Grey-kollege se eerste krieketspan was in ‘n vernietigende bui Saterdag in sy twee uitspeelwedstryde van die Vrystaatse been van Krieket Suid-Afrika se nasionale T20-reeks. Grey sal vandag in die eindstryd van die Vrystaat teen St Andrews te staan kom.
Marco Fouché (170*) het ‘n nuwe nasionale rekord in die reeks opgestel met ‘n ongelooflike honderdtal in sy span se sege van 180 lopies oor die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad. Fouché se beurt is die hoogtste telling sedert die ontstaan van die reeks. Hy het slegs 72 aflewerings in sy warrelwind beurt trotseer wat 24 grenshoue ingesluit het. Nie minder as 13 van die grenshoue het vir die eerste keer anderkant die grenstou van die Casa Parentum-veld grond gevat nie.
Die vorige rekord het agter die naam van St Dominic’s College se Damon de Villiers gestaan. Hy het destyds in 2010 ‘n ongelooflike beurt van 168 lopies geslaan in ‘n kragmeting teen Hentie Cilliers van Virginia. De Villiers het destyds ook ‘n vyftal paaltjies ingeoes om met boulsyfers van 5/16 te spog.
Fouché het ‘n onoorwonne aanvangs-vennootskap van 248 lopies met Neels Volschenk (66*, 48b) gedeel om Grey in ‘n uitstekende posisie te plaas. Die Rooiskool kon slegs 68 lopies hierop antwoord. Ruan Thompson (21) het die meeste weerstand vir die verloorspan gebied.
Juan-Dee Olivier (2/6), Dean de Bruin (2/9), JF van Heerden (2/8) en Jomar Prinsloo (2/13) het nie veel kanse vir Rooiskool se kolwers gegee om die wilgerlat die praatwerk te laat doen nie.
Grey het in sy eerste wedstryd van die uitspele ook nie veel probleme ondervind om Welkom Gimnasium te verneder nie. Die besoekers is vir slegs 20 lopies na 12 boulbeurte uitgeboender. Die linkerhandse draaier, Mbongi Mhlanga (6/2), het die meeste van die skade met sy boulwerk aangerig.
Olivier het ook weer twee paaltjies ingoes en ‘n skamele twee lopies afgestaan. Grey het slegs 11 aflewerings benodig om die sege te beklink met Volschenk (15*) wat sy kolf die praatwerk laat doen het.
Saints het hulle plek in die eindstryd met gemaklike seges oor Voortrekker van Bethlehem en die Hoërskool Sasolburg bespreek. Saints het die Trekkers met 94 lopies in hul eerste kragmeting geklop.
Saints het 188/6 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken met Zander Rasmussen (45) en Reeza Alexander (36) wat die grootste bydraes gelewer het. Die Trekkers kon slegs 94/7 hierop antwoord, maar Victor Nel (38) en Hendrik Smit (25) het ‘n moedige vennootskap van 58 lopies om die vierde paaltjie gedeel om aansien aan hul beurt te gee.
St Andrews het in hul tweede wedstryd vir die Hoërskool Sasolburg met tien paaltjies die loef afgesteek.
FOTO: Marco Fouche/Facebook
Beknopte telkaarte:
Welkom Gimnasium 20 (Mbongi Mhlanga 6/2, Juan-Dee Olivier 2/2); Grey-kollege 21/1 (Neels Volschenk 15*). Grey-kollege wen met nege paaltjies.
St Andrews 188/6 (Zander Rasmussen 45, Reeza Alexander 36, JD Bruwer 21; Rowen Scholtz 2/37, Henro Claasen 2/45); Voortrekker 94/7 (Victor Nel 38, Hendrik Smit 25; JD Bruwer 3/21). St Andrews wen met 94 lopies.
Grey-kollege 248/0 (Marco Fouché 170*, Neels Volschenk 66*); AHS Kroonstad 68 (Ruan Thompson 21; Juan-Dee Olivier 2/6, JF van Heerden 2/8, Dean de Bruin 2/9, Jomar Prinsloo 2/13). Grey-kollege wen met 180 lopies.
Hoërskool Sasolburg 58 (Luan Loubser 17, Marnu Cronjé 16; Tristan Wylie 2/4, Johnny du Plessis 2/10); St Andrews 59/0 (Nicolaas Liebenberg 39*, Liam Doherty 15*). St Andrews wen met tien paaltjies.
[powr-comments id=”775e5e43_1582446715844″]


Junior Springbok coach Chean Roux named a fresh mix of players for the fourth and final SA Rugby U20 alignment camp in Stellenbosch next week, with nine players set to make their first appearances at the camp.

The schoolboy rugby season of 2020 is here! The annual Sarel Cilliers Rugby Day in Glencoe will take place this coming weekend. The hosts, Sarel Cilliers, will face Voortrekker of Pietermaritzburg in the main match on Saturday.
Die Hoërskool Fichardtpark en die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad sal mekaar vanjaar vir die derde agtereenvolgende keer in die hoofwedstryd van die grootste jaarlikse sportdag in Suid-Afrika die stryd aansê. Die Fichies sal Saterdag daarna mik om vir die derde agtereenvolgende jaar die Rooiskool met die kous oor die kop huis toe te stuur. 
Die jaarlikse Nuweland Rugbydag sal vanjaar op 10 Maart op die geskiedkundige Nuweland-stadion vir die heel laaste keer aangebied word. Die besonderse dag is in 2006 op die been gebring deur Theo Kleynhans om aan die skole ‘n geleentheid aan die begin van die seisoen belangrike wedstrydtyd in te kry. 
The Rugby Travel Barbarians from South Africa has recently been crowned champions of the annual Lisbon Junior 7’s Championship. The Barbarians defeated Grupo Desportivo Direito of Portugal in the final by 15-12 to be crowned champions. 
Host school Graeme College will renew a rivalry with the tough Marlow Agricultural outfit when the Pam Golding Properties Graeme Rugby Day takes place in Grahamstown on March 14.
Four players will make their first appearance at the third SA Rugby Under-20 alignment camp in Stellenbosch this week after being invited by Junior Springbok coach Chean Roux as the planning phase continues for the SA Rugby Academy and SA U20 season in the next few months.