SSPN Test Site

Blog

  • History – Paarl Boys’ High vs Paarl Gimnasium

    PaarlInterskole2019Once a year the sleepy town of Paarl in the Western Cape comes alive for the annual interschools between Paarl Gimnasium and Paarl Boys’ High.

    This interschools is the biggest in the world and the Faure Street Stadium is always jam-packed with 25 000 supporters. 

    Results down the years:  

    2018 Paarl Boys’ High 24 Paarl Gimnasium 21
    2017 Paarl Boys’ High 18 Paarl Gimnasium 13
    2016 Paarl Boys’ High 26 Paarl Gimnasium 25
    2015 Paarl Boys’ High 16 Paarl Gimnasium 10
    2014 Paarl Gimnasium 16 Paarl Boys’ High 15
    2013 Paarl Gimnasium 37 Paarl Boys’ High 26
    2012 Paarl Gimnasium 16 Paarl Boys’ High 9
    2011 Paarl Gimnasium 22 Paarl Boys’ High 19
    2010 Paarl Boys’ High 19 Paarl Gimnasium 19
    2009 Paarl Boys’ High 24 Paarl Gimnasium 12
    2008 Paarl Gimnasium 35 Paarl Boys’ High 8
    2007 Paarl Gimnasium 10 Paarl Boys’ High 0
    2006 Paarl Gimnasium 23 Paarl Boys’ High 17
    2005 Paarl Gimnasium 22 Paarl Boys’ High 10
    2004 Paarl Gimnasium 13 Paarl Boys’ High 3
    2003 Paarl Boys’ High 25 Paarl Gimnasium 6
    2002 Paarl Gimnasium 15 Paarl Boys’ High 0
    2001 Paarl Boys’ High 12 Paarl Gimnasium 3
    2000 Paarl Boys’ High 15 Paarl Gimnasium 7
    1999 Paarl Gimnasium 13 Paarl Boys’ High 6
    1998 Paarl Boys’ High 16 Paarl Gimnasium 5
    1997 Paarl Gimnasium 13 Paarl Boys’ High 10
    1996 Paarl Gimnasium 18 Paarl Boys’ High 16
    1995 Paarl Boys’ High 17 Paarl Gimnasium 3
    1994 Paarl Boys’ High 11 Paarl Gimnasium 6
    1993 Paarl Boys’ High 19 Paarl Gimnasium 17
    1992 Paarl Gimnasium 20 Paarl Boys’ High 15
    1991 Paarl Boys’ High 8 Paarl Gimnasium 4
    1990 Paarl Boys’ High 10 Paarl Gimnasium 6
    1989 Paarl Gimnasium 15 Paarl Boys’ High 4
    1988 Paarl Boys’ High 6 Paarl Gimnasium 6
    1987 Paarl Boys’ High 15 Paarl Gimnasium 7
    1986 Paarl Boys’ High 0 Paarl Gimnasium 0
    1985 Paarl Boys’ High 16 Paarl Gimnasium 6
    1984 Paarl Gimnasium 10 Paarl Boys’ High 4
    1983 Paarl Gimnasium 15 Paarl Boys’ High 6
    1982 Paarl Boys’ High 16 Paarl Gimnasium 15
    1981 Paarl Gimnasium 12 Paarl Boys’ High 0
    1980 Paarl Gimnasium 9 Paarl Boys’ High 3
    1979 Paarl Gimnasium 12 Paarl Boys’ High 6
    1978 Paarl Gimnasium 13 Paarl Boys’ High 10
    1977 Paarl Boys’ High 15 Paarl Gimnasium 6
    1976 Paarl Gimnasium 8 Paarl Boys’ High 6
    1975 Paarl Boys’ High 3 Paarl Gimnasium 0
    1974 Paarl Gimnasium 9 Paarl Boys’ High 3
    1973 Paarl Boys’ High 19 Paarl Gimnasium 6
    1972 Paarl Boys’ High 6 Paarl Gimnasium 3
    1971 Paarl Boys’ High 11 Paarl Gimnasium 6
    1970 Paarl Gimnasium 19 Paarl Boys’ High 8
    1969 Paarl Boys’ High 8 Paarl Gimnasium 5
    1968 Paarl Gimnasium 3 Paarl Boys’ High 0
    1967 Paarl Gimnasium 8 Paarl Boys’ High 6
    1966 Paarl Gimnasium 8 Paarl Boys’ High 0
    1965 Paarl Gimnasium 11 Paarl Boys’ High 0
    1964 Paarl Gimnasium 9 Paarl Boys’ High 8
    1963 Paarl Boys’ High 6 Paarl Gimnasium 0
    1962 Paarl Boys’ High 6 Paarl Gimnasium 0
    1961 Paarl Boys’ High 6 Paarl Gimnasium 0
    1960 Paarl Gimnasium 9 Paarl Boys’ High 3
    1959 Paarl Boys’ High 11 Paarl Gimnasium 3
    1958 Paarl Gimnasium 11 Paarl Boys’ High 0
    1957 Paarl Gimnasium 5 Paarl Boys’ High 3
    1956 Paarl Gimnasium 6 Paarl Boys’ High 3
    1955 Paarl Boys’ High 6 Paarl Gimnasium 0
    1954 Paarl Gimnasium 3 Paarl Boys’ High 0
    1953 Paarl Boys’ High 6 Paarl Gimnasium 5
    1952 Paarl Boys’ High 6 Paarl Gimnasium 0
    1951 Paarl Boys’ High 6 Paarl Gimnasium 0
    1950 Paarl Gimnasium 3 Paarl Boys’ High 3
    1949 Paarl Gimnasium 6 Paarl Boys’ High 0
    1948 Paarl Boys’ High 0 Paarl Gimnasium 0
    1947 Paarl Boys’ High 8 Paarl Gimnasium 3
    1946 Paarl Boys’ High 3 Paarl Gimnasium 3
    1945 Paarl Boys’ High 14 Paarl Gimnasium 6
    1944 Paarl Boys’ High 6 Paarl Gimnasium 0
    1943 Paarl Gimnasium 9 Paarl Boys’ High 6
    1942 Paarl Gimnasium 0 Paarl Boys’ High 0
    1941 Paarl Gimnasium 6 Paarl Boys’ High 0
    1940 Paarl Gimnasium 3 Paarl Boys’ High 3
    1939 Paarl Gimnasium 9 Paarl Boys’ High 7
    1938 Paarl Gimnasium 5 Paarl Boys’ High 3
    1937 Paarl Gimnasium 5 Paarl Boys’ High 3
    1936 Paarl Gimnasium 11 Paarl Boys’ High 6
    1935 Paarl Boys’ High 0 Paarl Gimnasium 0
    1934 Paarl Boys’ High 5 Paarl Gimnasium 4
    1933 Paarl Boys’ High 3 Paarl Gimnasium 0
    1932 Paarl Gimnasium 7 Paarl Boys’ High 3
    1931 Paarl Gimnasium 6 Paarl Boys’ High 0
    1930 Paarl Boys’ High 5 Paarl Gimnasium 3
    1929 Paarl Gimnasium 6 Paarl Boys’ High 3

    [powr-comments id=”fd1adb9a_1564550349153″]  

  • Kruger aan die spits vir die Rhinos in sege oor Zwartkop

    Kruger aan die spits vir die Rhinos in sege oor Zwartkop

    NewsGMontanaDie Hoërskool Nelspruit se agtsteman, Douw Kruger, was met ‘n driekuns aan drieë aan die spits van die Rhinos se klinkende sege van 47-29 Saterdag oor die Hoërskool Zwartkop. Die wenspan het teen rustyd reeds ‘n voorsprong van 26-10 geniet. 

    Ondanks die sege oor Zwartkop sal Nellies se eerstes nie tot die halfeindronde van die Virsekerbeker se Plaat-kompetisie deurdring nie. Die Zwarries sal vanjaar tevrede met die houtlepel moet wees. 

    Eldoraigne het ‘n waardevolle bonuspunt in sy span se nederlaag van 21-24 teen Montana opgetel. Eldos beklee tans die vyfde posisie op die puntelys met 19 punte. 

    Eldoraigne kom Saterdag is sy laaste ligawedstryd op sy tuisveld teen Marais Viljoen van Alberton te staan. Die manne van Alberton kan nie meer tot die uitkloprondes deurdring nie, maar kan wel die Groen Drake se hele seisoen bederf.

    Eldos kan wel sonder ‘n sege maar met twee bonuspunte steeds bo Kempton Park eindig.

    Kempton Park kan nog deur ‘n Eldoraigne uitgeskakel word. Kempies beklee die vierde posisie met 20 ligapunte, maar het reeds al hul ligaverpligtinge voltooi. Die Rooi Buffels van Ben Vorster beklee die derde posisie met 22 ligapunte. Hulle kom Saterdag op hul tuisveld teen Zwartkop te staan. 

    Die Hoërskool Rustenburg het Saterdag met ‘n sege van 38-28 oor Marais Viljoen van sy plek in die halfeindronde seker gemaak. Rustenburg se kondisioneerder, Eugene le Maitre, het in 2011 vanuit Marais Viljoen die Suid-Afrikaanse Skole-span as haker gehaal. Interresant is dat sy broer, Rehan le Maitre, Saterdag op heelagter vir Marais Viljoen teen Rusties uitgedraf het.

    Montana se senterpaar, Franco Stassen en Stefan Tolmay, het elk ‘n dubbelle driedruk-plesier in hul span se sege van 24-21 oor Eldoraigne ervaar.

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Puntemakers: 

    Hoërskool Nelspruit 47 (26) – Drieë: Douw Kruger (3), Duncan Troskie (2), Solly Mazibuko, Henko de Nysschen. Doelskoppe: Mathee Joubert (6). Zwartkop 29 (10) – Drieë: Pierre Smit (2), Raymond Dodd, Bertu Burger, Wihan Slabbert. Doelskoppe: Dieter Groenewald (2).

    Hoërskool Rustenburg 38 (18) – Drieë: Diaan Venter (2), Juan Smith, Estian Schonfeldt, Bryan du Plessis. Doelskoppe: Wiehan Kruger, Schonfeldt. Strafdoele: Schonfeldt (2), Kruger. Marais Viljoen 28 (16) – Drieë: Stiaan Smit, Thyler Paulsen, FC Kotze. Doelskoppe: Rehan le Maitre (2). Strafdoele: Le Maitre (3). 

    Montana 24 – Drieë: Franco Stassen (2), Stefan Tolmay (2). Doelskoppe: Stassen (2). Eldoraigne 21 – Drieë: Waldo Noeth, Adriaan Botha, Luhan Oosthuizen. Doelskoppe: Noeth (3).

    Ander spanne:

    o.16: Montana 31, Eldoraigne 7; Nelspruit 27, Zwartkop 12; Marais Viljoen 27, Rustenburg 19.

    o.15: Montana 19, Eldoraigne 12; Zwartkop 43, Nelspruit 0; Rustenburg 22, Marais Viljoen 17.

    o.14:  Montana 8, Eldoraigne 7; Nelspruit 29, Zwartkop 12; Marais Viljoen 15, Rustenburg 13. 

    [powr-comments id=”56518c81_1564408401908″]

  • Menlopark se uitspeeldrome hang aan dun draadjie na Jansie Bom

    NewsGHencovanWyk13Die Hoërskool Dr. EG Jansen van Boksburg het Saterdag ‘n reuse rots in Menlopark se pad na die halfeindrondes van die Virsekerbeker se Beker-kompetisie gerol. Die Jansies het vir ‘n opskudding gesorg deur die Parkies met 29-17 te verslaan. 

    Menlopark beklee tans die vierde posisie met 21 ligapunte op die reeks se puntelys en kom Saterdag in die laaste ronde groepwedstryde teen Monument van Krugersdorp te staan. Die Parkies moet dus ‘n sege behaal oor Monnas indien hulle nie op gunsies van ander spanne wil staatmaak om tot die halfeindronde deur te dring. 

    Monument het wel reeds sy plek in die uitspeelwedstryde bespreek, maar met 31 ligapunte in die derde posisie sal die span van Krugersdorp met ‘n oorwinning wil seker maak dat hy tuisveldvoordeel tydens die halfeindrondes geniet.

    Garsfontein en Helpmekaar-kollege beklee die boonste twee posisies op die puntelys met 32 punte elk. Helpmekaar het reeds sy verpligtinge voltooi, terwyl Garsies nie te veel probleme behoort te ondervind om Transvalia af te stof nie. 

    Waterkloof (20) en EG Jansen (19) kan dus die naweek by die agterdeur inglip. Die Klofies reis na Middelburg waar hulle teen die HTS Middelburg se Rooi Bulle te staan sal kom.

    Dis nooit maklik in Middelburg nie, maar Klofies sal sy oog op ‘n sege en ‘n moontlike bonuspunt hê om sy kanse op ‘n plek in die uitspeelrondes te versterk. Die Jansies behoort ‘n bonuspunt-sege oor Noordheuwel Saterdag op sy tuisveld in Boksburg te behaal. Nories kon vanjaar nog net een sege oor Transvalia (25-20) in die reeks behaal. 

    Jansies het dus met sy sege van 29-17 oor Menlopark die deur vir hulself en vir Waterkloof op ‘n skrefie oopgeskop. Die Parkies se klipharde kantman, Lohan Potgieter, het dubbelle driedruk-plesier ervaar. Sy tweestryd met Jansies se Juandré Odendaal was een van die hoogtepunte van die kragmeting. 

    Monnas se kaptein en SA Skole-buitesenter, Henco van Wyk, was verwoestend in sy span se oorwinning van 52-22 oor HTS Middelburg. Van Wyk het telkens verby die verdediging geglip en is met ‘n driekuns aan drieë beloon. Hy het ook die stelskopwerk waargeneem en vyf doelskoppe tussen deur die pale geklits. 

    Monnas sal sonder Van Wyk asook die agtsteman, Izan Esterhuizen, in die uitkloprondes van die reeks moet klaarkom. Die Wit Bulle en Garsfontein word die grootste deur die feit dat die nasionale skolespelers nie in die wedstryde in aksie sal wees nie, weens hul verpligtinge by die twee nasionale spanne. 

    Garsfontein het vier spelers Zeilinga Strydom (heelagter), Geraldo Flusk (vleuel), Jurich Claassens (skrumskakel) en sy kaptein en slot, Raynard Roets, wat vir die twee nasionale skolespanne in aksie was wees. 

    Garsies se Turkoois Bere is egter vuurwarm die afgelope paar wedstryde en het Saterdag ook vir Noordheuwel met 68-24 oortuigend oorrompel. Die span se losskakel, Wikus Basson, het waarskynlik sy beste vertoning nog vir sy skoolspan opgedis. Basson het twee keer ‘n draai agter die doellyn gemaak. Hy het ook nege van sy span se tien drieë verdoel. Hy het dus ‘n persoonlike bydra van 28 punte tot die sege gelewer. 

    Helpmekaar het Waterkloof met 36-24 uitoorlê, maar was met die telling op 14-12 teen lemoentyd in Klofies se guns so effens met die rug teen die muur. Klofies se losskakel, Ian Trollip, was op sy stukke en het spel met sy besluitneming dikteer. Hy is boonop vir sy goeie spel met twee drieë beloon. 

    Helpies se beste speler op die dag was sy slot Keith Whitehead wat die veld vol gespeel het. Whitehead het die aanvoorwerk vir twee van sy span se drieë gemaak. Die kantman Zander du Toit is vinnig weer besig om sy spelpeil van vroeër die seisoen te herwin.

    FOTO: Mari van der Walt/Freestyle Pics

    Puntemakers: 

    Monument 52 (19) – Drieë: Henco van Wyk (3), Luan van der Walt, Herschelle Goodman, Rynard Mouton, Heiko Pohlman. Doelskoppe: Van Wyk (5), Goodman. HTS Middelburg 22 (15) – Drieë: Christiaan Vlok, Cyle Visagie, Tiaan Herbst. Doelskoppe: Alec Vermaak (2). Strafdoel: Vermaak. 

    Garsfontein 68 (42) – Drieë: Dillon Olckers (2), Manie Potgieter (2), Wikus Basson (2), Dupré Wessels, Zeilinga Strydom, Raynard Roets, AJ Johnson. Doelskoppe: Basson (9). Noordheuwel 24 (7) – Drieë: Bradley Engelbrecht (2), Maurice Marks, Levandré Horn. Doelskoppe: Juan Nieuwenhuizen (2). 

    Helpmekaar 36 (12) – Drieë: Divan Esterhuizen (2), Melbirt van der Spuy, Kuene Kirkham, Zander du Toit, Sebastine Watney. Doelskoppe: Tiaan Botes (3). Waterkloof 24 (14) – Drieë: Ian Trollip (2), Marcus de Kock, AJ Smith. Doelskoppe: Trollip (2).

    EG Jansen 29 – Drieë: Brandon Pienaar, Franco Enslin, Lesley October, Keagan Balfour. Doelskoppe: Jason Edwards (3). Strafdoel: Edwards. Menlopark 17 – Drieë: Lohan Potgieter (2), Enrique Courtiers. Doelskop: Niel Beukes.

    Ander spanne

    o.16: HTS Middelburg 17, Monument 7; Menlopark 45, EG Jansen 10; Helpmekaar 54, Waterkloof 7; Noordheuwel 48, Garsfontein 19.

    o.15: Helpmekaar 22, Waterkloof 10; Menlopark 45, EG Jansen 6; Monument 21, HTS Middelburg 7; Garsfontein 19, Noordheuwel 15.

    o.14: Helpmekaar 60, Waterkloof 7; Monument 15, HTS Middelburg 13; Menlopark 29, EG Jansen 8; Garsfontein 26, Noordheuwel 6.

    [powr-comments id=”f77dc140_1564406938021″]

  • SA Rugby reveals Youth Week venues until 2022

    YouthWeeksDie-hard rugby fans in several provinces throughout the country will experience top-class junior provincial rugby at its best in the next three years after SA Rugby on Monday revealed the host unions and venues for the SA Rugby Youth Week tournaments from 2020 to 2022.

    The U18 SA Rugby Craven and Academy Weeks will play out at the Nelson Mandela University in Port Elizabeth next year, before moving to Monument High School in Johannesburg in 2021 and Rondebosch Boys’ High School in Cape Town in 2022.

    The U13 SA Rugby Craven Week and U16 SA Rugby Grant Khomo Week will be staged at Jeppe High School in Johannesburg (2020), Durban High School (2021) and Diamantveld High School in Kimberley (2022) respectively, while the U16 and U18 SA Rugby Girls Weeks will be hosted at Jeppe High School in 2020 and 2021, and the HT Pelatona Projects Stadium in Welkom in 2022.

    With Jeppe High School hosting the U16 and U18 SA Rugby Girls Weeks, as well as the U13 SA Rugby Craven Week and U16 SA Rugby Grant Khomo Week back-to-back next year, supporters in Johannesburg will be in for a treat.

    The host unions for the U17 Sevens, the Learners with Special Education Needs (LSEN) Week and Iqhawe Week have also been confirmed, but the match venues are still to be confirmed.

    The Golden Lions will host the Iqhawe Week for the next three years, as well as the LSEN Week in 2021, while the 2020 edition of the U17 Sevens and the 2022 LSEN Week will be hosted by South Western Districts.

    Western Province will host the 2020 LSEN Week and 2021 U17 Sevens tournaments, and Griquas the 2022 edition of the U17 Sevens. 

    “We are delighted to be able to reveal the host unions for the SA Rugby Youth Week tournaments for the next three years,” said SA Rugby CEO Jurie Roux.

    “Hosting such a large number of teams and players in these events every year can be a logistical challenge, and effective planning is vital to ensure that we maintain the high standards we strive for at all of our events. And this will certainly assist us in that regard.

    “It is fantastic that rugby fans and families in so many provinces will have the opportunity to experience top class junior provincial rugby first hand, as these events form the cornerstone of South African rugby.”    

    2020 SA Rugby Youth Weeks venues:

    U18 SA Rugby Craven & Academy Weeks – Eastern Province (Nelson Mandela University, Port Elizabeth)

    U13 SA Rugby Craven Week & U16 SA Rugby Grant Khomo Week – Golden Lions (Jeppe High School, Johannesburg)

    U16 and U18 SA Rugby Girls Weeks – Golden Lions (Jeppe High School, Johannesburg)

    U17 Sevens – SWD (venue TBC)

    Iqhawe Week – Golden Lions (venue TBC)

    LSEN Week – Western Province (venue TBC)

    2021 SA Rugby Youth Weeks venues:

    U18 SA Rugby Craven & Academy Weeks – Golden Lions (Monument High School, Johannesburg)

    U13 SA Rugby Craven Week & U16 SA Rugby Grant Khomo Week – KwaZulu-Natal (Durban High School, Durban)

    U16 and U18 SA Rugby Girls Weeks – Golden Lions (Jeppe High School, Johannesburg)

    U17 Sevens – Western Province (venue TBC)

    Iqhawe Week – Golden Lions (venue TBC)

    LSEN Week – Golden Lions (venue TBC)

    2022 SA Rugby Youth Weeks venues:

    U18 SA Rugby Craven & Academy Weeks – Western Province (Rondebosch Boys’ High School, Cape Town)

    U16 and U18 SA Rugby Girls Weeks – Griffons (HT Pelatona Projects Stadium, Welkom)

    U13 SA Rugby Craven Week & U16 SA Rugby Grant Khomo Week – Griquas (Diamantveld High School, Kimberley)

    U17 Sevens – Griquas (venue TBC)

    Iqhawe Week – Golden Lions (venue TBC)

    LSEN Week – SWD (venue TBC)

    Issued by SA Rugby Communications

  • School of Rugby Rankings – 29 July 2019

    School of Rugby Rankings – 29 July 2019

    Rugby FB iconOn the eve of Super August there is bound to be some shake-ups on School of Rugby‘s Rankings during the final month of the schoolboy rugby season of 2019. There was not a lot of movement in the Top 20, but quite a few movements down the rankings.  

    This weekend school rugby followers could look forward to the annual Premier Interschools between Paarl Gimnasium and Paarl Boys’ High in the Faure Street Stadium in Paarl. This is the biggest interschools in the world and would probably also decide the second position on our final rankings. 

    Gimmies is in second place with one solitary defeat against top ranked, Grey College (33-47), during the Wildeklawer Festival the only blemish on their record. Boishaai also suffered their only defeat against the side from Bloemfontein (24-43), with their draw of 20-all against Helpmekaar during the Noord/Suid Festival being the only difference between the two sides. 

    The biggest upset on Saturday was Pretoria Boys’ High‘s victory over Affies. The 38-21 victory was the first for the Candies over their neighbours since 2008. Goudveld of Welkom also caused an upset in the semi-finals of the Griffon-league by beating the newly crowned Wesgrow Series champions, Voortrekker of Bethlehem, by 38-17. 

    Frikkie Meyer of Thabazimbi lost 34-38 to Ligbron from Ermelo in the play-offs of the Virsekerbeker. This was only Frikkie Meyer’s second defeat of the season. Their only other defeat came a week earlier against Pietersburg (25)34) in the Limpopo final.

    Please note that we don’t take matches against international opposition into consideration in our rankings. These games will however still be recorded and shown in our results.

    These rankings are not an official ranking as there is no official ranking on schoolboy level and this is only to get the discussion on school rugby on South Africa flowing. We however take our responsibility on reporting school rugby very seriously. 

    To see each team’s results so far this season click on their name in the rankings. If you see any results missing please don’t hesitate to contact Hannes Nienaber via e-mail on hannes@rugby.supersportschools.com – and please feel free to discuss and differ from us in the comments section. 

    The Rankings: 

     

    # School  Played Won Drawn Lost Points F Points A 
    1 Grey College 13 13 0  0 674 241
    2 Paarl Gimnasium 14 13 0 1 606 245
    3 Paarl Boys’ High 13 11 1 1 530 205
    4 Garsfontein 13 11 0 2 604 347
    5 Monument
    14 11 0 3 610 386
    6 Paul Roos Gimnasium 6 4 0 2 159 127
    7 Selborne College 16 14 1 2 610 243
    8 Framesby 18 16 1 1 707 296
    9 King Edward VII 12 9 1 2 420 303
    10 St Andrew’s College 16 13 1 2 591 207
    11 Stellenberg 16 12 0 4 437 278
    12 Grey High School 13 8 2 3 523 249
    13 Glenwood 15 10 0 5 430 370
    14 Helpmekaar 17 11 1 5 562 424
    15 Outeniqua 12 7 0 5 406 246
    16 Diocesan College 9 6 0 3 392 246
    17 Affies 14 8 0 6 506 417
    18 Rondebosch Boys’ High 15 9 0 6 443 325
    19 Welkom Gimnasium  15 11 1 3 623 240
    20 Hilton College 9 7 1 1 268 166
    21 Boland Landbou 14 7 0 7 451 479
    22 Westville Boys’ High 13 9 0 4 386 265
    23 Menlopark 14 7 0 7 475 419
    24 Waterkloof 16 8 0 8 503 528
    25 Brandwag (Uitenhage) 14 11 0 3 468 264
    26 EG Jansen 14 8 0 6 515 411
    27 HTS Middelburg 19 8 0 11 497 647
    28 Noordheuwel 14 7 0 7 365 389
    29 HTS Drostdy 14 7 0 7 370 394
    30 Ben Vorster  13 9 0 4 447 371
    31 Duineveld 9 7 0 2 247 195
    32 Noord-Kaap 14 8 0 6 337 384
    33 Diamantveld 15 8 0 7 459 372
    34 Hoërskool Middelburg 17 14 0 3 623 364
    35 Oakdale Landbou 12 5 0 7 246 303
    36 Pretoria Boys’ High 14 8 0 6 450 367
    37 Jeppe High School for Boys’  10 6 0 4 343 274
    38 Montana 16 11 0 5 544 366
    39 Marais Viljoen 17 9 0 8 481 446
    40 Kingswood College 16 11 0 5 579 232
    41 Northwood 11 7 0 4 353 248
    42 Hoërskool Pietersburg 15 14 0 1 596 192
    43 Frikkie Meyer 15 13 0 2 548 280
    44 Dale College  14 7 1 6 415 299
    45 Maritzburg College 15 7 0 8 359 351
    46 Hoërskool Durbanville 12 7 0 5 490 285
    47 Lichtenburg 17 12 0 5 581 359
    48 Hoërskool Rustenburg 10 5 0 5 374 314
    49 Voortrekker (Bethlehem) 13 8 0 5 440 457
    50 Pionier 9 8 0 1 266 145

     

  • KES outclass Maritzburg College in annual Premier Interschools clash

    KES outclass Maritzburg College in annual Premier Interschools clash

    NewsGKESKing Edward VII (KES) School scored 22 unanswered points in the second half to see off a plucky Maritzburg College side 32-8 in their Premier Interschools match in Johannesburg on Saturday. 

    The match wasn’t quite the blowout the scoreline suggests, as KES only enjoyed a 10-8 lead at the break. College showed some real character throughout the encounter, but they just couldn’t match the class of the home side on lovely winter’s day in Gauteng. 

    The win was a fitting ending to a satisfactory season for KES following wins over Affies, Wynberg, Pretoria Boys’ High and Jeppe. They also currently find themselves in the top 10 rankings of schoolboy rugby in South Africa, while four of their players represented the Lions at this year’s Craven Week in Bloemfontein, with a further three also representing the Lions XV.

    KES have now also beaten College for the third year in succession. The teams played to a 32-32 draw in 2016, while College’s last triumph in this fixture came in 2015 following a 34-33 win. 

    KES opened the scoring in the sixth minute of the match when scrumhalf Nicholas Harris broke away from the back of a rolling maul before diving over in the left corner to score.

    College opened their account three minutes later when flyhalf Sven Zunckel kicked a penalty, but KES scored their second try of the match in the 11th minute when outside centre Ethan Fisher powered his way through a gap before diving over to score.

    College, though, had the last word in the first half when hooker Junior Mndaweni barged over from close range to make it a two-point game at the break.

    After a tight opening 10 minutes in the second half, Fisher went over for his second try after good forward play and smart handling by his fellow backs. His centre partner Ngia Selengbe, who played at the Craven Week, then went over in the 50th minute to stretch the home side’s lead.

    College were reduced to 14-men in the 55th minute when inside centre Jarred Hendrikz was sent to the sin bin for a knee to the head of a KES opponent.

    KES took advantage of their numerical superiority when tighthead Wayne van Niekerk scored the final and probably most popular try of the day. Van Niekerk, easily the biggest lad on the pitch, burst his way over the line from about 15 metres out after brushing off four College defenders.

    Scorers: 

    King Edward VII 32 (10) – Tries: Ethan Fisher (2), Nicholas Harris, Ngia Selengbe, Wayne van Niekerk. Conversions: Eulon Redcliffe (2). Penalty: Redcliffe. Maritzburg College 8 (8) – Try: Junior Mndaweni. Penalty: Sven Zunckel.

    [powr-comments id=”2de9c513_1564393909488″]

  • Gimmies en Goudveld pak mekaar in eindstryd van Griffon-liga

    Gimmies en Goudveld pak mekaar in eindstryd van Griffon-liga

    GriffonsDie Griffon-liga se trofee sal vanjaar weer staanplek in Welkom kry.

    Die verdedigende kampioen, Welkom Gimnasium, sal teen sy aartsvyand, Goudveld-Hoërskool in die eindstryd van die Griffon-liga sake om die titel uitspook. Albei die spanne het met hul seges ook hul plek in die halfeindronde van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) bespreek. 

    Die kampioen sal na die Noord-Kaap reis om in die halfeindronde teen Duineveld van Upington te staan te kom. Die naaswenner sal in die ander halfeindstryd in Bloemfontein teen die Vrystaatse kampioen te staan kom. Die Vrystaatse eindstryd word Saterdag tussen Jim Fouché en Sentraal beslis. 

    Gimmies het geen probleme ondervind om sy plek in die eindstryd te bespreek nie. Hulle het die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad in 30 minute in die HT Pelatona-stadion in Welkom met 71-0 verneder. 

    Gimmies het in die eerste helfte slegs 19 minute benodig om ‘n voorsprong van 35-0 op te bou voordat die eerste helfte gestop is. In die tweede helfte was Gimmies nog meer op hul stukke en het slegs ‘n verdere 11 minute benodig om die sege van 71-0 te beklink. 

    Rooiskool is egter vir die wolwe gegooi na die Witteberg verlede week laat weet het dat hulle weens 12 beserings nie aan die halfeindronde sal kan deelneem nie. Die span van Kroonstad moes toe inderhaas Witteberg se plek inneem en kon dus nie veel voorbereiding vir die wedstryd inkry nie. 

    Gimmies se haastige vleuel Marno April het danksy sy span se oorheersing baljaar en vier keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak. Die span se kantman Christo Steyn het met sy fisieke spel voorlangs beïndruk. Goeie nuus vir Gimmies vir die eindstryd is dat sy klipharde flank Calla Pienaar na ‘n paar weke langs die kantlyn weens harsingskudding weer sy staal in die eindstryd kan toon. 

    Goudveld-Hoërskool het vir ‘n reuse opskudding gesorg deur die nuwe Wesgrow-kampioen, Voortrekker van Bethlehem, met 38-17 in die halfeindronde ore aan te sit. Gouties het teen rustyd met die telling op 31-12 reeds die Trekkers van hul voete afgespeel. 

    Dit was ‘n reuse spanpoging deur Gouties wat tot die merkwaardige sege gelei het. Goudveld is in die halfeindronde van die Wesgrow-reeks uitgeskakel na hy die onbegonne taak gehad het om Welkom Gimnasium in die twee spanne se jaarlikse interskole die Saterdag te pak voordat hy Noord-Kaap in die halfeindronde in Kimberley die stryd moes gaan aansê. 

    Gouties het in die derby teen Gimmies met 16-43 die knie gebuig. Teen Northerns was die spelers uit op hulle voete en moes hulle met 29-42 die aftog blaas. Voortrekker se verowering van die titel as Wesgrow-kampioen het waarskynlik ook heelwat fut uit die span se vertoning geneem. 

    Puntemakers: 

    Welkom Gimnasium 71 (35) – Drieë: Marno April (4), Marley Bayman, Christo Steyn, Keke Morabe, Morné Maastriet, Bennie Human, Jaime Heynes. Doelskoppe: Marchal Andrews (8), McNeil Matthews. Strafdoel: Andrews. AHS Kroonstad 0.  

    Goudveld-Hoërskool 38 (31) – Drieë: Elcurtis Lewack (2), Charl Pietersen (2), Neil Harmse. Doelskoppe: JC Allan (4), Dylan Smith. Strafdoel: Allan. Voortrekker 17 (12) – Drieë: Warren Louw (2), Cammi Roux. Doelskop: Jan du Toit.

    [powr-comments id=”2d759830_1564390558514″]

  • Nuwe kampioen vanjaar vir die Vrystaat gekroon

    NewsGSentraalDaar sal vanjaar ‘n nuwe kampioen in die Vrystaatse A-liga gekroon word.

    Die verdedigende kampioen, Louis Botha, is deur Jim Fouché met 56-19 in die halfeindronde van die liga op Hoërskool Sentraal se veld kaf gedraf. Louis Botha het die vorige drie jaar die kroon as kampioen van die Vrystaatse A-liga gedra. 

    JF het sewe drieë in die klinkende sege oor Louis Botha ingeryg. Die wenspan se skrumskakel, Ryan George, het ses van sy span se drieë verdoel, self een gedruk asook twee strafdoele tussen deur die pale gejaag om ‘n persoonlike bydra van 26 punte tot sy span se totaal te lewer. 

    Buiten George het die binnesenter, Zachery Bester, agterlangs ook uitstaande spel gelewer. Voorlangs het die loskopstut, Mamello Moshoaliba en slot Wessel Mulder meer as hul kant gebring. 

    Die Hoërskool Sentraal het daarin geslaag om vir die tweede agtereenvolgende jaar tot die eindstryd van die liga deur te dring. Die Bloktruie het vir Landboudal van Jacobsdal met 34-11 in die halfeindstryd op sy tuisveld met die kous oor die kop huis toe gestuur. 

    Die koël was reeds teen lemoentyd reeds deur die kerk. Tralies het daarin geslaag om teen die omdraaislag reeds ‘n gemaklike voorsprong van 24-6 op te bou. Die Lanties sal egter nie te ontmoedig oor die vertoning voel nie. Sentraal het die kragmeting vroeër vanjaar tussen die twee spanne op ‘n drafstap met 57-18 gewen. 

    Soos gewoontlik het die Bloktruie se agtsteman, Janko Kachelhoffer, met die bal in die hand hoofbrekens vir sy teenstanders besorg. Die slot Frans-Noë Erasmus het in die lynstane ‘n hele paar keer vir Lanties van waardevolle balbesit beroof.

    Die vaskopstut, Deon Duvenhage, het soos ‘n wafferse flank die hele veld vol gespeel en was ook sonder twyfel sy span se beste speler op die dag. Hy het die bal goed gedra en ook op die verdediging uitstekende werk verrig. Agterlangs het die buitesenter, Francois du Plessis, in sy eerste wedstryd terug in die beginspan gewys wat in hom steek. Hy het die bal goed versprei asook rotsvas op die verdediging gewees.  

    Vir Lanties het sy loskopstut, Jesse “Mol” Issemonger, in die tweede helfte ‘n vurige vertoning gelewer. Die slot Nico Hendrikz het elke keer wat hy die bal onder die arm vasgeknyp het ‘n hele paar meters veld vir die verloorspan gewen. Die vaskopstut, Jannie Cronjé, het ook ‘n paar manne met sy lakwerk in hul spore gestuit. 

    FOTO: Johan Fourie/Foto2Like

    Puntemakers: 

    Sentraal 34 (24) – Drieë: Riekard van Niekerk, Janko Kachelhoffer, Francois du Plessis, Pietman Oosthuizen, Erhard Posthumus. Doelskoppe: Francois van Rooyen (3). Strafdoel: Van Rooyen. Landboudal 11 (6) – Drie: Ryno de Lange. Strafdoele: Damien Erasmus (2).

    Jim Fouché 56 (20) – Drieë: Damian Calitz, Zane Bester, Zachery Bester, Mamello Moshoaliba, Pieter Koekemoer, Ryan George, Wessel Mulder. Doelskoppe: George (6). Strafdoele: George (3). Louis Botha 19 (5).

    [powr-comments id=”327e301c_1564317654858″]

  • Boishaai en Gimmies ready for the Interschools of interschools

    NewsGBobbyAlexanderPaarl Boys’ High and Paarl Gimnasium both managed to secure convincing victories over Rondebosch Boys’ High and Wynberg Boys’ High on Saturday with one eye already on the annual interschools between these two schoolboy rugby giants. 

    Boishaai came out on top by 47-10 against Rondebosch Boys’ High with hooker, Allister Williams, scoring a brace of tries. The team from Paarl build-up a healthy 28-10 lead by half-time. 

    Gimmies’ SA Schools scrumhalf, Bobby Alexander, scored a hat-trick of tries as his side put Wynberg Boys’ High to the sword by 59-14. Record breaking winger, Stravino Jacobs, added another two tries to his Gimmies’ record and now have scored 19 tries thus far in this season.  

    Framesby managed to beat Oakdale Landbou narrowly by 22-20 in a closely contested clash just outside of Riversdale. Oakdale won all 12 the other encounters on the day. 

    Stellenberg defeated Bellville by 43-16 with their general Nivan Petersen scoring 25 of his side’s points. Petersen crossed the tryline twice and also slotted three conversions and three penalties as he steered his side to yet another victory. 

    Scorers: 

    Paarl Gimnasium 59 (19) – Tries: Bobby Alexander (3), Stravino Jacobs (2), Gerhard van Niekerk, Curwin Gertse, Migael Basson, Tiaan Swanepoel. Conversions: Jandré Burger (6). Johan Small. Wynberg Boys’ High 14 (0) – Tries: Kamva Mgwali, Rethabile Louw. Conversions: Matthew Damonze (2).

    Paarl Boys’ High 47 (28) – Tries: Allister Williams (2), Tyler Bocks, Evan Rhoode, Angelo Osche, Javier Farmer, Henru Carstens. Conversions: Kian Meadon (6). Rondebosch Boys’ High 10 (10) – Try: Isma-eel Safodien. Conversion: Conor van Eden. Penalty: Van Eden.

    Stellenberg 43 (16) – Tries: Nivan Petersen (2), Liam Venter, Emile Damant, Ayshton Nel. Conversions: Petersen (3). Penalties: Petersen (3). Drop Goal: Cornwill Conradie. Hoërskool Bellville 13 (6) – Try: Ivano Jonkers. Conversion: Jaco Oosthuizen. Penalties: Oosthuizen (2).

    Framesby 22 – Tries: Sebastian Brandt, Tiaan Smit, Divan van Wyk. Conversions: Juandré Liebenberg (2). Penalty: Liebenberg. Oakdale Landbou 20 – Tries: Keaton Busch, Corné Rahl. Conversions: Alwich van de Linde (2). Penalties: Van de Linde (2).

    Brackenfell 25 (17) – Tries: Breandan Mellin, Rohan Smith, Arno Wolfaardt. Conversions: Brendon Jafta (2). Penalties : Jafta (2). Parel Vallei 15 (8) – Tries: Gethin Joseph, E. Kelly. Conversion: Markus Dempsey. Penalty: S. Goldner.

    Strand 50 (28) – Tries: Tumelo Moremi (2), Lian Carpenter, Genco Viljoen, Lyle Brown, Vehandré Jacobs, Jason Davids, Kerwin Stewart. Conversions: Stewart (5). De Kuilen 8 (3) – Try: Graydon Fabe. Penalty: Cole Collins.

    Milnerton 24 (14) – Tries: Yaseen Cupido, Zac Rens, Lesley Mobuto, Cameron Brit. Conversions: Brit (2). Khayelitsha/Nyanga 0.

    Tygerberg RFC 32 (10) – Tries: Timothy Shortles (2), Nico Jantjies, Juan-Evan Konstabel, Luciano Petersen, Ashwill Horne. Conversion: Aiden van Wyk. Bergvliet 5 (5) – Try: Joung Wan-kin.

    Jan van Riebeeck 17 (7) – Tries: Rowan Simon, Angelo Pieterse. Conversions: Ruan Liebenberg (2). Penalty: Liebenberg. Parklands 5 (0) – Try: Georgio Fieggen.

    Robertson 29 – Tries: Dane Bezuidenhout (2), Marciano Davids, Andrew Williams, Johannes van der Walt. Conversions: Ashwill Sauls (2). Melkbosstrand 28 – Tries: Ettienne Vass (2), Breyton Maree, Hakeem Adams. Conversions: Zander Stadler (4).

    Fairburn 26 (14) – Tries: Jerrin Steyn (2), Shuad Ferris, Ayon Adams. Conversions: Ferris (3). The Settlers 18 (13) – Tries: Peter-John Joseph (2), Nigel Nyashanu. Penalty: Cedwyn Lambert.

    Charlie Hofmeyr 17 – Tries: Granville Ambraal, McKyle Volmoer, Liyema Mvumvu. Conversion: Kyle Hofmeester. Worcester Gimnasium 14 – Tries: Aiden Fourie, Nathan Louw. Conversions: Jeffton Fransman (2).

    Hopefield 38 (7) – Tries: Thyrique Carolus, Willem Basson, JP Smit, Rob Hatem, Ohlaf Fourie. Conversions: Nathan Engelbrecht (5). Drop Goal: Engelbrecht. Swartland 19 (0) – Tries: Lyle Booyse, Duclan Apolis, Penalty Try. Conversion: Emile Juries.

    Bredasdorp 21 (18) – Tries: Angus Strydom (2), Tristan Faroa. Penalties: Antonio Vyver (2). Oudtshoorn 17 (5) – Tries: Ayden Pretorius, Thomas Jordaan, Danton Strydom. Conversion: Tyrese Pietersen.

    Other Results:

    u19A: Bishops 47, SACS 17; Excelsior 8, Bellville-Suid 3; Westerford 6, Somerset College 36; Hermanus 24, D.F.Malan 32; HTS Drostdy 71, HS Tygerberg 12; Dirkie Uys 10, Vredendal 17; Montagu 50, HS Langenhoven 8; Piketberg 53, Bonnievale 35; Montana 3, Labori 48; Porterville 24, Curro Langebaan 14; Vredenburg 3, Weston 32; New Orleans 36, Lancaster School (Engeland) 10; Overberg 8, Sherborne College (Engeland) 33; Vanrhynsdorp 33, Calvinia 5; Schoonspruit 45, Louwville 0; Ashton 36, Hexvallei 24; Groenberg 48, Swartberg 5; Bredasdorp 38, Portsmouth School (Engeland) 5; Schoonspruit 33, John Fisher School (Engeland) 26; Outeniqua 57, Durbanville 19; Langenhoven Gim 62, PW Botha 14; Knysna 7, York 5.

    u19B: Paarl Gim 32, Wynberg 7; Rondebosch 3, HJS Paarl 59; HS Bellville 7, Stellenberg 42; Brackenfell 17, Parel Vallei 10; De Kuilen 17, HS Strand 39; The Settlers 12, Fairbairn 12; Westerford 10, Somerset College 29; Oakdale 17, Framesby 14; Swartland 25, Hopefield 22; Hopefield 19, Vredendal 24.

    u16A: Paarl Gim 38, Wynberg 0; Rondebosch 0, HJS Paarl 55; HS Bellville 0, Stellenberg 8; Brackenfell 12, Parel Vallei 34; De Kuilen 21, Strand 17; Milnerton 69, Khayelitsha/Nyanga 0; Tygerberg-klub 45, Bergvliet 0; Jan van Riebeeck 14, Parklands 10; Melkbosstrand 19, Robertson 18; The Settlers 12, Fairbairn 26; Excelsior 29, Bellville-Suid 7; Westerford 12, Somerset College 14; Oakdale 69, Framesby 0; Swartland 21, Hopefield 7; Bredasdorp 27, Oudtshoorn 10; Hopefield 26, Vredendal 5.

    u15A: Paarl Gim 12, Wynberg 7; Rondebosch 24, HJS Paarl 24; Bellville 5, Stellenberg 24; Brackenfell 12, Parel Vallei 9; De Kuilen 0, Strand 21; Milnerton 31, Khayelitsha/Nyanga 0; Tygerberg-klub 10, Bergvliet 14; Melkbosstrand 10, Robertson 10; The Settlers 33, Fairbairn 0; Westerford 26, Somerset College 17; Oakdale 26, Framesby 7; Swartland 12, Hopefield 14; Bredasdorp 33, Oudtshoorn 7; Jopefield 55, Vredendal 0.

    u14A: Paarl Gim 40, Wynberg 5; Rondebosch 10, HJS Paarl 51; Bellville 0, Stellenberg 67; Brackenfell 20, Parel Vallei 26; De Kuilen 26, Strand 27; Milnerton 64, Khayelitsha/Nyanga 0; Tygerberg-klub 52, Bergvliet 7; Jan van Riebeeck 45, Parklands 0; Melkbosstrand 20, Robertson 17; The Settlers 7, Fairbairn 0; Excelsior 17, Bellville-Suid 5; Westerford 10, Somerset College 17; Bredasdorp 19, Oudtshoorn 0; Oakdale 36, Framesby 5.

    [powr-comments id=”c8033160_1564303491697″]

  • Pretoria Boys’ High sluit seisoen met sege oor Affies af

    NewsPretoriaBHSWelkom terug Paul Anthony!

    Pretoria Boys’ High het Saterdag vir die eerste keer in 11 jaar daarin geslaag om die Afrikaanse Hoër Seunskool om ted op. Dit was boonop ‘n klinkende sege van 38-21 by die huis op Brooks-veld.

    Die sege sal ‘n soete terugkeer vir Anthony wees na hy laas in 2007 aan stuur van die eerstespan was. Pretoria Boys’ High het die jaar daarna die laaste keer voor Saterdag vir Affies met 34-30 geklop. 

    Pretoria Boys’ High se rugbyprogram het daarna gesukkel en het in 2015 (3-56) en 2016 (6-67) in opeenvolgende jare sy grootste drag slae nog teen Affies op die lyf geloop. Die Wit Bulle het verlede jaar die septer met 62-20 geswaai.

    Daar kan geen twyfel bestaan dat die afsterwe van Ian Visser vroeër in die week ‘n groot impak op die seuns van Affies gehad het nie. Visser, ‘n graad 12-leerling, het Dinsdag sy eie lewe geneem.

    Die Wit Bulle se twee afrigters, Jaco Koch en Jan-Hendrik Hattingh, sal bly wees dat die 2019-seisoen nou agter die rug is. Dit was ‘n annus horribilis vir Affies se trots met veral die nederlae teen die Engelse skole soos Westville Boys’ High (31-35) en King Edward VII (29-33) wat uitstaan.

    Albei dié nederlae was die eerste keer ooit wat Affies teen die spanne in sy geskiedenis die knie gebuig het.

    Die Hoërskool Dr. EG Jansen van Boksburg het self vir ‘n opskudding gesorg en Menlopark van Pretoria met 29-17 verras.

    Menlopark wat nie ‘n enkele bonuspunt in die kragmeting bymekaar kon maak nie, sal of vir Monument tydens die laaste ronde die Virsekerbeker se rondomtalie-wedstryde moet verslaan of ‘n gunsie of twee van HTS Middelburg en Noordheuwel kry indien hy tot die uitspeelrondes wil deurdring.

    Menlopark beklee tans die vierde posisie op die puntelys met 20 ligapunte. Die Parkies kom volgende week teen Monument te staan wat reeds van sy plek in die uitspeelwedstryd na sy sege van 52-22 oor HTS Middelburg bespreek.

    Garsfontein en Helpmekaar is met albei op 31 ligapunte ook reeds seker van hulle plek in die halfeindronde van die reeks. Waterkloof en die Jansies met onderskeidelik 19 en 17 ligapunte kan gedurende die laaste ronde wedstryde vir Menlopark uitskakel.

    Klofies moet volgende week na Middelburg reis om teen die Rooi Bulle van HTS Middelburg te staan te kom. EG Jansen is gasheer vir Noordheuwel volgende week. Die Nories kon vanjaar nog slegs een sege in die kompetisie behaal

    Garsfontein is op die oomblik die span om te klop in die reeks. Die Turkoois Bere het vir Noordheuwel in Krugersdorp met 68-24 kaf gedraf. Die span van Pretoria het die vorige week ook vir Helpmekaar-kollege die eerste keer sedert 2015 geklop.

    Garsies se losskakel, Wikus Basson, het sekerlik sy beste vertoning van die seisoen teen Nories opgedis. Basson het twee van sy span se tien drieë gedruk asook nege daarvan verdoel vir ‘n persoonlike bydra van 28 punte.

    Helpmekaar het vir Waterkloof met 36-24 geklop na hy teen die omdraaislag met 12-14 agtergeloop het. Dit was veral Klofies se losskakel, Ian Trollip, wat met uitstaande spel vir Helpies probleme besorg het. 

    Trollip het twee keer die span van die Goudstad se doellyn oorgesteek. Vir Helpies was Niemand beter as sy slot Keith Whitehead wat die veld vol gespeel het nie.

    Grey-kollege het met rukke en stote gevuur in sy oorwinning van 50-27 oor Glenwood in Bloemfontein. Die span van die Rosestad se afrigter, Wessel du Plessis, is duidelik besig om ‘n paar proefnemings te doen voor die span vir Paul Roos Gimnasium sonder sy vyf nasionale skolespelers George Cronjé, André-Hugo Venter, Jan-Hendrik Wessels, Sonwabo Sokoyi en Sisonke Vumazonke moet pak.  

    Wessels was soos verlede week teen Grey PE uitstaande. Hy het saam met Venter (haker) en Danwich Beukes (slot) voorlangs vir Glenwood fisiek afgetakel.

    Agterlangs het Franco Knoetze vanuit die laaste vesting saam met Sokoyi op vleuel baljaar. Dit was egter die flinke hanteerwerk van die binnesenter, Ian Small-Smith, wat agterlangs die meeste beĪndruk het.

    Die trofee vir die Griffon-liga sal vanjaar weer staanplek in Welkom kry. Welkom Gimnasium sal teen Goudveld-Hoërskool in die eindstryd van die liga te staan kom.

    Gimmies was vernietigend teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad in hul halfeindstryd op HT Pelatona-stadion in Welkom. Die span van Welkom het oortuigend met 71-0 as oorwinnaars van die veld gestap. 

    Rooiskool moes instaan na Witteberg weens ‘n lang beseringslys sy plek in die halfeindronde noodgedwonge moes opgee. 

    Goudveld het verras deur Voortrekker van Bethlehem met 38-17 die loef afgesteek. Gouties en Welkom Gimnasium het met die seges ook reeds hul plekke in die halfeindronde van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) bespreek.

    In die Vrystaat A-liga eindstryd sal die Hoërskool Sentraal en Jim Fouché teen mekaar te staan kom. Tralies het oor te veel skietgoed vir Landboudal van Jacobsdal in die halfeindstryd beskik en met 34-11 as oorwinnaars van die veld gestap.

    Jim Fouché is ‘n omgekrapte span die afgelope twee weke. Hy het sy plek in die eindstryd met ‘n klinkende sege van 56-19 oor Louis Botha bespreek. Die twee spanne het in hul ligawedstryd vroeër vanjaar met 29-elk gelykop gespeel. 

    Duineveld het in Kimberley vir Diamantveld met 27-23 uitoorlê om vir die tweede agtereenvolgende jaar die Griekwa-kroon te dra. Die Velties sal dan ook Griekwas in die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga verteenwoordig. 

    Soos verwag was daar hope drama tydens die uitspeelwedstryde van Afdeling 2 van die Virsekerbeker. Secunda het in die doodsnikke van sy wedstryd teen die Hoërskool Alberton gaan druk om die eindtelling op 24-elk te staan te bring.

    Secunda dring weens die feit dat hulle vier drieë teenoor drie in die kragmeting gedruk het tot die kwarteindronde van die reeks deur. 

    Ligbron Akademie van Ermelo het ook in die doodsnikke gaan druk om een van die vroeë gunstelinge om die titel Frikkie Meyer op sy tuisveld in Thabazimbi met 38-34 te verslaan.

    Die Hoërskool Ermelo asook Wesvalia van Klerksdorp het met naelskraapse seges oor onderskeidelik Randburg (32-32) en Die Anker van Brakpan (31-30) tot die kwarteindronde deurgedring.

    Vir die volledige uitslae van Saterdag se skolerugby van regoor Suid-Afrika volg asb die volgende skakels: 

    School Rugby Results – 27 July 2019

    Al die uitslae van die Virsekerbeker – 27 Julie 2019