SSPN Test Site

Blog

  • Garsies behaal gemaklike sege oor Framesby, terwyl Klofies vir Diamonds in doodsnikke troef

    Garsies behaal gemaklike sege oor Framesby, terwyl Klofies vir Diamonds in doodsnikke troef

    NewsG Maynard Kleynhans skolerugbyDie Hoërskool Garsfontein het ondanks die feit dat hy nie eintlik sy ritme kon vind nie, nie veel probleme ondervind om Framesby van Port Elizabeth met 45-13 tydens die Absa Wildeklawer-toernooi in Kimberley af te stof nie.  

    Die sege oor die span van die Baai beteken dat die Garsie Bere een van die min onoorwonne spanne op skoolvlak in Suid-Afrika vanjaar is. 

    Garsfontein kom Maandag vir die eerste keer in sy geskiedenis teen Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch te staan. Die wedstryd wat om 16:20 op Diamantveld se hoofveld afskop beloof om ‘n titaniese kragmeting te wees. 

    Garsies het heelwat van sy eerstekeuse spelers teen Framesby ruskans gegee en sodoende vir heelwat van die spelers in sy eerstespan groep broodnodige wedstrydtyd gegee. 

    Die span se afrigters, Johan du Plessis en Hendré Marnitz, sal dus tevrede met uitslag wees asook die feit dat hul groep oor genoeg diepte beskik. 

    Garsies het teen rustyd ‘n voorsprong van 17-6 geniet. Die span se skrumskakel, Steven Nel, het ‘n uitmuntende dag agter die oond beleef. Hy het twee keer ‘n draai agter die doellyn in die eerste helfte gaan maak. 

    Hy is ook na afloop van die wedstryd as Speler van die Wedstryd aangewys. Garsies het die bal heelwat lug gegee en die twee vleuels, Jason Hugo en Boeloe Scott, het ‘n hele paar lopies ingekry. 

    Create Infinity2

    Voorlangs het die agtsteman, Maynard Kleynhans, sy terugkeer na ‘n besering gemaak en goed vertoon ondanks die feit dat hy ook tien minute in die koelkas moes deurbring. Die slot Christopher Sjoblom en haker, Franna Prinsloo, kan ook tevrede met hul vertonings voel.

    Die Hoërskool Waterkloof het daarin geslaag om die gasheer, Diamantveld, in die doodsnikke van hul kragmeting met 19-17 te troef.

    Diamantveld was egter ‘n paar sekondes en een beslissing weg van ‘n roemryke sege oor die Klofies. Die wenspan se slot, Dale Arlow, het met speeltyd reeds vertreke gaan druk om sake gelyk te trek. Oor dié drie wat deur die skeidsregter, Darren Colby, toegeken is, sal daar egter nog lank in Kimberley gepraat word.

    Op die kykweer was dit duidelik dat Arlow die bal aangeslaan het, maar ongelukkig vir Diamonds en gelukkig vir Waterkloof is daar nie ‘n televisieskeidsregter by skolewedstryde nie. Waterkloof se losskakel, Hernus Marais, het dié doelskop oorgeklits om die sege te beklink. 

    Klofies se twee slotte, Christoff Luus en Arlow, het deurgans in die los gewoel. Die span se heelagter, Reuvan Ferreira, het ook soos gewoonlik ‘n bestendige vertoning opgedis. 

    Diamonds het teen rustyd ‘n voorsprong van 7-5 geniet nadat die skrumskakel, Morné Mathewson, vir ‘n drie deurgeglip het.

    Puntemakers: 

    Garsfontein 45 (17) – Drieë: Steven Nel (2). Franna Prinsloo, Jason Hugo, Eben Stander, Boela Scott, Kelan Adams. Doelskoppe: Tireque Appolles (3), Nicallen Gabrielsen (2). Framesby 13 (6) – Drie: Jayden Davisson. Doelskop: Logan Muller. Strafdoele: Muller (2).

    Waterkloof 19 (5) – Drieë: Robert Breytenbach, Christoff Luus, Dale Arlow. Doelskoppe: Hernus Marais (2). Diamantveld 17 (7) – Drieë: Morné Matthewson, Liam Ferris. Doelskoppe: Wynand Botha (2). Strafdoel: Botha.

    [powr-comments id=”27d4ab7a_1651321205618″]

  • Jade Brigade and Horseflies off to winning starts at Absa Wildeklawer

    Jade Brigade and Horseflies off to winning starts at Absa Wildeklawer

    NewsG Durban High School RugbyIt was expected beforehand that Stellenberg would have too much firepower for Noord-Kaap of Kimberley, but the team from Bellville had to work much harder for the victory than what the 36-7 scoreline suggests. 

    The two teams met each other on the second day of the annual Absa Wildeklawer Festival in Kimberley. All the matches are streamed live by 

    Stellenberg was in control early on but some excellent cover defence kept the visitors from converting the pressure into points. And it was an intercept by Northerns’ outside centre, Keanon Davids, which produced the opportunity for winger Keante Pienaar to open the score sheet. 

    The Jade Brigade‘s inside centre, Damian Markus, however made sure his side reacted immediately by scoring the first of his two tries. Markus was once again a stalwart for Stellenberg. 

    As usual Stellenberg’s scrumhalf, Aiden Muller, also put in an excellent performance. Flanker Wessel Joubert can also feel more than happy with his performance for the winning side. 

    Northerns’ winger Pienaar put in a massive performance on defence, while the scrumhalf, Bryan Kenny, as well as the midfield pairing of Guvandre Moses and Davids, also experienced a good day at the office. 

    Create Infinity2

    Durban High School produced an impressive performance to down Menlopark by 31-10 in their first-ever clash at the Absa Wildeklawer Festival. The side from Durban had a mere 12-10 lead at the break but shifted a gear or two in the second half to secure a convincing victory. 

    DHS’ inside centre, Dwight Petersen, produced a powerful performance. He was solid in the midfield and caused Menlopark’s defence some serious problems with his strong bullocking runs. 

    The winning side’s flyhalf, Deono Boesak, also enjoyed a good day at the office. Boesak is a plan maker which keeps the Horseflies’ backline on the front foot. 

    For Menlopark their captain and flanker, Tiaan Engelbrecht, put his body on the line and tried his best to keep his team in the game. He completed a brace of tries. 

    Scorers: 

    Stellenberg 36 (17) – Tries: Damian Markus (2), Marco Ferreira, Aiden Muller, Ruben Thompson, Damian Labuschagne. Conversions: Jayson January (2), Tommie Smook. Noord-Kaap 7 (7) – Try: Keante Pienaar. Conversion: Eldridge Jack.

    Durban High School 31 (12) – Tries: Dwight Petersen (2), Zack Smith, Tholithemba Sibisi, Charl Meyers. Conversions: Deono Boesak (3). Menlopark 10 (10) – Try: Tiaan Engelbrecht (2). Conversion: Marco Strydom. Penalty: Strydom.

    [powr-comments id=”e2a100d3_1651314138775″]

  • Affies verhang die bordjies teen Oakdale Landbou op Wildeklawer

    Affies verhang die bordjies teen Oakdale Landbou op Wildeklawer

    News Affies Wildeklawer rugbyDie Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria se Wit Bulle se seisoen is vinnig besig om stoom op te bou. Affies het in die openingswedstryd van die Absa Wildeklawer-toernooi in Kimberley vir Oakdale Landbou met 25-7 die loef afgesteek. 

    Die Wit Bulle het teen rustyd reeds ‘n voorsprong van 20-7 op Diamantveld se hoofveld opgebou. Dit was die vleuel Marx Nel wat die vonk verskaf het wat die telbord aan die rol gekry het. 

    Nel is sterk op sy bene en het met sy drie ‘n hele paar verdedigers van hom af laat spat. Nel het ook op die verdediging met sy lakwerk uitgestaan.

    Create Infinity2

    Dié sege was boonop soete wraak na Oakdale verlede jaar die Wit Bulle op hul tuisveld in die Jakarandastad met 46-21 afgestof het. Dit was die span van Riversdal se eerste sege ooit oor Affies. 

    Affies se flank Dieter Schubert het ‘n skitterende wedstryd voorlangs beleef. Hy het fisiek by die afbreekpunte ingeklim en was ook op verdediging vir sy span goud werd. 

    Schubert is ook na afloop van die wedstryd welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys.  

    Affies se kaptein en losskakel, Stehan Heymans, kan ook tevrede met sy vertoning voel. Hy het ‘n paar lang lynskoppe lanseer om Oakdale terug te dryf en ook spel goed dikteer. Heymans is die seun van die voormalige senter van Noordwes en Oostelike Provinsie, Fanie Heymans. 

    Oakdale se haker, Jurgen van Staden, het voorlangs gewoel en ‘n hele paar manne besig gehou. Agterlangs het Kobus Janse van Rensburg in die middelveld vir die span van Riversdal moedig probeer.

    Affies kom Maandag in sy tweede wedstryd van die toernooi teen Glenwood van Durban te staan. Oakdale se tweede wedstryd is teen die ander rugbykrag van Durban, Durban High School

    Puntemakers:

    Affies 25 (20) – Drieë: Hanro Venter (2), Marx Nel. Doelskoppe: Stehan Heymans (2). Strafdoele: Heymans (2). Oakdale Landbou 7 (7) – Drie: André Goedhals. Doelskop: Kobus Janse van Rensburg. 

    Ander spanne: 

    o.16: Affies 33, Oakdale Landbou 0.

    o.15: Affies 31, Oakdale Landbou 3.

    o.14: Affies 31, Oakdale Landbou 0.

    [powr-comments id=”1ef1da46_1651256999863″]

  • Absa Wildeklawer van 2022 in Kimberley die grootste nog

    Absa Wildeklawer van 2022 in Kimberley die grootste nog

    NewsG Monnas MagwazaDie Absa Wildeklawer-rugbytoernooi is vanjaar groter as ooit te vore. 

    Nie minder as 22 eerste rugbyspanne van die land se voorste rugbyskole sal oor die naweek teen mekaar sake uitspook. Elke span speel twee wedstryde tydens die toernooi. 

    Die toernooi skop af met die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria se Wit Bulle wat Vrydag om 19:00 teen Oakdale Landbou kragte sal meet. Die toernooi word soos die gebruik die afgelope paar jaar deur die Hoërskool Diamantveld aangebied.

    Al die wedstryde word regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai.

    Affies en Oakdale betree albei die toernooi op ‘n goeie voet. Affies het verlede Saterdag (29-26) vir Paarl Gimnasium vir die eerste keer sedert 2012 geklop.

    Oakdale het op sy tuisveld daarin geslaag om Grey-kollege tot ‘n gelykop-uitslag van 17-elk te hou. Die Bulle van Riversdal het sonder twyfel verlede Saterdag ter nagedagtenis van hul eerste Springbok, Pedrie Wannenberg, ‘n spesiale vertoning opgedis. 

    Wannenberg is tragies vroeër daardie oggend in ‘n motorongeluk oorlede. 

    Create Infinity2

    Die hoofwedstryd op die tweede dag (Saterdag, 30 April) sal tussen Paul Roos Gimnasium en Glenwood van Durban beslis word. Die vernaamste voorwedstryd behoort ook heelwat vuurwerk op te lewer met Monument se Wit Bulle wat teen die Kwaggas van Outeniqua te staan sal kom. 

    Grey-kollege behoort sy wonde te lek en daarom ekstra gevaarlik te wees teen Boland Landbou. Paarl Gimnasium sal ook omgekrap wees en Helpmekaar-kollege staan eerste in hul pad more om 13:50. Gimmies en Grey-kollege se mekaar Maandag in die hoofwedstryd van die dag die stryd aan wat beloof om die wedstryd van die toernooi te wees. 

    Helpies sal wel nie net die stryd gewonne gee nie. Die span van Johannesburg het vroeër vanjaar vir Paul Roos Gimnasium tydens die Noord/Suid-toernooi omgedop. 

    Saterdag se bepalings: 

    08:00 – Noord-Kaap vs Stellenberg
    09:10 – Menlopark vs Durban High School
    10:20 – Framesby vs Garsfontein
    11:30 – Diamantveld vs Waterkloof
    12:40 – HTS Drostdy vs Welkom Gimnasium
    13:50 – Helpmekaar vs Paarl Gimnasium
    15:00 – Hoër Jongenskool Paarl vs Maritzburg College
    16:10 – Grey-kollege vs Boland Landbou
    17:20 – Monument vs Outeniqua
    18:30 – Paul Roos Gimnasium vs Glenwood 

    [powr-comments id=”0b9b85ec_1651243473787″]

  • Worcester Primêr, Gene Louw en Outeniqua maak stem dik op eerste dag van Wildeklawer

    Worcester Primêr, Gene Louw en Outeniqua maak stem dik op eerste dag van Wildeklawer

    NewsG Gene Louw skolerugbyDit was die spanne van Worcester Primêr, Laerskool Outeniqua en Gene Louw wat die meeste met hul spel op die eerste dag van die o.13 Wildeklawer-toernooi beindruk het.

    Worcester Primêr het oor te veel skietgoed vir Laerskool Van Riebeeckpark beskik en met 74-0 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span van Worcester se senterpaar, Brent-Leigh Ekstraal en Jordan Timm, was op hul stukke. 

    Die heelagter, Matthew Fortuin, hete ook ‘n goeie wedstryd beleef. Voorlangs het die agtsteman en kaptein, Samuel Kitshoff, asook die flank Albertus Hamman skitterende spel gelewer.

    Outeniqua van George het ook nie veel probleme ondervind om Laerskool Magalieskruin met 64-10 uit die pad te vee nie. Die span se losskakel, JP Immelman, en binnesenter, Cobus Immelman, kan meer as tevrede met hul vertonings voel.

    Gene Louw was self witwarm en het vir Jordania van Bethlehem met 74-0 kaf gedraf. Die span se agtsteman, Schalk Fourie, het met sy lopies etlike meters veld gewen en die verloorspan se verdediging heelwat probleme besorg.

    Grey-kollege Primêr se vleuel, Tian Nel, het hope vaart en het ‘n hele paar keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak wanneer hy in spasie geplaas was. Hy is ook sterk op sy bene en word nie maklik grond toe gebring nie. 

    Die haker, Dylan Stassen, en flank Logan Pottas, het ook goeie vertonings gelewer.

    Die Laerskool Eikestad se vaskopstut, Ziyaad Jappie, het twee keer met stormramlopies oor die doellyn gebars om sy span tot ‘n sege van 26-3 oor Laerskool Impala van Kempton Park te help.

    Sunridge Primary van Port Elizabeth se agtsteman en kaptein, Jean Capes, het sy span van voor gelei tot ‘n oorwinning van 24-17 oor die gasheer, Laerskool Newton van Kimberley. 

    Die Laerskool Durbanville het ‘n strawwe tweestryd teen Laerskool Rustenburg met 19-13 gewen. Die span van Rustenburg word deur Ruben van Heerden vanaf agtsteman aangevoer. Hy is die seun van die voormalige Springbok Wikus van Heerden. Sy oupa, Moaner van Heerden, het ook vir die Bokke uitgedraf.

    Indien die afrigters of spanbestuurder hul puntemakers wil aanstuur vir plasing by die artikels kan hy dit aanstuur na 072 172 5455 per WhatsApp of per e-pos na results@rugby.supersportschools.com

    Uitslae en Puntemakers: 

    Eikestad 26 – Driee: Ziyaad Jappie (2), Ben le Roux, James Gerber. Doelskoppe: Nathan van der Berg (3). Impala 3.

    Sunridge Primary 24 – Driee: R Kemp, D Harvey, K Aylward, Jean Capes. Doelskoppe: N Trytsman (2). Newton 17.

    Sunridge 24, Newton 17
    Durbanville 19, Rustenburg 13
    Grey-kollege 50, Bastion 19
    Eikestad 26, Impala 3
    Worcester Primêr 74, Van Riebeeckpark 0
    Outeniqua 64, Magalieskruin 10
    Gene Louw 74, Jordania 0
    Garsfontein 53, Oranje Noord 5

    [powr-comments id=”7e086021_1650972496545″]

  • Room van o.13-spelers van Maandag op Wildeklawer in aksie

    Room van o.13-spelers van Maandag op Wildeklawer in aksie

    NewsG Worcester Primer skolerugbyVan die land se room op o.13-vlak trek van vandag af in Kimberley saam om van more af aan die Wildeklawer-toernooi deel te neem. 

    Die o.13-toernooi word van 25 April tot 27 April op Laerskool Newton in die Diamantstad se hoofveld beslis. In die hoofwedstryd van die eerste dag kom Grey-kollege van Bloemfontein teen Bastion van Brackenfell te staan. 

    Die twee spanne om dop te hou tydens die toernooi is sonder twyfel Worcester Primêr en die Laerskool Garsfontein van Pretoria.

    Worcester het tot dusver nie vanjaar sy gelyke op die rugbyveld gehad nie. Hy het vroeer tydens Grey se Super Series in Bloemfontein die gasheer met 53-3 kaf gedraf, hy het ook vir Paarl Gimnasium oftewel Klein Gim met 72-0 ‘n drag slae toegedien.

    Die span van Worcester kom op die eerste dag teen Van Riebeeckpark van Kempton Park.

    Garsfontein het ook vanjaar ‘n bulspan en sal in die eerste wedstryd van vanjaar se toernooi vir Oranje-Noord van Upington die stryd aansê. Die span van Upington het gewoonlik ‘n paar klipharde spelers in sy geledere en dit sal dus nie ‘n maklike wedstryd vir die span van die Jakarandastad wees nie. 

    Die gasheer, Newton, sal in sy eerste wedstryd van die toernooi teen Sunridge Primary van Port Elizabeth te staan kom.

    Laerskool Rustenburg sal in die vernaamste voorwedstryd teen Laerskool Durbanville kragte meet. Impala van Kempton Park kom op die eerste dag teen die Laerskool Eikestad te staan, terwyl Outeniqua van George wat altyd ook ‘n gedugte span in die veld stoot teen Magalieskruin sal uitdraf. 

    Jordania van Bethelehm het ‘n reuse taak wat teen Gene Louw op om hom wag. 

    Die bepalings van die tweede en derde dag van die toernooi word na afloop van die voorafgaande dae se spel bepaal. 

    Die bepalings: 

    17:00 – Grey-kollege vs Bastion
    16:00 – Rustenburg vs Durbanville
    15:00 – Newton vs Sunridge
    14:00 – Van Riebeeckpark vs Worcester Primêr
    13:00 – Impala vs Eikestad
    12:00 – Magalieskruin vs Outeniqua
    11:00 – Jordania vs Gene Louw
    10:00 – Garsfontein vs Oranje-Noord

    [powr-comments id=”773879d0_1650803961319″]

  • Vier perde in die resies om as kampioen van die NWU Prestige-reeks gekroon te word

    Vier perde in die resies om as kampioen van die NWU Prestige-reeks gekroon te word

    NewsG Potch GimmiesDie Hoërskool Oos-Moot se rugbyspan is vinnig besig om sy ritme in die NWU Prestige-reeks te vind. Die span het sy plek in die halfeindronde van die kompetisie met ‘n sege van 43-24 oor die Hoërskool Zwartkop bespreek. 

    Oos-Moot sal nou in die halfeindronde teen die Hoërskool Middelburg te staan kom. Die Middies het sy plek met ‘n sege van 22-17 in ‘n klipharde tweestryd oor Hoërskool Rustenburg verseker. Die halfeindrondes van die reeks vind more op Rustenburg plaas. 

    In die ander halfeindstryd sal Noordheuwel en Lichtenburg teen mekaar sake uitspook. Die twee spanne het mekaar die vorige paar reekse in die eindstryd eers ontmoet. 

    Die Nories het ‘n goeie sege van 21-10 in die kwarteindronde oor Die Anker van Brakpan behaal, terwyl Lichtenburg ‘n naelskraapse sege van 18-17 oor Heidelberg Volkskool deurgetrek het.

    Oos-Moot se Richardo Visser (agtsteman) en Regardt Jordaan (flank) het in die vastelos teen Zwarries gewoel. Visser behoort in die halfeindronde vir Middelburg ook hoofbrekens te besorg. 

    Agterlangs het die heelagter, Tiaan Bornman, ook ‘n goeie dag op kantoor teen Zwartkop beleef. Die slot Rudolph Coetzee kan ook tevrede met sy vertoning in die kwarteindstryd voel. 

    Die Hoërskool Middelburg se agterhoede is vuurwarm. Sy heelagter, Simitha Maseko, asook die buitesenter, Grant de Jager, het vir Rustenburg die grootste probleme besorg. Dit is natuurlik buiten die skeidsregter wat 31 keer sy arm in die lug vir strafskop teen Rusties opgesteek het. 

    Vir Rusties was PJ Engelbrecht uitstaande. Hy het ‘n hele paar sterk lopies ingekry en amper elke keer etlike meters veld vir sy span gewen. 

    Nories is vanjaar ‘n gedugte span en met ‘n paar hardebaarde voorlangs en ‘n opwindende agterhoede met die skakelpaar, JT Kapank en Coen-Lee Koekman, aan die spits.

    Die heelagter, Divan Spangenberg, het agterlangs ook gewys dat hy gemaklik is om ‘n hele paar posisies in die agterlyn te speel. Voorlangs het die voorrymanne, Martin Nel en Arne Roux, saam met die agtsteman, Marco Matthee, die pak behoorlik dik aangemaak. 

    Vir die verloorspan het sy skakelpaar, Denzel van Rensburg en Gunter Jacobs, goeie vertonings opgedis. Die heelagter, Damien Muller, verdien ook ‘n klop op die skouer vir sy vertoning in die wedstryd.

    Lichtenburg se kantman, Dries Scheepers, was aan die voorpunt van sy span se oorwinning oor Heidelberg Volkies. 

     FOTO: Marius Nortjé

    Puntemakers: 

    Hoërskool Middelburg 22 () – Drieë: Grant de Jager, Fumani Chauke, Philasande Ntshapela. Doelskoppe: AJ Oberholzer (2). Strafdoel: Oberholzer. Hoërskool Rustenburg 17 () – Drieë: Zander Steenkamp, Zander Kruger, Geo Barnard. Doelskop: Adriaan Liebenberg.

    Noordheuwel 21 (7) – Drieë: Coen-Lee Koekman, Marshall de Vos. Doelskop: JT Kapank. Strafdoele: Kapank (3). Die Anker 10 (10) – Drie: Denzel van Rensburg. Doelskop: Gunter Jacobs. Strafdoel: Jacobs.

    Oos-Moot 43 () – Drieë: Ryan Scott (3), Richardo Visser (2), Regardt Jordaan, Rudolf Coetzee. Doelskoppe: Carlo Janse van Rensburg (4). Zwartkop 24 () – Drieë: SJ Bezuidenhout (2), Nathan van Aswegen, Ian van der Westhuizen. Doelskoppe: Henlu Roos (2). 

    Lichtenburg 18 () – Drieë: Zandro Coetzee, Vuyo George. Doelskop: Elrigh Snyman. Strafdoele: Snyman (2). Heidelberg Volkskool 17 () – Drieë: Jeandré Kleinhans, Ruben van Vuuren. Doelskoppe: Keane Duckitt (2). Strafdoel: Duckitt. 

    Montana 48 () – Drieë: Ryan Herbst (2), Estian Gouws (2), Marco van Baalen (2), Vian Kelly, Ewan Korb. Doelskoppe: Rigard van Rensburg (4). Hugenote (Springs) 0.

    Wesvalia 26 () – Drieë: Dawid Opperman (2), Grant Coetzee, Teboho Sekonyela. Doelskoppe: Grant Coetzee (3). Jeugland 7

    Potchefstroom Gimnasium 12 () – Drieë: Ruben le Roux, Kea Nduweni. Doelskop: Nduweni. Marais Viljoen 5 – Drie: Juandré Theron.

    Potchefstroom Volkskool 31 () – Drieë: Oosterlig 5 () – Drie: Maricus Pretorius. 

    [powr-comments id=”224f8804_1650803543867″]

  • ‘n Saterdag van opskuddings in Suid-Afrikaanse Skolerugby

    ‘n Saterdag van opskuddings in Suid-Afrikaanse Skolerugby

    NewsG Beyers Roos AffiesDit was ‘n Saterdag ‘n dag vol skolerugby opskuddings.

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het op sy tuisveld met ‘n sege van 29-26 vir die eerste keer sedert 2012 daarin geslaag om vir Paarl Gimnasium te klop.

    Die laaste keer wat Affies oor Paarl Gimnasium baas was, was die Skotse-voorryman Pierre Schoeman sy kaptein en die Bok-losskakel Handré Pollard het Gimmies aangevoer. Dié telling was destyds 27-20 in Affies se guns in die wedstryd wat op die Wildeklawer-toernooi in Kimberley beslis was.

    Oakdale Landbou het op sy tuisveld net buite Riversdal daarin geslaag om Grey-kollege tot ‘n gelykop-uitslag van 17-elk te hou. Dit is die eerste keer wat die span van die Rosestad nie daarin kon slaag om Oakdale te klop nie.

    Rondebosch Boys’ High het vir die eerste keer sedert 1997 daarin geslaag om die Hoër Jongenskool Paarl te verslaan. Die span van Kaapstad was met 21-19 baas. In 1997 was die gewese Springbok-senter Gcobani Bobo nog as ‘n flank aan die voorpunt van Rondebosch se sege. 

    Bishops het amper vir die tweede agtereenvolgende jaar daarin geslaag om vir Paul Roos te verslaan. Die twee spanne het met 38-elk gelykop in die Markotter-stadion in Stellenbosch gespeel.

    Die tuisspan se slot Daniel Marais het met slegs drie minute oor gaan druk om sy span ‘n kans te gee om sake gelyk te trek. Die heelagter, Christoff de Bruyn, het met die doelskop sake gelyk getrek.

    Terug na Affies se sege oor Paarl Gimnasium. Die Wit Bulle se haker, Hanro Venter, het ‘n driekuns aan drieë in die sege vanaf rolmale behaal. Dit was egter die stut Zack Maritz se drie wat die sege beklink het.

    Paarl Gimnasium sou voel dat hul aan stuur van sake was met die telling wat op ‘n stadium 26-10 in sy guns was. Gimmies se kaptein en binnesenter, PA van Niekerk, kan tevrede met sy vertoning voel.

    Buiten Venter het sy losskakel en kaptein, Stehan Heymans, ook ‘n goeie dag op kantoor beleef. Heymans is die seun van die voormalige Wes-Transvaal en Oostelike Provinsie senter Fanie Heymans.

    Al die opskuddings maak dat die komende naweek se wedstryde tydens die Wildeklawer-toernooi in Kimberley heelwat meer op die spel sal hê as voor Saterdag se wedstryde.

    Durban High School het sy goeie spelpeil voortgesit en vir Maritzburg College met 38-14 kaf gedraf. Outeniqua se Kwaggas het nie veel probleme ondervind om die Hoërskool Durbanville met 48-7 te verslaan, terwyl Boland Landbou ook tevrede met sy sege van 39-22 oor SACS sal voel.

    Die Hoërskool Piet Retief is die nuwe kampioen van die NWU 16-reeks na hy vir Wolmaransstad in ‘n klipharde eindstryd in Potchefstroom met 27-23 verslaan het.

    Die span se vleuel Buhle Thusi is na afloop van die wedstryd as speler van die wedstryd aangewys. Die span se losskakel, Zander Coetzee, het met sy skopskoen ook ‘n beduidende rol in die oorwinning gespeel.

    FOTO: William Brown

    AL DIE UITSLAE: 

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Hoërskool Trio 39, Goudveld-Hoërskool 7; Welkom Gimnasium 24, Voortrekker 19; Witteberg 29, Hentie Cilliers 0; Sentraal 31, Louis Botha 10; Hennenman 39, Bultfontein 14; Riebeeckstad 27, HTS Welkom 14; Hoopstad 64, Welkom High 0; Brandfort 13, Sand du Plessis 12.

    NOORDVAAL

    Blou Bulle: Affies 29, Paarl Gimnasium 26; Menlopark 24, Transvalia 17; Centurion 47, Sutherland 0; Eduplex 12, Silverton 7.

    Goue Leeus: Monument 38, Hoërskool Nelspruit 16; King Edward VII 31, Pretoria Boys’ High 25; Northcliff 45, Randpark 20.

    Limpopo: Hoërskool Pietersburg 20, HTS Tom Naudé 19; Frikkie Meyer 60, Piet Potgieter 7; Merensky 48, Hans Strijdom 3, Ellisras 27, Ben Viljoen 20; Frans du Toit 34, Eric Louw 17; Curro Heuwelkruin 44, Stanford Lake College 12; Nylstroom 39, Ben Vorster II 5; Warmbad 60, Ellisras III 0.

    Pumas: HTS Middelburg 33, Ermelo 12; Lydenburg 42, HTS Witbank 5; Ligbron Akademie 39, EG Jansen II 19.

    Valke: Kempton Park 19, Eldoraigne 14.

    OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL

    Framesby 50, HTS Daniël Pienaar 6; Marlow Landbou 38, Hoërskool Grens 0; Queen’s College 20, Dale College 13; Westville Boys’ High 15, Jeppe 0; Michaelhouse 38, Northwood 18; Glenwood 31, Kearsney College 10; Durban High School 38, Maritzburg College 14; Hilton College 66, St. Charles College 3; Nico Malan 33, Despatch 17; Brandwag (Uitenhage) 27, Muir College 14.

    WES-KAAP

    Rondebosch Boys’ High 21, Hoër Jongenskool Paarl 19; Bishops 38, Paul Roos 38; Oakdale Landbou 17, Grey-kollege 17; Outeniqua 48, Durbanville 7; Boland Landbou 39, SACS 22; Stellenberg 37, Hoërskool Bellville 0; Wynberg Boys’ High 57, Parel Vallei 0; Robertson 19, Bredasdorp 16; Langenhoven Gimnasium 26, Hoërskool Stellenbosch 13; Charlie Hofmeyr 33, Overberg 24; Strand 14, Tygerberg 12.

    NWU PRESTIGE-REEKS

    Noordheuwel 21, Die Anker 10; Hoërskool Middelburg 22, Hoërskool Rustenburg 17; Wesvalia 26, Jeugland 7; Lichtenburg 18, Heidelberg Volkskool 17; Montana 48, Hugenote (Springs) 0; Oos-Moot 43, Zwartkop 24; Potchefstroom Volkskool 31, Oosterlig 5; Potchefstroom Gimnasium 12, Marais Viljoen 5.

    NWU SPORT-REEKS

    Randburg 32, Hans Moore 18; Florida 44, Driehoek 10; Dinamika 22, Standerton 12; Wonderboom 27, Hoërskool Alberton 22.

    NWU 16-REEKS

    Piet Retief 27, Wolmaransstad 23; Pionier 14, Fochville 12; Vryburg 26, Ferrum 7; Pretoria-Noord 24, Leeuwenhof 19; Riebeeckrand 24, Stofberg 7; Bekker 19, Oosterland 10; Delmas 50, Schoonspruit 8.

    [powr-comments id=”3490b74c_1650785106261″]

  • School of Rugby Rankings – 19 April 2022

    School of Rugby Rankings – 19 April 2022

    School of Rugby NegativeSo here it is, our first school rugby rankings of 2022! And also our first school rankings since 2019. 

    Grey College is still occupying the top spot, but if we did produce rankings in 2021 Paarl Gimnasium would probably have been the top team for last year. 

    There is however at this stage not a lot to choose between the two sides with the fact that Grey has played one more game probably giving them the edge because of how our algorithm features a bonus point for being unbeaten which also takes into account how many matches you’ve played up until that stage. 

    Diocesan College or rather Bishops is also unbeaten after seven matches and occupies the third position on our rankings. Paarl Boys’ High is in the fourth position and is also still unbeaten but did draw 19-all against Garsfontein during the Noord/Suid tournament in Pretoria.

    Garsies boasts a formidable outfit this year and also managed to defeat Affies (20-19) for the first time in history. They are ranked fifth at this stage. 

    At this stage of the season, we have also decided not to rank any teams who haven’t played four or more matches. This means teams like Oakdale Landbou, Outeniqua and Menlopark were not taken into consideration for any places on our first rankings of the season. 

    Please note that we don’t take matches against international opposition into consideration in our rankings. These games will however still be recorded and shown in our results.

    These rankings are not an official ranking as there is no official ranking on schoolboy level and this is only to get the discussion on school rugby on South Africa flowing. We however take our responsibility for reporting on school rugby very seriously. 

    To see each team’s results so far this season click on their name in the rankings. If you see any results missing please don’t hesitate to contact Hannes Nienaber via e-mail at hannes@rugby.supersportschools.com – and please feel free to discuss and differ from us in the comments section. 

    The Rankings: 

    # Team Played Won Lost Draw Points F Points A
    1 Grey College 5 5 0 0 271 82
    2 Paarl Gimnasium 4 4 0 0 151 56
    3 Diocesan College 7 7 0 0 233 89
    4 Paarl Boys’ High 5 4 0 1 118 61
    5 Garsfontein 4 3 0 1    
    6 Affies 6 5 1 0    
    7 King Edward VII 7 6 1 0    
    8 Monument 7 6 1 0    
    9 Rondebosch Boys’ High 5 4 1 0    
    10 Paul Roos Gimnasium 5 3 2 0 161 77
    11 Framesby 6 4 1 1    
    12 Brandwag (Uitenhage) 7 5 2 0    
    13 Jeppe High School for Boys 7 5 2 0    
    14 Glenwood 7 5 2 0    
    15 Stellenberg 5 3 2 0    
    16 Michaelhouse 8 5 3 0    
    17 Maritzburg College 7 5 2 0    
    18 Hilton College 4 3 1 0    
    19 Grey High School 7 4 3 0    
    20 Voortrekker 7 5 2 0    
    21 Westville Boys’ High 8 6 2 0    
    22 Nelspruit 7 4 3 0    
    23 St Andrew’s College 8 5 3 0    
    24 Noordheuwel 8 5 2 1    
    25 Waterkloof 7 4 3 0    
    26 Hudson Park 8 6 2 0    
    27 Kingswood College 5 3 2 0    
    28 Helpmekaar 7 4 3 0    
    29 Boland Landbou 4 2 1 1    
    30 Selborne College 9 6 2 1    

     [powr-comments id=”32e08d75_1652030853456″]

  • Paas-modderfees: al die uitslae van die skolerugby oor die Paasnaweek

    Die skolerugbywedstryde tydens die tweede dag van die onderskeie Paastoernooie kan liewer as moddergevegte as feesrugby beskryf word.
    Dit het egter nie ‘n hele paar spanne gekeer om oortuigende oorwinnings te behaal nie.

    Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch het vir die Hoërskool Nelspruit se Rhinos tot oorgawe met ‘n telling van 40-3 tydens St. John’s College se Paastoernooi gedwing.

    Die span van Stellenbosch se loskopstut, Wilbur Loubser, het twee keer oor die doellyn gebeur. Hy het deurgans behoorlik voorlangs ingedons om Nelspruit se agttal tot oorgawe te help dwing.

    Paul Roos het in sy eerste wedstryd vir Welkom Gimnasium met 50-6 gekarnuffel. Sy vleuel Luke Graham het hier sy tweede agtereenvolgende driekuns behaal na hy ook in sy span se vorige wedstryd teen Grey High drie keer ‘n draai agter die doellyn gemaak het.

    Die Hoër Jongenskool Paarl het in die tweede helfte daarin geslaag om uiteindelik die oorhand teen Helpmekaar-kollege te bewerkstelling. Die Helpies het teen rustyd ‘n voorsprong van 16-8 geniet.

    Die span van die Paarl kon eers in die 47ste minuut vir die eerste keer die voorsprong met 18-16 te neem. Boishaai se haker, Johan Smal, en flank Divan Fuller was ysters voorlangs.

    Helpies se heelagter, Trityne Parsons, het met sy skopskoen sy span in die wedstryd gehou.

    Noordheuwel sit na Saterdag met ‘n lekker probleem. Sy losskakel vir die dag, Divan Spangenberg, het duidelik ‘n punt gehad om te bewys in die kragmeting teen St. David’s Marist (60-5).

    Spangenberg het binne die eerste drie minute van die kragmeting al twee keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak. Hy het sy driekuns in die tweede helfte voltooi.

    Die span se gereelde losskakel, JT Kapank, het op binnesenter diens gedoen. Kapank het self ‘n bydra van 15 punte tot die sege gelewer.

    Hilton College het ook ‘n bulspan vanjaar. Hy het vir Welkom Gimnasium (48-3) en St. Benedict’s College (60-3) kaf gedraf. Die span se losskakel, Chris Horak, en flank, Jonathan Horak, is die seuns van voormalige Engelse heelagter Michael Horak.

    Die Hoërskool Durbanville se vleuel James Nero het ‘n driekuns aan drieë in sy span se weghol-oorwinning oor Centurion van 66-7 op King Edward VII se Paastoernooi in Johannesburg behaal.

    Die span se skrumskakel, Monray Daars, het ook ‘n bydrae van 21 punte gelewer. Daars het self ‘n draai agter die doellyn gaan maak en agt van sy span se drieë verdoel.

    Queen’s College het goeie rugby opgedis om Northwood met 36-25 te klop. Dit nadat hy op die eerste dag naelskraaps met 36-37 teen die gasheer, KES, die knie gebuig het.

    KES het Saterdag oor te veel skietgoed vir Dale College beskik deur met 32-3 as oorwinnaars van die veld te stap. Dale het ‘n moeilike tyd agter die rug na twee van sy eerstespanspelers, Liyabona Teyise en Lisakhanya Lwana verlede week in onverwante gevalle oorlede is.

    Die Hoërskool Waterkloof se SA Skole-afrigter, Cobus van Dyk, sal nie tevrede met sy span se twee vertonings op die eerste twee dae van die Paastoernooi by Kearsney College in Durban wees nie.

    Die Klofies het Saterdag met 10-12 teen die gasheer in ‘n modderbad vasgeval, maar dis die nederlaag van 5-23 teen Durban High School wat die seerste was.

    Durban High School kan egter nie gering geskat word nie. Hy het Saterdag vir EG Jansen van Boksburg met 20-15 verslaan. Die span van Durban was teen rustyd reeds met 17-0 voor.

    Dit was veral die feit dat die wenspan voorlangs die oorhand teen die Boksburgers gehad het, wat verras het. Sy haker, Christian Everitt, en agtsteman, Siseko Mani, was hier aan die voorpunt. Everitt is die seun van die Sharks se breier, Sean Everitt.

    Monument van Krugersdorp se velle sit nog aan die draad na hy in die doodsnikke danksy ‘n drie deur die vleuel Christi Botes daarin geslaag het om vir Marlow Landbou van Cradock met 12-7 te klop.

    Voor Botes se drie het die Wolramme met 7-5 voorgeloop danksy ‘n pragtige drie deur sy agtsteman, Burrie van Heerden. Hy het ‘n lopie van amper 50 meter afgerond.

    Glenwood van Durban sal na sy twee seges oor Pretoria Boys’ High (29-12) en Selborne College (15-14) tevrede met sy vertonings tot dusver op die toernooi wees.

    Op die oudste Paastoernooi, dié een van St. Stithians College in Johannesburg, is daar nie ‘n beter span in aksie as die een van Bishops nie. Die span van Kaapstad het vir Maritzburg College (31-10) en Grey High van Gqeberha (31-20) in sy twee wedstryde tot dusver in die Goudstad verslaan.

    Die Hoërskool Rustenburg het in die hoofwedstryd van sy Bosveld-toernooi ter viering van sy eeufees vir die Hoërskool Trio van Kroonstad met 22-10 met die kous oor die kop huis toe gestuur.

    Garsfontein het sy spel goed in die nat weerstoestande aangepas om Voortrekker van Bethlehem met 38-0 goed af te stof. Die Bere se haker, De Wet Lottering, was weer aan die voorpunt van sy span se vertoning.

    Frikkie Meyer van Thabazimbi het sy spiere ook behoorlik tydens dié fees gebult. Hy het vir Lichtenburg met 29-0 kaf gedraf en vir Trio met 14-3 uitoorlê.

    AL DIE UITSLAE:

    ST. JOHN’S COLLEGE PAASTOERNOOI

    Dag 2: Hoër Jongenskool Paarl 32, Helpmekaar 16; Paul Roos 40, Hoërskool Nelspruit 3; Hilton College 48, Welkom Gimnasium 3; Graeme College 28, St. John’s College 7; Boland Landbou 38, St. Charles College 0; Noordheuwel 60, St. David’s Marist 5; St. Benedict’s College 33, Goue Leeus XV-tal 21.

    Dag 1: Hoërskool Nelspruit 26, St. John’s College 5; Paul Roos Gimnasium 50, Welkom Gimnasium 6; St. David’s Marist 19, St. Charles College 12; Boland Landbou 25, Noordheuwel 25; Hilton College 60, St. Benedict’s College 3; Hoër Jongenskool Paarl 83, Goue Leeus XV-tal 0; Helpmekaar 10, Graeme College 7.

    KEARSNEY COLLEGE PAASTOERNOOI

    Dag 2: Glenwood 15, Selborne College 14; Pretoria Boys’ High 14, Framesby 14; Durban High School 20, EG Jansen 15; Kearsney College 12, Waterkloof 10; Monument 12, Marlow Landbou 7; Westville Boys’ High 24, Noord-Kaap 0.

    Dag 1: Framesby 22, EG Jansen 19; Glenwood 29, Pretoria Boys’ High 12; Selborne College 43, Noord-Kaap 17; Monument 33, Westville Boys’ High 20; Durban High School 23, Waterkloof 5; Marlow Landbou 14, Kearsney College 10.

    KING EDWARD VII PAASTOERNOOI

    Dag 2: King Edward VII 32, Dale College 3; Jeppe High School 16, Hudson Park 10; Queen’s College 26, Northwood 3; Eldoraigne 33, Ben Vorster 3; Durbanville 66, Centurion 6; Nico Malan 24, Trinityhouse 5.

    Dag 1: King Edward VII 36, Queen’s College 36; Northwood 25, Hudson Park 19; Durbanville 52, Nico Malan 21; Ben Vorster 22, Centurion 12; Northcliff 40, Trinityhouse 12; Eldoraigne 20 Jeppe XV-tal 12.

    ST. STITHIANS COLLEGE PAASTOERNOOI

    Dag 2: Michaelhouse 34, St. Stithians College 3; St. Andrew’s College 13, Wynberg Boys’ High 12; Bishops 31, Maritzburg College 10; Grey High School 30, St. Alban’s College 19; Clifton 20, Parktown Boys’ High 14.

    Dag 1: Bishops 31, Grey High School 20; St. Stithians College 15, Clifton 10; St. Andrew’s College 29, St. Alban’s College 15; Michaelhouse 33, Maritzburg College 32; Wynberg Boys’ High 49, Parktown Boys’ High 7.

    HOËRSKOOL RUSTENBURG EEUFEES

    Dag 2: Hoërskool Rustenburg 22, Hoërskool Trio 10; Garsfontein 38, Voortrekker (Bethlehem) 0; Frikkie Meyer 29, Lichtenburg 0; HTS John Vorster 15, Wesvalia 13; Hoërskool Alberton 18, Hans Strijdom 10.

    Dag 1: Voortrekker (Bethlehem) 19, Lichtenburg 17; Frikkie Meyer 14, Hoërskool Trio 3; Wesvalia 43, Hans Strijdom 24.

    BERGSIG RUGBYFEES

    Potchefstroom Gimnasium 14, Hugenote (Springs) 10; Dinamika 8, Bergsig Akademie 5; Randburg 19, Rob Ferreira 5; Carletonville 19, Riebeeckrand 14.

    [powr-comments id=”78a94759_1650178824428″]