SSPN Test Site

Blog

  • Fixtures for the Grant Khomo Week of 2018

    Fixtures for the Grant Khomo Week of 2018

    GrantKhomoThe unofficial champions of the Coca-Cola Grant Khomo Week of 2017, Western Province, will kick-off their campaign during next year’s tournament in Kimberley against Border on the first day of the tournament. Western Province convincingly defeated South Western Districts by 38-10 in the main match of the tournament in Bloemfontein earlier this year. 

    The hosts of the 2018-edition of the tournament, Griqualand West, will play in the main match of the opening day against Pumas. The 2018 tournament will be the 16th since the inaugural tournament was held in 2003 in Johannesburg. 

    The fixtures: 

    Zimbabwe vs Border Country Districts
    Eastern Province vs Leopards
    Limpopo Blue Bulls vs Valke
    Griffons vs Namibia
    Golden Lions vs Blue Bulls
    KwaZulu-Natal vs Boland
    Free State vs South Western Districts
    Western Province vs Border
    Griqualand West vs Pumas

  • Fixtures for the Craven Week of 2018 announced

    Fixtures for the Craven Week of 2018 announced

    Coca Cola Craven WeekThe unofficial champions of the Coca-Cola Craven Week, the Golden Lions, will start off their campaign at next year edition of the tournament in Paarl against Eastern Province. The Lions was crowned unofficial champions earlier this year by defeating KwaZulu-Natal by 45-18 in the main match at St Stithians College in Johannesburg. 

    The match between the Lions and Eastern Province will be the main curtain raiser for the main match of the opening day on Paarl Boys’ High’s main field. Boishaai will celebrate it 150th anniversary next year. 

    The hosts of next year’s tournament, Western Province, will meet the Pumas in the main match of the opening day. 

    Free State will lock horns with the Blue Bulls in their first match at the tournament. The Free State were ranked the second best team after the tournament in the City of Gold, while the Bulls was ranked eigth for their dismal performance. 

    KwaZulu-Natal will face South Western Districts in their first match of the tournament on the second day in Paarl. 

    The fixtures: 

    Day 1 

    Griffons vs Blue Bulls XV
    Border vs Limpopo Blue Bulls
    Golden Lions vs Eastern Province
    OPENING CEREMONY
    Western Province vs Pumas

    Day 2 

    Golden Lions XV vs Western Province XV 
    Valke vs Leopards
    Boland vs Griqualand West
    KwaZulu-Natal vs South Western Districts
    Free State vs Blue Bulls

  • Vrede – 1995

    Results

             
             
             
             
    Vrede 32 Paul Erasmus 0  
    Vrede 15 Voortrekker 10  
    Vrede 6 Ficksburg 10 EFS Semi-Final
             
             
             

    Players: Frans Lotz, Nico van Rensburg, Hein Human, JD de Bruin, Boela du Plooy, Pieter Steyn, Charl Cilliers, HW Alberts. 

  • Myburgh kolf Jansies tot Noordvaal-halfeindronde

    Myburgh kolf Jansies tot Noordvaal-halfeindronde

    GMDie verdedigende kampioen van die Gunn & Moore Noordvaal-reeks, Waterkloof, het Saterdag die bordjies teen Garsfontein met 74 lopies verhang om sy plek in die halfeindronde van vanjaar se reeks te bespreek. Garsfontein het net ‘n week vantevore vir Klofies met 20 lopies in die twee spanne se laaste ligawedstryd in die Noordelikes se liga verslaan. 

    Klofies se groot held in die oorwinning oor Garsfontein was Sean du Plooy wat vyf paaltjies vir slegs 27 lopies platgetrek het. Garsfontein is meestal danksy sy boulwerk vir net 151 lopies uigeknikker. Waterkloof wat eerste gekolf het, het 225/9 in sy toegelate 50 boulbeurte aangeteken. Die span se voorslagbouler Nico van Zyl (50*) het ‘n onoorwonne vyftigtal aangeteken.  

    Waterkloof sal in die halfeindronde teen EG Jansen van Boksburg te staan kom. Die Jansies het Monument van Krugersdorp met 58 lopies in hulle kwarteindstryd verslaan. 

    EG Jansen se WP Myburgh (121*) was met sy honderdtal aan die voorpunt van sy span se oorwinning. Jansies was egter in die moeilikheid toe hulle agtste paaltjies met die telbord op 104 lopies gekantel het. Myburgh en Ashton Rudolph (63*) het daarna kragte saamgespan het ‘n onoorwonne vennootskap van 153 lopies om die negende paaltjie te deel. 

    Monument kon slegs 199 lopies aanteken met Myburgh (3/38) wat met sy draaiboulwerk ook die meeste skade aangerig het.

    Ben Vorster het sy plek in die halfeindronde danksy ‘n veelsydige vertoning deur Johan Harms bespreek. Harms het 67 lopies met die wilgerlat bygedra asook met boulsyfers van 2/8 gespog in sy span se oorwinning van 51 lopies oor Hans Moore van Benoni. 

    James Modiba (3/15) het ook met sy boulwerk Hans Moore se kolwers probleme besorg. 

    Ben Vorster sal in die halfeindronde teen die Hoërskool Nelspruit te staan kom. Die Nellies het Saterdag vir Potchefstroom Volkskool met ses paaltjies verslaan. 

    Nelspruit se Lourens Petersen (5/26) en Ewan Lombard (5/32) het elk ‘n vyftal paaltjies ingeoes om Potch Volkies tot 161 lopies in te perk. Die wenspan se Tristan Parnell (81*) het met ‘n onoorwonne vyftigtal sy span oor die wenteiken gekry.  

    Beknopte telkaarte: 

    Waterkloof 225/9 (Nico van Zyl 50*, Jordan Hermann 46, Ludwig Kaestner 35; Ruben van Niekerk 3/36); Garsfontein 151 (SW Kemp 43, Robert Ferreira 37; Sean du Plooy 5/27, Gideon Peters 2/22). Waterkloof wen met 74 lopies

    Potchefstroom Volkskool 161 (Awie Visser 37, Vincent Viljoen 25; Lourens Petersen 5/26, Ewan Lombard 5/32); Hoërskool Nelspruit 163/4 (Tristan Parnell 81*, Divan Jacobs 26; Cobus Crowther 3/48). Hoërskool Nelspruit wen met ses paaltjies.

    EG Jansen 257/8 (WP Myburgh 121*, Ashton Rudolph 63*; Dylan Luus 4/46); Monument 199 (Ethan Klaassen 68; WP Myburgh 3/38). EG Jansen wen met 58 lopies.

    Ben Vorster 174 (Johan Harms 67, Jaco de la Rey 21; Adrian de Vries 3/13, Shane Wallace 3/39); Hans Moore 123 (Diaan Basson 29, Ekstras 26; James Modiba 3/15, Johan Harms 2/8). Ben Vorster wen met 51 lopies

  • Paul Roos beste sewesspan in die land

    Paul Roos beste sewesspan in die land

    NewsGMontanaPaul Roos Gimnasium van Stellenbosch is die eerste kampioen van die Hoërskole Sewesreeks. 

    Die span van die Eikestad het Saterdag op Camp Discovery net noord van Pretoria vir Waterkloof met 21-17 in die eindstryd verslaan om met die kroon weg te stap. Daar was nie veel tussen die twee spanne te kies nie. 

    Paul Roos moes ook hard werk om in sy halfeindstryd vir Montana van Pretoria met 19-14 te klop. Daar was na gewone speeltyd met die telling op 14-elk niks tussen die twee spanne te kies nie. Montana het amper eerste bloed in die drie minute ekstra speeltyd geruik wat die span tot die eindstryd sou laat deurdring. Paul Roos het geen tyd gemors nie en dadelik ‘n aanval geloots en die bal wyd tot by Remey Engelbrecht gekry wat oor te veel vaart vir Montana se verdediging beskik het. 

    Waterkloof het danksy ‘n drie deur PJ Krugell in die doodsnikke vir Durban High School met 24-19 in die ander halfeindstryd verslaan. Buiten Krugell het Gustav de Jager ook deurgans vir Klofies uitstekende spel gelewer. 

    Die kampioen se Reagan van der Westhuizen, Kade Wolhuter en Tiaan Pretorius het ook goeie toernooie beleef. 

    Die groepwedstryde van die toernooi sou reeds Vrydag beslis geword het. ‘n Tipiese Hoëveld donderstorm het egter enige spel verhoed. Al die wedstryde moes toe Saterdag gespeel word. 

    Paul Roos het ook ‘n taai kwarteindronde beleef. Glenwood het teen Montana in hulle groepwedstryd met 24-19 die knie gebuig. Die kampioen en Glenwood se paaie het in die kwarteindronde gekruis en Paul Roos het met 19-14 in ‘n senutergende kragmeting as oorwinnaars van die veld gestap. 

    Twee van Glenwood se spelers, Siyanda Cele en Dylan Pretorius, het hulle gister in Stellenbosch vir ‘n oefenkamp as deel van ‘n nasionale o.17-groep aangemeld. Albei die spelers asook Rynardt Jonker het goeie toernooie beleef. Glenwood het in die Plaat-afdeling met die louere weggestap deur die Hoërskool Rustenburg met 31-10 in die eindstryd te verslaan.

    In die Bowl-eindstryd het Noordheuwel van Krugersdorp vir Brandwag van Benoni met 23-0 ore aangesit, terwyl Diamantveld as kampioen van die Skild-afdeling gekroon is. Diamonds het Merensky met 28-21 in die eindstryd van die afdeling geklop. 

    Al die uitslae: 

    Groep A: Paul Roos Gimnasium 31, Noordheuwel 5; Westville Boys’ High 21, Noordheuwel 14; Paul Roos Gimnasium 17, Westville Boys’ High 5.

    Groep B: Montana 19, Diamantveld 14; Glenwood 35, Diamantveld 7; Montana 24, Glenwood 19.

    Groep C: Hoërskool Rustenburg 17, Brandwag 0; Goudveld 33, Brandwag 21; Goudveld 17, Hoërskool Rustenburg 10.

    Groep D: Waterkloof 22, Merensky 0; Waterkloof 33, Durban High School 26; Durban High School 31, Merensky 14.

    Kwarteindronde: Paul Roos Gimnasium 19, Glenwood 14; Montana 24, Westville Boys’ High 19; Durban High School 24, Goudveld 21; Waterkloof 26, Hoërskool Rustenburg 7.

    Halfeindronde – Bowl: Noordheuwel 21, Diamantveld 19; Brandwag 19, Merensky 17. Plaat: Glenwood 38, Westville Boys’ High 19; Hoërskool Rustenburg 26, Goudveld 0. Beker: Paul Roos Gimnasium 19, Montana 14; Waterkloof 24, Durban High School 19.

    Eindstryde – Skild: Diamantveld 28, Merensky 21. Bowl: Noordheuwel 23, Brandwag 0. Plaat: Glenwood 31, Hoërskool Rustenburg 10. Beker: Paul Roos Gimnasium 21, Waterkloof 17.

  • Janse van Rensburg lê tuig na 12 jaar neer

    Janse van Rensburg lê tuig na 12 jaar neer

    HendrikJvanRensburgNa 12 jaar en meer as ‘n half miljoen eposse as sekretaris van die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging (SASRV) sal Hendrik Janse van Rensburg vandag tydens die vereniging se jaarvergadering in Kaapstad die tuig neerlê.

    Janse van Rensburg het sedert 2005 die pos beklee en het ook vir 20 jaar op Oostelike Provinsie se Skolerugby-vereniging se bestuur gedien. Hy sal steeds in sy pos as adjunkhoof van Sunridge in Port Elizabeth aanbly.

    Daar is drie nominasies vir Janse van Rensburg se pos ontvang. Tinus Diedericks (Northcliff), Kervin Grove (St Joseph’s Marist) en Dean Moodley (Kearsney College).

    Diedericks is die voorsitter van die Goue Leeus se skolevereniging, terwyl Moodley homself al as spanbestuurder van die SA Skole-span asook KwaZulu-Natal se Cravenweek-span uiters goed van sy taak gekwyt het.

    Grove is die voorsitter van WP se skolevereniging.

    Die voorsitter van die SASRV, Noel Ingle (KwaZulu-Natal) sal onbestrede in sy pos herkies word. So ook die ondervoorsitters, Katiso Mosiuoa (Grens) en Granville Josephs (SWD).

    Die skoolhoof van Hugenote in Wellington, Wikus Naudé, sal ook onbestrede in sy pos as tesourier aanbly.

    Grove en Gerrit Rudolph (Langenhoven Gimnasium, SWD) sal as addisionele lede teen Diedericks en David Coert vir die twee hoërskool-poste in die hoedanigheid op die bestuur staan.

    Slegs Anton Smith (Laerskool Meiringspark) sal weer vir staan as een van die laerskole se addisionele lede. Selwyn January (Goue Leeus), Hendrik Olwagen (Blou Bulle) en Barry Wilson (KwaZulu-Natal) is nuwe nominasies vir die twee poste.

    José O’Brien (Olympia, Vrystaat) het homself nie weer verkiesbaar vir die pos gestel nie. Josua du Plessis (Elandspark) sal onbestrede as die LSOB-verteenwoordiger herkies word. Du Plessis is die voorsitter van die LSOB-vereniging (vir Leerlinge met Spesiale Onderwys-behoeftes).

    Al ses nasionale skolekeurders Johan Calitz (Monument), Nollie de Beer (Carolina Akademie), Henkie Green (New Orleans), Danie Slabbert (Daniëlskuil), Gerald Pyoos (Clifton) en Roelf Meyer (Grey-kollege) sal weer as keurders beskikbaar wees, met Aboekakar Frieslaar (WP) wat as nuwe nominasie sal probeer om sy naam tot die lys te voeg.

  • Wie gaan Suid-Afrika se Sewes-kroon dra?

    Wie gaan Suid-Afrika se Sewes-kroon dra?

    High School 7s ChampionsVir die eerste keer sedert 2012 sal daar weer vanjaar ‘n nasionale sewes-kampioen vir skole gekroon word.

    Die Hoërskole Sewes-reeks se Kampioen van Kampioene-toernooi vind Vrydag en Saterdag op Camp Discovery net Noord van Pretoria plaas. Al die kampioene van die reeks se 11 toernooie, buiten Louis Botha van Bloemfontein, sal in die Kampioen van Kampioene-toernooi in aksie wees.

    Onder die vroeë gunstelinge tel Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch, Glenwood van Durban, Durban High School en Waterkloof.

    Paul Roos wat in sy geledere vir Tiaan Pretorius het, wat as Speler van die Toernooi aangewys is tydens die Marius Schoeman Sewes-toernooi by Paarl Gimnasium. Pretorius is ook na afloop van die Interprovinsiale Sewes-toernooi in die SA Sewes-akademie se oefengroep opgeneem.

    Pretorius se neef is die Blitzbok Kwagga Smith. Sy pa Torros Pretorius het ook op sy dag vir Pumas se seniorspan uitgedraf.
    Nog drie spelers wat in die nasionale groep opgeneem is Siyanda Cele en Dylan Pretorius (albei Glenwood) asook Celempilo Gumede (Durban High School) sal ook van Vrydag af by Camp Discovery in aksie wees.

    Die groepwedstryde word Vrydag beslis, terwyl die uitspeelwedstryd Saterdag om 09:00 sal begin. Die eindstryd van die Beker-afdeling vind om 14:00 plaas.

    Al die wedstryde op die A-veld sal regstreeks op Fanstream.co.za gebeeldsend word.

    Die Groepe is:

    Groep A: Paul Roos Gimnasium, Westville Boys’ High, Noordheuwel.
    Groep B: Glenwood, Diamantveld, Montana.
    Groep C: Hoërskool Rustenburg, Goudveld-Hoërskool, Brandwag (Benoni).
    Groep D: Durban High School, Waterkloof, Merensky.

    Die bepalings is:

    Vrydag, 20 Oktober 2017

    A-veld – 16:00: Waterkloof vs Merensky; 16:20: Diamantveld vs Montana; 16:40: Rustenburg vs Brandwag; 17:00: Paul Roos Gimnasium vs Noordheuwel; 17:20: Durban High School vs Waterkloof; 17:40: Glenwood vs Diamantveld.

    B-veld – 16:00: Goudveld-Hoërskool vs Brandwag; 16:20: Westville Boys’ High vs Noordheuwel; 16:40: Durban High School vs Merensky; 17:00: Glenwood vs Montana; 17:20: Rustenburg vs Goudveld; 17:40: Paul Roos vs Westville Boys’ High.

  • Noordelikes kies spanne vir nasionale weke

    Noordelikes kies spanne vir nasionale weke

    NorthernsDie voorste span op verlede jaar se Coca-Cola Khaya Majola-week vir o.19-spanne, Noordelikes, het sy span vir vanjaar se toernooi wat van 17 tot 21 Desember in Johannesburg sal plaasvind. Die toernooi word op St Stithians College in die Goudstad aangebied.

    Noordelikes sal met ‘n groen span die toernooi ingaan. Nie ‘n enkele speler wat verlede jaar in Bloemfontein in aksie was, is vanjaar weer vir die span beskikbaar gewees nie. Boonop het die span ook ‘n nuwe breier in Mark Charlton. Sy hulpafrigter sal Thabiso Makwela wees.

    Die span wat verlede jaar deur Pieter Cronje van die Afrikaanse Hoer Seunskool van Pretoria gebrei was, het Vrystaat in die hoofwedstryd van die toernooi in die Rosestad met agt paaltjies geklop.

    Noordelikes het wel in Herman Rolfes (Affies) die voorste lopiemaker op verlede jaar se o.17-toernooi in sy geledere. Rolfes het verlede jaar in Benoni 428 lopies teen ‘n gemiddeld van 107 lopies per beurt gemoker. Dit het twee honderdtalle ingesluit. Hy het ook al die Suid-Afrikaanse o.19-span verteenwoordig.

    Centurion se Francois van Heerden is welbekend as ‘n speler wat ook oor ‘n bree kolf beskik. Hy het verlede jaar ook vir die o.17-span 289 lopies geslaan. Dit was die derde meeste deur enige speler op die toernooi. Spanne kan dus nie Noordelikes onderskat op vanjaar se Khaya Majola-week nie.

    Die keurders van Noordelikes het wel nog ‘n moeilike besluit om te maak tussen Nico van Zyl (Waterkloof) en Luan van Strijp (Affies). Slegs een van die twee sal in die finale span na die Khaya Majola-week ingesluit kan word.

    Krieket Suid-Afrika se nasionale o.17-toernooi vind vanjaar van 13 tot 17 Desember in Oos-Londen plaas. Die nasionale o.15-week word van 8 tot 12 Desember in Bloemfontein gespeel.

    Noordelikes se spanne is: 

    o.19: Francois van Heerden (Centurion), Thabo Motaung (Prestige College), Chris Brits (Pretoria Boys’ High), Jandre Pretorius (Waterkloof), Herman Rolfes (Affies), Modiri Litheko (Cornwall Hill College), Musa Twala (St Alban’s College), Tshiamo Lebeloane (Cornwall Hill College), Gideon Peters (Waterkloof), Josef Arendse (Pretoria Boys’ High), Nico van Zyl (Waterkloof), Luan van Strijp (Affies).

    o.17: Ludwig Kaestner (Waterkloof), Tristan Janse van Rensburg (Menlopark), Wasani Mushwana (Pretoria Boys’ High), Dian Forrester (Affies), Kofi Essel Mensah (Cornwall Hill College), Ximus du Plooy (Affies), Thabiso Motubatsi (Mamelodi), Juandre Scheepers (Garsfontein), Albert Wells (Waterkloof), Om Thaker (Laudium), Reyneke Shaik (Garsfontein), Prince Trotter (Cornwall Hill College), Olebogend Buffel (Midstream College).

    o.15: Thabang Baloyi (Prestige College), Christiaan Oberholzer (Garsfontein), Dirk Herbst (Affies), Lungelo Khoba (Cornwall Hill College), SW Kemp (Garsfontein), Ralf Schmidt (Garsfontein), Zeeshan Ishmael (Pretoria Boys’ High), Dihan Bekker (Affies), Chearn Manus (Pretoria Boys’ High), Gontje Phuthi (Prestige College), Thumelo Khabele (Cornwall Hill College), Hardus Coetzer (Waterkloof), Kagiso Ngwenya (Prestige College).

  • Virsekerbeker Plaat-afdeling se bepalings vir 2018

    Virsekerbeker Plaat-afdeling se bepalings vir 2018

    VirsekerBekerlogo

     

    Die bepalings van die Virsekerbeker Plaat-afdeling is (tuisspanne eerste vermeld): 

    Saterdag, 12 Mei 2018

    Marais Viljoen vs Zwartkop
    Eldoraigne vs Middelburg
    Rustenburg vs Montana

    Saterdag, 19 Mei 2018

    Noordheuwel vs Marais Viljoen
    Zwartkop vs Eldoraigne
    Kempton Park vs Montana

    Saterdag, 26 Mei 2018

    Middelburg vs Marais Viljoen
    Eldoraigne vs Kempton Park
    Zwartkop vs Rustenburg

    Saterdag, 2 Junie 2018

    Noordheuwel vs Eldoraigne
    Montana vs Marais Viljoen
    Kempton Park vs Zwartkop
    Rustenburg vs Middelburg

    Saterdag, 9 Junie 2018

    Kempton Park vs Noordheuwel
    Montana vs Middelburg

    Saterdag, 16 Junie 2018

    Rustenburg vs Noordheuwel

    Saterdag, 21 Julie 2018

    Middelburg vs Noordheuwel
    Marais Viljoen vs Kempton Park
    Eldoraigne vs Rustenburg
    Montana vs Zwartkop

    Saterdag, 28 Julie 2018

    Noordheuwel vs Zwartkop
    Marais Viljoen vs Rustenburg
    Montana vs Eldoraigne
    Middelburg vs Kempton Park

    Saterdag, 4 Augustus 2018

    Noordheuwel vs Montana
    Marais Viljoen vs Eldoraigne
    Kempton Park vs Rustenburg
    Zwartkop vs Middelburg

  • Virsekerbeker 2018 gaan vir heelwat opwinding sorg

    Virsekerbeker 2018 gaan vir heelwat opwinding sorg

    VirsekerBekerlogoSkolerugby-ondersteuners noord van die Vaalrivier kan hulle gereed maak vir die mees opwindende skolerugby-seisoen sedert 1997.

    Die nuwe indeling van die Virsekerbeker (voorheen Beeldtrofee) sal sonder twyfel sorg dat die 2018-seisoen een vir die boeke sal wees. Daar was ook lanklaas ‘n strawwer kompetisie beplan as die Bekerafdeling van die Virsekerbeker.    

    In 1997 het die Ford en Beeld Super 12-reeks tot stand gekom. Die kompetisie staan deesdae as die Tuks-reeks bekend, maar het voorheen ook as die Michelin-reeks bekend gestaan. Dit was destyds ‘n opwindende nuwe reeks waarin al die voorste skole in die Noordvaal-streek deelgeneem het.  

    In die Virsekerbeker se Bekerafdeling sal die voorste agt spanne vanuit die Noordvaal teen mekaar sake om die titel uitspook. Slegs die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria en Waterkloof wat besluit het om nie aan kompetisie-rugby deel te neem nie, sal nie in die kompetisie in aksie wees nie. 

    Die kampioen van vanjaar se Virsekerbeker vir Makroskole, Monument van Krugersdorp, sal sy aanslag in Vanderbijlpark teen Transvalia op 26 Mei 2018 afskop. Die reeks sal volgende jaar reeds op 12 Mei afskop, maar Monnas het interskoles teen Waterkloof en Glenwood tydens die eerste twee Saterdae van die reeks. 

    Die ander spanne in die Beker-afdeling is Garsfontein van Pretoria, HTS Middelburg, Hoërskool Nelspruit, Helpmekaar-kollege, EG Jansen van Boksburg en Menlopark. Buiten die Beker-afdeling is daar ook ‘n Plaat-afdeling en Skild-afdeling waarin skole sal meeding. Die voorste skool in die twee afdeling sal aan die einde van die seisoen opskuif na die afdeling bo hom, terwyl die skool wat onderaan sy afdeling eindig sal moet afskuif. 

    Die bepalings van die Virsekerbeker Beker-afdeling is (tuisspanne eerste vermeld): 

    Saterdag, 12 Mei 2018 

    HTS Middelburg vs Garsfontein
    Hoërskool Nelspruit vs EG Jansen
    Helpmekaar vs Transvalia

    Saterdag, 19 Mei 2018

    Garsfontein vs EG Jansen
    Menlopark vs Hoërskool Nelspruit
    Transvalia vs HTS Middelburg

    Saterdag, 26 Mei 2018

    Garsfontein vs Menlopark
    Transvalia vs Monument
    Hoërskool Nelspruit vs Helpmekaar
    EG Jansen vs HTS Middelburg

    Saterdag, 2 Junie 2018

    Helpmekaar vs HTS Middelburg
    Monument vs Hoërskool Nelspruit
    EG Jansen vs Transvalia

    Saterdag, 9 Junie 2018

    Monument vs Garsfontein
    HTS Middelburg vs Menlopark
    Helpmekaar vs EG Jansen

    Saterdag, 16 Junie 2018

    EG Jansen vs Monument
    Menlopark vs Helpmekaar

    Saterdag, 21 Julie 2018

    Garsfontein vs Helpmekaar
    Monument vs Menlopark
    Nelspruit vs Transvalia

    Saterdag, 28 Julie 2018

    Garsfontein vs Hoërskool Nelspruit
    HTS Middelburg vs Monument
    Transvalia vs Menlopark

    Saterdag, 4 Augustus 2018

    Transvalia vs Garsfontein
    Helpmekaar vs Monument
    Menlopark vs EG Jansen
    Hoërskool Nelspruit vs HTS Middelburg