SSPN Test Site

Blog

  • Noord-Kaap – 2009

    Results

    Noord-Kaap   7,  Vryburg HS 9
    Noord-Kaap 15,  Jim Fouche 14
    Noord-Kaap 47,  Potchefstroom Gimnasium 11
    Noord-Kaap 27,  Marlow Landbou 26
    Noord-Kaap 21,  Ben Vorster 10
    Noord-Kaap 14,  Voortrekker 6
    Noord-Kaap 40,  Lichtenburg 3
    Noord-Kaap 20,  Louis Botha 11
    Noord-Kaap 12,  Upington HS 9
    Noord-Kaap 24,  Diamantveld 13
    Noord-Kaap 41,  Louis Botha 19
    Noord-Kaap 22,  AHS Kroonstad 19

    Players: Johandre van der Walt, Junior Cornelissen, Herman van Niekerk, Waldo Botha, Zandre Swartz, Morne Jordaan, Divan Strauss, Thabisho Mngomozulu, Ashwen Damons, Deon Carney and Francois Henning.

  • Noord-Kaap – 2011

    Results

    Noord-Kaap 14,  Marlow Landbou 6
    Noord-Kaap 50,  Schweizer-Reneke 8
    Noord-Kaap 40,  Sentraal 5
    Noord-Kaap 77,  Wesvalia 0
    Noord-Kaap 28,  Framesby 16
    Noord-Kaap 19,  Potchefstroom Volkskool 8
    Noord-Kaap 33,  Rustenburg HS 22
    Noord-Kaap 43,  Outeniqua HS 22
    Noord-Kaap 57,  Falcon College (Zimbabwe) 0
    Noord-Kaap 24,  Pretoria Boys’ High 10
    Noord-Kaap 45,  Windhoek HS 24
    Noord-Kaap 31,  Daniël Pienaar THS 9
    Noord-Kaap 25,  Affies 22
    Noord-Kaap 44,  Diamantveld 7
    Noord-Kaap 34,  Jim Fouché 24
    Noord-Kaap 27,  Diamantveld 20

    Players: Berne Bergh, Hendrik du Plessis, Kobus du Plessis, Heinrich van der Walt, Zane le Roux, Jaco Buys, Waldo Botha, Gummy Roux, Gilbert Chalmers, Pikkie Nortjé, Christiaan de Haast, Charlton Koopman, Dawid-Johan Minnie, Henco Olivier, Xander Jonck, Llewellyn Bitterbos, Shaun Clarke, Vuyani Maqhina, Bok Wessels and Butch Fourie.  

    Coaches: Henk Brand and Abré Minnie.

  • Noord-Kaap – 2010

    Noord-Kaap – 2010

    Results

    Noord-Kaap 19,  Vryburg HS 9
    Noord-Kaap   7,  Klerksdorp HS 8
    Noord-Kaap 18,  Marlow Landbou 9
    Noord-Kaap 20,  Welkom Gimnasium 0
    Noord-Kaap 31,  Dale College 21
    Noord-Kaap 29,  Windhoek HS 0
    Noord-Kaap   5,  Sentraal 6
    Noord-Kaap 21,  Landboudal 17
    Noord-Kaap 52,  Duineveld 22
    Noord-Kaap 83,  Witteberg 0
    Noord-Kaap 21,  Diamantveld 12
    Noord-Kaap 44,  AHS Kroonstad 13
    Noord-Kaap 24,  Hentie Cilliers 3

    Players: Herman van Niekerk, Cobus Cohn, Waldo Botha, Taphelo Thupe, Jaco Buys, Tashwill Boltman, Vuyani Maqhina, Zane le Roux, Ruan Botes, Pikkie Nortje, Barries Cronjé, Berne Bergh, Brendan Coertze and Kobus du Plessis.

  • Over-aged player scandal deepen saga between Glenwood and DHS

    Over-aged player scandal deepen saga between Glenwood and DHS

    GlenwoodPrepThere is a new twist to the saga of the cancellation of one of the oldest schoolboy rugby rivalries in South Africa. New information was uncovered that two of the u14 boys that moved from Durban High School to Glenwood High School at the beginning of the year is actually a 17- and 18-year old respectively.

    These two players were part of Glenwood Preparatory‘s u13 side that brushed all opposition aside in 2019. The players didn’t use their real names. The names of the players are known to School of Rugby, but because of the fact that they were both still underage while playing for Glenwood Prep, we can’t identify them.

    They were the stars of the Glenwood Prep team as one was named Player of the Tournament and the other as the Backline Player of the Tournament during the Glenwood High Schools’ annual rugby festival. They played flyhalf and centre respectively.

    Glenwood Prep released a statement on their Facebook Page stating the fact that they must inform the schools’ community with sadness that they unknowingly played two players who were over-age. The statement is signed by the principal, Noel Ingle, who is also the chairman of the South African Schools Rugby Association.

    “It has been established with the help of Glenwood High School that in 2018 and 2019 Glenwood Preparatory School unknowingly played two players who were over-age. I extend my sincere apologies to all players, parents, officials and spectators from our school and our opposition schools,” says Ingle in the statement. Ashampoo Snap Wednesday 04 March 2020 09h47m27s 002

    The Sharks’ u13 side was crowned unofficial champions of the u13 Craven Week in White River last year by defeating Western Province by 26-24 in the main match. One of the players implicated scored a hat-trick of tries in the main match. It was the first time in seven years that Western Province did not take the honours.

    “By way of explanation, we enrolled two pupils into the school in grade six in 2018 who provided the school with false documentation. The documentation withstood all scrutiny as it was genuine. The two players concerned used documentation that belonged to two younger boys,” reads the statement.

    Durban High School broke all sporting contact with Glenwood High School earlier this year. This came after three boys that were attending Glenwood Prep on scholarships from DHS with the arrangement that they will attend the latter. They, however, decided to start their high school careers at Glenwood High School.

    The two above mentioned boys that were found to be over-age was part of the boys that the whole saga was about that brought this traditional interschools to an abrupt end. Glenwood decided to send the boys for bone density tests after there were concerns raised on the matter of their age.

    Both boys apparently admitted that they were over-age and played under false documentation and also revealed their real names and ages.

    Back in 2011 both these schools also made headlines with over-aged players as Siyabonga Tom (Glenwood) and Mbembe Payi (DHS) were uncovered to be over-age. Tom represented the SA Schools’ side as a 21-year-old and it might be because of this lesson learned that Glenwood decided to submit players to testing.

  • Northerns verniel Sentraal in eerste wedstryd van Wesgrow-reeks

    Northerns verniel Sentraal in eerste wedstryd van Wesgrow-reeks

    NuusG Noord KaapDie Hoërskool Noord-Kaap se eersterugbyspan het sy eweknie van die Hoërskool Sentraal ‘n rugbyles in die openingswedstryd van vanjaar se Wesgrow-reeks gegee. Northerns het Sentraal met 69-5 plat gevee nadat hulle reeds rustyd ‘n voorsprong van 28-5 opgebou het. 

    Die kragmeting is op Fichardtpark se jaarlikse McDonald’s Sportdag in Bloemfontein gespeel. 

    Dit was waarskynlik die Tralies se grootste drag slae sedert Marlow Landbou hulle tydens President Steyn se jaarlikse sportdag van 2008 met 94-14 verneder het. Dit is wel nie Northerns se grootste sege nog oor Sentraal nie. Die skool se eerstes het die Tralies in 2012 met 76-0 afgeransel. 

    Noord-Kaap se binnesenter, JJ Molete, was die grootste doring in Sentraal se vlees. Molete het feitlik na willekeur deur die verloorspan se verdediging gebars. Hy het ‘n driekuns aan drieë behaal en sal indien hy op sy vertoning kan voortbou ‘n speler wees wie se naam nog baie vanjaar gehoor sal word. 

    Die wenspan se losskakel, Corné du Plessis, was ook op sy stukke en het die doellyn twee keer oorgesteek en ook ses van sy span se elf drieë verdoel vir ‘n persoonlike bydra van 22 punte. Du Plessis het ook spel goed dikteer en die agterlyn seepglad weggestuur. 

    Voorlangs het die slot Franco Stassen die pap behoorlik dik aangemaak. Hy het met sy fisieke spel die Tralie-agttal op die agtervoet gedwing. Hy het ook met ‘n mooi lopie vanuit sy span se eie kwartgebied die aanvoorwerk vir die vleuel McNeil Cupido se drie gedoen. 

    Northerns het met hierdie sege ‘n duidelike boodskap aan die ander spanne in die Wesgrow-reeks gegee dat hulle vanjaar gewis ‘n span is om mee rekening te hou. Die Tralies het Saterdag vir die eerste keer in sy geskiedenis met sy welbekende bloktrui vir sy eerste wedstryd in ‘n seisoen uitgedraf. Dit was die geval reeds omdat dit ‘n ligawedstryd was.   

    Sentraal se nuwe Direkteur van Rugby, Ian Campbell-McGeachy, se eerste werksdag was eers Maandag na die wedstryd, maar hy sal na Saterdag ‘n goeie idee hê waarvoor hy homself ingelaat het. 

    Die Hoërskool Kroonstad het sy seisoen op ‘n wennoot begin deur St Andrews van Bloemfontein met 15-10 in die openingswedstryd van die sportdag te klop. Blouskool het met ‘n skrale voorsprong van 7-5 gaan rus na Saints se kaptein en kantman, Mahube Leshabane, kort voor rustyd sy span se rekening met ‘n drie oopgemaak het. 

    Leshabane was sonder twyfel een van sy span se voorste spelers op die dag. Hy is goed ondersteun deur die binnesenter, Petros Struwig, wat gevaarlik gelyk het elke keer wat hy in besit van die bal geplaas is. 

    Vir Blouskool was daar niemand beter as sy haker, Cornel Saunders, nie. Hy het die veld vol gespeel en met ‘n paar duikslae ‘n paar manne na hul asems laat snak. Hy het ook by die afbreekpunte ingeklim. Die loskopstut, Juandré Greyling, het met sy skrumwerk asook spel in die los beïndruk.

    Puntemakers: 

    Noord-Kaap 69 (28) – Drieë: JJ Molete (3), Corné du Plessis (2), Jayden Eiman, McNeil Cupido, Devanito Vergotini, Franco Stassen, Bradley Human, Douglas le Bretton. Doelskoppe: Du Plessis (6). Sentraal 5 (5) – Drie: Hein du Preez. 

    Hoërskool Kroonstad 15 (7) – Drie: Cornel Sanders, Jaco van der Heever. Doelskop: Arno Swart. Strafdoel: Swart. St Andrews 10 (5) – Drieë: Mahube Leshabane, Petros Struwig.

    Watch the matches again on DigiTV: 

    FichiesTV Noord-Kaap vs Sentraal https://digitv.co.za/#/video/26504/27209/Vod
    Hoërskool Kroonstad vs St Andrews https://digitv.co.za/#/video/26499/27209/Vod

     

    [powr-comments id=”818ab00b_1583317193984″]

  • Welkom Gimnasium slag Menlopark in stryd van die kampioene

    Welkom Gimnasium slag Menlopark in stryd van die kampioene

    NewsGKekeMorabeIndien Welkom Gimnasium die 2020-seisoen onder die radar wou beweeg is daai gedagte nou na Saterdag by die deur uit. Gimmies het op sy tuisveld in Welkom vir Menlopark van Pretoria met 43-7 nie net verras nie, maar sommer behoorlik omgedop. 

    Welkom Gimnasium is verlede jaar as kampioen van die Kovsiestreek-kompetisie gekroon, terwyl Menlopark in 2019 vir die eerste keer in sy geskiedenis as die kampioen van die Virsekerbeker gekroon is. Dit was dus die Vrystaatse kampioene teen sy eweknie noord van die Vaalrivier. 

    Die kragmeting sou aan Gimmies die nodige selfvertroue en wedstrydskerpheid gegee het wat hul nodig sal hê wanneer hulle Saterdag in Bloemfontein teen die voorste skolespan in Suid-Afrika, Grey-kollege, te staan kom. Grey sal ook lugtig vir Gimmies wees na die uitslag. Dit sal Grey se eerste wedstryd van die seisoen wees. 

    Die kragmeting teen Menlopark was reeds Welkom Gimnasium se tweede van die seisoen. Gimmies het sy seisoen met ‘n maklike sege van 73-3 oor die Hoërskool Vryheid afgeskop. 

    Menlopark kon eers na verlede Woensdag se einde van die atletiekseisoen vir die eerste keer die rugbyballe uit die stoorkamer haal. Die Parkies moes ook sonder sy haker, Tiaan Lange, klaarkom wat SA Rugby se hoë-prestasie oefenkamp in Stellenbosch bygewoon het. Die span van die Jakarandastad het egter steeds vyf spelers Niel Beukes (heelagter), Lincoln Adams (senter), Marcelle Deysel (losskakel), Theo Daily (slot) en Ernst Simon (flank) in sy beginspan gehad wat ook verlede jaar in die eindstryd van die Virsekerbeker teen Helpmekaar uitgedraf het. 

    Gimmies se lostrio Keke Morabe, Calla Pienaar en Mingo Piti was op hul stukke en het Menlopark se fisieke aanslag met dieselfde vuur beveg. Morabe het in 2018 en 2019 die Suid-Afrikaanse Skole-span verteenwoordig. Menlopark se volgende wedstryd is in Tzaneen teen Ben Vorster se Rooismasjien. 

    Helpmekaar-kollege moes self behoorlik sweet om sy besoekers vanuit die Oos-Vrystaat, Voortrekker van Bethlehem, met 20-12 die loef af te steek. Daar was met die telling op 5-elk teen die omdraaislag nie veel tussen die twee spanne te kies nie. 

    Helpies kon ook nie veel voorberei vir die wedstryd nie. Die skool het Donderdag na die Super-Interhoër proewe gehou en weens die reën Vrydag in die Goudstad kon die span slegs sy bewegings in die saal deurloop. 

    Helpies se sterk flank Tyler Skudder het die bal goed gedra en kan weer vanjaar ‘n doring in vele spanne se vlees wees. Die vaskopstut, Stefan Liebenberg, het ook ‘n goeie wedstryd voorlangs beleef. Agterlangs het die linkervleuel, Ryan Coetzee, ‘n stewige buiging met ‘n mooi drie gevier. 

    Die Trekkers se senterpaar, Dendré Aucamp en Robbie Wigget, het Helpies se verdediging goed besig gehou. Die skrumskakel, Liam Roos, verdien ook ‘n klop op die skouer, terwyl die flank Louis Janse van Vuuren by die afbreekpunte vir Helpies probleme besorg het. 

    Puntemakers: 

    Welkom Gimnasium 43 (26) – Drieë: Donovan Don (2), Wian Muller, Keke Morabe, Angelo Olivier, Danie Crouwcamp, Testimony Dodo. Doelskoppe: Bennie Human (4). Menlopark 7 (0).

    Helpmekaar-kollege 20 (5) – Drieë: Ryan Coetzee, Ruben Weideman, Brandon Bouwer. Doelskop: Sebastine Watney. Strafdoel: Watney. Voortrekker (Bethlehem) 12 (5) – Drieë: Tshepang Morakae, Louis Janse van Vuuren. Doelskop: Jan du Toit.

    Ander spanne: 

    o.16: Menlopark 57, Welkom Gimnasium 0; Helpmekaar 58, Voortrekker 0.

    o.15: Menlopark 47, Welkom Gimnasium 0; Voortrekker 12, Helpmekaar 5.

    o.14: Menlopark 24, Welkom Gimnasium 12; Helpmekaar 17, Voortrekker 10.

    [powr-comments id=”f7f659db_1583301963300″]  

  • Fichies maak dit skeepsreg teen Rooiskool op nat Sportdag

    Fichies maak dit skeepsreg teen Rooiskool op nat Sportdag

    NewsGFichardtparkDie Hoërskool Fichardtpark bly die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad se baas. Die Fichies het Saterdag tydens die hoofwedstryd van sy 19de jaarlikse McDonald’s Sportdag vir Rooiskool vir die derde agtereenvolgende met die kous oor die kop huis toe gestuur.

    Fichies het met 31-24 koning gekraai. Die tuisspan het van die begin van die wedstryd in beheer van sake, maar die Rooies het nooit moed opgegee nie en goed teruggeveg om meer aansien aan hul poging te gee.

    Die Fichies het verlede jaar met 36-12 oortuigend koning gekraai in die hoofwedstryd en in 2018 was hulle naelskraaps met 25-23 baas.

    Saterdag het Fichies se losskakel, Davin Groenewald, sy skopskoene aangehad wat die groot verskil tussen die twee spanne was. Groenewald het al vier sy span se drieë verdoel asook ‘n strafdoel deur die pale gejaag. Groenewald het self een van sy span se drieë afgerond.

    Rooiskool het ook vier drieë gedruk, maar Groenewald se skopskoen was op die ou einde die verskil op die telbord tussen die twee spanne. Die wenspan se losskopstut, Jeff Parota, het soos verlede jaar toe hy aan die kant van die skrum gesak het die veld vol gespeel. Hy het ‘n paar spelers van Rooiskool met sy duikslae in hul spore gestuit asook ‘n hele paar meters met die bal onder die arm vasgeknyp gewen.

    Fichies se buitesenter, Jaydee Stadhouer, het ook ‘n goeie dag op kantoor beleef. Sy drie vanaf die afskop kort na Groenewald se drie het voor rustyd aan Fichies ‘n stewige voorsprong van 24-7 gegee.

    Stadhouer het deurgans gapings in Rooiskool se verdediging gevind. Hy en sy direkte teenstander, Cheslin Jones, het mekaar behoorlik opgekuil. Jones was sonder twyfel sy span se beste speler op die dag. Hy het telkens oor die voordeellyn gekom.

    Vir Rooiskool kan sy agtsteman, Hanu Visagie, en flank Henro Hattingh ook tevrede met hul vertonings voel.

    In ‘n erg ontwrigte wedstryd vroeër die dag het ‘n span van Grey-kollege vir Landboudal van Jacobsdal met 7-0 geklop. Die spanne moes met nog 19 minute se speeltyd oor in die eerste helfte die veld verlaat na die weerlig te naby aan Fichardtpark verby beweeg het. Die spelers het reeds behoorlik nat gereën na die meeste van die reën tydens die dag gedurende die wedstryd neergeval het.

    Die tweede helfte was slegs 20 minute lank om op die maak vir die verlore tyd en om nie die dag se ander wedstryde vertraag nie.

    FOTO: Kulu Ferreira 

    Puntemakers: 

    Fichardtpark 31 (24) – Drieë: JT van der Walt, Davin Groenewald, Jaydee Stadhouer, Matthew Kitching. Doelskoppe: Groenewald (4). Strafdoel: Groenewald. AHS Kroonstad 22 (7) – Drieë: Cheslin Jones, Hanu Visagie, Michael Keyser, Henro Hattingh. Doelskop: Zander Pelser.

    Grey-kollege XV-tal 7 (7) – Drie: Johan Voigt. Doelskop: Johan du Toit. Landboudal 0.

    [powr-comments id=”56411538_1583062863180″]

  • Schools Rugby Results – 29 February

    Schools Rugby Results – 29 February

    SORThe schoolboy rugby season is underway! 

    The biggest annual sports day in South Africa, the Fichardtpark Sports Day in Bloemfontein, gets things underway with an action-packed schedule. Fichies take on AHS Kroonstad in the main game, while the first Wesgrow clash of the season will also take place with Sentraal and Noord-Kaap locking horns. 

    All the results: 

    FRIENDLIES 

    Welkom Gimnasium 43 Menlopark 7
    Helpmekaar 20 Voortrekker (Bethlehem)  12
    Marais Viljoen 46 Transvalia 11
    HTS Middelburg 24 Rustenburg 17
    Waterkloof 48 Montana  16
    Duineveld 31 Klerksdorp 13
    Jeugland 43 HTS Witbank 13
    HTS Sasolburg 33 CBC Boksburg 7
    Parys 28 Vrede 22
    Ander spanne – o.16: HTS Middelburg 24, Rustenburg 14; Waterkloof 14, Montana 12; Helpmekaar 58, Voortrekker 0; HTS Witbank 29, Jeugland 7; Transvalia 19, Marais Viljoen 7. o.15: HTS Middelburg 19, Rustenburg 3; Montana 7, Waterkloof 5; Voortrekker 12, Helpmekaar 5; Jeugland 29, HTS Witbank 0; Marais Viljoen 37, Transvalia 7. o.14: HTS Middelburg 31, Rustenburg 3; Montana 7, Waterkloof 0; Helpmekaar 17, Voortrekker 10; Jeugland 37, HTS Witbank 17; Marais Viljoen 21, Transvalia 7.

     

    FICHARDTPARK SPORTDAG 

    Fichardtpark 31 AHS Kroonstad 24
    Noord-Kaap 69 Sentraal 5
    Jim Fouché 55 Hentie Cilliers 5
    Diamantveld 31 Wesvalia 7
    Marlow Landbou 7 Louis Botha 0
    Grey College XV 7 Landboudal  0
    Ficksburg 27 Aliwal-Noord 22
    Hoërskool Kroonstad 15 St Andrews 10
    HTS Welkom   Zastron  
    Ander spanne – o.14: Noord-Kaap 28, Sentraal 5.

    NWU PRESTIGE-REEKS

    Lichtenburg   Heidelberg Volkskool  
    Die Anker 75 Oosterlig 22
    Ander uitslae: – o.16: Die Anker 43, Oosterlig 6. o.15: Die Anker 52, Oosterlig 5. o.14: Die Anker 29, Oosterlig 3.

    NWU SPORT-REEKS

    Hoërskool Alberton 34 Driehoek 0
    Dr. Malan   Overkruin  
    Secunda 28 Hartbeespoort 8
    Wonderboom 18 Linden 15
    Hoogenhout 28 Florida 21
    Hans Moore 26 Hoërskool Sasolburg 24
    Bastion   Randburg  
    Brits 17 Standerton 17
    Ander spanne – o.16:  Brits 10, Standerton 5; Florida 36, Hoogenhout 5; Hans Moore 24, Sasolburg 12; Wonderboom 18, Linden 8; Alberton 31, Driehoek 0; Secunda 40, Hartbeespoort 7. o.15: Standerton 17, Brits 12; Florida 71, Hoogenhout 0; Hans Moore 40, Sasolburg 0; Wonderboom 14, Linden 5; Alberton 64, Driehoek 0; Secunda 57, Hartbeespoort 5. o.14: Brits 25, Standerton 10; Hoogenhout 14, Florida 12; Hans Moore 44, Sasolburg 7; Linden 41, Wonderboom 0; Alberton 20, Driehoek 0; Secunda 45, Hartbeespoort 0.

    NWU 16-REEKS

    Oosterland   Stoffberg  
    Pretoria-Noord   Delmas  
    Leeuwenhof 35 Bekker 33
    Overvaal   Riebeeckrand  
    Piet Retief 24 Pionier 18
    Ferrum   Volksrust  
    Wolmaransstad 54 Schoonspruit 12
    Ander spanne – o.16: Leeuwenhof 57, Bekker 7; Wolmaransstad 60, Schoonspruit 0; Piet Retief 36, Pionier 3. o.15: Leeuwenhof 15, Bekker 0; Wolmaransstad 34, Schoonspruit 7; Piet Retief 20, Pionier 7. o.14: Leeuwenhof 38, Bekker 19; Wolmaransstad 59, Schoonspruit 7; Piet Retief 70, Pionier 0.

    SUPERREEKS

    Brandwag (Benoni)  17 General Hertzog 5
    Birchleigh 32 Dinamika 20
    Hoërskool Tuine 23 Vereeniging Gimnasium 15
    Ander uitslae – o.16: Brandwag 45, General Hertzog 0; Dinamika 43, Birchleigh 24; Vereeniging Gimnasium 7, Tuine 5. o.15: Brandwag 17, General Hertzog 12; Dinamika 40, Birchleigh 12; Tuine 62, Vereeniging Gimnasium 0. o.14: Brandwag 31, General Hertzog 0; Dinamika 51, Birchleigh 0; Tuine 20, Vereeniging Gimnasium 0.

    [powr-comments id=”5621d607_1582966498694″]

  • Fichies mik daarna om Rooiskool die derde keer die kous oor die kop te trek

    Fichies mik daarna om Rooiskool die derde keer die kous oor die kop te trek

    NewsGFichiesKapteinsDie Hoërskool Fichardtpark se eersterugbyspan sal vanjaar tydens die hoofwedstryd van sy 19de McDonalds Sportdag in Bloemfontein poog om vir die derde jaar in ‘n ry in sy hoofwedstryd vir die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad om te dop. 

    Die Fichies het verlede jaar met 36-12 oortuigend koning gekraai in die hoofwedstryd en in 2018 was hulle naelskraaps met 25-23 baas. Die gasheer se kaptein en agtsteman, JT van der Walt, was verlede jaar een van sy span se staatmakers in die hoofwedstryd. 

    Lowhan van Wyk (vleuel), Davin Groenewald (losskakel) en Jeff Parota (stut) was verlede jaar ook saam met Van der Walt in die sege betrokke. Porota het aan die kant van die skrum gesak. 

    Fichies het wel vanjaar ‘n nuwe afrigtingspan wat die sweep klap. Riaan Herholdt en Jaco Kotze het vanjaar die leisels by die voormalige Vrystaatse stut Dirkie Groenewald oorgeneem. Groenewald het van 2013 tot aan die einde van die 2019-seisoen die eerstespan gebrei. 

    Herholdt het laas in 2012 die eerstespan afgerig voordat Groenewald by hom die leisels oorgeneem het. Kotze, wat ‘n bekende in skeidsregterskringe is, is die span se hoofafrigter. Hy het in 2012 die eerste Vrystater ooit geword om die hoofwedstryd van die Cravenweek te blaas. Die eer het hom ‘n tweede keer in 2018 te beurt geval. 

    Van der Walt sal in ‘n hewige stryd in die los met Rooiskool se losvoorspelers Henru Hattingh en Hanu Visagie gewikkel wees. 

    In die vernaamste voorwedstryd sal Jim Fouché teen Hentie Cilliers van Virginia te staan kom. Die Groen Masjien van JF behoort vanjaar ‘n gedugte span in die Vrystaatse A-liga te wees. 

    Die span se kaptein en buitesenter, Zane Bester, het verlede jaar reeds die Vrystaat op die Akademie-week in Bloemfontein verteenwoordig. Bester behoort Henties met sy lopies in die middelveld besig te hou. Boonop het die span se skakelpaar, Revaldo Maurice en Ryan George, ook die Vrystaat op die toernooi verteenwoordig.JF het dus in hule agterhoede meer as genoeg ervaring om sy stem behoorlik dik te maak. 

    Die spanne is: 

    Hoërskool Fichardtpark vs AHS Kroonstad om 16:20: 

    Fichardtpark: 15 Lechandro Buys, 14 Lowhan van Wyk, 13 Jaydee Stadhouer, 12 Shaun Schietekat, 11 Lefa Matsinga, 10 Davin Groenewald, 9 Morkel Terblanche, 8 JT van der Walt (kaptein), 7 Matthew Kitching, 6 Zandro Smit, 5 Ethan Gough, 4 MJ Douglas, 3 Tiaan Kemp, 2 Hanco Swanepoel, 1 Jeff Porota. 

    AHS Kroonstad: 15 Liam de Wet, 14 Zane Booyens, 13 Cheslin Jones,12 Michael Keyser, 11 Wihan Verreyne, 10 Zander Pelser, 9 Franna Carstens, 8 Hanu Visagie, 7 Henro Hattingh, 6 Diaan Jordaan, 5 Jan-Hendrik Eloff, 4 Manie van Niekerk, 3 Kerneels Terblanche, 2 Christiaan Welgemoed, 1 Kosie van Rensburg. 

    Jim Fouché vs Hentie Cilliers om 13:50: 

    Jim Fouché: 15 Behan Vermaak, 14 Kevin McIntyre, 13 Zane Bester (kaptein), 12 Janco Prinsloo, 11 KB Mashale, 10 Revaldo Maurice, 9 Ryan George, 8 Danston Cloete, 7 Giovanni Rayners, 6 Pieter Koekemoer, 5 Gerhard Husselman, 4 Wian de Kock, 3 Thato Lechoko, 2 Damian Calitz, 1 Henco Gerber. 

    Hentie Cilliers: Onbekend. 

    Al die wedstryde word regstreeks op FichiesTV via digitv.co.za uitgesaai:  

    FichiesTV 16:20 Fichardtpark vs AHS Kroonstad https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live
    13:50 Jim Fouché vs Hentie Cilliers https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live
    15:00 Sentraal vs Noord-Kaap https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live
    12:40 Diamantveld vs Wesvalia https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live
    11:30 Marlow Landbou vs Louis Botha https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live
    10:20 Landboudal vs Grey-kollege XV https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live
    09:10 Ficksburg vs Aliwal-Noord  https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live
    08:00 St Andrews vs Kroonstad  https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live

    LEES MEER: 

    Hier is die bepalings vir Fichardtpark se Sportdag van 2020
    Fichies slaan Rooies blouoog op jaarlikse sportdag in Rosestad
    Fichies bo in titaniese stryd teen Rooiskool
    Fichardtpark se Clover Sportdag steeds grootste in SA

    [powr-comments id=”79fc0348_1582874475241″] 

  • Grey hou proewe op President Steyn se jaarlikse sportdag

    Grey hou proewe op President Steyn se jaarlikse sportdag

    PresidentSteynDie Hoërskool President Steyn bied Saterdag vir die 28ste keer sy jaarlikse sportdag in Bainsvlei net buite Bloemfontein aan. Dit maak die sportdag ook die oudste van al die sportdae in die Vrystaat en die Noord-Kaap. 

    Die gasheer se eerstespan sal in die hoofwedstryd van die dag teen sy eweknie van die Hoërskool Bultfontein op Gonval Store-park te staan kom. Die Steyners wat nooit bang is om teen die groter honde uit te draf nie, het verlede jaar sy rieme in die hoofwedstryd teen Grey-kollege se sesde span met 57-10 styfgeloop.

    Die Steyners speel altyd opwindende rugby en is nie lief om onnodig die bal weg te skop nie. Daar kan dus verwag word dat die besoekers van Bultfontein se verdediging behoorlik op die proef gestel sal word. 

    Grey-kollege het vanjaar twee spanne na die dag gestuur. Die kragmeting tussen die twee spanne van Grey sal as finale proewe vir die land se voorste skolespan van 2019 dien. Die wedstryd behoort dit een van die hoogtepunte van die dag te wees, met van die voorste skolespelers in Suid-Afrika wat sake sal uitspook om Grey se gesogte eerstespan-trui vanjaar oor die kop te kan trek. 

    Die Steyners se skoolhoof, Roelf Meyer, sal ook Saterdag ‘n unieke geleentheid hê om te sien waar die nasionale skolekeurders dalk ‘n speler of twee van Grey oor die hoof vir die SA Skole-oefenkamp, wat die naweek in Stellenbosch gehou word, gesien het. Meyer is self een van die SA Skole-keurders en was tot en met 2018 by Grey-kollege betrokke gewees. 

    Nie dat die SA Skole-keurders nie Grey se talent reeds fyngekam het nie. Grey het met nie minder as nege spelers die grootste verteenwoordiging van al die skole in die land by die oefenkamp. Die nege spelers is Tielman Nieuwoudt (stut), Sonwabo Sokoyi (heelagter/vleuel), Franco Knoetze (veelsydige agterspeler), Sisonke Vumazonke (slot/flank), Cornelius Volschenk (flank), Juan-Dee Oliver (skrumskakel), Jean Smith (losskakel), en Reagan Izaks (senter).

    Toeskouers wat die dag bywoon kan ook hulle lippe aflek vir die tweestryd tussen die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort en Wessel Maree van Odendaalsrus. Die Foxies van Brandfort sal die seisoen op ‘n hoë noot wil afskop. 

    Die Steyners se klubspan sal ook na afloop van die hoofwedstryd om 16:00 in ‘n wedstryd betrokke wees. Die sportdag het 32 rugbyspanne wat in 16 wedstryde in aksie sal wees, terwyl daar ook 44 netbalspanne sake op die netbalbane sal uitspook. 

    Die bepalings is: 

    Gonval Store-park 

    08:00 – o.16 – President Steyn vs Riebeeckstad
    09:05 – o.19 – Sand du Plessis vs Riebeeckstad
    10:15 – o.19 – Hoërskool Bloemfontein vs Petrusburg
    11:25 – o.19 – Hendrik Potgieter (Reddersburg vs Ladybrand
    12:35 – o.19 – Brandfort vs Wessel Maree
    13:45 – o.19 – Grey College I vs Grey College II
    14:55 – o.19 – President Steyn vs Hoërskool Bultfontein

    B-veld 

    08:00 – o.14 – Hoërskool Bloemfontein vs Oranjekrag
    09:05 – o.16 – Hoërskool Bloemfontein vs Oranjekrag
    10:10 – o.16 – Sand du Plessis vs Bultfontein
    11:15 – o.14 – Riebeeckstad vs Grey-kollege III
    12:20 – o.16 – Hendrik Potgieter vs Ladybrand

    C-veld

    08:00 – o.14 – Sand du Plessis vs Hendrik Potgieter
    09:05 – o.14 – Brandfort vs Wessel Maree
    10:10 – o.14 – President Steyn vs Grey-kollege IV
    11:15 – o.16 – Brandfort vs Wessel Maree

    LEES MEER: 

    Riemlanders lag laaste op President Steyn se jaarlikse Sportdag

    [powr-comments id=”b6da6fa9_1582872870911″]