SSPN Test Site

Blog

  • Ben Vorster – 2021

    Ben Vorster – 2021

    Results 

    1 23/04/2021 Ben Vorster 15 EG Jansen 31 Monnas Centenary Festival
    2 26/04/2021 Ben Vorster 20 HTS Drostdy 34 Monnas Centenary Festival
    3 08/05/2021 Ben Vorster 28 Hoërskool Pietersburg 5  
    4  15/08/2021 Ben Vorster 33 Montana 26 Virsekerbeker
    5   Ben Vorster        
    6   Ben Vorster        
    7            
    8            
    9            
    10            
    11            
    12            
    13            
    14            
    15            
    16            

    Players: Sean Roulston,  

     

  • Transvalia moet verby die Gates kom in eerste ronde van Virsekerbeker

    Transvalia moet verby die Gates kom in eerste ronde van Virsekerbeker

    NewsGNelspruitIndien die Hoërskool Transvalia sy aanslag op vanjaar se Virsekerbeker se Plaat-kompetisie op ‘n wennoot wil afskop sal hy eers verby die Gates moet kom.

    Transvalia kom Saterdag teen die Hoërskool Nelspruit in Mbombela in die eerste ronde van die kompetisie te staan. Dié wedstryde op die A-veld word regstreeks op DigiTV.co.za uitgesaai – http://bit.ly/DigiTransNel

    Nelspruit se losskakel, Christiaan Gates, was tot dusver ‘n generaal vir die Rhinos wat tot dusver ‘n goeie seisoen op die rugbyveld beleef. Gates het in sy span se vier wedstryde tot dusver ‘n allemintige 62 punte aangeteken.

    Dit maak hom saam met Paarl Gimnasium se Liam Koen die voorste puntemaker tot dusver op skolevlak in Suid-Afrika. 

    Transvalia het nog net een wedstryd tot dusver gespeel teen die Hoërskool Klerksdorp en die knie met 12-26 gebuig. 

    Die verdedigende kampioen van die Plaat-kompetisie, Ben Vorster van Tzaneen, sal sy aanslag om sy titel te behou teen Montana in Pretoria afskop. Die Vossies het verlede naweek vir die Hoërskool Pietersburg met 28-5 verslaan.

    Die span van Tzaneen het ook tydens die Monnas Eeufeestoernooi in nederlae teen EG Jansen (15-31) en HTS Drostdy (20-34) gewys dat hy bo sy gewigsklas kan boks. 

    Die Vossies se buitesenter, Sean Roulston, sal ‘n belangrike rol vir sy span gedurende die seisoen weens sy ervaring vertolk. Die losvoorspelers Maynard Kleynhans en Ryno Scheepers sal ook deur Montana hok geslaan moet word indien hulle sukses wil behaal. 

    Montana het ‘n veel strawwer eerste wedstryd van die seisoen verlede week beleef deur naelskraaps met 29-27 oor Die Anker van Brakpan te seëvier.

    Die Hoërskool Zwartkop speel gasheer vir die Hoërskool Middelburg. Die Zwarries het verlede week ‘n goeie sege van 42-21 oor Oos-Moot behaal, maar Middies spog self met ‘n indrukwekkende sege van 43-7 oor Ermelo op hulle belt. 

    Die Hoërskool Rustenburg se kragmeting teen Kempton Park is tot op ‘n latere stadium verskuif weens Covid-gevalle by laasgenoemde. 

    FOTO: Marius Nortjé

    Die spanne is: 

    Hoërskool Nelspruit vs Hoërskool Transvalia om 12:20 in Mbombela: 

    Hoërskool Nelspruit: 15 Keenan Visser, 14 Brent de Villiers, 13 Drikus Greeff, 12 Ricardo Correira, 11 Luthando Mabuza, 10 Christiaan Gates, 9 Ewan Nieuwoudt, 8 Henru van der Merwe, 7 Christiaan Botha, 6 Udo Cilliers, 5 Leonard Bornman, 4 Gerard Venter, 3 Werner Geldenhuys, 2 Quinn van Zyl, 1 Stephan Veldman. 

    Hoërskool Transvalia: 15 Joshua Claassen, 14 Eben Stoop, 13 Lambert Grobler, 12 Wihann McGeer, 11 Sipho Tyapile, 10 Kéan Rossouw, 9 Kian le Roux, 8 Wynand Bezuidenhout, 7 Kyle du Toit, 6 Hendrico van der Merwe, 5 Rethabile Mollo, 4 Theoänder Bence, 3 Pebo Pienaar, 2 Divan Kapp, 1 Rual Stoop. 

    Hoërskool Zwartkop vs Hoërskool Middelburg om 12:30 in Centurion: 

    Hoërskool Zwartkop: 15 Ruan Chamberlain, 14 Brendan Smith, 13 Corné Erasmus, 12 Juandré de Bruyn, 11 Shawn du Preez, 10 Jarno Snyders, 9 Helgard du Toit, 8 Ric la Marque, 7 Dwain Swarts, 6 Shane Human, 5 Cayden van der Merwe, 4 Lúter Reyneke, 3 Christopher Kruger, 2 SJ Bezuidenhout, 1 Justin van Heerden. 

    Hoërskool Middelburg: 15 Chris Bothma, 14 Koysi Monareng, 13 Vuiyani Shabalala, 12 Grant de Jager, 11 Phila Ntshepela, 10 Corné Janse van Vuuren, 9 Paul Steyn, 8 Hanru Jansen (kaptein), 7 Mosiki Ndlaba, 6 Zander Steyn, 5 Ben Janse van Vuuren, 4 Jason Smit, 3 Tshepang Moloto, 2 Josh Johnston, 1 Calvin van Niekerk. 

    Hoërskool Montana vs Ben Vorster om 13:20 in Pretoria: 

    Hoërskool Montana: 15 Ryan Ungerer, 14 Eric Sutherland, 13 Lihen du Preez, 12 Marco Groenewald, 11 Ruan du Toit, 10 Tiaan Kritzinger, 9 Jahno Lehman, 8 Marco van Baalen, 7 Morné Stassen, 6 Coenraad Breytenbach, 5 Ryan Herbst, 4 Armandt de Beer, 3 Divan Beyers, 2 Divan van Rooyen, 1 Rynhardt Pretorius.

    Hoërskool Ben Vorster: 15 Tsegofatso Ramaloko, 14 Erich Ackerman, 13 Sean Roulston, 12 Du Toit Hartzenburg, 11 Ndzalama Twala, 10 Nhlamulo Shilubane, 9 Eugene van der Heever, 8 Maynard Kleynhans, 7 Ryno Scheepers, 6 Bradley Mokwena, 5 Erno Botha, 4 Tebogo M’Khomazi, 3 Nicky Grobler, 2 Shaun Matthyshen, 1 Khutso Terwey. 

    [powr-comments id=”14568bde_1620981789773″]

  • Nhleko happy with intensity at SA Rugby Academy

    Nhleko happy with intensity at SA Rugby Academy

    NewsGBafanaNhlekoJunior Springbok coach Bafana Nhleko was a pleased man on Thursday as the SA Rugby Academy squad stepped up their preparations with a series of chukkas against DHL Western Province in Stellenbosch.

    The teams went head-to-head in four chukkas of 20 minutes each in what marked their second hit-out against opposition, following strict return-to-play protocols. The first was a training session against the DHL Stormers last week.

    “We were grateful to get a little bit of game time and to test the boys at this level against what I thought was a very good side,” said Nhleko.

    “I am quite happy with where we are in terms of the intensity, but obviously there are a few things we need to work on.

    “The set pieces are important for us as well as our attack and looking after the ball, and those are things we can get better at.

    “One could also see we haven’t had a lot of contact up to now because as soon as the fatigue kicked in we lost our way a bit. But that is part of the growing pains, so we will get there.”

    Nhleko took several positives from the chukkas, but he admitted that they had a long way to go to reach their desired standard of play.

    “I thought most of our defence was good, especially the structure and how the guys got off the line and made leg tackles. But of course, we can still improve,” he said.

    “I also thought we were good when we started playing and tried to keep the ball moving, and that will improve too when we get a little bit of flow and the player combinations get better together.”

    Nhleko praised the progress made by his charges since the initial stages of the SA Rugby Academy last month and said: “We have to remember that some of the players have not played rugby in almost two years.

    “I told Chean (Roux) yesterday that although we are far away from where we want to be, the boys have made such great strides.”

    The SA Rugby Academy will run until the end of June.

    Issued by SA Rugby Communications

  • Covid-19 lak skolerugby hard in die noorde van Suid-Afrika

    Covid-19 lak skolerugby hard in die noorde van Suid-Afrika

    NewsGAngeloDavidsSkolerugby word na amper ‘n maand wat spel hervat is, weer tot op sy knieë gedwing. Verskeie skole en verenigings het reeds aangedui dat hulle alle oefeninge asook wedstryde vir ten minste die volgende twee weke gaan staak. 

    Al die skole in die Matlosana-distrik is deur die Departement van Onderwys gedwing om alle skolesport te staak tot en met die volgende skoolvakansie, wat eer op die 9de Julie 2021 begin.

    Die Hoërskool Klerksdorp sou die naweek in ‘n Classic Clash teen die Hoërskool Lichtenburg te staan gekom het. Die Classic Clash is intussen weens die besluit deur die Departement van Onderwys gekanseleer. Albei skole vier vanjaar hulle 100ste bestaansjaar en dié naweek sou sonder ‘n twyfel ‘n hoogtepunte in albei skole se eeufeesjaar gewees het. 

    Die Liggies sal nou teen die Hoërskool Alberton kragte meet. Alberton sou tydens die eerste ronde van die Virsekerbeker se Bowl-kompetisie teen Wesvalia van Klerksdorp te staan gekom het. Die Hoërskool Schoonspruit van Klerksdorp sal ook nie vir die tydperk in die Virsekerbeker in aksie kan wees nie.   

    In die boonste kompetisie van die Virsekerbeker het die besluit deur die belangegroep wat die skole vanuit die oostelike voorstede van Pretoria om alle kontaksportsoorte (rugby, netbal en hokkie) tot en met Saterdag, 29 Mei te staak sonder twyfel ‘n reuse impak op die kompetisie. Die skole sluit in die Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Waterkloof en die Hoërskool Menlopark

    Slegs die kragmetings in die Beker-kompetisie tussen Helpmekaar-kollege en EG Jansen asook die tussen Noordheuwel en Marais Viljoen sal die naweek beslis word. 

    Die belangegroep sluit ook skole soos die Afrikaanse Hoër Seunskool, Afrikaanse Hoër Meisieskool, Laerskool Garsfontein, Laerskool Tygerpoort, Laerskool Monumentpark, Laerskool Elarduspark en Laerskool Constantiapark. Affies het reeds sy interskole van die naweek teen Grey-kollege van Bloemfontein gekanseleer. 

    Die Vrystaatse Hoërskole Rugbyvereniging (VHRV) het ‘n besluit geneem dat geen ligawedstryde die volgende twee naweke beslis sal word nie. Die bestuur se brief aan sy skole stel dit dat hy weer na afloop van die tydperk tot en met 24 Mei die saak sal bespreek en nuwe bepalings saamstel of die nie-spelende tyd sal verleng. 

    “Die bestuur het wel versoeke ontvang van enkele skole wat wil voortgaan met rugby oefeninge en wedstryd bepalings. Sodanige skole kan met mekaar in verbinding tree, en self, op eie verantwoordelikheid besluit of hulle wil voortgaan met die wedstryde soos die huidige bepalings aandui,” het die brief van die VHRV se voorsitter, Roelf Meyer, gelui. 

    In die Noord-Kaap moes Diamantveld en Kalahari van Kuruman se ligawedstryd ook uitgeskuif word na ‘n latere stadium toe. 

    In Limpopo het daar ook ‘n hele paar wedstryde in die slag gebly met Piet Potgieter en Frikkie Meyer se kragmeting wat gekanseleer is. Verder het die wedstryde tussen Ben Viljoen van Groblersdal en Ellisras asook die ligawedstryde tussen Merensky en Hans Strijdom ook in die slag gebly. 

    Dit blyk egter op die jaarlikse Bosveld Intervarsity tussen die Hoërskool Pietersburg en HTS Tom Naudé steeds sal plaasvind. 

    [powr-comments id=”c8d5e800_1620979495380″]

  • Michaelhouse comes from behind to bag victory against Kearsney College

    Michaelhouse comes from behind to bag victory against Kearsney College

    NewsGKearsneyBenFieldKearsney hosted Michaelhouse in a highly anticipated first post-COVID fixture in ideal playing conditions.

    Kearsney started very well and was soon rewarded with a Matthew Bergset penalty for the first points of the match.

    The hosts dominated proceedings and, apart from their sloppy line-out work, deserved an early lead of 17-0 with a try from lock Ben Field from good support following a chip from flyhalf Lethu Gwarube, which centre Singele Mkhize collected to put him in possession to outsprint the defence.

    Eighthman Thomas Carmody also contributed with a converted try after some good continuity play from a loose ball in the opposition half.  Credit to the visitors who put their best passage of the half together, to score an unconverted in the right-hand corner, and trail 5 – 17 at half time.

    The visitors continued with their newfound energy and soon scored from a midfield scrum after some elementary defence errors by the hosts. The converted try narrowed Kearsney’s lead to 17-12.

    Michaelhouse had their tails up and put the home team’s pack under pressure with line-out mauls. The next House try came from a quick tap penalty following an infringement by Kearsney in the attempt to stop a driving maul. The converted try saw the lead change hands for the first time with the visitors ahead with 19-17.

    Michaelhouse stretched their lead after another defence pattern blunder and the converted try saw them with a 26-17 advantage; and now seemed to be in control, as the home team suffered disruptions with many injured players.

    Somehow, they pulled together and found rhythm again and the last 12 minutes produced exciting moments. One opportunity came from a failed clearance from the visitors when they were turned over at a breakdown. 

    Kearsney man of the match centre Mkhize ran a sharp line and scored almost untouched next to the upright for Bergset to convert and shrink the deficit to 24 – 26.

    The home team had some further opportunities, but solid defence brought the match to a closely contested end.  Mkhize, Michael Ngwenya, Field and Bergset performed well and deserve special mentioning.

    PHOTO: Tracey van den Aardweg

    Scorers: 

    Michaelhoue 26 (5) – Tries: Joe Price (2), Zakwe, Vermeulen. Conversions: Vermeulen (3). Kearsney College 24 (17) – Tries: Ben Field, Tom Carmody, Singele Mkhize. Conversions: Bergset (3). Penalty: Bergset.

    [powr-comments id=”ca3effd6_1620721821908″]

  • Landboudal behaal geskiedkundige sege oor Sentraal

    Landboudal behaal geskiedkundige sege oor Sentraal

    NewsGLandboudalDie Hoër Landbouskool Jacobsdal het Saterdag ‘n geskiedkundige sege behaal deur die Hoërskool Sentraal op Landboupark net buite Jacobsdal met 20-10 met die kous oor die kop huis toe te stuur. Dit was die eerste keer in die skool se geskiedenis dat hy daarin kon slaag om die Tralies te klop. 

    Landboudal het teen rustyd ‘n voorsprong van 8-0 opgebou. Nie eers twee onverdoelde drieë deur Sentraal se Malvin Makgelane kon sy span van ‘n nederlaag red nie. 

    Die Lanties se flank Juan Viljoen asook die agtsteman, Damian Kuhn, het geskitter in hul span se sege. Agterlangs was die skrumskakel, De Vos Pienaar, ‘n groot doring in die Bloktruie se vlees. Die sege sal nog lank in Jacobsdal onthou word. 

    Die Tralies sal hard moet werk indien hy nie vanjaar met die houtlepel in die Vrystaatse A-liga wil wegstap nie. 

    Jim Fouché het sy aanslag op vanjaar se titel in die Vrystaatse A-liga met ‘n oortuigende sege van 40-13 oor die Hoërskool Fichardtpark afgeskop. Die wenspan het ook teen rustyd reeds met die telling op 21-8 in sy guns reeds beheer van die wedstryd geneem.

    Die grondslag vir JF se oorwinning is deur sy vaste vyf gelê. Dit was veral die twee slotte, Zander van der Berg en Barend Steyn, wat met hul spel beïndruk het. Die loskopstut, MJ Meyer, het ‘n hele paar stormlopies ingekry, terwyl die vaskopstut, Ruan Swart, ook ‘n blink vertoning gelewer het. En as die res van jou vaste vyf só goeie dag op kantoor beleef dan kan jou haker, Schalk van der Walt, net baljaar.

    JF se senterpaar, Janco Prinsloo en Kevin McIntyre, verdien ook vermelding vir hul goeie vertonings agterlangs. McIntyre het self daarin geslaag om twee keer Fichies se doellyn oor te steek. 

    Die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort het sy seisoen met ‘n sege van 43-0 oor die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg afgeskop. Die span se kaptein en agtsteman, Raymond Muller, het sy span se aanslag van voor gelei. Hy het twee keer gaan druk.

    Die span se buitesenter, Odin Zangenberg, het 18 punte tot sy span se sege bygedra. Hy het ook twee keer agter die doellyn gaan kuier en vier van sy span se sewe drieë verdoel. 

    Die ander twee geskeduleerde wedstryde in die Vrystaatse B-liga het nie plaasgevind nie. St Andrews sal eerskomende Saterdag in ‘n interskole-kragmeting teen Cornwall Hill College van Centurion te staan kom. Saints se teenstander van Saterdag, Sehunelo, het uit die liga onttrek. 

    President Steyn en Zastron se kragmeting is uitgestel tot ‘n latere stadium weens ‘n paar positiewe Covid-gevalle. 

    Puntemakers:

    Landboudal 20 (8) – Drieë: De Vos Pienaar, Julian Range, Vuyani Moore. Doelskop: Moore. Strafdoel: Range. Sentraal 10 (0) – Drieë: Malvin Makgelane (2).

    Jim Fouché 40 (21) – Drieë: Kevin McIntyre (2), Wian de Kock, Zander van der Berg, Barend Steyn, Albert Smit. Doelskoppe: JP van Heerden (5). Fichardtpark 13 (8) – Drieë: Shaun Schietekat, Morkel Terblanche. Strafdoel: Shaun Visagie.

    Staatspresident Swart 43 (19) – Drieë: Raymond Muller (2), Odin Zangenberg (2), Frans Marx, Johnny Lee, Leonard Smit. Doelskoppe: Zangenberg (4). Hendrik Potgieter 0.

    [powr-comments id=”f9aaf935_1620704744174″]

  • Witteberg karnuffel vir Eldoraigne, terwyl die Rustenburg vir Gimmies stamp

    Witteberg karnuffel vir Eldoraigne, terwyl die Rustenburg vir Gimmies stamp

    NewsGWittebergspanDie Hoërskool Witteberg van Bethlehem het ‘n klinkende sege van 48-7 oor die Hoërskool Eldoraigne van Centurion op laasgenoemde se tuisveld behaal. 

    Die Wittes se flank Ivan Putter was die grootste doring in Eldos se vlees. Die sege deur die span van Bethlehem sal ‘n hele paar van sy teenstanders vanuit die Noord-Vrystaat laat regop sit het. 

    Witteberg het teen die omdraaislag reeds met die telling op 19-7 beheer van die wedstryd geneem. 

    Die ander span van Bethlehem, Voortrekker, het Saterdag in Welkom vir die Goudveld-Hoërskool met 32-14 die loef afgesteek. Daar was teen rustyd niks tussen die twee spanne met die telling op 7-elk te kies nie. 

    Die Trekkers het egter in die tweede helfte daarin geslaag om na ‘n hoër rat oor te skakel. Die span se Dendré Aucamp het 17 punte tot die sege bygedra. Hy het een van sy span se vier drieë gedruk, drie daarvan verdoel en ook twee strafdoele oorgeklits.

    Welkom Gimnasium het op sy tuisveld sy rieme teen die Hoërskool Rustenburg styf geloop. Rustenburg het die kragmeting tussen die twee spanne met 33-31 gewen. 

    Gimmies het na slegs vier minute se spel reeds ‘n voorsprong van 12-0 geniet, maar kon ongelukkig nie hul pas volhou nie. Die span se agtsteman en kaptein, Calla Pienaar, asook die losskakel, Donovan Don, het vir die verloorspan uitgeblink.

    Rusties se beste speler was sy buitesenter, Storm von Plaster. Vir rugbyondersteuners van Welkom sal die van ‘n klokkie lui, want Von Plaster se pa Vincent von Plaster het in 1993 Goudveld se eerste span aangevoer asook die Noord Vrystaat op die Cravenweek in 1992 en 1993 as ‘n flank verteenwoordig.  

    Storm se sentermaat, Colin de Lange, was self op sy stukke en het twee keer oor die doellyn geduik. Die haker, Michael Pieterse, het soos gewoontlik weer in die los gewoel.

    HTS Sasolburg se losskakel, Kea Matoane, het koelkop gebly om ‘n strafdoel deur die pale te jaag om aan sy span ‘n sege van 20-17 oor Hentie Cilliers van Virginia te besorg. Die Spanners moes hard in die tweede helfte werk om die sege ‘n moontlikheid te maak. Henties het met die omdraaislag ‘n voorsprong van 12-3 geniet. 

    Matoane het twee jaar gelede die Valke op die Grant Khomo-week verteenwoordig en behoort vanjaar weer ‘n sterk aanspraakmaker op ‘n plek in die unie se Cravenweek-span te wees. 

    Puntemakers: 

    Witteberg 48 (19) – Drieë: Ashton Diedericks (2), Xavier Lotter, Bradley Saptou, Enrico Jansen, Waldo Strydom, TJ van Zyl, Ruan Zaaiman. Doelskoppe: Van Zyl (3), Curtley Smith. Eldoraigne 7 (7) – Drie: Cian Spies. Doelskop: Brandon Bosch. 

    Voortrekker 32 (7) – Drieë: Christian Klopper, Dendré Aucamp, Ruben Kruger, Evert Oliver. Doelskoppe: Aucamp (3). Strafdoele: Aucamp (2). Goudveld-Hoërskool 14 (7) – Drieë: Leroy Millar, Ruan van Niekerk. Doelskoppe: Van Niekerk (2).

    Hoërskool Rustenburg 33 – Drieë: Collin de Lange (2), Storm van Plaster, Edrick van Tonder, Refentse Moabi. Doelskoppe: Moabi (4). Welkom Gimnasium 31 – Drieë: Wian Fourie, Donovan Don, Testimony Dodo, Bennie Human, Tristan Appollis. Doelskoppe: Danie Crauwkamp (2), Don.

    HTS Sasolburg 20 (3) – Drieë: Ntando Nhlapo, Zane Applegreen. Doelskoppe: Kea Motoane (2). Strafdoele: Motoane (2). Hentie Cilliers 17 (12) – Drieë: Graedon Volschenk, Kamohela Pela, Quinton Persent. Doelskop: Persent.

    KYK WEER NA DIE WEDSTRYDE OP DIGITV: 

    Voortrekker vs Goudveld – https://www.channels.digitv.co.za/en/trekkertv-rugby

    [powr-comments id=”57d3f692_1620554309247″]

  • Menlopark weer nederlaag teen Nelspruit se Rhinos net-net af

    Menlopark weer nederlaag teen Nelspruit se Rhinos net-net af

    NewsGChristiaanGatesDean van der Watt en Braam Pretorius, afrigters van Menlopark, sal saamstem dat daar aanstaande week harde werk wag met die oog op die groot Pretoriase Virsekerbeker-derby teen Waterkloof.

    Menlo kon ‘n nederlaag teen die Rhinos vanmiddag in ‘n vriendskaplike wedstryd eers in die doodsnikke met ‘n gelykmakende doel afweer.

    Eerlike selfondersoek sal wys dat Menlo se probleme by die lynstane begin het waar die verstandhouding tussen die ingooier en springers só benedede peil was dat bloot te veel besit in hierdie belangrike faset van die spel prysgegee is. Van die lynstane waarin dinge so lelik skeefgeloop het, was op Nelspruit se doellyn.

    Simptomaties van Menlo se vertoining was juis dat hulle weens swak afronding tot laat in die tweede helfte nog agtergeloop het. Die tuisspan het baie ongedwonge foute gemaak en hulself daardeur onder onnodige druk geplaas. Die twee ligpunte was Menlo se skrumwerk en die feit dat hulle nooit bes gegee het nie. Die span kan net beter speel en was boonop weens beserings nie op vol sterkte nie.

    Die Rhinos kan hulself skop dat hulle ‘n oorwinning deur die vingers laat glip het, want hulle het in die voorlaaste minuut met ‘n strafdoel misluk wat Menlo in staat gestel het om besit om te keer. Die tuisspan het goed kopgehou, besit deur die een fase na die ander geneem wat uitendelik tot die gelykmakemde punte gelei het.

    Wat baie van die besoekers beïndruk het, was hul spel by die afbreekpunte en die wyse waarop hulle verdedig het. Die Rhinos se eerste duikslae het baie skade aangerig.

    Menlopark se beste speler was die flank Francois Oosthuizen. Hy het baie veld met sy kraglopies gewen en met een van hulle langs die kantlyn afgesuiker vir sy span se drie in die spreekwoordelike doodsnikke.

    Nelspruit se losskakel, Christiaan Gates, het groot indruk gemaak met sy posisionele spel en 11 punte aangeteken wat ‘n langafstand onderskepdrie ingesluit. Voorlangs het die flank Udo Cilliers baie goed in sy rol as baljagter geslaag.

    FOTO: Riaan de Bruyn

    Puntemakers

    Menlopark 21 (7) – Drieë: Zander West, Nathan Mong en Francois Oosthuizen. Doelskoppe: Shaun Calitz (3). Nelspruit 21 (7) – Drieë: Drikus Greeff, Ricardo Correira, Christiaan Gates. Doelskoppe: Gates (3).

    Ander uitslae: 2des: MP wen 26-12; 3des: NS wen 23-16; o.16A: MP wen 38-7. o.15A: MP wen 31-5. o.14A: MP wen 33-7.

    [powr-comments id=”809c7ac4_1620552469289″]

  • Monnas en Garsies skop Virsekerbeker met bonuspuntseges af

    Monnas en Garsies skop Virsekerbeker met bonuspuntseges af

    NewsGWaterkloofDie Hoërskool Monument het op sy tuisveld in Krugersdorp daarin geslaag om vir die eerste keer sedert 2017 vir die Hoërskool Waterkloof te verslaan. 

    Die twee spanne het mekaar tydens die eerste ronde van die Virsekerbeker se Bekerkompetisie die stryd op die Ras van Rooyen aangesê. Dit was nie een van die mees oortuigende vertonings deur die Wit Bulle nie, maar die afrigters sal steeds tevrede met volpunte wees. 

    Teen rustyd was daar niks tussen die twee spanne met die telling op 14-elk te kies nie. Klofies se skrumskakel, Nico du Randt, het ‘n geelkaart voor rustyd ontvang.

    Monnas se Wit Bulle het ‘n hele paar geleenthede om punte aan te teken deur hul vingers laat glip. Die Klofies se breiers, Cobus van Dyk en Renier de Villiers, sal ook tevrede met hul span se vertoning voel. 

    Dit was Waterkloof se eerste wedstryd van die seisoen na die Departement van Gesondheid hulle weens ‘n uitbreek van die Coronavirus as ‘n knelpunt geïdentifiseer het. Die skool kon dus eers gedurende die week proewe hou. 

    Vir Monnas het HJ de Beer (slot), Evan Retief (agtsteman) en S’fiso Magwaza (vaskopstut) voorlangs goeie vertonings gelewer. Agterlangs was die vleuel Brian Bianchina hul beste speler.  

    Garsfontein het tot ‘n hoër rat na die skoolvakansie oorgeskakel en vir HTS Middelburg met 48-0 kaf gedraf. Die Garsies het op sy tuisveld, Berepark, reeds teen rustyd ‘n gemaklike voorsprong van 17-0 opgebou. 

    Dié wedstryd sou aanvanklik op die Rooi Bulle se tuisveld in Middelburg plaasgevind het, maar omdat die Departement van Onderwys in Gauteng nie wou toelaat dat Garsfontein na Mpumalanga reis nie, moes Plan B in plek gesit word om die wedstryd moontlik te maak. 

    Die Turkoois Bere se kaptein en agtsteman, Juan Steyl, was waarskynlik sy span se beste speler op die dag. Hy het ‘n paar manne hard aarde toe op verdediging gebring en ook in die los gewoel. Die kantman Joshua van Houghton het self ‘n paar Rooi Bulle se ribbes nog rooier gelaat. 

    Garsies se agterste driehoek was ook op hulle stukke. Die trio van Michail Damon, Kyle Thompson en Ethan Maasdorp het tussen hulle ses van hul span se agt drieë afgerond. Damon het vanuit die laaste vesting drie keer agter HTS Middelburg se doellyn gaan draai. 

    Die Hoërskool Dr. EG Jansen van Boksburg het nie veel probleme ondervind om Noordheuwel in Krugersdorp met 26-3 die loef af te steek nie. Die Jansies se heelagter, Jason Edwards, het met sy dartellopies twee keer gaan druk. 

    Marais Viljoen van Alberton het vir die grootste opskudding tydens die eerste ronde se wedstryde gesorg. Die span van Alberton het in sy eerste wedstryd in die boonste afdeling daring geslaag om vir Helpmekaar met 32-31 uit te oorlê.

    Dié oorwinning is danksy ‘n reuse strafdoel van ongeveer 51 meter deur die heelagter, Kian Coetzer, in die doodsnikke van die wedstryd beklink. Wat die laaste spiker in die doodskis nog erger gemaak het, is die feit dat Coetzer voorheen ‘n leerder van Helpies was.

    Met ongeveer vyf minute se speeltyd oor in die kragmeting het Helpies nog ‘n voorsprong van 31-22 geniet. Twee minute later het Marais Viljoen se slot Zane de Swardt vir sy tweede drie oor die doellyn gebars. Coetzer het dit vervyf om die voorsprong na slegs 31-29 te laat krimp.

    Drie minute later het Coetzer die sege vir sy span met ‘n strafdoel beklink. Coetzer het 17 punte met sy skopskoen aangeteken. Die wenspan se losskakel, Henré van Zyl, verdien ook ‘n kompliment vir sy koel en kalm vertoning. 

    Vir Helpies het sy loskopstut, Christiaan Pauer, goeie spel gelewer. 

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Puntemakers: 

    Monument 24 (14) – Drieë: Cas Botes, HJ de Beer, Brian Bianchina, Damian Engelbrecht. Doelskoppe: Alec Vermaak (2). Waterkloof 14 (14) – Drieë: Ruben Odendaal, Marno Grobbelaar. Doelskoppe: Reinhardt Stipp (2).

    Garsfontein 48 (17) – Drieë: Michail Damon (3), Kyle Thompson (2), Ethan Maasdorp, Steven Nel, Calvin Scott. Doelskoppe: Maasdorp (2), Deacon Pretorius, Tireque Appoles. HTS Middelburg 0

    Marais Viljoen 32 (17) – Drieë: Zane de Swardt (2), Henry van Zyl. Doelskop: Kian Coetzer. Strafdoele: Coetzer (5). Helpmekaar 31 (19) – Drieë: JP Beyer (2), Diego Cupido, Christiaan Pauer, Ryan Coetzee. Doelskoppe: Joshua Smith (3).

    EG Jansen 26 (14) – Drieë: Jason Edwards (2), Kyle Pepler, Xander Marais. Doelskoppe: Kyle Benadé (3). Noordheuwel 3 (3) – Strafdoel: Ronan Herman.

    Ander spanne: 

    o.16: Monument 53, Waterkloof 15; Garsfontein 26, HTS Middelburg 17; Helpmekaar 38, Marais Viljoen 7; Noordheuwel 26, EG Jansen 20.

    o.15: Monument 19, Waterkloof 12; Garsfontein 8, HTS Middelburg 7 (wedstryd moet oorgespeel word weens weerlig); Helpmekaar 33, Marais Viljoen 21; Noordheuwel 6, EG Jansen 5.

    o.14: Monument 45, Waterkloof 0; Garsfontein 46, HTS Middelburg 0; Helpmekaar 22, Marais Viljoen 7; Noordheuwel 29, EG Jansen 3.

    [powr-comments id=”76a6b3dd_1620543641428″]

  • Le Roux ware generaal vir Oakdale in sege oor Stellenberg

    Le Roux ware generaal vir Oakdale in sege oor Stellenberg

    NewsGChristiaanGatesOakdale Landbou met sy generaal Neil le Roux stoom steeds voort na hulle vir Stellenberg met 33-19 in Bellville afgestof het. Le Roux het sy reputasie met nog ‘n blink vertoning vergroot.

    Voorlangs het die span se flank Paul de Villiers uitgetroon in ‘n stewige vertoning deur die agttal. Soos verwag was die Jade Brigade se senterpaar, Jacquin Jacobus en Damian Markus, hul span se grootste staatmakers.

    HTS Drostdy se Donkies het ‘n sege van 26-19 oor Boland Landbou op laasgenoemde se tuisveld behaal. Die Donkies gaan vanjaar nog ‘n hele paar spanne verras.

    Marais Viljoen van Alberton het vir die grootste opskudding tydens die eerste ronde van die Virsekerbeker se Bekerkompetisie gesorg. Die span van Alberton het in sy eerste wedstryd in die boonste afdeling daring geslaag om vir Helpmekaar met 32-31 uit te oorlê.

    Dié oorwinning is danksy ‘n reuse strafdoel van ongeveer 51 meter deur die heelagter, Kian Coetzer, in die doodsnikke van die wedstryd beklink. Wat die laaste spiker in die doodskis nog erger gemaak het, is die feit dat Coetzer voorheen ‘n leerder van Helpies was.

    Met ongeveer vyf minute se speeltyd oor in die kragmeting het Helpies nog ‘n voorsprong van 31-22 geniet. Twee minute later het Marais Viljoen se slot Zane de Swardt vir sy tweede drie oor die doellyn gebars. Coetzer het dit vervyf om die voorsprong na slegs 31-29 te laat krimp.

    Drie minute later het Coetzer die sege vir sy span met ‘n strafdoel beklink. Coetzer het 17 punte met sy skopskoen aangeteken.

    Garsfontein het weer op alle silinders begin vuur en vir HTS Middelburg op Bere-park met 48-0 kaf gedraf. Dit was egter die Garsies se verdediging wat die meeste beindruk het.

    Garsfontein se heelagter, Michail Damon, het ‘n driekuns aan drieë behaal. Hy en die twee vleuels, Ethan Maasdorp en Kyle Thompson, was op hul stukke. Die trio het tussen hulle ses van hul span se drieë afgerond.

    Monument moes veel harder werk om die Hoërskool Waterkloof met 24-14 op die Ras van Rooyen in Krugersdorp tot oorgawe te dwinge. Dit was Monnas se Wit Bulle se eerste sege oor die Klofies sedert 2017.

    EG Jansen het ook sy aanslag op vanjaar se titel met ‘n klinkende sege van 26-3 oor Noordheuwel afgeskop. Die span se vlugvoetige heelagter, Jason Edwards, het twee keer die doellyn oorgesteek.

    Menlopark het uit die kake van ‘n nederlaag ontsnap om met ‘n gelykop-uitslag van 21-elk teen die Hoërskool Nelspruit van die veld te stap.

    Die Parkies se agtsteman, Hendré du Toit, na speeltyd reeds vertreke was, het sy span in staat gestel om ‘n nederlaag te verhoed. Die losskakel, Shaun Calitz, het met sy doelskop die sake gelyk getrek.

    Neslpruit se skitterende losskakel, Christiaan Gates, was met ‘n ligte besering van die veld toe sy span ‘n strafskop na speeltyd reeds vertreke was pale toe gekorrel het. Die skop het teen die sterk wind nie die pale gehaal nie, waarvandaan Menlopark die aanval geloods het wat op die ou einde op Du Toit se drie uitgeloop het.

    Die wedstryd is na Pretoria verskuif na die Departement van Onderwys nie aan Menlopark toestemming wou verleen om na Mbombela te reis nie. Indien die kragmeting in Mbombela gespeel was, sou dit waarskynlik nog ‘n moeiliker wedstryd vir Menlopark gewees het.

    Al die Uitslae:

    VIRSEKERBEKER

    Afdeling 1 – Bekerkompetisie: Monument 24, Waterkloof 14; Garsfontein 48; HTS Middelburg 0; Marais Viljoen 32, Helpmekaar 31; EG Jansen 26, Noordheuwel 3.

    Afdeling 2 – Limpopo: Ben Viljoen 17, Piet Potgieter 0; Hans Strijdom 21, HTS Tom Naudé 21; Merensky 23, Frikkie Meyer 22.

    Afdeling 5 – Blou Bulle: Curro Roodeplaat 36, Pecanwood College 5; Maragon Mooikloof 43, Willowridge 5.

    KWAZULU-NATAL

    Maritzburg College 34, Durban High School 10; Glenwood 13, Westville Boys’ High 3; Michaelhouse 26, Kearsney College 24; St Charles College 27, Clifton 18.

    NOORDVAAL

    Hoërskool Nelspruit 21, Menlopark 21; Affies 15, King Edward VII 11; Hoërskool Middelburg 43, Ermelo 7; Zwartkop 42, Oos-Moot 21; Hoërskool Rustenburg 33, Welkom Gimnasium 31; Centurion 40, Wonderboom 3; HTS Witbank 22, Brandwag (Benoni) 13; Bekker 20, Oosterland 14; Schoonspruit 17, Volksrust 15; Delmas 11, Riebeeckrand 7; Ferrum 12, Wolmaransstad 12; Pionier 6, Fochville 3; Piet Retief 31, Linden 20; Northcliff 15 St Benedict’s College 12; Potchefstroom Gimnasium 42, Kroonstad Trio 14; Oosterlig 45, Jeugland 31; Ben Vorster 28, Hoërskool Pietersburg 5; Louis Trichardt 29, Northern Academy 7; Leeuwenhof Akademie 56, Herronbridge 7; Hoërskool Alberton 44, Florida 12; Montana 29, Die Anker 27, Curro Heuwelkruin 26, Curro Hazeldean 24; St Stithians College 55, St Davids Marist 18; Rob Ferreira 24, Curro Nelspruit 21.

    OOS-KAAP

    Marlow Landbou 29, Nico Malan 5; Selborne College 32, Queen’s College 20; St Andrew’s College 26, Grey High School 23; Hoërskool Grens 22, Dale College 20; Graeme College 19, Port Rex 15; Brandwag (Uitenhage) 48, Muir College 12, Pearson 63, Humansdorp Sekondêr 0.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Voortrekker 32, Goudveld- Hoërskool 14; Jim Fouché 40, Fichardtpark 13; Landboudal 20, Sentraal 10; Brandfort 43, Hendrik Potgieter 0; HTS Sasolburg 20, Hentie Cilliers 17.

    WES-KAAP

    Paarl Gimnasium 25, Paul Roos Gimnasium 10; Oakdale Landbou 33, Stellenberg 19; HTS Drostdy 26, Boland Landbou 19; Durbanville 22, Parel Vallei 14; Bishops 29, SACS 22; Wynberg Boys’ High 19, Rondebosch Boys’ High 5; Robertson 29, Montagu 10.

    [powr-comments id=”ae89a99b_1620493896387″]