SSPN Test Site

Blog

  • Affies behou titel as Noordelikes se kampioen

    Affies behou titel as Noordelikes se kampioen

    NewsGHermanRolfesDie Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria se eerste krieketspan het sy titel as kampioen van die Noordelikes-liga suksesvol verdedig. Affies het Saterdag vir Pretoria Boys’ High met 28 lopies in sy laaste ligawedstryd van die jaar geklop om seker van die titel te maak.

    Herman Rolfes (115), aanvangskolwer van Affies, het met sy honderdtal sy span tot 246/7 in sy toegelate 50 boulbeurte gehelp. Rolfes het 135 aflewerings in sy beurt trotseer en 13 viere en ‘n ses gemoker. Hy het goeie ondersteuning van Ximus du Plooy (45) gekry. Die twee het ‘n vennootskap van 93 lopies om die vierde paaltjie gedeel.

    Christopher Britz was Pretoria Boys’ High se beste bouler met boulsyfers van 3/42.

    Pretoria Boys’ High is in die voorlaaste boulbeurt vir 218 lopies uitgeboul. Britz het as aanvangskolwers met 86 lopies ook Pretoria Boys’ High se aanslag met die kolf gelei.

    Luan van Strijp het die meeste van die skade met die bal aangerig. Hy het van drie kolwers vir 43 lopies ontslae geraak. Hy het ook Britz se paaltjie ingeoes met die hulp van Coenraad Pretorius wat die vangskoot waargeneem het.

    Pretoria Boys’ High en Affies het elk voor die kragmeting 24 ligapunte ingesamel. Die wedstryd het dus as ‘n “eindstryd” gedien.

    Garsfontein het Waterkloof met 20 lopies verslaan om die derde plek in die liga in te neem. Garsies en Klofies sal eerskomende Saterdag in die kwarteindronde van die Gunn & Moore Noordvaal-reeks weer sake teen mekaar uitspook.

    Garsfontein se held was sy aanvangsbouler, Marco van Biljon, wat van vier kolwers van Klofies vir slegs 34 lopies ontslae geraak het. Klofies wat tweede gekolf het kon slegs 168 lopies aanteken, met Juandro Jooste (55) wat die meeste weerstand met die kolf gebied het.

    Garsies se Juandre Scheepers (68) het die grootste bydrae met die kolf tot sy span se 188 lopies gelewer.

    Beknopte telkaarte: 

    Affies 246/7 (Herman Rolfes 115, Ximus du Plooy 45, Francois Joubert 30; Christopher Britz 3/42); Pretoria Boys’ High 218 (Christopher Britz 86; Luan van Strijp 3/43, Ximus du Plooy 2/29). Affies wen met 28 lopies.

    Garsfontein 188 (Juandre Scheepers 68, SW Kemp 49, Robert Ferreira 31; Eben Botha 3/40, Gideon Peters 2/21, Sean du Plooy 2/28); Waterkloof 168 (Juandro Jooste 55, Eben Botha 32; Marco van Biljoen 4/34, Rynard van Niekerk 3/39). Garsfontein wen met 20 lopies.

  • Ben Vorster kampioen van Limpopo vir 2017

    Ben Vorster kampioen van Limpopo vir 2017

    Ben VorsterDie trofee vir die kampioen van die Limpopo krieketliga sal vir ten minste nog ‘n jaar in Tzaneen staan. Ben Vorster van Tzaneen het die Hoërskool Pietersburg Saterdag op laasgenoemde se tuisveld in Polokwane met vier paaltjies verslaan om as kampioen gekroon te word. Merensky van Tzaneen het verlede jaar die kroon gedra.   

    Pietersburg het eerste gekol en sy aanvangskolwer Ivan Reynecke (96) was stewig oppad na sy honderdtal toe Franco Oberholzer hom uitgeloop het. Die naatbouler Vernon Harms (4/43) het die meeste skade met die val vir Ben Vorster aangerig. Hy het onder andere van Pietersburg se kaptein, Driaan Kruger, ontslae geraak. 

    Kruger was in ‘n vernietigende bui en het reeds ‘n ses geslaan van slegs die tweede aflewering wat hy trotseer het. Kruger het 21 lopies van slegs 11 aflewerings aangeteken. Ben Vorster se snelbouler Johan Harms het self ‘n goeie dag met die bal beleef en twee paaltjies vir net 13 lopies in agt boulbeurte platgetrek. 

    Johan Harms was ook sy span se voorste kolwer. Die hotklou het 89 lopies van 108 aflewerings geslaan om sy span in staat te stel om die wedstryd te wen. Sy beurt het 14 grenshoue ingesluit, waarvan twee vir die eerste keer anderkant die grenstou grond gevat het. 

    Oberholzer (28), Artwell Mokgoloboto (20) en Vernon Harms (20) het elk ook belangrike bydraes met die kolf gelewer. Gerhard Venter (2/33) was Pieties se beste bouler op die dag. 

    Ben Vorster sal eerskomende Saterdag teen Hans Moore van Benoni in die kwarteindronde van die Gunn & Moore Noordvaal-reeks speel. Potchefstroom Volkskool sal teen die Hoërskool Nelspruit in nog ‘n kwarteindstryd sake uitspook, terwyl Monument van Krugersdorp en EG Jansen van Boksburg ook swaarde sal kruis. 

    In die oorblywende kwarteindstryd sal Waterkloof en Garsfontein teen mekaar kragte meet. 

    Beknopte telkaart: 

    Hoërskool Pietersburg 223 (Ivan Reynecke 96; Vernon Harms 4/43, Johan Harms 2/13, Cobus Geldenhuys 2/45); Ben Vorster 224/6 (Johan Harms 89, Franco Oberholzer 28, Vernon Harms 20, Artwell Mokgoloboto 20; Gerhard Venter 2/33). Ben Vorster wen met vier paaltjies.

  • Rustenburg palm tweede titel in Hoërskole Sewes-reeks in

    Rustenburg palm tweede titel in Hoërskole Sewes-reeks in

    NewsGWaterkloofSewesDie Hoërskool Rustenburg se sewes-rugbyspan het Saterdag sy tweede titel as kampioen van een van die Hoërskole Sewes-reeks se toernooie in Benoni ingepalm.

    Rustenburg het die gasheer van die 11de en laaste been van die reeks, Brandwag van Benoni, met 21-12 in die Beker-eindstryd verslaan. Die Rusties het reeds tydens die toernooi wat hulle aangebied het, hul plek in volgende week se Kampioen van Kampioene-toernooi bespreek.

    Dit beteken dat Brandwag ‘n uitnodiging sal ontvang om aan die Kampioen van Kampioene-toernooi by Camp Discovery, net noord van Pretoria, by te woon.

    Die Kampioen van Kampioene-toernooi vind Vrydag en Saterdag by Camp Discovery plaas.

    Drie spanne was in aksie op die toernooi in Benoni wat reeds vir dié naweek se toernooi gekwalifiseer het. Hulle is Waterkloof, Montana en Rustenburg.

    Waterkloof het sy rieme in die halfeindronde teen die uiteindelike kampioen met 19-12 styfgeloop. Brandwag het Montana in die ander halfeindstryd met 21-14 uitgeskakel.

    Montana het die been gewen wat deur Merensky in Tzaneen aangebied is, terwyl Klofies as kampioen van die toernooi gekroon is, wat deur Bergvlam in Mbombela aangebied was.

    Die ander kampioene wat die naweek in aksie sal wees is Goudveld-Hoërskool van Welkom, Durban High School, Glenwood, Noordheuwel van Krugersdorp en Paul Roos Gimnasium.

    Brandwag van Benoni, Diamantveld van Kimberley en Westville Boys’ High van Durban sal as die promotor se keuses aan die toernooi deelneem.

    Welkom-Gimnasium het ook ‘n uitnodiging as promotors-keuse ontvang. Daar word verwag dat die span van Welkom teen Maandag ‘n besluit sal neem oor sy deelname aan die toernooi.

    Wat die besluit bemoeilik is die feit dat die Griffons se o.20-rugbyspan tot die eindstryd van die Saru o.20-kampioenskap deurgedring het. Die eindstryd vind Vrydag plaas en Gimmies se Andrew Kota en Ulrich Stander speel ook vir die Perses. Kota en Stander is sleutelspelers vir Gimmies se sewesspan wat in die eindstryd van die Bloemfontein-been van die reeks gelykop teen Louis Botha gespeel het.

    Gimmies se twee afrigters, Roean Bezuidenhout en Jacques Juries, is ook die breiers van die Perses se o.20-span.

    Al die uitslae:

    Groep A: Rustenburg 53, Cosmo City 0; Nylstroom 36, Cosmo City 0; Rustenburg 50, Nylstroom 0.
    Groep B: Oryx 7s 24, Hans Moore 22; Waterkloof 47, Oryx 7s 0; Waterkloof 40, Montana 0.
    Groep C: Hoërskool Alberton 36, Krugersdorp High 7.
    Groep D: Brandwag 38, Edenvale High 0; Montana 17, Brandwag 12; Montana 48, Edenvale 12.

    Kwarteindronde – Beker: Rustenburg 52, Oryx 7s 0; Waterkloof 53, Nylstroom 0; Brandwag 21, Hoërskool Alberton 17; Montana 40, Krugersdorp High 0.

    Halfeindronde – Bowl: Hans Moore 40, Cosmo City 0; Edenvale dring regstreeks deur tot eindstryd. Plaat: Oryx 7s 33, Nylstroom 24; Hoërskool Alberton 24, Krugersdorp High 19. Beker: Rustenburg 19, Waterkloof 12; Brandwag 21, Montana 14.

    Eindstryde – Skild: Krugersdorp High 56, Cosmo City 7. Bowl: Hans Moore 36, Edenvale High 5. Plaat: Hoërskool Alberton 33, Oryx 7s. Beker: Rustenburg 21, Brandwag 12.

  • Grey College vs Stirling – 2017

    Scorers: 

    Grey College 69 – Tries: Christopher Schreuder (3), David Kriel, Richard Kriel, Jaap van Zyl, Marius Kearney, Rikus Pretorius, Arno Nieuwoudt, Marcel Theunissen, Henk Cilliers. Conversions: Schreuder (6), Pretorius. Stirling 3.

  • Nog een spasie oop vir Kampioen van Kampioene-toernooi

    Nog een spasie oop vir Kampioen van Kampioene-toernooi

    brandwag 7s feature picDaar is nog ‘n laaste geleentheid vir ‘n span om vir homself ‘n plek in vanjaar se Kampioen van Kampioene-toernooi van die Hoërskole Sewes-reeks noord van Pretoria by Camp Discovery los te speel.

    Die 11de been van die Hoërskole Sewes-reeks vind Saterdag by die Hoërskool Brandwag in Benoni plaas. ‘n Span wat nog sy plek sal wil bespreek, sal egter ‘n opdraende stryd beleef.

    Drie spanne wat reeds hul plekke vir die toernooi by Camp Discovery bespreek het – Hoërskool Waterkloof, Montana en die Hoërskool Rustenburg sal in Benoni in aksie wees.

    Klofies is as kampioen van die Bergvlam-toernooi gekroon, terwyl Montana in Tzaneen die kroon gedra het. Die Hoërskool Rustenburg is as kampioen gekroon van die toernooi wat hy aangebied het.

    Die gasheer van Saterdag se toernooi, Brandwag, sal in sy groep Montana en Edenvale High moet klop indien hy ‘n kans wil staan. Waterkloof is saam met Hans Moore van Benoni en Oryx 7s in Groep B geloot.

    Al die wedstryde op Brandwag se hoofveld sal regstreeks gebeeldsend word na Fanstream.co.za na jou slimfoon, tablet, skootrekenaar of SlimTV. Die eindstryd van die Beker-afdeling sal om 14:00 afskop.

    Die Groepe is:

    Groep A: Hoërskool Rustenburg, Nylstroom, Curro Cosmo City.
    Groep B: Waterkloof, Hans Moore, Oryx.
    Groep C: Hoërskool Alberton, Krugersdorp High, Montana II.
    Groep D: Montana, Brandwag (Benoni), Edenvale High.

    Die Bepalings:

    A-veld – 08:30: Brandwag vs Edenvale High; 08:50: Oryx 7s vs Hans Moore; 09:10: Hoërskool Alberton vs Montana II; 09:30: Hoërskool Rustenburg vs Curro Cosmo City; 09:50: Montana vs Brandwag; 10:10: Waterkloof vs Oryx 7s.

    B-veld – 08:30: Krugersdorp High vs Montana II; 08:50: Nylstroom vs Curro Cosmo City; 09:10: Montana vs Edenval High; 09:30: Waterkloof vs Hans Moore; 09:50: Hoërskool Alberton vs Krugersdorp High; 10:10: Hoërskool Rustenburg vs Nylstroom.

  • Grey College vs Maritzburg College – 2017

    Scorers: 

    Grey College 30 (25) – Tries: Henk Cilliers (3), Marius Kearney, Christopher Schreuder. Conversion: Schreuder. Penalty: Schreuder. Maritzburg College 3 (0) – Penalty: Matthew Willemse.

  • Hoërskool President het vandag ‘n spesiale prysuitdeling

    Hoërskool President het vandag ‘n spesiale prysuitdeling

    MariusMoolmanDaar was nog nie in die 53 jarige bestaan van die Hoërskool President in Goodwood ‘n meer spesiale prysuitdeling as die een wat vanaand in die van die skool plaasvind nie. 

    Die skool het vanjaar sy 50ste eerste rugbyspan in die veld gestoot en die groot hoogtepunt van die aand is die toekenning van die gesogte President-medalje aan wyle Marius Moolman. Hy het in 1996 en 1997 vir die Boland Kavaliers in die middelveld uitgedraf. Die oud-leerling van President het boonop in 1996 saam met die Suid-Afrikaanse A-span deur Brittanje getoer. 

    Moolman se ouers, Andre en Lena, sal namens hom hierdie erkenning in ontvangs neem. Marius was in 1991 en 1992 die skool se generaal op losskakel van die eerstespan. Die gewese Springbok-vleuel Stefan Terblanche en spanmaat van Moolman tydens sy dae by Boland asook nog tien lede van SA Rugby Legends sal ook die prysuitdeling bywoon.

    “Op 20 Junie 2017, het baie oud-leerders, vriende, famile en kennise pragtig reageer op ons spesiale eerbetoon aan hom en 20 jaar later na sy afsterwe leef Marius se naam steeds voort in die harte van almal wat hom geken het vir die mooi mens wat hy was en wat hy op so ‘n jong ouderdom verwerf het,” lui ‘n verklaring van die skool.

    In die 53-jarige bestaan van President het nog net tien mense die eer gehad om met sy hoogte toekenning, die President-medalje, vereer te word. Die tien is Mnr. Richter, Me. Rudman en Mnr. Colyn (vir dienste as onderwysers), Marcus la Grange, Werner Smit, Werner Moolman en Annie Kloppers nee Le Roux (as sportsterre), Ludwig Schwardt (akademie) en Arthur Reichardt (besondere diens aan skool). 

    Reichardt is tans die skool se eerstespan se breier. ‘n Pos wat hy sedert 2015 beklee. Hy het hom twee jaar na hy aan President in 2005 gematrikuleer en twee jaar daarna by die afrigting van die skool se rugby betrokke geraak. MariusMoolmanSA

    Nog ‘n oud-leerling wat vanaand se prysuitdeling sal bywoon om dit nog meer spesiaal te maak is 2002 se eerstespan kaptein en internasionale skeidsregter, Marius van der Westhuizen. Hy hanteer Vrydag op Loftus Versfeld in Pretoria die Curriebeker-wedstryd tussen die Blou Bulle en die Pumas. 

    Ons is ook trots om aan te kondig dat daar hard gewerk word aan ‘n spesiale dokumenter oor Marius self wat die aand van die prysuitdeling as hoogtepunt sal vertoon word. Ons is ook soveel dank verskuldig aan Stefan Terblanche (oud-Springbok) wat via die SA Rugby Legends Association die dokumenter en die oorhandiging van die medalje aan sy ouers sal afneem en op die SA Rugby Legends Association TV program op SuperSport sal vertoon,” lui die verklaring. 

  • Spanne vir Blou Bulle Prestige Rugbyaand van 2018 bekend

    Spanne vir Blou Bulle Prestige Rugbyaand van 2018 bekend

    BlouBulleDie Blou Bulle se jaarlikse Prestige-rugbyaand sal volgende jaar uit sy nate bars. Nie minder as 24 skole van regoor Suid-Afrika het reeds bevestig dat hulle spanne na die rugbydag sal stuur. 

    Die Prestige-aand sal volgende jaar op 6 Maart op Loftus Versfeld plaasvind. Vir die eerste keer in die kort bestaan sal daar ‘n skool vanuit die Wes-Kaap in aksie wees. Boland Landbou van die Agter-Paarl het sy deelname aan die dag bevestig. 

    Dit is gepas dat Boland Landbou die eerste skool vanuit die Wes-Kaap is, om aan die Blou Bulle se dag deel te neem. Derick Hougaard, ‘n oud-leerling en Springbok van die skool, het as die Liefling van Loftus in sy speeldae bekend gestaan. 

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria sal ook volgende jaar vir die eerste keer aan die dag op sy voorstoep deelneem. Ander nuwelinge wat vir di eerste keer op die rugbyaand in aksie sal wees is: Duineveld van Upington, Frikkie Meyer van Thabazimbi, Witteberg van Bethlehem, HTS Middelburg en Transvalia.

    Die skole wat hul deelname bevestig het: 

    Boland Landbou, Affies, Pretoria Boys’ High, Menlopark, Garsfontein, St. Alban’s College, Zwartkop, Oos-Moot, Curro Heuwelkruin, Frikkie Meyer, Noordheuwel, Monument, Jeppe High School for Boys’, EG Jansen, Kempton Park, Transvalia, HTS Middelburg, Diamantveld, Duineveld, Welkom Gimnasium, Goudveld, Voortrekker (Bethlehem), Witteberg, Potchefstroom Gimnasium.

  • SA Rugby Sevens Academy Under-17 training squad named

    SA Rugby Sevens Academy Under-17 training squad named

    NewsGDiegoAppollisA SA Rugby Sevens Academy Under-17 squad was selected after the recent Interprovincial Sevens tournament for U17s in Kimberley, and will participate in a training camp in Stellenbosch and play in the Assupol Sevens, to be held at the Markötter Fields in Stellenbosch on 29 and 30 October.

    In total, 25 players were invited to the training camp from 23-30 October in Stellenbosch. Two SA Rugby Sevens Academy Under-17 sides will then participate in the Under-17 section of the Assupol Sevens, which will also see age group teams from Argentina and Namibia compete at the tournament.

    Western Province, who were crowned champions in Kimberley last month, have six representatives in the squad and the Golden Lions and KZN three each.

    “This is an important camp for us,” said SA Rugby Sevens Academy Manager, Marius Schoeman.

    “We have identified the players who impressed us in Kimberley and now have an ideal opportunity to work with them in camp. It is important for us to equip these players, talented as they are, with the necessary skills and tools to compete at the highest level.

    “Sevens has become a specialised code and has specific skills in crucial areas, something we need to work on with these boys. We have established the Academy as a good pathway for our best young players into the senior Springbok Sevens side and a lot of these players have the potential to become Blitzboks in the coming years.

    “That is why it is important for us to improve the areas where they are lacking and to expose them to the demands and mindset of sevens rugby. At the culmination of the camp, we will also play some competitive teams in the Assupol Sevens and that will also provide us with the opportunity to measure our progress.”

    The invited players are:

    Diego Appollis, Campwill Willemse (both Blue Bulls), Ofentse Maubane (Limpopo Blue Bulls), Ethinique Adams, Christie Grobbelaar (both Boland), Avuyile Mabece (Border), Ross Braude, Ian Small-Smith (both Free State), Kobus Hatting (Griffons), Siyanda Cele, Dylan Pretorius, Celempilo Gumede (all KZN), Anelka Barends, Gutav Erlank (both Leopards), Muzilikazi Manyike, Franco Schutte, Santino Swanepoel (all Golden Lions), Stefan Smit (Pumas), Xavier Adams, Stavino Jacobs, Tiaan Pretorius, Eugene Snyders, Albertus Horne, Duffie Kellerman, William Rose (all Western Province).

    Issued by SARU Communications

  • Grey College vs Affies – 2017

    Scorers: 

    Grey College 35 (12) – Tries: Rikus Pretorius (2), David Kriel, Henk Cilliers. Conversions: Rikus Pretorius (3). Penalties: Pretorius (3). Affies 32 (10) – Tries: Johan van Zyl (2), Johan Mulder, Philip Potgieter. Conversions: Regardt Roets (3). Penalties: Roets (2).