SSPN Test Site

Blog

  • Ligbloues en Vrystaat Arende pak mekaar in Pukke-eindstryd

    Ligbloues en Vrystaat Arende pak mekaar in Pukke-eindstryd

    NewsGPukkeBlouDie Blou Bulle sal Donderdag in Potchefstroom eers die Vrystaat Arende tydens die 12de jaarlikse Pukke-week (vir o.19-spanne) in Potchefstroom moet hokslaan indien die Ligbloues vir die derde agtereenvolgende jaar as kampioen van die toernooi gekroon wil word. Die Blou Bulle het die Pumas met 29-18 op die tweede dag van die toernooi verslaan om sy plek in die eindstryd te bespreek. 

    Die Vrystaat Arende het danksy twee strafdoele deur Franco Smith met 6-elk gelykop teen die Goue Leeus gespeel. Die Arende het tot die eindstryd dansky beter ‘n beter punteverskil tot die eindstryd deurgedring. Die Leeus het in verlede jaar se eindstryd met 9-18 teen die Ligbloues vasgeval. Smith is die seun van die voormalige Springbok-speler en huidige Bok-hulpafrigter Franco Smith.

    Die Luiperds het ‘n naelskraapse sege van 10-9 oor die Limpopo Blou Bulle behaal. Die span van die Verre Noord se punte is via deur drie strafdoele deur sy heelagter, Martin Austen, aangeteken. 

     

    Puntemakers: 

    Blou Bulle 29 – Driee: PJ Krugell (2), Eduan Swart, Wicus Janse van Rensburg, Allen Kelbrick. Doelskoppe: Cornell Korf (2). Pumas 18

    Vrystaat Arende 6 – Strafdoele: Franco Smith (2). Goue Leeus 6 – Strafdoele: Kaughan Lailvaux (2).

    Luiperds 10 – Driee: Ruan van den Heever, Herman van Staden. Limpopo Blou Bulle 9 – Strafdoele: Martin Austen (3).

    Vrystaat Arende XV 25 – Driee: Luyolo Kumane, Rethabile Mzamo, Conrad Kuhn. Doelskoppe: John-Douglas Havenga (2). Strafdoele: AJ Bezuidenhout, Havenga. Griekwas 21 – Driee: De-an Ackerman (2), Ockert de Jager. Doelskoppe: Edrich Mulke (2), Connie Conradie. 

    Noord-Natal 12 – Driee: Hardus van der Merwe, Marno Crawthorne. Doelskop: Andre Lategan. Puma-platteland 12 – Driee: Kyle Coetzee, Renaldo Alberts. Doelskop: Boeta Botha.

  • Uitslae – VKB-week – Dag 2

    Uitslae – VKB-week – Dag 2

    VKBLuiperds-platteland sal sy titel as kampioen van die VKB-week in Reitz Vrydag in die eindstryd teen Suid-Natal verdedig. Die Luiperds het sy plek in die eindstryd met ‘n oortuigende oorwinning van 31-3 oor OP-platteland bespreek. Die span het verlede jaar die Noord-Natal Lammergeiers in die eindstryd met 55-27 afgestof. 

    Dit sal die derde agtereenvolgende jaar wees dat die Luiperds in die eindstryd in aksie sal wees. Dit sal die eerste keer wees dat Suid-Natal in die eindstryd in aksie sal wees. Vanjaar is die 20ste keer wat die VKB-week in Reitz aangebied word.

    Daar sal vanjaar vir die eerste keer ‘n “stedelike” eindstryd ook plaasvind. Die Barbarians sal in die eindstryd teen die Valke te staan kom. Die Barbarians wat uit spelers van Voortrekker en Witteberg van Bethlehem, Reitz, Wilgerivier van Frankfort en Fichardtpark bestaan het tot dusver met hulle aanvallende speelstyl die opwindendste rugby in die Riemland opgedis. 

    Puntemakers: 

    Barbarians 39 (15) – Drieë: Evan van der Merwe (2), Marcel Engelbrecht (2), Quinten Mostert, Andre Badenhorst, Jaco Rossouw. Doelskoppe: Louis Viljoen (2). Rooikatte 27 (17) – Drieë: Johan de Beer, Angelo Koklas, William Hillocks, Nayron Paulsen. Doelskoppe: Charl Niemand (2). Strafdoel: Niemand. 

    Valke 27 (7) – Drieë: Dian Coetzee (2), Ruan Kruger, Tertius Loots. Doelskoppe: Lionel Ueckerman (2). Strafdoel: Ueckerman. Griffons 17 (17) – Drieë: Stompie Hanabe, Juan Jordaan. Doelskoppe: Hanabe, James Mofokeng. Hanabe.

    Valke-platteland 27 (15) – Drieë: Webster Swanepoel, Francis Mohlala, Branden Steyn, Brandon Fourie. Doelskoppe: Swanepoel, Mohlala. Strafdoel: Mohlala. Lynx 15 (3) – Drieë: Jose Dias, Chadrack Tshimanga. Doelskop: Chandre van der Berg. Skepdoel: Ashley Potgieter.

    Luiperds 31 (5) – Drieë: Tiaan Wagner (2), Henk Venter (2), Pieter Visser. Doelskoppe: Ruben Kotze (2), Stephan de Kock. OP-platteland 3 (3) – Strafdoel: Jason Trollip. 

    Suid-Natal 14 (7) – Drieë: Tyron Kinsey-Alers, Vian Potgieter. Doelskoppe: Marcus Botha (2). Oos-Vrystaat 3 (3) – Strafdoel: Norman Bibbey.

    Noord-Natal Lammergeiers 31 (7) – Drieë: Anlu Louw, Siya Nkabinde, Thami Mbatha, Sizwe Malokoane, Mvuselelo Zulu. Doelskoppe: Ruben Kwakkermaak (3). Vrystaat Kiewiete 12 (6) – Strafdoele: William Bloem (3), Bradley van Wyk. 

    Sandveld 43 (21) – Drieë: Johan Marais (3), Billy van Beeck (2), Sizwe Wittes, Griffhein Kruger. Doelskoppe: Wian Visser (2), Van Beeck (2). Suid-Vrystaat 35 (21) – Drieë: Raymond Schwartz (2), Schal-Willem Visser, Breyton Arends, Daniel Cilliers. Doelskoppe: Visser (4), Parsons. 

  • SA Rugby Youth Weeks thrill on opening day

    The SA Rugby Youth Weeks kicked off on an exciting note on Monday with a series of big wins and hard-fought encounters characterising the opening day’s play at the National Girls U18 Week and Learners with Special Education Needs (LSEN) Week in Welkom and Durban respectively.

    In the National Girls U18 Week, hosted at the HT Pelatona Projects Stadium, Western Province, Boland, Zimbabwe and Border Country Districts registered comprehensive victories to get the tournament off to a strong start, while the Leopards, Golden Lions, Boland and Golden Lions EE stamped their authority in the LSEN Week.

    In the main matches in Welkom, Border, who won the final match of the tournament in last year’s edition of the tournament, broke away in the second half against the Blue Bulls after leading 8-7 to win 25-7, while Western Province delivered a fantastic display all-around to defeat KZN 59-0, with the team scoring an impressive nine tries.

    Boland, who faced the Limpopo Blue Bulls in the opening match of the day, cruised to a 34-0 halftime lead, and secured an impressive 46-14 victory, while Border CD overcame a closely-fought first half against the Pumas to touch down six times for their 32-7 victory.

    Zimbabwe, meanwhile, scored seven tries in their 39-5 win against Griquas, while Eastern Province defeated SWD 20-5 after leading 10-5 at the break.

    Free State also started the competition on a high note as they produced a strong second half performance to outplay the Lions 22-5, while the Griffons crossed the tryline three times and limited the Leopards to a converted try only thanks to their solid defence for their 17-7 victory.

    In the LSEN Week at Glenwood High School in Durban, meanwhile, the Golden Lions overpowered the Blue Bulls EE 44-7, while their Golden Lions EE counterparts defeated the Griffons 36-18 in the opening matches of the day.

    The Leopards registered the biggest victory of the day as they defeated hosts, KZN, 57-5 with Eric Lamb scoring a hat-trick and Amogelang Gorekwang two tries as they racked up eight tries in the match.

    Western Province’s successful goal-kicking, meanwhile, earned them a 24-15 victory against the Blue Bulls in the North-South derby, despite each side scoring three tries, with Luther Springbok scoring twice; while Boland, who took top honours last season, secured a rewarding 47-5 victory against Eastern Province, as Xavier Exquire scored two of the team’s seven tries.

    In the other match-ups, Free State outscored the Pumas three tries to two for a 24-12 victory, while the Valke managed to hold off a strong challenge after the break by SWD to for a 24-15 victory.

    National Girls U18 Week day one results (Monday, 3 July):

    Boland 46-14 Limpopo Blue Bulls
    Free State 22-5 Golden Lions
    Griquas 5-39 Zimbabwe
    Pumas 7-32 Border Country Districts
    Griffons 17-7 Leopards
    Eastern Province 20-5 SWD
    Western Province 59-0 KZN
    Border 25-7 Blue Bulls
    LSEN Week day one results (Monday, 3 July):
    Golden Lions EE 36-18 Griffons
    Golden Lions 44-7 Blue Bulls EE
    Western Province 24-15 Blue Bulls
    Free State 24-12 Pumas
    Valke 24-15 SWD
    Boland 47-5 Eastern Province
    Sharks 5-57 Leopards

    LSEN Week day two fixtures (Tuesday, 4 July):

    09h00 – Eastern Province v Pumas
    09h00 – Sharks v Blue Bulls EE
    10h20 – SWD v Blue Bulls
    10h20 – Leopards v Griffons
    11h40 – Free State v Lions
    13h00 – Valke v Western Province
    14h20 – Boland v Lions EE

    Issued by SA Rugby Communications

  • Uitslae – VKB-week – Dag 1

    Uitslae – VKB-week – Dag 1

    NewsG WillieNaudeDie gasheer, Oos-Vrystaat, het vir ‘n opskudding op die eerste dag van die 20ste VKB-week in Reitz gesorg deur die Noord-Natal Lammergeiers met 22-15 in die hoofwedstryd te troef. Die Riemlanders kon slegs ‘n voorsprong van 17-5 in die eerste helfte met ‘n sterk wind van agter opbou.

    Oos-Vrystaat se losskakel, Norman Bibbey, het ‘n uitmuntende wedstryd beleef en het veral met sy lang lynskoppe saam en teen die wind sy span in die wedstryd gehou. Bibbey het ook twee van sy breekslae met drieë afgerond. Die binnesenter, DP Coetzee, en skrumskakel, Gerjansz van Deventer, wat later na heelagter verskuif het, het ook goeie vertonings gelewer. 

    Die Griffons het in die tweede danksy ‘n terugveg-poging die Lynx met 28-17 die loef afgesteek. Die Perses was teen die omdraaislag met ‘n agterstand van o-17 met hul rue teen die muur. Dit was egter skitterende spel deur sy skakelpaar, Stompie Hanabe en James Mofokeng. Dit was veral Hanabe wat in die tweede helfte gapings na willekeur in die Lynx se verdediging gevind het.

    Die Perses se kaptein en buitensenter, Pieter van Zyl, het ook ‘n skitterende vertoning opgedis toe hy met die aanvang van die tweede helfte sy verskyning op die veld gemaak het. Van Zyk is vroeër vanjaar na afloop van die Oakdale Landbou-week in die Mutual & Federal XV-tal ingesluit.  

    Die Barbarians het in die eerste wedstryd van die week vir Valke-platteland met 43-24 kaf gedraf. Die span se heelagter, Willie Naude, is as die speler van die wedstryd vir sy skerp breekslae vanuit die laaste vesting. Die Barbarians se agterhoede was op hulle stukke met die losskakel, Louis Viljoen, senter Jannes de Jager wat saam met Naude deurgans vra aan Valke-platteland se verdediging gevra het. 

    Die Barbarians is saamgestel uitspelers van Voortrekker en Witteberg van Bethlehem, Wilgerivier van Frankfort, Reitz en Fichardtpark in Bloemfontein. Vir Valke-platteland het sy buitesenter, Divan de Klerk, goed vertoon. 

    Puntemakers: 

    Oos-Vrystaat 22 (17) – Drieë: Norman Bibbey (2), Janes van Coller, Tokollo Lemnako. Doelskop: Bibbey. Noord-Natal Lammergeiers 15 (5) – Drieë: Simo Mbhele, Njabulo Ndlovu, Kwanela Ngwenya. 

    Luiperds Platteland 36 (24) – Drieë: Henk Venter (2), Stephan de Kock, Cornell Oosthuizen, Thomas Bevan, Shaun Muller. Doelskoppe: De Kock (3). Sandveld 14 (7) – Drieë: Billy van Beeck, Johan Marais. Doelskoppe: Wian Visser (2).

    OP-platteland 55 (22) – Drieë: Ruan Schutte (3), Lovo Piliso (2), Johan Maartens, De Wet Barnard, Dieter Lategan, Aubrey Passman. Doelskoppe: Jason Trollip (5). Suid-Vrystaat 12 (5) – Drieë: Geovani Flitoor, Sampie Madiba. Doelskop:  

    Suid-Natal 35 (21) – Drieë: Jaco Gouws, Sam Ntulane, Dylan Alexander, Njabulo Mbangwa, Vian Potgieter. Doelskoppe: Marcus Botha (5). Vrystaat Kiewiete 17 (0) – Drieë: Jeraldo Bell, Enrico Vermaak. Doelskoppe: Bradley van Wyk (2). Strafdoel: Van Wyk. 

    Valke 25 (10) – Drieë: Ettiene Poultney (2). Hugo Claassen. Doelskoppe: Lionel Ueckerman (2). Strafdoel: Ueckerman (2). Rooikatte 7 (7) – Drie: Nayron Paulsen. Doelskop: Charl Niemand.

     Griffons 28 (0) – Drieë: Ruan Linde, Pieter van Zyl, Stompie Hanabe, James Mofokeng. Doelskop: Hanabe (2), Arno du Plessis, Mofokeng. Lynx 17 (17) – Drieë: Siphiwe Mazibuko, Chadrack Tshimanga. Doelskop: Ashley Potgieter (2). Strafdoel: Potgieter.

    Barbarians 43 (19) – Drieë: Louis Viljoen (2), Jannes de Jager, Louis Oosthuizen, Marcel Engelbrecht, MW Roos, Willie Naude. Doelskoppe: Viljoen (4). Valke-platteland 24 (12) – Drieë: Izandro Venter, Jaco Labuschagne, Damian Jordan, Branden Steyn. Doelskoppe: Webster Swanepoel (2). 

  • Appollis speel Noordvaal Bondedag aan die brand

    Appollis speel Noordvaal Bondedag aan die brand

    NewsGDiegoAppollisDiego Appollis het vir die magic gesorg sodat die Blou Bulle se o.18-span sy eweknie van die Vrystaat met 34-30 in die hoofwedstryd van die jaarlikse Noordvaal Bondedag op Loftus Versfeld hier kon klop.

    Appollis het ‘n driekuns aan drieë behaal, maar dit was veral sy lakwerk wat ook beïndruk het. Hy het vanuit die laaste vesting die Vrystaters behoorlik laat bontstaan. ‘

    Voorlangs het Jaco Labuschagné met ‘n paar stormram-lopies die Vrystaters op die agtervoet gedwing. Al teenvoeter wat die manne van Bloemfontein daarvoor gehad het, was sy voorryman Herman Aggenbag.

    Die Vrystaat het sy terugveg-poging net te laat begin. Die vleuel Henk Cilliers en agtsteman, Arno Nieuwoudt, het in die laaste twee minute gaan druk om aansien aan die besoekers se poging te gee. Die Vrystaat kon die wedstryd waarskynlik deurgehaak het indien sy losskakel, Christopher Schreuder, ‘n beter dag met sy stelskopwerk beleef het.

    Die Goue Leeus sal nie vanjaar net die gasheer van die 53ste Coca-Cola Cravenweek op St Stithians College se velde in Johannesburg wees nie. Hulle sal ook sterk aanspraakmakers wees op die titel as nie-amptelike kampioen.

    Die Leeus het nie net hard gebrul op die Bondedag nie, maar ook die Griffons met 76-21 gebyt.

    Die Perses het eerste bloed geruik met skaars ‘n minuut verstreke in die wedstryd toe sy binnesenter, Dealin Jafta, vir die eerste drie van die wedstryd oorgeduik het.

    Soos verlede jaar se stryd tussen die twee spanne op die Bondedag was hardlooprugby eerste op die prioriteitslys. Die Leeus het 11 drieë ingeryg waarvan die vleuel David Cary en die agtsteman en kaptein, Travis Gordon, albei twee gedruk het.

    Die Rooibontes se flank PJ “Pot”Jacobs het soos gewoontlik ‘n paar manne hard met Moeder aarde laat kennis maak, terwyl hy ook ‘n paar kragtige lopies ingekry het.

    Die Pumas se buitesenter, Siphesihle Mthethwa, het ‘n uitmuntende vertoning in sy span se oorwinning van 31-17 oor Grens met twee drieë afgerond. Hy het Grens se verdediging behoorlik beproef elke keer wat hy besluit het om op die aanval te gaan.

    Daar kan egter nie veel in Grens se vertoning gelees word nie met al die spelers van Selborne College, Dale College en Queen’s College wat nie beskikbaar vir die Bondedag was nie. Die drie skole neem aan die jaarlikse Kaapse-skoleweek deel.

    Selborne het in sy wedstryd teen SACS met 13-17 vasgeval, terwyl Queen’s College naelskraaps teen Wynberg Boys’ High met 24-22 baas was. Dale College het 27-elk gelykop in ‘n wipplank-stryd teen Rondebosch Boys’ High gespeel.
    Stellenberg het Muir College met 40-10 kaf gedraf, terwyl Grey High School vir naelskraaps met 18-17 oor Boland Landbou klaargespeel het.

    NewsGValke

    Hoewel die Valke se proefneming om sy kaptein, Ruben Beytell, op skrumskakel teen die Limpopo Blou Bulle in te span nie te geslaagd was nie, was die blondekop steeds die beste speler in sy span se oorwinning van 42-14 op die Bondedag. 

    Beytell se diens was nie suiwer en sekuur aan die agterlyn nie, maar hy was weer toe hy op losskakel inskuif ‘n doring in die vlees. Hy het toe twee keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak.

    Die Luiperds se losskakel, Hanru van Rooyen, was saam met sy kaptein en flank, André Fouché, en heelagter, Bertru Jones, aan die voorpunt van hulle sege van 33-10 oor Grens Akademie.

    KwaZulu-Natal se slot JJ van der Mescht sal nie maklik uit vanjaar se SA Skole-span gelaat kan word nie. Hy was saam met die flank Dylan Kruger, aan die voorpunt van hul span se oorwinning van 35-11 oor Boland.

    Puntemakers:

    Blou Bulle 34 (17) – Drieë: Diego Appollis (3), Giovan Snyman, James Combrinck. Doelskoppe: Ulrich Maritz (3). Strafdoel: Maritz. Vrystaat 30 (8) – Drieë: Henk Cilliers (2), Janco van Heyningen, David Kriel, Arno Nieuwoudt. Doelskop: Christopher Schreuder. Strafdoel: Schreuder.

    Goue Leeus 76 (31) – Drieë: David Cary (2), Travis Gordon (2), Morné Brandon, Keagan Glade, Tino Swanepoel, Marc Morrison, Luke Rossouw, Tinus Combrinck, Muli Manyike. Doelskoppe: Kennedy Mpeku (9). Strafdoel: Mpeku. Griffons 21 (7) – Drieë: Dealin Jafta, Owen Kleynhans, Jason Wagman. Doelskoppe: Andrew Kota (3).

    Pumas 31 (12) – Drieë: Siphesihle Mthethwa (2), Tshepo Malumane, Bondumenzi Dlamini, Damian Losper. Doelskoppe: Stephan van der Bank (3). Grens 17 (10) – Drieë: Bulelani Ngaki (2). Doelskoppe: Thabang Maifo (2). Strafdoel: Maifo.

    KwaZulu-Natal 35 (14) – Drieë: Sanele Nohamba, Rynhardt Jonker, Dylan Kruger, Jaden Hendrikse, Morné van Rensburg. Doelskoppe: Hendrikse (2), Nohamba (2). Strafdoel: Nohamba. Boland 11 (6) – Drie: Rune Lucas. Strafdoele: JP Viviers (2).

    Valke 42 (18) – Drieë: Ruben Beytell (2), Elrich Louw, Dwayne Fourie, Wesley Noeth, Carson Koekemoer. Doelskoppe: JP Pieterse (3). Strafdoele: Schwartz (2). Limpopo Blou Bulle 14 (7) – Drieë: Renier Gerber, Vincent Roos. Doelskoppe: Karel-Johan Limach (2).

    Luiperds 33 (26) – Drieë: Bertru Jones (2), Hanru van Rooyen, Lohan Jahns, André Fouché. Doelskoppe: Van Rooyen (4). Grens Akademie 10 (5) – Drieë: Matthew Thompson, Kagiso Ngashosho.

  • Amper al die rolspelers vir vanjaar se Virsekerbeker vir Grootskole bekend

    Amper al die rolspelers vir vanjaar se Virsekerbeker vir Grootskole bekend

    31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

    NewsGBenVorsterAmper al die rolspelers vir vanjaar se Virsekerbeker vir Grootskole is bekend.

    Dit is slegs in die Leeus en die Valke se eindstryde waar daar nog spanne uitgeskakel moet word.

    In die Leeus se eindstryd sal Linden en Dinamika van Alberton teen mekaar sake uitspook. Dinamika het vir ‘n verrassing in die Leeus se halfeindstryd gesorg deur Hoërskool Alberton met 5-0 te klop. Die verdedigende kampioen van die Virsekerbeker vir Grootskole, Helpmekaar-kollege, dring regstreeks tot die uitspeelrondes as die Leeus se naaswenner deur.

    Helpmekaar sal op die Luiperds se kampioen in die uitspeelronde van die Virsekerbeker wag. Potchefstroom Gimnasium het sy plek in die eindstryd bespreek deur Wesvalia met 57-33 op Mooivallei kaf te draf. Hy sal teen Lichtenburg in die Luiperds se eindstryd te staan kom na laasgenoemde vir die Hoërskool Klerksdorp met 55-35 kaf gedraf het.

    In die Valke was daar ook ‘n verrassing in die halfeindronde met Dr. Malan wat die bordjies met 20-14 teen Vereeniging Gimnasium verhang het. In die ander halfeindstryd het Driehoek vir Hans Moore met 46-44 in ‘n opwindende wedstryd verslaan.

    Slegs die wenner van die eindstryd tussen Driehoek en Dr. Malan sal tot die Virsekerbeker se uitspeelrondes deurdring. Transvalia is reeds seker van sy plek in die uitspeelrondes van die streekkompetisie.

    Transvalia sal op die naaswenner van die Blou Bulle in die uitspeelronde wag. Die Blou Bulle se eindstryd sal tussen Oos-Moot en die Hoërskool Tuine beslis word. Oos-Moot sal as die volslae gunsteling op die veld draf.

    Ermelo het self vir ‘n verrassing gesorg deur Piet Retief in die halfeindronde van die Pumas naelskraaps met 26-25 uit te skakel.

    Secunda het verlede jaar se kampioen, Ligbron Akademie, met 32-29 in die ander halfeindstryd geklop. Die senter Guyle le Roux het ‘n die wendrie vir Secunda gaan druk na speeltyd reeds verstreke was.

    Ben Vorster en Frikkie Meyer sal soos verwag mekaar in die Limpopo-eindstryd die stryd aansê. Frikkie Meyer het vir die Hoërskool Pietersburg met 32-14 in die halfeindronde uitgeskakel. Ben Vorster was met 42-12 te sterk vir Ellisras in die ander halfeindstryd. Die Vossies se flank, Franco Oberholzer, het ‘n driekuns aan drieë behaal.

    Blou Bulle Goue Leeus Limpopo Luiperds Pumas Valke
    Oos-Moot Helpmekaar Ben Vorster Lichtenburg Secunda Transvalia
    Tuine Linden/Dinamika Frikkie Meyer Potch Gimmies Ermelo Dr. Malan/Driehoek
  • Kearsney 1st XV lost to Westville 1st XV 27-17

    Kearsney 1st XV lost to Westville 1st XV 27-17

    Rugby Kearsney Jacques OdendaalWestville hosted Kearsney for the last fixture of the season, with both teams prepared to play attractive rugby which was enjoyed by a big crowd in perfect conditions.

    Kearsney scored their first try within 40 seconds after receiving the kick off, producing some good inter play between backs and forwards. Full back Jacques Odendaal scored, with James Sutherland converting for an early 7-0 lead.

    Kearsney dominated the next 15 minutes, during which they were disallowed tries on two occasions.

    In the 20th minute the host had a break away from the lineout and was bundled into touch. Kearsney had an overthrow which Westville collected and dived over for a converted try. The score was 7-all.

    Kearsney responded immediately from the kick off as hooker Daniel Cherry ripped the ball from the opposition maul. He fed winger Robbie Koenig who linked with full back Odendaal to score in the left corner and regain the lead at 12-7.

    Westville responded with a converted try to restore the lead at 14-12. Westville attacked down the middle soon after the kick off and forced a penalty at a resulting break down to add another three points. The half time score was 17-12 to Westville.

    Kearsney started the second half with a flurry but discipline cost them points and a yellow card. They were rewarded though when fly half Taine Muirhead executed a planned corner kick. Kearsney managed to turn it over and move it down the backline for Sutherland to dive over to level scores 17-all.

    Not long after that Westville capitalised on another erroneous lineout overthrow from Kearsney for a converted try and 24-17 lead.

    The rest of the match was evenly contested with Westville adding another penalty for the final score of 27-17.

  • Liggies en Gimmies deur tot Luiperd-eindstryd

    Liggies en Gimmies deur tot Luiperd-eindstryd

    31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

    Onthou die naam Bertru Jones, want indien hy op sy vertonings tot dusver vanjaar tydens die 53ste Cravenweek vir hoërskole volgende jaar kan voortbou sal hy gewis die oog van ‘n hele paar talentwerwers vang.

     Jones het gister ‘n driekuns aan drieë in die Hoërskool Lichtenburg se sege van 55-35 oor Hoërskool Klerksdorp in die halfeindronde van die Luiperds se Grootskole-liga behaal.

     Jones is ‘n groot en sterk vleuel en hardloop boonop ook die 100m in 10.8 sekondes. Die Liggies het van meet af beheer gehad en teen rustyd met die telling op 36-0 in hulle guns was die skrif reeds teen die muur.

     Jones en die linkervleuel, Henk Venter, het op die punte heeltemal te veel beweegruimte geniet en elke keer wanner die bal tot by hulle gekom het, het hulle etlike meters veld gewen.

     Potchefstroom Gimnasium het ook te veel vrae aan Wesvalia van Klerksdorp in die ander halfeindstryd gevra. Gimmies het op die Mooivallei-veld met 57-33 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span se binnester, Edrich Cronjé, was uitstaande.

     Soos verwag was dit nie maklik vir die Hoër Jongenskool Paarl om sy onoorwonne status sedert 2015 in Suid-Afrika in sy kragmeting teen Boland Landbou op sy tuisveld, Brugstraat in die Paarl, te behou nie.

     Boishaai het in ‘n klipharde kragmeting uiteindelik met 38-33 as oorwinnaar uit die stryd getree. Die span se haker, Cullen van der Merwe, het dubbelle driedruk-plesdier ervaar.

     Daar is vooraf verwag dat dit ‘n titaniese stryd sou wees na Boland Landbou verlede week op sy tuisveld in die Agter-Paarl vir Paarl Gimnasium met 24-15 in ‘n modderbad verslaan het.

     Dit is nie aldag dat ‘n vaskopstut drie keer die doellyn oorstreek nie. Brackenfell se vaskopstut, Ronan Witten, het dit egter Saterdag vermag in sy span se weghol-sege van 79-5 oor Milnerton.

     Die Hoërskool Secunda het behoorlik die haas uit die hoed gepluk deur die Ligbron Akademie op sy tuisveld in Ermelo met 32-29 in die halfeindronde van die Pumas se Grootskole-liga te klop.

     Secunda se buitesenter, Guyle le Roux, het ‘n skitterende lopie van net binne Ligbron se helfte in die doodsnikke afgerond om aan sy span ‘n sege van 32-29 te besorg. Ligbron het met die omdraaislag ‘n stewige voorsprong van 17-8 geniet, wat hy kort na rustyd met die wind van agter na 22-8 gerek het.

     Secunda het grootliks danksy inklimspel voorlangs met die haker, Cobus Prinsloo, en slot Hannes Erasmus aan die spits terug geveg om die telling met net meer as ses minute oor op 22-elk tot stand te bring.

     In die ander halfeindstryd het die Hoërskool Ermelo ‘n naelskraapse sege van 26-25 oor Piet Retief behaal. Ermelo en Secunda dring ook deur tot die uitspeelrondes van die Virsekerbeker.

     Ben Vorster van Tzaneen se kantman, Franco Oberholzer, het so vir oulaas voor die skoolvakansie vir die Limpopo-keurders tong uitgesteek. Oberholzer het ‘n driekuns aan drieë in sy span se oortuigende oorwinning van 42-12 oor Ellisras in die halfeindronde van die Limpopo Grootskole-liga in Thabazimbi behaal. Oberholzer is twee jaar gelede goed genoeg vir die unie se Grant Khomo-span (o.16) geag, maar kon nie vanjaar een van Limpopo se spanne na die nasionale weke haal nie.

     In die ander halfeindstryd het die tuisspan, Frikkie Meyer, nie veel probleme ondervind om die Hoërskool Pietersburg met 32-14 die loef af te steek nie. Ben Vorster en Frikkie Meyer het met die oorwinning nie net ‘n afspraak met mekaar in die eindstryd vasgemaak nie, maar ook hul plekke in vanjaar se uitspeelrondes van die Virsekerbeker vir Grootskole verseker.

     In die Valke se Grootskole-halfeindronde het Driehoek van Vanderbijlpark en Dr. Malan van Meyerton tot die eindstryd deurgedring. Driehoek het sy halfeindstryd teen Hans Moore van Benoni in ‘n opwindende wedstryd met 46-44 gewen. Dr. Malan het die bordjies teen Vereeniging Gimnasium met 20-14 verhang. Na sy nederlaag teen Gimmies in die rondomtalie-afdeling het

    Dr. Malan sake in die halfeindstryd beheer. Dit was veral sy agsteman, Izandro Venter, en skrumskakel, Brandon Steyn, wat met hulle verdediging goud vir hul span werd was.

     Monument van Krugersdorp het nou wel nie op alle silinders in sy sege van 59-20 oor die Hoërskool Rustenburg gevuur nie, maar die oorwinning was meer as genoeg om sy ligaverpligtinge in die Leeus/Valke en Luiperds-liga vir Makroskole onoorwonne af te sluit.

     Die wenspan se Cravenweek-losskakel, Luke Rossouw, het vanuit die middelveld drie keer die doellyn oorgesteek. In nog ‘n Makroskole-wedstryd het Marais Viljoen net-net daarin geslaag om Hugenote van Springs met 33-32 te klop.

     Op die Vrystaat se jaarlikse Bondedag op Grey-kollege se velde het die Vrystaatse o.18-span sy eweknie van die Griffons met 47-14 in die hoofwedstryd verslaan. Griekwas se o.18-span het sy rieme met 20-27 teen die Vrystaatse Akademie-span vasgeloop.

    Die Poubloues se losskakel, Charles Williams, was uitstaande, terwyl die kaptein en agtsteman, Edrich Brand, ook goed vertoon het.

    Al die uitslae: 

    VIRSEKERBEKER

    Leeus – Makros: Monument 59, Hoërskool Rustenburg 20; Marais Viljoen 33, Hugenote (Springs) 22.

    Limpopo – Groot: Ben Vorster 42, Ellisras 12; Frikkie Meyer 32, Pietersburg 14. Medium: Hans Strijdom 58, Nylstroom 6. Middel: Eric Louw 32, Warmbad 28.

    Luiperds – Groot: Lichtenburg 55, Hoërskool Klerksdorp 35; Potchefstroom Gimnasium 57, Wesvalia 33. Middel: Schweizer-Reneke 24, HTS Rustenburg 8; Zeerust 15, Wolmaransstad 7.

    Pumas – Groot: Secunda 32, Ligbron 29; Ermelo 26, Piet Retief 25.

    Valke – Groot: Dr. Malan 20, Vereeniging Gimnasium 14; Driehoek 46, Hans Moore 44. Medium: Brandwag (Benoni) 24, John Vorster (Nigel) 15.

    OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL

    Glenwood 34, Maritzburg College 17; Grey High School 43, HTS Daniël Pienaar 25; Westville Boys’ High 27, Kearsney College 17; St Andrew’s College 29, Muir College 17.

    WES-KAAP

    Hoër Jongenskool Paarl 38, Boland Landbou 33; SACS 37, Wynberg Boys’ High 20; Rondebosch Boys’ High 32, Bishops 19; Brackenfell 79, Milnerton 5.

  • Springbokke lankal nie meer met mieliepap gemaak nie

    Springbokke lankal nie meer met mieliepap gemaak nie

    JacoBarnardSpringbokke word al lankal nie meer gemaak op ’n dieet van mieliepap soos ’n advertensie in die 1980’s beweer het nie.

    Dit is eerder ’n geval van die gebruik van sportaanvullings en ’n groter klem op die kondisionering van spelers wat deesdae die murg in die pype van ons toekomstige Bokke sit.

    Dat skolerugbyspelers deur die jare al hoe groter word, word beklemtoon deur die feit dat Muller Uys, verlede jaar se SA Skole-flank, op verlede jaar se Cravenweek swaarder geweeg het as wat die legendariese Springbok-stut, Os du Randt, in sy matriekjaar geweeg het. Os, toe nog bekend as Pietertjie, was destyds met ’n gewig van 105 kg, en ’n lengte van 1,90 m ’n verskrikking op die veld tydens die Cravenweek van 1990 in Durban.

    Uys het met ’n lengte van 1,9 m die skaal verlede jaar op 107 kg laat kreun.

    “Daar is ’n hele paar faktore wat ’n rol speel dat skolespelers vanjaar heelwat swaarder weeg as voorheen. Al die voorste rugbyskole het ’n biokinetikus en ’n gimnasium, terwyl kinders deesdae al in kleuterskole aan Playball deelneem,” sê dr. Henry Kelbrick, ’n kenner van sportmedisyne van Pretoria.

    Playball is ’n program vir kinders tussen twee en agt jaar oud om hulle te help om hul sportvaardighede te ontwikkel.

    “Afrigters van oor die land heen dra grootliks daartoe by dat spelers al hoe swaarder op skoolvlak weeg. Ek kry elke jaar o.16-seuns en hul ouers wat my kom sien en by my raad soek oor hoe hulle 10 tot 15 kg kan swaarder word omdat afrigters dit van hulle verwag as hulle in die eerste span wil speel,”

    Kelbrick is al 20 jaar die spandokter van die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria en het self in 1984 vir Noord-Transvaal se Cravenweek-span uitgedraf. Hy het ook op sy dag vir die Ligbloues se senior span in die voorry gesak.

    “Dit is wetenskaplik bewys dat kinders tot op 16-jarige ouderdom slegs met hul eie liggaamsgewig moet oefen. Indien hulle vroeër in die gimnasium met gewigte begin oefen, sal dit hul groeiplate belemmer,” het Kelbrick gesê.

    Volgens Kelbrick is daar wel spelers wat groter is vanweë hul genepoel, soos byvoorbeeld die seuns van die Haaie se breier en gewese Bok-skrumskakel, Robert du Preez.

    Uys is nou wel groter as Os du Randt vergeleke met toe albei in matriek was, maar hoe vergelyk hy met van ons voorste flanke? Ruben Kruger (99 kg, 1,88 m) in 1988, André Vos (87 kg, 1,87 m) in 1992, Corné Krige (86 kg, 1,87 m), Duane Vermeulen (90 kg, 1,91 m) in 2004 en Heinrich Brüssow (90 kg, 1,83 m) in 2004 was almal heelwat ligter as Uys.

    Die bekende TV-aanbieder en rugbykommentator Toks van der Linde, wat self ’n stewige speler as Springbok was, het as Oos-Vrystaatse Cravenweek-speler in 1986 ’n skrale 89 kg geweeg.

    Vergeleke met verlede jaar se vier SA Skole-stutte Johan Neethling (120 kg, 1,84 m), Nathan McBeth (108 kg, 1,89 m), Reece Bezuidenhout (108 kg, 1,80 m) en Sazi Sandi (115 kg, 1,81 m) is die Van der Linde van destyds ’n vulletjie.

    As daar van groot rugbyspelers gepraat word, kan die naam van Bakkies Botha nie weggelaat word nie. Botha het destyds in sy post-matriekjaar as 19-jarige vir die Valke aan die Cravenweek van 1998 deelgeneem. Hy was reeds ’n langeraat van 2,02 m, maar het slegs 100 kg geweeg. Botha het die SA Skole-span daardie jaar aangevoer.

    Verlede jaar se SA Skole-slot Salmaan Moerat het die skaal op 115 kg laat kreun en was 2 cm korter as die Botha van destyds.

    Onlangse SA Skole-slotte wat soos Botha, langer as 2 m in matriek was, is Eduard Zandberg (115 kg, 2,01 m) en RG Snyman (113 kg, 2,05 m).

    “Deesdae se skolespelers is nie langer nie, maar hulle is wel 100 keer beter gekondisioneer as toe ek gespeel het.” sê Jaco Barnard van SportsMax, ’n vervaardiger en verspreider van sportaanvullings vir skoliere.

    “Skole se eerste spanne oefen deesdae al soggens voor skool in die gimnasium en het kondisioneringsafrigters. Die outjies volg mekaar ook op sosiale media en weet presies wat elkeen se gewig en lengte is.”

    Barnard het met ’n “lenige” postuur van 89 kg en 1,95 m die SA Skole-span in 1995 as ’n slot verteenwoordig.

    “Ons het by die Afrikaanse ­Hoërskool Kroonstad slegs drie keer ’n week in die middae geoefen en ek was op skool nooit in ’n gimnasium nie.”

    Barnard het tydens die Wildeklawer-toernooi in Kimberley vanjaar ’n foto op sosiale media gedeel waar hy langs Boishaai se o.16-slot Jacques Maingard staan. Maingard is reeds 1,99 m lank en weeg ’n allemintige 115 kg.

    Gene speel gewis ’n rol in Maingard se fisieke grootheid, met sy oupa Tiny Neethling wat ’n Springbok-stut was.

    “Sowat die helfte van alle skoolkinders gebruik aanvullings en ons produkte word in Brittanje getoets om te verseker dat daar geen verbode middels in is nie. Verbode middels is sonder twyfel ’n probleem in skolerugby in Suid-Afrika. Spelers word slegs op die Cravenweek getoets – so hulle weet wanneer om op te hou om dit te gebruik.”

    Hy voel ook dat kinders nie reeds op 18 of 20 moet probeer om te weeg wat Superrugby-spelers weeg nie.

    * Muller Uys het 107 kg geweeg toe hy verlede jaar flank vir die SA Skolespan gespeel het. Dit is 2 kg meer as wat die oud-Bok-stut Os du Randt geweeg het in sy matriekjaar. Du Randt is as ’n reus beskou toe hy in 1989 en 1990 Cravenweek gespeel het.

    * PJ Botha het die skaal op dié gewig getrek toe hy as SA Skole-haker gekies is. Die oud-Bok ­James Dalton (regs) net 83 kg geweeg toe hy in 1990 die SA Skolespan gehaal het.

    *Thomas du Toit het die skaal op dié gewig getrek toe hy in 2013 in sy matriekjaar vir die Hoër Jongen­skool Paarl en die Suid-Afrikaanse Skolespan op stut gesak het. Die oud-Bok-stut Toks van der Linde (links) het ’n (betreklik) skamele 89 kg geweeg toe hy in 1986 in die Cravenweek uitgedraf het.

  • Vanjaar se Noordvaal Bondedag grootste nog

    Vanjaar se Noordvaal Bondedag grootste nog

    NoordvaalLogoDie grootste Bondedag nog op hoërskolevlak nog in Suid-Afrika sal volgende week op Loftus Versfeld in Pretoria aangebied word. Nie minder as 12 van die 20 spanne wat later vanjaar aan die 53ste Coca-Cola Cravenweek vir hoërskole in Johannesburg sal deelneem sal op die jaarlikse Noordvaal Bondedag op 1 Julie in aksie wees. 

    In die hoofwedstryd van die dag om 14:00 sal die Blou Bulle se o.18-span teen sy eweknie van die Vrystaat te staan kom. Die spanne van Pumas en Grens sal sake in die vernaamste voorwedstryd uitspook. Buiten Suid-Afrika se twee noordelike bure, Namibië en Zimbabwe, sal slegs die spanne van Westelike Provinsie, Suidwestelike Distrikte, Oostelike Provinsie, OP-platteland, Griekwas en Griekwa-platteland nie op die dag in aksie wees nie. 

    ‘n Wedstryd vir die fynproewer van vonkelrugby sal die wedstryd tussen die Goue Leeus en die Griffons ‘n hoogtepunt wees. Die Leeus is vanjaar sonder twyfel ‘n sterk aanspraakmaker om in die hoofwedstryd van die Cravenweek in aksie te wees. Die span het in die Mpeku-broers. Kennedy en Leon, asook met die opwindende David Cary en Tino Swanepoel in sy agterste driehoek ‘n agterhoede wat oor die vermoë beskik om enige span se verdediging aan flarde te hardloop. 

    Die span het boonop met sy lostrio wat bestaan uit Travis Gordon, PJ Jacobs en Mark Snyman die mees gedugte kombinasie wat vanjaar op die Cravenweek in aksie sal wees. Jacobs is ‘n vernietigende verdediger wat ‘n hele paar spelers vanjaar al laat dink het dat hulle sopas deur ‘n dubbel-dekkerbus raak gery is. Gordon is kliphard en laat ‘n mens aan die Bok-kaptein, Warren Whiteley, dink. Snyman het verlede jaar al die SA Skole As-span gehaal en is nie net ‘n uitstekende baljagter nie. Hy is weens sy vaart ‘n puik baldraer.

    Die Perses is self ‘n span wat daarvan hou om die bal lug te gee en daar kan verwag word dat veral die heelagter, Andrew Kota, ‘n hele paar van die Leeu-spelers tydens die Bondedag na lug sal laat gryp.  

    Al die bepalings: 

    Loftus Versfeld-stadion – 08:00: Luiperds t. Grens-platteland; 09:10: Limpopo Blou Bulle t. Valke; 10:20: KwaZulu-Natal t. Boland; 11:30: Goue Leeus t. Griffons; 12:40: Pumas t. Grens; 14:00: Blou Bulle t. Vrystaat. 

    B-veld – 08:30: Naka Bulle t. Tuine; 09:40: Tukkies t. Harlequins; 10:50: Blue Diamonds t. TUT; 11:40: Centurion t. Dragons; 12:50: Valke Akademie t. Vrystaat Akademie.