SSPN Test Site

Blog

  • Valke weer voorste span op jaarlikse LSOB-week

    NewsGValkeLSENDie Valke is vir die tweede agtereenvolgende jaar die nie-amptelike kampioen van die LSOB-week (vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes). Die Valke het op sy tuisveld, die Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark, die Westelike Provinsie met 24-12 in die hoofwedstryd van die jaarlikse week verslaan. 

    Die gasheer het reeds teen die omdraaislag ‘n voorsprong van 17-9 opgebou. Hy het ook vier drieë in die eindstryd gedruk, terwyl die Streeptruie nie daarin kon slaag om sy doellyn oor te steek nie. Twee van die Valke se vier drieë is deur sy loskopstut, Shelden Human, gedruk. 

    Die Valke se kaptein en losskakel, Chezlin Oosthuizen, het met 38 punte die toernooi as die voorste puntemaker afgesluit. Die Blou Bulle se agtsteman, Jared Kleynhans, en die Goue Leeus se Mendes Vangu het elk vier keer tydens die week ‘n draai agter die doellyn gemaak wat die meeste vir ‘n enkele speler tydens die week was. 

    Puntemakers: 

    Valke 24 (17) – Drieë: Shelden Human (2), Mpumelelo Mdluli, Chae Rouillon. Doelskoppe: Chezlin Oosthuizen (2). Westelike Provinsie 12 (9) – Strafdoele: Joshua Visagie (4). 

    Boland 22 (22) – Drieë: Tristan Swartz, Lourens Lotter, Jascy-Lee Prins, William Khoba. Doelskop: Shadley Gertze. Blou Bulle 17 (7) – Drieë: Lethabo Mtsheni, Juandré Kleynhans, Jared Kleynhans. Doelskop: Luan Gouws.

    Oostelike Provinsie 27 (10) – Drieë: Lutho Tom, Christopher Andrews, Abel Goeda, Asenathi Peteni, Chivarno Minnaar. Doelskop: Kalbasie Mentoor. Vrystaat 0

    Sharks 15 (5) – Drieë: Cameron Bagnall, Anele Banda. Doelskop: Kyle Janse van Vuuren. Strafdoel: Janse van Vuuren. Goue Leeus 14 (7) – Drieë: Karel Lubbe, Juan Janse van Vuuren. Doelskoppe: Henroe Muller (2). 

    Goue Leeus 29 (7) – Drieë: Dylan Dowie (2), Mathabisi Moyo, Mendes Vangu, Jade van der Kolff. Doelskoppe: Mazizi Mpolongwana, Dowie. Griffons 21 (7) – Drieë: Regain Mtimkulu, Abbey Seseane, Shane Makoko. Doelskoppe: Ruben Steenkamp (3).

    Pumas 25 (20) – Drieë: Maxwell Nkosi, Lethu Baloyi, Stephan Slabbert, Marnix Raubenheimer. Doelskop: Slabbert. Strafdoel: Slabbert. Luiperds 12 (12) – Drieë: Lesego Seikaneng, Enrique de Andrade. Doelskop: Seikaneng.  

  • Arende kampioen van die VKB-week vir stedelike spanne

    Arende kampioen van die VKB-week vir stedelike spanne

    VKBDie Vrystaat Arende is die kampioen van die eerste VKB-week (vir stedelike spanne) op Reitz. Die Arende het die Luiperds met 34-25 in die eindstryd op Piet Geyer-park in die Riemland geklop.

    Die Arende se linkervleuel, Jannes de Jager, en een van die span se helde in die eindstryd het ‘n driekuns aan driee in die wedstryd behaal. De Jager, deesdae ‘n leerling van Fichardtpark in Bloemfontein, is ‘n oud-leerling van die Hoerskool Reitz.

    Die kampioen se losskakel, Marinus Maloney, was die argitek van die span se sege in die eindstryd en is ook welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys. Maloney het deurgans vra aan die Luiperds se verdediging gevra. Hy het ook sy span se rekening vroeg in die wedstryd geopen na hy die bal onderskep het.

    Wat Maloney se vertoning nog meer indrukwekkend maak is die feit dat sy direkte teenstander, Stephan van Niekerk, as die week se voorste agterspeler aangewys is. Nog ‘n ster van die Arende in die eindstryd die loskopstut, Herman Steenkamp, is welverdiend as die voorspeler van die week aangewys.

    Die Limpopo Blou Bulle se heelagter, Zander de Ridder, het sy skopstewels aangehad en sy span tot ‘n oorwinning van 30-19 oor die Griffons geskop. De Ridder het 20 van sy span se punte met die skopskoen aangeteken.

    De Ridder het slegs een poging pale toe skeef gekorrel. Dit was die doelskop van Keanan Brand se drie en was waarskynlik die maklikste van al sy pogings. Drie van sy ses strafdoele was vanuit sy eie halfgebied.

    Puntemakers:

    Vrystaat Arende 34 () – Driee: Jannes de Jager (3), Marinus Maloney, Arno Pienaar. Doelskoppe: DJ van Pletzen (3). Strafdoel: Van Pletzen. Luiperds 25 () – Driee: Divan Naude, Xander de Meyer, Armand van der Merwe. Doelskoppe: Stephan van Niekerk (2). Strafdoele: Van Niekerk (2).

    Limpopo Blou Bulle 30 (12) – Driee: Keanan Brand, TG Fourie. Doelskop: Zander de Ridder. Strafdoele: De Ridder (6). Griffons 19 (10) – Driee: Jaco Theron, John-David Duthie, Strafdrie. Doelskop: Ryan Davids.

    Valke-Oos 32 (15) – Driee: Divan de Klerk (2), Willie van Dyk, Ettiene Pretorius, Jayden Boshoff, Tiaan Venter. Doelskop: Boshoff. Noord-Natal 29 (5) – Driee: John Oberholzer (2), Vusi Buthelezi, Ruben Kwakkermaak. Kwanele Hlongwane. Doelskoppe: Kwakkermaak (2).

    Oostelike Provinsie 59 (33) – Driee: Rohan Kruger (2), Cullen August (2), Anton van der Mescht, G Hoffman, Heinz Bertram, V Present. Doelskoppe: Hoffman (7). Valke-Suid 29 (7) – Driee:R Boshoff, AJ Claassen, F Marais, E McKenzie, M Combrinck. Doelskoppe: R Bezuidenhout (2).

  • Arende en Luiperds pak mekaar in VKB-eindstryd

    Arende en Luiperds pak mekaar in VKB-eindstryd

    VKBDit is die Vrystaat Arende teen die Luiperds in die eindstryd van die eerste VKB-week (vir stedelike spanne). 

    Dit is dalk heel gepas dat die laaste kampioen van die VKB-week in sy vorige formaat, die Luiperds (2017), en die laaste wenner van die week voor die onstaan van die Pukke-week, die Vrystaat Arende (2004), mekaar in die eindstryd pak.

    Die Arende het ‘n naelskraapse sege van 13-10 oor die Griffons op die tweede dag van die toernooi behaal. Die wenspan het teen rustyd met 10-5 voorgeloop. ‘n Skepdoel deur die heelagter, DJ van Pletzen, in die doodsnikke van die wedstryd het aan sy span die oorwinning besorg.  

    Die Luiperds moes ook hard werk vir sy plek in die eindstryd. Hulle het die Limpopo Blou Bulle met 35-33 op die tweede dag verslaan. Die span se losskakel, Stephan van Niekerk, het 15 punte tot die Luiperds se sege met sy skopskoen bygedra. Hy het drie van sy span se vier drieë verdoel en ook drie strafdoele tussen deur die pale gejaag. 

    Die Limpopo Blou Bulle se heelagter, Zander de Ridder, beskik ook oor ‘n geleerde skopskoen. Hy het met twee doelskoppe en drie strafdoele geslaag om 13 punte tot sy span se totaal by te dra. 

    Puntemakers: 

    Luiperds 35 (23) – Drieë: Lebo Thakoli (2), Danie Schoenveld, Armand van der Merwe. Doelskoppe: Stephan van Niekerk (3). Strafdoele: Van Niekerk (3). Limpopo Blou Bulle 33 (7) – Drieë: Gerrie Blom (2), Rudie Hattingh, Zander de Ridder. Doelskoppe: De Ridder (2). Strafdoele: De Ridder (3). 

    Vrystaat Arende 13 (10) – Drieë: Brendon van Heerden. Doelskop: DJ van Pletzen. Strafdoel: Van Pletzen. Skepdoel: Van Pletzen. Griffons 10 (5) – Drieë: Slade Dousse, Juan Jordaan. 

    Valke Oos 28 (14) – Drieë: Juanrich Botha (2), Willie van Dyk, Ethan de Kock. Doelskoppe: Joshua McCullam (3), Botha. Oostelike Provinsie 13 (8) – Drieë: D Jansen, Juhane Rossouw. Strafdoel: G Hoffman. 

    Noord-Natal 25 (15) – Drieë: Andi Niebuhr, JW Olsen, Vukani Malinga. Doelskoppe: Ruan Muller (2). Strafdoele: Muller, Wicus van der Walt. Valke-Suid 24 (5) – Drieë: 14C Labuschagne (2), A Meintjies, X Erasmus. Doelskoppe: R Bezuidenhout (2).  

  • Valke en WP in die hoofwedstryd van 2018 se LSOB-week

    Valke en WP in die hoofwedstryd van 2018 se LSOB-week

    SA Lsen LogoDie Valke sal Donderdag in die Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark sy titel as nie-amptelike kampioen van die jaarlikse LSOB-week (vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes) teen die Westelike Provinsie verdedig. Die Valke het die naelskraapste van sege van 27-26 oor die Blou Bulle op die tweede dag van die toernooi behaal om hul plek in die hoofwedstryd te bespreek. 

    Die span se kaptein en losskakel, Chezlin Oosthuizen, was met sy skopskoen die verskil tussen die twee spanne. Oosthuizen is tans ook die voorste puntemaker met 34 punte na sy span se twee wedstryde. 

    Die Westelike Provinsie het sy plek in die hoofwedstryd met ‘n klinkende sege van 36-19 oor die Boland beklink. Die Wynboere het verlede jaar in die hoofwedstryd van die week in Durban teen die Valke met 25-12 in die stof gebyt. WP se rekord op vanjaar se toernooi is nie heeltemal vlekkeloos nie. Die Streeptruie het op die eerste dag met 7-elk gelykop teen die Oostelike Provinsie gespeel. 

    Die Oostelike Provinsie het die Pumas met 32-15 op die tweede dag verslaan, na hy met ‘n agterstand van 7-10 gaan rus het. Suidwestelike Distrikte het die grootste sege tot dusver op vanjaar se toernooi behaal deur die Goue Leeus BO (buitengewone onderwys) met 75-3 ‘n les te leer. 

    Die Vrystaat sal ook Donderdag teen die Oostelike Provinsie poog om sy toernooi onoorwonne af te sluit. Die Blikore het die Valke XV-tal met 21-7 vandag verslaan. 

    Die Griffons se flank Jean-Pierre Geldenhuis was met ‘n driekuns aan drieë aan die voorpunt van sy span se gemaklike sege van 53-10 oor die Sharks. Die Perses het teen rustyd reeds ‘n voorsprong van 17-0 opgebou en net na nog ‘n hoër rat in die tweede helfte oorgeskakel. 

    Puntemakers: 

    Valke 27 (8) – Drieë: Chezlin Oosthuizen, Chae Rouillon, Lorenzo Thompson, Rivano do Amaral. Doelskoppe: Oosthuizen (2). Strafdoel: Oosthuizen. Blou Bulle 26 (5) – Drieë: Cornelius Beukes, Jared Kleynhans, Morné Ludeke, Siyabongga Buthelezi. Doelskoppe: Luan Gouws (2), Beukes. 

    Westelike Provinsie 36 (19) – Drieë: Tsetse Kawaya (2), Bevan Trichardt, Mickael Williams, Geraldo Williams. Doelskoppe: Joshua Visagie (2), Mickael Williams (2). Strafdoel: Mickael Williams. Boland 19 (0) – Drieë: Austin Philips, Jascy-Lee Prins, Heinrich Arends. Doelskoppe: Shadley Gertze (2). 

    Oostelike Provinsie 32 (7) – Drieë: Siyolise Toko, Nando Kemp, Gaitisiwe Matoti, Bienie van Sensie, Dervin Cramford. Doelskoppe: Abel Goeda, Van Sensie. Strafdoel: Goeda. Pumas 15 (10) – Drieë: JP van Wyk, Stephan Slabbert. Doelskop: Slabbert. Strafdoel: Slabbert. 

    Griffons 53 (17) – Drieë: Jean-Pierre Geldenhuis (3), Thabiso Motloung, Tiaan Esterhuizen, Victor Porotloane, Brendin Weitsz, Abbey Seseane, Shane Makoko. Doelskoppe: Ruben Steenkamp (2), Seseane (2). Sharks 10 (0) – Drieë: Siyanda Ndaba, Dylan Conradie. 

    Goue Leeus 35 (8) – Drieë: Mendes Vangu (2), Mosa Maluka, Lelethu Nyabaza. Doelskoppe: Mazizi Mpolongwana (3). Luiperds 24 (15) – Drieë: Lucky Tjalentjane (2), Antonio Rodie. Doelskoppe: Lesego Seikaneng (3). Strafdoel: Seikaneng. 

    Vrystaat 21 (14) – Drieë: Sam Goodman (2), Geovani Prins. Doelskoppe: Katlego Molete (3). Valke XV 7 (0) – Drie: Matthews Malema. Doelskop: Carlo Passano.

     

     

  • Dit gaan keer kos om die Valke op die LSOB-week te stuit

    Dit gaan keer kos om die Valke op die LSOB-week te stuit

    SA Lsen LogoDit gaan keer kos om die gasheer van die LSOB-week (vir leerlinge met spesiale onderwyshoeftes), die Valke, uit die hoofwedstryd van vanjaar se toernooi in die Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark te hou. Die Valke, wat verlede jaar as nie-amptelike kampioen gekroon is, het in die hoofwedstryd van die eerste dag die Luiperds met 69-10 afgeransel.

    Die Luiperds het verlede jaar se toernooi ook onoorwonne afgesluit. Die Valke kom more op die tweede dag teen die Blou Bulle te staan. Die Ligbloues sal ‘n veel meer gedugter taak vir die Valke wees, maar die gasheer behoort steeds as die gunstelinge op die veld te draf. 

    Dit was veral die Valke se flank, Tiaan Botha, wat met sy spel beïndruk het. Hy het die veld vol gespeel en elke keer wat hy die bal onder die arm vasgeknyp het meters veld gewen. Die span se kaptein en losskakel, Chezlin Oosthuizen, was ook op sy stukke. Hy het sommer vroeg in die wedstryd die Luiperds mooi laat verstaan waarvoor hulle in is. Hy het sy span se eerste drie in die eerste minuut van die wedstryd gedruk. 

    Oosthuizen het 22 punte tot sy span se sege bygedra. Hy het twee keer gaan druk en ook ses van sy span se drieë verdoel. 

    Die Boland, wat verlede jaar teen die Valke in die hoofwedstryd die knie gebuig het, het in die tweede helfte vlam gevat om die Suidwestelike Distrikte met 42-7 gemaklik te bere. Die Wynboere kon teen rustyd slegs ‘n voorsprong van 14-0 opbou. 

    Hulle kom more op die tweede dag van die toernooi teen die Westelike Provinsie in die hoofwedstryd van die dag te staan. Die Streeptruie kon nie ‘n sege op die eerste dag behaal nie. Die span moes die louere met 7-elk met die Oostelike Provinsie deel. 

    Die Vrystaat se agterhoede is dalk nie van die grootste spelers nie, maar dit wat hulle dalk tekort kom in grootte maak hulle dubbel en dwars op met hul vaart. Die Blikore het sy kragmeting teen die Goue Leeus gemaklik met 38-14 gewen. Die wenspan het teen rustyd ‘n voorsprong van 19-7 opgebou. 

    Dit was veral die buitesenter, Sam Goodman, en vleuel, Fabian van Staden, wat te veel vrae aan die Leeus se verdediging gevra het. Die wenspan se agtsteman, Simangaliso Ngozo, was egter sy span se beste speler in die wedstryd. 

    Die Blou Bulle moes aan die einde van hulle wedstryd vasklou aan sy voorsprong om die Pumas met 27-19 die loef af te steek. Die Ligbloues het teen rustyd ‘n stewige voorsprong van 15-5 opgebou. Dit was duidelik indien die Ligbloues teen die trant sou voortspeel of tot nog ‘n hoër rat sou oorskakel dat die Pumas diep in die moeilikheid sou wees. 

    Die Pumas het egter hope durf gewys en terug geveg om slegs met 20-19 agter te loop. Die Ligbloues het egter genoeg gedoen om op die ou einde as oorwinnaars van die veld te stap. Die span se agtsteman, Jared Kleynhans, het met twee van sy kraglopies oor die doellyn gebars. Die kantman Juandré Kleynhans is egter na afloop van die wedstryd vir sy vertoning as Speler van die Wedstryd aangewys. 

    Die bepalings vir Dag 2 is (26 Junie): 

    A-veld

    09:00 – Griffons vs Sharks
    10:20 – Suidwestelike Distrikte vs Goue Leeus BO
    11:40 – Vrystaat vs Valke XV
    13:00 – Valke vs Blou Bulle 
    14:20 – Boland vs Westelike Provinsie

    B-veld

    09:00 – Goue Leeus vs Luiperds
    10:20 – Oostelike Provinsie vs Pumas

    Puntemakers: 

    Valke 69 (41) – Drieë: Kevin Ngwenya (3), Chezlin Oosthuizen (2), Branden Tutubala (2), Lincoln Doman, Shelden Human, Theuns Botha, Lorenzo Thompson. Doelskoppe: Oosthuizen (6), Michael Dicks. Luiperds 10 (10) – Drieë: Lucky Tjalentjane, Amogelang Gorekwang.

    Boland 42 (14) – Drieë: William Khoba (2), Jascy-Lee Prins, Hendrik Johnson, Shadley Gertze, Marlon Thabo. Doelskoppe: Gertze (6). Suidwestelike Distrikte 7 (0) – Drie: Breyton Raubenheimer. Doelskop: Keanan Johnson. 

    Vrystaat 38 (19) – Drieë: Simangaliso Ngozo, Katlego Molete, Kitso Molefe, Luciano du Preez, Sam Goodman, Fabian van Staden. Doelskoppe: Katlego Molete (4). Goue Leeus 14 (7) – Drieë: Dylan Dowie, Medes Vangu. Doelskoppe: Dowie (2).


    Blou Bulle 27 (17) –
    Drieë: Jared Kleynhans (2), Juandré Kleynhans, Morné Ludeke. Doelskoppe: Luan Gouws, Ludeke. Strafdoel: Gouws. Pumas 19 (5) – Drieë: Ruan Geinart, JP van Wyk, Bennedict Maseko. Doelskoppe: Stephan Slabbert (2). 

    Westelike Provinsie 7 (0) – Drie: Bevan Trichardt. Doelskop: Joshua Visagie. Oostelike Provinsie 7 (7) – Drie: Abel Goeda. Doelskop: Goeda.

    Valke XV 28 (8) – Drieë: Xolani Plaatjie, Shaun van Wyk, Matthews Malema, Tiaan Richards. Doelskop: Farai Moyo. Strafdoele: Moyo (2). Sharks 21 (7) – Drieë: Dylan Conradie, Kyle Janse van Vuuren, Splelele Chamane. Doelskoppe: Janse van Vuuren (2), Anele Banda.

    Goue Leeus BO 34 (17) – Drieë: Shamiso Maseko (2), Dean Cloete, Thabo Radebe, Tristan Bester, Marcu Retief. Doelskoppe: Bester (2). Griffons 22 (10) – Drieë: Ruben Steenkamp (2), Baps Mongana, Abbey Seseane. Doelskop: Seseane. 

  • VKB-week het vanjaar ‘n nuwe geur

    VKB-week het vanjaar ‘n nuwe geur

    VKBDie VKB-week het vanjaar ‘n nuwe geur bygekry met die feit dat daar vanjaar twee weke is, ‘n stedelike en plattelandse toernooi. Die feit dat die NWU-Pukke se o.19-week gekanseleer is, het daartoe bygedra dat die organiseerders van die VKB-week in Reitz hul aanbieding moes aanpas. 

    Die plattelandse week skop Vrydag in die Oos-Vrystaatse dorp af. 

    Die Vrystaat Arende het Maandag, vir die eerste keer sedert 2004 toe hulle as kampioen gekroon was, aan die week deelgeneem. Die Arende was in ‘n klipharde stryd teen die Oostelike Provinsie gewikkel, maar het uiteindelik met 27-25 as oorwinnaars van die veld gestap. 

    Die Arende sal Dinsdag op die tweede dag van die toernooi teen sy buurman, die Griffons te staan. Die Perses is ook vir die eerste keer op die toernooi sedert 2004 in aksie. Die span het toe nog die Flaminke geheet, voordat hulle aan die NWU-Pukke se toernooi begin deelneem het. Die Griffons moes ook sweet om die Valke Suid (Vaaldriehoek) met 24-20 die loef af te steek. 

    Die Luiperds wat die afgelope paar jaar een van die voorste spanne op die VKB-week was, is sonder twyfel vanjaar weer een van die gunstelinge. Die span het met 49-32 as oorwinnaars van die veld in ‘n opwindende wedstryd teen Valke Oos gestap. Die wenspan se losskakel, Stephan van Niekerk, het sy skopstewels aangehad en al sewe sy span se drieë verdoel. 

    Die Luiperds kom op die tweede dag teen die Limpopo Blou Bulle te staan wat ook duidelik oor ‘n gedugte span beskik. Limpopo se heelagter, Zander de Ridder, het ook ‘n geleerde skopskoen en het 15 van sy span se punte in sy sege van 40-15 oor Noord-Natal aangeteken. Die wenspan se agtsteman, Vincent van Niekerk, het ook twee keer oor die Noord-Natallers se doellyn gebars. 

    Puntemakers: 

    Luiperds 49 (14) – Drieë: Zak Delport (2), Elardo Raath (2), Coetzee Potgieter, Lebo Thakolo, Louis Viviers. Doelskoppe: Stephan van Niekerk (7). Valke Oos 32 (29) – Drieë: Wernich Aucamp, David Kruger, Jeandré van Dyk, Tiaan Venter. Doelskoppe: Boshoff (3). Strafdoele: Boshoff (2). 

    Limpopo Blou Bulle 40 (19) – Drieë: Vincent van Niekerk (2), Zander de Ridder, Rudie Hattingh, Taylor du Plessis, David Human. Doelskoppe: De Ridder (2). Strafdoele: De Ridder (2). Noord-Natal 15 (5) – Drieë: Andi Niebuhr, Siza Mhlongo, DJ Koekemoer. 

    Vrystaat Arende 27 (17) – Drieë: Herman Steenkamp, Arno Pienaar, Ivan Roberts. Doelskoppe: DJ van Pletzen (3). Strafdoele: Van Pletzen (2). Oostelike Provinsie 25 (15) – Drieë: T van der Walt, Eben Lategan, Danie Kotze. Doelskoppe: G Hoffman (2). Strafdoele: Hoffman (2). 

    Griffons 24 (17) – Drieë: Ryan Davids, Craig Colby, Neo Mhlabai, Sibabalwe Sooi. Doelskoppe: Davids (2). Valke Suid 20 (8) – Drieë: M Nyirenda, R Boshoff , H Snyman. Doelskop: R Bezuidenhout. Strafdoel: Bezuidenhout. 

  • Vrystaat en Cronjé beindruk op Noordvaal Bondedag

    NewsGHermanAggenbagDaar bestaan geen twyfel na die Vrystaat o.18-rugbyspan se vertoning Saterdag tydens die Noordvaal Bondedag in die Mbombela-stadion dat hy een van die gunstelinge op vanjaar se Cravenweek sal wees nie.

    Die Vrystaters het die Goue Leeus met 41-28 in die opwindendste wedstryd van die dag verslaan. Die Leeus, wat die verdedigende nie-amptelike kampioen van die Cravenweek is, is die beste span Noord van die Vaalrivier, maar sal nog moet skaaf indien hy vanjaar weer in die hoofwedstryd wil speel.

    Die Vrystaat se slot George Cronjé het met ‘n vertoning uit die boonste rakke  seker gemaak dat die Vrystaatse keurders nie van hom vergeet nie.

    Cronjé is vroeër uit die Vrystaters se span van die Cravenweek in die Paarl weggelaat, maar moes teen die Goue Leeus vir die beseerde agtsteman, Werner Gouws, kom instaan. Gouws het sy hand gebreek en is in ‘n resies met tyd om gereed vir die Cravenweek te wees.

    Cronjé het soos ‘n vierde losvoorspeler gespeel. Hy het ‘n hele paar keer omgekeerde besit bewerkstellig en ook ‘n hele paar Leeus met duikslae hard aarde toe gebring. Hy het ook ‘n hele paar keer oor die voordeellyn met sy kraglopies gebars.

    Gepraat van kraglopies die Vrystaters se vaskopstut, Herman Aggenbag, het ‘n drie gedruk waaroor hy nog lank gaan spog. Hy het vir ‘n hele paar agterspelers hakskene gewys om ‘n lopie van ongeveer 30 meter af te rond. In die agttal was die flank De Wet Marais kliphard en het saam met die stut Jan-Hendrik Wessels die fisieke aanslag gelei.

    Die twee spanne het goed teen mekaar opgeweeg en die Vrystaat het teen rustyd ‘n skrale voorsprong van 15-14 geniet. Dit het egter nooit gelyk asof die Vrystaat die wedstryd sou verloor nie.

    Dit was veral ook die gemak waarmee die Vrystaatse agterlyn gapings in die Leeus se verdediging geïdentifiseer en uitgebuit het wat indrukwekkend was. Dit het met tye gelyk asof die Vrystaatse agterlyn skadurugby gespeel het.

    Die binnesenter, Franco Smith, het met sy verspreiding veral hier ‘n groot rol gespeel. Danksy die spasie het die heelagter, Richard Kriel, ook ‘n hele paar keer mooi aansluiting by die agterlyn gevind. Vrystaat het ook sonder sy skrumskakel, Ross Braude, gespeel. Die skrumskakel, Delano Williams, het goed agter die oond in Braude se plek vertoon.

    Vir die Leeus was sy losskakel, Declan Raubenheimer, ‘n staatmaker. Hy het die agterlyn seepglad weggestuur en ook met sy stelskopwerk beïndruk. Die senter Muzi Manyike ook tevrede met sy vertoning kan voel.

    Puntemakers:é

    Vrystaat 41 (15) – Drieë: Ian Small-Smith, Wyclef Vlitoor, Herman Aggenbag, Samkele Mzayiya, Richard Kriel, WJ Steenkamp. Doelskoppe: Zander du Plessis (4). Strafdoel: Du Plessis. Goue Leeus 28 (14) – Drieë: Ruben Westraad, Lindo Ncusane, Karel Zowitsky, Henco van Wyk. Doelskop: Declan Raubenheimer (4).

  • Sharks wys met rukke en stote wat in hul steek

    NewsGKZNBullsDie Sharks se o.18-rugbyspan sal vanjaar weer ‘n sterk aanspraakmakers wees om in die hoofwedstryd van die Cravenweek te speel. Die toernooi vindd volgende maand in die Paarl plaas.

    Die span van Durban het tydens die kleedrepetisie van die toernooi, die Noordvaal Bondedag in die Mbombela-stadion, die Blou Bulle met 25-17 die loef afgesteek.

    Die twee spanne se matrieks het twee jaar gelede in die hoofwedstryd van die Grant Khomo-week (vir o.16-spanne) kragte gemeet. Gister se wedstryd het egter nie die feit weerspieël nie.

    Die eindtelling vlei sonder twyfel die Blou Bulle poging in die wedstryd. Die Sharks was deuregans in beheer. Die span het wel nie al sy geleenthede afgerond nie. Die Sharks het heelwat geleenthede geskep en heelwat proefnemings op die aanval op die proef gestel.

    Die wenspan se losskakel, Rynhardt Jonker, het vele vrae aan die Ligbloues se verdediging gevra. Sy balverspreiding asook besluitneming was van hoogstaande gehalte. Die Sharks se SA Skole-skrumskakel, Jaden Hendrikse, was nie in aksie nie en sal ook die Cravenweek weens ‘n kniebesering misloop.

    Die flank Sibusiso Sangweni, senter Lwandile Meze asook die vleuel Siyanda Cele het blink vertonings vir die wenspan opgedis. Cele het ‘n hele paar keer die Blou Bulle se verdediging met sy vaart ontbloot.

    Die Blou Bulle het nog heelwat werk oor voor vanjaar se Cravenweek. Die span se skrumwerk asook lynstane het gelol.

    Die span se SA Skole-senter, Diego Appollis, was ook nie op sy stukke met sy twee verskynings op die veld nie. Hy sukkel egter met ‘n ligte besering, maar behoort op alle silinders tydens die Cravenweek te vuur. Indien Appollis nie op sy stukke is nie sal die Ligbloues se aanval nie veel tande agterlangs hê nie.  

    Vir die Ligbloues kan die loskopstut, Dewald Donald, asook die skrumskakel, Bernard van der Linde, tevrede met hul vertonings voel. Laasgenoemde het met sy verskyning op die veld die tempo verhoog.

    Puntemakers:

    Sharks 25 (13) – Drie: Sam Radebe, Lwandile Menze, Joe Jonas. Doelskoppe: Rynhardt Jonker, Joe Jonas. Strafdoele: Jonker (2). Blou Bulle 17 (7) – Driee: Raynard Roets, Bernard van der Linde. Doelskoppe: Regardt Roets (2). Strafdoel: Jonker.

  • Valke bo in opwindende stryd teen Griekwas op Bondedag

    NewsGWesleyNoethDie Valke se o.18-rugbyspan was met 48-47 oor sy eweknie van Griekwaland-Wes tydens die jaarlikse Noordvaal Bondedag in die Mbombela-stadion baas. Die wenspan het teen rustyd met 21-19 voorgeloop.

    Die Valke was deurgans in beheer, maar moes teen die einde vasklou om as oorwinnaars van die veld te stap. Die Poubloues se afrigters, Fillip Venter en Derik Zeelie, sal ondanks die nederlaag steeds tevrede wees met die vordering wat die span getoon het.

    Griekwas is vroeër vanjaar met 83-0 deur die Vrystaat verneder in ‘n wedstryd wat 20 minute vroeg gestop was. Die Poubloues het Saterdag nooit gaan lê nie en kon gewen het, indien hy meer van die geleenthede benut het wat na sy kant toe gekom het.

    Die Valke beskik vanjaar seker oor sy beste span sedert 2004 toe Louis Ludik en Francois Uys lede van die span was. Transvalia van Vanderbijlpark tel onder die voorste tien spanne in die land en alhoewel EG Jansen sover vanjaar warm en koud gewaai het, is hulle nooit ‘n span om te onderskat nie.

    Die Valke se voorbereiding sou wel negatief die week beinvloed gewees het. Die span se een afrigter Jaco Kok het vroeër ‘n hartaanval gehad, maar sterk reeds by die huis aan.

    Die Valke se heelagter, Zeilinga Strydom, het met ‘n paar lopies vanuit die laaste vesting gewys dat hy fyn dopgehou moet word. Die skrumskakel, Dewald Strydom, se aangeewerk tel onder die beste op skoolvlak in Suid-Afrika.

    Voorlangs het die kaptein en agtsteman, Wesley Noeth, en haker Raynardt Nel goed vertoon. Noeth wat ‘n driekuns aan driee behaal het, voer ook die Valke aan.

    Griekwas se Cole Arnoldus (senter) en Jacques Marthinus (heelagter) het met tye goeie goed gedoen. Arnoldus het amper twee drieë agter sy naam gehad. Hy het vroeg in sy span se terugvegpoging terwyl hy die doellyn oorgesteek het die bal aangeslaan.

    Die Poubloues se flank SJ Oberholzer het ook gewoel in die los en ook met sy stelskopwerk beïndruk.

    Puntemakers: 

    Valke 48 (21) – Drieë: Wesley Noeth (3), Zian de Jager, Zeilinga Strydom, Raynardt Nel, Dian Coetzee, Daniel Keyser. Doelskoppe: De Jager (4). Griekwaland-Wes 47 (19) – Drieë: Godwill Romain, Handre Bruwer, Cole Arnoldus, Marco van der Merwe, Henro Kotze, Jacques Marthinus, Linton Maritz. Doelskoppe: SJ Oberholzer (6).

  • Harde werk le nog voor vir Pumas en Limpopo Blou Bulle

    NewsGJasonMulderDie Pumas se o.18-rugbyspan het in ‘n onaanskoulike hoofwedstryd van die jaarlikse Noordvaal Bondedag in die Mbombela-stadion in Nelspruit die Limpopo Blou Bulle met 13-8 die loef afgesteek.

    Daar was nie baie hoogtepunte in die wedstryd was grootliks uit ‘n los getjommel bestaan het. Albei die spanne se afrigters het nog baie werk wat voorlê voor hulle vir hul eerste wedstryde aantree volgende maand tydens die Cravenweek in die Paarl.

    Die feit dat dit albei spanne se eerste wedstryde was moet ook in ag geneem word. Die vele hanteerfoute asook die verkeerde besluitnemings wat tydens die wedstryd geneem is, kan dalk grootliks daaraan toegeskryf word.

    Die eerste drie van die wedstryd is na amper ‘n uur se spel gedruk toe die Pumas se kantman Juandré Odendaal oorgeval het. Die wenspan het teen lemoentyd ‘n voorsprong van 6-3 geniet danksy twee strafdoele deur sy losskakel, Coenraad Visser.

    Visser was sonder twyfel die uitstaande speler in die wedstryd. Hy het vir die enigste opwindende oomblikke in die eerste helfte gesorg met ‘n paar skerp breekslae. Hy beskik ook oor hope vaart en kan ‘n hele paar spanne se verdediging onverhoeds tydens die Cravenweek betrap.

    Die Pumas het ‘n tawwe eerste wedstryd teen die Westelike Provinsie wat op hulle wag. Dié wedstryd is die hoofwedstryd van die eerste dag van die gesogte toernooi.

    As daar een speler van die verloorspan is, wat sy kop omhoog kan hou na die nederlaag is dit die slot Dewan Deysel. Hy het deurgans hard gewerk en nooit moed opgegee nie.

    Die Limpopo Blou Bulle behoort egter ‘n veel gedugter span te wees indien die afrigters die spelers as ‘n eenheid kan saamsnoer. Frikkie Meyer van Thabazimbi en Ben Vorster van Tzaneen het albei vanjaar spanne wat saam met meeste spanne saam kan gesels.

    So met die gehalte van die spelers skort daar nie veel nie, dit is om hulle as ‘n span saam te snoer.

    Puntemakers:

     

    Pumas 13 (6) – Drie: Juandré Odendaal. Doelskop: Coenraad Visser. Strafdoel: Visser. Limpopo Blou Bulle 8 (3) – Drie: Anthony Brand. Strafdoel: William Thulare.