SSPN Test Site

Blog

  • SuperSport-eindstryd kan bepaal wie Boishaai se breier word

    SuperSport-eindstryd kan bepaal wie Boishaai se breier word

    Paarl BoishaaiDie eindstryd van vanjaar se SuperSport-uitdaagreeks kan as die tweede fase van die proses om die Hoër Jongenskool Paarl se nuwe hoofafrigter te vind beskou word.

    Albei die hoofafrigters vir Sondag se eindstryd tussen die Pumas en Griekwas se seniorspanne in Oudtshoorn is op die kortlys om Sean Erasmus as breier van Boishaai op te volg. Brent Janse van Rensburg (Pumas) en Peter Engeldow (Griekwas) is twee van vier sterk kandidate wat op Boishaai se kortlys is. Die ander twee kandidate op die kortlys is André Tredoux en Hein Kriek.  

    Erasmus skuif na die skolerugbyseisoen na Johannesburg waar hy in die Goue Leeus se strukture sy kundigheid sal deel. Hy het sedert 2014 Boishaai se eerstes gebrei en die skool se eerstespan was van 2015 tot 2017 die land se voorste rugbyspan. Die Hoër Jongenskool Paarl se eerstespan het in 2015 die eerste keer sedert 1982 ‘n seisoen onoorwonne afgesluit.

    Tredoux was deel van Dawie Theron se afrigtingspan by die Docomo Red Hurricanes in Japan, maar het reeds aan die begin van die skoleseisoen in Suid-Afrika die pos as Erasmus se hulpafrigter beklee. Tredoux het Elmo Wolfaardt vervang wat aan die einde van verlede jaar as die hoof van rugby by Klein Boishaai aangestel is.

    Kriek is tans die hulpafrigter van die Tsjeggiese Republiek se nasionale span met Dok Phil Pretorius wat die hoofafrigter is. Kriek ken die Boland goed en het Paul Roos Gimnasium vroeër gebrei voordat hy na Nelspruit verhuis het om die Pumas te help afrig.

    Janse van Rensburg se Pumas betree die eindstryd met hul onoorwonne status steeds in plek. Griekwas het slegs een wedstryd tydens die reeks teen die Vrystaat Cheetahs (31-32) met ‘n enkele punt verloor. Janse van Rensburg was voorheen ook by skolerugby betrokke en het onder andere by Grey High School in Port Elizabeth afgerig. 

    Boishaai se nuwe direkteur van rugby sal boonop ook die leemte van die skool se werwer, Johnny van Niekerk, moet vul. Tredoux het voorheen die Pukke en ook die Vrystaat Cheetahs se werwing behartig voordat hy sy loopbaan as afrigter in Japan uitgebrei het.  

  • Geen einde aan WP se diepte op skolevlak

    NewsGJuanMostertDie diepte van Westelike Provinsie se skolerugby ken geen einde nie.

    Die unie se twee Cravenweek-spanne asook die uitsoek Akademie-span het hul onderskeie toernooie onoorwonne afgesluit.

    Die Streeptruie het in die hoofwedstryd van die Cravenweek in die Brugstraat-stadion hier met ‘n sege van 47-8 oor die Sharks geen twyfel gelaat dat hy die voorste span op vanjaar se toernooi is nie.

    Hoewel dit ‘n klipharde stryd was, het daar geen twyfel na die eerste helfte bestaan wie in beheer van die kragmeting was nie. WP kon teen lemoentyd slegs ‘n voorsprong van 14-8 opbou, maar het die gebiedsvoordeel asook die balbesit beheer.

    Die nie-amptelike kampioen se agtsteman, Evan Roos, het die toernooi van sy lewe beleef. Hy is in die hoofwedstryd vir die tweede keer as speler van die wedstryd tydens die week uitgesonder.

    Roos het vanjaar nog nie vir sy skoolspan, die Hoër Jongenskool Paarl, so gespeel soos hy tydens die week gedoen het nie. Die Sharks se agtsteman, Celimpilo Gumede, het sonder twyfel reeds sy plek in vanjaar se SA Skole-span voor die hoofwedstryd bespreek, maar Roos het gister dié tweestryd gewen.

    Daar behoort heelwat spelers uit WP se agttal die SA Skole-span te haal. Die vaskopstut, Hanru Jacobs, haker JJ Kotze, slot Adrian Alberts sal saam Roos sterk aanspraakmakers op plekke in die nasionale span wees.

    Die Streeptruie se agterhoede met die losskakel, Juan Mostert, en die senterpaar, Brendan Venter en Dawid Kellerman, aan die spits het sake ook moeilik op die modderige veld vir die Sharks gemaak.

    Hoewel die Sharks se binnesenter, Rynhardt Jonker, ‘n stiller wedstryd beleef het, het hy steeds gewys dat hy ‘n speler van gehalte is. Die vleuel Siyanda Cele was met twee lopies in die eerste helfte grootliks vir al sy span se punte verantwoordelik.

    Grens eerste keer sedert 2009 onoorwonne

    Grens het vir die eerste keer sedert 2009 daarin geslaag om die toernooi onoorwonne af te sluit. Die span het die Vrystaat met 33-17 op die laaste dag met opwindende hardlooprugby verslaan.

    Die span se heelagter, Sibabalwe Xamlashe, en haker, Jacques Goosen, was twee van drie spelers wat die toernooi as die voorste driedrukkers afgesluit het. Albei het vyf keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak.

    Suidwestelike Distrikte se senter Janco Klinck het ook vyf keer agter die doellyn geboer. Grens se skrumskakel, Thomas Bursey, was met 38 punte die voorste puntemaker op die week danksy sy akkurate korrelwerk.

    Sover vasgestel kom word tot en met 1980 was dit Grens se eerste sege oor die Vrystaat.

    Ligbloues se nagmerrie in Paarl duur voort

    Die Blou Bulle het ‘n nuwe laagtepunt op vanjaar se toernooi beleef deur vir die eerste keer in die geskiedenis van die Craven Week in elk van sy drie wedstryde die onderspit te delf. Die feit dat die span se laaste nederlaag teen ‘n ander unie se tweede span, die Westelike Provinsie XV-tal (16-20), was het nog meer sout op dié oop wond gevryf.

    Die Ligbloues kon dus in sy laaste ses wedstryde op die Cravenweek slegs een sege behaal na hulle verlede jaar op die laaste dag daarin kon slaag om Grens (45-40) te klop.

    Die Ligbloues het nog net een keer vantevore met leë hande na Pretoria van die toernooi teruggekeer. Dit was in 1985 toe die toernooi in Witbank aangebied was. Hulle het wel daardie jaar op die laaste dag met 15-elk teen Wes-Transvaal destyds gelykop gespeel om ‘n tikkie aansien aan hul week te gee.

    WP ook “kampioen” op Akademie-week

    WP se Akademie-span het ondanks die feit dat dit eintlik die Streeptruie se “derde span” is, steeds geen gelyke tydens die Akademie-week gehad nie.

    Die span het die Vrystaat met 73-0 in die nie-amptelike eindstryd van die week verniel. Die wenspan het teen die omdraaislag reeds ‘n voorsprong van 26-0 geniet.

    WP se losskakel, Charl Janson, was met 41 punte die voorste puntemakers op die Akademie-week. Sy flank Louwan Horn was gesamentlik met die Blou Bulle XV-tal se senter Shayne Bolton met vyf drieë elk die voorste driedrukkers.

    Zimbabwe verbreek droogte teen Biltongboere

    Buiten die WP het die Suidwestelike Distrikte en Zimbabwe ook die Akademie-week onoorwonne afgesluit. Zimbabwe het op die laaste dag vir die eerste keer in agt jaar daarin geslaag om Namibië (27-6) ore aan te sit.

    Albei die nasionale o.18-spanne van die buurlande het vir die eerste keer ooit aan die Akademie-week deelgeneem. Die twee spanne het verlede jaar nog aan die Cravenweek deelgeneem.

    CRAVENWEEK

    Westelike Provinsie 47, Sharks 8; Goue Leeus 51, Boland 12; Grens 33, Vrystaat 17; Westelike Provinsie XV 20, Blou Bulle 16; Griffons 22, Valke 19; Oostelike Provinsie 21, Luiperds 10; Suidwestelike Distrikte 48, Pumas 14; Griekwas 24, Limpopo Blou Bulle 15; Blou Bulle XV 29, Goue Leeus XV 17.

    AKADEMIE-WEEK

    Westelike Provinsie 73, Vrystaat 0; Sharks 24, Goue Leeus 10; Blou Bulle 38, Grens 17; Boland 20, Goue Leeus XV 8; Oostelike Provinsie 22, Griffons 13; Suidwestelike Distrikte 45, Valke 12; OP-platteland 31, Griekwas 27; Luiperds 19, Griekwa-platteland 8; Blou Bulle XV 33, Westelike Provinsie 22; Puma-platteland 10, Valke-platteland 10; Sharks-platteland 10, Griffons-platteland 8; Limpopo Blou Bulle 25, Pumas 0; Grens-platteland 20, SA LSOB 19; Zimbabwe 27, Namibië 6.

  • Results – Day 5 – Coca-Cola Craven Week 2018

    Results – Day 5 – Coca-Cola Craven Week 2018

     

    Scorers: 

    Western Province (7) – Tries: JJ Kotze, Juan Mostert. Conversions: Kade Wolhuter (2). KwaZulu-Natal (8) – Try: Dylan Pretorius. Penalty: Gareth Schreuder. – Live

    Griffons 22 (5) – Tries: Ruben Liebenberg, Craven van der Nest, JP de Kock, Quan Meyer. Conversion: Liebenberg. Valke 19 (7) – Tries: Zeilinga Strydom (2), Franco Pienaar. Conversions: Zian de Jager (2).

    Eastern Province 21 () – Tries: Dumisa Ngcivana, Octavian Muller, Penalty Try. Conversions: Claude Jacobs (2). Leopards 10 () – Try: Keenan Twigg. Conversion: Frank-Lee Jackson. Penalty: Jackson.

    Western Province XV 20 (15) – Tries: Cullen van der Merwe, Tyrone Maritz, Mondrey Titus. Conversion: Nivan Petersen. Penalty: Petersen. Blue Bulls 16 (0) – Try: Jurich Claassens. Conversion: Regardt Roets. Penalties: Roets (3).  

    South Western Districts 48 (31) – Tries: Janco Klinck (3), Ridge Gaffley (2), Hannes Gous, Etienne Steyn, Joaquin Taute. Conversions: Jan-Daniel Strydom (4). Pumas 14 (14) – Tries: Chyle van Zyl (2). Conversions: Coenraad Visser (2).  

    Griqualand West 24 (14) – Tries: Marco van der Merwe, Handré Bruwer, Linton Maritz. Conversions: SJ Oberholzer (3). Penalty: Oberholzer. Limpopo Blue Bulls 15 (15) – Tries: Petrus Potgieter, Philip Apea-Adu, Ofentse Maubane. 

     

     

    TRIES

    FRANCO PIENAAR

    ZEILINGA STRYDOM (2)

    RUBEN LIEBENBERG

    CRAVEN VAN DER NEST

    JP DE KOCK

    QUAN MEYER

    CONVERSIONS

    ZIAN DE JAGER (2)

    RUBEN LIEBENBERG

    PENALTIES

  • Sharks bespreek plek in hoofwedstryd van Craven Week

    Sharks bespreek plek in hoofwedstryd van Craven Week

    NewsGCelimpoGumedeDie Sharks bly die span wat hierdie dekade die Vrystaters se harte breek. Die span van Durban het die Vrystaat met 29-20 op die vierde dag van die 55ste Coca-Cola Cravenweek vir hoërskole op Brugstraat in die Paarl verslaan. 

    Die Sharks het hiermee sy plek in Saterdag se hoofwedstryd teen die gasheer, die Westelike Provinsie, bespreek. Die span van Durban het verlede jaar ook tot die hoofwedstryd deurgedring en met 18-45 teen die Goue Leeus in Johannesburg die knie gebuig. Hy kon laas in 1990 in Durban met die titel as nie-amptelike kampioen wegstap. 

    Die Sharks het sy sege oor die Vrystaters grootliks te danke aan sy agtsteman en kaptein, Celimpilo Gumede en die drie foute deur die Vrystaters. Die SA Skole-speler het sy reputasie gestand gedoen deur ‘n skitterende vertoning te lewer. Sy naam sal gewis later vanjaar weer saam met die res van die SA Skole-span uitgelees word. 

    Die Vrystaat het drie onbegonne foute op die nat veld begaan en die Sharks het dit uitgebuit en drie van sy vyf drieë hiervan gedruk. Die Vrystaat het in die laaste tien minute hewige druk op die Sharks se verdediging geplaas, maar kon net nie oor die doellyn kom nie. 

    Die Sharks het in die twee spanne se vorige wedstryd op die toernooi in 2012 die Vrystaters sy grootste loesing tot op daardie stadium op die gesogte week met ‘n oorwinning van 48-24 toegedien. Die Blou Bulle het intussen in 2016 daardie rekord uit die boeke met ‘n loesing van 74-8 in Durban oor die Vrystaters gevee. 

    Die Vrystaat se laaste oorwinning oor die Sharks was in 2010 toe hy met 30-20 as oorwinnaars van die veld gestap het. 

    Puntemakers: 

    Sharks 29 (19) – Drieë: George Luzolo (2), Thabiso Mdletshe, Celimpilo Gumede, Dylan Pretorius. Conversions: Pretorius (2). Free State 20 (10) – Tries: André-Hugo Venter, Richard Kriel. Conversions: Zander du Plessis (2). Penalty: Du Plessis (2). 

  • Boland baas teen Ligbloues in die Paarl

    NewsGShaneColeWilliamsDie Blou Bulle kon vir die eerste keer sedert 1995 nie daarin slaag om Boland op die Coca-Cola Cravenweek vir hoërskole te wen nie. Die Wynboere het met 19-17 met die Ligbloues in die modder in die Brugstraat-stadion in die Paarl geploeg. 

    Die laaste keer wat die Boland nie die knie teen die Ligbloues gebuig het nie, was in 1995 in Bloemfontein toe die twee spanne met 13-elk gelykop gespeel het. Die gewese Springbok Gaffie du Toit het op daardie dag vir die Wynboere uitgedraf. Vandag was dit ook Boland se losskakel, Lionel April, wat die grootste doring in die Blou Bulle se vlees was. 

    April het twee keer die Ligbloues se doellyn oorgesteek. Sy eerste drie was na slegs twee minute se spel toe hy die bal in sy span se kwartgebied onderskep het en ongeveer 80 meter genael het om te gaan afrond.

    April het met 16 minute se spel oor in die wedstryd die deurslaggewende drie gaan druk. Sy span se binnesenter, Shane-Cole Williams, is kort voor dit deur die skeidsregter, Jaco Kotze, koelkas toe gestuur. 

    Die Blou Bulle het in die tweede helfte die voortou met 17-14 geneem na sy agtsteman, Divan Venter, oorgeval het. Die Wynboere het egter deurgans gemakliker in die nat en koue toestande in die Paarl gelyk.

    Die Ligbloues se SA Skole-senter van verlede jaar, Diego Appollis, beleef tot dusver nie ‘n goeie toernooi in die Paarl nie. April het waarskynlik reeds ‘n regmerkie agter sy naam vir vanjaar se nasionale skolespan. 

    Puntemakers: 

    Boland 19 (14) – Drieë: Lionel April (2), Shane-Cole Williams. Doelskoppe: April (2). Blou Bulle 17 (10) – Drieë: Divan Venter, Campo Willemse. Doelskoppe: Regardt Roets (2). Strafdoel: Roets. 

  • Boland – 2001

    Boland – 2001

    Results

    Boland 45,  Leopards 3
    Boland 24,  Lions 16
    Boland 12,  Pumas 9

    Players: 15 Hennie Daniller (Paarl Gimnasium), 14 Barend Geldenhuys (Drostdy THS), 13 Ruan Nel (Drostdy THS), 12 Rudolph Gey von Pittius (Paarl Gimnasium), 11 Daniel Adams (Langeberg), 10 Derick Hougaard (Boland Landbou), 9 Charles King (Robertson HS), 8 Paul Bester (Dirkie Uys), 7 Clemen Lewis (Boland Landbou), 6 Hugo Jacobs (Paarl Boys’ High), 5 Francois van Zyl (Paarl Boys’ High), 4 Pieter du Toit (Hugenote), 3 Pieter Pienaar (Paarl Boys’ High), 2 Willem Muller (Paarl Gimnasium), 1 Albertus Buckle (Boland Landbou). Replacements: 16 Eldrid Harris (Robertson HS), 17 Alistair Moos (Albert Myburgh), 18 Schalk Burger (Paarl Gimnasium), 19 Willem Koch (Swartland HS), 20 Bronwin Julies (Charleston Hill), 21 Ashwill Peters (Worcester Gimnasium), 22 Johannes Rooifontein (Langeberg).

  • Western Province – 2001

    Western Province – 2001

    Results

    Western Province 34,  Zimbabwe 32
    Western Province 18,  Eastern Province 11
    Western Province 39,  Lions 10

    Players: 15 James Richards (Rondebosch Boys’ High), 14 Steven Farmer (Kasselsvlei), 13 James Martin (Rondebosch Boys’ High), 12 Enrico Bailey (Ravensmead), 11 Devin Michaels (Kasselsvlei), 10 Warren Edwards (Wynberg Boys’ High), 9 Tertius Carse (Paul Roos Gimnasium), 8 Anthony Fenton-Wells (Diocesan College), 7 Jaco Venter (Stellenberg), 6 Matthew Kretzmann (Paul Roos Gimnasium), 5 Andries Bekker (Paul Roos Gimnasium), 4 Richard Morkel (Strand HS), 3 PD Bosman (Paul Roos Gimnasium), 2 Justin van Winkel (Wynberg Boys’ High), 1 Dylan Maree (Stellenberg). Replacements: 16 Dale Kleinsmidt (Kasselsvlei), 17 Gareth Thomas (Wynberg Boys’ High), 18 Jayson Wolhuter (DF Malan), 19 Fanus Buys (Paul Roos Gimnasium), 20 Paul Delport (SACS), 21 Theo Swartz (Kasselsvlei), 22 Shaun Daniels (Bellville THS).

  • Western Province – 2002

    Western Province – 2002

    Results

    Western Province 28,  Pumas 3
    Western Province 34,  Lions 10
    Western Province 31,  Free State 16

    Players: 15 Hennie Daniller (Paarl Gimnasium), 14 Enwill Alexander (Stellenberg), 13 Mark Esterhuizen (Paarl Gimnasium), 12 Earl Rose (Strand), 11 Nober Minnaar (Kasselsvlei), 10 Ettienne Duvenhage (Paarl Gimnasium), 9 Paul Delport (SACS), 8 Pieter Louw (Paarl Boys’ High), 7 Leon Karemaker (Bellville), 6 Matthew Kretzman (Paul Roos Gimnasium), 5 De Wet Huysamer (Paarl Boys’ High), 4 Grant Benzle (SACS), 3 Nico de Villiers (Paul Roos Gimnasium), 2 Johan Snyman (Paul Roos Gimnasium), 1 Schalk Ferreira (Paul Roos Gimnasium). Replacements: 16 Phillip van der Merwe (Stellenberg), 17 Jacobus Adriaanse (Paarl Gimnasium), 18 Fanus Buys (Paarl Gimnasium), 19 Maurice Marais (Tygerberg Juniors), 20 Stefan Liebenberg (Paarl Gimnasium), 21 Jaco Laubscher (Stellenberg), 22 Frank Wagenstroom (Tygerberg).

  • Boland – 1999

    Boland – 1999

    Results

    Boland   8,  Eastern Province 25
    Boland 12,  Griquas 15
    Boland 29,  Limpopo Blue Bulls 7

    Team

    15 Randal Martin (New Orleans), 14 Daniel van der Westhuizen (Montagu HS), 13 Herbie Petersen (Charlston Hill), 12 Dewey Swartbooi (Worcester Gimnasium), 11 Ashwin Willemse (Swartberg Sekondêr), 10 Tino Prins (Weltevrede), 9 Cilliers Louw (Hugenote), 8 Moegamat Hendricks (Klein Nederburg), 7 Carel Burger (Hugenote), 6 Andries Swanepoel (Drostdy THS), 5 Stian Walters (Charlie Hofmeyer), 4 Francois Gie (Worcester Gimnasium), 3 Petrus du Plessis (Hermanus HS), 2 Jean-Pierre Jordaan (Montagu HS), 1 Heinrich Walters (Dirkie Uys)
    Replacements: 16 Cornelius Ackerman (Drostdy THS), 17 Mark Botha (Weston), 18 Willem Bishop (Hermanus HS), 19 Petrus Smal (Overberg HS), 20 Jacobus Immelman (Charlie Hofmeyer), 21 Cornelius Uys (Bredasdorp HS).

  • Boland – 2000

    Boland – 2000

    Results

    Boland 46,  Valke 5
    Boland 22,  Golden Lions 3
    Boland 18,  Pumas 19

    Players: 15 B Julies (Charleston Hill), 14 LJ Bruwer (Dirkie Uys), 13 AF Retief (Vredenburg HS), 12 Dewey Swartbooi (Worcester Gimnasium), 11 SS Neethling (Worcester Gimnasium), 10 JJ Swarts (Vredenburg HS), 9 Enrico Januarie (Weston HS), 8 P Bester (Dirkie Uys), 7 JP van Wyk (Swartland), 6 WJ Koch (Swartland), 5 D Kraft (Vredenburg HS), 4 MH Jordaan (Porterville HS), 3 W Esterhuizen (Charlie Hofmeyr), 2 JH van der Westhuizen (Dirkie Uys), 1 JJ Stadler (Drostdy THS). Replacements: 16 FG Juries (New Orleans), 17 LS Schreuder (Vredendal HS), 18 P du Toit (Hugenote), 19 SG Basson (Swartland), 20 AG Bock (Weltevrede), 21 DP Williams (Hawston), 22 Charlie King (Robertson HS).