Die Vrystaatse o.16-rugbyspan het die onwaarskynlike vermag en geskiedenis gemaak deur die eerste span van die unie te word om as nie-amptelike kampioen van die Grant Khomo-week hier op die velde van die Hoërskool Diamantveld gekroon te word.
Die Vrystaters het die Blou Bulle met 31-24 in die hoofwedstryd van die week verslaan. Wat die Vrystaters se verowering van die titel merkwaardig maak is die feit dat die jaargroep van Grey-kollege verlede jaar as o.15’s met 50-0 en vanjaar met 35-12 teen Paarl Gimnasium sy rieme behoorlik styf geloop.
In die Vrystaters se span was daar slegs een speler die flank Tshepo Ketsise is van Louis Botha. Die span se drie afrigters Piet van Solms, Jannie Geldenhuys en Bobby Joubert asook die spanbestuurder verdien lof vir hul harde werk met dié span.
Die Vrystaat het voorheen al drie keer oor die laaste hekkie sedert die onstaan van die toernooi in 2003 gestruikel.
Die wenspan het Vrydag vinnig ‘n voorsprong van 19-0 opgebou, met veral die skrumskakel, Juan-Dee Olivier, wat met sy taktiese skopwerk sy span op die voorvoet gehou het.
Die Griffons se linkervleuel, Benni Human, en sy buitesenter, Paschal Ekeji, het elk met vier drieë die toernooi as die voorste driedrukkers afgesluit.
Die Westelike Provinsie het sy oorheersing tydens die Cravenweek vir laerskole (vir o.13-spanne) voortgesit. Die span van Kaapstad is vir die sesde agtereenvolgende jaar as nie-amptelike kampioen van die week gekroon.
WP het Boland met 8-5 in ‘n klipharde wedstryd uitoorlê. Die feit dat nie een van die twee spanne punte in die eerste helfte kon aanteken nie, beklemtoon die feit hoe fel die stryd tussen die twee spanne was.
WP se laaste nederlaag op die toernooi was in die hoofwedstryd van 2012 toe hy die knie met 19-8 gebuig het. Van die provinsie se laaste 40 wedstryde tydens die Cravenweek het hy slegs drie keer die knie gebuig. Sy ander twee nederlae was teen die Oostelike Provinsie (12-0) en die Limpopo Blou Bulle (8-6) onderskeidelik in 2009 en 2011.
Die Streeptruie se losskakel, Kyle Smith, het met 31 punte die toernooi as die voorste puntemaker afgesluit. Die span se senter Enzo Labuschagne het saam met die Goue Leeus se kaptein en agtsteman, Christi Botes, met vyf drieë elk die meeste kere die doellyn tydens die week oorgesteek.
Vir slegs die tweede keer in die geskiedenis van die VKB-week moes twee spanne die louere in die eindstryd deel. Die verdedigende kampioen, die Luiperds, het in die eindstryd op Reitz met 22-elk gelykop gespeel.
Die twee spanne het in die laaste drie eindstryde van die week gespeel met elk wat een keer aan die wenkant was.
Die vorige eindstryd waarin die spanne die louere moes deel was in 2012 toe die Vrystaat Kiewiete en Suid-Vrystaat met 19-elk gelykop gespeel het. Die week in die Riemland het al Springbokke soos Juan Smith en Deon Stegmann opgelewer.
Western Province was crowned unofficial champions of the Coca-Cola u13 Craven Week for a record sixth successive year at the annual tournament at Diamantveld in Kimberley.
Loose forward Francke Horn will lead DHL Western Province U19 in their encounter with the Vodacom Blue Bulls U19 at DHL Newlands on Saturday.
Joe van Zyl will captain the Vodacom Blue Bulls Under-19 team on Saturday when they take on DHL Western Province in their opening match of the SA Rugby Provincial Under-19 championship in Cape Town.
It seems that no-one can stop Western Province’s dominance at the Coca-Cola u13 Craven Week. The union’s team will play for the eighth consecutive year of the tournament in the main game.
Free State, the Blue Bulls, Eastern Province and Valke stamped their authority on their opponents in an action-packed second round of the U16 Coca-Cola Grant Khomo Week at Hoërskool Diamantveld in Kimberley on Wednesday to remain the only unbeaten teams going in Friday’s final round.
A player to watch out for in future is Eastern Province’s flyhalf, Daylon Myners. He followed up a superb performance on the opening day with another excellent effort in his side’s convincing 36-0 victory over the . Myners kept the defenders busy with his attacking la thro
Western Province suffered a shock defeat of 6-16 against Border on the opening day of the Coca-Cola Grant Khomo Week in Kimberley. WP is the unofficial defending champions of the tournament.
The Blue Bulls and Western Province produced the most impressive performances on the opening day of the Coca-Cola u13 Craven Week in an ice-cold Kimberley.
Organisers of the highly successful World Schools Festival have announced the 2019 edition will be staged at Paul Roos Gymnasium in Stellenbosch, Western Cape, from 25 – 30 March.