SSPN Test Site

Blog

  • School of Rugby Rankings – 14 May 2018

    School of Rugby Rankings – 14 May 2018

    SORThere’s not alot of movement on School of Rugby’s latest rankings at least not within our Top 10. 

    The biggest upset and shaker of our rankings was Waterkloof who shocked Monument by 28-26 in their Premier Interschools’ clash by 28-26. Monnas dropped a place to seventh with Transvalia taking up the sixth spot after beating Helpmekaar (23-20) in their opening game of the Virsekerbeker. 

    Grey College and Paul Roos Gimnasium occupies the top two spots and stayed unbeaten with victories over Selborne College (62-22) and Diocesan College (44-21) respectively over the weekend. The defeat against Paul Roos was Bishops’ first of 2018. 

    Please note that we don’t take matches against international opposition into consideration in our rankings. These games will however still be recorded and shown in our results. This rankings is not an official ranking as there is no official ranking on schoolboy level and this is only to get the discussion on school rugby on South Africa flowing.We however take our responsibilty on reporting school rugby very seriously.

    Please note that we don’t take matches against international opposition into consideration in our rankings. These games will however still be recorded and shown in our results. This rankings is not an official ranking as there is no official ranking on schoolboy level and this is only to get the discussion on school rugby on South Africa flowing. We however take our responsibilty on reporting school rugby very seriously.

    To see each team’s results so far this season click on their name in the rankings. If you see any results missing please don’t hesitate to contact Hannes Nienaber via e-mail on hannes@schooolofrugby.co.za – and please feel free to discuss and differ from us in the comments section.

    The Rankings: 

    # School Played Won Drawn Lost Points F Points A
    1 Grey College 7 7 0 0 331 126
    2 Paul Roos Gimnasium 9 9 0 0 557 105
    3 Paarl Gimnasium 9 8 0 1 384 209
    4 Glenwood 9 9 0 0 350 123
    5 Paarl Boys’ High 5 4 0 1 209 104
    6 Transvalia 10 8 1 1 538 167
    7 Monument 11 7 1 3 447 258
    8 Oakdale Landbou 5 5 0 0 216 101
    9 Garsfontein 12 9 0 3 461 348
    10 Menlopark 9 6 0 3 289 227
    11 Affies 6 3 0 3 159 121
    12 Selborne College 11 8 0 3 374 166
    13 HTS Drostdy 12 9 0 3 380 285
    14 Boland Landbou 8 3 0 5 274 206
    15 Hilton College 8 8 0 0 203 114
    16 Welkom Gimnasium 12 9 0 3 417 182
    17 Wynberg Boys’ High 8 6 0 2 312 159
    18 Grey High School 10 7 0 3 364 196
    19 Diamantveld 8 6 0 2 242 154
    20 Jeppe High School 10 9 0 1 315 181
    21 Outeniqua 6 2 0 4 129 171
    22 St Andrew’s College 7 7 0 0 197 102
    23 Helpmekaar 7 5 0 2 223 130
    24 Diocesan College 7 6 0 1 232 92
    25 Waterkloof 8 3 0 5 147 332
    26 SACS 7 4 0 3 169 183
    27 Durban High School 10 7 0 3 283 169
    28 EG Jansen 9 4 0 5 282 328
    29 Rustenburg 9 6 0 3 280 207
    30 Stellenberg 9 4 0 5 332 224

     

    Boland Landbou – 2018

  • Kearsney Old-Boy James Miller selected for Scotland u20 World Cup team

    NewsGJamesMillerJames Miller, who matriculated at Kearsney College in 2016, has been selected as a back-row forward for Scotland, to play in this month’s 2018 World Rugby U20 Championships.

    James Miller, who matriculated at Kearsney College in 2016, has been selected as a back-row forward for Scotland, to play in this month’s 2018 World Rugby U20 Championships. James plays for Watsonians, based in Edinburgh, and has also represented Scotland at U19 level.

    Whilst at school, James played for Kearsney’s 1st XV for two years and was also selected for the KZN Craven Week team in 2016.

    The World Rugby U20 Championship takes place between 30 May and 17 June and is being hosted by France this year.  Venues at which games will be played are the Stade Aimé Giral in Perpignan, Stade de la Méditerranée in Béziers and the Stade d’Honneur du Parc des Sports et de l’Amitié in Narbonne.

    Twelve nations will be participating, including South Africa, last year’s champions New Zealand and new comers Japan.

  • Virsekerbeker – Afdeling 1 – Plaat 2018

    Virsekerbeker – Afdeling 1 – Plaat 2018

    PUNTESTAND: 

    # Span Gespeel Wen Gelyk Verloor Punte V Punte T Drieë V Drieë T Punte
     1 Eldoraigne 4 3 1 51 20     16
     2 Marais Viljoen 4 3 0 1 46 17     15
     3 Rustenburg 3 2 0 1 29 26      
     4 Kempton Park 3 2 0 1 17 46      
     5 Noordheuwel 2 2 0 0 20 51      
     6 Zwartkop 4 1 0 3 26 29      
    7 Centurion 3 0 0 3         2
    8 Montana 3 0 0 3         1

    UITSLAE EN PUNTEMAKERS:

    12 Mei 2018
    Hoërskool Rustenburg 46 Montana 17
    Drieë: Gustav van Staden (2), De Wet Botha, Estian Heynecke, Jacques de Witt, Arno Strydom, Owen Bestbier, Marco Henning. Doelskoppe: Heynecke (3). Drieë: Franco Stassen, Daniel Pautz. Doelskoppe: Thys Loubser (2). Strafdoel: Loubser.
    Eldoraigne 51 (18) Centurion 20 (10)
    Drieë: Shane Bolton (2), Lo-an Marx (2), Henry Kruger, Wickus van der Merwe, Divan Bezuidenhout. Doelskoppe: Hilton Olivier (4). Strafdoele: Bolton (2). Drieë: MJ van Dyk, Zander Louw, Jacques Peens. Doelskop: Ethan Wentzel. Strafdoel: Wentzel.
    Marais Viljoen 29 Zwartkop 26
    Drieë: Austin Nepgen (2), Luke Jonker, Roberto Torres, Derik van Zyl. Doelskoppe: Jonker (2). Drieë: Phineas Zitha, Quintus de Britney, Wian Meads. Doelskop: Damian Rabie. Strafdoele: Rabie (3).
    19 Mei 2018
    Eldoraigne 37 Zwartkop 24
    Drieë: Wikus van der Merwe, Divan Immelman, Hilton Olivier, Lo-An Marx. Doelskoppe: Olivier (2), Jason Prinsloo (2). Strafdoele: Prinsloo (2), Olivier. Drieë: Phineas Zitha (2), Kyle van Deventer. Doelskoppe: Damian Rabie (3). Strafdoel: Rabie.
    Kempton Park 24 Montana 18
    Drieë: Marcel Theunissen, Dylan Samuels, Lee Enslin, Zandré van Rooyen. Doelskoppe: Ruben Fullard (2). Drieë: Thys Loubser, Barend Stander. Doelskop: Loubser. Strafdoele: Loubser (2).
    Noordheuwel 25 Marais Viljoen 22
    Drieë: Drieë:
    26 Mei 2018
    Zwartkop 20 Hoërskool Rustenburg  19
    Drieë: Quintus de Bruyn, Niel van der Merwe. Doelskoppe: Damian Rabie (2). Strafdoele: Rabie (2). Drieë: Gustav van Staden, Jacques de Wit, Altus Grobbelaar. Doelskoppe: Estian Heynecke (2).
    Eldoraigne 14 Kempton Park 12
    Drie: Barend Bezuidenhout. Strafdoele: Jason Prinsloo (3).   
    Marais Viljoen 43 Centurion 41
       
    2 Junie 2018
           
           
           
           
           
           
           
           
           
           

  • Ben Vorster slag Florida af, terwyl Oos-Moot ook spiere bult

    Ben Vorster slag Florida af, terwyl Oos-Moot ook spiere bult

    NewsGBenVorsterDie eerste rugbyspan van Ben Vorster in Tzaneen het vir Florida verrompel in sy tweede  in vanjaar se Virsekerbeker se Skild-afdeling om ‘n vroeë waarskuwing aan die ander spanne in die kompetisie te stuur. Die Vossies het die kragmeting met 93-12 gewen. 

    Die span se buitesenter, Christiaan Smit, het drie keer die besoekers se doellyn oorgesteek. Hy was verwoestend met die bal in die hand. Die heelagter, Jason Mulder, het ook elke keer wat hy ‘n aanval vanuit die laaste vesting geloots het, gevaarlik gelyk. Hy het sy tweestryd teen Florries se Cravenweek-heelagter, Tino Swanepoel, gewen. 

    Voorlangs het die haker, Shaun Mulder, en agtsteman, Thapelo Ramoshaba, uitmuntend vertoon. Mulder het veral op verdediging ‘n paar manne in hul spore gestuit, terwyl Ramoshaba in die vastelos gewoel het. 

    Die Hoërskool Pietersburg het sy aanslag in die Skild-kompetisie met ‘n sege van 27-20 oor Jeugland van Kemptonpark afgeskop. Die span se losskakel, Zander de Ridder, het sy skopskoen aangehad en 12 van sy span se punte aangeteken. 

    Oos-Moot gaan ook nie sommer vanjaar gekarnuffel word nie. Die span van Pretoria het Hugenote van Springs met 63-3 afgeslag. 

    Sy woelige haker, Eduan Swart, het drie keer oor Hugenote se doellyn na kraglopies gebars. Die heelagter, Jaco Kok, en die skrumskakel, Marco Vorster, het elk ook dubbelle driedruk-plesier ervaar. Die losskakel, Christo Bornman, is ‘n skerpskutter wat al nege sy span se drieë verdoel het. 

    In die herontmoeting van verlede Saterdag se eindstryd van die NWU-Pukke se Prestige-reeks het Lichtenburg naelskraaps met 3-0 oor die Hoërskool Middelburg geseëvier. Die punteverskil in die eindstryd was ook drie punte in Lichtenburg se guns met die eindtelling wat toe op 20-17 te staan gekom het. Die enigste punte is in die tweede helfte deur ‘n strafdoel van die skopskoen van Ryan Burger aangeteken. 

    Puntemakers: 

    Hoërskool Lichtenburg 3 (0) – Strafdoel: Ryan Burger. Hoërskool Middelburg 0

    Hoërskool Pietersburg 27 – Drieë: Franco du Plessis, Ruan van Tonder, Schalk Potgieter. Doelskoppe: Zander de Ridder (3). Strafdoele: De Ridder (2). Jeugland 20 – Drieë: Deniro van der Walt, Wian Calitz. Doelskoppe: Jayden Boshoff (2). Strafdoele: Boshoff (2).

    Ben Vorster 93 (40) – Drieë: Christiaan Smit (3), Jason Mulder (2), Ferrol Harmse (2), Thapelo Ramoshaba (2), CJ Erasmus, Shima Molepo, Zian van den Heever, DJ du Preez. Doelskoppe: Du Preez (6), Van den Heever (2), Erik Meintjies. Florida 12 (5) – Drieë: Tino Swanepoel, Morné van Jaarsveld. Doelskop: Swanepoel.

    Oos-Moot 63 – Drieë: Eduan Swart (3), Jaco Kok (2), Marco Vorster (2), JP van der Meulen, Ruan Bezuidenhout. Doelskoppe: Christo Bornman (9). Hugenote (Springs) 3 – Strafdoel: Derik Biermann.

    Ander spanne: 

    o.16: Middelburg 34, Lichtenburg 30; Jeugland 68, Pietersburg 5; Ben Vorster 99, Florida 13; Oos-Moot 27, Hugenote 23.

    o.15: Lichtenburg 15, Middelburg 0; Pietersburg 15, Jeugland 12; Florida 24, Ben Vorster 22; Oos-Moot 19, Hugenote 10.

    o.14: Middelburg 52, Lichtenburg 5; Jeugland 29, Pietersburg 17; Ben Vorster 38, Florida 31; Oos-Moot 33, Hugenote 5.  

  • Gimmies stoom voort in die Griffon-liga

    NewsGKekeMorabeOnthou maar gerus die naam van Keke Morabe. 

    Die agtsteman van Welkom Gimnasium het Saterdag ‘n driekuns aan drieë in sy span se sege van 52-7 oor die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad in die Leeukuil in Kroonstad behaal. Gimmies moes veel harder vir die sege werk as wat die telling vertel. Die span van Welkom het teen rustyd ‘n voorsprong van 19-0 opgebou. 

    Morabe kan indien hy op sy vertonings sover vanjaar voortbou homself later vanjaar in die Suid-Afrikaanse Skole-span bevind. Hy is ‘n sterk baldraer en speel ‘n belangrike rol in Gimmies se spelpatroon. Vir Rooiskool het sy twee flanke, Franna van Niekerk en Bertus Deetlefs, goeie vertonings gelewer. 

    Gimmies in ongetwyfeld na slegs drie rondes van die Griffon-liga die volslae gunsteling om as kampioen gekroon te word. Die span se aanslag het wel ‘n reuse terugslag in Kroonstad beleef. Die span se haastige vleuel Marno April het ‘n kraak in sy tibia opgedoen en sal vir ‘n ruk slegs die spel van die kantlyn af kan dophou. 

    Goudveld-Hoërskool se binnesenter, Dylan Smith, was aan die voorpunt van sy span se sege van 31-14 oor Voortrekker van Bethlehem. Smith het nie net twee keer op sy span se tuisveld die doellyn oorgesteek nie. Sy verdediging was rotsvas en hy het telkens gapings in die Trekkers se verdediging gevind. 

    Voorlangs het die agtsteman, SJ Eloff, sy span op die voorvoet met ‘n hele paar kraglopies gekry. 

    Witteberg moes hard werk om Wilgerivier van Frankfort met 15-12 die loef af te steek. Die grondslag vir die sege is voorlangs deur die Wittes gelê. Dit was veral die stut Matthew Meyer, flank Marnus Nel en die agtsteman, Werner van der Berg, wat met hul spel vir die wenspan beïndruk het. 

    Puntemakers:

    Welkom Gimnasium 52 (19) – Drieë: Keke Morabe (3), FC du Plessis, Keith van Aswegen, Ryan Davids, Jaime Heyns, Husain Banzi. Doelskoppe: Du Plessis (6). AHS Kroonstad 7 (0) – Drie: Valie Wiggens. Doelskop: Marcell Binnedell.

    Goudveld-Hoërskool 31 (12) – Drieë: Dylan Smith (2), SJ Eloff, Craig Colby, Mpho Makata. Doelskoppe: Leonard Jacobs (3). Voortrekker 14 (7).

    Witteberg 15 (7) – Drieë: Mpho Nsutle, Werner van der Berg. Doelskop: Barend Jonker. Strafdoel: Jonker. Wilgerivier 12 (0) – Drieë: Juan Jordaan, Rhuan Niemand. Doelskop: Kobus Hattingh.

  • Western Cape Results – 12 May 2018

    NewsGJasonJansenPaul Roos Gimnasium kept their unbeaten record intact by defeating Bishops by 44-21 on Piley Rees in Cape Town. Bishops however made them work hard in the first half going into half-time with a 14-13 lead. 

    Paul Roos’ tighthead prop, Hanru Jacobs, scored a hat-trick of tries as his side gained control in the second half. This was the team from Stellenbosch’s eigth successive victory over Bishops. 

    Paarl Gimnasium proved too strong for Rondebosch Boys’ High as they easily cruised past them by 69-28. Eighthman, Juan Wilson, flanker Pierich Siebert, lock Mark Etzebeth and fullback, Tiaan Swanepoel, all managed a brace of tries as Gimmies ran 11 tries past Rondebosch. 

    SACS came out on top by 17-13 against Durbanville in a closely contested match. Wynberg Boys’ High managed to defeat Grey High School in Port Elizabeth in an exciting match by 36-33. Boland Landbou also traveled to the Friendly City, but lost against Framesby (20-34) who only returned from the Sanix Festival in Japan on Thursday. 

    Outeniqua’s season is starting to build some momentum as they defeated Stellenberg by 31-22 in the Tommie Smook Stadium in George. The Kwaggas is usually a team that gets better as the season progresses.

    Scorers: 

    Western Province

    Paarl Gimnasium 69 (24) – Tries: Juan Wilson (2), Pierich Siebert (2), Mark Etzebeth (2), Tiaan Swanepoel (2), Stravino Jacobs, Dawid Kellerman, Dean Nieuwoudt. Conversions: Charl Janson (7). Rondebosch Boys’ High 28 (21) – Tries: Dalvon Blood (2), Conor van Eeden, Jaco Barnard. Conversions: Ross Stone (4).

    Paul Roos Gimnasium 44 (13) – Tries: Hanru Jacobs (3), Juan Mostert, Kade Wolhuter, Jan-Corrick van der Watt. Conversions: Wolhuter (4). Penalties: Wolhuter (2). Diocesan College 21 (14).

    SACS 17 (7) – Tries: Lukhanyo Gqokomo, Mathew Hayes, Cameron Abegglen. Conversion: Dean Reich. Durbanville 13 (3) – Try: Juan Mouton (flank). Conversion: Juanré de Klerk. Peanlties: De Klerk (2).

    Bellville 26 (7) – Tries: Xavier Adams (2), Thomas Booker, Elihano Kleynhans. Conversions: Deuvajio Solomons (3). Brackenfell 20 (10) – Tries: Jade-Lee Andreas, Jamie Lynas, Arno Wolvaardt, Dillon Fouché.

    Strand 36 (17) – Tries: Girshon September, Dowayne Swartz, Dylan de Wit, Hackuum Jansen, Oren Renoster. Conversions: Chesswille Schamboua (4). Peanlty: Schamboua. De Kuilen 0.

    Tygerberg 61 (28) – Tries: Edja de Meyer (2), Rayden Phillips (2), Shaun Gordon, Dian Basson, Liam Tattersall, Wian Meyer, Josef Uys. Conversions: Chrisholm September (8). Monument Park 6 (6) – Penalties: Branden Pretorius (2).

    HTS Bellville 8 (8) – Try: Jaycee Lakey (senter). Penalty: Chantley Beukes. Somerset College 3 (3) – Penalty: Ben van Schalkwyk.

    Melkbosstrand 15 (12) – Tries: Hakeem Adams (2). Conversion: Thazwon Februarie. Penalty: Februarie. Fairmont 10 (10) – Try: Greg Hierse. Conversion: Joshua Geyser. Penalty: Geyser.

    Westerford 22 (12) – Tries: Yousuf Isaacs (2), Sam Pottinger, Mikaeel Arnold. Conversion: Isaacs. Edgemead 21 (7) – Drieë: James Nash, Matt Nash, Benny Tyumre. Conversions: Xabiso Sono (3).

    Vishoek 15 (5) – Tries: Steven Barnard, Dave Redelinghuys. Conversion: Arnold Bunu. Penalty: Bunu. Tygerberg RFC 5 (0) – Try: Nevo Jantjies.

    Table View 16 (9) – Try: Ethan Gordon. Conversion: Matthew de Allende. Penalties: De Allende (3). Fairburn College 14 (11) – Try: Sishada Malopo. Penalties: Jude Solomons (3).

    Bosmansdam 30 (14) – Tries: Matheo Adams (2), Corné Wessels.. Conversions: Aiden Wessels (3). Penalties: Aiden Wessels (3). Camps Bay 15 (0) – Tries: Zahays Bass (2), Tyrese Coetzee.

    Other Results:

    u19A: Jan van Riebeeck 17, HS Stellenbosch 31; President 10, Schotsche Kloof.Walmer-klub 33; The Settlers 38, Hottentots-Holland 25.

    u19B: Rondebosch 0, Paarl Gim 50; Bishops 0, Paul Roos 60; SACS 24, Durbanville 19; HS Bellville 0, Brackenfell 33; HS Strand 34, De Kuilen 12; Monumentpark 5, HS Tygerbergb 5; Fairmont 5, Melkbosstrand 5; Edgemead 30, Westerford 10; Vishoek 26, Tygerberg-klub 5; Table View 5, Fairbairn 22; President 7, SK/Walmer-klub 22; The Settlers 20, HHH 24.   

    u16A: Rondebosch 10, Paarl Gim 27; Bishops 30, Paul Roos 10; SACS 17, Durbanville 3; HS Bellville 21, Brackenfell 21; HS Strand 46, De Kuilen 12; Monumentpark 3, HS Tygerberg 35; Somerset College 12, HTS Bellville 14; Fairmont 12, Melkbosstrand 17; Vishoek 25, Tygerberg-klub 5; Table View 12, Fairbairn 29; Bosmansdam 7, Camps Bay 34; President 12, SK/Walmer-klub 10; The Settlers 17, HHH 5. 

    u15A: Rondebosch 15, Paarl Gim 22; Bishops 29, Paul Roos 29; SACS 7, Durbanville 21; HS Bellville 7, Brackenfell 14; HS Strand 5, De Kuilen 22; Monumentpark 3, HS Tygerberg 35; Somerset College 24, HTS Bellville 15; Fairmont 10, Melkbosstrand 10; Edgemead 33, Westerford 14; Vishoek 22, Tygerberg-klub 22; Table View 0, Fairbairn 41; Bosmansdam 5, Camps Bay 22; President 7, SK/Walmer-klub 15; The Settlers 26, HHH 22).   

    u14A: Rondebosch 0, Paarl Gim 37; Bishops 12, Paul Roos 12; SACS 15, Durbanville 28; HS Bellville 15, Brackenfell 22; Strand 27, De Kuilen 0; Monumentpark 7, HS Tygerberg 21; Somerset College 12, HTS Bellville 5; Fairmont 10, Melkbosstrand 15; Edgemead 27, Westerford 10; Vishoek 45, Tygerberg-klub 5; Table View 0, Fairbairn 48; Bosmansdam 20, Camps bay 15; President 26, SK/Walmer-klub 5; The Settlers 14, HHH 22.

    Boland

    Hugenote 26 (7) – Tries: Marno Dirks, Brent Manuel, Franco van Zyl, Keanu Adams. Conversions: Freddie Mowers (2), Manuel. Worcester Gimnasium 21 (8) – Tries: Wilbur Steenkamp, Fernill Moses. Conversion: Ussiëll Langeveldt. Penalties: Langeveldt (3).

    Charlie Hofmeyr 18 – Tries: John-Lee Scholtz, Granville Mabasa. Conversion: Kyle Hofmeester. Penalties: Hofmeester (2). Swartland 15 – Tries: Draigh Schierhout, Stehan Swanepoel. Conversion: Ethan Diston. Penalty: Diston.

    Hermanus 57 (33) – Tries: Aphelele Madaka (3), J’hanco Botha (2), Lionel April (2), Marco Muller, Earl Bruintjies. Doelskoppe: April (6). Parel Vallei 12 (7) – Tries: Gethin Joseph, Leonard de Leeuw. Conversion: Jan Rademan.

    Calvinia 13 (6) – Try: Wian Brundyn. Conversion: Handré van Zyl. Penalties: Van Zyl (2). Vredendal 10 (3) – Try: Pierre Nel. Conversion: Theunis Nel. Penalty: Theunis Nel.

    Hopefield 52 – Tries: Cole Witbooi (3), Nathan Engelbrecht, Wiehan le Roux, Gregan Papier, Steven March, Neil Lochner. Conversions: Engelbrecht (6). Vredenburg 7 – Try: Antonie van Wyk. Conversion: Van Wyk.

    Bredasdorp 36 (10) – Tries: Tinus van Zyl (2), Jurie de Kock (2), Lucien Snyman. Conversions: Antonio Vywer (4). Penalty: Vywer. Labori 26 (20) – Tries: Logan van Neel (2). Conversions: Jaydrien Coert (2). Penalty: Coert (4).

    Overberg 43 – Tries: Faizel Peters (2), Danel Franse (2), Dawie du Toit, Junior Redelinghuys, Renaldo Matthee. Conversions: Jaco Conradie (4). Swellendam 28.

    Schoonspruit 38 – Tries: Alberto Damon (3), Connor Mahoney. Conversions: Damon, Mahoney, Caylo Markus. Penalties: Markus (4). Piketberg 17 – Tries: Jaco Strijdom (2), Kobus Brand. Conversion: Louis Bester.

    Other Results:

    u19A: Porterville 35, Bella Vista 17; Landbougimnasium Augsburg 19, Dirkie Uys 31; HS Langenhoven 13, Montagu 13; Louwville 14, Weston 15; Paulus Joubert 23, Kylemore 5; Klein Nederburg 36, Bergrivier 18; Bredasdorp 10, Groenberg 10; Vredendal 19, Clanwilliam Sek. 7.  u

    19B: Worcester Gim 23, Hugenote 20; Charlie Hofmeyr 21, Swartland 21; Hermanus 24, Parel Vallei 10; Bredasdorp 28, Labori 10; Hopefield 41, Porterville 18. 

    u16A: Worcester Gim 24, Hugenote 5; Charlie Hofmeyr 46, Swartland 12; Hermanus 22, Parel Vallei 15; Hopefield 24, Vredenburg 7; Bredasdorp 15, Labori 7; Hopefield 48, Porterville 12. 

    u15A: Worcester Gim 10, Hugenote 5; Charlie Hofmeyr 12, Swartland 15; Hermanus 8, Parel Vallei 26; Hopefield 10, Vredenburg 11; Bredasdorp 55, Labori 0; Hopefield 24, Porterville 7. 

    u14A: Worcester Gim 5, Hugenote 17; Charlie Hofmeyr 75, Swartland 0; Hermanus 64, Parel Vallei0; Hopefield 49, Vredenburg 26; Bredasdorp 45, Labori 0.

    SWD

    Outeniqua 31 – Tries: Bennett Nortje, Elden Lotz, Darren Fortuin, Herschelle Otto. Conversions: Fortuin (4). Penalty: Fortuin.  Stellenberg 22 – Tries: Jason Jansen, Nahum Johannes, Conwill Conradie. Conversions: Nivan Petersen (2). Penalty: Petersen.

    Other Results:

    u16: Outeniqua 48, Stellenberg 14.

    u15: Outeniqua 40, Stellenberg 5.

    u14: Stellenberg 17, Outeniqua 15.

  • Eerste skote in Virsekerbeker behoort aan Nellies, Garsies en Transvalia

    Eerste skote in Virsekerbeker behoort aan Nellies, Garsies en Transvalia

    31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

    NewsGTiaanduPlessisNelliesDie eerste skote in die Virsekerbeker se Beker-afdeling het Saterdag het geklap en dit is duidelik dat vanjaar se reeks van die strafstes nog in die geskiedenis sal wees. 

    Transvalia het nie op alle silinders gevuur nie en moes sodoende hard sweet op Helpmekaar-kollege met 23-20 te klop. Die span van Vanderbijlpark se slot Thabang Mholasi was ‘n groot doring in Helpies se vlees. Sy drie was ook een van die hoogtepunte van die kragmeting. 

    Transvalia het voorlangs die oorhand gehad wat die grondslag vir sege gelê het. Vir Helpies was sy haker, Ricardo van der Merwe, asook sy flank Alex Skudder uitmuntend.

    Die Hoërskool Garsfontein se Turkoois Bere het die moeilike taak gehad om sy aanslag op die titel in Middelburg teen HTS Middelburg af te skop. Garsies het die tweestryd uiteindelik met 46-29 gewen, maar maklik was dit nie. 

    HTS Middelburg se Rooi Bulle het met vuur en vlam weggespring en vroeg ‘n voorsprong van 12-0 opgebou. Garsies kon vir die eerste keer in die 27ste minuut die voorsprong neem toe sy flank Johandré Buitendag oor die doellyn gebars het.

    Teen rustyd het Garsies ‘n skrale voorsprong van 19-17 geniet. Die wenspan se haker, Ricardo Botha, het sy beste vertoning nog in ‘n Garsie-trui opgedis en is ook vir sy goeie spel met twee drieë beloon. Garsies se SA Skole-senter, Diego Appollis, het gewys hoekom hy so hoog aangeslaan word. 

    Appollis het goeie ondersteuning van die heelagter, Juandré Scheepers, en losskakel, Campwill Willemse, gekry. Willemse het later in die kragmeting ook in die laaste vesting diens gedoen. 

    In Mbombela het die Hoërskool Nelspruit met ‘n skitterende terugvegpoging op sy tuisveld teen EG Jansen van Boksburg vorendag gekom om uiteindelik met 34-28 as oorwinnaars van die veld te stap. Die besoekers van Boksburg het teen lemoentyd ‘n voorsprong van 25-15 geniet. 

    EG Jansen se enigste punte in die tweede helfte was ‘n strafdoel deur sy losskakel, Aurelio Philander. Nelspruit se losskakel, Tiaan du Plessis, het nie ‘n goeie dag met die skopskoen beleef nie. Nie een van die Rhinos se vyf drieë is verdoel nie. 

    Nelspruit het sy geleenthede om drieë te druk goed benut en die regtervleuel, Anton van Eijk, het drie keer Jansies se doellyn oorgesteek. Hy en die plaasvervanger-losskakel, Timothy Townsend, het blink vertonings opgedis. Die skrumskakel, Riandré van der Merwe, verdien ook ‘n klop op die skouer vir sy spel. 

    Voorlangs het die flank Devon Nell meer as sy kant gebring. Die Jansies gaan nog gebuk onder die beseringspook wat hom tydens die Wildeklawer-toernooi in Kimberley getref het. Die span moet dus nie vir die res van die reeks onderskat word nie.

    Puntemakers: 

    Transvalia 23 (11) – Drieë: Ryan Nell, Dewald Strydom, Thabang Mholasi. Doelskop: Zian de Jager. Strafdoele: De Jager (2). Helpmekaar 20 (8) – Drieë: Dean Potgieter, Francois Scholtz, Ricardo van der Merwe. Doelskop: Tiaan Botes. Strafdoel: Botes.

    Garsfontein 46 (19) – Drieë: Ricardo Botha (2), Diego Appollis (2), Johandré Buitendag, Juandré Scheepers, Campwill Willemse, Jayden Visagie. Doelskoppe: Keagan Johannes (3). HTS Middelburg 29 (17) – Drieë: Zhander Briedenhann, Ricardo Schonveldt, MC Kuhn, Edwin Till, Damon Grobler. Doelskoppe: Schonveldt, Tjaart Kruger.

    Hoërskool Nelspruit 34 (15) – Drieë: Anton van Eijk (3), Stefan Smit, Estian Schroeder. Strafdoele: Timothy Townsend (2), Tiaan du Plessis. EG Jansen 28 (25) – Drieë: Kyle Potgieter (2), Dylan Schwartz, Darren Timmens. Doelskop: Aurelio Philander. Strafdoele: Philander (2). 

    Ander spanne: 

    o.16: Helpmekaar 22, Transvalia 7; Garsfontein 20, HTS Middelburg 15; EG Jansen 40, Nelspruit 12.

    o.15: Helpmekaar 26, Transvalia 0; HTS Middelburg 32, Garsfontein 13; Nelspruit 20, EG Jansen 7.

    o.14: Helpmekaar 15, Transvalia 8; HTS Middelburg 25, Garsfontein 19; Nelspruit 24, EG Jansen 24.

    FOTO: Johan Orton

  • Framesby skud vlugflouheid en Boland Landbou af

    FOTO: Marnus van WykIndien enige van Suid-Afrika se seniorspanne wil weet hoe om vlugflouheid teen te werk, kan hulle gerus by Framesby in Port Elizabeth gaan kers opsteek.

    Framesby het gister vir ‘n opskudding gesorg toe hy vir Boland Landbou in die Baai met 34-20 getroef het. Die tuisspan het eers Donderdag van die Sanix-toernooi in Japan na Suid-Afrika teruggekeer en dit was veral sy losskakel, Juandre Liebenberg, wat met sy taktiese skopskoen die Ruiter van die Baai se windjie was.

    Liebenberg en sy skakelmaat, Andre Gerber, het spel dikteer en gesorg dat hul span met ‘n voorsprong van 17-6 gaan rus het, met die vooruitsig om met die wind in hul blaaie die tweede helfte te pak.

    Framesby het vyfde in die toernooi in Japan geeindig, na hy in die kwarteindronde deur die uiteindelike kampioen, Ratu Kadavulevu van Fidji, met 14-7 uitgeskakel is. Die span van Fidji het Nieu-Seeland se Hastings Boys’ High met 35-5 in die eindstryd gekarnuffel.

    Grey-kollege was op sy tuisveld in die Rosestad te sterk vir Selborne College met 62-22. Die span van Oos-Londen het egter nooit moed opgegee nie.

    Grey se plaasvervanger-skrumskakel, Ross Braude, het gewys dat hy slaggereed is om weer die nr. 9-trui te dra na hy daarvan weens ‘n besering afstand moes doen. Braude het twee keer die doellyn oorgesteek na hy op die veld verskyn het en het glad nie verroes voorgekom nie.

    Die wenspan se agtsteman, Werner Gouws, is ‘n sterke derduiwel. Hy het Selborne voorlangs probleme met sy fisieke spel gegee. Vir die besoekers verdien die heelagter, Siba Xamlashe, lof.

    ‘N Lang wag van drie jaar is verby vir Diamantveld se afrigter, Jaco Dames. Hy kon gister uiteindelik die soet geur van ‘n sege oor sy skool se aartsvyand, Noord-Kaap, proe. Diamonds was met 22-16 baas.

    Diamonds se beste speler op die dag was ongetwyfeld sy flank Armin de Villiers. Die senter Cole Arnoldus en heelagter, Keanan Beckett, het ook meer as hul kant gebring.

    In Bloemfontein se Classic Clash tussen Sentraal en Jim Fouche het die Tralies oor te veel skietgoed vir JF beskik. Sentraal het die kragmeting met 36-13 gewen. Duineveld was met 25-22 oor die Hoerskool Upington baas in die jaarlikse Klein Interjol.

    Dit is nie aldag wat ‘n vaskopstut ‘n driekuns aan driee behaal nie. Gister was egter ‘n spesiale dag vir Paul Roos Gimnasium se Hanru Jacobs wat drie keer die doellyn in sy span se oorwinning van 44-21 oor Bishops oorgesteek het.

    Paarl Gimnasium het nie veel genade vir Rondebosch Boys’ High betoon nie en met 69-28 koning gekraai. Outeniqua het op sy tuisveld in George vir Stellenberg met 31-22 getroef.

    Wynberg Boys’ High was met 36-33 oor Grey High School in ‘n opwindende wedstryd baas.

    Dale College het die eerste uitklophou van sy stryd jaarliks teen Queen’s College op sy tuisveld in King Williamstown geplant. Dale het die wedstryd met 29-10 gewen.

    Daar is vooraf verwag dat die Hoerskool Waterkloof se eerstespan slegs ‘n warrelwind op die Ras van Rooyen-veld in Krugersdorp sou wees. Dit was egter die volskaalse Blou Tornado wat gister vir Monument op sy agterplaas met 28-26 afgestof het om sonder twyfel vir die grootste opskudding tot dusver die seisoen te sorg.

    Monnas is verlede week vir die derde agtereenvolgende jaar as die Tuks-kampioen gekroon, terwyl Klofies tot dusver selfs nie van sy stoere ondersteuners met veel hoop gelos het nie. Hulle het wel ‘n goeie rede om weer hul span met hernude ywer te ondersteun.

    Een swaeltjie maak nie ‘n somer nie, maar vir Klofies was dit die terugkeer van sy senter Julian Bogner en agtsteman, Wikus Lindeque, wat die nodige vonk verskaf het.

    AL DIE UITSLAE: 

    VIRSEKERBEKER

    Afdeling 1 – Beker: Transvalia 23, Helpmekaar 22; Garsfontein 46, HTS Middelburg 29; Hoërskool Nelspruit 34, EG Jansen 28. Plaat: Marais Viljoen 29, Zwartkop 26; Eldoraigne 51, Centurion 20; Hoërskool Rustenburg 46, Montana 17. Skild: Hoërskool Pietersburg 27, Jeugland 20; Ben Vorster 93, Florida 12; Oos-Moot 63, Hugenote (Springs) 3; Lichtenburg 3, Hoërskool Middelburg 0.

    Afdeling 2 – Blou Bulle: Die Wilgers 12, Midstream College 11; Overkruin 38, HTS John Vorster 24; Wonderboom 20, Pretoria-Noord 15. Goue Leeus: Hoërskool Alberton 51, Dinamika 14; Randburg 31, Linden 23. Limpopo: Merensky 25, Ben Viljoen 15; Frikkie Meyer 32, Piet Potgieter 8; Ellisras 46, Hans Strijdom 10. Luiperds: Potchefstroom Gimnasium 45, Wagpos 23; Hoërskool Klerksdorp 37, Potchefstroom Volkskool 27. Pumas: Secunda 65, Ermelo 3; Piet Retief 40, Standerton 17; Hoogenhout 30, Oosterland 19. Valke: Heidelberg Volkskool 43, Vereeniging Gimnasium 29; Hans Moore 25, Oosterlig 17; Die Anker 43, Driehoek 14.

    Afdeling 3 – Blou Bulle: Pretoria THS 17, Curo Hazeldean 10; Akasia 33, Uitsig 0; HF Verwoerd 41, Cullinan 0; Erasmus (Bronkhorstspruit) 27, Gerrit Maritz 15. Goue Leeus: Leeuwenhof 49, Riebeeckrand 0; Fochville 42, Queen’s High 7; Trinityhouse 17, Jan Viljoen 15; Carletonville 42, President 35; Bekker 29, Trinityhouse 12. Limpopo: Louis Trichardt 33, Frans du Toit 28; Warmbad 17, Nylstroom 13. Luiperds: Wolmaransstad 36, HTS Rustenburg 31; Vryburg 24, Bergsig 12; Hartbeespoort 33, Brits 26; Schweizer-Reneke 10, HTS Klerksdorp 7. Pumas: Barberton 45, Lowveld High 31; Penryn College 52, Sybrand van Niekerk 0. Valke: Brandwag (Benoni) 41, Birchleigh 0; Delmas 29, Springs Boys’ High 5.

    Afdeling 4 – Blou Bulle: Maragon Olympus 53, Hercules 0. Pumas: Komatipoort 62, Hendrina 42; Patriot 27, Curro Bakenveld 12; Kriel 63, Evander 0; Carolina 25, Eastdene 0.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Grey-kollege 62, Selborne College 22; Diamantveld 22, Noord-Kaap 16; Sentraal 36, Jim Fouché 13; Louis Botha 61, Landboudal 22; Welkom Gimnasium 52, AHS Kroonstad 7; Goudveld-Hoërskool 31, Voortrekker 14; Witteberg 15, Wilgerivier 12; Duineveld 25, Hoërskool Upington 22; Fichardtpark 15, Hoërskool Grens 5; Riebeeckstad 14, Hoërskool Kroonstad 5; Brandfort 45, Zastron 5; Bultfontein 64, Sandveld 0; Hoopstad 69, Theunissen 0.

    OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL

    Framesby 34, Boland Landbou 20; St Andrew’s College 43, HTS Daniël Pienaar 7; Marlow Landbou 32, Nico Malan 17; Dale College 29, Queen’s College 10; Kingswood College 36, Union 15; Brandwag (Uitenhage) 57, Muir College 5; Durban High School 60, Westville Boys’ High 10; Kearsney College 6, Maritzburg College 3; Hilton College 27, Pretoria Boys’ High 24; Pionier 86 Empangeni 0.

    WES-KAAP

    Wynberg Boys’ High 36, Grey High School 33; Paul Roos Gimnasium 44, Bishops 21; Paarl Gimnasium 69, Rondebosch Boyys’ High 28; SACS 17, Durbanville 13; Outeniqua 31, Stellenberg 22; Hoërskool Bellville 26, Brackenfell 20; Strand 36, De Kuilen 0; Charlie Hofmeyr 18, Swartland 15; SK Walmers 33, President 10; HTS Bellville 8, Somerset College 3; Hermanus 57, Parel Vallei 12; Tygerberg 61, Monumentpark 6; Hugenote (Wellington) 26, Worcester Gimnasium 21.

    NOORDVAAL

    Waterkloof 28, Monument 26; St Alban’s College 30, St John’s College 12; Noordheuwel 25, Affies II 17; Lydenburg 62, Curro Nelspruit 7; Curro Heuwelkruin 96, Stanford Lake College 15.

  • Klofies se Blou Tornado verwaai Monnas eerste keer sedert 2012

    WaterkloofMonnasKapDaar is vooraf verwag dat die Hoerskool Waterkloof se eerstespan slegs ‘n warrelwind op die Ras van Rooyen-veld in Krugersdorp sou wees. Dit was egter die volskaalse Blou Tornado wat gister vir Monument op sy agterplaas met 28-26 afgestof het om sonder twyfel vir die grootste opskudding tot dusver die seisoen te sorg.

    Monnas is verlede week vir die derde agtereenvolgende jaar as die Tuks-kampioen gekroon, terwyl Klofies tot dusver selfs nie van sy stoere ondersteuners met veel hoop gelos het nie. Hulle het wel ‘n goeie rede om weer hul span met hernude ywer te ondersteun.

    Dit was Klofies se eerste sege oor Monument sedert 2012. Die span se afrigters het boonop nie nodig gehad om ‘n motiverings toespraak voor te berei nie. Monnas se kaptein en haker, Morne Brandon, het in die voorskou vir die wedstryd op SuperSport gese dat Monnas graag vanjaar “die telling groter wil maak”. Waterkloof het na die wedstryd ‘n spanfoto geneem, met ‘n uitgedrukte foto van die uittreksel uit die video van Brandon. 

    Een swaeltjie maak nie ‘n somer nie, maar vir Klofies was dit die terugkeer van sy vleuel Julian Bogner en agtsteman, Wikus Lindeque, wat die nodige vonk verskaf het.

    Bogner wat van ‘n skorsing af teruggekeer het, was uitmuntend. Sy lugspel en aanvallende vermoe was van hoogstaande gehalte. Waterkloof se kantman Eckhardt Boshoff verdien ook vermelding vir die werk wat hy by die afbreekpunte verrig het.

    Framesby wat vroeer die week van die Sanix-toernooi in Japan teruggekeer het, het ook vir ‘n opskudding gesorg toe hy vir Boland Landbou met 34-20 in Port Elizabeth getroef het.

    In die grootste Afrikaanse-derby in Johannesburg het Randburg vir Linden met 31-23 die loef afgesteek. Hoerskool Alberton het Dinamika met 51-14 in nog ‘n wedstryd van die Virsekerbeker se Afdeling 2 ‘n rugbyles geleer.

    Grey-kollege was op sy tuisveld in die Rosestad te sterk vir Selborne College met 62-22. Selborne het egter nooit handdoek ingegooi nie.

    Grey se plaasvervanger-skrumskakel, Ross Braude, het gewys dat hy slaggereed is om weer die nr. 9-trui te dra na hy daarvan weens ‘n besering afstand moes doen. Braude het twee keer die doellyn oorgesteek na hy op die veld verskyn het en het glad nie verroes voorgekom nie. Grey kom Saterdag teen Affies in Pretoria te staan.

    Die eerste skote van die Virsekerbeker het in die noorde geklap met Garsfontein wat hard moes werk om die Rooi Bulle van die HTS Middelburg met 46-29 in Middelburg te klop. Garsies se haker, Ricardo Botha, het sy beste vertoning nog vir die Turkoois Bere opgedis. Hy en die SA Skole-senter Diego Appollis het albei twee keer die doellyn oorgesteek.

    Transvalia se slot Thabang Mholasi was aan die voorpunt van sy span se naelskraapse sege van 23-22 oor Helpmekaar. Die span van Vanderbijlpark het Helpies voorlangs onder druk gehad. Vir Helpies was sy haker, Ricardo van der Merwe, puik.

    Die Hoerskool Nelspruit se Rhinos het op sy tuisveld vir EG Jansen met 34-28 die loef afgesteek.

    In die Skild-afdeling het Ben Vorster ‘n vroee waarskuwing aan die ander spanne gestuur. Die span van Tzaneen het Florida met 93-12 afgeransel. Ben Vorster se buitesenter, Christiaan Smit, het te veel vrae aan Florida se verdediging gevra en drie keer die doellyn oorgesteek.

    Oos-Moot was in dieselfde afdeling ook met 63-3 te sterk vir Hugenote van Springs.

    Lichtenburg en die Hoerskool Middelburg was in ‘n herontmoeting van verlede week se NWU-Pukke Prestige-reeks se eindstryd weer slaags, met Lichtenburg wat met 3-0 as oorwinnaars van die veld in die klipharde wedstryd gestap het.

    AL DIE UITSLAE: 

    VIRSEKERBEKER

    Afdeling 1 – Beker: Transvalia 23, Helpmekaar 22; Garsfontein 46, HTS Middelburg 29; Hoërskool Nelspruit 34, EG Jansen 28. Plaat: Marais Viljoen 29, Zwartkop 26; Eldoraigne 51, Centurion 20; Hoërskool Rustenburg 46, Montana 17. Skild: Hoërskool Pietersburg 27, Jeugland 20; Ben Vorster 93, Florida 12; Oos-Moot 63, Hugenote (Springs) 3; Lichtenburg 3, Hoërskool Middelburg 0.

    Afdeling 2 – Blou Bulle: Die Wilgers 12, Midstream College 11; Overkruin 38, HTS John Vorster 24; Wonderboom 20, Pretoria-Noord 15. Goue Leeus: Hoërskool Alberton 51, Dinamika 14; Randburg 31, Linden 23. Limpopo: Merensky 25, Ben Viljoen 15; Frikkie Meyer 32, Piet Potgieter 8; Ellisras 46, Hans Strijdom 10. Luiperds: Potchefstroom Gimnasium 45, Wagpos 23; Hoërskool Klerksdorp 37, Potchefstroom Volkskool 27. Pumas: Secunda 65, Ermelo 3; Piet Retief 40, Standerton 17; Hoogenhout 30, Oosterland 19. Valke: Heidelberg Volkskool 43, Vereeniging Gimnasium 29; Hans Moore 25, Oosterlig 17; Die Anker 43, Driehoek 14.

    Afdeling 3 – Blou Bulle: Pretoria THS 17, Curo Hazeldean 10; Akasia 33, Uitsig 0; HF Verwoerd 41, Cullinan 0; Erasmus (Bronkhorstspruit) 27, Gerrit Maritz 15. Goue Leeus: Leeuwenhof 49, Riebeeckrand 0; Fochville 42, Queen’s High 7; Trinityhouse 17, Jan Viljoen 15; Carletonville 42, President 35; Bekker 29, Trinityhouse 12. Limpopo: Louis Trichardt 33, Frans du Toit 28; Warmbad 17, Nylstroom 13. Luiperds: Wolmaransstad 36, HTS Rustenburg 31; Vryburg 24, Bergsig 12; Hartbeespoort 33, Brits 26; Schweizer-Reneke 10, HTS Klerksdorp 7. Pumas: Barberton 45, Lowveld High 31; Penryn College 52, Sybrand van Niekerk 0. Valke: Brandwag (Benoni) 41, Birchleigh 0; Delmas 29, Springs Boys’ High 5.

    Afdeling 4 – Blou Bulle: Maragon Olympus 53, Hercules 0. Pumas: Komatipoort 62, Hendrina 42; Patriot 27, Curro Bakenveld 12; Kriel 63, Evander 0; Carolina 25, Eastdene 0.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Grey-kollege 62, Selborne College 22; Diamantveld 22, Noord-Kaap 16; Sentraal 36, Jim Fouché 13; Louis Botha 61, Landboudal 22; Welkom Gimnasium 52, AHS Kroonstad 7; Goudveld-Hoërskool 31, Voortrekker 14; Witteberg 15, Wilgerivier 12; Duineveld 25, Hoërskool Upington 22; Fichardtpark 15, Hoërskool Grens 5; Riebeeckstad 14, Hoërskool Kroonstad 5; Brandfort 45, Zastron 5; Bultfontein 64, Sandveld 0; Hoopstad 69, Theunissen 0.

    OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL

    Framesby 34, Boland Landbou 20; St Andrew’s College 43, HTS Daniël Pienaar 7; Marlow Landbou 32, Nico Malan 17; Dale College 29, Queen’s College 10; Kingswood College 36, Union 15; Brandwag (Uitenhage) 57, Muir College 5; Durban High School 60, Westville Boys’ High 10; Kearsney College 6, Maritzburg College 3; Hilton College 27, Pretoria Boys’ High 24; Pionier 86 Empangeni 0.

    WES-KAAP

    Wynberg Boys’ High 36, Grey High School 33; Paul Roos Gimnasium 44, Bishops 21; Paarl Gimnasium 69, Rondebosch Boyys’ High 28; SACS 17, Durbanville 13; Outeniqua 31, Stellenberg 22; Hoërskool Bellville 26, Brackenfell 20; Strand 36, De Kuilen 0; Charlie Hofmeyr 18, Swartland 15; SK Walmers 33, President 10; HTS Bellville 8, Somerset College 3; Hermanus 57, Parel Vallei 12; Tygerberg 61, Monumentpark 6; Hugenote (Wellington) 26, Worcester Gimnasium 21.

    NOORDVAAL

    Waterkloof 28, Monument 26; St Alban’s College 30, St John’s College 12; Noordheuwel 25, Affies II 17; Lydenburg 62, Curro Nelspruit 7; Curro Heuwelkruin 96, Stanford Lake College 15.

  • Virsekerbeker – Afdeling 1 – Beker 2018

     

    PUNTESTAND:  

    # Span G Wen Gelyk Verl. Punte V Punte T Liga
    1 Garsfontein 3 3 0 0 151 68 15
    2 Transvalia 3 3 0 0 130 75 14
    3 EG Jansen 3 1 0 2 138 123 7
    4 Helpmekaar 2 1 0 1 44 45 6
    5 Nelspruit 3 1 0 2 68 92 6
    6 Menlopark 2 1 0 1 63 60 5
    7 Monument 1 0 0 1 31 34 2
    8 HTS Middelburg 3 0 0 3 85  214 2

    VOORSTE PUNTEMAKERS: 

    41 – Aurelio Philander (EG Jansen) (13 doelskoppe, 5 strafdoele)
    39 – Zian de Jager (Transvalia) (1 drie, 11 doelskoppe, 3 strafdoele, 1 skepdoel)
    33 – Ricardo Sconfeldt (HTS Middelburg) (3 drieë, 6 doelskoppe, 2 strafdoele)

    VOORSTE DRIEDRUKKERS:  

    6 – Diego Appollis (Garsfontein).
    4 – Anton van Eijk (Nelspruit), Campo Willemse (Garsfontein).
    3 – Dylan Schwartz (EG Jansen), Ricardo Schonfeldt (HTS Middelburg), Zeilinga Strydom (Transvalia), Tylon Kotze (EG Jansen).

    12 May 2018
    Transvalia 23 (11) Helpmekaar 20 (8) 
    Drieë: Ryan Nell, Dewald Strydom, Thabang Mholasi. Doelskop: Zian de Jager. Strafdoele: De Jager (2). Drieë: Dean Potgieter, Francois Scholtz, Ricardo van der Merwe. Doelskop: Tiaan Botes. Strafdoel: Botes.
    Garsfontein 46 (19) HTS Middelburg 29 (17)
    Drieë: Ricardo Botha (2), Diego Appollis (2), Johandré Buitendag, Juandré Scheepers, Campwill Willemse, Jayden Visagie. Doelskoppe: Keagan Johannes (3). Drieë: Zhander Briedenhann, Ricardo Schonveldt, MC Kuhn, Edwin Till, Damon Grobler. Doelskoppe: Schonveldt, Tjaart Kruger.
    Hoërskool Nelspruit
    34 (15) EG Jansen 28 (25)
    Drieë: Anton van Eijk (3), Stefan Smit, Estian Schroeder. Strafdoele: Timothy Townsend (2), Tiaan du Plessis. Drieë: Kyle Potgieter (2), Dylan Schwartz, Darren Timmens. Doelskop: Aurelio Philander. Strafdoele: Philander (2).
    19 May 2018
    Garsfontein 57  EG Jansen  15 
    Drieë: Kallie Calitz (2), Diego Appollis (2), Campo Willemse (2), Jurich Claasens, Jaryd Scheepers, Juandré Scheepers. Doelskoppe: Keagan Johannes (6). Drieë: Jason Gregory, Dian Coetzee. Doelskop: Kyle Potgieter. Strafdoel: Aurelio Philander.
    Menlopark 39 Hoërskool Nelspruit 12
    Drieë: Dewald Pienaar (2), Jaco Britz, Nsuku Baloyi, Franco Conradie, Marcelle Mombers, Ruan Oosthuizen. Doelskoppe: Barend van der Linde (2). Drieë: Anton van Eijk, Braam de Villiers. Doelskop: Timothy Townsend.
    Transvalia 73 HTS Middelburg  24
    Drieë: Christiaan Burger (2), Raynardt Nel (2), Zeilinga Strydom (2), Zian de Jager, Divan Meyer, Franco Wagener, Tiaan Visser, Dian de Villiers. Doelskoppe: De Jager (9). Drieë: Edwin Till, Joubert Willers, JP Esterhuizen. Doelskoppe: Ricardo Schonfeldt (3). Strafdoel: Schonfeldt.
    26 May 2018
    Transvalia 34 Monument 31
    Drieë: Tiaan Visser, Zeilinga Strydom, Dewald Strydom, Uli Wiese. Doelskop: Zian de Jager. Strafdoele: De Jager, Driaan van der Berg. Skepdoel: De Jager.   
    Garsfontein 48 (24) Menlopark 24 (14)
    Drieë: Diego Appollis (2), Drian Lerm (2), Jordan van Dyk, Campo Willemse, Juandré Scheepers. Doelskoppe: Keagan Johannes (5). Strafdoel: Johannes. Drieë: Dewald Pienaar (2), Enrique Steffen. Doelskoppe: Bernard van der Linde (3). Strafdoel: Van der Linde.
    Helpmekaar 24 (10) Hoërskool Nelspruit 22 (12)
    Drieë: Michael Amiras, Zander du Toit, Christiaan Bezuidenhout, Marco van Staden. Doelskoppe: Frans W Drieë: Riandré van der Merwe, Braam de Villiers, Strafdrie. Doelskop: Timmy Townsend. Strafdoel: Townsend.
    EG Jansen 95 HTS Middelburg 32
    Drieë: Tylon Kotze (3), Dylan Schwartz (2), Duane Bloem, Kyle Potgieter, Franco Enslin, Wesley Noeth, Ruan Swart, Dian Coetzee, Lesley October. Doelskoppe: Aurelio Philander (12). Strafdoele: Philander (2). Drieë: Ricardo Schonfeldt (2), Vincent Roos (2), Joubert Willers. Doelskoppe: Schonfeldt (2). Strafdoel: Schonfeldt.
    2 Junie 2018
    Transvalia   EG Jansen  
           
    Monument   Hoërskool Nelspruit  
           
    Helpmekaar   HTS Middelburg   
           

    PUNTESTAND:  

    # Span G Wen Gelyk Verl. Punte V Punte T Liga
    1 Helpmekaar 5 4 0 1 168 112 21
    2 Garsfontein 4 4 0 0 200 107 20
    3 Transvalia 4 3 0 1 154 118 15
    4 EG Jansen 6 2 0 4 227 238 13
    5 Menlopark 4 2 0 2 142 111 12
    6 Monument 4 2 0 2 156 139 12
    7 Nelspruit 4 1 0 3 88 115 7
    8 HTS Middelburg 5 0 0 5 131 326 3

    VOORSTE PUNTEMAKERS: 

    41 – Aurelio Philander (EG Jansen) (13 doelskoppe, 5 strafdoele)
    39 – Zian de Jager (Transvalia) (1 drie, 11 doelskoppe, 3 strafdoele, 1 skepdoel)
    33 – Ricardo Sconfeldt (HTS Middelburg) (3 drieë, 6 doelskoppe, 2 strafdoele)

    VOORSTE DRIEDRUKKERS:  

    6 – Diego Appollis (Garsfontein).
    4 – Anton van Eijk (Nelspruit), Campo Willemse (Garsfontein).
    3 – Dylan Schwartz (EG Jansen), Ricardo Schonfeldt (HTS Middelburg), Zeilinga Strydom (Transvalia), Tylon Kotze (EG Jansen).

    12 May 2018
    Transvalia 23 (11) Helpmekaar 20 (8) 
    Drieë: Ryan Nell, Dewald Strydom, Thabang Mholasi. Doelskop: Zian de Jager. Strafdoele: De Jager (2). Drieë: Dean Potgieter, Francois Scholtz, Ricardo van der Merwe. Doelskop: Tiaan Botes. Strafdoel: Botes.
    Garsfontein 46 (19) HTS Middelburg 29 (17)
    Drieë: Ricardo Botha (2), Diego Appollis (2), Johandré Buitendag, Juandré Scheepers, Campwill Willemse, Jayden Visagie. Doelskoppe: Keagan Johannes (3). Drieë: Zhander Briedenhann, Ricardo Schonveldt, MC Kuhn, Edwin Till, Damon Grobler. Doelskoppe: Schonveldt, Tjaart Kruger.
    Hoërskool Nelspruit
    34 (15) EG Jansen 28 (25)
    Drieë: Anton van Eijk (3), Stefan Smit, Estian Schroeder. Strafdoele: Timothy Townsend (2), Tiaan du Plessis. Drieë: Kyle Potgieter (2), Dylan Schwartz, Darren Timmens. Doelskop: Aurelio Philander. Strafdoele: Philander (2).
    19 May 2018
    Garsfontein 57  EG Jansen  15 
    Drieë: Kallie Calitz (2), Diego Appollis (2), Campo Willemse (2), Jurich Claasens, Jaryd Scheepers, Juandré Scheepers. Doelskoppe: Keagan Johannes (6). Drieë: Jason Gregory, Dian Coetzee. Doelskop: Kyle Potgieter. Strafdoel: Aurelio Philander.
    Menlopark 39 Hoërskool Nelspruit 12
    Drieë: Dewald Pienaar (2), Jaco Britz, Nsuku Baloyi, Franco Conradie, Marcelle Mombers, Ruan Oosthuizen. Doelskoppe: Barend van der Linde (2). Drieë: Anton van Eijk, Braam de Villiers. Doelskop: Timothy Townsend.
    Transvalia 73 HTS Middelburg  24
    Drieë: Christiaan Burger (2), Raynardt Nel (2), Zeilinga Strydom (2), Zian de Jager, Divan Meyer, Franco Wagener, Tiaan Visser, Dian de Villiers. Doelskoppe: De Jager (9). Drieë: Edwin Till, Joubert Willers, JP Esterhuizen. Doelskoppe: Ricardo Schonfeldt (3). Strafdoel: Schonfeldt.
    26 May 2018
    Transvalia 34 Monument 31
    Drieë: Tiaan Visser, Zeilinga Strydom, Dewald Strydom, Uli Wiese. Doelskop: Zian de Jager. Strafdoele: De Jager, Driaan van der Berg. Skepdoel: De Jager.   
    Garsfontein 48 (24) Menlopark 24 (14)
    Drieë: Diego Appollis (2), Drian Lerm (2), Jordan van Dyk, Campo Willemse, Juandré Scheepers. Doelskoppe: Keagan Johannes (5). Strafdoel: Johannes. Drieë: Dewald Pienaar (2), Enrique Steffen. Doelskoppe: Bernard van der Linde (3). Strafdoel: Van der Linde.
    Helpmekaar 24 (10) Hoërskool Nelspruit 22 (12)
    Drieë: Michael Amiras, Zander du Toit, Christiaan Bezuidenhout, Marco van Staden. Doelskoppe: Frans Weideman (2). Drieë: Riandré van der Merwe, Braam de Villiers, Strafdrie. Doelskop: Timmy Townsend. Strafdoel: Townsend.
    EG Jansen 95 HTS Middelburg 32
    Drieë: Tylon Kotze (3), Dylan Schwartz (2), Duane Bloem, Kyle Potgieter, Franco Enslin, Wesley Noeth, Ruan Swart, Dian Coetzee, Lesley October. Doelskoppe: Aurelio Philander (12). Strafdoele: Philander (2). Drieë: Ricardo Schonfeldt (2), Vincent Roos (2), Joubert Willers. Doelskoppe: Schonfeldt (2). Strafdoel: Schonfeldt.
    2 Junie 2018
    EG Jansen 43 Transvalia 24 
    Drieë: Tylon Kotze (2), Aurelio Philander, Dylan Schwartz, Franco Enslin, Ruan Swart. Doelskoppe: Philander (5). Strafdoel: Philander. Drieë: Dewald Strydom, Christiaan Burger, Rynhardt Nel, Divan Meyer. Doelskoppe: Driaan van den Berg (2). 
    Monument 24 Hoërskool Nelspruit 20 
         
    Helpmekaar 63 HTS Middelburg  27
         
    9 Junie 2018
    Garsfontein 49 Monument  39
        
    Helpmekaar 29 EG Jansen 10
    Drie: Dylan Schwartz. Doelskop: Aurelio Philander. Strafdoel: Philander.
    Menlopark 49 HTS Middelburg 19
    16 Junie 2018
    Monument 62 EG Jansen  36
    Helpmekaar 32 Menlopark  30