SSPN Test Site

Blog

  • Boishaai maak dit vier in ‘n ry; Grey en Glenwood speel gelykop

    NewsGJavierFarmerDie vloek van die 150 is gister in die Faurestraat-stadion hier deur Boishaai verjaag. Die Hoër Jongenskool Paarl se eerste rugbyspan het vir die eerste keer in die geskiedenis van die grootste interskole ter wereld daarin geslaag om vir vier jaar op ‘n streep vir Paarl Gimnasium ore aan te sit.

    Boishaai was met 24-21 baas, maar die wedstryd was nie so naby soos die punteverskil vertel nie. Kliphard was die stryd steeds.

    Gimmies was sonder twyfel die gunsteling vooraf met die feit dat hy slegs een nederlaag vooraf een die land se voorste span, Paul Roos Gimnasium (13-32), op die lyf geloop het.

    Boishaai het soos die vloek van ‘n skool se 150ste bestaansjaar loop nie sy beste seisoen op die rugbyveld beleef nie. Ander groot honde soos Grey-kollege en Paul Roos het ook tydens hulle 150ste bestaansjaar nie hul beste seisoen beleef nie. Hy het vanjaar al teen die Jaquares (10-19), Paul Roos (8-44), Grey (20-34) en Oakdale Landbou (29-47) die knie gebuig.

    Boishaai se hoofafrigter, Sean Erasmus, kon nie vir ‘n beter afskeidsgeskenk gevra het nie. Erasmus sluit hom in Oktober by die Leeus aan.

    Gimmies het eerste bloed geruik toe sy kaptein en binnesenter, Dawid Kellerman, vir sy eerste drie oor die doellyn gebars het. Kellerman het ‘n uitstaande vertoning gelewer en mens kan net wonder hoe hy nie die SA Skole-span gehaal het nie.

    Boishaai het ondanks ‘n geelkaart aan sy skrumskakel, Simon Carstens, steeds bly veg om rustyd met ‘n voorsprong van 10-7 te gaan rus. Gimmies kon glad nie voordeel op die telbord uit Carstens se tyd in die koelkas trek nie.

    Carstens was skaars terug op die veld of Boishaai se SA Skole-agtsteman, Evan Roos, het seker een van die mooiste driee ooit in die geskiedenis van die interskole afgerond. Die heelagter, Trent Sivertsen, het ‘n aanval van net buite se eie kwartgebied geloots. Hy is verby die eerste linie van verdedigers voor hy Roos in besit gestel het. Roos het die laaste paar verdedigers met krag en vaart geklop. Kort daarna het die vleuel Javier Farmer sy tweede drie gaan druk om Boishaai met 21-7 voor te laat loop.

    Gim het goed terug geveg danksy veral Kellerman en die kantman Pierich Siebert. Roos was sonder twyfel die groot doring in Gimmies se vlees, terwyl Sivertsen en die kaptein en slot, Adrian Alberts, ook elk ‘n klop op die skouer verdien.

    In Durban was daar niks tussen die spanne van Glenwood en Grey-kollege te kies nie. Die twee spanne het met 25-elk gelykop gespeel in ‘n uitstekende vertoonventer vir skolerugby in Suid-Afrika.

    Albei spanne het weens die uitslag sy onoorwonne status vanjaar behou. Glenwood het slegs een wedstryd Donderdag teen Waterkloof oor, terwyl Grey oor twee naweke teen Paul Roos Gimnasium te staan kom.

    Paul Roos is volgens School of Rugby se ranglys die voorste skolespan in Suid-Afrika, terwyl Grey en Glenwood onderskeidelik die tweede en derde posisies beklee. Paul Roos het Saterdag vir Boland Landbou op sy tuisveld in die Eikestad met 30-15 verslaan.

    Transvalia van Vanderbijlpark het in die Virsekerbeker ondanks ‘n nederlaag van 20-22 teen Garsfontein in Pretoria daarin geslaag om tot die halfeindronde deur te dring.

    Transvalia het slegs ‘n bonuspunt benodig om sy plek in die uitspeelrondes te verseker. Transvalia sal nou teen Helpmekaar in Johannesburg in die halfeindronde te staan kom. Helpies het bo-aan die puntelys geeindig, maar sy enigste nederlaag van die reeks was teen die einste span van Vanderbijlpark.

    Helpies het met die skitterende slot Michael Amiras aan die spits vir Monument met 27-18 uitoorle. Amiras se een van sy twee driee was ‘n uitmuntende individuele poging.

    Die vleuel Christiaan Bezuidenhout het sy naam in die rekordboeke van Helpies verewig deur vir sy 17de drie die seisoen oor te duik. Dit is ‘n seisoenrekord vir sy skool se eerstespan.

    Menlopark het voor Transvalia se bonuspunt sy kanse lewend gehou deur EG Jansen met 52-28 kaf te draf. Die Nelspruit Rhinos is Mpumalanga se voorste span na hy HTS Middelburg se Rooi Bulle met 41-14 getem het.

    Eldoraigne het met ‘n klinkende sege van 33-19 oor Marais Viljoen in Alberton seker gemaak dat hy bo-aan die Plaat-afdeling van die Virsekerbeker eindig. Eldos sal nou weer in die halfeindronde, maar die keer op sy tuisveld teen Marais Viljoen kragte meet.

    Noordheuwel kom in die ander halfeindronde teen Kempton Park te staan. Die span wat die titel in die Skild-afdeling wil wen moet vir Ben Vorster klop. Die Vossies het die liga onoorwonne afgesluit met ‘n sege van 21-15 oor die Hoerskool Pietersburg.

    Welkom Gimnasium is in die sewende hemel na die span sy aartsvyand, Goudveld-Hoerskool, met 30-8 in die eindstryd van die Griffon-liga verslaan het. Dit is die sewende keer wat Gimmies as kampioen van die Griffons gekroon word.

    Gimmies oorheers die afgelope paar jaar die liga. Die span het die laaste vier jaar slegs een keer in verlede jaar se halfeindronde teen Witteberg in die Noord-Vrystaat op sy baadjie gekry.

    In die Vrystaatse Platteland-eindstryd het Bothaville daarin geslaag om die bordjies teen Riebeeckstad met 20-19 te verhang. Riebeeckstad was die verdedigende kampioen en het twee weke gelede in die Sandveld-eindstryd vir Bothaville met 20-15 die loef afgesteek.

    Louis Botha is die kampioen van die Vrystaatse A-liga. Hy het Sentraal op Shimlapark in Bloemfontein met 47-15 in die eindstryd verslaan. Louis Botha sal nou na Welkom moet reis om Welkom Gimnasium in die halfeindronde van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga te pak. Sentraal sal in die ander halfeindstryd teen die Griekwa-kampioen, Duineveld, te staan kom.

    Die Hoerskool Staatspresident Swart van Brandfort het vir die eerste keer sedert 2008 daarin geslaag om die titel as kampioen van die Vrystaatse B-liga te verower. Die Brandforters het St Andrew van Bloemfontein met 26-24 in die eindstryd getroef.

    AL DIE UITSLAE: 

    VIRSEKERBEKER

    Afdeling 1 – Beker: Garsfontein 22, Transvalia 20; Helpmekaar 27, Monument 18; Menlopark 52, EG Jansen 28; Hoerskool Nelspruit 41, HTS Middelburg 14. Plaat: Eldoraigne 33, Marais Viljoen 19; Noordheuwel 20, Montana 17; Kempton Park 24, Hoerskool Rustenburg 24; Zwartkop 21, Centurion 16. Skild: Ben Vorster 21, Hoerskool Pietersburg 15; Oos-Moot 74, Jeugland 14; Lichtenburg 34, Hugenote (Springs) 0.

    Afdeling 2 – Kwarteindronde: Secunda 33, Dr. Malan 22; Die Anker 36, Potchefstroom Volkskool 34; Hoerskool Alberton 49, Wesvalia 15; Frikkie Meyer 38, Randburg 22.

    Afdeling 3 – Kwarteindronde: Leeuwenhof 21, Schoonspruit 17; Brandwag (Benoni) 12, Riebeeckrand 8; HTS Carel de Wet 36, Curro Heuwelkruin 31; Louis Trichardt 34, Stoffberg 26.

    Afdeling 4 – Kwarteindronde: Koster 22, Maragon Mooikloof 20; Morgenzon Landbou 68, Swartruggens 6; Stella 66, Voortrekkerhoogte 7; Heilbron 31, Voortrekker (Boksburg) 18.

    WES-KAAP

    Hoer Jongenskool Paarl 24, Paarl Gimnasium 21; Paul Roos Gimnasium 30, Boland Landbou 15; Oakdale Landbou 33, Framesby 6; Outeniqua 47, Durbanville 13; HTS Drostdy 40, Noord-Kaap 22; Stellenberg 24, Tygerberg 7; Bishops 22, SACS 20; Hermanus 28, Strand 15; Wynberg Boys’ High 24, Rondebosch Boys’ High 22; DF Malan 64, Monumentpark 0; Brackenfell 18, Hugenote (Wellington) 14; HTS Bellville 28, Hottentots-Holland 0; President 17, Edgemead 17.

    VRYSTAAT

    Louis Botha 47, Sentraal 15; Brandfort 26, St Andrew 24; Welkom Gimnasium 30, Goudveld-Hoerskool 8; Bothaville 20, Riebeeckstad 19; Hoopstad 25, Bultfontein 17.

    NOORDVAAL

    Affies 62, Pretoria Boys’ High 20; King Edward VII 28, Maritzburg College 17; Parktown Boys’ High 38, Jeppe High School 24; Allen Glen 43, Warmbad 31; Wolmaransstad 38, Carletonville 18; Schweizer-Reneke 21, Frans du Toit 20; Zeerust 32, Belvedere 20.

    KWAZULU-NATAL/OOS-KAAP

    Glenwood 25, Grey-kollege 25; Selborne College 66, Dale College 17; St Andrew’s College 57, Queen’s College 19; Nico Malan 18, Brandwag (Uitenhage) 14.

  • Glenwood en Grey het appels met mekaar te skil

    NewsGGreyCollegeGrey-kollege steek Vrydag die Drakenberge oor in wat potensieel ‘n lokval is. Sy teenstander Saterdag, Glenwood, het ‘n appeltjie met hom te skil na verlede jaar se interskole tussen die twee skole in Bloemfontein.

    Grey het verlede jaar die wedstryd tussen die o.15D-spanne met ‘n reusagtige 221-0 gewen. As gevolg van die ongelooflike telling het dit behoorlik op sosiale media gegons oor die wedstryd. Dié hele affere was vernederend vir Glenwood se hele rugbyprogram.

    Die meeste van Grey se spelers het ook ‘n appeltjie met Glenwood te skil. Die Vrystaat is in sy tweede wedstryd op vanjaar se Cravenweek teen KwaZulu-Natal met 20-29 gegly. Die spelers van Grey wat in die wedstryd betrokke was, sal graag die saak wil regstel. Die Vrystaat was tot en met dié nederlaag een van die gunstelinge om as nie-amptelike kampioen gekroon te word.  

    Al die wedstryde op die A- en B-veld sal regstreeks op Glenwood TV asook Grey TV op DigiTV.co.za gebeeldsend word. Verskeie van ander sportsoorte van dié interskole soos die muurbal, tennis, hokkie en skaak sal ook op die platform gebeeldsend word.

    Albei spanne spog vanjaar nog met ‘n onoorwonne rekord. Glenwood sal egter Saterdag vir die eerste keer teen ‘n span in School of Rugby se Top 10 te staan kom. Grey-kollege het vanjaar al drie spanne onder die ranglys se voorste tien spanne die Hoër Jongenskool Paarl (34-20), Garsfontein (43-31) en Monument (36-21) geklop.

    Die twee spanne het elk vanjaar al teen Welkom Gimnasium en HTS Drostdy kragte gemeet. Grey was met 49-12 oor Welkom Gimnasium baas, terwyl Glenwood die ooreenstemmende kragmeting met 24-10 gewen het. Glenwood het die Donkies met 29-24 die loef afgesteek, terwyl Grey die span van Worcester met 47-5 op Wildeklawer kaf gedraf het.  

    Glenwood se twee SA Skole-spelers van 2018 is Rynhardt Jonker (senter) en Lunga Ncube (slot). Jonker sal Saterdag die laaste vesting vir Glenwood beman. Die span se George Luzolo (flank) en Siyanda Cele (vleuel) tel gewis ook onder die ongelukkiges om nie die nasionale skolespan te haal nie.

    Eintlik het Glenwood vier SA Skole-spelers want sy buitesenter, Conan le Fleur, en loskopstut, Jordan Clarke, het verlede jaar ook vir die nasionale skolespan uitgedraf.

    Grey se vaskopstut, Herman Aggenbag, buitesenter Wyclef Vlitoor en flank De Wet Marais sal van Sondag af hul by die SA Skole-span aansluit. Aggenbag sal die kragmeting teen Glenwood weens ‘n besering misloop.

    Glenwood sal die dienste van sy SA Skole-skrumskakel van 2017, Jaden Hendrikse, weens ‘n kniebesering mis. Hendrikse is sonder twyfel die voorste skrumskakel op skoolvlak in Suid-Afrika en het voor vanjaar se Cravenweek die besering opgedoen.

    Daarby moet bygevoeg word dat die heelagter, Richard Kriel, skrumskakel Ross Braude, loskopstut Jan-Hendrik Wessels en die agtsteman, Werner Gouws, ook sterk aanspraakmakers vir plekke in die nasionale skolespan was.

    Ondanks die feit dat Glenwood tuisveldvoordeel geniet, sal dit steeds nie ‘n maklike taak wee som Grey te klop nie. Die Durbaniete se enigste sege ooit oor Grey-kollege het hy in 2006 behaal toe hy met 14-10 baas was. Sean Erasmus van Boishaai was toe nog die Grasshoppers se breier.

    Die spanne is:

    Glenwood: 15 Rynhardt Jonker, 14 Pierre Roux, 13 Conan le Fleur, 12 Jacques Conradie, 11 Siyanda Cele, 10 Dylan Pretorius, 9 Joe Jonas, 8 George Luzolo, 7 Lundokuhle Luthuli, 6 Runako Brynard (kaptein), 5 Lunga Ncube, 4 Werner Coetzee, 3 Thabiso Mdletshe, 2 Ruan Olivier, 1 Jordan Clarke.

    Grey-kollege: 15 Richard Kriel, 14 Ian Small-Smith, 13 Wyclef Vlitoor, 12 Franco Smith, 11 Lesley Botha, 10 Zander du Plessis, 9 Ross Braude, 8 Werner Gouws, 7 De Wet Marais, 6 Raynardo Gouveia, 5 WJ Steenkamp (kaptein), 4 George Cronjé, 3 Roux Duvenhage, 2 André-Hugo Venter, 1 Jan-Hendrik Wessels.

    Skeidsregter: Blake Beatty.

    Die volledige rugbyprogram van DigiTV: 

    Slide5  Slide6
  • Affies verhang bordjies teen Kloof; Grey behaal rekordsege oor Grey PE

    NewsGGeorgeOosthuizenDie Hoërskool Menlopark se eersterugbyspan het die onbegonne taak gehad om ‘n sege in Vanderbijlpark oor Transvalia te behaal om sy kanse op ‘n plek in die uitspele van die Virsekerbeker lewend te hou.

    Hoewel die Parkies sy velle op die draad agterlos het, is die deur voor die laaste poelwedstryde danksy die naelskraapse sege van 38-37 steeds op ‘n skrefie vir hulle oop.

    ‘n Strafdrie met speeltyd wat reeds verstreke was deur die skeidsregter, Lihan Pretorius, het aan Menlopark die sege besorg. Transvalia wat tot tien minute voor die einde nog in beheer was se afrigter, Jaco Kok, sal glad nie tevrede met die nederlaag wees nie.  

    Die span van Vanderbijlpark benodig wel slegs ‘n bonuspunt uit sy laaste kragmeting teen Garsfontein om sy plek in die uitspele te verseker. Menlopark sal hoop dat Garsfontein hom ‘n guns bewys en Transvalia klop en van ‘n bonuspunt weerhou.

    Garsfontein beklee die boonste posisie op die puntelys en het vroeër vanjaar teen Transvalia die knie in die Tuks-reeks gebuig. Garsies het die Nelspruit Rhinos Vrydag met 43-14 die loef afgesteek.

    Monument het HTS Middelburg se Rooi Bulle op ‘n drafstap met 64-12 slae gegee.

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het daarin geslaag om die bordjies teen Waterkloof in hul jaarlikse interskole te verhang. Affies het Klofies se Blou Tornado met 34-26 getem. Klofies was verlede jaar met 24-15 in die kragmeting baas.  

    Dit was veral deur die taktiese spel van sy skakelpaar, Steyn van der Spuy en Regardt Roets, wat danksy die oorheersing van die Wit Bulle se agttal beheer van die wedstryd geneem het.

    Voorlangs het die SA Skole-stut Dewald Donald en die haker, Janco Uys, gewoel. Die agtsteman, George Oosthuizen, en kantman Adolf Visser het ook die tuisspan besig gehou.

    Klofies se vleuel Julian Bogner was gevaarlik elke keer wat hy bal in hand gekry het, terwyl sy flank en kaptein, Eckhardt Boshoff, vir Affies hoofbrekens by die afbreekpunte besorg het.

    In die Virsekerbeker se Plaat-afdeling sal die stryd tussen Eldoraigne en Marais Viljoen Saterdag besluit wie bo-aan die puntestand sal eindig. Eldoraigne het ‘n moeilike kragmeting teen Montana met 43-32 gewen. Marais Viljoen het met 24-elk gelykop teen die Hoërskool Rustenburg gespeel.  

    Louis Botha sal sy titel as kampioen van die Vrystaatse A-liga Saterdag teen Sentraal verdedig. Louis Botha het nie veel probleme ondervind om Jim Fouché met 56-6 in die halfeindronde kaf te draf nie.

    Sentraal se Bloktruie moes veel harder werk om Fichardtpark met 27-17 te klop. Daar was teen rustyd met die telling op 17-elk nie veel tussen die twee spanne te kies nie.

    Die Griffon-titel sal vanjaar staanplek in Welkom kry. Goudveld-Hoërskool sal ‘n tweede kans vanjaar kry om sy aartsvyand Welkom Gimnasium te verras. Gimmies het ‘n week gelede met 36-16 as oorwinnaars van die veld in die twee spanne se interskole-stryd getree.

    Gimmies het sy onoorwonne status in die Noord-Vrystaat behou deur Witteberg van Bethlehem met 66-10 te verniel. Gouties het hulle plek in die eindstryd met ‘n klinkende sege van 41-23 bespreek.

    Dit gaan keer kos om Riebeeckstad te weerhou om sy titel as kampioen van die Vrystaatse-platteland te behou. Riebies het verlede jaar vir die eerste keer daarin geslaag om dié trofee omhoog te hou.

    Riebies het Ficksburg met 47-8 in die halfeindronde afgeransel om sy plek in die eindstryd teen Bothaville te bespreek. Die verdedigende kampioen het met 20-15 in die Sandveld-eindstryd verlede week die einste Bothaville getroef.

    Duineveld is na sy sege van 22-19 oor Diamantveld in Upington die voorste skolespan in die Noord-Kaap. Sy Cravenweek-haker, Jannie Visser, was sonder twyfel die groot doring in Diamonds se vlees. Hy het veral met sy akkurate ingooiwerk in die lynstande beïndruk.

    NewsGSelborneCollegeStellenberg maak weekliks ‘n al hoe sterker argument dat hulle onder die voorste skole in die Westelike Provinsie vrygelaat moet word. Stellenberg het nou wel sy rieme teen Boland Landbou styfgeloop, maar is duidelik ‘n span om mee rekening te hou.

    Oakdale Landbou het op sy goeie peil voortgebou met ‘n oortuigende oorwinning van 47-3 oor die Wolramme van Marlow Landbou. Outeniqua se Kwaggas se sege van 22-14 oor Framesby is ook noemenswaardig.

    Paul Roos het sy onoorwonne status vir 2018 behou deur met 44-17 oor Rondebosch Boys’ High baas te wees.

    Paarl Gimnasium en die Hoër Jongenskool Paarl het albei positiewe seges behaal voor hulle mekaar in die Grootste Derby op skolevlak in die wêreld pak. Hulle het onderskeidelik met Bishops (52-27) en SACS (25-10) afgereken.

    In die Oos-Kaap het Grey-kollege van Bloemfontein waarskynlik sy grootste sege ooit oor sy naamgenoot Grey High School van Port Elizabeth met ‘n sege van 63-8 behaal.

    Selborne College het ook nie veel genade op sy tuisveld vir Queen’s College gehad nie en met 76-13 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span van Oos-Londen het gewys hoekom hulle vanjaar die meeste SA Skole-spelers van enige skool in Suid-Afrika opgelewer het.

    AL DIE UITSLAE: 

    VIRSEKERBEKER 

    Afdeling 1 – Beker: Menlopark 38, Transvalia 37; Garsfontein 43, Hoërskool Nelspruit 14; Monument 64, HTS Middelburg 12. Plaat: Eldoraigne 43, Montana 32; Kempton Park 46, Centurion 14; Noordheuwel 43, Zwartkop 27; Hoërskool Rustenburg 24, Marais Viljoen 24. Skild: Oos-Moot 44, Lichtenburg 12; Hoërskool Middelburg 29, Hoërskool Pietersburg 24.

    Afdeling 2 – Uitspeelwedstryde: Frikkie Meyer 73, Midstream College 19; Hoërskool Alberton 32, Lydenburg 28; Potchefstroom Volkskool 31, Ellisras 10; Wesvalia 52, Heidelberg Volkskool 20; Secunda 32, Piet Potgieter 17; Driehoek 33, Hoërskool Tuine 27; Dr. Malan 22, Overkruin 19.

    Afdeling 3 – Uitspeelwedstryde: Curro Heuwelkruin 34, Hoogenhout 22; Riebeeckrand 22, Barberton 0; Louis Trichardt 38, Fochville 27; Schoonspruit 52, Akasia 6; Stoffberg 24, Gerrit Maritz 0; HTS Carel de Wet 31, Hendrik Verwoerd 27; Brandwag (Benoni) 50, Vryburg 27.

    Afdeling 4 – Uitspeelwedstryde: Koster 18, Edenvale 17; Voortrekkerhoogte 22, Patriot 21; Swartruggens 37, Mitchellhouse 26; Hendrina 34, Curro Roodeplaat 19; Stella 37, Kempton Panorama 34.

    NOORDVAAL

    Affies 34, Waterkloof 26; Helpmekaar 40, Parktown Boys’ High 15; Jeppe High School 40, King Edward VII 25.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Grey-kollege 63, Grey High School 8; Welkom Gimnasium 66, Witteberg 10; Goudveld-Hoërskool 41, Voortrekker 23; Sentraal 27, Fichardtpark 17; Louis Botha 56, Jim Fouché 6; Duineveld 22, Diamantveld 19; Riebeeckstad 47, Ficksburg 8; Bothaville 26, Reitz 17; Brandfort 40, Sand du Plessis 17; St Andrew 45, President Steyn 21; Bultfontein 64, New Horizon 5; Hoopstad 27, Retief (Kestell) 26.  

    OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL

    Selborne College 76, Queen’s College 13; Dale College 45, St Andrew’s College 25; Maritzburg College 27, Pretoria Boys’ High 14.

    WES-KAAP

    Boland Landbou 30, Stellenberg 21; Paarl Gimnasium 52, Bishops 27; Paul Roos Gimnasium 44, Rondebosch Boys’ High 17; Oakdale Landbou 47, Marlow Landbou 3; Outeniqua 22, Framesby 14; Hoër Jongenskool Paarl 25, SACS 10; Wynberg Boys’ High 32, Hoërskool Bellville 7; Hoërskool Durbanville 52, De Kuilen 0; Worcester Gimnasium 12, Parel Vallei 9; JG Meiring 39, President 15; Schoonspruit 86, Augsburg Gimnasium 0; Swartland 13, Hoërskool Tygerberg 12; Hermanus 24, Charlie Hofmeyr 12; DF Malan 29, Strand 17.

    FOTOS: William Brown and Izelle van der Merwe.

  • School Rugby supporters spoiled for choice on DigiTV

    digiTV streamlogo white 1Supporters of school rugby is spoiled for choice again this weekend on DigiTV.co.za – with PRG TV, Eldo TV, Rooies TV and Kwagga TV all live streaming rugby this Saturday. 

    HTS Middelburg’s TV station, Rooies TV, will live stream all the rugby matches against Monument of Krugersdorp. Monnas are the overwelming favourites for the main match, but the clash between the two schools’ u15-sides might be the highlight of the day.

    Paul Roos Gimnasium is at home against Rondebosch Boys’ High. Matches played on Markotter as well as Rivierveld will be streamed live on PRG TV on DigiTV.co.za to your cellphone, tablet, laptop or SmartTV. The first XV of Paul Roos is still unbeaten and on top of School of Rugby’s Rankings.

    Eldoraigne will travel to Montana for their penultimate pool game in the Virsekerbeker. Eldo TV will travel with to bring all the matches played on the A-field to the supporters of the Green Dragons. Eldoriagne’s first XV occupies the top position on the log for the Plate-section of the Virsekerbeker. Their clash against Marais Viljoen of Alberton next week will probably decide who will finish on top of the standings.

    Kwagga TV of Outeniqua will also provide some pleasure to viewers this Saturday. The school from George will host Framesby of Port Elizabeth in their annual interschools. The rugby, hockey and netball of this interschools will be streamed live on Kwagga TV.   

    Matches could be watched live from your cellphone, tablet, laptop or Smart TV on www.digitv.co.za. To get free access for a week enter this exclusive voucher nr. MRNOB1DCX0. If you experience any difficulty with registering on the website please contact DigiTV via their support WhatsApp number on 060 771 9977.

    HTS Middelburg vs Monument  Social Media Eldoraigne vs Montana
    Paul Roos vs Rondebosch Outeniqua vs Framesby
  • Triumphant SA U18 Sevens book Youth Olympics spot

    SA U18 SevensThe South African U18 Sevens booked their place in the 2018 Summer Youth Olympics in Argentina in October after defeating Namibia 32-12 in the final of the African Youth Games in Algeria on Saturday.

    The victory ensured that they advanced through the three-day tournament unbeaten, conceding only 17 points in their six matches.

    The team, guided by coach Marius Schoeman, got their campaign off to a flying start on Thursday, as they registered a comprehensive 38-0 victory against Burkina Faso in their opening match thanks to a solid display on attack and defence, and they built on this to defeat hosts, Algeria, 31-5.

    They continued their fine form on Friday, as they thumped Tunisia 36-0 and Senegal 45-0 to book their place in the semi-finals against Mauritius.

    Schoeman’s charges made easy work the match as they cruised to a 46-0 victory for final berth.

    Namibia fought hard in the final, but this was not enough to topple the in-form SA U18 Sevens, who sealed the 32-12 win and their place in the Youth Olympics.

    Schoeman was delighted with the team’s performance and said: “The players did incredibly well to win 46-0 in the semi-final. They final against Namibia was very physical, but we managed to win 32-12 in the end.

    “We are obviously very happy because this also means that we qualify for the Youth Olympics.

    “These performances show that we have a lot of young talent in Sevens. The result is also great for South African rugby,” said Schoeman. 

    SA U18 Sevens results at the African Youth Games:

    Thursday, 19 July:

    SA 38-0 Burkina Faso

    SA 31-5 Algeria

    Friday, 20 July:

    SA 36-0 Tunisia

    SA 45-0 Senegal

    Saturday, 21 July:

    SA 46-0 Mauritius (Semi-final)

    SA 32-12 Namibia (Final)

    Issued by SA Rugby Communications

  • Oakdale dop Boishaai om; Helpies het Garsfontein se nommer

    NewsGHencoBeukesDié Bulle van Oakdale Landbou het sal vandag effe meer breëbors as gewoontlik rondloop. Oakdale se rugbyspan het vir die eerste keer sedert 2002 daarin geslaag om die Hoër Jongenskool Paarl te verslaan.

    Oakdale se sege van 47-29 is boonop op Boishaai se agterplaas in die Brugstraat-stadion in die Paarl behaal. In 2002 was die oud-Bok Meyer Bosman en oud-Puma Doppies le Roux lede van Oakdale se span en nog in graad 11.

    Oakdale het met sy flank Henco Beukes asook kaptein en slot, Hannes Gous, aan die spits voorlangs daarin geslaag om Boishaai se swaer agttal in toom te hou. Boishaai se momentum is ook ontwrig danksy die hoeveelheid omgekeerde besit die besoekers gedurende die wedstryd bewerkstellig het.

    Die wenspan se vaskopstut, Pieter Maritz, het ook die veld vol gespeel.

    Agterlangs het die vleuel, Trevino Gordon, ‘n driekuns ingeryg. Die heelagter, Clyde Lewis, was ook op sy stukke.

    Net af in Paarl se hoofstraat het Paarl Gimnasium nie veel genade vir sy besoekers uit die Suid-Kaap betoon nie. Gimmies het Outeniqua se Kwaggas met 57-0 verniel.

    Die tuisspan se heelagter, Tiaan Swanepoel, het drie keer ‘n draai agter die doellyn gemaak. Buiten Swanepoel het die agtsteman, Juan Wilson, en SA Skole-vleuel, Stravino Jacobs, ook blink vertonings opgedis.

    Paul Roos Gimnasium het op sy tuisveld in Stellenbosch ook nie veel genade vir Wynberg Boys’ High betoon nie. Die span van die Eikestad het met 73-14 as oorwinnaars van die veld gestap. Sy heelagter, Kade Wolhuter, het 28 van sy span se punte via twee drieë en nege doelskoppe aangeteken.

    Boland Landbou was ook in ‘n vernietigende bui en het SACS met 47-24 kaf gedraf. Glenwood van Durban het sy onoorwonne status behou deur HTS Middelburg met 83-0 te verniel.

    NewsGHelpmekaarAs daar een span is wat Garsfontein se nommer het, is dit Helpmekaar-kollege van Johannesburg. Helpies het Garsfontein se onoorwonne status in die Virsekerbeker se Beker-afdeling met ‘n oorwinning oor hom van 31-25 beëindig. Garsies kon in die afgelope vier kragmetings wat oor drie jaar strek nog nie een keer daarin slaag om Helpmekaar om te dop nie.

    Die grondslag vir die sege is voorlangs gelê met veral Helpies se slotte, Michael Amiras en Brink Marx, wat behoorlik gewoel het. Agterlangs het die linkervleuel, Christiaan Bezuidenhout, sy 16de drie van die seisoen gedruk om Helpmekaar se rekord vir ‘n seisoen te ewenaar.

    Monument van Krugersdorp se buitesenter, Henco van Wyk, het op sy goeie vertonings op vanjaar se Cravenweek voortgebou deur met ‘n driekuns sy skoolspan tot ‘n oorwinning van 40-26 oor Menlopark aan te vuur.

    Transvalia het ‘n belangrike bonuspunt-sege in Mbombela oor die Nelspruit Rhinos met 33-19 behaal.

    In die Plaat-kompetisie van die reeks is daar nie veel tussen die spanne te kies nie. Marais Viljoen het vir Kempton Park met 34-33 naelskraap verslaan, terwyl Eldoraigne vir die Hoërskool Rustenburg met 46-28 met die kous oor die kop huis toe gestuur het. Eldos se senter Shayne Bolton het met vier skitterende drieë gewys dat hy dalk ‘n Ligblou-trui op die Cravenweek moes dra.

    Centurion se losskakel, Eathan Wentzel, was sy span se held in sy sege van 39-36 oor Noordheuwel.

    Die Hoërskool Overkruin het ‘n lang droogte in die Afdeling 2-eindstryd van Blou Bulle verbreek. Overkruin het die Hoërskool Tuine met 34-21 verslaan om vir die eerste keer sedert 2006 as kampioen gekroon te word. Destyds het die Bulle se voormalige breier Nollis Marais nog vir Overkruin geslyp.

    Potchefstroom Volkskool het ook ‘n droogte verbreek deur vir die eerste keer sedert 2011 as kampioen van die Luiperds gekroon te word. Dit was wel die skool se 26ste keer wat hy die Jacob Wilkens-trofee omhoog kon hou.

    Potch Volkies het Wesvalia van Klerksdorp in die eindstryd met 28-23 verslaan. Die kampioen van die vorige twee jaar, die Hoërskool Lichtenburg, het vanjaar na die Virsekerbeker se Afdeling 1 opgeskuif en nie aan die liga deelgeneem nie.

    Hoërskool Alberton is die Leeu-kampioen na hy Randburg in die eindstryd met 33-19 verslaan het. In die Valke se eindstryd het Heidelberg Volkskool vir Die Anker van Brakpan met 25-16 geklop.

    Welkom Gimnasium het nie sy gelyke in die Noord-Vrystaat nie. Gimmies het Goudveld-Hoërskool in die twee spanne se jaarlikse interskole 36-16 die loef afgesteek.

    Die Hoërskool Reitz is vir die eerste keer sedert 2002 as kampioen van die Oos-Vrystaat gekroon. Reitz het Ficksburg met 27-22 in die eindstryd geklop. Die gewese Cheetah-skrumskakel, Sarel Pretorius, was in Reitz se kampioenspan van 2002.

    Riebeeckstad is vir die tweede agtereenvolgende jaar kampioen van die Sandveld-liga. Hy het Bothaville met 20-15 in ‘n klipharde eindstryd getroef.

    AL DIE UITSLAE: 

    VIRSEKERBEKER

    Afdeling 1 – Beker: Helpmekaar 31, Garsfontein 25; Monument 40, Menlopark 26; Transvalia 33, Nelspruit 19. Plaat: Eldoraigne 46, Hoërskool Rustenburg 28; Centurion 39, Noordheuwel 36; Montana 25, Zwartkop 11; Marais Viljoen 34, Kempton Park 33. Skild: Oos-Moot 45, Florida 3; Hugenote (Springs) 43, Jeugland 41; Lichtenburg 40, Pietersburg 29; Ben Vorster 39, Hoërskool Middelburg 21.

    Afdeling 2 – Blou Bulle: Overkruin 34, Hoërskool Tuine 21 (eindstryd); Midstream College 35, Wonderboom 19. Goue Leeu-eindstryd: Hoërskool Alberton 33, Randburg 19. Limpopo-eindstryd: Frikkie Meyer 36, Piet Potgieter 17. Luiperd-eindstryd: Potchefstroom Volkskool 28, Wesvalia 23. Puma-eindstryd: Secunda 28, Ligbron 7. Valke: Heidelberg Volkskool 25, Die Anker 15 (eindstryd); Dr. Malan 29, Hans Moore 19.

    Afdeling 3 – Blou Bulle: Hendrik Verwoerd 27, Gerrit Maritz 3 (eindstryd). Limpopo-eindstryd: Louis Trichardt 36, Curro Heuwelkruin 15. Valke: Brandwag (Benoni) 33, Stoffberg 15 (eindstryd); Parys 40, HTS Carel de Wet 33.

    Afdeling 4 – Blou Bulle: Maragon Mooikloof 40, Voortrekkerhoogte 8 (eindstryd). Valke: Heilbron 26, Voortrekker (Boksburg) 17 (eindstryd); Edenvale 28, Kempton Panorama 18.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Welkom Gimnasium 36, Goudveld-Hoërskool 16; Diamantveld 46, Jim Fouché 15; Noord-Kaap 41, Fichardtpark 12; Witteberg 19, Hentie Cilliers 17; Voortrekker 62, Wilgerivier 22; Riebeeckstad 20, Bothaville 15; Reitz 27, Ficksburg 22; Sentraal 39, Landboudal 24; St Andrew 34, Brandort 27.

    KWAZULU-NATAL/OOS-KAAP

    Glenwood 83, HTS Middelburg 0; Grey High School 39, Framesby 13; Brandwag (Uitenhage) 29, Despatch 13; Kingswood College 33, Nico Malan 24; Marlow Landbou 39, St Andrew’s College 31; Queen’s College 41, Hoërskool Grens 7; Selborne College 54, Hudson Park 10.

    NOORDVAAL

    Affies 17, Maritzburg College 13; Jeppe 41, Waterkloof 26; Parktown Boys’ High 51, Durban High School 25; King Edward VII 23, Pretoria Boys’ High 10; Hoërskool Pietersburg 78, HTS Tom Naudé 11.

    WES-KAAP

    Oakdale Landbou 47, Hoër Jongenskool Paarl 29; Paarl Gimnasium 57, Outeniqua 0; Paul Roos Gimnasium 73, Wynberg Boys’ High 14; Bishops 81, Strand 5; Boland Landbou 47, SACS 24; Stellenberg 31, Rondebosch Boys’ High 12; Durbanville 47, Worcester Gimnasium 0; Hugenote (Wellington) 24, Charlie Hofmeyr 23; Monumentpark 26, Parel Vallei 17; HTS Drostdy 34, Duineveld 28.

  • School Rugby Results – 21 July 2018

    School Rugby Results – 21 July 2018

    Rugby FB iconOakdale Landbou secured a historic 47-29 victory over Paarl Boys’ High in the Brug Street Stadium in Paarl. It was the team from Riversdale’s first ever victory over Boishaai since 2002. 

    To see the results from the Virsekerbeker please go to the following page on our website – Uitslae – Virsekerbeker – 21 Julie 2018

    The results:  

    WESTERN CAPE

    Paarl Gimnasium 57 Outeniqua  0
    Oakdale Landbou 47 Paarl Boys’ High 29
    Paul Roos Gimnasium  73 Wynberg Boys’ High  14
    Diocesan College 81 Strand 5
    Boland Landbou 47 SACS 24
    Stellenberg  31 Rondebosch Boys’ High 12
    Durbanville 47 Worcester Gimnasium 0
    Hugenote 24 Charlie Hofmeyr  23
    Monument Park 26 Parel Vallei 17
    HTS Drostdy 34 Duineveld 28

    NOORDVAAL

    Affies 17 Maritzburg College 13 
    Jeppe High School 41 Waterkloof 26
    Parktown Boys’ High 51 Durban High School 25
    King Edward VII 23 Pretoria Boys’ High 10
    HTS Middelburg 0 Glenwood 83

    KWAZULU-NATAL

    Glenwood 83 HTS Middelburg 0
    Maritzburg College 13 Affies 17
    Durban High School 25 Parktown Boys’ High 51

    FREE STATE/GRIQUALAND WEST

    Diamantveld 46 Jim Fouche  15
    Noord-Kaap 41 Fichardtpark 12
    Witteberg 19 Hentie Cilliers 17
    Welkom Gimnasium 36 Goudveld-Hoërskool 16
    Voortrekker 62 Wilgerivier 22
    Riebeeckstad 20 Bothaville 15
    Reitz 27 Ficksburg  22
    Duineveld 28 HTS Drostdy  34

    EASTERN CAPE 

    Grey High School 39 Framesby  13
    Selborne College Hudson Park 
    Brandwag 29 Despatch 13
    Kingswood College 33 Nico Malan 24
    Queen’s College Grens
    Marlow Landbou 39 St Andrew’s College 31 
  • Uitslae – Virsekerbeker – 21 Julie 2018

     

     

           
           
    Helpmekaar 31 Garsfontein 25
    Monument 40 Menlopark 26
    Transvalia 33 Nelspruit 19
           
    Eldoraigne 46 Rustenburg 28
    Centurion 39 Noordheuwel 36
    Montana 25 Zwartkop 11
    Marais Viljoen 34 Kempton Park 33
           
    Oos-Moot 45 Florida 3
    Hugenote 43 Jeugland 41
    Ben Vorster 39 Middelburg 21
     
    Overkruin 34 Tuine 21
    Midstream College   Wonderboom  
     
    Hoërskool Alberton 33 Randburg 19
     
    Frikkie Meyer 36 Piet Potgieter 17
           
    Potchefstroom Volkskool 28 Wesvalia 23
           
    Secunda 28 Ligbron
           
    Heidelberg Volkskool 25 Die Anker 15
           
           
           
           
           
           
           
           
           
           
           
           
           

     

     

     

  • What schools rugby is on DigiTV this weekend?

    digiTV streamlogo white 1Rugby lovers and subscribers to DigiTV have an exciting weekend to look forward to. DigiTV will stream rugby from four different schools this weekend. 

    The launch of Rooies TV will see HTS Middelburg host Glenwood in Middelburg on Saturday. All the matches on the A- and B-fields will be live streamed to Rooies TV as well as Glenwood TV. Three members of Glenwood’s first team has been included in the newly selected South African Schools’ side. They are centre Rynhardt Jonker, flanker Sibusiso Sangweni and lock Lunga Ncube. 

    Paul Roos Gimnasium will host Wynberg Boys’ High at the Markotter-stadium with all of the matches on the A-field to be streamed to PRG TV on DigiTV’s platform. The side from Stellenbosch also boast four players Hanru Jacobs, Brendan Venter, JJ Kotze and Juan Mostert in their first XV who was named in the SA Schools side of 2018.

    Paul Roos is occupying the top position on School of rugby’s latest rankings. Wynberg Boys’ High is also in the Top 20 lying the 16th position. This encounter promises to be one not to be missed.

    In Pretoria Eldoraigne will face Rustenburg in an important Virsekerbeker clash. There is not much to choose between the sides in the Plate-section of the Virsekerbeker. Eldos will be hoping to make their home ground advantage work in their favour to secure a place in the play-offs. 

    Durban High School will travel to Johannesburg to lock horns with Parktown Boys’ High. The visitors with their SA Schools No.8, Celimpilo Gumede, leading the charge will be favourites to come out on top in this game. All the matches on the A-field will be streamed live to DigiTV. 

    Matches could be watched live from your cellphone, tablet, laptop or Smart TV on www.digitv.co.za. To get free access for a week enter this exclusive voucher nr. MRNOB1DCX0. If you experience any difficulty with registering on the website please contact DigiTV via their support WhatsApp number on 060 771 9977

    The Schedule: 

    PRG TV Rooies TV 
    08:00 Paul Roos u19D vs Wynberg Boys’ High u19C 08:00 HTS Middelburg u14A vs Glenwood u14A
    09:20 Paul Roos u16A vs Wynberg Boys’ High u16A 09:00 HTS Middelburg u15A vs Glenwood u15A
    10:30 Paul Roos u19B vs Wynberg Boys’ High u19B 10:00 HTS Middelburg u19B vs Glenwood u19B
    12:15 Paul Roos u19A vs Wynberg Boys’ High u19A 11:10 HTS Middelburg u16A vs Glenwood u16A
    12:30 HTS Middelburg u19A vs Glenwood u19A
    Eldo TV DHS TV
    08:00 Eldoraigne u14A vs Rustenburg u14A 08:30 Parktown Boys’ High u16A vs Durban High School u16A
    09:00 Eldoraigne u15A vs Rustenburg u15A 09:40 Parktown Boys’ High u19C vs Durban High School u19C
    10:00 Eldoraigne u19B vs Rustenburg u19B 10:50 Parktown Boys’ High u19B vs Durban High School u19B
    12:30 Eldoraigne u16A vs Rustenburg u16A 12:00 Parktown Boys’ High u19A vs Durban High School u19A
    13:40 Eldoraigne u19A vs Rustenburg u19A
  • Hier is die SA Skole-span van 2018

    Hier is die SA Skole-span van 2018

    Die SA Skole-keurders kon vir twee van verlede jaar se nasionale skolespelers, Morné Brandon (Monument, haker) en Diego Appollis (Garsfontein, senter), nie plek in 2018 se SA Skole-span vind nie. 

    Brandon is deur Grens se haker, Jacques Goosen, asook WP se haker, JJ Kotze, uit die span gehou. Daar is vooraf verwag dat Kotze ‘n sterk aanspraakmaker op een van die plekke wat beskikbaar vir hakers sou wees. Goosen van Selborne College is vir ‘n uitstekende week beloon. 

    Appollis en die Blou Bulle het glad nie ‘n goeie week in die Paarl beleef nie. Grey-kollege se Wyclef Clitoor en Jeppe se hoofseun, Muzi Manyike, is as die twee buitesenters in die span ingesluit. Hoewel Selborne College se Sibabalwe Xamlashe vir Grens in die laaste vesting tydens die week diens gedoen het, draf hy op senter vir sy skoolspan uit. 

    Selborne College het met vyf spelers die grootste verteenwoordiging in die span. Die vyftal is Sibabalwe Xamlashe, Thomas Bursey, Jarrod Taylor, Zwelendaba Mnomba en Jacques Goosen. Paul Roos wat die boonste posisie op School of Rugby se nuutste ranglys beklee het vier spelers JJ Kotze, Hanru Jacobs, Juan Mostert en Brendan Venter in die span. 

    Venter se pa ook Brendan het in 1987 die SA Skole-span gehaal. Toevallig die vorige keer wat die gesogte Cravenweek in die Paarl aangebied is. Venter sr. was natuurlik ook ‘n lid van die Springbok-span wat in 1995 as wêreldkampioen gekroon is. Nog ‘n oud-Bok Fritz van Heerden se seun, Emile van Heerden, het vanuit die Westelike Provinsie se XV-tal die nasionale span gehaal. 

    Die SA Skole-span sal in ‘n reeks van drie wedstryde teen Wallies, Engeland en Frankryk kragte meet. 

    Die span sal deur Boishaai se afrigter, Sean Erasmus gebrei word. Mzikwakhe Nkosi (King Edward VII) sal die hulpafrigter wees. Ofentse Moeng van Southdowns College is die spanbestuurder. 

    Die SA Skole-span is: 

    Voorspelers: Evan Roos (Hoër Jongenskool Paarl), Keke Morabe (Welkom Gimnasium), Celimpilo Gumede (Durban High School), Jarrod Taylor (Selborne College), De Wet Marais (Grey-kollege), Sibusiso Sangweni (Glenwood), Mihlali Mgolodela (Rondebosch Boys’ High), Tristan Dullisear (Monument), Adrian Alberts (Hoër Jongenskool Paarl), Emile van Heerden (Hoër Jongenskool Paarl), Lunga Ncube (Glenwood), Uzile Tele (Hudson Park), Hanru Jacobs (Paul Roos Gimnasium), Herman Aggenbag (Grey-kollege), Dewald Donald (Affies), Banele Mthenjane (Nelspruit), Jacques Goosen (Selborne College, JJ Kotze (Paul Roos Gimnasium).

    Agterspelers: Sibabalwe Xamlashe (Selborne College), Darren Hendricks (Boland Landbou), Stravino Jacobs (Paarl Gimnasium), Zwelendaba Mnomba (Selborne College), Wyclef Vlitoor (Grey-kollege), Muzi Manyike (Jeppe High School), Brendan Venter (Paul Roos Gimnasium), Rynhardt Jonker (Glenwood), Juan Mostert (Paul Roos Gimnasium), Lionel April (Hermanus), Jurich Claassens (Garsfontein), Thomas Bursey (Selborne College).