SSPN Test Site

Blog

  • Dis Waterkloof teen Nelspruit om titel

    Dis Waterkloof teen Nelspruit om titel

    Die eerste krieketspan van die Hoërskool Waterkloof sal sy titel as kampioen van die Gunn & Moore Noordvaal-reeks Saterdag teen Hoërskool Nelspruit op Uplands College se hoofveld in Witrivier probeer verdedig. Klofies het Saterdag teen EG Jansen van Boksburg met ‘n sege van 36 lopies sy plek in die eindstryd bespreek.

    Waterkloof het eerste gekolf en is vir slegs 159 lopies in die 36ste boulbeurt uitgeboul. ‘n Sekere kolwer met die naam Ekstras het met 32 lopies die grootste bydrae tot Klofies se beurt gemaak. Keagan Davies (29) en Gideon Peters (21) is die enigste ander kolwers wat meer as 20 lopies kon bydra.

    Die naatbouler Arni Enslin het van drie van Klofies se kolwers vir slegs 29 lopies ontslae geraak. Henk Bornman (3/40) het ook drie van Waterkloof se besoekers terug kleedkamer toe gestuur.

    EG Jansen kon slegs 123 lopies op Klofies se totaal antwoord. Maxwell Meyer (42) was goed oppad om sy span tot ‘n roemryke sege te lei voordat hy uitgeloop is. Waterkloodf se Peters was die beste bouler vir sy span. Hy het van vier kolwers vir slegs 24 lopies ontslae geraak.

    Sean du Plooy (3/28) het ook met sy draaiboulwerk heelwat probleme vir EG Jansen se kolwers besorg.

    In die ander halfeindstryd het Nelspruit oor te veel skietgoed vir Ben Vorster van Tzaneen beskik.

    Nelspruit het 179/9 in sy toegelate 40 boulbeurte op die Ben Vorster-ovaal danksy bydraes deur Divan Jacobs (45), Conrad Schultz (28) en Jacques Vosloo (20) aangeteken. Die kaptein Jacobs en Schultz se aanvangsvennootskap van 69 lopies was op die ou einde deurslaggewend.

    Ben Vorster se aanvangsbouler Johan Harms (3/27) het die meeste skade met die bal aangerig. Harms het ook 26 lopies met die kolf bygedra, terwyl sy span vir ‘n skamele 84 lopies uitgeknikker is.

    Jon Hinrichsen (4/29) en Divan Jacobs (4/20) het die meeste skade met die bal aangerig.

    Waterkloof het Saterdag ook vir Grey-kollege van Bloemfontein met ‘n jongspan gepak. Klofies het die wedstryd met 84 lopies gewen. Klofies beskik dus oor goeie diepte en behoort volgende jaar weer ‘n krag op die krieketveld te wees.

    Waterkloof se aanvangkolwer Ludwig Kaestner (75) het die grootse bydra tot sy span se totaal van 251/9 in sy toegelate 50 boulbeurte gemaak.

    Beknopte telkaarte: 

    Waterkloof 159 (Ekstras 32, Keagan Davies 29, Sean du Plooy 17*; Anri Enslin 3/29, Henk Bornman 3/40); EG Jansen 123 (Maxwell Meyer 42; Gideon Peters 4/24, Sean du Plooy 3/28). Waterkloof wen met 36 lopies.

    Hoerskool Nelspruit 179/9 (Divan Jacobs 45, Conrad Schultz 28, Jacques Vosloo 20; Johan Harms 3/27); Ben Vorster 84 (Johan Harms 26; Divan Jacobs 4/20, Jon Hinrichsen 4/29). Nelspruit wen met 95 lopies.

    Waterkloof 251/9 (Ludwig Kaestner 75, Jordan Hermann 42, Juandre Jooste 42; Christiaan Neethling 3/36, Brian Kershaw 3/45); Grey-kollege 167 (CP Klijnhans 47, Armandio Cavaleiro 34; Hardus Coetzee 2/14). Waterkloof wen met 84 lopies.

  • Currie Cup Final of 2017 have a strong Bloedwors taste

    Currie Cup Final of 2017 have a strong Bloedwors taste

    CurrieCupIf the Currie Cup final of 2017 had a taste it would that of some Bloedwors. 

    Paarl Gimnasium or Bloedworse as they are also known as in Paarl will have with five former pupils the biggest representation in this year’s Currie Cup final between the Sharks and Western Province in Durban on Saturday. The five players are  Kobus van Wyk, Louis Schreuder, Jacques Vermeulen (for the Sharks), Dewaldt Duvenage and JD Schickerling (for Western Province).

    The rest of the schools who will be represented in the final is a mixed bag. Kearsney College, thanks to the three Du Preez-brothers (Jean-Luc, Daniel and Robert), have three former pupils in action in the final. Paul Roos Gimnasium of Stellenbosch also have three former matriculants in John-Hubert Meyer, Damian Willemse and Ramone Samuels who will play in the final.  

    Paarl Boys’ High, St Andrew’s College of Grahamstown, Affies and Diocesan College (Bishops) all have two former students who will play in the final. 

    This year’s final will also have a strong Blitzbok flavour with Seabelo Senatla, Ruhan Nel and Werner Kok who helped the South African Sevens side to the world crown in 2016/17. 

    The teams: 

    Sharks: 15 Garth April (Florida), 14 Kobus van Wyk (Paarl Gimnasium), 13 Lukhanyo Am (De Vos Malan), 12 Marius Louw (Grey College), 11 Odwa Ndungane (Hudson Park), 10 Curwin Bosch (Grey High School), 9 Louis Schreuder (Paarl Gimnasium), 8 Daniel du Preez (Kearsney College), 7 Jean-Luc du Preez (Kearsney College), 6 Keegan Daniel (Dale College), 5 Ruan Botha (Jeugland – captain), 4 Tyler Paul (St Andrew’s College), 3 Ross Geldenhuys (St Andrew’s College), 2 Franco Marais (Transvalia), 1 Thomas du Toit (Paarl Boys’ High). Replacements: 16 Akker van der Merwe (Outeniqua), 17 Juan Schoeman (Affies), 18 John-Hubert Meyer (Paul Roos Gimnasium), 19 Jean Droste (Affies), 20 Jacques Vermeulen (Paarl Gimnasium), 21 Michael Claassens (Hoërskool Kroonstad), 22 Tristan Blewett (Hilton College), 23 Rhyno Smith (Paarl Boys’ High). 

    Western Province: 15 Damian Willemse (Paul Roos Gimnasium), 14 Seabelo Senatla (Riebeeckstad), 13 Ruhan Nel (Brandwag, Benoni), 12 Huw Jones (Millfield), 11 Dillyn Leyds (Diocesan College), 10 Robert du Preez (Kearsney College), 9 Dewaldt Duvenage (Paarl Gimnasium), 8 Nizaam Carr (Diocesan College), 7 Cobus Wiese (Hoerskool Upington), 6 Sikhumbuzo Notshe (Wynberg Boys’ High), 5 JD Schickerling (Paarl Gimnasium), 4 Chris van Zyl (Rondebosch Boys’ High – captain), 3 Wilco Louw (HTS Drostdy), 2 Bongi Mbonambi (St Alban’s College/Voortrekker), 1 JC Janse van Rensburg (Oakdale Landbou). Replacements: 16 Ramone Samuels (Paul Roos Gimnasium), 17 Alistair Vermaak (Harmony Sportsacademy), 18 Frans van Wyk (Monument), 19 Jan de Klerk (Hoërskool Pietersburg/Waterkloof), 20 Kobus van Dyk (Overberg), 21 Jano Vermaak (HTS Vereeniging), 22 Werner Kok (Hoërskool Nelspruit), 23 Dan Kriel (Maritzburg College). 

    Schools Represented:

    5 – Paarl Gimnasium (Kobus van Wyk, Louis Schreuder, Jacques Vermeulen, Dewaldt Duvenage, JD Schickerling). 

    3 – Kearsney College (Jean-Luc du Preez, Daniel du Preez, Robert du Preez); Paul Roos Gimnasium (John-Hubert Meyer, Damian Willemse, Ramone Samuels). 

    2 – Paarl Boys’ High (Thomas du Toit, Rhyno Smith); St Andrew’s College (Tyler Paul, Ross Geldenhuys); Affies (Jean Droste, Juan Schoeman); Diocesan College (Dillyn Leyds, Nizaam Carr). 

    1 – Jeugland (Ruan Botha), Hoërskool Kroonstad (Michael Claassens), De Vos Malan (Lukhanyo Am), Dale College (Keegan Daniel), Transvalia (Franco Marais), Hilton College (Tristan Blewett), Florida (Garth April), Hudson Park (Odwa Ndungane), Outeniqua (Akker van der Merwe), Hoerskool Upington (Cobus Wiese), HTS Drostdy (Wilco Louw), HTS Vereeniging (Jano Vermaak), Monument (Frans van Wyk), Overberg (Kobus van Dyk), Harmony Sportsacademy (Alister Vermaak), Riebeeckstad (Seabelo Senatla), Brandwag, Benoni (Ruhan Nel), Millfield UK (Huw Jones), Oakdale Landbou (JC Janse van Rensburg), Grey High School (Curwin Bosch), Grey College (Marius Louw), Hoërskool Nelspruit (Werner Kok), Maritzburg College (Dan Kriel), Wynberg Boys’ High (Sikhumbuzo Notshe), Rondebosch Boys’ High (Chris van Zyl); St Alban’s College/Voortrekker (Bongi Mbonambi); Hoërskool Pietersburg/Waterkloof (Jan de Klerk).  

  • Spanne bekend vir Paarl Gim se juniortoernooi van 2018

    Spanne bekend vir Paarl Gim se juniortoernooi van 2018

    PaarlGimJuniorsDie voorste o.16-rugbyspanne van Suid-Afrika sal volgende jaar weer tydens die jaarlikse Paarl Gimnasium o.16- en o.14-toernooi in aksie wees. Gimmies bied die toernooi al sedert 1992 aan. 

    Nie minder as 30 van die land se voorste rugbyskole se o.16-spanne sal volgende jaar tydens die toernooi in die Paarl in aksie wees nie. Menlopark van Pretoria, Grey-kollege van Bloemfontein, Paarl Boishaai, Monument, Paarl Gimnasium en EG Jansen se spanne behoort volgende jaar onder die land se voorste tien o.16-spanne in die land te tel. 

    Spanne van alle uithoeke van die land sover as Kimberley, Pretoria, Cradock, Krugersdorp, Mbombela, Durban, Potchefstroom, Port Elizabeth en Middelburg sal in aksie wees. 

    Tien o.14-spanne sal ook aan die toernooi in die Paarl deelneem. 

    School of Rugby sal ook van 2018 af ‘n o.16 ranglys vir skolespanne opstel en afrigters van o.16-spanne kan uitslae en inligting aan Hannes Nienaber na hannes@rugby.supersportschools.com stuur. 

    Die spanne is: 

    o.16: Affies, Menlopark, Grey-kollege, Hoër Jongenskool Paarl, Boland Landbou, Marlow Landbou, Oakdale Landbou, Hoërskool Bellville, Centurion, Diamantveld, EG Jansen, Duineveld, Durbanville, Eldoraigne, Framesby, Garsfontein, Kempton Park, Monument, Hoërskool Nelspruit, Noordheuwel, Outeniqua, Hoërskool Rustenburg, Stellenberg, Waterkloof, HTS Middelburg, Michaelhouse, Paarl Gimnasium, Paul Roos Gimnasium, Potchefstroom Gimnasium, SACS.

    o.14: Brandwag (Uitenhage), Grey-kollege, Oakdale Landbou, Hoërskool Bellville, Eldoraigne, Framesby, Kempton Park, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Rustenburg, Paarl Gimnasium.

  • Monument vs Waterkloof – 2017

    Scorers: 

    Monument 20 (10) – Drieë: Larko Lindes, Cristen van Niekerk. Doelskoppe: Jonathan Viljoen (2). Strafdoele: Viljoen. Waterkloof 17 (10) – Drieë: Sean du Plooy, Bradley McGeer. Doelskoppe: Ulrich Maritz (2). Strafdoel: Maritz.

  • Monument vs Kempton Park – 2017

    Scorers: 

    Monument 50 (22) – Drieë: Dian Oosthuizen (2), Juandre Breytenbach, Luke Rossouw, Brendan Buitedag, Franco Schutte, Jano Louwrens. Doelskoppe: Jonathan Viljoen (6). Strafdoel: Viljoen. Kempton Park 13 (5).

  • Monument vs King Edward VII

    Scorers: 

    Monument 24 (17) – Drieë: Morne Brandon (2), Franco Schutte, Stephan le Roux. Doelskoppe: Jonathan Viljoen (2). King Edward VII 19 (6).

  • Monument vs Glenwood – 2017

    Scorers: 

    Monument 30 (6) – Drieë: Cristen van Niekerk, Morne Brandon, Brendan Buitendag. Doelskoppe: Jonathan Viljoen (3). Strafdoel: Viljoen (3). Glenwood 19 (5) – Drieë: Janus Hendrikz, Rory Atwill, Conan le Fleur. Doelskoppe: Connor Allan (2).

  • Monument vs HTS Middelburg – 2017 (3)

    Scorers: 

    Monument 19 (12) – Tries: Larko Lindes, Dian Oosthuizen, Brendan Buitedag. Conversions: Jonathan Viljoen (2). HTS Middelburg 13 (6) – Try: Joubert Willers. Conversion: Riekert Barnard. Penalties: Barnard (2).

  • Monument vs EG Jansen – 2017 (2)

    Scorers: 

    Monument 52 (28) – Tries: Dandre Prinsloo (3), PJ Jacobs (2), Luke Rossouw, Morne Brandon, Tristan Dullisear. Conversions: Jonathan Viljoen (6). EG Jansen 18 (13) – Tries: Wesley Noeth, Dylan Engelbrecht. Conversion: Hugo Claassen. Penalties: Claassen (2).

  • Spanne bekend vir Kwagga-week van 2018

    Spanne bekend vir Kwagga-week van 2018

    KwaggaAlle skole koester hoop en verwagtinge vir hul o.14-rugbyspanne, maar dit is eers jaarliks na afloop van die jaarlikse Kwagga Junior-rugbyweek dat ‘n skool met sekerheid kan sê dat nuutste aanwinste onder die voorste rugbyspelers in Suid-Afrika tel. 

    Volgende jaar sal nie minder as 26 van die land se voorste skole se o.14-spanne weer in George vir die 24ste Kwagga-week (vir o.14-spanne) saamtrek. Die week is in 1995 vir die eerste keer deur Hoërskool Outeniqua gehou en het intussen van ‘n beskeie begin met slegs agt spanne sal daar 42 spanne aan volgende jaar se week deelneem. 

    Buiten die 26 o.14-spanne sal daar ook 16 van die land se voorste skole se o.15-spanne op die week in aksie wees. Die wedstryde se datums vir 2018 is 29 en 31 Maart asook 2 April. 

    Outeniqua en Menlopark van Pretoria se o.14-spanne het verlede jaar onder die voorste vier spanne in die land getel. Grey College van Bloemfontein en Oakdale Landbou wat nie in George in aksie sal wees nie, was die ander bulspanne onder die penkoppe.

    Die spanne is: 

    o.14: Affies, Ben Vorster, Boland Landbou, Curro Nelspruit, Diamantveld, Durbanville, Garsfontein, Grey High School, HTS Middelburg, Hugenote (Wellington), Jeugland, Klerksdorp, Menlopark, Monument, Noordheuwel, Outeniqua, Hoër Jongenskool Paarl, Parel Vallei, Paul Roos Gimnasium, Pearson, Stellenberg, Heidelberg Volkskool, Waterkloof, Windhoek Gimnasium, Wynberg Boys’ High, Zwartkop. 

    o.15: Hoërskool Bellville, Ben Vorster, Boland Landbou, Brandwag (Uitenhage), Curro Nelspruit, Diamantveld, Grey High School, Hugenote (Wellington), Jeugland, Hoërskool Klerksdorp, Outeniqua, Parel Vallei, Pearson, Robertson, Heidelberg Volkskool, Windhoek Gimnasium.