SSPN Test Site

Blog

  • Die rugbybloed loop dik deur Abé Smith se are

    Die rugbybloed loop dik deur Abé Smith se are

    SmithBroersRugby-afrigting loop diep in die Smiths van Bloemfontein se are!

    Ouboet Franco Smith (47) rig tans Italië se nasionale span af, terwyl MJ Smith (45) tans die Cheetahs se hoë-prestasie bestuurder is.

    Die jongste van die Smith-broers, Abé (36), is ook vinnig besig om vir hom ‘n naam as afrigter maak. Abé sal vanjaar indien die Cravenweek nog sal plaasvind later vanjaar in Port Elizabeth die Oostelike Provinsie se agterlyn-afrigter wees. 

    “Ek sien die geleentheid om deel van OP se Cravenweek-afrigtingspan te wees as ‘n gulde geleentheid om die volgende tree in my loopbaan as afrigter te gee,” sê Abé jr. Hy is tans graadhoof van Besigheidstudies en gee ook Aardrykskunde by die Hoërskool Nico Malan in Humansdorp. 

    Abé jr. het die bevordering verdien na hy verlede jaar as hoofafrigter van die OP se Akademie-span in Bloemfontein die span tot onder die voorste ses spanne tussen 30 spanne tydens die week laat tel het. Die span het slegs op die eerste dag teen die Limpopo Blou Bulle met 24-47 gegly, maar daarna vir Zimbabwe (41-19) en die Pumas (80-7) uit die pad gevee. 

    Abé jr. is sedert 2011 betrokke by Nico Malan se rugby en vanaf 2018 die eerstespan van die skool se agterlynafrigter. Hy het wel destyds as skopafrigter die Blitsbok Selvyn Davids met sy skopwerk bygestaan. 

    Davids het in sy matriekjaar in 2013 waarskynlik alle eerstespan skolerekords uit die boeke gevee. Hy het 408 punte vir sy skool se eerstespan aangeteken wat ‘n ongelooflike 49 drieë ingesluit het. 

    Abé jr. se voorliefde is eintlik krieket – hy het vyf jaar lank in Yorkshire, Engeland klubkrieket gespeel. Krieket was ook die rede hoekom hy anders as sy twee ouer broers sy skoolloopbaan aan Grey-kollege in die Rosestad voltooi het. Hier het hy ook vir Grey se Cherries en Peaches (tweede- en derde-rugbyspan) uitgedraf. 

    Hy het sewe jaar Nico Malan se eerstekrieketspan asook drie jaar die Oostelike Provinsie se span na Krieket Suid-Afrika se nasionale o.17-week gebrei. “Ek het groot geraak in ‘n rugbyfamilie met baie passie vir die spel asook om kinders te help ontwikkel. Ek leer baie nuwe goed wanneer ons almal bymekaar kom en om ‘n vuur om die spel gesels,” 

    Abé jr. se broers was nog altyd sy helde. “Met Franco wat vir die Springbokke gespeel het en MJ vir die Suid-Afrikaanse A-span kon dit nie anders nie, maar ek het ook van spelers soos Andrew Mehrtens, Joel Stransky en Carlos Spencer gehou,” het Abé jr. gesê. 

    MJ het in 1993 vir Sand du Plessis tot kampioen van die Vrystaatse Direkteurstrofee aangevoer. Sannies wat die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad met 19-5 in die eindstryd verslaan het, is deur Abé sr. gebrei. 

    Abé sr. het Sannies se eerstespan van 1981 tot en met die eindstryd van die Vrystaatse Direkteurstrofee gebrei. Hy het ook tydens 1992 as skoolhoof waargeneem. Hy het ook vir drie jaar die Vrystaatse Cravenweek-span van 1982 tot 1984 gebrei. 

    MJ hou steeds die rekord vir die meeste punte vir die Vrystaatse Cheetahs in ‘n seisoen met die allemintige 418 punte wat hy tydens 1996 aangeteken het. Hy het Diamantveld se eerstespan van 2009 tot 2013 afgerig en het ook later die Cheetahs in die Curriebeker gebrei. 

    Franco het voor hy as Italië se hoofagrigter aangestel is, ook die Vrystaat Cheetahs tot Curriebeker-kampioene gebrei. Hy het ook Shimlas in 2015 tot Varsitybeker-kampioen gehelp. Smith was voorheen ook by Treviso (2007-2013) die hoofafrigter. Franco het die Springbokke tussen 1996 en 1999 in nege toetse as losskakel en senter verteenwoordig. 

    Sy jongste seun, Jean Smith, draf vanjaar vir Grey-kollege se eersterugbyspan uit, terwyl Franco jr. in 2018 vir die skool in aksie was. 

    [powr-comments id=”11b1d294_1585663417439″]

  • Cancellation of World Rugby U20 Champs disappointing but necessary

    Cancellation of World Rugby U20 Champs disappointing but necessary

    JuniorSpringboksSA Rugby CEO Jurie Roux said on Friday that while the cancellation of the World Rugby U20 Championship and the Junior Springboks’ warm-up matches was disappointing, these steps were necessary to assist in countering the COVID-19 pandemic.

    World Rugby – following consultation with Federazione Italiana Rugby (FIR) – announced on Friday that the World Rugby U20 Championship, which was set to be hosted in Verona, Viadana, Calvisano and Parma from Sunday 28 June to Saturday 18 July, was called off with the wellbeing of the global rugby family at heart.

    This followed an announcement by SA Rugby last week that an international series featuring the national Under-20 teams of Georgia and Argentina as well as the Junior Boks, which was set to take place in South Africa in April, has been cancelled as well as a planned tour by the team to the United Kingdom in May.

    “It is obviously very disappointing for Chean Roux, his players and the team management, but these drastic steps are vital to ensure the safety of the players, team management and match officials,” said Roux.

    “Desperate times call for desperate measures, and as world citizens it is important that we all take the necessary measures to try to contain this pandemic.

    “I would like to thank the players, coaches and management for all their hard work in the last few months, and encourage them to keep on putting in the hard yards albeit outside of a team set-up given the current need for social distancing.”

    Roux added: “We will continue to monitor the situation and start planning possible scenarios with the Director of Rugby Rassie Erasmus and his department regarding the way forward for the Junior Springboks and the Under-19 High Performance squad for the rest of the season.”

    Junior Springbok coach Chean Roux said: “Yes, we are disappointed but everyone understands the situation and we’ll do whatever is needed to play our part in curbing this pandemic. Working with the players over the last few months, I’ve realised yet again what immense talent we have at our disposal at junior level, and I believe that many of these players have bright futures ahead.”

    Issued by SA Rugby Communications

     [powr-comments id=”07234b9f_1584719964064″]

  • Kearsney College Easter Festival canceled due to COVID-19

    Kearsney College Easter Festival canceled due to COVID-19

    Kearsney CollegeIn line with President Cyril Ramaphosa’s declaration of a National State of Disaster last night, the 13th Standard Bank Kearsney Easter Rugby Festival has been canceled.

    Kearsney headmaster Elwyn van den Aardweg said South Africans need to come together to support each other at this hour and adopt a spirit of social responsibility and civic-mindedness to support the national effort and minimise the impacts within the country.

    Next year is Kearsney’s centenary and a special edition of the festival is being planned with exciting new teams, Van den Aardweg said.  These include a number of schools with which Kearsney has had a long relationship over many decades, to ensure a suitable commemoration of the 100-year milestone with schools that have been traditional friends and rivals.

     

  • Wildeklawer afgestel vir 2020

    Wildeklawer afgestel vir 2020

    Die Exco se skrywe van vier dae gelede rakende die komende toernooie verwys.

    Sedertdien het baie dinge in die wêreld gebeur, en het baie dinge verander. Ook in Suid-Afrika het die situasie ingrypend verander soos wat die Covid-19-bedreiging eskaleer. Ons het kennis geneem van die President se aankondigings, en die maatreëls wat die regering in plek gestel het, wat onder andere ‘n noodtoestand in ons land insluit, en moes noodwendig die veranderde scenario herevalueer.

    The Exco of Absa Wildeklawer Sport is committed to the health and well being of our learners and parents, and our responsibility towards the broader community. We also respect the delicate and uncertain situation that exists in our schools, and their responsibility to take decisions in the best interest of all involved. We also respect the measures that were put in place by Government to manage the situation.

    Die Exco het gevolglik besluit om die Absa Wildeklawer Sport-toernooie van 2020 onbepaald uit te stel. Die moontlikheid om die toernooie, selfs in ‘n gewysigde of verkorte vorm, later aan te bied, sal ondersoek word, veral gegewe die ontwrigte of ingekorte sportprogramme van ons skole. Ons kan egter nou reeds bevestig dat Absa Wildeklawer Sport 2021 wel sal voortgaan.

    Hierdie besluit is uitsluitlik geneem in die beste belang van alle rolspelers, maar ook in die gees van verantwoordbaarheid teenoor ons land as geheel.

    Hierdie besluit sal noodwendig ly tot groot teleurstelling en ontwrigting – iets waaroor ons almal baie spyt is, en veel eerder anders sou wou hê. Dit het uit die aard van die saak ook enorme negatiewe ekonomiese implikasies en ander gevolge.

    However, given the circumstances, and uncertainty about the future escalation of the virus, we trust that you will accept and respect our decision. Although we are still more than five weeks away from the event, we believe that a decision now is in the best interest of all.

    Ons wens al ons skole sterkte toe met hul hantering en bestuur van hierdie onsekere uitdaging. Dit is ons bede dat ons Hemelse Vader sy hand van genade oor almal sal hou.

    Waardering en respek,

    Jannie van der Westhuizen

  • Graeme College hang tough to edge Cradock rivals

    Graeme College hang tough to edge Cradock rivals

    NewsGCodySchmidtGraeme College produced a rousing finish to the 22nd Pam Golding Properties Graeme Rugby Day when they recorded a thrilling 21-18 victory over Marlow Agricultural in Grahamstown on Saturday.

    In doing so, the host school overcame a 13-0 deficit against the hard-working Cradock effort, while also registering their first win over Marlow in their last three encounters.

    It was a fitting finale to another excellent day of Eastern Cape schoolboy rugby which produced some interesting results, not least of all being the victories by Muir and Brandwag over Dale and Grey High respectively.

    Thousands of spectators surrounded the field for the feature match and home supporters might have been forgiven if they thought a third defeat was coming when Marlow scored two tries in the first half [Ambesa Zenzile and Enric Taljaard] and added a penalty after the break.

    But Graeme skipper Andrew McCallum rallied his troops and there was resilience and commitment as they gradually fought their way back into the match.

    Firstly big lock Hlomla Marenene opened their scoring as he stretched over for a try and then the Graemians twice worked left wing Lelona Xhaso into space, allowing him to dart over for two tries in the corner.

    Importantly, flyhalf Sakhe Kepe showed remarkable nerve and skill as he added three conversions, two of them from the touchline, to give Graeme a 21-13 cushion with just minutes remaining.

    From a scrum, Marlow No 8 JO [John-Oswald] Watson broke powerfully down the right flank to score their third try, but the hooter had gone to signal a memorable win for Graeme.

    After Mary Waters defeated Cambridge 33-17 in an entertaining opening game, Muir provided the first shock of the day when they edged Dale 6-5 in a hard-fought encounter.

    The physical Muir side provided plenty of momentum and even though they only had two penalties by big centre Liyema Gaba to show for their efforts, they can be well pleased with their efforts against one of the Eastern Cape’s potent rugby schools.

    The Kingwilliamstown team’s points came from a try by wing Hlomla Madikane.

    Brandwag were delighted with their victory over Grey in a rare match-up between the two schools. The PE side took a handy 10-0 lead into halftime but Brandwag showed considerable courage as they matched their opponents’ physicality to score 17 points without reply after the break.

    Grey will be disappointed with the many basic errors they made, which often stymied their efforts to build on the try by Siviwe Zondani and a penalty by Kai van Kampen.

    Tries by prop Zukisa Sali and wing Corne Dawson saw Brandwag move ahead 14-10 and then flyhalf Michael Annies made sensible use of their territorial dominance at one stage to slot a fine drop goal. He also added two conversions.

    St Andrew’s and Framesby became involved in a tough arm-wrestle, which was finally decided when flank Joel Vides broke through for a crucial try to give the former a 15-12 lead, which they held on to until the end.

    Kingswood gave Selborne something to think about when they created two tries early on, but the East Londoners narrowed the gap to 12-7 before halftime and then powered in for three more tries after the break for a 28-12 victory.

    In other victories for Border opponents over their Eastern Province rivals, an impressive Queen’s team proved too strong for Pearson to win 45-7, while Hudson Park showed good physical intent and skill to control their match against Humansdorp’s Nico Malan for a 19-12 victory.

    The first team results were:

    Cambridge 17 Mary Waters 33
    Dale 5 Muir 6
    Hudson Park 19 Nico Malan 12
    Queen’s 45 Pearson 7
    Grey High 10 Brandwag 17
    Kingswood 12 Selborne 28
    St Andrew’s 15 Framesby 12
    Graeme 21 Marlow 18
    PJ Olivier 1st 0 Graeme second-third 21
    Port Alfred U16 17 Albany Development 1st 12

     

  • No sports during schools’ holiday as South Africa try to counter COVID-19

    No sports during schools’ holiday as South Africa try to counter COVID-19

    CyrilRamaphosaAll school rugby tournaments and festivals planned for the upcoming school holidays will be canceled or postponed. The Republic of South Africa’s president, Cyril Ramaphosa, announced on Sunday that no gatherings of 100 people or more will be allowed to counter the Coronavirus epidemic. 

    All South African schools will also be closed from Wednesday, 18 March 2020 until after the Easter Weekend. This means that no school sport will be allowed during this time frame. This coming weekend’s Noord/Suid-tournament at Waterkloof in Pretoria, the various Easter Festivals, Waterkloof’s Netball Festival, and various other festivals will either be canceled or postponed. 

    The three top junior schoolboy rugby tournaments – Outeniqua (u14), Paarl Boys’ High (u15) and Paarl Gimnasium (u16) will also be impacted by this move.  

    There will without a doubt be a huge financial implication on schools and their parents as payments for travel and accommodation for the various tournaments have been made. Sponsors and organisers will also take a financial knock as tournaments and festivals can’t take place. 

    The World Schools Festival was the first tournament that was impacted by COVID-19 as the organisers, Carinat Sports Marketing, had to cancel the festival in celebration of Affies’ century with less than a month to go because of the outbreak. 

    More to follow…. 

    [powr-comments id=”0619b12e_1584294760079″]

  • Kwaggas en Paarl Gim beïndruk met seges tydens Afgri Prestige Rugbydag

    Kwaggas en Paarl Gim beïndruk met seges tydens Afgri Prestige Rugbydag

    NewsGCastenMichaelsDie Hoërskool Outeniqua se eerste rugbyspan het in die eerste helfte van sy kragmeting teen Waterkloof op Loftus Versfeld se B-veld met die beste voetbal van die Afgri Prestige Rugbydag vorendag gekom.

    Die Kwaggas het rustyd die Klofies met 31-0 reeds uit die kragmeting geblaas en uiteindelik met 38-7 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span van George se regtervleuel, Casten Michaels, het met sy vaart en vinnige voete die Klofies se verdediging sonder antwoorde gelaat. 

    Michaels het binne die eerste twee minute van die kragmeting reeds twee keer agter die doellyn gaan kuier. Indien Michaels op die vertoning kan voortbou sal hy later vanjaar die Suid-Afrikaanse Skole-span verteenwoordig. 

    Klofies was selfs in die eerste helfte op die aanval op die agtervoet. Hier was dit veral die agtsteman, Divan Coetzee, asook die haker, Francois Breytenbach, wat met onverskrokke verdediging die Klofies se Tornado to ‘n warrelwind getem het. 

    Coetzee se posisionele spel asook die manier hoe hy as skakel tussen voor en agterspeler opgetree het, maak van hom ‘n speler om dop te hou vir die toekoms. Hy is ook kliphard en het met sy fisiekheid voorlangs gesorg dat ‘n hele paar Klofies vandag met seer lywe sit. 

    Die kantman, Ludik Muller, het ook ‘n uitmuntende vertoning gelewer. Agterlangs het die Kwaggas soos ‘n geoliede masjien geloop en nie soos ‘n span wat slegs vir sy tweede wedstryd vanjaar saam speel nie. Die losskakel, Chadley Josias, asook die heelagter, Bladen Hector, was heeltyd vol planne en dodelik op die aanval.  

    Waterkloof se flank Ulrich Bekker het welverdiend sy span se drie in die tweede helfte gedruk. Watookal Klofies se breiers, Cobus van Dyk en Renier de Villiers, rustyd vir hulle gesê het, het gewerk. Die span het met nuwe ywer asook heelwat meer durf die tweede helfte aangepak. 

    Paarl Gimnasium het sy eerste wedstryd van die seisoen gemaklik vir Pretoria Boys’ High met 38-0 ore aangesit. Gimmies het teen rustyd reeds met 28-0 sake beheer. 

    Die span se afrigters, Pieter Rossouw en Helmut Lehmann, sal wel bekommerd wees na sy buitesenter, Curwin Gertse, met ‘n enkelbesering die veld moes verlaat. Gertse was verlede jaar as vleuel een van die voorste driedrukkers in die land en indien sy besering hom vir lank langs die kantlyn laat, sal dit ‘n reuse slag vir Gimmies wees. 

    Voordat Gertse die veld verlaat het, het hy ‘n hele paar gevaarlike lopies ingekry. Die heelagter, Matthew Jacobs, het ook elke keer wat hy in besit geplaas is, gevaarlik met die bal in die hand gelyk. Die losskakel, Bradley Davids, was ‘n ware generaal en het die agterlyn seepglad weggestuur. 

    Voorlangs verdien die flank Reynardt Crous vermelding vir sy harde werk by die afbreekpunte sowel as in die los. Pretoria Boys’ High nooit moed opgegee nie, maar die oormag was net te veel. 

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Puntemakers: 

    Outeniqua 38 (31) – Drieë: Casten Michaels (3), Ludik Muller, Jujade Coeries, Francois Breytenbach. Doelskoppe: Johan Leonard (4). Waterkloof 7 (0) – Drie: Ulrich Bekker. Doelskop: Reinhardt Stipp.

    Paarl Gimnasium 38 (28) – Drieë: Jabez Steenkamp, Matthew Jacobs, Curwin Gertse, Arno Marais, Christiaan du Toit, Johan Lombard. Doelskoppe: John du Toit (4). Pretoria Boys’ High 0

    [powr-comments id=”b927034d_1584262282488″]

  • Garsie Bere grom met Rowan Cloete aan die spits teen Kempies

    Garsie Bere grom met Rowan Cloete aan die spits teen Kempies

    NewsGStellenbergDie Hoërskool Garsfontein het reeds gister tydens sy eerste wedstryd van die seisoen gewys dat hy vanjaar weer een van die voorste skolespanne noord van die Vaalrivier sal wees. 

    Die Garsies het Kempton Park met 71-5 tydens die jaarlikse Afgri Prestige Rugbydag op Loftus Versveld se B-veld kaf gedraf.

    Die Garsie Bere se skrumskakel, Rowan Cloete, is welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys. Cloete het vier keer Kempies se doellyn oorgesteek. Hy het met sy skerp breekslae en gladde diens vanagter die oond hoofbrekens vir die verloorspan besorg. 

    Die groot en sterk buitesenter, Kerneels Coertze, het ook dubelle driedruk-plesier ervaar. Coertze het met sy sterk lopies in die middelveld beïndruk. Die losskakel, Carlton Banies, het ook sy agterlyn seepglad weggestuur en ‘n hand in ‘n hele paar drieë gehad. 

    Garsies se agtsteman, Hardus Rothman, asook die vaskopstut, Byron Marx, het ook genoeg gedoen om ‘n klop op die skouer te kry. 

    Kempton Park verdien egter meer lof as wat die telling aandui. Die span het moedig geveg en ook vroeg in die wedstryd die voorsprong geneem toe sy slot, Chris Opperman, oor die doellyn geval het na harde werk deur die hele agttal. 

    Die Hoërskool Stellenberg het sy eerste verskyning tydens die jaarlikse Afgri Prestige Rugbydag met ‘n sege van 27-3 oor Ellisras gevier. Die span vanuit Kaapstad het egter nog heelwat werk wat voorlê indien hy vanjaar weer onder die voorste 20 spanne in die land wil tel. 

    Stellenberg het heelwat hanteerfoute in die wedstryd begaan en het nog nie na ‘n geoliede masjien gelyk nie. Die Jade Brigade kom eerskomende Vrydag tydens die Noord/Suid-toernooi teen EG Jansen van Boksburg te staan.  

    Die span het wel in die tweede helfte meer ritme in sy agterhoede gekry en toe die bal punte toe geskuif is ook meer spasie geskep. Veral die linkervleuel, Luca Wienand, het baljaar wanneer hy is besit gestel is. Hy is sterk op sy bene en word moeilik grond toe gebring. Hy het ook deurgans werk gesoek en was waarskynlik sy span se mees waardevolste speler op die dag. 

    Die skrumskakel, Jayden Sam, asook die plaasvervanger-voorryman, Alistaire Bosman, kan ook tevrede met hul vertonings voel. Die span van Ellisras het moedig probeer en meer punte op die telbord verdien, maar het op die ou einde uit stoom gehardloop.  

    Ellisras se agtsteman, Janco Lötter, en die skakelpaar, WP Vermeulen en Ruan Basson, het met hulle spel beïndruk. Vermeulen moes wel ook tien minute in die koelkas deurbring. 

    Puntemakers: 

    Stellenberg 27 (15) – Drieë: Luca Wienand (2), Scott Enslin, Connor Pretorius. Doelskoppe: Meyr Retief (2). Strafdoel: Retief. Ellisras 3 (3) – Strafdoel: Ruan Basson. 

    Garsfontein 71 (26) – Drieë: Rowan Cloete (4), Kerneels Coertze (2), Carlton Banies, Byron Marx, Bertus Sadie, Neil Gericke, Hardus Rothman, Chadlee Valentine. Doelskoppe: Stephan Spies (6). Kempton Park 5 (5) – Drie: Chris Opperman.

    [powr-comments id=”8294a1e6_1584259469548″]

  • Grey-kollege maak dit drie uit drie teen besoekers

    Grey-kollege maak dit drie uit drie teen besoekers

    NewsGJeanSmithDit is nie aldag dat ‘n skool se rugbyspanne met drie skole se eersterugbyspanne afreken nie, maar Grey-kollege is nie ‘n normale skool nie. 

    Grey se eerstespan het oor heeltemal te veel skietgoed vir Duineveld van Upington beskik en die besoekers met 92-7 afgeransel. Grey het teen die omdraaislag reeds ‘n gemaklike voorsprong van 36-0 opgebou. 

    Die span se binnesenter, Jean Smith, het twee van sy span se 14 drieë afgerond en ook tien daarvan verdoel vir ‘n persoonlike bydrae van 30 punte. Franco Knoetze (heelagter), Sisonke Vumazonke (agtsteman) en Gert Steyn (buitesenter) het almal ook dubbelle driedruk-plesier ervaar. 

    Grey se volgende kragmeting is komende Vrydag teen Menlopark in Pretoria tydens die Noord/Suid-toernooi. Die span van die Jakarandastad sal bekommerd oor sy ontmoeting met Suid-Afrika se voorste skolespan wees. 

    Grey se naasbestes het Jim Fouché se trots met 48-10 kaf gedraf. JF het moedig geveg en sou met die omdraaislag met die telling 22-10 in die Cherries se guns gevoel het dat hul nog in die wedstryd is. 

    Die Cherries se linkervleuel, Diego Lottering, het ‘n uitstekende dag op die rugbyveld beleef. Hy het vier keer ‘n draai agter JF se doellyn gaan maak en ook tydens die eerstespan se wedstryd vanaf die plaasvervangingsbank ‘n verskyning gemaak om sy vyfde keer vir die dag oor die doellyn te skuif.

    JF se Revaldo Maurice (losskakel) asook albei senters, Janco Prinsloo en Zane Bester, het tyd gedurende die wedstryd in die koelkas deurgebring. Ongelukkig is dit moeilik om teen Grey met 15-manne te speel, maar indien jy vir amper 30 minute met net 14 manne moet klaarkom raak dit ‘n onbegonne taak. 

    Bester was weer uitmuntend. Hy het verlede jaar die Vrystaatse Akademie-span verteenwoordig en sal ‘n sterk aanspraakmaker op ‘n plek in die Blikore se Cravenweek-span na Port Elizabeth te wees. JF se heelagter, Behan Vermaak, het ook op sy goeie vertoning die afgelope paar weke voortgebou. 

    Voorlangs het die twee voorrymanne, Henco Gerber en Thato Lecoko, goed geskrum, terwyl die agtsteman, Danston Cloete, ook ‘n goeie wedstryd beleef het. 

    Grey-kollege se derdespan, die Peaches, het die Hoërskool Upington met 24-12 geklop. 

    FOTO: Morgan Piek Fotografie

    Puntemakers:

    Grey-kollege 92 (36) – Drieë: Franco Knoetze (2), Jean Smith (2), Sisonke Vumazonke (2), Gert Steyn (2), Joubert Schoeman, Paschal Ekeji, Danie Louw, Juann Else, Merwe Olivier, Diego Lottering. Doelskoppe: Smith (10). Duineveld 7 (0).  

    Cherries 48 (22) – Drieë: Diego Lottering (4), Merwe Olivier (2), SP van Heerden. Doelskoppe: Regan Izaks (4). Strafdoel: Izaks. Jim Fouché 10 (10). Drie: Behan Vermaak. Doelskop: Ryan George. Strafdoel: George. 

    Peaches 24 – Drieë: Tshepo Mbikayi, Cyrril van Heerden, Jayden Smiles, Drian Opperman. Hoërskool Upington 12

    [powr-comments id=”4026a921_1584257697932″]

  • Bloues verras St Alban’s, terwyl Edwards en Balfour baljaar vir Jansies

    Bloues verras St Alban’s, terwyl Edwards en Balfour baljaar vir Jansies

    NewsGKroonstadDie Hoërskool Kroonstad het vriend en viand verras deur St Alban’s College van Pretoria met 27-19 tydens die openingswedstryd van die jaarlikse AFGRI Prestige Rugbydag in die Jakarandastad af te stof.

    Blouskool se losskakel, Arno Swart, het met ‘n strafdoel van ongeveer 45 meter met minder as vyf minute oor in die kragmeting geslaag om sy span met 22-29 die eerste keer voor in die wedstryd te laat loop.

    Bloues se binnesenter, Tshepo Chabeli, het kort voor die einde vir die tweede keer die doellyn oorgesteek om die uitslag van die wedstryd bo verdenking te plaas. Chabeli het self ‘n goeie dag in die middelveld beleef.

    Die span van Kroonstad se beste speler op die dag was egter sy haker, Cornel Saunders. Hy het met sy inklimspel in die los beïndruk en ook met sy fisieke verdediging sy span op die voorvoet gekry.

    St Alban’s College het met die omdraaislag ‘n voorsprong van 19-14 geniet. Vir die span van Pretoria kan sy agtsteman, Chris Fox, tevrede met sy vertoning voel.

    Die Hoërskool Dr. EG Jansen van Boksburg het sy seisoen met ‘n gemaklike sege van 65-0 oor ‘n Uitnodigings XV-tal afgeskop. Die Uitnodigingspan is ‘n eintlik die Hoërskool Staatspresident CR Swart van Pretoria.

    Die Jansies het teen rustyd reeds ‘n stewige voorsprong van 27-0 opgebou en slegs na ‘n hoër rat in die tweede helfte oorgeskakel. Die span se heelagter, Jason Edwards, het die Boksburgers se eerste drie drieë gedruk om sy driekuns aan drieë te voltooi.

    Edwards het ook vyf van sy span se 11 drieë verdoel vir ‘n persoonlike bydrae van 25 punte tot die oorwinning. Die span se buitesenter, Keagan Balfour, het ook ‘n driekuns aan drieë behaal. Balfour is vir sy aandeel in die sege as Speler van die Wedstryd aangewys.

    Hoewel dit ‘n drag slae was behoort CR Swart vanjaar in die Blou Bulle se Afdeling 3-liga skade te maak. Die span se heelagter, Gopolang Makena, het ‘n hele paar keer gevaarlike lopies vanuit die laaste vesting geloots. Die span het ook nooit handdoek ingegooi nie. 

    Die Jansies se volgende wedstryd is Vrydag tydens die Noord/Suid-toernooi teen die Hoërskool Stellenberg.

    FOTO: Frans Lomnbard/Actionpix

    Puntemakers:

    Hoërskool Kroonstad 27 (14) – Drieë: Tshepo Chaneli (2), Cezanne Ellis, Quintin Marais. Doelskoppe: Arno Swart (2). Strafdoel: Swart. St Alban’s College 19 (19) – Drieë: Marcio dos Santos, Justin Hugo, Tanaka Ndabambi. Doelskoppe: Tim Frederix (2).

    EG Jansen 65 (27) – Drieë: Jason Edwards (3), Keagan Balfour (3), Jaden du Preez (2), Giovanni van Eeden, Aidan Oosthuizen, Sheldon Diemieniet. Doelskoppe: Edwards (5). Uitnodigings XV-tal 0.

    [powr-comments id=”ac1773c1_1584181951971″]