SSPN Test Site

Blog

  • St Andrews kry tweede kans vir glorie teen Wilgerivier in Irawa-eindstryd

    St Andrews kry tweede kans vir glorie teen Wilgerivier in Irawa-eindstryd

    PHOTO: Marnus Photography

    Hoërskool Wilgerivier van Frankfort en St Andrews van Bloemfontein ontmoet Saterdag by Shimlapark in Bloemfontein om sake uit te spook vir die Kovsiestreekkompetisie se Irawaliga-titel.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools Registreer nou

    Verlede jaar kon St Andrews ook tot die eindstryd deurdring, maar Bothaville het uiteindelik as oorwinnaars terug gekeer na ‘n omvattende 31-8 sege.

    Wilgerivier het hierdie jaar Bothaville se seisoen in die Griffon-eindstryd kortgeknip met ‘n 29-14 sege.

    Die span uit Frankfort is die gunsteling om die jaar se titel te vat nadat hulle 64 punte sonder antwoord teen Staatspresident Swart van Brandfort kon aanteken in die halfeindronde.

    Hul skakelpaar, die Muller-neefs, Wian (losskakel) en HG (skrumskakel), staan elke naweek uit vir hoe goed hulle kombineer om die pas te stel.

    Die regtervleuel, Thlompo Motsapi, is ook ‘n gevaarpunt en sy heelagter Jonty Graaff is ‘n staatmaker op verdediging.

    St Andrews het ‘n moeilike seisoen agter die rug, maar hulle is in die halfeindrondte deur ‘n merkwaardige vertoning deur hul kaptein en onderkaptein, Connor Nel (heelagter) en Matthew Simon (stut) aangevuur tot hul sterkste vertoning van die seisoen.

    Hulle kon vir die tweede agtereenvolgende jaar vir Hartswater in die halfeindstryd uitskakel nadat hulle teen halftyd nog agter was.

    Simon het drie keur oor die doellyn gebars en Nel kon 17 punte bydra met ‘n drie en die doelskoppe om hul span te lei na ‘n 37-36 sege in ‘n riller van ‘n wedstryd.

    As Saints die energie het om so ‘n vertoning te herhaal mag hulle dalk vir die besoekers moeilikheid veroorsaak, maar Wilgerivier loop soos ‘n goed geoliede masjien op die oomblik.

    St Andrews se twee slotte, Marco de Sousa en Lesedi Sipoyo, is vinnig oor die bal by kontakpunte, en hulle kan ‘n groot rol speel in Saterdag se wedstryd as hulle daarin slaag om die besoekers se ritme te breuk.

    Die spanne is:

    Wilgerivier t. St Andrews om 13:25:

    Wilgerivier: 15 Jonty Graaff, 14 Thlompo Motsapi, 13 Marnus Swart, 12 Tiaan Hattingh, 11 Ernst Richter, 10 Wian Muller, 9 HG Muller, 8 Jean-Pierre Prinsloo, 7 Ruan Mayer, 6 JD van den Berg, 5 Tom van der Watt, 4 Juan de Klerk, 3 NW de Beer, 2 Louis de Villiers, 1 Gerhart Venter.

    St Andrews: 15 Connor Nel, 14 Retshedisitswe Mokoena, 13 Mlungisi Lepesa, 12 Elia Mokuoane, 11 Koena Ntssamai, 10 CM Geel, 9 Schalk Liebenberg, 8 Yavantle Peni, 7 Mandela Sipoyo, 6 Matthew Fletcher, 5 Marco de Sousa, 4 Lesedi Sipoyo, 3 Matthew Simon, 2 Ioanni Giannakopoulos, 1 Brett Barnes.

    Die dag se bepalings: 

    08:30 (o.16 Colts) – St Andrews t. Brandfort.
    09:40 (o.15 Irawa) – De Aar t. Bultfontein.
    10:50 (o.15 Shimla) – Voortrekker t. Fichardtpark.
    12:00 (o.19 Colts) – Postmasburg t. Hoopstad.
    13:25 (o.19 Irawa) – St Andrews t. Wilgerivier.
    14:50 (o.19 Shimla) – Welkom Gimnasium t. Hoërskool Upington.

  • Welkom Gimnasium sal nie vir Hoërskool Upington onderskat nie

    Welkom Gimnasium sal nie vir Hoërskool Upington onderskat nie

    FOTO: Marnus Prinsloo

    Welkom Gimnasium beoog om Saterdag die Kovsiestreekkompetisie se Shimlaliga-titel weer terug in Welkom te kry, nadat dit verlede jaar in Kroonstad by Hoërskool Trio staanplek gekry het.

    Eers sal hulle egter verby Hoërskool Upington moet kom.

    Die twee pak mekaar om 14:50 in Bloemfontein by Shimla-Park om te bepaal wie vanjaar se kampioene sal wees.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou

    Welkom Gimnasium betree die wedstryd definitief as die gunsteling span.

    Die Gimmies beleef ‘n droomseisoen, en sit gereeld meer as 40 punte tussen hulself en teenstanders.

    Renaldo Kiewiet (loskakel) lei hul aanval van voor, maar die span is vol gevaarpunte. Die Goeda-tweeling, Naylan (heelagter) en Navan (vleuel), die twee slotte, Jayden Auld en Tristan Appollis, hul haastige agsteman, Ethan Jones, almal het die vermoë om ‘n verdedigingslyn te breuk en mens kan dit opmerk in die tellings wat hulle hierdie jaar behaal het.

    Kiewiet was in die halfeindstryd weer drie keur agter die doellyn. Hy is waarskynlik die voorste driedrukker in die land op die oomblik.

    As daar ‘n span is wat vir Welkom Gimnasium kan ontstel is dit Hoërskool Upington.

    Uppies het verlede naweek alle verwagtings oorskrei om Fichardtpark se droomseisoen met 53-19 kort te knip.

    Hoërskool Upington is ‘n trotse skool met ‘n sterk rugby-geskiedenis. Die Springbok losvoorspeler, Jasper Wiese, is die nuutste Springbok wat eers in die oranje trui gespeel het, maar voor hom was daar ook Tiaan Strauss, Willem Barnard en Daantjie Rossouw.

    Hierdie jaar word daardie sterk tradisie bewaar deur spelers soos die neefs, PA Karsten (stut) en Roelof Slabbert (haker) wat langs mekaar sak.

    Hul oupa, Piet Karsten het ook vir Upington gesak op stut, voordat hy vir Noord-Weskaap uitgedraf het.

    PA Karsten se pa, Piet, was die eerstespan losskakel op sy dag, en Roelof Slabbert se pa, Rudi, was binnesenter.

    Die Uppies-manne is verlede jaar in die halfeindstryd uitgeskop met ‘n 38-17 nederlaag teen Jim Fouché, so hulle het al reeds verbeter. Hulle het reeds die Griekwaland-Wes titel verower, maar die Kovsie-beker sal ‘n groot bonus vir die span uit die Noord-Kaap wees.

    Upington sal moet staatmaak op hul groot voorspelers om die spel te vertraag indien hulle die Gimmies wil inperk.

    Hul Cravenweek flank, Sipho Livingi, is nog heel jaar ‘n uitblinker en kan ‘n groot rol in Saterdag se wedstryd speel.

    Die spanne is:

    Welkom Gimnasium t. Hoërskool Upington om 14:50:

    Welkom Gimnasium: 15 Naylan Goeda, 14 Navan Goeda, 13 Taschon Meas, 12 Mojalefa Matoka, 11 Khamohelo Mokoena, 10 Renaldo Kiewiet, 9 Julian Samuels, 8 Ethan Jones, 7 Rylen Kirsten, 6 Kganya Molapo, 5 Jayden Auld, 4 Tristan Appollis, 3 Keanan August, 2 Dante Smith, 1 Buhle Mxabayi.

    Hoërskool Upington: 15 Ruwin Isaks, 14 Khayalenkosi Maganga, 13 Sylvester Hoffman, 12 Siphe Msebenzi, 11 Louwan Harper, 10 Emlyhn Jacobs, 9 Neil Petro, 8 Jaco Fourie, 7 Sipho Livingi, 6 Roedolf Duraan, 5 Johan Louw, 4 Ruan Janse van Rensburg, 3 Niel Visser, 2 Roelof Slabbert, 1 PA Karsten.

    Die dag se bepalings: 

    08:30 (o.16 Colts) – St Andrews t. Brandfort.
    09:40 (o.15 Irawa) – De Aar t. Bultfontein.
    10:50 (o.15 Shimla) – Voortrekker t. Fichardtpark.
    12:00 (o.19 Colts) – Postmasburg t. Hoopstad.
    13:25 (o.19 Irawa) – St Andrews t. Wilgerivier.
    14:50 (o.19 Shimla) – Welkom Gimnasium t. Hoërskool Upington.

  • Die Colts-liga kry Saterdag ‘n nuwe kampioen, Postmasburg of Hoopstad?

    Die Colts-liga kry Saterdag ‘n nuwe kampioen, Postmasburg of Hoopstad?

    FOTO: Marnus Prinsloo

    Die Kovsiestreekkompetisie se Colts-titel sal Saterdag, na die eindstryd by Shimlapark in Bloemfontein, ‘n nuwe staanplek kry in Postmasburg of Hoopstad.

    Volg die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou

    Verlede jaar het Vrede in die eindstryd vir Curro Kathu met 68-12 pakslae gegee, nie Postmasburg of Hoopstad het vir die o.19 halfeindronde kwalifiseer nie.

    Hoopstad se o.16 span het egter, danksy ‘n speler-van-die-wedstryd vertoning deur sy senter, Hennie Barnard, die ouderdomsgroep liga gewen met ‘n 26-24 sege oor Curro Kathu.

    Barnard en kie lyk goed ingerig om hierdie jaar daardie sukses in die o.19 liga te herhaal. Sy senter-maat, Abrie van Zyl, is ook ‘n gevaarpunt.

    Van Zyl het in die halfeindstryd drie keur agter die doellyn gaan kuier in sy span se 31-20 sege oor Zastron.

    Postmasburg het verlede naweek vir Hendrik Potgieter met 43-24 uitgeskakel in hul halfeindstryd.

    Die skopskoen van sy losskakel, Emmanuel van der Merwe, kon die Noord-Kaapse span op die voorvoet hou en sy spoedvraat vleuel, Bradley Clark, het twee drieë agter sy naam gekry in daardie wedstryd.

    Postmasburg trek drie van hul o.17 spelers op, na hul seisoen verlede naweek geeindig het. Nilyne Morris (slot), Maseru Koaho (skrumskakel) en Boago Toli (senter) is drie veranderings van verlede naweek se span. Hulle al drie het was die vorige naweek in die Postmasburg o.17 span.

    Met Koaho op skrumskakel beweeg Eugene Makhubedu na die vleuel-posisie, waar hy meer spasie sal vind om in te speel.

    Michael Steyn begin vir Hoopstad op vleuel, sodat Carlo de Beer kan instaan op skrumskakel vir die beseerde Marco Wolfaardt. Steyn is nog heel jaar ‘n uitblinker vir sy span op agtsteman, en dit gaan interesant wees om te sien wat hy met bietjie spasie kan doen.

    Jurgens Human neem sy plek agter die skrum in.

    As die halfeindronde enige aanduiding gee kan ons ‘n skouspel van plattelandse rugby verwag in Bloemfontein waneer hierdie twee mekaar pak.

    Die spanne is:

    Postmasburg t. Hoopstad om 12:00:

    Postmasburg: 15 Lorenzo Hael, 14 Carlo de Beer, 13 Boago Toli, 12 Mandre Maritz, 11 Eugene Makhubedu, 10 Emmanuel van der Merwe, 9 Maseru Koaho, 8 Omphile Moemedi, 7 Phumezo Nel, 6 Bradley Clark, 5 Nilyne Morris, 4 Paul Murray, 3 Koketso Pule, 2 Evando Markus, 1 Bradley Mophatlheng.

    Hoopstad:15 Busi Mfebe, 14 Corne Wilsenach, 13 Hennie Barnard, 12 Abrie van Zyl, 11 Michael Steyn, 10 Arrie Ferreira, 9 Edward Graham, 8 Jurgens Human, 7 AB Muller, 6 AP Meyer, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Theuns van Rhyn, 3 Hano Botha, 2 Ruben Enslin, 1 Pieter Vosloo.

    Die dag se bepalings: 

    08:30 (o.16 Colts) – St Andrews t. Brandfort.
    09:40 (o.15 Irawa) – De Aar t. Bultfontein.
    10:50 (o.15 Shimla) – Voortrekker t. Fichardtpark.
    12:00 (o.19 Colts) – Postmasburg t. Hoopstad.
    13:25 (o.19 Irawa) – St Andrews t. Wilgerivier.
    14:50 (o.19 Shimla) – Welkom Gimnasium t. Hoërskool Upington.

  • Hoërskool Durbanville soek laaste groot sege vir die jaar teen hul bure, Stellenberg

    Hoërskool Durbanville soek laaste groot sege vir die jaar teen hul bure, Stellenberg

    Die spogregte in Durbanville word Saterdag verdien waneer Hoërskool Durbanville en Stellenberg mekaar aanvat.

    Al speel die twee skole nie in dieselfde liga nie, met Stellenberg wat in die liga bo Durbies kompeteer, het hierdie kragmeting tussen die twee trotse buurtskole nuwe vuur gekry toe Hoërskool Durbanville in 2019 vir die eerste keer in 13 jaar daarin kon slaag om vir Stellenberg te pootjie met 46-39 danksy vier drieë deur sy senter, Corné Oliphant.

    Verlede jaar kon Stellenberg weer die bordjies verhang met ‘n 29-20 oorwinning op eie bodem, maar met Durbies wat vanjaar weer ‘n sterk span bymekaar het en die tuisveldvoordeel geniet mag 2023 dalk weer Hoërskool Durbanville se jaar wees.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou

    Hoërskool Durbanville kan reeds met trots terug kyk na ‘n paar groot seges hierdie seisoen.

    Hulle het vroeg al ‘n stelling gemaak deur om vir Paarl Boys’ High met 26-25 te ontstel, na dit kon die Durbies ook teen onder andere Rondebosch Boys’ High (35-19), HTS Drostdy (61-3) en Bellville (72-12) seëvier.

    Onlangs het hulle hul ander groot vyande in die omgewing, Brackenfell, met 45-10 verslaan en ‘n wen teen Stellenberg sal die perfekte einde vir ‘n merkwaardige seisoen wees.

    Die Jade Brigade beleef ‘n moeilike seisoen, maar hulle kon self ook al ‘n paar sterk vertonings lewer. Dit lyk asof hulle hul ritme gevind het met vier goeie oorwinnings in hul laaste vyf wedstryde en ‘n wen teen hul bure sal die seisoen op ‘n hoë noot afsluit.

    Stellenberg het vroeg in die seisoen naelskraaps met 24-23 teen Paarl Gimnasium verloor, na dit kon hulle vir Helpmekaar met 22-20 by die Noord/Suid toernooi in Pretoria verslaan.

    Na daardie toernooi het Stellenberg gesukkel om hul volle potensiaal te besef, maar in die laaste vyf wedstryde lyk hulle baie beter.

    Vroeg in Junie kon hulle vir Parel Vallei met 60-5 pak gee en teen ‘n sterk Rondebosch Boys’ High span in ‘n riller met 20-17 wen.

    Hulle het in George, danksy ‘n strafdoel in die laaste oomblikke van die wedstryd, met 10-8 teen Hoërskool Outeniqua verloor, maar kon dadelik weer momentum bou met seges oor Hoërskool Bellville (43-21) en Milnerton (24-7).

    Saterdag behoort weer ‘n rugby skouspel te wees tussen twee spanne met uiteenlopende benaderings tot die spel.

    Die Durbies maak staat op hul spelers se vermoëns in gebroke spel, en probeer die bal soveel as moontlik deur hul agterlyn te laat beweeg, terwyl Stellenberg fokus op die vaste fassette.

    Mens kan dit ook sien waneer jy kyk na hoe hulle punte aanteken.

    James Nero, die tuisspan se haastige binnesenter, is een van hul toppresteerders hierdie jaar. Hy is gekies as deel van die SA o.18 Sewes span wat ‘n brons-medalje verwerf het by die Statebond Jeugspele in Trinidad en Tobago. Hy was ook die Suid Afrikaanse span se voorste driedrukker by die byeenkoms.

    Die res van sy agterlyn is net so gevaarlik waneer hulle die spasie gegun word om hul spoed ten toon te stel. Die agsteman, Jayden Nell, het vroeër die jaar al ‘n kontrak van SARU Sewes ontvang om volgende jaar sy vaardighede in die vinniger weergawe van die spel te verfyn.

    Sy losskakel, Shaun Kleyn, is ook ‘n speler om dop te hou Saterdag. Hy en sy skrumskakel, Monray Daars, het al menigde verdedigings deur die seisoen oopgesluit, en aangesien dit vir meeste van hierdie leerders hul laaste wedstryd in ‘n Durbie-trui gaan wees kan ons verwag dat hulle hul harte sal uitspeel om 2019 se sukses te herhaal.

    Spoed is belangrik, maar waneer manne soos Stellenberg se groot flank, Marco Ferreira, op jou afstorm het mens meer as spoed nodig om hom te keer.

    Ferreira is Stellenberg se voorste driedrukker hierdie seisoen met 18 drieë. Dit is drie keer soveel soos enige iemand anders in sy span met Estian Steyn (senter) en Herman Lubbe (stut) wat altwee tweede is met ses drieë elk.

    Fereirra was ses keer agter die doellyn toe sy span vir Parel Vallei met 60-5 kon kaf draf.

    Sy binnesenter, Ruben Thompson, wie ook die doelskop verantwoordelikhede behartig is nog ‘n speler om dop te hou. Thomspon kon hierdie seisoen 126 van sy span se 405 punte aanteken en is seker om Saterdag vir oulaas nog ‘n paar by te sit.

    Die spanne is:

    Hoërskool Durbanville t. Stellenberg om 13:40:

    Hoërskool Durbanville: 15 Valrhino Olckers, 14 Damian Hendricks, 13 Lian Jordaan, 12 James Nero, 11 Cayden Louw, 10 Shaun Kleyn, 9 Monray Daars, 8 Jayden Nell, 7 Evert Brouwer, 6 William Goldswain, 5 Liam Baird, 4 Rikus Saaiman, 3 Anru van Rhyn, 2 Devon Strydom, 1 Wian Koen.

    Stellenberg: 15 Dehan Neethling, 14 Liam Smith, 13 Estian Steyn, 12 Ruben Thompson, 11 Luc Cilliers, 10 Tyron Labuschagne, 9 Heinro Swart, 8 Dale du Toit, 7 Marco Ferreira, 6 Alex Schoeman, 5 Corne Bruwer, 4 Zian Erasmus, 3 Herman Lubbe, 2 Almero Keizer, 1 Niel de Beer.

    Ander bepalings:

    o.19 B – 11:00
    o.16 A – 12:10
    o.15 A – 10:00
    o.14 A – 09:00

  • 202nd BishBosch derby to determine who gets bragging rights in the southern suburbs

    202nd BishBosch derby to determine who gets bragging rights in the southern suburbs

    PHOTO: Ashley Vlotman/Gallo Images.

    The Rondebosch neighbours battle it out to decide who is the top dog in the southern suburbs when Diocesan College hosts Rondebosch Boys’ High for the return fixture of their bi-annual Premier Interschools BishBosch derby at 14:00 on Saturday.

    Both have had exceptional seasons this year and with Diocesan College beating all three of their rivals in the area in the first round, before coming up short against Wynberg Boys High by 27-20 a couple of weeks ago, and Rondebosch Boys High also winning all of their southern suburb derbies apart from the 13-8 defeat to Bishops, whoever wins Saturday’s match will claim the bragging rights.

    Catch all the action live on SuperSport Schools – Register now 

    This is a rivalry that has gone from strength to strength since the schools first met in 1908 when Bishops u16 beat Wynberg u16 112-0.

    Since then the competition has become much more intense over the years and Saturday will be the 202nd time these two sides square off on a rugby field.

    The first-teams first laid down the gauntlet in 1911, with Bishops winning 103 games since then and Rondebosch coming away as victors on 79 occasions, with 19 matches ending with nothing to separate them.

    Bishops have had a season filled with spectacular highlights.

    They beat all three of their peninsular rivals in the first round of derbies. Getting by SACS with a 31-25 victory in May before beating Wynberg Boys’ High 14-10 in their own backyard. Wynberg managed to get their revenge on the Piley Rees with a 27-20 victory a couple of weeks ago.

    Their first match against Rondebosch was an absolute nailbiter, with Bishops emerging victorious away from home by 13-8 thanks to a massive defensive effort in the last 10 minutes.

    They made a statement early in the season by beating Helpmekaar with a single point by 31-30 in a thriller at the St Stithians Festival in April.

    Another big win for the Diocesan College boys came when they hosted Stellenberg and surprised everyone by outplaying their big rivals from the northern suburbs and winning by 22-7.

    Their hard work throughout the season was rewarded with three Bishops players earning their SA u.18 caps against France and England.

    Haashim Pead (scrumhalf), Aidan Norris (eighth man), and Gilermo Mentoe (fullback) represented their school in the national side this year.

    All three of these players have shown that they have the ability to swing the momentum in a game this season, and will undoubtedly have a big role to play on Saturday.

    Pead was the standout performer in South Africa’s 37-24 defeat to France.

    Mentoe is an absolute playbreaker, as he has shown time and time again, including last weekend, when he 17 points for his team in their 27-25 victory away to SACS. He showed how composed he remains in high-pressure situations by stepping up to convert the winning penalty in the final moments of the game, despite not even being the first-choice goal kicker in the side.

    Norris recently signed with the Western Province to continue his rugby next year after an exceptional season where he stood out at the Craven Week in George for his physicality in the WP team.

    Shaywan Blanckenberg (flyhalf) has been Bishops’ go-to man for the kicking responsibilities, which he has executed expertly throughout the season for his school, as well as the Western Province XV at the Craven Week.

    Lucca Mynhardt, their speedster winger, has been exceptional this year and will be one of the seniors in the team when he returns as a matric student in 2024, along with his bruiser-flanker, Alex Smith.

    Rondebosch Boys’ High have also experienced a stellar season, with some big results earlier in the year against Boland Landbou (15-8) and Oakdale Landbou (24-15) and they will be itching to get their previous encounter against Bishops.

    Their only loss against their southern suburb rivals this year has been the previous encounter when they hosted Bishops on the Tinkie Heyns field.

    They will be looking for revenge on Saturday, selecting an experienced squad, with 327 first-team caps among the starting 15. Their two wingers, Ethan Gordon and Juma Amissi, have started each of the 17 games this season, winning 10, and losing only six, with a 19-all draw against Grey High early on.

    Amissi is the most capped player in the squad, running out for the Rondebosch team for the 34th and final time on Saturday.

    His outside centre, Nichollas Molyneux, has been alongside him in 30 of those fixtures and will earn his 31st cap this weekend, making him the second most experienced player in the team.

    Their two flankers, Polite Phiri and Sunday Mailoni-Burns, have been central to their play this year and will have a big part to play in containing the likes of Pead and Norris around the ruck and slowing down the game.

    Next year, the likes of Justin Amos (prop), Tom Barnard (lock), Dylan Miller (flyhalf) and David Simon (fullback) will form the foundation of the squad when they return in their matric year, but for many of the Rondebosch boys this will be their last chance for revenge, and getting it on the Piley Rees would heal all wounds from their home loss earlier in the season.

    The teams are:

    Diocesan College vs Rondebosch Boys’ High at 14:00:

    Diocesan College: 15 Gilermo Mentoe, 14 Lucca Mynhardt, 13 Olo Sopotela, 12 Nic Allison, 11 Ayanda Bonoyi, 10 Shaywan Blankenberg, 9 Haashim Pead, 8 Aidan Norris, 7 Alex Smith, 6 Tapiwa Nkumanda, 5 CJ Gordon, 4 Zach Willemse, 3 Nashe Chahwahwa, 2 Merlin Fransman, 1 Richard Horton.

    Rondebosch Boys’ High: 15 David Simon, 14 Juma Amissi, 13 Nichollas Molyneux, 12 Matthew Malherbe, 11 Ethan Gordon, 10 Dylan Miller, 9 Cameron Whitson, 8 Ryan du Rand, 7 Sunday Mailoni-Burns, 6 Polite Phiri, 5 Tom Barnard, 4 Carl Geddie, 3 Nicolas Swier, 2 Thomas van Wyk, 1 Justin Amos.

    Other fixtures:

    u19 B – 12:40
    u16 A – 12:10
    u15 A – 11:00
    u14 A – 10:00

  • Nuwe kampioen Saterdag in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling gekroon

    Nuwe kampioen Saterdag in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling gekroon

    FOTO: Anton de Villiers

    Daar sal vanjaar ‘n nuwe kampioen in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling gekroon word.

    Hoërskool Rustenburg sal die besoekers Kempton Park om 12:45 in Rustenburg aanpak om te beslis wie met die louere van 2023 sal wegstap.

    Rustenburg was laas in 1943 die alleenhouer van die Noordvaaltrofee – destyds die Administrateursbeker. Hy het wel in 1963 die beker met Heidelberg Volkskool gedeel na die wedstryd in ‘n gelykop uitslag geëindig het.

    Indien hy daarin slaag om Saterdag vir Kempton Park park te klop, sal dit die eerste keer in 80 jaar wees wat die Rusties as alleenhouers van die trofee gekroon sal word.

    Vir die Kempies is Saterdag se eindstryd ook ‘n reuse aangeleentheid. Dit sal die eerste keer in 11 jaar wees wat die span van Kempton Park in ‘n einstryd speel.

    Die Kempies het hard gespook om dit te behaal. Hy het verlede naweek daarin geslaag om by die agterdeur in te glip na hy eerste punte aangeteken het in ‘n gelykop uitslag (29-29) teen Hoërskool Transvalia.

    In die groep wedstryd tussen die twee skole was dit Rustenburg wat met ‘n telling van 38-15 geseëvier het.

    Rustenburg se pak het deur die loop van die seisoen voorlangs oorheers en was daar nog geen antwoord op sy fisiekheid nie. Sy slotpaar, PJ Engelbrecht en Pedri Human, kan as die Rusties se onbesonge helde beskou word. Die duo het deurlopend ‘n goot aandeel tot die span van Rustenburg se sukses voorlangs gehad.

    Saam met Engelbrecht en Human, is daar ‘n ander gevaar aan die kant van die skrum in die vorm van MC Smit. Smit se werksetiek is uit die boonste rakke. Die oopkantflank is genadeloos op die losbal en sal hy beoog om Saterdag weer soveel as moontlik Kempie-bal te ontwrig.

    Agterlangs sal dit die vlugvoetige spoedvraat, Lorenzo Snyers, wees wat goed dopgehou moet word. Die linker vleuer was deurlopend ‘n gevaarman op die teenaanval en beskik oor ‘n uitstekende en gevaarlike systap. Hy neem ook die verantwoordelikheid op om pale toe te korrel. Die Rusties sal hoop dat Snyers weer op sy beste is vanaf die skopkegel.

    Vir die Kempies sal dit weereens sy twee losvoorspelers, Milano Hattingh (toekant flank) en Preston Smith (agtsteman), wees wat die stryd voorlangs sal aanvoer. Hattingh was goot en deels verantwoordelik dat sy span deurgedring het. Hy het verlede naweek sy span, asook die eerste drie van die wedstryd, gedruk.

    Smith spog met intrukwekkende vertonings tot op hede. Die agtsteman skroom nie om sy stempel in die fisieke stryd af te druk nie. Hy is ook toonaangewend op die verdediging en sal Saterdag weer op sy stukke wil wees.

    Agterlangs sal sy skrumskakel, Keagan Trollip, goed dop gehou moet word. Trollip is lief daarvoor om die spasie om die afbreekpunte aan te val.

    Sy staatmaker op buitesenter, Marko Opperman, sal weer die verantwoordelikheid vanaf die skopgekel opneem. Opperman was deurgans sekuur met sy korrelwerk pale toe. Sy goeie skopvertoning verlede naweek het ook ‘n groot rol gespeel in die feit dat die Kempies deurgedring het.

    In ‘n eindstryd is enige iets moontlik en beloof hierdie om ‘n volle 70-minute van kookwater rugby te wees.

    Die spanne: 

    Hoërskool Rustenburg teen Hoërskool Kempton Park in Rustenburg om 12:45: 

    Rustenburg: 15 Tiano Combrinck, 14 Zulu Khumalo, 13 Adriaan Liebenberg, 12 Awie Alberts, 11 Lorenzo Snyers, 10 Henre Viljoen, 9 Nathan van Aswegen, 8 Adrian Young, 7 Sybrandt Byleveld, 6 MC Smit, 5 PJ Engelbrecht, 4 Pedri Human, 3 Carlo van Wijk, 2 Zander Steenkamp, 1 Werner Kinnear. Plaasvervangers: 16 Johan Retief, 17 Xander Benidetti, 18 Edrich Potgieter, 19 Coenraad Coetzer, 20 Reuben Delport, 21 Adriano George, 22 Jaden Meyer, 23 GJ Steenberg.

    Kempton: 15 Joshua Meyer, 14 Ryan Smith, 13 Marko Opperman, 12 Tiaan Delport, 11 Tian Aucamp, 10 Zander de Jognh, 9 Keagan Trollip, 8 Preston Smith, 7 Milano Hattingh, 6 Ruben Turketti, 5 Kyle Botha, 4 Divan Francis, 3 Adrian Labuschagne, 2 Brendon Gerber, 1 Zeke Shaw. Plaasvervangers: 16 Deon Mulligan, 17 Aidan Nepgen, 18 Ruan Luckay, 19 JP Roos, 20 Luann Schreuder, 21 Ian van Rhyn, 22 Handre van Eck, 23 Andre du Plessis.

    Ander spanne: 

    11:20 – o.16 – Hoërskool Transvalia vs Hoërskool Middelburg
    10:10 – o.15 – Hoërskool Kempton Park vs Hoërskool Zwartkop
    09:00 – o.14 – Hoërskool Rustenburg vs Hoërskool Middelburg

     

     

  • Garsie Bere en Jansies weet dat al wat saak maak is die laaste 70 minute van dié seisoen

    Garsie Bere en Jansies weet dat al wat saak maak is die laaste 70 minute van dié seisoen

    CASSIE PRINSLOO (met bal), linkervleuel van die Hoërskool Garsfontein. FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Al wat saak maak is daardie 70 minute se rugby hierdie Saterdag op Berepark in Pretoria.

    “Dit is ‘n eindstryd. Dit maak nie saak wat ses jaar gelede gebeur het, of drie weke gelede of selfs verlede week nie. Dit is net Saterdag se wedstryd wat saak maak,” het Johan du Plessis, hoofafriger van die Hoërskool Garsfontein gesê.

    Die Garsie Bere draf om 15:30 op sy tuisveld as die gunsteling teen Dr. EG Jansen van Boksburg in die eindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling uit.

    Die tuisspan is die gunsteling omdat hy nog nie vanjaar in die reeks verslaan is nie en boonop nog net een keer vanjaar teen die land se voorste span, Grey-kollege (9-23) die knie gebuig het. Die Bere het vir EG Jansen in hul kragmeting vroeër vanjaar in die reeks met 42-36 in Boksburg getroef.

    “Ons het baie respek vir EG en hul afrigters, Rudi (Dames) en Reghardt (Botha), is goeie afrigters. Ek glo albei spanne het hul huiswerk gedoen vir Saterdag en dat dit ‘n klipharde wedstryd met mooi hardlooprugby sal wees,” het Du Plessis gesê.

    Dié kragmeting sal Du Plessis se 88ste as hoofafrigter van die Garsie Bere wees. Hy is egter al 137 wedstryde as afrigter by die span betrokke. Garsies het laas in 2017 teen EG Jansen (28-34) die knie gebuig. Dit was ‘n kragmeting in die destydse Tuks-reeks.

    Die laaste keer wat Garsies teen die span van Boksburg in die Noordvaal-reeks vasgeval het, was in 2013 (8-17) in die kwarteindronde van die destydse Beeldtrofee.

    Dit sal EG se hoofafriger, Rudi Dames, se eerste eindstryd in die reeks as breier wees. Hy was natuurlik in 1999 in die eindstryd as skrumskakel vir HTS Vereeniging teen Affies in aksie. Dames wat die SA Skole-span ook daardie jaar verteenwoordig het, se direkte teenstander in die eindstryd was ‘n ene Fourie du Preez. Affies het met 19-8 as kampioen van die veld gestap.

    Dames is egter ook ‘n ervare breier op skoolvlak. As hoofafrigter het hy al 154 eerstespanwedstryde op die kerfstok. Hy het in sy loopbaan tot dusver vir Glenwood (2014-16), Pretoria Boys’ High (2017-18) en EG Jansen (2019-hede) gebrei. Reghardt Botha was in 2013 EG Jansen se hoofafrigter toe die span as kampioen van die reeks gekroon was. Die Jansies het destyds vir Kempton Park in die eindstryd met 38-17 verslaan.

    Saterdag sal die Hoërskool Garsfontein se vyfde verskyning in die eindstryd van die gesogte reeks wees. Die Bere het in 2015 en 2016 die kroon as kampioen gedra. In 2015 se eindstryd het hulle die Rooi Bulle van HTS Middelburg (42-40) in die eindstryd getroef om die kroon te dra.

    In 2016 het hulle teen EG Jansen op Bere-park in die eindstryd ontmoet en met 32-22 koning gekraai. Interresant is dat van die vier eindstryde waarin die Garsies in aksie was hulle albei op hul tuisveld gewen het en in albei wegeindstryde die aftog moes blaas.

    EG Jansen was ook drie keer in die eindstryd betrokke. Die span van Boksburg was in 2004, 2013 en 2016 teen onderskeidelik Affies, Kempton Park en Garsfontein in die eindstryd in aksie.

    Die tweestryd tussen die SA Skole-buitesenter, Demitri Erasmus (Garsfontein), en sy direkte teenstander, Jeandré Jacobs, behoort een van die hoogtepunte van die eindstryd te wees. Erasmus se vermoë op verdediging op buitesenter op skolevlak waarskynlik sonder weerga, terwyl Jacobs met 12 drieë tot dusver in vanjaar se reeks die voorste driedrukker is.

    EG Jansen se agtsteman, Zaide-Leigh Rippenaar, sal ook ‘n sleutelrol moet vertolk indien sy span vir ‘n opskudding wil sorg. Rippenaar het die Valke op die Cravenweek as flank verteenwoordig en sal sy span oor die voordeellyn met sy stormramlopies moet kry. Hy draf op agtsteman uit in die plek van die Jansies se kaptein, Nathan Matthee, wat ‘n kniebesering tydens die Cravenweek in George opgedoen het.

    Matthee los sonder twyfel ‘n leemte in EG se span nie net as speler nie, maar ook as leier.

    Die stryd in die skrums tussen EG se kaptein en vaskopstut, Marnus Swarts, en Garsfontein se DA Swart sal ook onder die vergrootglas wees.

    Die spanne is:

    Garsfontein: 15 Jason Hugo, 14 Ruan Enslin, 13 Demitri Erasmus, 12 Heinrich Cloete, 11 Cassie Prinsloo, 10 Nicallen Gabrielsen, 9 Zian Cilliers, 8 Abri van der Westhuysen (kaptein), 7 Stephan Pretorius, 6 Luan Olivier, 5 Divan Brits, 4 Aiden King, 3 Leighton-Jon Cloete, 2 De Wet Lottering, 1 DA Swart. Plaasverangers: 16 Aiden Holtzhausen, 17 Ethan van Wyk, 18 Jacques Swarts, 19 Harmandt Aucamp, 20 Thinus Oosthuizen, 21 Brooklyn Newman, 22 Luan Ferreira, 23 Handré Maree.

    EG Jansen: 15 David Twala, 14 R-Jay Pietersen, 13 Jeandré Jacobs, 12 Keanu Engelbrecht, 11 Cameron van Wyk, 10 Ruan van Heerden, 9 Gordon Smith, 8 Zaide-Leigh Rippenaar, 7 Reon Pretoris, 6 Damian Kruger, 5 Michael Devy, 4 Duwan Potgieter, 3 Marnus Swarts (kaptein), 2 Danré Pike, 1 Shawn Simpson. Plaasvervangers: 16 Quan Snyman, 17 Zian Marais, 18 Ettiene Smit, 19 Gerhard van Aswegen, 20 Storm Labuschagne, 21 Waldo Werner, 22 Matthew Bergman, 23 Jeandré Claassen.

    Skeidsregter: Vusi Msibi (Goue Leeus).
    Afskop: 15:30

    Ander eindstryde: 

    14:00 – o.16 – Garsfontein vs Helpmekaar
    12:30 – o.15 – Monument vs Helpekaar
    11:00 – o.14 – Monument vs Noordheuwel

    Vorige kampioene | SDC Noordvaal Cup Beker-afdeling:

    [ninja_tables id=”19283″]

  • Brand new countryside derby is born as Welkom High hosts St Anne’s Technical

    Brand new countryside derby is born as Welkom High hosts St Anne’s Technical

    As the 2023 winter sports season draws to a close, the boys in the countryside felt they had one more game in them, leading to the first of what is to become a yearly inter-schools between Welkom High School and St Anne’s Technical from Virginia to take place on Saturday.

    These two schools will be competing in soccer, netball and basketball before the rugby teams square off in the main event of the day.

    St Anne’s Technical is a school still in its infancy. Opening in 2018, they first started practising rugby last year, before making their competitive debut this year in the Sandveld B league.

    With most of the boys playing rugby for the first time ever, and only a few others having had some experience in primary school, it was a tough start.

    That said, it is notable that the majority of the names that were on the team list at the beginning of the year are still present, even after a difficult season, they are still amped to play as much rugby as they can, having completely fallen in love with the game.

    Their coach, Mr Malefetsane Nakedi, said his boys’ appetite for rugby is insatiable.

    Some of the boys are still figuring out exactly what suits their skill sets best. Sergio Williams, for instance, started the first game of the year at flyhalf back in March but will take the field as the hooker on Saturday.

    Since Mr Ndai Ndai, an ex-Harmony Sports Academy player, joined the coaching setup at St Anne’s, alongside Teboho Modisaesi and Nakedi, the boys have shown a lot of improvement.

    After getting their first win against the neighbouring Virginia High by 47-0 in May, the St Anne’s boys’ appetite for the game has only grown.

    Welkom High School was opened in 1957, with prefab classrooms where Goudveld now stands. Back then, physical education meant students grabbed their picks and spades and flattened out the dustbowl to make a sports field.

    Over the years, the first English high school on the Goldfields has grown a proud sporting culture which they continue to expand on by taking on challenges like this.

    Welkom High will host this first edition of the brand-new derby, with plans to alternate between the two schools yearly.

    The hosts’ general in the midfield, Samson Mongezi (flyhalf) will lead the charge for his team. His fullback, Katlego Molaba, is only in grade 10 this year and could still grow to become a central figure in this team over the coming years.

    For St Anne’s Technical, their scrumhalf, Abubaker Malgas, was one of their standout players early in the year, and it will be interesting to see how he has benefitted from the experience gained through the season.

    All in all, that is exactly what the day is about, providing the boys from both schools with an opportunity to compete and enjoy the sport they love. We wish them all the best as they continue to grow the game and develop their skills.

    Welkom High School vs St Anne’s Technical at 16:15:

    Welkom High School: 15 Katlego Molaba, 14 Tshepang Motaung, 13 Nhlanhla Khabane, 12 Oratile Silamashe, 11 Unathi Mel, 10 Samson Mongezi, 9 Reaboka Ntsamai, 8 Abel Tsoeute, 7 Thabang Khiba, 6 Tumisang Modupe, 5 Lesedi Makeke, 4 Khotso Matete, 3 Kabelo Jongile, 2 Ntsimane Motsoeneng, 1 Mojalefa Litabe.

    St Anne’s Technical: 15 Lehyden Everton, 14 Kuhle Mdunana, 13 Tumelo Tsolanku, 12 Khalalelo Malelu, 11 Tlhalefo Phatse, 10 Siyabulela Nomandla, 9 Abubaker Malgas, 8 Bongani Makhabane, 7 Botshelo Ndlovu, 6 Khoesha Malgas, 5 Boitumelo Molelekoa, 4 Selso Zembe, 3 Lebajoa Molelekoa, 2 Sergio Williams, 1 Itumeleng Serlhogo.

    Other fixtures:

    u16 – 15:30 – Welkom High vs Welkom Secondary.

    u14 – 14:15 – Welkom High vs St Anne’s Technical.

  • Secunda beoog om verdedigende kampioene, Oos-Moot, te ontroon

    Secunda beoog om verdedigende kampioene, Oos-Moot, te ontroon

    Die Hoërskool Secunda sal beoog om die verdedigende kampioen, Oos-Moot, in die einstryd van SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, van sy troon af te stamp.

    Secunda is verlede jaar as die kampioene van die Bowl-afdeling gekroon na hy Die Anker van Brakpan met een punt met ‘n telling van 19-18, in die eindstryd kon klop.

    Dit is ook dus die span van Secunda se eerste jaar in die Skild-afdeling asook sy eerste keer in die afdeling se eindstryd.

    Hy kon ook daarin slaag om tot dusver onoorwonne te bly.

    Sewe van die spelers wat in verlede jaar se Bowl-eindstryd begin het, Jayden Shnuir (losskopstut), Hanre Hattigh (flank), Jean du Toit (losskakel), Tian Steyn (binnesenter), Tyron Moolman (buitesenter), Luan Lottering (vleuel), en Tiaan Delarey (heelagter), sal weer Saterdag hul opwagting maak.

    Lottering was vanjaar uitsonderlik vanaf die skopkegel en het die vleuel selde gemis met sy korrelwerk pale toe. Saam met die vleuel was die duo in die middelveld, Tian Steyn en Tyron Moolman, uitstekend. Steyn, veral, was deurlopend ‘n gevaar op die aanval, terwyl Moolman uitstekend op verdediging was.

    Voorlangs is dit die kaptein en flank, Hanré Hattingh, wat deur die seisoen uitgeblink het. Hattingh se werksetiek is sekerlik die ding wat die meeste uitstaan en is die flank genadeloos enige tekens van die los bal en op vedediging.

    Oos-Moot sal die bordjies wil verhang na hy vroeer die seisoen 41-44 teen Secunda vasgeval het. Hy sal ook sy titel as kampioen van die Skild-afdeling wil verdedig. Die span van Pretoria is ook die suksesvolste span in die afdeling.

    Hy is in 2018 vir die eerste keer as kampioen gekroon na hy vir Ben Vorster van Tzaneen met 29-20 in die eerste eindstryd van die afdeling geklop het. Verlede jaar het hy vir die Hoërskool Klerksdorp met 25-20 in die eindstryd verslaan.

    Voorlangs is daar kommer vir die Oosies. Sy kookwater agtsteman, Gert-Hendrik Grobler, het nog nie ten volle herstel na sy skouer besering nie, maar sal Saterdag op sy tande kners om sy verskyning op die veld te maak.

    Saam met Grobler sal dit die haker, Ryan Scott, en losskopstut en kaptein, Braam Bezuidenhout, wees wat amok onder die groot manne voor sal wil saai.

    Agterlangs, word die asems opgehou oor die beskikbaarheid van sy besige binnesenter, Ruwan Allen. Allen het verlede naweek ‘n besering in die halfeinstryd teen Heiderlberg Volkskool opgedoen. Dit sal egter ‘n groot terugslag vir Oosies wees, aangesien hy ‘n groot gevaar op die aanval is.

    Die Oosies se losskakel, Charl van der Sluis, sal na die skopstryd tussen hom en Lottering uitsien. Van der Sluis en Lottering is volgens baie se opinies die twee bestes in die kompitisie vanaf die skopkegel.

    Die spanne:

    Hoërskool Secunda teen Oos-Moot in Secunda om 12:45: 

    Secunda: 15 Tiaan Delarey, 14 Ryan Erasumus, 13 Tyron Moolman, 12 Tian Steyn, 11 Luan Lottering, 10 Jean du Toit, 9 Jarno Haaroff, 8 Mike Pretorius, 7 Hanré Hattingh (kaptein), 6 Zander Scheepers, 5 Armand Kwooitz, 4 Sibusiso Mgubane, 3 Tumelo Mtshali, 2 Henrico Fourie, 1 Jayden Schnuir.

    Oos-Moot (moontlik): 15 Jeandré de Bruyn, 14 Ewald Wolmarans, 13 Stian Oosthuizen, 12 Ruwan Allen, 11 Tapiwa Rwafa, 10 Charl van der Sluis, 9 Jacques Benade, 8 Gert-Hendrik Grobler, 7 Wade Williams, 6 Nathan Kleynhans, 5 Jaydon Botha, 4 Deon Badenhorst, 3 Christiaan Smith, 2 Ryan Scott, 1 Braam Bezuidenhout (kaptein).

    Ander spanne:

    11:20 – o.16 – Ligbron vs Jeugland
    10:10 – o.15 – Ben Vorster vs Heidelberg
    09:00 – o.14 – Ben Vorster vs Oos-Moot

  • Wesvalia staan in die pad van Die Anker om vanjaar se Bowl-titel te verower

    Wesvalia staan in die pad van Die Anker om vanjaar se Bowl-titel te verower

    Daar wag nie ‘n maklike taak wat op Die Anker , wanneer hy Saterdag teen Wesvalia in die eindstryd van die SDC Noorvaal Cup se Bowl-afdeling, in Brakpan kragte meet nie.

    Die Anker geniet wel tuisveldvoordeel na hy eerste op die puntelys geëinding het.

    Die span van Brakpan is tot op hede steeds onoorwonne in die kompetisie. Hy kon daarin slaag om die einste Wesvalia-span in die se rondomtalie wedstryd met 36-30 te klop.

    Hy sal egter op sy hoede wees, met die wete dat Wesvalia die span kan wees wat hom onkant betrap. Die span vanaf Klerksdorp het deur die loop van die seisoen daarin geslaag om goeie momentum op te bou.

    Hy het ook die bordjies verhang teen Eldoraigne in die halfeindronde, na hy met ‘n telling van 36-20 as oorwinnars uit die stryd getree het.

    Wesvalia pak die einstryd, met ‘n onveranderde span, aan. Alle oë sal op sy puntemasjien, Teboho Sekonyela (regtervleuel), rus met die hoop dat die spoedvraat nog ‘n paar drieë op sy kerfstok kan bylas. Sekonyela kan met ses drieë in sy laaste twee wedstryde spog.

    Voorlangs, is sy kookwater flankpaar, Francios Dumond (oopkant) en Hennoh Visser (toekant) weer te siene. Die duo is tot op hede intrukwekend. Albei se verdediging is uit die boonste rakke en skroom die paar nie om agter hul opponente se doellyn te gaan kuier nie.

    Dumond staan ook op vyf drieë van sy eie, in die se laaste twee wedstryde.

    Die Anker se afrigter, Corneel van Dyk, het twee veranderinge aan die span wat verlede naweek vir Merensky in die halfeindstryd geklop het, gemaak. Sy Cravenweek-flank, Divan du Plooy, maak na ‘n enkelbesering sy terugkeer na die beginspan.

    Du Plooy se fisiekheid beloof om ‘n groot rol op die aanval te speel. Die rateltaai flank is ook ‘n groot doring in die vlees by die afbreekpunte en is daar min so vinnig soos hy op die los bal.

    Agterlangs, maak Marcel Engelbrecht, sy terugkeer op regtervleuel na hy homself vroeër in die seisoen op die krukkelys bevind het. Engelbrecht se vermoeë om af te rond was sover vanjaar vir sy span goud werd.

    Saam met Engelbrecht sal dit sy losskakel, Benton Giessing, wees wat goed dopgehou moet word. Giessing se aanvallende spel het tot op hede menigste verdedigers met meer vrae as antwoorde gelaat. Hy het ook bewys dat hy sekuur vanaf die skopkegel is en sal sy skopvoet ‘n groot rol in Saterdag se eindstryd speel.

    Die span van Brakpan kry ‘n tweede kans na hy in verlede jaar se eindstryd met ‘n punt teen Secunda vas geval het.

    Die spanne:

    Die Anker teen Wesvalia in Brakpan om 12:15: 

    Die Anker: 15 Damien Muller, 14 Marcel Engelbrecht, 13 Duhan du Plessis, 12 Branden Crous, 11 Christiaan Nell, 10 Benton Giessing, 9 Danie Smit, 8 Hanru Pienaar, 7 Divan du Plooy, 6 AJ Roux, 5 Ruben Herbst, 4 Reagan Pretorius, 3 Daniel du Toit, 2 Dihan de Villiers, 1 Buks Britz.

    Hoerskool Wesvalia: 15 Marno Dreyer, 14 Teboho Sekonyela, 13 Deon Viljoen, 12 Philip Janse van Rensburg, 11 Werner Kruger, 10 Richardy van Heerden, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Hennoh Visser, 6 Francios Dumond, 5 Wessel Sevenster, 4 Vian Botes, 3 Koos Kleynhans, 2 Junior Kuhn, 1 Heinrich Jansen van Vuuren.

    Skeidsregregter: Christo Erasmus (Leeus)

    Ander spanne:

    11:20 – o.16 – Alberton vs Wesvalia
    10:10 – o.15 – Wesvalia vs Hoërskool Pietersburg
    09:00 – o.14 – Die Anker vs Hoërskool Pietersburg