Grey-kollege se sewesspan het vanjaar skoonskip gemaak.
Die skool van Bloemfontein se o.17-span is die naweek as die onbetwiste nasionale kampioen op die Twizza Hoërskole Sewesreeks se Kampioen van Kampioene-toernooi op die velde van Camp Discovery gekroon.
Grey het die Hoër Jongenskool Paarl in die eindstryd met 21-18 verslaan om die kroon te dra. Net na die eindstryd het ‘n tipiese hoëveld donderstorm uitgesak.
Die span van die Rosestad het van die begin af spiere gebult en dit was duidelik dat indien iemand die kroon wil dra hy eers vir Grey sou moes verslaan. Hy het die Hoërskool Rustenburg (52-0) en Noordheuwel van Krugersdorp (42-5) behoorlik in sy twee groepwedstryde kaf gedraf.
Grey se o.15-span is ook as nasionale kampioen by Camp Discovery gekroon.
Noordheuwel, wat vanjaar in twee van die Twizza Hoërskole Sewesreeks se toernooie konning gekraai het, het slegs teen die uiteindelike kampioen die knie gebuig. Grey het Noordheuwel het 31-7 in die halfeindronde verslaan.
Paarl Boishaai het sy plek in die eindstryd met ‘n oorwinning van 28-14 oor Helpmekaar-kollege van Johannesburg bespreek. Nories het Helpies in die uitspeelwedstryd om die derde posisie met 21-14 geklop om die toernooi as die beste van noord van die Vaalrivier af te sluit.
Verlede jaar se kampioen, Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch, moes met die titel as kampioen van die Plaat-afdeling tevrede wees. Hy het teen Paarl Boishaai met 15-24 in die kwarteindronde vasgeval. Grey het in sy kwarteindstryd vir Kempton Park met 53-7 verniel.
Helpmekaar het sy plek in die halfeindronde met ‘n sege van 22-14 oor Waterkloof bespreek. Noordheuwel het vir Noord-Kaap van Kimberley met 19-5 in die ander kwarteindstryd verslaan. Grey het Noord-Kaap in School Sports se Kampioen van Kampioene-toernooi vroeër vanjaar met 35-10 in die eindstryd verslaan.
Die Twizza Hoërskole Sewesreeks met Darryl Weir aan die stuur beloof om in 2019 na nog hoër hoogtes te groei. Weir was destyds by die organisering van die suksesvolle @lantic-reeks betrokke.
Al die uitslae:
Groep A: Waterkloof 20, Diamantveld 12; Hoër Jongenskool Paarl 32, Diamantveld 5; Hoër Jongenskool Paarl 24, Waterkloof 17.
Groep B: Helpmekaar 33, Maritzburg College 17; Helpmekaar 26, Paul Roos Gimnasium 19; Paul Roos Gimnasium 36, Maritzburg College 5.
Groep C: Noordheuwel 26, Rustenburg 21; Grey-kollege 52, Rustenburg 0; Grey-kollege 42, Noordheuwel 5.
Groep D: Kempton Park 15, Noord-Kaap 12; Glenwood 24, Kempton Park 19; Noord-Kaap 31, Glenwood 21.
KWARTEINDRONDE – Beker: Hoër Jongenskool Paarl 24, Paul Roos Gimnasium 15; Helpmekaar 22, Waterkloof 14; Grey College 53, Kempton Park 7; Noordheuwel 19, Noord-Kaap 5.
HALFEINDRONDE – Bowl: Diamantveld 21, Maritzburg College 12; Glenwood 19, Rustenburg 7. Plaat: Paul Roos Gimnasium 24, Waterkloof 19; Kempton Park 22, Noord-Kaap 21. Beker: Hoër Jongenskool Paarl 28, Helpmekaar 14; Grey-kollege 31, Noordheuwel 7.
UITSPEELWEDSTRYDE – 7/8: Waterkloof 40, Noord-Kaap 0; 3/4: Noordheuwel 21, Helpmekaar 14.
EINDRONDE – Skild: Rustenburg 15, Maritzburg College 10. Bowl: Glenwood 17, Diamantveld 12. Plaat: Paul Roos Gimnasium 41, Kempton Park 5. Beker: Grey-kollege 21, Hoër Jongenskool Paarl 18.
Daar is geen wegkruipplek op vanjaar se Hoërskole Sewesreeks se Kampioen van Kampioene-toernooi wat in samewerking deur Twizza aangebied word. Die toernooi vind soos verlede jaar net noord van Pretoria op die velde van Camp Discovery plaas.
Eastern Province took top honours in the Carfind.co.za Iqhawe Week at the Bill Jardine Stadium in Johannesburg on Thursday as they defeated the Golden Lions 18-10 in a competitive final match, which brought down the curtain on an exciting 2018 tournament.
Wie gaan die kroon as die eerste kampioen van School Sports 7’s se Kampioen van Kampioene-toernooi? Die toernooi vind vandag en more op die velde van Pirates in Greenside, Johannesburg plaas.
Dieter Swanepoel has been promoted to the position of Western Province senior provincial assistant coach, while Gurshwin Rabie will take care of the WP Provincial Academy and also serve as provincial U19 boys head coach.
Die Wildeklawer-juniortoernooi beloof om volgende jaar die grootse sedert sy ontstaan in 2012 te wees. Van die 20 spanne wat vir die hooftoernooi (o.19-spanne) genooi is, het 17 hul junior-spanne se deelname vir die toernooi bevestig. 
Die Vrystaat is die nuwe kampioen van Saru se interprovinsiale sewesreeks na hy die gemaklik met Oostelike Provinsie (38-21) in die eindstryd op die Fanie du Toit-stadion in Potchefstroom afgereken het.
Eastern Province is truly the whipping boys of the 2018 edition of the SA Rugby u21 Championship. They’ve conceded for the third time in five outings a defeat by more than a hundred points. Western Province trampled them by 173-0 at the Despatch Rugby Club in the biggest victory ever in the national u21 competition.
Western Province will be the firm favourites to successfully defend their title as champions of the annual SARU u17 Sevens tournament. This year’s edition of the tournament will be held at the Fanie du Toit field in Potchefstroom.