SSPN Test Site

Blog

  • Glenwood – 2018

    Results 

      Glenwood 37 Maritzburg College 12    
      Glenwood 29 HTS Drostdy 24    
      Glenwood 39 Dale College 0    
      Glenwood 24 Welkom Gimnasium 10    
      Glenwood 53 Italian All-Stars 0    
      Glenwood 53 Namibian XV 7    
      Glenwood 47 Westville Boys’ High 7    
      Glenwood 58 Kearsney College 8    
      Glenwood 52 Stellenberg 13    
      Glenwood 27 Outeniqua 13    
      Glenwood 37 Affies 34    
      Glenwood 49 Monument 22    
      Glenwood 55 Durban High School 12    
      Glenwood 41 Maritzburg College 0    
      Glenwood 83 HTS Middelburg 0    
      Glenwood 25 Grey College 25    
      Glenwood 39 Waterkloof 15    

    Players: Rynhardt Jonker, Siyanda Cele, 

  • Hugenote (Wellington) – 2018

    Hugenote (Wellington) – 2018

    Results 

    1 Hugenote 39 Tygerberg 24
    2 Hugenote 17 Hermanus 24
    3 Hugenote 14 Kempton Park 35
    4 Hugenote 14 Klerksdorp 14
    5 Hugenote 24 Wesvalia 12
    6 Hugenote 34 Weltevrede 5
    Hugenote 24 Durbanville 24
    Hugenote 26 Worcester Gimnasium 21
    Hugenote 32 Oudtshoorn 22
    Hugenote 19 DF Malan 29
    Hugenote 21 Overberg 13
    Hugenote 24 Charlie Hofmeyr 23
    Hugenote 32 Klein Nederburg 22
    Hugenote 14 Brackenfell 18
    Hugenote 43 Labori 13
    Hugenote 36 Swartland 14

    Players: Emile du Plessis, Jaco Matthyssen, Justin Cilliers, Brent Manuel, Chadlin Jones, Stuart Bruintjies, Cameron Gertse, Thomas Linnegar, Jayden Oppels, Marno Dirks, Freddie Mouers. 

  • Hier is die Wildeklawer-spanne vir 2019 se toernooi

    Hier is die Wildeklawer-spanne vir 2019 se toernooi

    Wildeklawer10Daar is slegs twee nuwelinge vir Wildeklawer van 2019 in Kimberley en dit is Transvalia van Vanderbijlpark en Garsfontein.

    Hugenote van Wellington en EG Jansen van Boksburg  is die skool wat vir volgende jaar se toernooi in die slag gebly het. 

    Die spanne is: 

    Boland Landbou, Helpmekaar, Monument, Grey-kollege, Paul Roos Gimnasium, Paarl Gimnasium, Oakdale Landbou, Stellenberg, Affies, Waterkloof, Hoër Jongenskool Paarl, Glenwood, Noord-Kaap, Diamantveld, Outeniqua, Menlopark, HTS Drostdy, Welkom Gimnasium, Transvalia, Garsfontein. 

  • Wildeklawer se Noord- en Suid-spanne bekend vir vertoonwedstryd

    Wildeklawer se Noord- en Suid-spanne bekend vir vertoonwedstryd

    Wildeklawer10Suid-Afrika se rugbytalent op skolevlak sal op 15 September op Ellispark in Johannesburg vertoon word. Keurders het tydens vanjaar se Wildeklawer-toernooi in Kimberley twee spanne, Noord en Suid, gekies om mekaar die stryd aan te sê. 

    Dit vorm als deel van die tiende bestaansjaar van die mees gesogte skoletoernooi in Suid-Afrika. Die wedstryd sal as ‘n voorwedstryd vir die Curriebeker-wedstryd tussen die Goue Leeus en die Westelike Provinsie dien. 

    Die Suid-span sal deur die SA Skole-afrigter, Sean Erasmus, gebrei word. Erasmus sal hom kort daarna by die Leeus aansluit. Erasmus het sedert 2014 aan die hoof van die Hoër Jongenskool Paarl se rugbyprogram gestaan. Erasmus sal deur Oloff Bergh (Boland Landbou) en Malan du Plessis (Oakdale Landbou) bygestaan word. Cassie Carstens sal die pligte as spanbestuurder nakom. 

    School of Rugby se eie Hannes Nienaber is as media en skakelpersoon Suid-span aangestel. 

    Die Noord-span sal deur Jacques Juries (Welkom Gimnasium) gebrei word. Hy sal deur Jaco Dames (Diamantveld) en Jaco Koch (Affies) bygestaan word. Koch sal ook as biokenitikus die span bystaan. 

    Meer volg later… 

    Die spanne is:

    NOORD SUID
    Richard Kriel  Grey College 15 Rynard Jonker Glenwood
    Ian Small Smith  Grey College 14 Aaron Le Rue Glenwood
    Wicleff Vlitoor Grey College 13 Conan Le Fleur Glenwood
    Dylan Swartz EG Jansen 12 David Kellerman Paarl Gym
    Eric Sherman Affies 11 Stravino Jacobs Paarl Gym
    Regard Roets Affies 10 Juan Mostert Paul Roos
    Georgen Kiewiet Welkom G 9 Jaden Hendricks Glenwood
    Izan Esterhuizen Monument 8 George Luzolo Glenwood
    De Wet Marais Grey Bloem 7 Evan Roos Paarl Boishaai
    Tristan Dullisear Monument 6 Braam v Huysteen Outeniqua
    Husayn Banzi Welkom G 5 Adrian Alberts Paarl Boishaai
    Stephan Le Roux Monument 4 Lunga Ncube Glenwood
    Herman Aggenbag Grey Bloem 3 Hanru Jacobs Paul Roos
    Morne Brandon Monument 2 JJ Kotze Paul Roos
    Jan-Hendrik Wessels Grey Bloem 1 De Wet Wolhuter Paarl Boishaai
    Janco Uys Affies 16 Keano Hendricks Oakdale
    Brandon Pawson Monument 17 Thabiso Mtletshe Glenwood
    Petrus Naude Grey College 18 Josh Muller Stellenberg
    Danwick Beukes Grey College 19 Dylan De Leew Stellenberg
    Keke Morabe Welkom G 20 Louwan Horn Paarl Boys
    Bernard vd Linde Menlopark 21 Dylan Alexander Paarl Gim
    Ryan Davids Welkom G 22 Nivan Peterson Stellenberg
    Goodwill Romain Noord Kaap 23 Dylan Pretorius Glenwood

     

    SPANBESTUUR
    Noord Aanstelling Suid
    Jaques Juries Welkom Afrigter Sean Erasmus PBH
    Jaco Dames DHS H/ Afrigter Oloff Bergh Boland
    Jaco Koch Affies Fisio / Bio Malan du Plessis Oakdale
    Rudi Ferreira Kby Spanbestuurder Cassie Carstens Kby
    Danie Smith Kby Media en Skalel Hannes Nienaber School of Rugby
    Anica Fick Kby Logistiek Ernest Ditlholelo WK

     

  • Glenwood reigns supreme in Durban-leg of sevens series

    TwizzaGlenwood booked their place in the Champion of Champions tournament of the High Schools 7’s Series by being crowned champions in their own leg in Durban on Saturday. Glenwood had to work hard to beat Maritzburg College by 24-21 in die Cup-final. 

    Glenwood booked their place in the final with a convincing 35-14 victory over Pionier of Vryheid. Pionier will host the third leg of the series this weekend in Vryheid. Maritzburg College build up a bit more sweat in their semi-final as they defeated Westville Boys’ High by 21-19. 

    Durban High School was one of the favourites during last year’s Champion of Champions tournament at Camp Discovery. This year’s tournament will also be held at Camp Discovery.

    DHS kicked-off their tournament in Durban with a victory of 24-19 over Westville Boys’ High’s second stringers. In their second pool match they lost 17-24 against Maritzburg College. 

    Glenwood also reigned supreme in the u15-section. They’ve defeated Maritzburg College 27-17 in this final. 

    All the results: 

    Pool A: Durban High School 24, Westville Boys’ High II 19; Maritzburg College 12, Westville Boys’ High 12; Maritzburg College 24, Durban High School 17.

    Pool B: Kearsney College 36, Pionier II 0; Westville Boys’ High 61, Pionier II 0; Westville Boys’ High 42, Kearsney College 5.

    Pool C: Glenwood 38, Durban High School II 5; Vryheid HS 19, Durban High School 12; Glenwood 58, Vryheid HS 0.

    Pool D: Northwood 19, Glenwood II 14; Pionier 27, Northwood 10; Pionier 12, Glenwood II 10. 

    Play-offs

    Quarterfinals – Cup: Maritzburg College 19, Kearsney College 15; Glenwood 24, Northwood 5; Westville Boys’ High 21, Durban High School 14; Pionier 26, Vryheid HS 14.

    Semi-Finals – Bowl: Westville Boys’ High II 36, Pionier II 5; Glenwood II 17, Durban High School II 15. Plate: Durban High School 19, Kearsney College 12; Northwood 36, Vryheid HS 12. Cup: Glenwood 35, Pionier 14; Maritzburg College 21, Westville Boys’ High 19. 

    Finals – Shield: Durban High School II 24, Pionier II 12. Bowl: Westville Boys’ High II 36, Glenwood II 19. Plate: Durban High School 19, Northwood 17. Cup: Glenwood 24, Maritzburg College 21.

  • Grey sluit 2018 as voorste span af; Monnas behou sy titel in Virsekerbeker

    NewsGMonnasKampDit was sewe maer jare, maar Grey-kollege van Bloemfontein is vandag weer die voorste skolespan in Suid-Afrika. Grey kon laas in 2011 daarin slaag om sy seisoen onoorwonne af te sluit.

    Grey het op sy tuisveld in die Rosestad vir Paul Roos Gimnasium met 28-26 verslaan. Albei spanne het die wedstryd met hul onoorwonne statusse nog in plek betree.

    Soos verwag was die wedstryd om te bepaal wie 2018 as Suid-Afrika se voorste skolespan sou afsluit soos ‘n Wêreldbeker-eindstryd tussen die Springbokke en die All Blacks.

    Die gasheer het boonop in al 24 rugbywedstryde tussen die twee skole op die dag as oorwinnaars van die veld gestap.

    Dit was ‘n wipplankstryd waarin die voortou ‘n hele paar keer hande verwissel het. In die eerste helfte het Paul Roos danksy sy losskakel, Kade Wolhuter, se skopskoen en die wind in die blaaie ‘n voorspong van 12-11 teen lemoentyd geniet. Dit sou ‘n voorsprong van 12-6 gewees het, indien Grey se agtsteman, Werner Gouws, nie kort voor rustyd vir die eerste drie van die kragmeting oorgeval het nie.

    Grey het die aanslag vanuit die Eikestad in die eerste helfte meestal danksy inklimspel deur die loskopstut, Jan-Hendrik Wessels, afgeweer.

    Grey se skakelpaar, Ross Braude en Zander du Plessis, verdien ook lof vir hulle vertoning. Vir Paul Roos het sy voorrymanne, Mink Scharink en Robbie Rodgers, asook Wolhuter met hul spel beïndruk.

    Dié Witbulle is Virseker-stoetbulle

    Daar kan vandag geen twyfel bestaan dat Monument van Krugersdorp die voorste rugbyspan noord van die Vaalrivier is nie. Monnas se Witbulle het Helpmekaar-kollege met 57-11 in die eindstryd van die Virsekerbeker in die LC de Villiers-stadion verslaan om sy titel as kampioen van die reeks te behou.

    Helpies het twee weke gelede die einste Monnas met 30-15 verslaan, maar gister was daar slegs een span op die veld. Die span van Krugersdorp het voorlangs die botoon gevoer met veral die agtsteman, Izan Esterhuizen, kaptein en haker, Morné Brandon, en die loskopstut, Brendan Pawson, wat ingeklim het.

    Agterlangs het die senterpaar, Douw Scheepers en Henco van Wyk, met die hope balbesit baljaar. Monnas se trofeekas loop oor met die feit dat hy die afgelope twee jaar die Tuks-reeks en Virsekerbeker se kampioen is.

    Vir Helpies het sy twee slotte, Michael Amiras en Brink Marx, nooit moed opgegee nie.

    Bolton draai Noordheuwel se skroewe vas

    Eldoraigne het sy eerste titel van die Virsekerbeker verower deur Noordheuwel met 40-29 in die eindstryd van die Plaat-afdeling te verslaan. Sy heelagter, Shayne Bolton, was die groot held in sy skool se tweede groot trofee in sy geskiedenis. Eldos is in 2007 as kampioen van die Tuks-reeks gekroon.

    Bolton het twee skitterende drieë gedruk en ook met sy skopskoen ‘n hele paar belangrike stelskoppe deur die pale gejaag.

    Eldoraigne se losskakel, Marvin Pietersen, het met sy spel ook ‘n beduidende rol in sy span se oorwinning gespeel.

    Vir Nories was sy skrumskakel, Justin Lambert, uitstaande.

    Vorster proe weer die geluk van 1982 

    Oos-Moot het vir die eerste keer sedert 1982 daarin geslaag om as kampioen van een van die Virsekerbeker se liga gekroon te word. Oos-Moot het Ben Vorster van Tzaneen met 29-20 in die eindstryd van die Skild-afdeling van die reeks verslaan.

    Die span van Pretoria het destyds die eerste houer van die Direkteurstrofee, voorganger van die Beeldtrofee en later Virsekerbeker, geword. Die span van 2018 se afrigter Kobus Vorster was in 1982 ‘n lid van Oos-Moot se kampioenspan.

    Boonop is Vorster se seun en skrumskakel, Marco Vorster, as Speler van die Wedstryd, in die sege oor Ben Vorster aangewys. Oos-Moot se haker, Jason Swanevelder, was ook op sy stukke, terwyl die Vossies se heelagter, Jason Mulder, sy beste speler op die dag was.

    Ben Vorster het vroeër vanjaar vir Oos-Moot danksy ‘n strafdoel in die doodsnikke met 52-50 getroef.

    Boland Landbou ploeg met Oakdale

    Boland Landbou het die beste vir laaste gelos en sy grootste sege nog ooit oor Oakdale Landbou in hul jaarlikse interskole in die Agter-Paarl behaal. Boland Landbou het met 56-19 die Bulle van Riversdal op hok gejaag.

    Die vorige grootste oorwinning was in 1996 behaal toe Boland Landbou met 26-0 as oorwinnaars van die interskole van die veld gestap het.

    Boland Landbou se buitesenter, Sebastian de Klerk, en linkervleuel, Bertus Baard, het elk dubbelle driedruk-plesier ervaar.

    Gimmies en Velties deur tot Shimla-eindstryd

    Dit gaan keer kos om Welkom-Gimnasium van die titel as kampioen van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga te weerhou. Gimmies het Louis Botha met 61-0 in die halfeindronde van die kompetisie oorrompel.

    Die span van Welkom sal volgende week in die eindstryd van die liga teen Duineveld van Upington te staan kom. Die Velties het in die ander halfeindstryd vir Sentraal van Bloemfontein met 39-36 verslaan. Die wenspan se flank en kaptein, SJ Oberholzer, was in ‘n klas van sy eie. Tralies het op ‘n stadium met 36-22 voorgeloop, maar Duineveld het nooit gaan lê nie.

    Bruwer gee afrigters gryshare en ‘n breë glimlag

    In die nuwe Wesgrow Sentrale-reeks sal Diamantveld en Goudveld-Hoërskool mekaar volgende week pak om te bepaal wie die eerste houer van die trofee sal wees.

    Diamonds het op dramatiese wyse sy aartsvyand, Noord-Kaap, met 6-5 in hulle halfeindstryd verslaan. Dit was waarskynlik die naelskraapste sege ooit tussen die twee spanne.

    Diamantveld se binnesenter, Handré Bruwer, het die sege met ‘n woer-woer skepdoel in die doodsnikke beklink. Die skepdoel het twee keer op die dwarslat gehop voordat dit vir die wenpunt oorgegaan het. Bruwer het vier strafdoele skeef gekorrel voordat hy die skepdoel oorgeklits het. In die ander halfeindstryd was Goudveld-Hoërskool met 33-14 te sterk vir Wittberg van Bethlehem.

    AL DIE UITSLAE: 

    VIRSEKERBEKER-EINDSTRYDE

    Afdeling 1 – Beker: Monument 57, Helpmekaar 11. Plaat: Eldoraigne 40, Noordheuwel 29. Skild: Oos-Moot 29, Ben Vorster 20.

    Afdeling 2: Secunda 20, Frikkie Meyer 14.

    Afdeling 3: Brandwag (Benoni) 29, Leeuwenhof 20.

    Afdeling 4: Morgenzon Landbou 37, Stella 15

    KOVSIESTREEK-KOMPETISIE HALFEINDRONDE

    Shimla-liga: Duineveld 39, Sentraal 36; Welkom Gimnasium 61, Louis Botha 0. Irawa-liga: Bothaville 74, St Andrew 5; De Aar 70, Sand du Plessis 0. Colts-liga: Prieska 60, Hendrik Potgieter (Reddersburg) 0; Hoopstad 22, Brandfort 17.

    WESGROW-H ALFEINDRONDE

    Diamantveld 6, Noord-Kaap 5; Goudveld-Hoërskool 33, Witteberg 14.

    KAMPIOENSKAP-REEKS EINDSTRYD

    Zeerust 35, Wolmaransstad 24.

    VRIENDSKAPLIK

    Grey-kollege 28, Paul Roos Gimnasium 26; Boland Landbou 56, Oakdale Landbou 19; Rondebosch Boys’ High 29, SACS 24; Wynberg Boys’ High 22, Bishops 20; Stellenberg 36, Durbanville 7; Strand 38, Hottentots-Holland 14; Hugenote (Wellington) 36, Swartland 14; DF Malan 20, Hoërskool Bellville 5; Brackenfell 50, Parel Vallei 0.

  • Wie gaan 2018 as Suid-Afrika se voorste skolespan afsluit?

    NewsGKadeWolhuterGrey-kollege en Paul Roos Gimnasium sal mekaar Saterdag in ‘n wedstryd pak wat met ‘n Wêreldbeker-eindstryd tussen die Springbokke en die All Blacks vergelyk kan word. Albei spanne is nog onoorwonne vanjaar en die wenner van dié wedstryd in Bloemfontein sal 2018 as Suid-Afrika se voorste skolespan afsluit.

    Die wedstryd tussen die twee eerstespanne is ‘n FNB Classic Clash en word regstreeks op SuperSport uitgesaai. DigiTV.co.za sal ook al die wedstryde op die GCB A-veld regstreeks uitsaai. 

    Hoewel die feit dat albei spanne ‘n paar spelers kortkom wat nog Saterdag vir die SA Skole-span teen Engeland moet diens doen wel van die wedstryd se glans steel, heers daar groot opwinding in Stellenbosch en die Rosestad oor dié kragmeting. Vir die gasheer sal sy vaskopstut, Herman Aggenbag, flank De Wet Marais en die buitesenter, Wyclef Vlitoor, die wedstryd weens hul verpligtinge by die nasionale skolespan misloop. 

    Paul Roos se SA Skole-spelers wat nie beskikbaar is nie, is Brendan Venter (binnesenter), JJ Kotze (kaptein en haker), Hanru Jacobs (vaskopstut) en Juan Mostert (losskakel). Op papier is Paul Roos se aanslag die grootste slag deur sy verteenwoordiging in die SA Skole-span toegedien. Hoe groot die leemte is wat elk van die spelers van die twee spanne laat sal egter eers Saterdag om 13:55 wanneer die spanne op die veld is duidelik wees.

    Grey-kollege het in sy vorige wedstryd teen Glenwood in Durban wel met 25-elk gelykop gespeel. Glenwood het vanjaar ook die seisoen onoorwonne afgesluit, maar sy wedstryd teen Grey was sy enigste teen een van die voorste tien spanne vanjaar in Suid-Afrika. Paul Roos het heeltemal ‘n vlekkelose rekord met sy sege oor die Hoër Jongenskool Paarl (44-8) wat waarskynlik sy indrukwekkendste tot dusver die seisoen was. 

    Boishaai was die afgelope drie jaar Suid-Afrika se voorste skolespan so die nederlaag teen Paul Roos in die Eikestad was ‘n gevoelige een. Paul Roos kon Grey laas in 2015 (19-12) klop, maar laas in die Rosestad in 2006. In die span van 2006 was Francois Hougaard en Stephan Dippenaar. 

    In 2009 moes Grey sonder ses SA Skole-spelers na die Eikestad reis. Paul Roos was op die dag met 9-3 baas met die Bok-senter Francois Venter wat op daardie dag op losskakel vir Grey moes diens doen. Die 

    Die skeidsregter vir die hoofmaal sal die ervare Ben Crouse wees. Crouse is een van die voorste skeidsregters in die internasionale sewesreeks. Sy een assistent skeidsregter Jaco Kotze het vanjaar se hoofwedstryd van die Cravenweek in die Paarl hanteer. Kotze het ook die fluitjie vir die hoofwedstryd van die Cravenweek van 2012 in Port Elizabeth beman. 

    Kotze was in 2010 ook die skeidsregter toe Grey vir Paul Roos met 41-29 in die Rosestad verslaan het. Die Bok-losskakel Johan Goosen was daardie dag op sy stukke en het 36 van Grey se punte aangeteken. 

    Die tuisspan se sleutelspelers tot sukses in Saterdag se kragmeting is die heelagter, Richard Kriel, binnesenter Franco Smith en die skrumskakel, Ross Braude agterlangs. Indien Smith daarin slaag om genoeg ruimte vir Ian Small-Smith aan sy buitekant te gee, behoort daar ‘n paar gapings in die middelveld oop te gaan. Small-Smith het die heel seisoen op vleuel uitgedraf, maar sal soos sy broer William Small-Smith op daai dag in 2009 die nr 13-trui oor die kop trek. 

    Voorlangs sal Werner Gouws op sy stukke moet wees asook die flank Raynardo Gouveia by die afbreekpunte. Paul Roos beskik steeds oor ‘n gedugte pak voorspelers met Jarod Cairns (flank), Mink Charink en Robbie Rodgers (albei voorrymanne) wat spelers van gehalte is. Agterlangs sal Grey vir Kade Wolhuter (losskakel) en die heelagter, Remy Engelbrecht, moet dophou. 

    Wolhuter het die heel jaar die laaste vesting beman, maar het op o.16-vlak losskakel gespeel. Engelbrecht het die seisoen op vleuel uitgedraf, maar sy vaart en krag sal Grey twee keer laat dink om hom met hoë hangskoppe te toets. 

    Die spanne is: 

    Grey College: 15 Richard Kriel, 14 Marcell Muller, 13 Ian Small-Smith, 12 Franco Smith, 11 Lesley Botha, 10 Zander du Plessis, 9 Ross Braude, 8 Werner Gouws, 7 WJ Steenkamp (kaptein), 6 Raynardo Gouveia, 5 Danwich Beukes, 4 George Cronjé, 3 Roux Duvenage, 2 André-Hugo Venter, 1 Jan-Hendrik Wessels. 

    Paul Roos Gimnasium: 15 Remy Engelbrecht, 14 Aiden Salie, 13 Regan van der Westhuizen, 12 Ruben Labuschagne, 11 Tiaan Pretorius, 10 Kade Wolhuter, 9 Xander Botha, 8 Matthew Cordy, 7 Herman Heins, 6 Jarod Cairns, 5 Daniel Swart, 4 Johann Bouwer, 3 Mink Scharink, 2 Jan-Corrick van der Watt, 1 Robbie Rodgers. 

    Skeidsregter: Ben Crouse. 
    Assistent Skeidsregters: Jaco Kotze en Darren Colby.

    Vorige Uitslae: 

    2017 Grey College 30 Paul Roos Gimnasium 28 Stellenbosch
    2016 Grey College 34 Paul Roos Gimnasium 32 Bloemfontein
    2015 Paul Roos Gimnasium 19 Grey College 12 Stellenbosch
    2014 Grey College 25 Paul Roos Gimnasium 20 Bloemfontein
    2013 Grey College 40 Paul Roos Gimnasium 8 Stellenbosch
    2012 Grey College 33 Paul Roos Gimnasium 23 Bloemfontein
    2011 Grey College 36 Paul Roos Gimnasium 35 Stellenbosch
    2010 Grey College 41 Paul Roos Gimnasium 29 Bloemfontein
    2009 Paul Roos Gimnasium 9 Grey College 3 Stellenbosch
    2008 Grey College 47 Paul Roos Gimnasium 15 Bloemfontein
    2007 Grey College 40 Paul Roos Gimnasium 14 Stellenbosch
    2006 Paul Roos Gimnasium 16 Grey College 11 Bloemfontein
    2005 Grey College 16 Paul Roos Gimnasium 11 Stellenbosch
    2004 Paul Roos Gimnasium 21 Grey College 18
    2004 Grey College 24 Paul Roos Gimnasium 23
    2003 Grey College 18 Paul Roos Gimnasium 17 Stellenbosch
    2002 Grey College 19 Paul Roos Gimnasium 8 Bloemfontein
    2001 Grey College 15 Paul Roos Gimnasium 6 Stellenbosch
    2000 Grey College 42 Paul Roos Gimnasium 13 Bloemfontein
    1999 Grey College 29 Paul Roos Gimnasium 26 Stellenbosch
    1998 Grey College 23 Paul Roos Gimnasium 15 Bloemfontein
    1997 Paul Roos Gimnasium 12 Grey College 8 Stellenbosch
    1996 Grey College 18 Paul Roos Gimnasium 10 Bloemfontein
    1995 Grey College 21 Paul Roos Gimnasium 10 Stellenbosch
    1994 Paul Roos Gimnasium 31 Grey College 29 Bloemfontein
    1993 Paul Roos Gimnasium 27 Grey College 4 Stellenbosch
    1992 Grey College 20 Paul Roos Gimnasium 6 Bloemfontein
    1991 Paul Roos Gimnasium 20 Grey College 3 Stellenbosch

     

  • France edge SA Schools in Aon International u18 Series thriller

    France edge SA Schools in Aon International u18 Series thriller

    NewsGMuziManyikeFrance outplayed SA Schools 28-21 at Stellenberg High School near Cape Town in an exciting match that concluded the second round of the Aon International U18 Series on Tuesday.  Both teams scored three tries during the match, but the first half effort from the French, in which they rallied up 14 points, proved crucial.

    Earlier in the day Wales outlasted England, winning 26-20.

    The third leg of the series will be played at SACS, Newlands on Saturday, when SA Schools face England and Wales front up to the French.

    SA Schools coach, Sean Erasmus, said afterwards he was disappointed in the result, but happy with the improvements shown by the squad, which saw 11 changes to the one that managed a 43-40 win over Wales on Friday.

    “We certainly showed good progress in the areas we wanted, but the result hurts,” Erasmus said.

    “There are a lot of disappointed people in our group.”

    The SA Schools team were trailing 14-0 at the break and 21-0 shortly after the restart, but showed good commitment and attacking prowess to score twice and had the crowd on the edge of their seats.

    A third French try sealed the result but not the effort from the SA Schools, who scored again with two minutes left.

    Their comeback effort ran out of time though and the French could celebrate a second win in the series.

    “We had our chances in the match, but did not take those that mattered,” Erasmus said.

    “We did some of the things better this time and that what it is all about. The result did disappoint ourselves and a lot of other people, but the fact that we came back strongly is pleasing.”

    French fullback, Cheikh Tiberghein had a very productive day. Three of his first half penalties had the French 9-0 ahead as the SA Schools committed a number of transgressions, including a yellow card in the first half.

    A late first half try by French scrumhalf, Kevin Viallard, extended the lead into a comfortable one.

    The second half continued in the same vein, with winger Martin Dulon worked over in the corner to extend the lead to 21-0.

    South Africa started their comeback though and tries by Evan Roos and Jacques Goosen had the lead within grasp.

    Tiberghein scored a gem though, but a second by Goosen had the crowd on their feet, but to no avail.

    Scorers:

    SA Schools 21 (0) – Tries: Evan Roos, Jacques Goosen (2). Conversions: Darren Hendricks (3). France 28 (14) – Tries: Cheikh Tiberghien, Kevin Viallard, Martin Dulon. Conversions: Tiberghien (2). Penalties: Tiberghien (3).

    Issued by SA Rugby Communications

  • Alberts and Manyike to lead SA Schools side

    NewsGSASchoolsCapAdrian Alberts and Muzi Manyike have been named as captain and vice-captain of the SA Schools side for the forthcoming Aon Under-18 International Series.

    Alberts, of Paarl Boys’ High, captained the unbeaten DHL Western Province side at the recent Coca-Cola Under-18 Craven Week in Paarl. He plays lock and in his second season with the SA Schools side.

    Manyike (centre) is head boy of Jeppe Boys’ High in Johannesburg and represented the Bidvest Walton Golden Lions at the Coca-Cola Under-18 Craven Week.

    “Adrian and Muzi both bring leadership experience to the squad and I’m excited to see what they bring to our team in the coming weeks,” said Sean Erasmus, coach of the SA Schools side.

    “It’s going to be a tough series against Wales, England and France, and these two players, with the support of the other leaders in the squad, will have a big task at hand.

    “But they’ve already taken the responsibility since we got together over the weekend and the excitement in the squad is palpable.”

    The SA Schools team will get their Aon Under-18 International Series underway on Friday, 10 August, at Boland Landbou near Paarl, against Wales. England face France on the same day.

    The second match is against France at Stellenberg High School in Durbanville on Tuesday, 14 August, when Wales and England will square off.

    The series concludes on Saturday, 18 August at SACS in Newlands, when the SA Schools side face England, while France and Wales will face each other.

    “The three teams from Europe are very strong and we’re in for a tough series, but I’m positive and excited to see what we can do on the pitch,” said Erasmus.

    Issued by SA Rugby Communications

  • Twee “Groot Skole” in Virsekerbeker uitspele

    NewsGChylevanZylDaar kan geen meer twyfel bestaan of die nuwe model van die Virsekerbeker die regte rigting was om in te slaan nie.

    Die twee skole wat verlede jaar nog aan die Groot Skole-afdeling deelgeneem het, Transvalia en Helpmekaar, het albei vir die halfeindronde van die nuwe Beker-kompetisie van Afdeling 1 gekwalifiseer.

    Helpies het boonop bo-aan die puntelys afgesluit en sal teen die enigste span in die kompetisie waarteen hy die knie moes buig, Transvalia, in die halfeindronde te staan kom. Garsfontein sal in die ander halfeindstryd teen die verdedigende kampioen, Monument, te staan kom.

    Helpmekaar het sy plek bo-aan die puntelys met ‘n oorwinning van 27-18 oor Monnas verseker. Die span van die Goudstad het laas in die 1990’s teen Monnas die knie gebuig.

    Helpies se slot Michael Amiras was soos gebruiklik op sy stukke en een van sy twee driee was ‘n briljante individuele poging.

    Die span se linkervleuel, Christiaan Bezuidenhout, het ook Helpies se rekordboeke herskryf deur sy 17de drie van die seisoen te druk. Dit is die meeste in die geskiedenis van die skool se eerstespan vir ‘n seisoen.

    Vir Monnas was sy skrumskakel, Zihan Coetzee, en agtsteman, Izan Esterhuizen, uitblinkers. Helpies se losskakel, Tiaan Botes, het met sy skopwerk telkens daarin geslaag om die druk te verlig.

    Transvalia het slegs ‘n bonuspunt teen Garsfontein benodig om sy plek in die uitspele te bespreek. Garsfontein het die kragmeting in Vanderbijlpark naelskraaps met 22-20 gewen, maar die span van Vanderbijlpark het genoeg gedoen om Menlopark uit die halfeindronde te hou.

    Garsies se SA Skole-senter van 2017, Diego Appollis, het sy spelpeil tot , mate herwin en ‘n hele paar teenstanders hard met moeder aarde laat kennis maak. Appollis het nie vanjaar die SA Skole-span gehaal nie.

    Die Turkoois Bere se haker, Ricardo Botha, flank Johandre Buitedag asook die kaptein en slot, Jordan van Dyk kan vandag ook kop omhoog na hul vertonings rondloop.

    Menlopark se eerstespan het gedoen wat sy afrigters van hom verwag het. Die span het reeds ‘n bonuspunt vir vier driee in die eerste van van sy sege van 52-28 oor EG Jansen in die sakkie gehad.

    Die span se skitterende skrumskakel, Bernard van der Linde, het drie keer agter die doellyn gaan kuier en ook ses van sy span se agt driee verdoel om ‘n persoonlike bydrae van 27 punte tot die sege te lewer.

    Die Hoerskool Nelspruit se Rhinos het hul seisoen met ‘n silwer rand om ‘n donker wolk geeindig. Die Rhinos het HTS Middelburg in die stryd om die houtlepel met 41-14 verslaan om ten minste 2018 as die voorste skolespan in Mpumalanga af te sluit.

    Nelspruit se haker, Chyle van Zyl, was woelig en het daarin geslaag om vier keer oor die Rooi Bulle se doellyn te val. Hoewel al die somme nog nie gemaak is nie, behoort Nelspruit vir 2019 tot die Plaat-afdeling van die Virsekerbeker gerelegeer te word.

    Nelspruit en HTS Middelburg sal dus nie in 2019 teen mekaar te staan kom, behalwe as hulle ‘n vriendskaplike wedstryd onder mekaar reel nie. Dit kan ‘n wesenlike impak op die Pumas se Cravenweek-span he.

    Puntemakers:

    Garsfontein 22 (15) – Driee: Jurich Claassens, Kallie Calitz, Wicus Basson. Doelskoppe: Claassens (2). Strafdoel: Claassens. Transvalia 20 (12) – Driee: Damian Jordan (2), Zeilnga Strydom. Doelskop: Zian de Jager. Strafdoel: De Jager.

    Menlopark 52 (35) – Driee: Bernard van der Linde (3), Eddie Wesso (2), Franco Conradie (2), Jaco Britz. Doelskoppe: Van der Linde (6). EG Jansen 28 (14) – Driee: Garren Morris, Zander Scwarzer, Craig Hutchinson, Dian Coetsee (haker). Doelskoppe: Aurelio Philander (4).

    Helpmekaar 27 (8) – Driee: Michael Amiras (2), Ricardo van der Merwe, Christiaan Bezuidenhout. Doelskoppe: Tiaan Botes (2). Strafdoel: Botes. Monument 18 (5) – Driee: Tristan Dullisear (2), Zihan Coetzee. Strafdoel: Coetzee.

    Hoerskool Nelspruit 41 – Driee: Chyle van Zyl (4), Jacques McGuire (2), Christopher Sprinkhuizen. Doelskoppe: Sprinkhuizen (3). HTS Middelburg 14 – Driee: Tjaart Kruger, Edwin Till. Doelskoppe: Ricardo Schonfeldt (2).

    Ander spanne:

    o.16: Menlopark 26, EG Jansen 26; Garsfontein 24, Transvalia 18; Monument 18, Helpmekaar 15; Nelspruit 30, HTS Middelburg 17.

    o.15: Menlopark 48, EG Jansen 0; Transvalia 36, Garsfontein 22; Monument 26, Helpmekaar 3; HTS Middelburg 12, Nelspruit 10.

    o.14: Menlopark 29, EG Jansen 0; Transvalia 24, Garsfontein 5; Helpmekaar 12, Monument 6; HTS Middelburg 17, Nelspruit 10.