SSPN Test Site

Blog

  • Gauteng skole lewer naelbyt-netbal

    Gauteng skole lewer naelbyt-netbal

    IMG 6876Die afgelope naweek se Gauteng Netbalkampioenskappe vir Senior Sekondêre skole het netbal uit die boonste rakke gelewer.

    Die toernooi, wat by Hoërskool Dr. E.G. Jansen in Boksburg plaasgevind het, het die top spanne van o.14 tot o.19 uit Tshwane, Ekurhuleni, Johannesburg en Sedibeng ingesluit en meer as 280 wedstryde is oor twee dae gespeel.

    Soos verwag het die Pretoria skole goed gevaar, veral in die o.19 ouderdomsgroep waar hulle die top 5 posisies beklee het na afloop van die finale rondte.

    Hoërskool Menlopark se o.19-span het onoorwonne uit die stryd getree nadat hulle die semi-finaal teen die Afrikaanse Hoër Meisieskool in die doodsnikke gewen het met ‘n finale telling van 18-17.

    Menlopark het die eerste kwart oorheers en het 7-3 voorgeloop na die eerste 10 minute. Daarna moes Affies Meisies hard werk om die agterstand in te haal, maar hulle het eers in die laaste kwart werklik daarin geslaag om druk op Menlo Park te sit.

    Vir meeste van die finale kwart was daar nie meer as een punt verskil tussen die twee spanne nie, en die telling was gelykop (17-17) met slegs 10 sekondes oor op die horlosie. Menlopark het kalm gebly en die druk baie goed verwerk. Met spoed en uitstekende hantering het hulle die bal by die doele gekry om die wedtryd met 18-17 te wen.

    Die oorwinning het baie vir Menlo Park beteken, aangesien hulle met slegs een doel in ekstra tyd teen Affies Meisies verloor het in hul liga-wedstryd vroeër die seisoen.

    Die ander semi-finaal is deur Eldoraigne gewen toe hulle 31-27 met Zwartkop afgereken.

    In die o.19 finaal tussen Menlopark en Eldoraigne was Menlopark weereens vining uit die blokke en loop 8-5 voor aan die einde van die eerste kwart. Die tweede kwart is ook deur Menlo Park oorheers, en met ‘n halftydtelling van 15-8 het dit gelyk of hulle waarskynlik die wedstryd in die sakkie het.

    Eldoraigne het egter ander planne gehad en het Menlopark beperk tot slegs vier doele in die derde kwart, terwyl hulle self sewe aangeteken het. Die meisies van Centurion het in die laaste kwart op hul veggees voortgebou en die telbord het op 23-23 gestaan met slegs ‘n minuut se speeltyd oor. Weereens het Menlo Park se meisies gewys dat hulle kan kophou onder druk en het hulle die wendoel in die laaste minuut aangeteken.

    Die stryd vir derde en vierde plek is ook met slegs een doel bepaal toe Affies met 30-29 teen Zwartkop geseëvier het. Die skole se fokus verskuif nou na die Nasionale Kampioenskappe wat 4 en 5 Augustus 2017 ook by Dr. E.G. Jansen plaasvind.

    Die Afrikaanse Hoër Meisieskool het al die ander ouderdomsgroepe oorheers, met die skole van Johannesburg wat veral in die o.14 en o.16 ouderdomsgroepe sterk kompetisie vir die Pretoria skole was. Die finale ranglyste per ouderdomsgroep lyk soos volg:

    o.14

    1. AHMP
    2. Helpmekaar
    3. Monument
    4. Zwartkop
    5. Dinamika
    6. Volkskool
    7. Dr. E.G. Jansen
    8. Dr. Malan
    9. Garsfontein
    10. Linden
    11. Menlo Park
    12. Cornwall Hill
    13. Kempton Park
    14. Trinity
    15. Maragon
    16. Fourways
    17. Marais Viljoen

    o.16

    1. AHMP
    2. Waterkloof
    3. Dinamika
    4. Noordheuwel
    5. Monument
    6. Helpmekaar
    7. Eldoraigne
    8. Garsfontein
    9. Menlo Park
    10. Florida
    11. Jeugland
    12. Kempton Park
    13. Vereeniging Gim
    14. Driehoek
    15. Linden
    16. Dr. E.G. Jansen
    17. Randpark

    o.17

    1. AHMP
    2. Volkskool
    3. Waterkloof
    4. Garsfontein
    5. Monument
    6. Menlo Park
    7. Helpmekaar
    8. Noordheuwel
    9. Zwartkop
    10. Dr. E.G. Jansen
    11. Marais Viljoen
    12. Linden
    13. KHS
    14. Hans Moore
    15. Dr. Malan
    16. Kempton Park
    17. Randpark

    o.19

    1. Menlo Park
    2. Eldoraigne
    3. AHMP
    4. Zwartkop
    5. Garsfontein
    6. Dr. E.G. Jansen
    7. Helpmekaar
    8. Linden
    9. Kempton Park
    10. Edenvale
    11. Riebeeckrand
    12. Noordheuwel
    13. Vereeninging Gim
    14. KHS
    15. Marais Viljoen
    16. Dr. Malan
    17. Monument

  • Monnas en Jonathan looi Florida

    Monnas en Jonathan looi Florida

    31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

    NewsMonnasFloridaMonument van Krugersdorp se losskakel, Jonathan Viljoen, het behoorlik tong vir die Goue Leeus se keurders in sy span se weghol-oorwinning van 89-3 oor Florida uitgesteek.

    Viljoen word deur die Leeus se keurders as slegs die vyfde beste in die provinsie geag. Hy het egter in die week op die Ras van Rooyen-veld in Krugersdorp weer gewys dat hy gewis ‘n aanwins vir die Cravenweek-span sou wees. Viljoen het slegs een van sy span se 13 drieë in die wedstryd nie verdoel nie vir ‘n persoonlike bydrae van 24 punte. Sy spanmaats het dit ook nie vir hom maklik gemaak nie, meeste van die doelskoppe het hy vanaf die kantlyn oorgeklits.

    Viljoen was ‘n ware generaal in die oorwinning. Hy het met ‘n perfek geplaasde steekskoppie een van Dandré Prinsloo se aangevoor. Prinsloo het vanuit die laaste vesting vir die tweede agtereenvolgende week ‘n driekuns aan drieë behaal.

    Prinsloo het sy direkte teenstander Tino Swanepoel, wat vir die Leeus se Cravenweek-span op vleuel uitdraf, oorskadu. Swanepoel was egter steeds Florida se beste speler op die dag en het ‘n hele paar belowende lopies ingekry. En Prinsloo het gewis die voordeel gehad dat sy span die meeste van die balbesit en gebiedsvoordeel geniet het.

    Monnas het met dié slagting van sy plek bo-aan die Leeus/Valke en Luiperds se liga seker gemaak. Die span van Krugersdorp kom Saterdag in sy laaste wedstryd van die liga teen die Hoërskool Rustenburg te staan.

    Monnas weet ook reeds dat hulle teen HTS Middelburg in die kwarteindronde van die Virsekerbeker te staan sal kom. Die Wit Bulle het al vanjaar twee keer teen die Rooi Bulle koppe gestamp en was albei kere met onderskeidelik (14-12) en (40-8) baas.

    Noordheuwel van Krugersdorp het ‘n naelskraapse sege van 27-26 oor Hugenote van Springs in hulle Makroskole-ligawedstryd behaal.

    Die Hoërskool Alberton het op ‘n spreekwoordelike piesangskil in die halfeindtryd van die Goue Leeus se Grootskole-liga teen Dinamika gegly. Dinamika het die Alberton-derby met 5-0 as oorwinnaars uit die stryd getree om sy plek in die eindstryd te bespreek.

    Alberton het vroeër vanjaar in dié ligawedstryd tussen die twee spanne gemaklik met 34-7 koning gekraai. Die Hoërskool Linden het regstreeks tot die eindstryd deurgedring. Die kampioen van die Leeus se Grootskole-liga sal tot die Virsekerbeker deurdring. Helpmekaar-kollege dring reeds regstreeks vanjaar as die Leeus se naaswenner tot die streekkompetisie deur.

    Bekker van Magaliesburg sal Trinityhouse in die Leeus se Mediumskole-eindstryd pak. Hy het verlede jaar se kampioen, Fochville, oortuigend met 45-20 in die halfeindronde verslaan. Die wenspan se woelige haker, Conner Ezstergomi, het twee keer die doellyn oorgesteek.

    Trinityhouse het in die ander halfeindstryd vir Leeuwenhof met 43-19 geklop.

    Die Vrystaatse o.18-rugbyspan se flank en Grey-kollege se kaptein, Marcell Theunissen, het vier keer Saterdag die doellyn in die span se klinkende sege van 69-10 oor sy eweknie van Griekwa-platteland in Welkom oorgesteek.

    Die Griffons kan vanjaar dalk weer ‘n goeie Cravenweek beleef as hulle die vertoning van gister teen Griekwas kan herhaal. Die Perses het met 57-7 as oorwinnaars van die veld gestap. Dit was veral die span se heelagter, Andrew Kota, wat met sy aanvallende spel te veel vrae aan die Poubloues gevra het. Virlyn van Vollenhoven het ook ‘n uitmuntende vertoning gelewer. Hy het eers op vleuel en daarna in die middelveld sy kant gebring.

    Die Perses se twee afrigters, Roean Bezuidenhout en Nico Pretorius, sal ook baie tevrede voel oor hul agttal se vertonings in die skrums sowel as die lynstane.

    Die Griffons het Dinsdag teen die Valke met 7-5 in die Isak Steyl-stadion in Vanderbiijlpark die knie gebuig. Die span het dus goeie rede om tevrede met sy vertoning teen Griekwas te voel.

    Tydens die grootste dag in skolerugby in Grahamstad het St Andrew’s College nie veel genade vir Kingswood College betoon nie. Saints het die wedstryd met 72-5 gewen met sy losskakel, Matt More, wat vier keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak het.
    Kingswood het die afgelope twee jaar die oorhand gehad, maar Saints het die bordjies behoorlik verhang.

    Frans du Toit van Phalaborwa het in Limpopo se Middelskole-liga vir Warmbad met 25-17 getroef. In nog ‘n Middelskole-wedstryd in die Luiperds-liga was Schweizer-Reneke met 48-3 te sterk vir Wolmaransstad.

    Die Wilgers van Pretoria het sy plek in die eindstryd van die Blou Bulle se Mediumskole-liga met ‘n sege van 55-15 oor Gerrit Maritz bespreek. Hulle sal in die eindstryd teen Pretoria THS te staan kom.

  • Kan iemand Pretoria-spanne se oorheersing in Gauteng stuit?

    Kan iemand Pretoria-spanne se oorheersing in Gauteng stuit?

    NewsGAffiesNetbalDie beste o.12 tot o.19 netbalspanne in Gauteng kom eerskomende naweek by Hoërskool Dr. EG Jansen vir die jaarlikse Gauteng Senior Sekondêre Netbal-kampioenskappe byeen.

    Dit was ‘n bedrywige seisoen wat afgeskop het met die jaarlikse vriendskaplike toernooie gedurende die April skoolvakansie, waar sommige van die spanne reeds die geleentheid gehad het om mekaar op te weeg voor die amptelike liga-wedstryde vir die seisoen.

    Affies Meisies se A-spanne het skoonskip gemaak in die o.14 tot o.19 ouderdomsgroepe in die Jubilee-liga, en dit is dus geen verrassing dat hul spanne in meeste afdelings die gunstelinge sal wees nie. As die top netbalskool in die land van 2016, het die 2017 seisoen weereens nie teleurgestel nie.

    Die o.16A en o.19A spanne van Hoërskool Menlopark en Hoërskool Garsfontein, wat onderskeidelik die tweede en derde plekke in die Jubilee ranglyste beklee, sal hard moet werk om deur te dring na die uitspeelwedstryde.

    Garsies se o.19 A’s sal eers met die top span in die Johannesburg streek, Helpmekaar moet afreken, terwyl Menlo Park in dieselfde poel as Hoërskool Kempton Park, wenners van die Ekurhuleni streek ingedeel is.

    Menlopark, wat as kampioene van die Wildeklawer- en Tuksreeks gekroon is vroeër die jaar, sal beslis gretig wees om nog ‘n geleentheid te kry om teen Affies Meisies te speel, aangesien hul daardie liga-wedstryd met slegs ‘n enkele doel verloor het.

    Ander skole in die o.19A kompetisie om dop te hou is die gasheer, EG Jansen wat tweede in die Ekurhuleni streek geëindig het en Vereeniging Gimnasium wat in Sedibeng geseëvier het.

    Wedstryde skop om 8:00 Vrydagoggend af en die o.19 eindstryd word Saterdag om ongeveer 17:00 beslis.

    Volg gerus ons Facebookblad vir gereelde uitslae en fotos.

  • Persverklaring – Hoërskool Waterkloof: Deelname aan Virsekerbeker

    Persverklaring – Hoërskool Waterkloof: Deelname aan Virsekerbeker

    VirsekerBekerlogoHoërskool Waterkloof het die week sterk kapsie gemaak teen die manier waarop hulle verdere deelname aan die Virsekertrofee-kompetisie ontsê is nadat hulle geweier het om teen Hoërskool Garsfontein te speel.

    Terwyl berigte in die media beweer dat die skool die Blou Bulle Hoërskole Rugbyvereniging (BBHRV) hof toe sou sleep om hulle regte te beskerm, het die skool altyd so ‘n aksie as ‘n laaste uitweg beskou.

    Die skool wil die feite van die saak regstel, veral omdat selektiewe inligting, wat eensydig en onwaar is, aan koerante en ander belanghebbendes deurgegee is.

    Vir Hoërskool Waterkloof bly die besluit om nie teen Hoërskool Garsfontein deel te neem nie ‘n beginselsaak, omdat “etiese en morele waardes op die lang duur baie waardevoller is as om van tyd-tot-tyd ‘n sporttrofee omhoog te hou.” Hoërskool Waterkloof se beheerliggaam het reeds in 2016 aangekondig dat hulle nie meer teen Hoërskool Garsfontein sal speel nie, omdat dié skool deurlopend spelers van ander skole afrokkel.

    Volgens die skoolhoof, mnr. Daan Potgieter, spruit die twis juis uit die Blou Bulle Hoërskole Rugbyvereniging se foutiewe toepassing van ‘n bepaling in die notule van die Algemene Jaarvergadering van 2013, wat nié in die Blouboek van 2017 vervat is nie én die bepalings in die Blouboek weerspreek, waarop die besluit om die skool se deelname op te skort, geskoei is.

    Die aanhaling uit die Algemene Jaarvergadering-notule van 2013 is:

    9.4 Bepalings 2014/Fixture 2014

    Die bepalings moet binne die volgende twee weke deur die onderskeie groeperinge afgehandel word. Indien ‘n span nie sy bepalings in ‘n seisoen nakom nie verbeur sodanig span al sy ligapunte.

    Die aanhaling uit die Blou Boek:

    Indien ‘n span nie al sy ligaverpligtinge kan nakom nie (2 of meer wedstryde) verbeur sodanige span alle liga- en bonuspunte wat reeds verdien is. Alle opponent in daardie liga kry 1 punt vir deelname ongeag of die wedstryd reeds plaasgevind het of nie.

    Die 2013-notule vir die bepalings van 2014 wys daarop dat as ‘n span een ligaverpligting nie nakom nie, hulle al hul ligapunte sal verbeur. Die reël wat tans in die Blou Boek vervat is, stipuleer egter dat dit eers sal gebeur as ‘n span twee of meer verpligtinge nie nagekom het nie. Hoërskool Waterkloof het dus heeltemal binne die huidige regulasie opgetree deur die wedstryd teen Hoërskool Garsfontein nie na te kom nie en moes dus binne dié regulasies nog steeds toegelaat word om aan die kompetisie deel te neem.

    “Ons is benadeel deur die Blou Bulle Hoërskole Rugbyvereniging, omdat hulle nie hul eie reëls kan interpreteer of korrek daaraan uitvoering gee nie. Hulle pas die reëls op ‘n bedenklike manier aan, verkrag hul eie grondwet in die proses en gee boonop toe dat hulle eie reël in die Blou Boek vervat moes word, maar weens nalatigheid nie daarin vervat is nie,” het Potgieter gesê.

    Noordvaal het in ‘n skriftelike antwoord op 1 Junie 2017, wel aan Hoërskool Waterkloof erken dat “die gedeelte uit die Blou Boek soos aangehaal is, in botsing met die AJV 2013-notule en moes in geheel verwyder geword het.”

    Volgens Potgieter kan Hoërskool Waterkloof nie gepenaliseer word vir die feit dat die BBHRV nie behoorlik in beheer van hul eie administrasie is en die riglyne van die kompetisie nie behoorlik aan deelnemende skole kan kommunikeer nie. “Hulle sê self dit is ‘n fout en moes daarin vervat gewees het. Uit hierdie optrede kan ons slegs aflei dat Hoërskool Waterkloof op grond van individuele voorkeure benadeel word en dat die besluit wel daarop gemik is om die partye wat die klag by die BBHRV aanhangig gemaak het, onregmatig binne hierdie kompetisie te bevoordeel. Ons het juis ons beplanning volgens die 2017 Blou Boek gedoen en die reëls nougeset daarvolgens geïnterpreteer.”

    Hoërskool Waterkloof het op meer as een geleentheid briewe aan die BBHRV gerig waarin hulle ‘n oplossing probeer vind het en het selfs arbitrasie met die BBHRV voorgestel. Dié proses het die potensiaal ingehou om enige misinterpretasies uit te wys en sou net so bindend as ‘n formele hofuitspraak kon wees. Vier van die land se vooraanstaande regters, met bewese kennis en ondervinding, is deur Hoërskool Waterkloof se regspan vir die arbitrasieproses voorgestel. Hiérdie voorstel is egter sonder meer deur die BBHRV van die hand gewys – sonder enige verdere korrespondensie of voorstelle vir die bereddering van die aangeleentheid. Die BBHRV het ‘n eensydige besluit geneem ten spyte van die skool se pogings om dit te beredder. Dit is duidelik dat BBHRV se bonafides nie suiwer is nie.

    Potgieter wys uit dat ten spyte van die feit dat “selektiewe feite” aan die media gegee is om Hoërskool Waterkloof in ‘n slegte lig te stel, was die besluit om die hof te nader altyd ‘n laaste uitweg en het die skool homself van kommentaar in die publieke domein weerhou omdat hy dit as ‘n interne aangeleentheid beskou het. Die teenparty het egter gekies om dit in die media te hanteer en daarom is die skool gedwing om daarop te reageer.

    Hoërskool Waterkloof het die week hul standpunt al in ‘n ope brief aan die rugbyouers gekommunikeer.

  • Junior Boks pick themselves up for bronze playoff

    Junior Boks pick themselves up for bronze playoff

    JuniorSpringboksJunior Springbok assistant coach Louis Koen, who also fulfils the role as SA Rugby’s acting High Performance manager, reiterated that the team had learned harsh lessons from their defeat against England and said they would pick themselves up for the bronze play-off against France on Sunday.

    The Junior Springboks went down 24-22 with a brave fight against England in the semi-final of the World Rugby U20 Championship at the M.Meskhi stadium on Tuesday with a late try by the defending champions sealing the two-point victory.

    The SA U20’s will face France in the third and fourth place playoff following their 39-26 defeat in the second semi-final on Tuesday. 

    “We had opportunities against England, but we also had soft moments and could not put them under enough pressure to convert into points,” Koen said after the match review.

    “I believe we have all learnt a lot from this experience. There were harsh lessons learned in the match, but I know that all of us will take it to heart and we will be better for it in the future.” 

    Koen stressed that the campaign was not over yet and said the team still had an opportunity to finish the tournament on a high note by securing the bronze medal, and he was excited by the prospect.

    “We need to continue doing what we have been doing up to now in the lead-up to our final match,” said Koen. 

    “We believe in our structures, and we are on the right track and growing as a team. Our forward play, especially, has been phenomenal, and when our backline fires they are exceptional. So we have to go back to the drawing board and improve. 

    “We still have a lot to prove and to play for, so once we put the England match behind us, we will lift our heads, be positive and look forward to the France game. All of these players want to do justice to the Springbok jersey,” said Koen. 

    There were a few bumps and bruises from the match, but the medical team was still evaluating the situation on Wednesday.

    Issued by SA Rugby Communications

  • 102 junior SA players to participate in Dallas sevens

    102 junior SA players to participate in Dallas sevens

    NewsGWillemStraussNo less than 102 u19 South African sevens rugby players will participate for seven teams in the second Dallas u/19 sevens tournament that will take place on 15 and 16 July in Texas. SA sport promoter Willem Strauss, who organises the tournament, confirmed that seven SA teams will participate again.

    The Cup final winners, the SA All Stars, coached by Ludwiche van Deventer will defend their title while Oryx, made up by players from Overkruin, who won the plate final last year, will also be in action again.

    The SA All Stars team earlier this year also defeated the national u/19 team from Germany in an international sevens tournament in Windhoek to win the plate final. This tournament, which was also organised by Strauss, was won by a brilliant Junior Blitzbok team coached by Marius Schoeman.

    The other South African teams is the Western Cape Warriors, coached by Western Province senior sevens coach Bobby Joubert and former Western Province flyhalf Chris Smit, the Zulus from Michaelhouse, coached by former Blue Bull Ryno Combrinck, Pretoria Harlequins and the SA Rhinos u/18 and u/19 teams selected from schools in Mpumalanga and the East Rand.

    As many as 20 North American youth teams will participate, including the US Academy team, Tiger Rugby, who lost in the Cup final against the SA All Stars in a thrilling match last year.

    According to Strauss, Olympic status has raised the profile of sevens rugby in the US. Two boys who participated in last year’s tournament, Richard Papenfus of Glenwood House (Oklahoma University) and PG Espag of Overkruin (Mount Olive University) received scholarships and will further their sporting careers in the USA.

    Although the SA boys participating in the tournament, will be focusing on the rugby, they will also have the opportunity to experience Texas by visiting rodeos, theme parks and the world famous Gas Monkey Garage.

    According to Strauss, the tournament will in 2018 also include a senior men and ladies sections. The US will also be hosting the Rugby World Cup Sevens Tournament next year from 20 to 22 July in San Francisco.

  • Junior Boks go down fighting against England

    Junior Boks go down fighting against England

    NewsGBabyBoksJunior Springboks coach Chean Roux was disappointed as his team went down 24-22 in the World Rugby U20 Championship semi-final against England at the M.Meskhi Stadium in Tbilisi, Georgia, but he said the players deserved credit for fighting until the end.

    The SA U20’s trailed 17-12 at the break as England scored two converted tries and a penalty goal, while the Junior Boks’ managed two tries by No 8 Juarno Augustus and one conversion by flyhalf Curwin Bosch.

    Roux’s team fought back strongly in the second half with a converted try and penalty goal to take a 22-17 lead. But a converted try by England in the dying minutes pushed them 24-22 ahead, which they hung onto until the final whistle.

    “I thought the players showed tremendous character out there and fought right until the end. And in the end of it all we were only two points short of advancing to the final,” said Roux.

    “That said, I think a great foundation has been laid. This is a fantastic bunch of players and they are very talented. We have another game left, and it would be good if we can finish on a high and secure third place.”

    England struck first in the tightly-fought first half with captain and No 8 Zach Mercer touching down in the third minute after receiving a pass in space following a series of pick-and-go’s. But the SA U20’s struck back minutes later with Augustus touching down thanks to good inter-passing and support play, which Bosch converted to level the scores at 7-7.

    England, however, stretched their score to 17 points compliments of a converted try by scrumhalf Alex Mitchell and a penalty goal by Max Malins.

    The Junior Boks reduced the deficit to 17-12 on the stroke of halftime as Augustus forced his way over the tryline from a pick-and-go.

    They backed this up with another try early in the second half thanks to a well-timed dive into the traffic at a ruck under the posts by lock Ruben van Heerden to take a 19-17 lead.

    Bosch added a penalty goal with eight minutes left on the clock to extend the team’s lead to 22-17, but this was cancelled out by Mercer’s second try under the uprights, which Malins converted for a 24-22 lead.

    Bosch tried to force the Junior Boks back into the lead with a drop-goal soon after, but his attempt was unsuccessful, which allowed England to secure the victory.

    Scorers:

    Junior Springboks 22 (12) – Tries: Juarno Augustus (2), Ruben van Heerden. Conversions: Curwin Bosch (2). Penalty Goal: Curwin Bosch. England 24 (17) – Tries: Zach Mercer (2), Alex Mitchell. Conversions: Max Malins (3). Penalty Goal: Max Malins.

    Issued by SA Rugby Communications

  • Kearsney College in easy win over St Benedict’s College

    Kearsney College in easy win over St Benedict’s College

    NewsGSibuSangweniKearsney hosted the visitors from Bedfordview, Gauteng in what can be described as perfect playing conditions. The visitors stunned the home team with the first try scored in the first minute after their speedy centre collected a loose pass to score under the posts for an early lead of 7 – nil.

    From the ensuing kick-off, the visitors immediately broke the poor defence and worked their way upfield and masterfully toed the ball through the defensive line from a breakdown, to dive over for an unconverted try and 12 – nil lead after four minutes of play.

    Kearsney attacked for the next five minutes but a breakaway run found the visitors back in Kearsney territory and they benefitted from a penalty to stretch the lead to 15 – nil after 10 minutes of play.

    To Kearsney’s credit they responded well to this early onslaught and dominated the next 25 minutes of the half. Their first try came from flanker Taine Polzi after a quick tap penalty which Jacques Odendaal converted.

    Captain Dylan Richardson scored the first of his tries from a rehearsed penalty move, again converted by Odendaal.

    Next was Odendaal’s turn when he followed up on a punt through by fly half Taine Muirhead. Richardson scored again just before half time after receiving a pass from scrum half Ayron Kayser from close out which Odendaal converted.

    Kearsney came out very strongly in the second half and totally dominated the rest of the match. Their offload game took shape and the management of the various scenarios improved immensely and, in the process, scored another five tries, of which three were goaled and conceding only one converted try. Fly half Muirhead, prop Matt Heard, wing Brendan Albertse and eight man Richardson (x2) were responsible for these.

    Captain Richardson was brilliant, displaying an array of skills, and his four tries a well-deserved reward. Odendaal, Muirhead, Sibu Sangweni, Heard and Polzi also deserve mentioning.

  • Roux makes one change for u20 Champs semi-final

    Roux makes one change for u20 Champs semi-final

    NewsGJuniorBokCaptainsSalmaan Moerat will start at lock against England in the World Rugby U20 Championship semi-final on Tuesday in the only change to Junior Springboks coach Chean Roux’s starting team that defeated Argentina last Thursday.

    oerat replaces Hendre Stassen, who is nursing a knee injury, and he will pair up with Ruben van Heerden in the engine room.
    There are two changes among the replacements with prop Lee-Marvin Mazibuko replacing Wikus Groenewald, who has the flu, while Reinhard Nothnagel will provide back-up for Moerat and Van Heerden.

    “We looked at England’s strengths and we think these are the best combinations for us for the semi-final,” Roux said about his team selection.

    Roux said he is expecting a physical onslaught from England, who are the defending champions, but added his team’s focus was on delivering a quality performance to advance to the final.

    England defeated Ireland 45-21 in the Final of the 2016 edition of the tournament in Manchester to win the competition.

    “This is a big game for us,” said Roux.

    “England are a physical side and they are full of confidence. They are the defending champions as well. But that said, our plans are in place as a team and we just need to go out there and execute it.”

    The semi-final will be hosted at the M. Meskhi Stadium in Tbilisi at 16h00 (SA time) and will be broadcast live on SuperSport 1 (Channel 201). New Zealand will face France in the second semi-final, which starts at 18h30 (SA time).

    Junior Springboks team to face England in the World Rugby U20 Championship semi-final:

    15 – Manie Libbok (Vodacom Blue Bulls), 14 – Yaw Penxe (EP Kings), 13 – Wandisile Simelane (Xerox Golden Lions), 12 – Damian Willemse (DHL Western Province), 11 – Gianni Lombard (Xerox Golden Lions), 10 – Curwin Bosch (Cell C Sharks), 9 – Embrose Papier (Vodacom Blue Bulls), 8 – Juarno Augustus (DHL Western Province), 7 – Ernst van Rhyn (captain – DHL Western Province),
    6 – Len Massyn (Xerox Golden Lions), 5 – Ruben van Heerden (Vodacom Blue Bulls), 4 – Salmaan Moerat (DHL Western Province), 3 – Carlű Sadie (DHL Western Province), 2 – Johan Grobbelaar (Vodacom Blue Bulls),1 – Kwenzo Blose (Toyota Free State). Replacements: 16 – Gerhard Steenekamp (Vodacom Blue Bulls), 17 – Daniel Jooste (DHL Western Province), 18 – Lee-Marvin Mazibuko (DHL Western Province), 19 – Reinhard Nothnagel (Xerox Golden Lions), 20 – Muller Uys (DHL Western Province), 21 – Francois de Villiers (Cell C Sharks), 22 – Stedman Gans (Vodacom Blue Bulls), 23 – Jeanluc Cilliers (Xerox Golden Lions). 

    Issued by SA Rugby Communications

  • Tuine verhang bordjies in Blou Bulle Grootskole-liga

    Tuine verhang bordjies in Blou Bulle Grootskole-liga

    31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

    NewsGPietRetiefDie eersterugbyspanne van die Hoërskool Secunda en Ligbron Akademie van Ermelo sal mekaar in ‘n herontmoeting van verlede jaar se Pumas Grootskole-eindstryd vanjaar in die halfeindstryd van die liga die stryd aanse. Secunda het in die kwarteindronde in die Jack Botes-stadion in Piet Retief vir Generaal Hertzog van Witbank met 53-5 kaf gedraf. 

    Die wenspan het teen rustyd reeds ‘n gerieflike voorsprong van 29-5 opgebou. Die span se groot ster in die oorwinning was sy agtsteman, Evan Wessels. Die wenner van die halfeindstryd tussen Secunda en Ligbron sal die eindstryd as die gunsteling betree om as die  Puma-kampioen gekroon te word.

    Die Pumas se twee spanne wat tot die Virsekerbeker sal deurdring het vanjaar ‘n moeilike pad indien een van hulle ‘n hand op vanjaar se trofee wil plaas. Die Pumas se spanne sal wel al hul wedstryde in die streekkompetisie tuis speel. Die kampioen sal direk tot die kwarteindronde deurdring. Hy sal teen die wenner van die uitspeelwedstryd tussen Transvalia en die Limpopo-kampioen te staan kom. Ben Vorster van Tzaneen is die gunsteling om as Limpopo-kampioen gekroon te word.

    Die Pumas se naaswenner sal in ‘n uitspeelwedstryd teen die verdedigende kampioen, Helpmekaar-kollege, te staan kom. In die Pumas se ander halfeindstryd is Piet Retief die gunsteling om Saterdag teen Ermelo die septer te swaai. Piet Retief het Saterdag op sy tuisveld vir Rob Ferreira met 32-10 geklop. Die spanne het met die rtelbord op 5-elk gaan rus, maar die tuisspan se flank Menzi Dlamini het met twee skitterende drieë die vonk vir ‘n geredelike maklike sege op die ou ent verskaf. 

    Dlamini, wat in die Pumas se Cravenweek-span opgeneem is, het voorheen vleuel gespeel en het met sy vaart die span van Rob Ferreira ontkant betrap na hy met sy sterk lopies ‘n paar verdedigers uit die pad gehardloop het. Ermelo het HTS Witbank met 18-14 uitoorle. Daar was heelwat ongelukkigheid voor die wedstryd oor die feit dat een van Ermelo se afrigters Cobus van Dyk se broer, Stephan van Dyk, as skeidsregter vir die wedstryd aangestel is. Soos die noodlot dit wou hê, het HTS Witbank in die laaste beweging die doellyn oorgesteek, maar die skeidsregter het beslis dat die bal opgehou was. 

    Die halfeindronde van die Limpopo-liga vind Saterdag in Thabazimbi plaas. Ben Vorster kom teen Ellisras te staan en het nog nie vanjaar in die liga die knie gebuig nie. Die gasheer, Frikkie Meyer, sal in die ander halfeindstryd vir Hoërskool Pietersburg pak. Pietersburg se enigste nederlaag in die liga was teen Ben Vorster. 

    Die Hoërskool Tuine het vir die grootste verrassing tussen al die grootskole gesorg deur Midstream College met 34-31 in die halfeindronde van die Blou Bulle liga te verslaan. Midstream College was oortuigend met 37-5 baas. Oos-Moot het soos verwag gemaklik met 53-0 oor Pretoria-Noord geseëvier.

    In die Valke se liga sal Vereeniging Gimnasium teen Dr. Malan oor twee weke in die halfeindronde te staan kom. In die ander halfeindronde sal Hans Moore en Driehoek mekaar die stryd aanse. Slegs die kampioen van die liga sal tot die Virsekerbeker deurdring. Transvalia dring regstreeks as die naaswenner tot die streekkompetisie deur.

    In die Luiperds se liga sal Potchefstroom Gimnasium op sy tuisveld teen Wesvalia in die halfeindronde te staan kom. Hoërskool Klerksdorp sal op dieselfde veld in die ander halfeindstryd verby Lichtenburg probeer kom om sy plek in die eindstryd te bespreek.  

    Al die uitslae: 

    BLOU BULLE 

    Oos-Moot 52 – Drieë: Conrad van Deventer (2), Emile Bester, Eddie Ludick, Eduan Swart, Morne Bedford, Julian Kokt, Christiaan Meyer. DoelskoppE: Edmund Ludick (6). Pretoria-Noord 0.

    Hoërskool Tuine 34 – Drieë: Christiaan Westerveld (2), Grand Coetzee, Edward D’Abreton. Doelskoppe: Ruben Lazerus (4). Strafdoele: Lazerus (2). Midstream College 31 – Drieë: Kyle Robertson (2), Heinrich Botha. Doelskoppe: Charl Niemand, Botha. Strafdoele: Botha (3), Niemand.

    Ander spanne:

    o.16: Oos-Moot 22, Pretoria-Noord 3; Overkruin 22, Midstream College 19.

    o.15: Oos-Moot 17, Pretoria-Noord 10; Midstream College 26, Overkruin 24.

    o.14: Oos-Moot 7, Overkruin 7 (Overkruin dring deur tot eindstryd omdat hulle eerste drie gedruk het); Midstream College 26, Tuine 5.

    GOLDEN LIONS 

    Hoërskool Alberton 28 – Drieë: Dimitri Koutoulogenis, Brandon van der Berg, Kallie Grung, Sfundo Nkosi. Doelskoppe: PJ van der Merwe (4). Riebeeckrand 13.

    Randburg 29 – Drieë: William Mutlow (3), Ryno du Toit. Doelskoppe: Dewald Jacobs (3). Strafdoel: Jacobs. Dinamika 22.

    Ander spanne:

    o.16: Alberton 54, Riebeeckrand 17; Randburg 33, Dinamika 7.

    o.15: Alberton 27, Riebeeckrand 5; Randburg 43, Dinamika 0.

    o.14: Alberton 59, Riebeeckrand 0; Randburg 20, Dinamika 15.

    LIMPOPO BLOU BULLE 

    Hoërskool Pietersburg 67 – Drieë: Daniel Swarts (3), Sias Willemse (2), Heinrich Schoeman, Driaan Kruger, Tiaan Janse van Rensburg, Jaco Mulder, Daneel Joubert, Franco du Plessis. Doelskoppe: Martin Austen (4), Kruger, Dewald Stroebel. Louis Trichardt 5.

    Ander spanne:

    Eerstespanne: Frikkie Meyer 62, Ellisras 12.

    o.16: Pietersburg 69, Louis Trichardt 5; Frikkie Meyer 68, Ellisras 8.

    o.15: Pietersburg 40, Louis Trichardt 14; Ellisras 15, Frikkie Meyer 6.

    o.14: Pietersburg 58, Louis Trichardt 3; Ellisras 41, Frikkie Meyer 10.

    LUIPERDS 

    Potchefstroom Gimnasium 19 (10) – Drieë: Waldouw Smit (2), Dirkie Louw. Doelskoppe: Marco van den Heever (2). Hoërskool Klerksdorp 17 (10) – Drieë: Hendrik Jooste, Brendon Joseph. Doelskoppe: Mikhael Venter (2). Strafdoel: Venter.

    Ander spanne:

    Eerste spanne: Lichtenburg 60, Potchefstroom Volkskool 10.

    o.16: Klerksdorp 65, Potch Gimmies 0.

    o.15: Potch Gimmies 28, Klerksdorp 10.

    o.14: Klerksdorp 29, Potch Gimmies 15.

    PUMAS

    Ligbron Akademie 28 (14) – Drieë: Njabalo Mahlobo, Edward Deacon, Message Nkosi, Sizwe Maseko. Doelskoppe: Nkosi (4). Lydenburg 21 (14) – Drieë: Cornu Cross, Riaan Labuschagne, Roelof Oelofse. Doelskoppe: Jason Oosthuizen (3).

    Secunda 53 (29) – Drieë: Guyle le Roux (2), Nathan Carstens, Danny Hanger, Brandon Potgieter, Evan Wessels, Jandre Stander, Justin Kalse. Doelskoppe: Larnus Steyn (4), Tyron Ferreira. Strafdoel: Steyn. Generaal Hertzog 5 (0) – Drie: Dewald Basson.

    Piet Retief 32 (5) – Drieë: Menzi Dlamini (2), Alex Smith, Freedom Maphilela, Burger Zwane. Doelskoppe: Wayne Sangweni (2), Seppie Mthethwa. Strafdoel: Sangweni. Rob Ferreira 10 (5) – Drieë: Sandile Mkhabela, Fred Lundy.

    Ermelo 18 (6) – Drieë: Mitchelson Mkhwanazi, Rabbie Marsh. Doelskop: Johan Nel. Strafdoele: Nel (2). HTS Witbank 14 (7) – Drieë: Charl van Zyl, Steven Strumpher. Doelskoppe: Ruan Vorster (2).

    Ander spanne:

    o.16: Secunda 32, Piet Retief 7.

    o.15: Rob Ferreira 57, Ligbron 5; Ermelo 17, HTS Witbank 8; Secunda 33, Standerton 0;

    o.14: Secunda 19, Generaal Hertzog 0; Piet Retief 36, HTS Witbank 0.

    VALKE 

    Hans Moore 22 – Drieë: Tyron van Nieuwenhuizen, Thabo Ndimande, Marcel Redelinghuys. Doelskoppe: Ruan Steenkamp (2). Strafdoel: Steenkamp. Springs Boys’ High 19.

    Oosterlig 11 – Drie: Tjaart Pretorius. Strafdoele: Marinus van Vuuren. Dr. Malan 37.

    Ander spanne:

    o.16: Oosterlig 17, Dr. Malan 8; Hans Moore dring deur na Driehoek ontrek.

    o.15: Oosterlig 29, Driehoek 19; Hans Moore 31, Dr. Malan 17;

    o.14: Oosterlig 44, Vereeniging Gimnasium 0; Driehoek 32, Hans Moore 12;