SSPN Test Site

Blog

  • School of Rugby launches virtual schools’ championship – BDCE Campus Cup

    School of Rugby launches virtual schools’ championship – BDCE Campus Cup

    bdce2

    BDCECampusCupLogoA New and exciting virtual schools’ rugby competition will be launched this week giving 256 of South Africa’s rugby playing schools the opportunity to be crowned champions of the first BDCE Campus Cup. This first virtual tournament will be powered by School of Rugby and the winners of matches during the tournament will be decided via online voting on their Facebook Page. 

    The first champion of the BDCE Campus Cup will receive a lucrative prize in R15 000 in cash and also a USN hamper worth R8 000. The losing finalists will also receive a cash prize of R10 000, while there is also something in it for the smaller schools that take part in the competition. The so-called second-tier school that progresses the furthest in the competition will also win R5 000 in cash.

    The draw for the first round of matches will be streamed by DigiTV with former Bulls John Mametsa, and Richard Bands assisting with the draw of the names. Bands, also a former Springbok, is famous for his try against the All Blacks after a bullocking run of 50 meters in which he brushed aside Carlos Spencer. 

    The prizes are made possible thanks to our loyal sponsors BDCE, DigiCampus, and USN. BDCE provides business’ with accredited as well as non-accredited training solutions. This includes Business Development as well as Skills Development.  

    DigiCampus provides learners from Grade R to 12 with video lessons in all subjects for Free on their platform. If you haven’t subscribed to their platform yet, go and check it out.  

    How does the BDCE Campus Cup work? Each week you will have to vote for your school in a voting poll on School of Rugby’s Facebook page as they will face one other school in a tie. The school with the most votes will continue to the next round of the competition. To help your school advance to the next round you must vote as well as share the poll/post to your friends as well as old-boys of the school.

    Schools must also share the poll onto their social media accounts to ensure they get the most votes. The first round will see the first 128 schools take each other on over a voting poll of three days closing on 18 July 2020. 

    The schedule for the BDCE Campus Cup are: 

    Week 1 – Round 1 (Week ending 18 July 2020)

    First 64 match-ups between 128 schools

    Week 2 – Round 1  (Week ending 25 July 2020)

    Second 64 match-ups between 128 schools 

    Week 3 – Round 2 (Week ending 1 August 2020)

    A total of 64 matchups between the winning schools during the first round of matches

    Week 4 – Round 3 (Week ending 8 August 2020)

    A total of 32 matches 

    Week 5 – Round 4 (Week ending 15 August 2020)

    A total of 16 matches 

    Week 6 – Top 16 (Week ending 22 August 2020)

    Round of Top 16 teams 

    Week 7 – Quarterfinals (Week ending 29 August 2020)

    Quarterfinals of the BDCE Campus Cup

    Week 8 – Semi-Finals (Week ending 5 September 2020)

    Semi-Finals of the BDCE Campus Cup 

    Week 9 – Final (Week ending 12 September 2020)

    Final of the BDCE Campus Cup

    digicampus

    [powr-comments id=”440fdc8b_1594123824436″]

  • Tweede slot vanuit Goudveld sluit kontrak met Franse-klubspan

    Tweede slot vanuit Goudveld sluit kontrak met Franse-klubspan

    NewsGKevinStrydomDie Franse slotfabriek wat al spelers soos Fabien Pelous, Benoit Dauga, Walter Spanghero, Pascal Pape, Olivier Roumat, Oliver Brouzet, Olivier Merle en Alain Plantefol op gelewer het, sal aan die einde van die jaar nog ‘n slot van die Goudveld-Hoërskool Kevin Strydom kry om moontlik tot ‘n hardebaard te slyp. 

    Strydom wat 1.98m in sy sokkies staan en die skaal op 98kg laat kreun sal hom aan die einde van die jaar by die Franse klub Aurillac aansluit. Hy behoort vanjaar die Griffons op die Cravenweek te verteenwoordig het, indien dit nie was dat die toernooi weens die Coronavirus-pandemie afgestel is nie. 

    Die Franse is bekend dat hulle slotfabriek waarskynlik een van die bestes ter aarde is. Dit is dus ‘n goeie leërskool wat op Strydom in die Franse platteland by Aurillac, wat tans in die Pro D2-afdeling speel, wag. 

    Hoe gehard die manne van Aurillac is, kan aangeneem word uit die lys van Suid-Afrikaanse spelers wat voorheen vir die klubspan in aksie was. Hardebaarde soos Mark Andrews, Keith Andrews, Jacques Burger en Harold Karele. 

    Strydom het verlede jaar die Perses op die Akademie-week in Bloemfontein verteenwoordig. Hy het ook op o.16-vlak vir dié unie op die Grant Khomo-week uitgedraf. 

    “Ek het my profiel op die webtuiste, The Rugby Agents, gelaai. Daarna het ek die geleentheid gekry met my agent, Alwyn Reynders, om oorsee te gaan rugby speel,” het Strydom gesê. Op Strydom se profiel is daar ook twee videos van sy hoogtepunte vir Gouties. Dit is deur sy skool se eie TV-stasie, Gouties TV, op die DigiTV platform opgeneem. 

    Strydom is verlede jaar meestal op flank deur sy skoolspan se breier, Frans Crous, ingespan. Goudveld se eerstekeuse slotpaar van 2019, Rian Olivier en Heinrich Cloete, was ‘n gedugte kombinasie. Crous kon egter nie vir lank vir Strydom uit die beginspan laat nie en het hom langs die kant van die skrum ingespan. 

    NewsStrydomOlivier“Die een ding wat van Kevin uitstaan is die feit dat hy so passievol is oor rugby en sy toekoms. Hy is nie bang om die ekstra myl te stap en hard te werk om sy doelwitte te bereik nie. Omdat hy so gretig is om altyd te leer en oor ongelooflike vaardighede beskik sien ek n groot toekoms vir hom,” het Crous oor die speler gesê. 

    Olivier het vroeër vanjaar self besluit om sy loopbaan in Frankryk voort te sit. Hy het ‘n kontrak met Castres onderteken. “My hoogtepunt van my loopbaan sover was toe ek my eerstespan keps ontvang het. Ek sien baie uit om in Frankryk te speel. Die klub se stadion, Stade Jean Alric, is vir my ongelooflik mooi,” het Strydom gesê.

    Strydom is ‘n beweeglike slot wat verlede jaar ook die Perses op Saru se nasionale o.17-toernooi verteenwoordig het. Olivier was as o.17-speler ‘n lid van SA Rugby se groen groep. Daar kan dus in die toekoms twee manne met sterk Welkom aksente vir die Franse Hane uitdraf. 

    “Die klub het genoem dat hulle ‘n langtermyn plan vir my het. Ek gaan ook dadelik aan daardie kant begin om Franse-klasse te neem wat ‘n vereiste is.”. Strydom het die aanvanklike grendeltydperk saam met ‘n spanmaat op die plaas deurgebring.

    “Ons het aangehou oefen op die plaas. Dit was maar moeilik om gemotiveerd te bly, maar ek het dadelik toe die skool weer oopmaak van die geleentheid gebruik om weer op die rugbyveld te oefen,” het Strydom gesê. 

    Sy rolmodel as speler is die Springbok-slot RG Snyman, terwyl hy ook opkyk na die voormalige Goutie Shaun Reynolds wat vir die Leeus op losskakel uitdraf. In sy loopbaan as spelers het PW van Aswegen (o.14), Paul Spies jr. en Frans Crous as afrigters die grootste impak tot dusver op sy loopbaan gehad. 

    [powr-comments id=”10bd596a_1593952788509″]

  • Wildeklawer het soos gewoonlik ‘n paar liplekker tweestryde vir 2021

    Wildeklawer het soos gewoonlik ‘n paar liplekker tweestryde vir 2021

    ‘n Mens hoef nie eers uitgehonger vir skolerugby te wees soos die geval vanjaar is, om reeds so bietjie te kwyl oor die Wildeklawer-toernooi se bepalings van volgende jaar nie. Die toernooi sal van 23 tot 26 April 2021 by die Hoërskool Diamantveld in Kimberley aangebied word.

    Die hoofmaal op die laaste dag behoort die kragmeting tussen Grey-kollege van Bloemfontein en Paarl Gimnasium te wees. Die twee spanne sou mekaar ook vanjaar op Wildeklawer die stryd aangesê het. Albei sou vanjaar bulspanne in die veld gestoot het.

    Die toernooi sal soos vanjaar ook die plan was, voor Covid-19 ‘n stokkie daarvoor gesteek het, met ‘n stryd tussen die Hoër Jongenskool Paarl en die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria op die Vrydag onder Diamonds se spreiligte afgeskop word. Die wedstryd sou vanjaar ‘n bietjie meer gewig gedra het, met Affies wat hul 100ste bestaansjaar vier.

    Monument, wat volgende jaar sy 100ste bestaansjaar vier, sal in sy twee wedstryde in die Diamantstad teen die twee kragte vanuit die Suidwestelike Distrikte, Outeniqua en Oakdale Landbou, te staan kom. Affies se tweede wedstryd teen Paul Roos Gimnasium behoort ook vir een van die hoogtepunte tydens die toernooi te sorg.

    Die gasheer, Diamantveld, kom in sy twee wedstryde teen Waterkloof en Outeniqua te staan. Garsfontein se Turkoois Bere kom in sy eerste wedstryd teen Glenwood te staan, terwyl hy die Maandag teen Stellenberg se #JadeBrigade te staan sal kom.

    Die bepalings is: 

    Vrydag, 23 Mei 2021 

    Hoër Jongenskool Paarl vs Affies

    Saterdag, 24 April 2021 

    Monument vs Outeniqua
    Glenwood vs Garsfontein
    Grey College vs Boland Landbou
    HTS Drostdy vs Welkom Gimnasium
    Diamantveld vs Waterkloof
    Paarl Gimnasium vs Framesby
    Oakdale Landbou vs Menlopark
    Paul Roos Gimnasium vs Helpmekaar
    Stellenberg vs Noord-Kaap

    Maandag, 26 April 2021

    Grey College vs Paarl Gimnasium
    Affies vs Paul Roos Gimnasium
    Paarl Boys’ High vs Glenwood
    Monument vs Oakdale Landbou
    Garsfontein vs Stellenberg
    Menlopark vs HTS Drostdy
    Diamantveld vs Outeniqua
    Framesby vs Welkom Gimnasium
    Boland Landbou vs Waterkloof
    Helpmekaar vs Noord-Kaap

    [powr-comments id=”fcacb4df_1593771944844″]

  • Wildeklawer se datums vir 2021 bekend

    Wildeklawer se datums vir 2021 bekend

    Die 12de jaarlikse rugby- en netbaltoernooi van Absa Wildeklawer Sport sal volgende jaar vanaf 23-26 April te Kimberley plaasvind. ‘n Nuwe toevoeging tot die 2021-toernooi is die deelname van twaalf 0/16-netbalspanne.

    Die laerskole-toernooi sal onmiddelik na afloop van die senior toernooi, ook in Kimberley aangebied word.

    Die 2020-toernooi, wat al die leidende rugby- en netbalspanne in die land betrek, moes vanjaar weens die Covid-19 pandemie gekanselleer word.

    Die toernooi, wat ook die deelname van skole se junior rugbyspanne insluit, word as die mees gesogde sporttoernooi in die land beskou. Twintig skole sal aan die senior rugby-, en twaalf aan die senior netbaltoernooi deelneem.

    Absa het as mede-borg toegetree, en die moontlikheid om die bestaande toernooi na ander sportsoorte in die toekoms uit te brei, word tans ondersoek.

    Die openingseremonie sal op Vrydag 23 April plaasvind. Saterdag 24 April en Maandag 26 April is die dae waarop wedstryde gespeel sal word.

    Die wedstrydbepalings sal so spoedig gepubliseer word, maar die publiek kan na baie kompeterende, maar ook aanskoulike wedstryde uitsien wanneer die beste in die land mekaar aandurf.

     

  • Grey’s Wessel du Plessis join Bulls as Head of Junior Rugby

    Grey’s Wessel du Plessis join Bulls as Head of Junior Rugby

    Wessel du PlessisThe Blue Bulls Company is excited to announce that former Grey College 1st XV coach, Wessel du Plessis, will join the #BullsFamily as Head of Junior Rugby with Director of Rugby, Jake White, continuing his mandate of revitalising all of the franchise’s structures.

    The 35-year-old Du Plessis represented the Toyota Free State Cheetahs U20s and 7s teams before injuries curtailed his playing career and started his coaching career in 2004 with the Free State U17 team before shifting into the building industry for several years. In 2010, Du Plessis joined Grey College as a teacher and in 2014, he was appointed the 1st XV coach.

    Under his tutelage, Grey College continued to dominate the South African school rugby scene, consistently beating the likes of Affies and Paarl Boys, while providing a conveyor belt of quality rugby players that have gone on to achieve at the highest levels.

    His ability was recognised by SA Rugby when he was appointed head coach of the SA Schools A team earlier in 2020 before the rugby season was shelved due to the COVID-19 pandemic. Du Plessis expressed his desire to make an immediate impact with the Vodacom Bulls junior players and thanked the #BullsFamily for showing faith in his ability as a coach.

    “I’m passionate about helping young rugby players realise their potential and being able to do that within a professional environment such as the Vodacom Bulls is just the cherry on top.

    The junior structures at Loftus Versfeld are impressive while the players are of an exceptional quality as evident by Loftus being the current home to the SA Rugby U21 and U19 Championship trophies. I’m looking forward to working with the next generation of Vodacom Bulls players and a heartfelt thank you must be given to the BBCo for this opportunity,” said Du Plessis.

    White added that although the Vodacom Bulls are the flagship team at Loftus that an emphasis must be placed on grooming the next Vodacom Super Rugby stars. “Creating a winning culture starts at the bottom and it is important to invest in the future of Vodacom Bulls rugby.

    When I joined the #BullsFamily, I stated my intention of improving the schools and club rugby structures and appointing a coach of Du Plessis’ calibre is a step in the right direction. I look forward to working with Du Plessis as the Vodacom Bulls look to the future,” said White.

    [powr-comments id=”7e542fb1_1592218136486″]

  • Glenwood – 2015

    Results 

     

    Players: Nama Xaba (captain), GJ Lubbe, Martin Holtzhausen, Jerome Bossr, Jordan du Preez, Marco Palvie, Austin Brummer, Kwenzo Blose, Renier van Rooyen, Quinton Vorster, Christopher Klopper, Donovan du Randt, Ilunga Mukendi, Jayden Morgan, Lencho Brynard, Sean Maduna, Ajay Pretorius, Ferdie Pretorius, Shane Westman, Mathew Bauer, Craig Hunt, Devon Brough. 

    Coach: Rudi Dames.

  • Geen meer skolerugby in 2020 noord van die Vaalrivier

    Geen meer skolerugby in 2020 noord van die Vaalrivier

    VirsekerBekerlogoWat ‘n jaar vol feesvieringe moes wees vir die Noordvaal Skolerugby-vereniging (NHSRV) in sy 100ste bestaansjaar het weens omstandighede buite sy beheer in ‘n jaar sonder enige rugby opgeëindig.

    Die bestuur het vandag bekend gemaak dat hy weens die Covid-19 pandemie geen ander keuse gehad het om al die afdelings van die Virsekerbeker vir 2020 op te skort nie. 

    “Die 100-jarige viering van die kompetisie wat vanjaar sou plaasvind, sal in oorleg met die borg, Virseker, op die lange baan geskuif word tot 2021,” lui die persverklaring deur die Noordvaal se bestuur. 

    Die maatreëls in plek om die pandemie te beveg asook die finansiële implikasies het die NHSRV voor geen ander keuse gelaat nie. 

    “Die bestuur wil veral die spelers wat vanjaar in matriek is en wat nie vanjaar deel van hierdie kompetisie gaan wees nie, bedank vir hul bydrae tot skolerugbydie afgelope vyf jaar en spreek die wens uit dat hulle nog deel van die rugbystrukture vorentoe sal wees,” lui die verklaring. 

    Die Blou Bulle Hoërskole Rugby-vereniging (BBHRV) het ook ‘n verklaring uitgestuur en aangedui dat daar geen verdere skolerugby vanjaar in die unie gespeel sal word nie. 

    “Na oorlegpleging met my uitvoerende komitee, moet ek u ongelukkig meedeel dat all rugbywedstryde, vriendskaplik en/of liga-wedstryde vir 2020 gekanseleer is,” sê Ferdi Niemand, voorsitter van die BBHRV. Niemand is ook die voorsitter van die Noordvaal-vereniging. 

    “Die implikasies van die Covid-19 pandemie en die afkondiging van die rampstoestand deur ons president, sowel as die voortgesette Vlak4-inperking, het alles bygedra tot die posisie waarin ons nie in die beperkte tyd ‘n sinvolle rugbyseisoen kan sien plaasvind nie,” aldus Niemand. 

    Niemand sê dit was nie ‘n maklike besluit nie, maar dat hulle as uitvoerende komitee reeds besig is om planne in plek te sit om die skolespelers voor te berei vir die 2021-seisoen. 

    Verlede maand moes SA Rugby ook die moeilike besluit neem om die Cravenweek vir 2020 af te stel. Al SA Rugby se ander jeugweke het ook in die slag gebly.

    • Een van die voorste skolespelers in Suid-Afrika vanjaar Renzo du Plessis (flank) van Ben Vorster in Tzaneen het aangedui dat hy volgende jaar sy loopbaan by die Sharks in Durban gaan voortsit. Glenwood se skitterende skrumskakel, Nico Steyn, het ook in die week aangedui dat hy ‘n kontrak met die Goue Leeus geteken het om sy loopbaan volgende jaar in die Goudstad voort te sit.  

    [powr-comments id=”96060b76_1588359526505″]

  • Craven Week canceled as Covid-19 lockdown continues

    Craven Week canceled as Covid-19 lockdown continues

    YouthWeeksThe Craven Week will for the first time since the inaugural festival of schools’ rugby back in 1964 not take place this year due to the Coronavirus (Covid-19) outbreak. SA Rugby and the South African Schools’ Rugby Association had to make the difficult decision to call off all the Youth Weeks.

    This includes the Academy Week (u18), Grant Khomo Week (u16), LSEN-week (for learners with special educational needs) as well as the Craven Week for Primary Schools (u13). It was very unlikely that these weeks would’ve taken place as the South African lockdown was extended for another two weeks by President Cyril Ramaphosa. 

    The Youth Weeks was left without a sponsor in 2018 and adjustments were made earlier this year to the various tournaments to ensure that they will still continue despite the major financial constraints. The lockdown will without a doubt have major financial implications for South Africa’s economy. This will further put stress on SA Rugby’s budget and the future of the various Youth Weeks might be in the jeopardy. 

    The biggest annual school rugby tournament in the world the Craven Week is without a sponsor after Coca-Cola and Saru decided not to renew their long-standing relationship after 35 years in 2018. This year’s Academy Week, as well as u13 Craven Week, was already not part of SA Rugby’s budget. Parents of players selected to represent their provinces would’ve had to cover the cost of attending the tournament. 

    It is however not a new occurrence in schools’ sport as the Nuffield Week as it was known back then wasn’t held in 1955 due to the polio outbreak. It also took a break in 1971 because of the school leavers being called up for national service after writing their matric exams. The Nuffield Week (now the Khaya Majola Week) then moved from a December tournament to a tournament hosted in January for a couple of years to ensured the tournament survived past the Border War.

    The Craven Week was also disrupted back in 1975 and 1976 when the Transvaal schools moved to a three-term year. The prestigious tournament was split into two with the Transvaal schools hosting their own Craven Week and the rest of the country playing as normal. 

     

  • Spelers Profiel – Renzo du Plessis (Ben Vorster)

    Spelers Profiel – Renzo du Plessis (Ben Vorster)

    RensoDuPlessisElke land het ‘n posisie waarin hulle rugbyfabriek in spesialiseer, soos byvoorbeeld Nieu-Seeland ‘n hele paar vleuels van wêreldgehalte om vanuit te kies. Die All Blacks se lys van wêreldklas-vleuels is ‘n ellelange een Bryan Williams, Jonah Lomu, Joe Rokocoko, Julian Savea, Jeff Wilson, Doug Howlett en John Kirwan om net ‘n paar te noem. 

    Só het van die beste losskakels in wêreldrugby oor die jare soos Barry John, Phil Bennet, Jonathan Davies, Cliff Morgan en Neil Jenkins uit Wallis se rugbyfabriek gekom. 

    In Suid-Afrika is daar geen twyfel dat ons ‘n flank-fabriek soos geen ander het nie. Jy kan amper na enige skool wat rugby beoefen in die land gaan en ‘n flank van gehalte vind. Dié fabriek het al Bok-ysters soos Jan Ellis, Rob Louw, Schalk Burger jr., Piet Greyling, André Venter, Ruben Kruger, Rassie Erasmus, Francois Pienaar, Gert Smal, Juan Smith, en Pieter-Steph du Toit opgelewer.

    Daar is ook ‘n tendens wat vorm indien jy na sekerlik ons voorste vyf flanke kyk wat sedert 1992 die Groen-en-Goud oor die kop getrek het. As jy Schalk Burger buite rekening laat het die res André Venter (Kroonstad Landbou), Ruben Kruger (Voortrekker), Juan Smith (JBM Hertzog), Rassie Erasmus (Despatch) en Pieter-Steph du Toit (Swartland) almal hulle rugby by sogenaamde nie-tradisionele rugbyskole leer speel.

    Kruger is aan die begin van sy St. 8-jaar (graad 10) na Grey-kollege toe, terwyl Burger wat aan Paarl Gimnasium gematrikuleer het, wel op sy pa se plaas buite Wellington groot geword het.  

    Ja, ons weet dit is ‘n lang storie om nou eers uiteindelik by Renzo du Plessis uit te kom, maar die bewyse is daar dat ons beste flanke hul skoolgeld in die platteland betaal voordat hulle hul stempel op die wêreldverhoog afdruk.

    Die hoofseun van die Hoërskool Ben Vorster wat verlede jaar die hele rugbylandskap se verbeelding met ‘n drie tydens die Cravenweek vasgevang het, wat sekerlik onder die mees aanskoulikste drieë tel wat nog op Grey-kollege se geweide hoofveld gedruk is. 

    Du Plessis het is in sy span, die Limpopo Blou Bulle, se eie doelgebied in besit gestel waarna hy ‘n volle 103 meter genael het om agter Griekwas se doellyn te gaan afrond. Hy is met sy uitstekende spel tydens die toernooi met ‘n plek in die SA Skole A-span beloon.

    Du Plessis (1.90m, 103kg) is verwoestend met die bal in die hand en het ‘n rekord vyf drieë vir Limpopo tydens die toernooi gedruk. Dit het ‘n driekuns in ‘n nederlaag op die laaste dag van die toernooi teen die Luiperds (15-43) ingesluit. Dit is die meeste drieë nog deur ‘n speler van die Limpopo Blou Bulle (voorheen Verre Noord) nog op die Cravenweek.  

    “Ek het op daardie oomblik nie besef dat dié drie so wyd versprei sou word nie. Ek was net bly gewees dat ek kon gaan druk vir my span. Dit was eers na die wedstryd en veral toe ek in die eetsaal ingeloop het en van die ander spanne se spelers my geluk gewens het met die drie dat ek begin besef het hoe spesiaal dit was,” het Du Plessis gesê. 

    Du Plessis is ‘n gebore leier wat nie net vanjaar Ben Vorster se eerstespan aanvoer nie, maar ook sy skool se hoofseun is. Sy akademie gemiddeld is ook boonop bo 75% wat merkwaardig is, met die besige skedule van die jong man. “Dit is virseker n uitdaging om alles te balanseer, party dae slaap ek minder as ander dae en ek probeer n gebalanseerde lewe te lui en niks af te skeep nie. My dae word beplan sodat ek by als kan uitkom en sien dit meer as ‘n voorreg.” 

    Hy het ‘n hele paar hoogtepunte in sy loopbaan sover wat vir hom uitstaan. Dié drie teen Griekwas, toe hy vanjaar die eerste keer as kaptein van Ben Vorster se eerstespan uitgedraf het en toe hy Suid-Afrika op skolevlak in sewes- asook vyftienman-rugby verteenwoordig het. 

    Du Plessis het sonder twyfel al sekerlik menigte aanbiedings ontvang om sy skoolloopbaan elders voort te sit. Hy was tot graad ses in die Laerskool Louw Geldenhuys in Johannesburg, waarna sy pa Renso ‘n pos in Tzaneen aanvaar het. Hier het hy vanuit die Laerskool Tzaneen die Limpopo Blou Bulle se o.13 Cravenweek-span gehaal en daarna sy loopbaan by die Vossies voortgesit. 

    “Ek is dankbaar vir Ben Vorster wat hulle oor die afgelope paar jaar vir my gedoen het, dit is ‘n great rugby skool. Ons het van vroeg af besluit dat ek naby die huis sal skoolgaan en is nie ‘n dag spyt oor dié besluit nie. Ek het geleer dat as jy in ‘n kleiner skool is gaan jy baie harder moet werk om raak gesien te word en te danke aan die Here het hy ‘n pad vir my uiteengesit en ek geniet elke oomblik daarvan.”

    Du Plessis het ook bygevoeg dat hy waarskynlik al suksesvol deur ‘n ander skool uit Tzaneen gelok sou wees, indien dit nie vir sy afrigter, Peter Schutte, was nie. Schutte het gehelp om die Vossies se rugby na nuwe hoogtes te neem. Die skool se eerstespan het verlede jaar die kroon as kampioen van die Virsekerbeker se Plaat-afdeling gedra. Die vorige jaar het die skool ook vanuit die Skild-afdeling na die Plaat-afdeling opgeskuif.   

    Du Plessis kon nie saam sy skoolmaats die trofee lig nie, want hy was op daardie dag vir die SA Skole A-span teen Argentinië in aksie.

    “Ek het dadelik toe ek in die kleedkamer na ons wedstryd teen Argentinië gekom het my foon uitgehaal om te sien hoe ons gedoen het. Ek was so bly dat ons die trofee kon wen. Ons werk vanjaar weer hard om weer die uitspele te haal.”

    Du Plessis se pa Renso het op sy dag Springbok-kleure in gewigoptel verdien. Hy was ‘n SA Junior- asook senior-kampioen. Hy het self vir Tukkies se junior-spanne rugby gespeel, terwyl Renzo se oupa Lourens du Plessis vir Noord-Transvaal se o.20-span in die voorry gesak het.

    “My pa het sover die grootste impak op my loopbaan gehad. Hy is die een wat altyd saam my staan en my gebring het tot waar ek is vandag. Ek het by hom geleer om nooit op te gee nie en altyd harder te werk.”

    Na skool wil Renzo graag sy loopbaan by een van die groter unies voortsit, maar ook B.Com Besigheidsbestuur studeer. “Ek glo dit is belangrik om ‘n graad agter jou naam te hê. Ek is mal oor besigheid en ek het reeds my eerste besigheid al gestig.”

    Du Plessis skoei sy spel op twee spelers. Pierre Spies se aanvallende vermoë en sy algehele spel op die van 2019 se Wêreld Rugby se Speler van die Jaar, Pieter-Steph du Toit. Hy is soos Spies ook ‘n haastige losvoorspeler wie vanjaar in die 110m-hekkies (14.50) asook die 400m-hekkies (55.80) afgeblits het. Sy tyd in die kort-hekkies was vinnig genoeg om vir hom ‘n plek na vanjaar se SA Skole-kampioenskap te bespreek indien hy daaraan sou wou deelneem. 

    Sy doelwitte vanjaar is om weer die Limpopo Blou Bulle se Cravenweek-span te maak na die toernooi in Port Elizabeth asook om ‘n SA Skole-baadjie in sy kas te laat hang. “Ek mik daarna om vanjaar die voorste flank op skolevlak in Suid-Afrika te wees. Ek sal my werksverrigting wil verhoog en ook op my algemene spel wil verbeter,” het Du Plessis gesê. 

    Indien Renzo du Plessis op sy vertonings van verlede jaar gedurende die 2020-seisoen voortbou, behoort hy ‘n sterk aanspraakmaker te wees om die Suid-Afrikaanse Skole-span aan te voer. En onthou maar gerus die naam as dit gebeur want die jong man behoort nog diep spore in Suid-Afrikaanse rugby te trap.

    FOTO: Johan Bezuidehout
    BEELDMATERIAAL: DigiTV en SuperSport

    [powr-comments id=”d9c25670_1585895567024″]

  • Free Conditioning Program by Alan Temple-Jones

    Free Conditioning Program by Alan Temple-Jones

    MetricAthleteMetricAthlete is just as disappointed as you that all the sports tours are canceled this holiday due to the Corona Virus.

    The impact is massive as you might feel that all your hard work in the off and pre-season will go to waste.

    If you don’t keep training, the risk of injury will be a lot higher when you get back on the field.

    We are happy to help you during this “break” in the season.

    Allan Temple-Jones, who was the Springbok 7’s strength and conditioning coach and currently involved with Ireland rugby, recently joined the MetricAthlete team. Allan works extensively with GPS tracking and brings a new dimension to MetriceAthlete to assist coaches and players with their fitness and conditioning.

    Allan has put together a FREE conditioning program for players they can follow during this unplanned off period.

    The easy-to-follow conditioning program is specifically developed using MetricAthlete’s database averages and will help you maintain and even improve your fitness levels until you can start training with your team again.

    Click on the following link to get your FREE conditioning program today – http://metricathlete.com/free-conditioning-program/ 

    [powr-comments id=”8875e8c7_1585811172747″]