong contender to knock Grey College off their number one perch, the Paarl outfit will have to rebuild and regroup if they want to challenge for the top spot in 2021. Outeniqua themselves will have a very good crop of U16 from the 2019 season to help lay a solid foundation in terms of depth in their squad and can be expected to be up there in the top 5 high school rugby sides of 2021.

    Maritzburg College vs Afrikaans Hoër Seunskool31/07/2021 @Maritzburg College

    After the June school holiday break, the focus moves up to KwaZulu Natal with a big match expected between Maritzburg College and Affies. This rivalry started in 1996 and they met twice in 2011. This will be the 25th time that these schools meet for an action-packed interschools edition. Affies thoroughly dominate this fixture with 21 victories versus three Maritzburg wins. For many years, Maritzburg College’s rugby has been characterised by the rugged qualities and outstanding support work of its forwards, the hard-hitting tackles, and explosive running of its backs. Most notable, however, is the fierce determination and spirit typifying College teams and imbuing them with an unshakeable will to win. Affies is famed and regarded as one of the best rugby schools in South Africa. It has delivered many Springbok players in the past and continues to supply loads of talent in the SA Schools and SA Academy sides. This will be a match of strength versus spirit, an exciting prospect for any schoolboy rugby enthusiasts.

    Paarl Boys High vs Paarl Gimnasium14/08/2021 @Faure Street Stadium, Paarl

    Dubbed as one of, if not, the biggest high school rugby matches in the history of South African schoolboy rugby. In the 10th match of the season, the great rivalry of the Paarl teams will feature – Paarl Boys High up against Paarl Gimnasium. The Galpille against the Bloedworse, South vs North. A whole town divided for one week into two definitive camps. You are either Blue and White or Gold, Maroon and Green. The passion that goes with this rugby derby is unbelievable and for more than 100 years the matches have been so closely fought that the average winning margin is just 4 points. This is truly one of the few matches that are unpredictable, and both sides will give it their all for 70 minutes. When the final whistle blows, there will be two sides that left it all on the field. One side will be in ecstasy following a victory while another will be devastated at being on the losing side on the scoreboard. The unusual events of 2020 had this fixture not being played last year for only the second time in a 105-year history. Let us hope 2021 will do this great and historic fixture the justice it so rightfully deserves.

    Affies vs Pretoria Boys High21/08/2021: @Affies

    After an absence of 7 years, Premier Interschools again showcases the great Pretoria derby as their second last match of the season. Affies turned 100 years old last year and this match could not be played. This year it could prove to be one of the great derbies matches for the season. A rivalry that dates back nearly a century (98 years), one of the great interschools events on the South African schoolboy rugby calendar takes place with Affies hosting Pretoria Boys. The two teams’ first encounter was back in 1923 following Affies’ formation in 1920 from the original Pretoria Boys High. They played each other three times in that first year with the first match seen as the “official” interschools game which Boys High won. In the last 10 years Affies had the better of Pretoria Boys winning nine of the matches, but in 2019 the Pretoria Boys pulled a rabbit out of a hat heading into the fixture as the underdogs, won the game. Boys High will be hoping to repeat that while Affies will be looking for a good way to celebrates their 101st year.

    Bishops vs Rondebosch 04/09/2021: @Bishops

    The final match of the season is one of the oldest rivalries around, in a Southern Suburb Cape Town derby Rondebosch lock horns with Bishops at Bishops’ Piley Rees grounds. Arguably one of the most beautiful school grounds in the country with Table Mountain as backdrop, the Piley has become an iconic ground for some great encounters. Bosch would love to repeat their final game of 2019 when they beat Bishops on the very same field. The 2019 season was also a milestone for Bishops when they racked up their 101st win against Rondebosch in the first of the two encounters of the season. Rondebosch will be hoping to close the number of games won between these two sides, they have been outright dominated in this fixture, only managing 77 wins against that of Bishops’ 101.

    [powr-comments id=”1eadc7aa_1619791447792″]

  • Grey-kollege draf Menlopark kaf om terug op die wenpad te kom

    Grey-kollege draf Menlopark kaf om terug op die wenpad te kom

    NewsGGreyCollege‘n Span van Grey-kollege wat sy wonde lek, is altyd ‘n gevaarlike span om te pak.

    Die span van Bloemfotnein het Woensdag in die hoofwedstryd van die tweede dag van die jaarlikse Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi vir die Hoërskool Menlopark met 51-19 kaf gedraf. 

    Grey het teen rustyd reeds ‘n stewige voorsprong van 27-9 opgebou. Dit was veral op die punte waar Menlopark te veel spasie vir Grey gegun het. Die span van Bloemfontein beskik oor hope vaart op die punte in sy twee vleuels, Diego Lottering en Alfondso Isaacs.

    Lottering het twee keer agter die doellyn gaan kuier, terwyl Isaacs ook een keer hakskene vir Menlopark se verdedigers gewys het om te gaan afrond. 

    Dit was reeds vroeg in die wedstryd duidelik dat Grey heelwat meer tyd op die aanval het as in sy nederlaag van 16-18 teen Paarl Gimnasium tydens die Monnas Eeufees-toernooi in Krugersdorp.

    Grey se losskakel, Jean Smith, het met sy reuse skopvoet gehelp om die druk telkens te verlig. Die beste speler vir die wenspan was egter sy loskopstut, Jaunn Else, wat elke keer wat hy die bal onder die arm vasgeknyp het ‘n hele paar meters veld vir sy span gewen het. Else nael en pypkan soos ‘n wafferse senter. 

    Die agtsteman en kaptein, Nelius Volschenk, en die slot JF van Heerden kan ook tevrede met hul vertonings vir die wenspan voel.

    Menlopark het nooit handdoek ingegooi nie en verdien daarvoor ‘n kompliment. Die span se losskakel, Shaun Calitz, het ‘n geleerde skopskoen en het met twee lang strafdoele in die eerste helfte geslaag om sy span se telling aan die rol te hou. Toe die binnesenter, Wian Faber, die veld weens ‘n besering moes verlaat het die span se vermoë op die aanval ‘n beduidende knou gekry. 

    Na afloop van die tweede dag het die spanne van die suide teen ‘n gemiddelde telling van 51-17 oor hulle teenstanders van die noorde koning gekraai.

    Puntemakers: 

    Grey-kollege 51 (27) – Drieë: Juanré Breitenbach (2), Diego Lottering (2), Juann Else, Alfondso Isaacs, Ferdi Vergottini, Caleb Abrahams. Doelskoppe: Jean Smith (4). Strafdoel: Smith. Menlopark 19 (9) – Drieë: Nathan Mong, Gilarmo Links. Strafdoele: Shaun Calitz.

    [powr-comments id=”3e4d921a_1619635259236″]

  • Horn ryg die drieë in vir Durbies, terwyl hulle Marais Viljoen afslag

    Horn ryg die drieë in vir Durbies, terwyl hulle Marais Viljoen afslag

    NewsGDurbanvilleDie Hoërskool Durbanville se eerste rugbyspan het die suide se oorheersing voortgesit tydens die jaarlikse Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.

    Die Durbies se linkervleuel, Levandré Horn, was in ‘n vernietigende bui en het ses drieë in sy span se wegholsege van 85-8 oor Marais Viljoen van Alberton gedruk. 

    Horn het binne die eerste 23 minute van die wedstryd reeds vier keer agter Marais Viljoen se doellyn gaan kuier. Dy vier drieë in die eerste helfte het ook dan gehelp dat sy span teen rustyd ‘n voorsprong van 24-8 geniet het. 

    Durbanville het in die tweede helfte na nog ‘n hoër rat oorgeskakel. Horn het ook die eerste twee drieë in die helfte gedruk. ‘n Bekende gesig in die noorde Herschelle Goodman het ook goeie spel vir Durbies gelewer. 

    Goodman was in 2020 nog ‘n lid van Monument in Krugersdorp se eerstespan. Durbanville se heelagter, Khirwan Erasmus, was ook ‘n groot doring in die verloorspan se vlees. Erasmus het self twee keer ‘n draai agter Marais Viljoen se doellyn gegooi. 

    Nog ‘n speler wat dubbelle driedruk-plesier ervaar het was die buitesenter, Iwan Bloys. Sy sentermaat, Duncan Steenkamp, het agt van Durbies se 13 drieë verdoel. Die kragmeting is boonop ses minute vroeg gestop so die telling kon heelwat groter gewees het.

    Duineveld van Upington het vir opwindende spel in hul sege van 39-21 oor HTS Middelburg se Rooi Bulle gesorg. Die Velties het teen die omdraaislag ‘n voorsprong van 24-7 opgebou. 

    Die wenspan se vaskopstut, Juan Aggenbag, het ‘n goeie dag op kantoor beleef. Hy het nie net sy stempel in die skrums afgedruk nie, maar ook twee keer oor die doellyn gestorm. 

    HTS Middelburg sou vanjaar waarskynlik ‘n bulspan in die veld gestoot het, maar weens die Coronavirus-pandemie het die skool besluit om sy beurse te staak. Nie minder as 11 spelers wat verlede jaar vir die Rooi Bulle op Loftus Versfeld in hul sege oor Boland Landbou in aksie was, speel nou hulle skolerugby elders. 

    Die betrokke spelers is Tiaan Wessels, Alec Vermaak, Cassie Botes (almal Monument), Erick Jooste (Affies), Pieta Voges (Garsfontein), Christiaan Botha, Ricardo Correia (albei Nelspruit), Khirwan Erasmus, Jarrod Williams (albei Durbanville), Damian Markus, Jacquin Jacobus (albei Stellenberg) 

    Puntemakers: 

    Duineveld 39 (24) – Drieë: Juan Aggenbag (2), Schalk Opperman, Jannes van den Heever, Franco du Plessis, Gelermo Julie. Doelskoppe: Alwyn Kotze (2). HTS Middelburg 21 (7) – Drieë: Frandré Pieterse, Rinkhals Smit, Jandré Vlok. Doelskoppe: Hardus Visser (3).

    Hoërskool Durbanville 85 (24) – Drieë: Levandré Horn (6), Khirwan Erasmus (2), Iwan Bloys (2), Darren Brown, Herschelle Goodman, Guhan du Bois. Doelskoppe: Duncan Steenkamp (8), Goodman (2). Marais Viljoen 8 (8) – Drie: Kian Coetzer. Strafdoel: Henré van Zyl.

    [powr-comments id=”ef357b47_1619625234687″]

  • Stellenberg behaal roemryke sege oor Monnas se Wit Bulle

    Stellenberg behaal roemryke sege oor Monnas se Wit Bulle

    NewsGStellenbergDie Hoërskool Stellenberg se eerstespan het Dinsdag op Affies se hoofveld in Pretoria een van sy grootste seges in die skool se relatiewe jong geskiedenis opgelewer.

    Die #JadeBrigade het die Wit Bulle van die Hoërskool Monument van Krugersdorp met 34-33 na die slagpale tydens die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi gelei. 

    Dit was nou wel ‘n naelskraapse sege op die telbord, maar dit was sonder twyfel ‘n welverdiende sege vir die span van Stellenberg.

    Die groot held in die sege was Stellenberg se binnesenter, Damian Markus, wat amper na hartelus gapings in Monnas se verdediging gevind het. Markus is ook ‘n onderskep-koning – hy het met ‘n onderskep in die doodsnikke van die wedstryd die sege vir sy span beklink. 

    Markus het wel hierdie drie vir die plaasvervanger-vleuel, Chad van Wyk, gegee om af te rond. Monnas het na ‘n reuse terugvegpoging net voor rustyd en na rustyd daarin geslaag om voor die drie deur Van Wyk ‘n voorsprong van 33-29 te geniet.

    Monnas was vroeg in die moeilikheid met Stellenberg wat ‘n voorsprong van 19-0 opgebou het. Die besoekers vanuit Durbanville het egter daarna op hul louere gaan rus en Monnas toegelaat om terug in die wedstryd te kom.

    Monnas het danksy twee drieë deur Tylor Sefoor (heelagter) en HJ de Beer (slot) meer aansien aan sy poging in die eerste helfte gegee. Stellenberg het egter steeds met ‘n stewige voorsprong van 22-12 gaan rus.  

    Monnas se agtsteman, Tiaan Wessels, het vanaf die afskop van die tweede helfte ‘n kragtige lopie ingesit wat op ‘n drie vir sy kaptein, Jan-Hendrik Bessenger, uitgeloop het. Bessenger het twee van sy span se drieë gedruk.

    Dit het geblyk om Monnas se hoofafrigter, Tjaart van der Walt, die nodige terpentyn gevind het om sy pak voorspelers te smeer want daar was skielik heelwat meer vuur onder die agttal. Na Bessenger se tweede drie agt minute in die tweede helfte het die Wit Bulle vir die eerste keer in die wedstryd die voortou geneem. 

    Die terpentyn het egter sy effek so ietwat verloor hoe meer die wedstryd einde se kant toe gestaan het. Monnas beskik oor ‘n agttal met hope potensiaal, maar hulle sal hul sokkies moet optrek indien hulle vanjaar hul merk in die skool se 100ste bestaansjaar wil laat.

    Buiten Markus was sy sentermaat, Jacquin Jacobus, asook die vlugvoetige heelagter, Jayson January, dorings in Monnas se vlees. Vir Monnas verdien sy binnesenter, Conrad Sevenster, asook die vaskopstut, S’fiso Magwaza, ook ‘n klop op die skouer. 

    EG Jansen van Boksburg was omgesukkeld teen Welkom Gimnasium en het uiteindelik met 38-7 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span van Boksburg het teen rustyd reeds ‘n stewige voorsprong van 26-0 geniet. 

    Die wenspan se haker, Kyle Pepler, het twee keer van rolmaalbewegings af gaan druk, terwyl die heelagter, Jason Edwards, deurgans probleme vanuit die laaste vesting vir Gimmies besorg het. 

    Puntemakers: 

    Stellenberg 34 (22) – Drieë: Damian Markus, Jacquin Jacobus, Ughan Africa, Franco Roux, Chad van Wyk. Doelskoppe: Tommie Smook (3). Strafdoel: Smook. Monument 33 (12) – Drieë: Jan-Hendrik Bessenger (2), Tylor Sefoor, HJ de Beer, Jaco Bezuidenhout. Doelskoppe: Conrad Sevenster (4).

    EG Jansen 38 (26) – Drieë: Kyle Pepler (2), BJ Bruntjies, Jason Edwards, Werner Edwards, Giovanni van Eeden. Doelskoppe: Kyle Benadé (4). Welkom Gimnasium 7 (0) – Try: Daniel van Heerden. Conversion: Bennie Human.

    [powr-comments id=”cdf99014_1619603027674″]